Die duiwel pdf - Ecclesia

Die duiwel pdf - Ecclesia Die duiwel pdf - Ecclesia

ecclesia.co.za
from ecclesia.co.za More from this publisher
03.05.2013 Views

Die Verblyplek en Werk van Satan (a) Die Verblyplek van Satan (1) In Openbaring 9:11; En hulle het as koning oor hulle die engel van die afgrond; sy naam in Hebreeus is Abáddon, en in die Grieks het hy die naam van Apóllion. Hier word hy die “engel van die afgrond” genoem: Dit wil sê, hy is die Groot Koning van die Demoniese Leërskare van die hel. Daniel 10:13 en Efésiërs 6:11-12 wys vir ons dat elke aardse koninkryk onder die beheer van ‘n demoon staan. Daar is net een duiwel maar daar is baie demone. Die woord ‘owerhede’ in Efé. 6:12, kom van die Griekse woord “ARCHAS” wat – ‘eerstes’, ‘vernaamstes’ beteken, en magtige prinse is wie se gebiede groot gedeeltes van die aarde behels met gesag oor die nasies wat daarin woon. Die woord ‘magte’ in Efé. 6:12, kom van die Griekse woord “EXOUSIAS” wat - outoriteite beteken, en vernames of hoogwaardigheidsbekleërs is wat net onder die owerhede staan, heel moontlik ministers wat net onder hulle staan en die verskillende portifeuljes behartig. Die ‘wêreldheersers van die duisternis van hierdie eeu’ in Efé. 6:12, is ‘n bediening van bedrog en misleiding, om mense se verstand te verduister, veral van diégene wat andere se denke beïnvloed. Vg. Jesaja 25:7; En Hy sal op hierdie berg vernietig die uitgespreide sluier wat al die volke omsluier, en die omhulsel waarmee die nasies bedek is. Die ‘bose geeste in die lug’ in Efé. 6:12, is ‘n ontelbare swerm van demone wat die mensdom lei na die growwer sondes en misleidings, die aanwakker van luste en drange en die opwekking van allerhande vleeslike en sinlike begeertes. Hulle is ook teenwoordig in spiritiese “seances” en ‘n gevaar in Godsdienstige byeenkomste wanneer die gemoedere diep ontroerd is. Met hierdie “boom” met al sy vertakkinge wat in die “stam” Satan gekonsentreer is, wat oor hierdie wêreld heerskappy voer, kan ons: 1 Johannes 5:19 verstaan; Ons weet dat ons uit God is en die hele wêreld in die mag van die Bose lê. Dank die Heer, dát vir die gelowige geld hierdie Skrif: “Julle is uit God, my kinders, en het hulle oorwin, omdat Hy wat in julle is, groter is as hy wat in die wêreld is” - (1 Joh. 4:4). Demone: - (Volgens “Scofield Bible”): “Duiwels”, letterlik - demone. Die Nuwe 10

Testament is vol van bewyse van die letterlike bestaan en persoonlikheid van demone. Dit is nie duidelik openbaar van hoe hulle ontstaan het nie, maar hulle moet nie verwar word met die ‘engele’ van 2 Petrus 2:4 en Judas 6 nie. Opsomming: (van demone) 1) Demone is geeste - (Matt. 12:43,45); 2) Hulle is gesante van Satan - (Matt. 12:26-27; Matt. 25:41); 3) En daar is so ‘n menigte van hulle dat dit Satan se krag bykans alomteenwoordig maak - (Markus 5:9). 4) Hulle is in staat om beide mens en dier binne te vaar en te beheer - (Markus 5:8,11-13). 5) Hulle soek met geweld na ‘n liggaam om te besit, waarsonder hulle blykbaar geen mag het om kwaad te doen nie - (Matt. 12:43-44; Markus 5:10-12). 6) Daar word ‘n onderskeid in die Nuwe Testament gemaak tussen om deur demone beinvloed te word en om deur demone besete te wees. Voorbeelde van laasgenoemde vind ons in: Matt. 4:24; Matt. 8:16,28,33; Matt. 9:32; Matt. 12:22; Mark. 1:32; Mark. 5:15- 16,18; Lukas 8:36; Hand. 8:7; Hand. 16:16. 7) Hierdie geeste, of demone, is onrein, nors, boosaardig en moedswillig: Matt. 8:28; Matt. 9:33; Matt. 10:1; Matt. 12:43; Mark. 1:23; Mark. 5:3-5; Mark. 9:17,20; Luk. 6:18; Luk. 9:39. 8) Hulle ken Jesus Christus as die Allerhoogste God, en erken Sy Oppergesag: Matt. 8:31-32; Mark. 1:24; Hand. 19:15; Jak. 2:19. 9) Hulle besef hulle ewige oordeel is om gepynig te word: Matt. 8:29; Luk. 8:31. 10) Hulle veroorsaak fisiese krankheid: Matt. 12:22; Matt. 17:15-18; Luk. 13:16. Maar breinsiekte moet onderskei word van geestesverstoring te wyte aan demone besetenheid. 11) Die invloed van demone kan soms in godsdienstige askete en formalisme gesien word - (1 Tim. 4:1-3). 12) En dit ontaard dan in vuile begeerlikheid - (2 Petrus 2:10-12). 13) Die teken van demoniese invloede in die godsdiens is afvalligheid van die geloof soos dit in die Heilige Skrif openbaar is - (1 Tim. 4:1). 14) Die demone val veral die gelowiges aan wat in die gees wandel - (Efé. 6:12; 1 Tim. 4:1-3). 15) Alle ongelowiges staan wa-wyd oop vir demone-besetenheid - (Efé. 2:2). 16) Die gelowige se toevlug is gebed en liggaamlike selfbeheer - (Matt. 17:21). 17) “Die volle wapenrusting van God” - (Efé. 6:13-18). 18) Demone-uitdrywing in die Naam van Jesus Christus - (Hand. 16:18) was in die gevalle van demoon-besetenheid toegepas. 19) Een van die verskriklike aspekte van die oordele van die laaste dae, waarmee hierdie bedeling gaan eindig, is ‘n uitbarsting van demone uit die afgrond - (Open. 9:1-11), aldus Scofield. 11

Testament is vol van bewyse van die letterlike bestaan en persoonlikheid van

demone. Dit is nie duidelik openbaar van hoe hulle ontstaan het nie, maar hulle

moet nie verwar word met die ‘engele’ van 2 Petrus 2:4 en Judas 6 nie.

Opsomming: (van demone)

1) Demone is geeste - (Matt. 12:43,45);

2) Hulle is gesante van Satan - (Matt. 12:26-27; Matt. 25:41);

3) En daar is so ‘n menigte van hulle dat dit Satan se krag bykans alomteenwoordig

maak - (Markus 5:9).

4) Hulle is in staat om beide mens en dier binne te vaar en te beheer - (Markus

5:8,11-13).

5) Hulle soek met geweld na ‘n liggaam om te besit, waarsonder hulle blykbaar

geen mag het om kwaad te doen nie - (Matt. 12:43-44; Markus 5:10-12).

6) Daar word ‘n onderskeid in die Nuwe Testament gemaak tussen om deur

demone beinvloed te word en om deur demone besete te wees.

Voorbeelde van laasgenoemde vind ons in:

Matt. 4:24; Matt. 8:16,28,33; Matt. 9:32; Matt. 12:22; Mark. 1:32; Mark. 5:15-

16,18; Lukas 8:36; Hand. 8:7; Hand. 16:16.

7) Hierdie geeste, of demone, is onrein, nors, boosaardig en moedswillig:

Matt. 8:28; Matt. 9:33; Matt. 10:1; Matt. 12:43; Mark. 1:23; Mark. 5:3-5; Mark.

9:17,20; Luk. 6:18; Luk. 9:39.

8) Hulle ken Jesus Christus as die Allerhoogste God, en erken Sy Oppergesag:

Matt. 8:31-32; Mark. 1:24; Hand. 19:15; Jak. 2:19.

9) Hulle besef hulle ewige oordeel is om gepynig te word:

Matt. 8:29; Luk. 8:31.

10) Hulle veroorsaak fisiese krankheid:

Matt. 12:22; Matt. 17:15-18; Luk. 13:16.

Maar breinsiekte moet onderskei word van geestesverstoring te wyte aan

demone besetenheid.

11) Die invloed van demone kan soms in godsdienstige askete en formalisme

gesien word - (1 Tim. 4:1-3).

12) En dit ontaard dan in vuile begeerlikheid - (2 Petrus 2:10-12).

13) Die teken van demoniese invloede in die godsdiens is afvalligheid van die

geloof soos dit in die Heilige Skrif openbaar is - (1 Tim. 4:1).

14) Die demone val veral die gelowiges aan wat in die gees wandel - (Efé. 6:12; 1

Tim. 4:1-3).

15) Alle ongelowiges staan wa-wyd oop vir demone-besetenheid - (Efé. 2:2).

16) Die gelowige se toevlug is gebed en liggaamlike selfbeheer - (Matt. 17:21).

17) “Die volle wapenrusting van God” - (Efé. 6:13-18).

18) Demone-uitdrywing in die Naam van Jesus Christus - (Hand. 16:18) was in die

gevalle van demoon-besetenheid toegepas.

19) Een van die verskriklike aspekte van die oordele van die laaste dae, waarmee

hierdie bedeling gaan eindig, is ‘n uitbarsting van demone uit die afgrond -

(Open. 9:1-11), aldus Scofield.

11

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!