03.05.2013 Views

Die duiwel pdf - Ecclesia

Die duiwel pdf - Ecclesia

Die duiwel pdf - Ecclesia

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Teksverse uit1953 Vertaling

F.W.C. Neser, M.Sc.

Die Duiwel

1

Die Bestaan van Die Duiwel

Outeur F.W.C. Neser

Kopiereg F.W.C. Neser

Uitgewer F.W.C. Neser

Posbus 31571

Wonderboompoort

0033

Tel / Faks: (012) 379-8954

e-pos: ekklesia@telkomsa.net

Kantoorure: Maandag,Dinsdag

Donderdag,Vrydag

09:00-12:00

Drukker Jotha Drukkers,

CK95/28940/23

Tel: (012) 46-5964

(083) 453-0969

Nuwe Druk 2006

ISBN

2

Die Bestaan van Die Duiwel

Kom ons lees eers uit die Woord van GOD: Jesaja 14:12-15 en Eségiël 28:11-19.

Jesaja 14:12-15;

12 Hoe het jy uit die hemel geval, o môrester, seun van die dageraad! Hoe lê jy

teen die aarde neergeslaan, oorweldiger van die nasies!

13 En jý het in jou hart gesê: Ek wil opklim in die hemel, my troon verhef bo die

sterre van God en sit op die berg van samekoms in die uithoeke van die

Noorde.

14 Ek wil klim bo die hoogtes van die wolke, my gelykstel met die Allerhoogste!

15 Ja, in die doderyk sal jy neergewerp word, in die diepste plekke van die kuil!

Eségiël 28:11-19;

11 Verder het die woord van die HERE tot my gekom en gesê:

12 Mensekind, hef ‘n klaaglied aan oor die koning van Tirus, en sê vir hom: So

spreek die Here HERE: Jy was die seëlring van eweredigheid, vol wysheid

en volmaak in skoonheid.

13 Jy was in Eden, die tuin van God; allerhande edelgesteentes was jou

bedekking: karneool, topaas en jaspis, chrisoliet, oniks, sardoniks, saffier,

karbonkel en smarag; en van goud was die werk van jou kassies en groewe

aan jou; op die dag toe jy geskape is, is hulle berei.

14 Jy was ‘n gérub met uitgespreide vlerke wat beskut, en Ek het jou gestel op

‘n heilige berg; ‘n god was jy; jy het gewandel tussen vurige gesteentes.

15 Jy was volkome in jou weë van die dag af wat jy geskape is, totdat daar

ongeregtigheid in jou gevind is.

16 Weens die grootheid van jou koophandel het hulle jou binneste met geweld

gevul, en jy het gesondig; daarom het Ek jou as onheilige van die godeberg

afgedrywe, en Ek het jou tussen die vurige gesteentes uit vernietig, o gérub

wat beskut!

17 Hoogmoedig het jou hart geword oor jou skoonheid; jy het jou wysheid

verderwe weens jou glans. Ek het jou op die grond gewerp, Ek het jou

oorgegee voor die aangesig van konings, dat hulle op jou neer kan sien.

18 Weens die menigte van jou ongeregtighede, deur die onreg van jou

koophandel, het jy jou heiligdomme ontheilig; daarom het Ek ‘n vuur uit jou

binneste laat uitgaan; dit het jou verteer, en Ek het jou tot as gemaak op die

aarde voor die oë van almal wat jou gesien het.

19 Al jou bekendes onder die volke is ontsteld oor jou; jy het ‘n verskrikking

geword en sal daar nie meer wees tot in ewigheid nie.

Alle denkende persone is bewus van die bestaan van hierdie verskriklike wese, die

DUIWEL. Daar kan geen twyfel omtrent sy bestaan wees nie, want daar gebeur te

veel dinge waarvoor daar geen ander oorsaak of verklaring kan wees nie. Die

vindingrykheid en beplanning wat die Sonde ten grondslag lê bewys sonder

twyfel dat die Duiwel, of Satan, moet bestaan.

Lees:

3

Matthéüs 13:19,39;

19 As iemand die woord van die koninkryk hoor en nie verstaan nie, kom die

Bose en roof wat in sy hart gesaai is - dit is hy by wie langs die pad

gesaai is.

39 en die vyand wat dit gesaai het, is die duiwel. Die oes is die voleinding

van die wêreld, en die maaiers is die engele.

Johannes 13:2;

En gedurende die maaltyd – die duiwel het dit al in die hart van Judas

Iskáriot, die seun van Simon, ingegee om Hom te verraai -

Handelinge 5:3;

Toe sê Petrus: Ananías, waarom het die Satan jou hart vervul om vir die

Heilige Gees te lieg en van die prys van die grond agter te hou?

1 Petrus 5:8;

Wees nugter en waaksaam, want julle teëstaander, die duiwel, loop rond

soos ‘n brullende leeu en soek wie hy kan verslind.

Efesiërs 6:11-12;

11 Trek die volle wapenrusting van God aan, sodat julle staande kan bly teen

die liste van die duiwel.

12 Want ons worstelstryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die owerhede,

teen die magte, teen die wêreldheersers van die duisternis van hierdie

eeu, teen die bose geeste in die lug.

Ja, daar is ‘n duiwel! Hierdie waarheid, as ons dit na waarde begryp, sal ons meer

as enigiets anders, ons diepe afhanklikheid van God laat besef, en ons dwing tot

die gebed.

Hoe, en Waarom het Die Duiwel Ontstaan?

Die Duiwel het alreeds bestaan toe die Here God die mens geskape het. Daar

was toe alreeds kwaad in die Skepping want daar was ‘n “boom, die kennis van

goed en kwaad” - (Gén. 2:9,17). Dit is een van die grootste misterieë en miskien

die grootste geheim wat eendag openbaar sal word wanneer dit wat nou ten dele

is, opgeklaar sal word.

Dan sal die swaarste van alle vrae beantwoord word: Hoe kon God, Wie Almagtig

is, Heilig, Goed en Liefde is, kwaad geskep het, of die Duiwel toegelaat het om dit

te doen? Waarom moes Adam versoek word? Waarom het God nie die Satan

uitgewis toe hy in die gedaante van die slang gekom het om verleidende

gedagtes in Eva se oor te fluister nie?

Die Bybel is die enigste bron van inligting aangaande hierdie allerbelangrike

vraag. Daar is ‘n paar gedagtes wat ons aan die hand kan doen, maar die

volledige antwoord sal moet wag totdat ook die Duiwel sy rol klaar gespeel het in

4

die Groot Drama van die Plan van God.

Bekend as Lucifer, die “Lig-draer” moes hy baie naby aan God gestaan het; so

naby, om die waarheid te sê, dat hy ambisieus geword het, en homself

voorgeneem het om nie langer God’s geliefde Prins te wees nie, maar om

homself met God gelyk te stel!

In die persoon van die koning van Tirus - (Eség. 28:12) spreek God die Satan

aan as “die seëlring van eweredigheid, vol van wysheid en volmaak in

skoonheid”.

In Eség. 28:13, sien ons dat hy in Eden, die Tuin van God was en dat sy

versiering allerhande kosbare edelgesteentes was. (Geen wonder hy was ‘n

skitterende aanloklike wese vir Eva nie.

In sy “Companion Bible” sê Dr. Bullinger by Génesis 3:1, dat die woord “slang”

van die Hebreeuse woord “Nachash” kom, wat ‘n slang of ‘n verhewe

geesteswese beteken.

Vergelyk 2 Korinthiërs 11:3,14.

3 Maar ek vrees dat, net soos die slang Eva deur sy listigheid bedreig het,

julle sinne so miskien bedorwe raak, vervreemd van die opregtheid

teenoor Christus.

14 En geen wonder nie! Want die Satan self verander hom in ‘n engel van

die lig.

Sien Eség. 28:11-19, en let daarop dat hy ‘n gérub, volmaak in skoonheid was -

vergelyk verse 15,17).

In Eség. 28:14, word hy genoem die gérub met uitgespreide vlerke wat beskut -

miskien die hoogste rang in die Engelery:

Vergelyk Exodus 37:9.

Miskien was Satan die een wat die aanbidding van die ganse Skepping moes lei.

Indien so, dan het hy probeer om die aanbidding wat God toegekom het, op

homself te rig. Laat al die diensknegte van God tog gewaarsku wees teen hierdie

gevaar, want ons sien in Eség. 28:17 dat dit hoogmoed was wat hom tot ‘n val

gebring het.

In Eség. 28:15, sien ons dat Satan ‘n geskape wese is, volkome in sy weë, totdat

daar ongeregtigheid in hom gevind is.

Dit is dan ook juis hier waar die breuk gekom het en waar Satan uitgewerp is.

Lees Eségiël 28:16, 17(c).

Vanaf daardie tyd het hy die teëstander van God geword, en was sy hoofdoel om

die menseras te vernietig en sodoende smart in die vaderhart van God te bring.

5

Verkeerde Opvatting

Daar bestaan in die wêreld ‘n groot verwarring van begrip aangaande die

persoonlikheid van die duiwel. Hy is geen verspotte koddige figuur met horings

en ‘n stert, met ‘n vurk in sy hand en met ‘n simpel grynslag op sy gesig nie. Die

duiwel was ‘n werklikheid vir Jesus en sy apostels.

Sien bv. Lukas 4:3-12;

Daar was ‘n werklike gesprek tussen Jesus en die Duiwel.

3 Toe sê die duiwel vir Hom: As U die Seun van God is, sê vir hierdie klip

dat dit brood moet word.

4 Maar Jesus antwoord en sê vir hom: Daar is geskrywe: Die mens sal van

brood alleen nie lewe nie, maar van elke woord van God.

5 Toe bring die duiwel Hom op ‘n hoë berg en wys Hom al die koninkryke

van die wêreld in ‘n oomblik se tyd.

6 En die duiwel sê vir Hom: Ek sal U al hierdie mag gee en hulle

heerlikheid, want dit is aan my oorgegee, en ek gee dit aan wie ek wil.

7 As U my aanbid, sal alles aan U behoort.

8 En Jesus antwoord en sê vir hom: Gaan weg agter My, Satan, want daar

is geskrywe: Die Here jou God moet jy aanbid en Hom alleen dien.

9 Toe bring hy Hom na Jerusalem en stel Hom op die dak van die tempel

en sê vir Hom: As U die Seun van God is, werp Uself hiervandaan neer.

10 Want daar is geskrywe: Hy sal sy engele bevel gee aangaande U om U

te bewaar,

11 en hulle al U op die hande dra, sodat U nie miskien u voet teen ‘n klip

stamp nie.

12 En Jesus antwoord en sê vir hom: Daar is gesê: Jy mag die Here jou God

nie versoek nie.

In Matthéüs 12:24 sien ons dat die duiwel ‘n werklikheid vir die Fariseërs was.

24 Maar toe die Fariseërs dit hoor, sê hulle: Hy dryf die duiwels nie anders

uit as deur Beëlsebul, die owerste van die duiwels, nie.

In Lukas 10:18 lees ons dat Jesus ‘n oog-getuie van die val van Satan was.

18 Toe sê Hy vir hulle: Ek het die Satan soos ‘n bliksem uit die hemel sien

val.

In Judas vv 8-9; word die duiwel se mag en stand baie duidelik gedemonstreer.

(En let daarop dat dit alreeds na sy val vanaf sy verhewe posisie was! )

8 Tog besoedel ook hierdie mense net so in hulle dromerye die vlees en

verag die heerskappy en laster die heerlike wesens.

9 Maar toe Mígael, die aartsengel, met die die duiwel in woordestryd was

oor die liggaam van Moses, het hy geen oordeel van lastering durf

uitspreek nie, maar het gesê: Die Here bestraf jou!

Ja, die duiwel is ‘n wese met ‘n geweldige verhewe intelligensie, ‘n magtige en

6

egaafde geesteswese met ‘n bykans onbeperkte vindingrykheid. Sy logika is

briljant, sy planne uitgeslape, sy redenasies feitlik onweerstaanbaar.

God se magtige teëstander is geen koddige lompe wese met horings en ‘n stert

nie; hy is ‘n wrede prins met ‘n verhewe status en onbeperkte lis en vernuf.

Daarom is oppervlakkige en verspotte gesegdes aangaande die duiwel heeltemal

onvanpas en uiters gevaarlik.

In Efésiërs 2:2 word hy:

“volgens die owerste van die mag van die lug, van die gees wat nou in die

kinders van die ongehoorsaamheid werk”,

- - - - genoem.

In Johannes 12:31; - - - - -

31 Nou is dit die oordeel van hierdie wêreld, nou sal die owerste van hierdie

wêreld buitentoe gedryf word.

Johannes 14:30;

30 Ek sal nie veel meer met julle spreek nie; want die owerste van hierdie

wêreld kom en het aan My niks nie.

en Johannes 16:11;

11 en van oordeel, omdat die owerste van hierdie wêreld geoordeel is.

- - - - Noem Jesus hom die owerste van hierdie wêreld (orde).

In Lukas 4:5-8 het ons gesien dat die Satan vir homself die heerskappy van al die

koninkryke van die wêreld toeëien. Jesus het dit nie betwis nie, want daardie

heerskappy het aan Adam behoort volgens Gén. 1:26,28, maar met die

sondeval het hy dit aan Satan oorhandig. Laasgenoemde is die wettige eienaar

daarvan en God moet daardie kontrak nakom want Hy het dit aan Adam gegee

en hy kon dit gee aan wie hy wou.

Dit was ‘n wettige transaksie en God kon die eienaarskap net terugkry deur die

Bloed van Sy Seun. Dit is die kern-verklaring van die ganse verlossingsplan

van God. Hoe wonderbaar dat Hy bereid was om dit te doen en ons uit te koop

uit die slawehuis van hom wat sterker was as ons.

Sien Johannes 3:16; Matthéüs 26:28;

16 Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee

het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die

ewige lewe kan hê.

28 Want dit is my bloed, die bloed van die nuwe testament, wat vir baie uitgestort

word tot vergifnis van sonde.

7

Tydsduur van Satan se Heerskappy Beperk

Lees: Matthéüs 8:29; Openbaring 12:12.

Matthéüs 8:29;

Want ek is ook ‘n man onder gesag, en ek het soldate onder my. En vir

hierdie een sê ek: Gaan! En hy gaan; en vir ‘n ander een: Kom! en hy

kom; en vir my dienskneg: Doen dit! en hy doen dit.

Openbaring 12:12;

Daarom, wees verheug, o hemele en die wat daarin woon; wee die

bewoners van die aarde en die see, want die duiwel het na julle

neergedaal met groot woede, omdat hy weet dat hy min tyd het.

Dit is baie duidelik uit die Woord van God dat Satan se heerskappy met die

Wederkoms van Christus, die Tweede Adam, sal eindig. Maar voordat dit gebeur

sal daar ‘n geweldige uitbarsting van verwarring, valse leerstellings, vals profete,

godsdienste sonder ‘n Verlosser, Kerke sonder die ware Christus, en aanbidding

sonder die Woord van God, wees. Ons is nou in daardie tyd.

Sien 2 Kor. 11:3-4,13; 1 Tim. 4:1-2; 2 Tim. 3:1-5; 2 Tim. 4:1-4; Matt. 24:24-25.

Kort voor die einde sal Satan sy eindpoging aanwend om die menslike ras uit te wis,

net voordat hy gebind word en uiteindelik in die poel van vuur gewerp word.

Vergelyk Matthéüs 24:22;

En as daardie dae nie verkort was nie, sou geen vlees gered word nie; maar

ter wille van die uitverkorenes sal daardie dae verkort word.

Dit sal waarlik ‘n stryd om lewe en dood wees.

Die aardtoneel sal homself waarlik afspeel in die konflik tussen dié deur wie God

werk, en dié deur wie die duiwel werk. Hierdie stryd het alreeds in die Tuin van Eden

begin toe God vir die Satan gesê het:

“En Ek sal vyandskap stel tussen jou en die vrou, en tussen jou saad en haar

saad - - - - -” - (Gén. 3:15).

Wie hierdie saad van die slang is, sal in ‘n afsonderlike Studie behandel word, maar as

leidraad sien:

Matt. 23:33; Matt. 12:34; Matt. 3:7; Matt. 15:13; Joh. 8:44; Open. 2:9; Open. 3:9;

Gén. 25:22-23,

en al die tekse in die Bybel waar die term “Belial” of “seun van Belial” in voorkom.

(Uit 2 Kor. 6:15 sal u sien dat Belial staan vir die duiwel).

8

Die Krag en Gesag van Die Duiwel

Lees Efésiërs 6:11-12;

11 Trek julle volle wapenrusting van God aan, sodat julle staande kan bly

teen die liste van die duiwel.

12 Want ons worstelstryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die owerhede,

teen die magte, teen die wêreldheersers van die duisternis van hierdie

eeu, teen die bose geeste in die lug.

Die duiwel het groter krag as die mens, vlees en bloed.

Nooit is ons vir ‘n oomblik vry van sy aanslae nie. Gedurig is hy besig met sy aanhitsing,

versoekings, bedreigings, bedrog, aanvalle, vleiery, gedagtes, vreesaanjaging

en so aan. Maar, dank God, Jesus het hom oorwin en sy kop

vermorsel. Hy staan altyd gereed met sy liefde en ontferming, net om gevra te

word.

Lees Paulus se uitroep van triomf in Romeine 7:24-25;

24 Ek, ellendige mens! Wie sal my verlos van die liggaam van hierdie dood?

25 Ek dank God deur Jesus Christus, onse Here!

Wanneer u hulpeloos voel, of bevrees, angstig, terneergedruk, teleurgesteld,

verleë, verslae; dan moet u weet dis die sielevyand Satan wat u beet het.

Onthou dan: JESUS IS ONS VERLOSSER:

1 Johannes 3:8;

Hy wat die sonde doen, is uit die duiwel, want die duiwel sondig van die

begin af. Vir hierdie doel het die Seun van God verskyn, om die werke

van die duiwel te verbreek.

Kolossense 3:3.

Want julle het gesterwe, en julle lewe is saam met Christus verborge in

God.

Wees op u hoede:

1 Petrus 5:8;

Wees nugter en waaksaam, want julle teëstander, die duiwel, loop rond

soos ‘n brullende leeu en soek wie hy kan verslind.

Efésiërs 2:2;

waarin julle tevore gewandel het volgens die loop van hierdie wêreld,

volgens die owerste van die mag van die lug, van die gees wat nou in die

kinders van die ongehoorsamheid werk.

Geen mens by sy gesonde verstand, sonder die invloed van Satan en sonder die

kiem van erfsonde, sal die dade van oortreding pleeg wat ons daagliks rondom ons

sien nie.

9

Die Verblyplek en Werk van Satan

(a) Die Verblyplek van Satan

(1) In Openbaring 9:11;

En hulle het as koning oor hulle die engel van die afgrond; sy naam in

Hebreeus is Abáddon, en in die Grieks het hy die naam van Apóllion.

Hier word hy die “engel van die afgrond” genoem:

Dit wil sê, hy is die Groot Koning van die Demoniese Leërskare van die hel.

Daniel 10:13 en Efésiërs 6:11-12 wys vir ons dat elke aardse koninkryk onder die

beheer van ‘n demoon staan. Daar is net een duiwel maar daar is baie demone.

Die woord ‘owerhede’ in Efé. 6:12, kom van die Griekse woord “ARCHAS” wat –

‘eerstes’, ‘vernaamstes’ beteken, en magtige prinse is wie se gebiede groot

gedeeltes van die aarde behels met gesag oor die nasies wat daarin woon.

Die woord ‘magte’ in Efé. 6:12, kom van die Griekse woord “EXOUSIAS” wat -

outoriteite beteken, en vernames of hoogwaardigheidsbekleërs is wat net onder

die owerhede staan, heel moontlik ministers wat net onder hulle staan en die

verskillende portifeuljes behartig.

Die ‘wêreldheersers van die duisternis van hierdie eeu’ in Efé. 6:12, is ‘n

bediening van bedrog en misleiding, om mense se verstand te verduister, veral

van diégene wat andere se denke beïnvloed.

Vg. Jesaja 25:7;

En Hy sal op hierdie berg vernietig die uitgespreide sluier wat al die volke

omsluier, en die omhulsel waarmee die nasies bedek is.

Die ‘bose geeste in die lug’ in Efé. 6:12, is ‘n ontelbare swerm van demone wat

die mensdom lei na die growwer sondes en misleidings, die aanwakker van luste

en drange en die opwekking van allerhande vleeslike en sinlike begeertes. Hulle

is ook teenwoordig in spiritiese “seances” en ‘n gevaar in Godsdienstige byeenkomste

wanneer die gemoedere diep ontroerd is.

Met hierdie “boom” met al sy vertakkinge wat in die “stam” Satan gekonsentreer

is, wat oor hierdie wêreld heerskappy voer, kan ons:

1 Johannes 5:19 verstaan;

Ons weet dat ons uit God is en die hele wêreld in die mag van die Bose

lê.

Dank die Heer, dát vir die gelowige geld hierdie Skrif:

“Julle is uit God, my kinders, en het hulle oorwin, omdat Hy wat in julle is,

groter is as hy wat in die wêreld is” - (1 Joh. 4:4).

Demone: - (Volgens “Scofield Bible”): “Duiwels”, letterlik - demone. Die Nuwe

10

Testament is vol van bewyse van die letterlike bestaan en persoonlikheid van

demone. Dit is nie duidelik openbaar van hoe hulle ontstaan het nie, maar hulle

moet nie verwar word met die ‘engele’ van 2 Petrus 2:4 en Judas 6 nie.

Opsomming: (van demone)

1) Demone is geeste - (Matt. 12:43,45);

2) Hulle is gesante van Satan - (Matt. 12:26-27; Matt. 25:41);

3) En daar is so ‘n menigte van hulle dat dit Satan se krag bykans alomteenwoordig

maak - (Markus 5:9).

4) Hulle is in staat om beide mens en dier binne te vaar en te beheer - (Markus

5:8,11-13).

5) Hulle soek met geweld na ‘n liggaam om te besit, waarsonder hulle blykbaar

geen mag het om kwaad te doen nie - (Matt. 12:43-44; Markus 5:10-12).

6) Daar word ‘n onderskeid in die Nuwe Testament gemaak tussen om deur

demone beinvloed te word en om deur demone besete te wees.

Voorbeelde van laasgenoemde vind ons in:

Matt. 4:24; Matt. 8:16,28,33; Matt. 9:32; Matt. 12:22; Mark. 1:32; Mark. 5:15-

16,18; Lukas 8:36; Hand. 8:7; Hand. 16:16.

7) Hierdie geeste, of demone, is onrein, nors, boosaardig en moedswillig:

Matt. 8:28; Matt. 9:33; Matt. 10:1; Matt. 12:43; Mark. 1:23; Mark. 5:3-5; Mark.

9:17,20; Luk. 6:18; Luk. 9:39.

8) Hulle ken Jesus Christus as die Allerhoogste God, en erken Sy Oppergesag:

Matt. 8:31-32; Mark. 1:24; Hand. 19:15; Jak. 2:19.

9) Hulle besef hulle ewige oordeel is om gepynig te word:

Matt. 8:29; Luk. 8:31.

10) Hulle veroorsaak fisiese krankheid:

Matt. 12:22; Matt. 17:15-18; Luk. 13:16.

Maar breinsiekte moet onderskei word van geestesverstoring te wyte aan

demone besetenheid.

11) Die invloed van demone kan soms in godsdienstige askete en formalisme

gesien word - (1 Tim. 4:1-3).

12) En dit ontaard dan in vuile begeerlikheid - (2 Petrus 2:10-12).

13) Die teken van demoniese invloede in die godsdiens is afvalligheid van die

geloof soos dit in die Heilige Skrif openbaar is - (1 Tim. 4:1).

14) Die demone val veral die gelowiges aan wat in die gees wandel - (Efé. 6:12; 1

Tim. 4:1-3).

15) Alle ongelowiges staan wa-wyd oop vir demone-besetenheid - (Efé. 2:2).

16) Die gelowige se toevlug is gebed en liggaamlike selfbeheer - (Matt. 17:21).

17) “Die volle wapenrusting van God” - (Efé. 6:13-18).

18) Demone-uitdrywing in die Naam van Jesus Christus - (Hand. 16:18) was in die

gevalle van demoon-besetenheid toegepas.

19) Een van die verskriklike aspekte van die oordele van die laaste dae, waarmee

hierdie bedeling gaan eindig, is ‘n uitbarsting van demone uit die afgrond -

(Open. 9:1-11), aldus Scofield.

11

(2) Job 1:7; –

Toe vra die HERE vir die Satan: Waar kom jy vandaan? En die Satan

antwoord die HERE en sê: Van ‘n swerftog oor die aarde, wat ek

deurkruis het.

“Satan swerf oor die aarde rond en deurkruis dit”.

Vergelyk 1 Petrus 5:8.

Wees nugter en waaksaam, want julle teëstander, die duiwel, loop rond

soos ‘n brullende leeu en soek wie hy kan verslind.

Die aarde is nou in hierdie bedeling die besondere gebied van sy aktiwiteite.

Vergelyk Openbaring 12:7-9;

7 En daar het oorlog in die hemel gekom: Mígael en sy engele het oorlog

gevoer teen die draak, en die draak en sy engele het oorlog gevoer;

8 en hulle kon nie oorwin nie, en hulle plek was in die hemel nie meer te

vinde nie.

9 En die groot draak is neergewerp, die ou slang wat genoem word duiwel

en Satan, wat die hele wêreld verlei, hy is neergewerp op die aarde, en sy

engele is saam met hom neergewerp.

Die aarde is sy gebied, en hier heers hy oor demone en oor nasies. Maar dank

God, in die eeu wat kom sal Christus en Sy Liggaam (die kerk) oor die aardse

koninkryk regeer - (2 Petrus 3:13).

(b) Die Werk van Satan

1) Satan is die oorsaak van sonde in die wêreld – (Gén.3:1-6).

2) Satan is die oorsaak van siekte – Luk. 13:16; Hand. 10:38.

3) Satan het mag oor die dood – Heb. 2:14; Luk. 12:4-5.

Dit is ‘n aaklige gedagte om te dink dat die mag oor die dood, om mense dood

te maak, in die hande van ons vyand is. Elke kerkhof, elke begrafnis, en elke

skeiding deur die dood, het sy ontstaan te wyte aan die duiwel. Maar dank

God, Jesus het opgestaan en die dood is ook ‘n oorwonne vyand net soos die

Satan - (1 Kor. 15:51-58)

Vergelyk Openbaring 1:17-18: “ - - - - -En Ek het die sleutels van die doderyk

en van die dood.”

Dit was die woorde van ‘n opgestane Here Jesus aan die Apostel Johannes

op die eiland Patmos.

4) Die duiwel versoek mense om sonde te doen; hy is die “Versoeker” - (Matt.

4:1,3,5-6,8-9; 1 Thess.3:5).

5) Die duiwel stel strikke vir die mense – (1 Tim. 3:7; 2 Tim. 2:26).

6) Die duiwel lê bose planne in die harte van mense – Hand. 5:3; Joh. 13:2).

Dit is natuurlik as hulle hom toelaat of vir hom ‘n opening gee - (Efé. 4:27; Jak.

4:7)

7) Die Satan kan mense persoonlik invaar – (Joh. 13:27).

Wat’n verskrildike gedagte.

Stel hier teenoor Joh. 14:23 met Efé. 2:2 en Fil. 2:13.

12

8) Satan verblind die sinne van die ongelowiges – (2 Kor. 4:4).

(Soms nugtere, intelligente mense).

Die Heilige Skrif verlig die sinne van ‘n mens en openbaar JESUS! - (Ps.

119:105). Die keuse lê by die persoon. U moet sê “ek wil.”

9) Satan het ook sy “predikante” (dienaars) en sy “kerke” om sy werk voort te sit

- (2 Kor. 11:14-15).

Satan is op sy gevaarlikste wanneer hy op die preekstoel gaan staan - soos bv.

in ons modernistiese kerke, en in die bloedlose kultes sonder ‘n Kruis, en sonder

die Bloed van Jesus wat reinig van alle sondes.

10) Satan is die aanklaer van die broers voor God, dag en nag – (Open. 12:9-10;

Sag. 3:1-2).

Hy is soos die Publieke Aanklaer in ons howe. (Nie om hierdie manne in hulle

werk met die duiwel te vergelyk nie, ek gebruik dit net by wyse van illustrasie).

Maar JESUS DIE CHRISTUS is ons ADVOKAAT - (1 Joh. 1:9, 1 Joh. 2:1).

Dank God vir so ‘n VOORSPRAAK by die Vader, want Satan is magtiger as

enige engele wese in die hemel, net Jesus is groter as hy.

Sien Job 1:6-9; Job 2:3-5.

11) Satan is ‘n verleier – (Open. 12:9).

Hy stel ‘dwaling as waarheid’ voor, ‘hartstog vir liefde’; ‘misdaad as deug’;

‘bedrog as goeie diplomasie’ ens. Mense en nasies is sonder die krag van God

hulpeloos om sonder sy mag uit te kom.

Ons Plig Aangaande Die Duiwel

(1) 1 Petrus 5:8; “Wees nugter en waak ....” Die wete dat die duiwel ‘n

werkliklieid is, en dat hy aktief en magtig is, behoort ons versigtig en waaksaam

te maak. Agterlosigheid en traak-my-nie-agtigheid is onverskoonbaar in die lig

van die groot feit dat die Satan werklik bestaan met al sy eienskappe soos in

die Bybel aan ons openbaar.

(2) Efésiërs 4:27; Ons moet vir die duiwel geen plek gee nie.

U moet toesien dat u dit nie doen nie. Vers 26 gee vir ons ‘n aanduiding van

een manier waarop ons hom dikwels ‘n inkomplek gee.

(3) Jakobus 4:7; Ons moet die duiwel weerstaan.

Dit moet gedoen word in die Gees van God en deur die Krag van sy Woord.

(Vg. 1 Joh. 2:14).

(4) Efésiërs 6:11; Ons moet die volle wapenrusting van God aantrek sodat ons’

staande kan bly teen die liste van die duiwel. Verse 14-18 gee vir ons ‘n

beskrywing van die wapenrusting.

(Vg. 1 Joh. 5:18; Kol. 1:13; Joh. 10:28-29).

13

Hoe om Die Duiwel te Oorwin

Daar is drie “Magtige Wapens”:

(1) Die Naam van Jesus Christus

(2) Die Bloed van Jesus Christus

(3) Die Woord van GOD

(1) Die Naam van Jesus Christus:

Byvoorbeeld - Hand. 16:18. Die Naam van Jesus bring Hom persoonlik op die

toneel. Peins diep oor hierdie groot werklikheid, die Kerk het dit feitlik verloor. Sien

Filip. 2:10; Efé. 1:19-20 en baie ander Skrifte.

(2) Die Bloed van Jesus:

Lees Openbaring 12:11. Die Bloed is ons oorwinning en Satan se neerlaag.

(3) Die Woord van God:

Lees Efé. 6:17; 1 Joh. 2:14.

Die Woord van God moet ryklik in ons woon, sodat ons ‘n goeie voorraad

voorhande het wanneer die aanval kom, soos bv. Jesus toe Satan Hom in die

Wildernis versoek het - (Matt. 4:1-10).

Sien ook Rom. 8:37; 1 Joh. 4:4; Efé. 6:10; 1 Kor. 15:57; Filip. 4:13, ens.

Wees beslis en sê aan Satan: “Jy is vir hierdie toestand verantwoordelik, en op hierdie

oomblik weerstaan ek jou aangaande hierdie ding in die Naam van Jesus, deur die

Krag van Sy Bloed, op grond van God’s Woord, en jy VLUG NOU WEG! Staan dan

VAS ten spyte van alle teenaanvalle van die vyand - 1 Pet. 5:9.

Moet nooit ‘n duim van jou grondgebied aan die duiwel afstaan nie, want anders

sal hy ‘n hele myl neem - Efé. 4:27.

Satan se Eindbestemming en Straf

(1) Génesis 3:14-15;

14 Toe sê die HERE God aan die slang: Omdat jy dit gedoen het, is jy

vervloek onder al die vee en al die diere van die veld. Op jou buik moet jy

seil, en stof moet jy eet al die dae van jou lewe.

15 En Ek sal vyandskap stel tussen jou en die vrou, en tussen jou saad en

haar saad. Hý sal jou die kop vermorsel, en jý sal hom in die hakskeen

byt.

Vanaf die dag dat hy die mens versoek het, het daar nog altyd ‘n spesiale vloek

op Satan gerus.

Vergelyk Jesaja 65:25, wat tipies aan ons wys dat die slang geen deel sal hê aan

die komende verlossing van selfs die diere-wêreld nie.

25 Die wolf en die lam sal saam wei, en die leeu sal strooi eet soos ‘n bees,

en stof sal die voedsel van die slang wees; hulle sal geen kwaad doen of

14

verderf aanrig op my hele heilige berg nie, sê die HERE.

(2) Matthéüs 25:41:

Die ewige vuur is vir die duiwel en sy engele berei.

41 Dan sal Hy ook vir dié aan sy linkerhand sê: Gaan weg van My, julle

vervloektes, in die ewige vuur wat berei is vir die duiwel en sy engele.

(3) Openbaring 20:1-3;

1 EN ek het ‘n engel uit die hemel sien neerdaal, met die sleutel van die

afgrond en ‘n groot ketting in sy hand.

2 En hy het die draak gegryp – die ou slang wat die duiwel en die Satan is

– en hy het hom gebind duisend jaar lank,

3 en hom in die afgrond gewerp en hom toegesluit en dit bo hom verseël,

sodat hy die nasies nie meer sou verlei totdat die duisend jaar voleindig

is nie. Daarna moet hy dan ‘n kort tydjie ontbind word.

Met die koms van Jesus Christus sal Satan met ‘n groot ketting gebind word en

in die afgrond gewerp word vir ‘n duisend jaar.

(4) Openbaring 20:7-8;

7 EN wanneer die duisend jaar voleindig is, sal die Satan uit sy gevangenis

ontbind word;

8 en hy sal uitgaan om die nasies te verlei wat in die vier hoeke van die

aarde is, die Gog en die Magog, om hulle te versamel vir die oorlog; en

hulle getal is soos die sand van die see.

Aan die einde van die duisend jaar sal Satan ontbind word uit sy gevangenis en

dan uitgaan om die nasies te verlei. Dit sal wees om te sien wie onder hulle

gedurende Christus se duisendjarige vredesryk aan Hom net lippediens bewys

het. Almal dan wat in hulle wese nie van Jesus se skape is nie - (Joh. 10), maar

van die addergeslag is (jou saad: Gén. 3:15), die Gog en Magog, sal dan van die

vier hoeke van die aarde (nie die uithoeke van die noorde van Eségiël 38:6 en

Joël 2:20 nie; dis Armageddon voor die duisendjarige vrederyk) toestroom op die

geroep van die Satan om op te ruk teen die laer van heiliges en die geliefde stad

omsingel. Vuur sal dan van God uit die hemel neerdaal en hulle verslind - (Open.

20:9).

(5) Openbaring 20:10;

En die duiwel wat hulle verlei het, is in die poel van vuur en swawel

gewerp waar die dier en die valse profeet is; en hulle sal dag en nag

gepynig word tot in alle ewigheid.

Uiteindelik, die duiwel wat hulle verlei het, sal dan in die poel van vuur en swawel

15

gewerp word om gepynig te word, dag en nag, tot in alle ewigheid.

Sien 1 Korinthiërs 15:25-28;

25 Want Hy moet as koning heers totdat Hy al sy vyande onder sy voete

gestel het.

26 Die laaste vyand wat vernietig word, is die dood.

27 Want Hy het alles aan sy voete onderwerp, maar wanneer Hy sê dat

alles onderwerp is, is dit duidelik dat Hy uitgesonder is wat alles aan

Hom onderwerp het.

28 En wanneer alles aan Hom onderwerp is, dan sal ook die Seun self Hom

onderwerp aan die Een wat alles aan Hom onderwerp het, sodat God

alles in almal kan wees.

Prys die Heer, loof Hom saam met al sy Heilige Engele, want dan het ons die

PARADYS wat ADAM verloor het, in CHRISTUS HERWIN!

Die Einde.

16

lets oor die Skrywer

DIE BOODSKAP VAN F.W.C. NESER—

“ISRAEL MOET HOOR!”

F.W.C. Neser is as wetenskaplike opgelei maar is ‘n toegewyde Christen vanaf sy

kinderjare. Vir hom is die Bybel die Woord van God vanaf Génesis tot

Openbaring.

Reeds vroeg in sy lewe was hy daarvan oortuig dat die mens self daarvoor

verantwoordelik is dat daar oorloë, depressies, hongersnood, droogtes. siektes

en ellende op aarde is.

Hy het gesien dat God sy volmaakte Wet aan sy volk Israel gegee het, en aan

hulle gesê het dat as hulle daarvolgens sou lewe, daar nie een van hierdie rampe

sou wees nie; en ook dat Israel as God se demonstrasievolk op aarde is. Dit was

egter vir hom duidelik dat hierdie volk nie die Jood of die Kerk is of kan wees nie.

Mettertyd het hy tot sy groot blydskap ontdek dat die Angel-Saksies, Keltiese en

Germaanse nasies inderdaad die nakomelinge van die Huis van Israel is.

By die Wederkoms van Christus (nou op hande) sal hierdie nasies tot ‘n ware

wedergeboorte kom, met die Heilige Gees vervul word en met Jesus die Christus

as hul Heer en Koning hierdie wêreld teruglei na volkome harmonie met God.

Met die oog daarop dat die Bybelse boodskap aangaande Israel uitgedra moet

word aan al die nakomelinge van die Huis van Israel, het F.W.C. Neser die

onderstaande werke tot stand gebring sodat ISRAEL KAN HOOR!

Bylae:

Boeke beskikbaar van Ekklesia.

No Titel

1 Afrikaner -- ‘n Unieke Volk Die

2* Apartheid -- Wat sê die Skrif?

3 Bedienings Gawes van Jesus Christus Die

4* Berou en Bekering

5 Bybel is Waar Die

6 Christendom en Kommunisme

7 Daniël Die Boek van

8* Daniël se 70ste Week

9 Derde dag Opstanding van Christus Die

10* Deur Lyding na Volmaaktheid

11 Die Brief van die Apostel Paulus aan die Efésiërs

12 Die Bybel Voorspel Atoomoorlog

17

No Titel

13 Doop Die

14 Doop, in watter Naam (pamflet) Die

15 Doping in die Heilige Gees Die

16 Duiwel Die

17 Engele

18 Fondament van die Christelike Lewe Die

19 Gawes van die Heilige Gees Die

20 God se Groot Week

21 Goddelike Genesing

22 Hoséa Die Profeet

23 Israel in die Nuwe Testament

24 Israelwaarheid - TV Onderhoud Die

25 Jesaja Die Boek van

26* Jesus van Nasaret

27 Joël Die Boek van

28 Kerk van Rome en die Mens van Sonde Die

29* Kruis Die

30 Insig in die Verlede en die Hede bring Uitsig op die Toekoms

31* Moses en sy Kusitiese Vrou

32 Na die Dood – Wat Dan?

33* Name van God Die

34 Nuwe Hemel en die Nuwe Aarde Die

35* Openbaring Die Boek van

36* Openbaringe van die Apostel Paulus Die

37* Opraping Die

38 Romeine Die Brief aan die

39* Rusland in Profesie

40 Sabbat Die

41* Slang van Génesis 3 Die

42 Sommige Aspekte van die Werk van die Heilige Gees

43 Terwille van die Engele

44 Twee Sade op Aarde. Die

45 Tyd van die Heiden Die

46* Verdrukking Die Groot

47* Verlore Tien Stamme van Israel Deel 1 Die

48* Verlore Tien Stamme van Israel Die

49 Vrug van die Heilige Gees Die

50 Waar het Kain sy Vrou Gekry?

18

No Titel

51* Waarom die Bybel die Eet van Varkvleis Verbied

52 Wat die Bybel ons Leer Aangaande die Heilige Gees

53 Wat die Bybel ons Leer Aangaande die Mens

54 Wat die Bybel ons Leer Aangaande God

55 Wederkoms van Christus Die

56 Wet van die Here Die

57 Wie is my Naaste?

58 Wie was Hulle?

59 Wêreldgebeure

No Titel

1 After Death What Then?

2 Apartheid – What saith the Scripture?

3 Bible Predicts "Atomic War" The

4 Book of Joel The

5 Book of Revelation The

6 Christianity and Communism

7 Daniel’s 70 th week

8 Great Tribulation The

9 Israel Truth T.V. Interview The

10 Lost Ten Tribes Of Israel Part 1 The

11 Lost Ten Tribes of Israel The

12 New Heavens and the New Earth The

13 Origin, History and Destiny of the White Race The

14 Past the Present and the Future in the Light of Scripture The

15 Rapture The

16 Russia in Prophecy

17 Serpent of Genesis 3 The

18 Why the Bible Prohibits Pork

19 World Affairs

19

Ander boeke beskikbaar (ander Skrywers).

Die Vrou in Onderdanigheid / Pta. Ekklesia Susters

Wat is Regtig sy naam / J.A.Dreyer

The Bible Distinction between the House of Israel / House of Juda /

F.F.Bosworth

F.W.C. Neser, 'n Lewensbeskrywing / R. Searle

Pilate's Report to Caesar of the Arrest, Trail and Crucifixion of Jesus

The Master Plan / Revd. Albion S. Gaunt

Pastor F.W.C.Neser, A Biography (abridged) / R. Searle

Wêreldgebeure

Sedert 1986 publiseer F.WC. Neser ‘n kwartaallikse oorsig in Afrikaans onder die

titel “Wêreldgebeure” en in Engels onder die titel “World Affairs”.

‘n Biografie van F.W.C. Neser

Vir diegene wat meer oor F.W.C. Neser te wete wil kom is daar ‘n biografie

beskikbaar wat deur Richard Searle geskryf is.

Oudiokassette / CD’s en Videobande

Daar is sowat 2000 oudiokassette / CD’s en ‘n videobande beskikbaar waarin

pastoor F.W.C. Neser se boodskappe vasgelê is.

20

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!