03.05.2013 Views

Slang van Genesis 3 pdf - Ecclesia

Slang van Genesis 3 pdf - Ecclesia

Slang van Genesis 3 pdf - Ecclesia

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Die Slang

van

Génesis 3

Openbaring 20:2;

En hy het die ou draak gegryp,

Die ou slang,

Wat die duiwel

En die Satan, is –

En hy het hom gebind ‘n duisend jaar lank

Teksverse uit 1953 Vertaling

Deur F.W.C.Neser, M.Sc.

Hierdie is ‘n uittreksel uit my boekie “Engele”.

1

Die Slang van Génesis 3

Outeur F.W.C. Neser

Kopiereg F.W.C. Neser

Uitgewer F.W.C. Neser

Posbus 31571

Wonderboompoort

0033

Tel / Faks: (012) 379-8954

e-pos: ekklesia@telkomsa.net

Kantoorure: Maandag,Dinsdag

Donderdag,Vrydag

09:00-12:00

Drukker Jotha Drukkers,

CK95/28940/23

Tel: (012) 46-5964

(083) 453-0969

Nuwe Druk 2006

ISBN 1-919933-49-2

2

Die Slang van Génesis 3

Toe God vir Adam en Eva geskape het, was die duiwel alreeds ‘n gevalle engel

en die teëstander van God. Hy sou ook die mensemoordenaar en die vader van

alle leuens word. As die gevalle engele wat hom in sy opstand teen God gevolg

het, ‘n saad op aarde kon nalaat toe hulle by die dogters van die mens ingegaan

en die vir hulle kinders gebaar het, waarom nie Satan self ook nie?

Die beeldspraak van die slang daar in die Tuin van Eden was maar net om ‘n

belangrike feit en waarheid uit te bring.

Wanneer Openbaring 12:9;- - - -

En die groot draak is neergewerp, die ou slang wat genoem word die

duiwel en Satan, wat die hele wêreld verlei, hy is neergewerp op die

aarde, en sy engele is saam met hom neergewerp.

en Openbaring 20:2;- - - - -

En hy het die draak gegryp - die ou slang wat die duiwel en die Satan is -

en hy het hom gebind duisend jaar lank,

na die draak verwys as die “ou slang” wat die duiwel en Satan is (Satan beteken

teëstander) dan is dit duidelik dat dit niemand anders as die duiwel self was wat

die eerste mens Adam versoek het nie, en nie ‘n slang nie. Net soos die

beeldspraak van “draak” moes dien om die wreedheid en skrikwekkendheid van

die sielevyand uit te beeld, so moes die “slang” sy bedrieglikheid, aanloklikheid en

verleidelikheid tipeer.

Die Hebreeus vir “slang” in Génesis 3:1;

Maar die slang was listiger as al die diere - - - - -

(“diere” hier beteken - lewende wesens)

- - - - van die veld wat die HERE God gemaak het - - - ”.

is “nachash” wat beteken om te blaas, fluister of mompel soos ‘n towenaar doen.

Dit beteken ook in ‘n sekere sin om waar te sê of om te bekoor, met die bedoeling

om te betower of te mesmeriseer, soos ‘n slang dikwels doen met sy slagoffer

voordat hy hom vang. Dit het ook die betekenis van om te blink of te glinster soos

brons of koper. Sommige Skrifgedeeltes vertel ons dat Satan ‘n uiters bekoorlike

voorkoms het, en hierdie Hebreeuse woord sluit dan ook die betekenis in van “om

te bekoor of te betower”.

Vgl. Deuteronómium 18:10-14;

10 Daar mag niemand by jou gevind word wat sy seun of sy dogter deur die

vuur laat deurgaan - wat met waarsêery, goëlery of met verklaring van

voortekens of towery omgaan nie,

11 of wat met besweringe omgaan, of wat ‘n gees van ‘n afgestorwene vra of

‘n gees wat waarsê, of wat dooies raadpleeg nie.

3

12 Want elkeen wat hierdie dinge doen, is vir die HERE ‘n gruwel; en om

hierdie gruwels ontwil verdryf die HERE jou God hulle voor jou uit.

13 Opreg moet jy wees met die HERE jou God.

14 Want hierdie nasies wat jy uit hulle besittings verdrywe, luister na

goëlaars en waarsêers; maar wat jou aangaan, die HERE jou God het jou

nie so iets toegelaat nie.

Netso word die woord saraph (meervoud, Serafs in Afrikaans) wat beteken om te

brand of verhoog te wees, in

Numeri 21:8; - - - -

Daarop sê die HERE aan Moses: Maak vir jou ‘n giftige slang en sit dit op

‘n paal; dan sal elkeen wat gebyt is en daarna kyk, lewe.

word as ‘n giftige slang vertaal (Engels “fiery serpent”) en in die volgende:

vers 9;

Toe het Moses ‘n koperslang gemaak en dit op ‘n paal gesit: en as ‘n

slang iemand gebyt het en hy kyk na die koperslang, het hy in die lewe

gebly.

weer die woord nachash vir slang,

terwyl in vers 6;

Toe stuur die HERE giftige slange onder die volk wat die volk gebyt het;

en baie mense uit Israel het gesterwe.

albei woorde vir “giftige slange” gebruik word.

Hierdie selfde woord saraph (serafs in Afrikaans) word vir die hemelse wesens

van:

Jesaja 6:2,6; gebruik.

2 Serafs het bo Hom gestaan; elkeen het ses vlerke gehad: met twee het

hy sy aangesig bedek, en met twee het hy sy voete bedek, em met twee

het hy gevlieg.

6 Maar een van die serafs het na my toe gevlieg met ‘n gloeiende kool in sy

hand, wat hy met ‘n tang van die altaar af geneem het,

Die woord saraph word dus gebruik vir beide die giftige (Engels “fiery”) slang en

vir ‘n verhewe “hemelse wese”, net soos nachash ook gebruik word om beide ‘n

slang en ‘n heerlike geesteswese aan te dui. Die nachash, of slang, wat vir Eva

met sy listigheid bedrieg het - - - -

2 Korinthiërs 11:3;

Maar ek vrees dat, net soos die slang Eva deur sy listigheid bedrieg het,

julle sinne so miskien bedorwe kan raak, vervreemd van die opregtheid

teenoor Christus.

word in vers 14; - - -

En geen wonder nie! Want die Satan self verander hom in ‘n engel van

die lig.

as ‘n engel van die lig beskou. Het ons dus nie hierin ‘n duidelike aanduiding dat

dit nie ‘n slang was nie, maar ‘n wese van heerlike voorkoms, heel moontlik ‘n

4

engel aan wie Eva so ‘n groot eerbied betoon het dat sy aan hom selfs ‘n

bomenslike kennis toegeskryf het, en dat hy ‘n wese van skynbaar verhewe orde

was - (en nie ‘n laer orde as syself nie)? Bowendien word daar in die beskrywing

van Satan as die “koning van Tirus” - - - -

Eségiël 28: 11-19;

11 Verder het die woord van die HERE tot my gekom en gesê:

12 Mensekind, hef ‘n klaaglied aan oor die koning van Tirus, en sê vir hom:

So spreek die Here HERE: Jy was die seëlring van eweredigheid, vol

wysheid en volmaak in skoonheid.

13 Jy was in Eden, die tuin van God; allerhande edelgesteentes was jou

bedekking: karneool, topaas en jaspis, chrisoliet, oniks, sardoniks, saffier,

karbonkel en smarag; en van goud was die werk van jou kassies en

groewe aan jou; op die dag toe jy geskape is, is hulle berei.

14 Jy was ‘n gérub met uitgespreide vlerke wat jou beskut, en Ek het jou

gestel op ‘n heilige berg; ‘n god was jy; jy het gewandel tussen vurige

gesteentes.

15 Jy was volkome in jou weë van die dag af dat jy geskape is, totdat daar

ongeregtigheid in jou gevind is.

16 Weens die grootheid van jou koophandel het hulle jou binneste met

geweld gevul, en jy het gesondig daarom het Ek jou as onheilige van die

godeberg afgedrywe, en Ek het jou tussen die vurige gesteentes uit

vernietig o gérub wat beskut!

17 Hoogmoedig het jou hart geword oor jou skoonheid; jy het jou wysheid

verderwe weens jou glans. Ek het jou op die grond gewerp, Ek het jou

oorgegee voor die aangesig van konings, dat hulle op jou neer kan sien.

18 Weens die menigte van jou ongeregtighede, deur die onreg van jou

koophandel, het jy jou heiligdomme ontheilig; daarom het Ek ‘n vuur uit

jou binneste laat uitgaan; dit het jou verteer, en Ek het jou tot as gemaak

op die aarde voor die oë van almal wat jou gesien het.

19 Al jou bekendes onder die volke is ontsteld oor jou; jy het ‘n verskrikking

geword en sal daar nie meer wees tot in ewigheid nie.

- - - - baie duidelik daarop gesinspeel dat laasgenoemde wese van ‘n bonatuurlike

orde moes wees wanneer hy ‘n “gérub” genoem word (Eség. 28:14,16).

Sy teenwoordigheid “in Eden, die tuin van God” - (v. 13), word ook baie duidelik

gestel, asook die feit dat hy “vol van wysheid en volmaak in skoonheid” was - (v.

12), en dat hy volkome in sy weë was van die dag of dat hy geskape is, totdat

daar ongeregtigheid in hom gevind is - (V. 15), en dat hy hoogmoedig geword het

oor sy skoonheid - (v. 17).

Die woord “diere” in Génesis 3:1 beteken “lewende wesens” uit die woord chay in

die oorspronklike, net soos die woord zoa in Open. 4 met “lewende wesens”

vertaal word. Dit word dus van Satan gesê dat hy listiger was as al die ander

5

lewende wesens wat die HERE God gemaak het. Maar al sou die woord “diere”

behou word, dan sê dit nog nie dat of die slang of Satan ‘n “dier” was nie, maar,

net dat hy listiger was as enige ander lewende wese.

Ons kan onsself nie voorstel hoe Eva met ‘n slang in gesprek was nie, maar ons

kan goed verstaan hoedat sy betowerd kon gewees het deur een wat skynbaar

“‘n engel van die lig” (dit is ‘n verhewe engel) was, en wat hoër en bonatuurlike

kennis gehad het. (Dit is merkwaardig dat die woord nachash oor die algemeen

vertaal word as om te betower, te bekoor en te toor; of as een wat okkulte magte

het en dit toepas).

Lees: Gén. 30:27; Gén. 44:5,15; Lev. 19:26; Deut. 18:10;

1 Kon. 20:33; 2 Kon. 17:17; 2 Kon. 21:6; 2 Kron. 33:6.

Netso ook in: Núm. 23:23; en Núm. 24:1.

Wanneer daar dus van Satan gepraat word as ‘n “slang”, dan is dit net bywyse

van implikasie: dit beteken net so min ‘n slang as wanneer:

“Dan” so genoem word in - Gén. 49:17,

of ‘n dier wanneer “Nero” ‘n leeu - (2 Tim. 4:17),

en “Herodes” ‘n jakkals - (Lukas 13:32) genoem word,

of wanneer “Juda” ‘n jong leeu genoem word - (Gén. 49:9).

Dit is dieselfde as wanneer die leerstelling van die Fariseërs “suurdeeg” genoem

word - (Matt. 16:6).

Dit wys maar net simbolies op die ware en werklike betekenis van dit wat bedoel

word.

Wanneer dit in Génesis 3:15 gesê word: “jy sal hom in die hakskeen byt”, dan

beteken dit ver meer as net die letterlike. Dit voorspel die allerplegtigste

gebeurtenisse in verband met die dure prys wat die Saad van die vrou, naamlik

Christus, sou betaal om Satan uiteindelik te oorwin en te vernietig, wat weer

voorgestel word deur, “Hý sal jou die kop vermorsel” - (v15).

Dit was juis deur die dood van Christus dat hy wat die mag oor die dood bekom

het, self vernietig sou word; waardeur al sy planne en mag tot ‘n einde gebring

sou word, en sy werke vernietig word.

Hebreërs 2:14;

Aangesien die kinders dan vlees en bloed deelagtig is, het Hy dit ook op

dieselfde manier deelagtig geword, sodat Hy deur die dood hom tot niet

kon maak wat mag oor die dood het - dit is die duiwel -

1 Johannes 3:8;

Hy wat die sonde doen, is uit die duiwel, want die duiwel sondig van die

begin af. Vir hierdie doel het die Seun van God verskyn, om die werke

van die duiwel te verbreek.

Openbaring 20:1-3,10;

1 EN ek het ‘n engel uit die hemel sien neerdaal, met die sleutel van die

afgrond en ‘n groot ketting in sy hand.

6

2 En hy het die draak gegryp - die ou slang wat die duiwel en die Satan is -

en hy het hom gebind duisend jaar lank,

3 en hom in die afgrond gewerp en hom toegesluit en dit bo hom verseël,

sodat hy die nasies nie meer sou verlei totdat die duisend jaar voleindig is

nie. Daarna moet hy dan ‘n kort tydjie ontbind word.

10 En die duiwel wat hulle verlei het, is in die poel van vuur en swawel

gewerp waar die dier en valse profeet is; en hulle sal dag en nag gepynig

word tot in alle ewigheid.

Watter letterlike woorde kon hierdie letterlike feite beter uitbring as juis hierdie

beeldspraak?

Dit is presies dieselfde met die ander figuurlike taal van - Gén. 3:14, naamlik: “Op

jou buik moet jy seil”.

Hierdie beeldspraak beteken veel meer as die werklike buik van vlees en bloed,

net soos die woorde “hakskeen” en “kop” in - Gén. 3:15.

Dit skilder vir ons voor ons geestesoog Satan se uiteindelike vernedering.

Om voor iemand op jou aangesig te lê was nog altyd die uiterste vorm van

onderworpenheid.

Wanneer dit sê, “ons buik kleef aan die aarde” - (Ps. 44:26), dui dit op so ‘n

volslae en diepe onderworpenheid wat nooit in letterlike woorde oorgedra of

uitgespreek kan word nie.

Net so is dit ook met die ander oordeel: “stof moet jy eet al die dae van jou lewe” -

(Gén.3:14) Dit is nie letterlik waar nie, en die slang eet ook nie stof nie, maar dit

is waar en getrou aan die werklike bedoeling van die straf.

So ook wanneer Christene bestraf word omdat hulle mekaar byt en opeet - (Gal.

5:14-15) dan is dit iets nog veel dieper en meer hartbrekend as die letterlike

betekenis van die woorde.

Wanneer “sy vyande die stof sal lek” - (Ps. 72:9) dan beteken dit nie dat hulle dit

op hulle knieë met hulle letterlike tonge sal doen nie; maar hulle sal so volkome

verslaan en neergewerp wees, dat geen woorde letterlik hulle neerlaag en

onderwerping met reg kan beskryf nie.

Indien ‘n slang dan lateraan ‘n nachash genoem was, was dit omdat hy ‘n

betowerende mag oor ander diere uitgeoefen het, en as dit as wys beskou was,

was dit omdat hy so goed kon wegkruip, en nie vanweë enige ingebore wysheid

van sy eie nie. Dit was ook so genoem omdat sy naam verbind was met die van

Satan (die ou slang) wat “Eva bedrieg het” - (2 Kor. 11:3, 14).

Dit is tog verbasend hoe dit ooit veronderstel kon gewees het dat ‘n slang kon

praat sonder spraakorgane, of hoedat Satan kon veronderstel wees om so ‘n

groot wonderwerk te verrig. Dit sou ‘n groter wonderwerk wees as die wat deur

God self verrig is toe Hy die bek van Bíleam se donkie geopen het om dit te laat

praat.

7

Dit toon maar net aan ons die krag van die tradisie, of oorlewering wat van kleins

af voor die oë van elkeen van ons en op ons verstand die prent van ‘n “slang” en

‘n “appel” geskilder het: die vorige ‘n verkeerde uitleg van die Skrif, en die tweede

‘n blote versinsel wat nie eers in die Skrif voorkom nie.

Nog nooit was Satan se wysheid so listiglik aangewend as toe hy die universele

aanvaarding van hierdie tradisie bewerkstellig het nie: dit het daarin geslaag om

die aandag van die mens op die letter en die metode te vestig, en sodoende die

oë te verblind vir die plegtige feit dat die Val van die mens uitsluitlik te doen

gehad het met die Woord van God, en dat dit daarin gesetel is naamlik dat die

mens die sonde gedoen het om die leuen van die Satan te glo, liewer as die

waarheid van God.

Die versoeking van “die eerste mens, Adam” het begin met die vraag, “Is dit ook

so dat God gesê het?” Die versoeking van die “tweede mens”, die Here uit die

hemel” het met ‘n soortgelyke vraag begin, “As U die Seun van God is,” toe die

stem van die Vader skaars weggesterf het, wat gesê het “Dit is My geliefde

Seun.”

Alles het gewentel om die waarheid van wat die HERE God gesê het. Nadat die

Woord van God onder verdenking geplaas is in die gemoed van Eva, het dit haar

in haar antwoord aan die Satan gelei om:

1) Die woord “vry” uit te laat - - - -

Vgl. Génesis 3:2, met Génesis 2:16;

(Eva) - “van die vrugte van die bome in die tuin mag ons eet” /

(HERE God) -”van al die bome van die tuin mag jy vry eet”

- - - - dan - - -

2) Om die woorde “en dit nie aanroer nie” by te voeg - - - -

Vgl. Génesis 3:3 met Génesis 2:17;

(Eva) - “God het gesê: Julle mag daarvan nie eet nie en dit nie aanroer nie” /

(HERE God) - “daarvan mag jy nie eet nie”

- - - en laastens

3) Om ‘n sekerheid in ‘n moontlikheid te verander

(HERE God) - “sal jy SEKERLIK STERWE” - (Gén. 2:17)

(Eva) - “anders sal julle sterwe” (Gén. 3:3).

Dit is nie sonder betekenis nie dat die eerste woorde wat die “tweede Mens” in Sy

Bediening gebruik het juis was - “Daar is geskrywe”, en dit drie keer herhaal het;

en dat Sy laaste Bedieningswoorde ‘n soortgelyke drievoudige bevestiging van

die geskrewe Woord van God bevat het - (Joh. 17:8, 14, 17).

8

Die vorige versoeking het geslaag omdat die Woord van God drie keer verdraai

is; die laaste versoeking was effektief afgeslaan omdat dieselfde Woord getrou en

suiwer herhaal is. (Volgens “The Companion Bible”)

Die Saad van die Slang

Dit bring ons nou by ‘n beter begrip van wat die HERE God bedoel het toe Hy

gesê het:

“En ek sal vyandskap stel tussen jou en die vrou, en tussen jou saad en

haar saad” - (Gen. 3:15).

Dit dui nie hier op die nakomelinge van ‘n slang nie, maar op die nakomelinge van

Satan. Met ander woorde, net soos die gevalle engele ‘n nakomelingskap op die

aarde onder die mense gehad het, so het Satan, die hoof gevalle engel, ook sy

nakomelingskap op aarde gehad; en daar sou ‘n voortdurende vyandskap wees

nie net tussen Satan en die vrou en haar saad nie, maar ook tussen Satan se

saad en die vrou en haar saad. Omdat Satan die listigste van almal is en homself

net so maklik kan kamoefleer (of wegsteek) soos die slang, sou beide hy en sy

saad en hulle bose werke en invloed dwarsdeur die eeue dan ook nie so maklik

raakgesien kon word nie.

In Johannes 8:44 lees ons dat die Here Jesus vir daardie Fariseërs wat gedurig

op die loer was vir ‘n geleentheid om Hom dood te maak, gesê het dat hulle van

hul vader die duiwel was.

Die Here Jesus het nooit iemand “sleg gesê” nie, Hy het net die waarheid

gepraat. Dit was dus ‘n magtige feit wat Hy daar gekonstateer het, ‘n feit wat sy

ontstaan daar in die tuin van Eden gehad het, en wat eers tot ‘n einde sal kom

wanneer Satan en sy saad finaal vernietig word in die finale opstand teen God

soos ons daarvan lees in Openbaring 20.

In Matthéüs 23:33 noem Hy hulle slange en addergeslag en in - (v. 31), eie

kinders (of afstammelinge) van die wat die profete doodmaak. Hulle is dus

daardie selfde saad wat dwarsdeur die eeue in vyandskap sou wees teen die

vrou (en dus ook die wat uit haar gebore sou word) en haar saad.

Lees ook Lukas 11:50 en Johannes 10:26.

In die gelykenis van die onkruid in Matt. 13:24-30, 36-43 lees ons van die onkruid

wat onder die koring gesaai is en dat die koring die kinders van die Koninkryk is

en die onkruid die kinders van die Bose (die duiwel), vgl. Matt. 6:13.

Daar is dus ‘n letterlike saad van die duiwel, maar hulle sal alleenlik deur die

engele uitgeken kan word, en dan ook alleenlik met die oestyd, dit is aan die

voleinding van die wêreld.

9

In die volgende Skrifte lees ons ook van kinders van Bélial (wat staan vir die

Bose) wat in die Afr. Bybel met die woorde deugniete, slegte manne, vertaal

word:

Deut. 13:13; Rig, 19:22; Rig. 20:13;

1 Sam. 1:16; 1 Sam. 2:12; 1 Sam. 10:27; 1 Sam. 25:17,25; 1 Sam. 30:22;

2 Sam. 16:7; 2 Sam. 20:1; 2 Sam. 23:6; 1 Kor. 21:10; 1 Kor. 13:2.

Hier sien ons dat selfs die seuns van Elí sulke deugniete, of seuns van Bélial

was.

Esau, wat uit dieselfde vader en moeder as Jakob gebore was, was van daardie

ander saad, soveel so dat God gesê het, “Jakob het Ek liefgehad, maar Esau het

Ek gehaat.” (Mal. 1:3; Rom. 9:13).

Maar God het die sondaar lief, waar kom hierdie gesindheid dan vandaan?

Ons gaan verder hierop in, in ons reeks oor “Die Verlore Tien Stamme van Israel”.

Die verklaring lê sekerlik daarin dat hulle van die saad van Satan is, en dus soos

die afstammelinge van die gevalle engele, hulle nie tot God kan bekeer nie, hulle

is nie van sy skape nie - (lees Johannes 10).

In 1 Johannes 3:12; (lees ons dat Kain uit die Bose was en die eerste

moordenaar).

Nie soos Kain wat uit die Bose was en sy broer doodgeslaan het nie. En waarom

het hy hom doodgeslaan? Omdat sy werke boos was en dié van sy broer

regverdig.

Hier het die saad van die Slang (Satan) al sy eerste aanslag op die saad van die

vrou gemaak. Maar Kain was ook die seun van Eva. Is dít dalk, waaruit die

sonde ontstaan het, dat Eva deur hierdie skynende wese mislei was, net soos die

seuns van God (die gevalle engele) gesien het dat die dogters van die mens mooi

was, en by hulle ingegaan het?

Genesis 6:4;

IN dié dae was die reuse op die aarde, en ook daarna, toe die seuns van

God by die dogters van die mense ingegaan en dié vir hulle kinders

gebaar het.

Was Kain en Abel dalk ‘n tweeling, die een deur Satan bevrug, en die ander deur

Adam?

Lees wat sê Eva omtrent Set in die Engelse Bybel:

Genesis 4:25;

And Adam knew his wife again; and she bare a son, and called his name

Seth: For God , said she, hath appointed me another seed instead of

Abel, whom Cain slew.

Amen!

(Hierdie is ‘n uittreksel uit my boekie “Engele” wat ook verkrygbaar is).

10

DIE BOODSKAP VAN F.W.C. NESER—

“ISRAEL MOET HOOR!”

lets oor die Skrywer

F.W.C. Neser is as wetenskaplike opgelei maar is ‘n toegewyde Christen vanaf sy

kinderjare. Vir hom is die Bybel die Woord van God vanaf Génesis tot

Openbaring.

Reeds vroeg in sy lewe was hy daarvan oortuig dat die mens self daarvoor

verantwoordelik is dat daar oorloë, depressies, hongersnood, droogtes. siektes

en ellende op aarde is.

Hy het gesien dat God sy volmaakte Wet aan sy volk Israel gegee het, en aan

hulle gesê het dat as hulle daarvolgens sou lewe, daar nie een van hierdie rampe

sou wees nie; en ook dat Israel as God se demonstrasievolk op aarde is. Dit was

egter vir hom duidelik dat hierdie volk nie die Jood of die Kerk is of kan wees nie.

Mettertyd het hy tot sy groot blydskap ontdek dat die Angel-Saksies, Keltiese en

Germaanse nasies inderdaad die nakomelinge van die Huis van Israel is.

By die Wederkoms van Christus (nou op hande) sal hierdie nasies tot ‘n ware

wedergeboorte kom, met die Heilige Gees vervul word en met Jesus die Christus

as hul Heer en Koning hierdie wêreld teruglei na volkome harmonie met God.

Met die oog daarop dat die Bybelse boodskap aangaande Israel uitgedra moet

word aan al die nakomelinge van die Huis van Israel, het F.W.C. Neser die

onderstaande werke tot stand gebring sodat ISRAEL KAN HOOR!

Bylae:

Boeke beskikbaar van Ekklesia.

No Titel

1 Afrikaner -- ‘n Unieke Volk Die

2 Apartheid -- Wat sê die Skrif?

3 Bedienings Gawes van Jesus Christus Die

4 Berou en Bekering

5 Bybel is Waar Die

6 Christendom en Kommunisme

7 Daniël Die Boek van

8 Daniël se 70ste Week

9 Derde dag Opstanding van Christus Die

10 Deur Lyding na Volmaaktheid

11 Die Brief van die Apostel Paulus aan die Efésiërs

12 Die Bybel Voorspel Atoomoorlog

11

No Titel

13 Doop Die

14 Doop, in watter Naam (pamflet) Die

15 Doping in die Heilige Gees Die

16 Duiwel Die

17 Engele

18 Fondament van die Christelike Lewe Die

19 Gawes van die Heilige Gees Die

20 God se Groot Week

21 Goddelike Genesing

22 Hoséa Die Profeet

23 Israel in die Nuwe Testament

24 Israelwaarheid - TV Onderhoud Die

25 Jesaja Die Boek van

26 Jesus van Nasaret

27 Joël Die Boek van

28 Kerk van Rome en die Mens van Sonde Die

29 Kruis Die

30 Insig in die Verlede en die Hede bring Uitsig op die Toekoms

31 Moses en sy Kusitiese Vrou

32 Na die Dood – Wat Dan?

33 Name van God Die

34 Nuwe Hemel en die Nuwe Aarde Die

35 Openbaring Die Boek van

36 Openbaringe van die Apostel Paulus Die

37 Opraping Die

38 Romeine Die Brief aan die

39 Rusland in Profesie

40 Sabbat Die

41 Slang van Génesis 3 Die

42 Sommige Aspekte van die Werk van die Heilige Gees

43 Terwille van die Engele

44 Twee Sade op Aarde. Die

45 Tyd van die Heiden Die

46 Verdrukking Die Groot

47 Verlore Tien Stamme van Israel Deel 1 Die

48 Verlore Tien Stamme van Israel Die

49 Vrug van die Heilige Gees Die

50 Waar het Kain sy Vrou Gekry?

12

No Titel

51 Waarom die Bybel die Eet van Varkvleis Verbied

52 Wat die Bybel ons Leer Aangaande die Heilige Gees

53 Wat die Bybel ons Leer Aangaande die Mens

54 Wat die Bybel ons Leer Aangaande God

55 Wederkoms van Christus Die

56 Wet van die Here Die

57 Wie is my Naaste?

58 Wie was Hulle?

59 Wêreldgebeure

No Titel

1 After Death What Then?

2 Apartheid – What saith the Scripture?

3 Bible Predicts "Atomic War" The

4 Book of Joel The

5 Book of Revelation The

6 Christianity and Communism

7 Daniel’s 70 th week

8 Great Tribulation The

9 Israel Truth T.V. Interview The

10 Lost Ten Tribes Of Israel Part 1 The

11 Lost Ten Tribes of Israel The

12 New Heavens and the New Earth The

13 Origin, History and Destiny of the White Race The

14 Past the Present and the Future in the Light of Scripture The

15 Rapture The

16 Russia in Prophecy

17 Serpent of Genesis 3 The

18 Why the Bible Prohibits Pork

19 World Affairs

13

Ander boeke beskikbaar (ander Skrywers).

Die Vrou in Onderdanigheid / Pta. Ekklesia Susters

Wat is Regtig sy naam / J.A.Dreyer

The Bible Distinction between the House of Israel / House of Juda / F.F.Bosworth

F.W.C. Neser, 'n Lewensbeskrywing / R. Searle

Pilate's Report to Caesar of the Arrest, Trail and Crucifixion of Jesus

The Master Plan / Revd. Albion S. Gaunt

Pastor F.W.C.Neser, A Biography (abridged) / R. Searle

Wêreldgebeure

Sedert 1986 publiseer F.WC. Neser ‘n kwartaallikse oorsig in Afrikaans onder die

titel “Wêreldgebeure” en in Engels onder die titel “World Affairs”.

‘n Biografie van F.W.C. Neser

Vir diegene wat meer oor F.W.C. Neser te wete wil kom is daar ‘n biografie

beskikbaar wat deur Richard Searle geskryf is.

Oudiokassette / CD’s en Videobande

Daar is sowat 2000 oudiokassette / CD’s en ‘n videobande beskikbaar waarin

pastoor F.W.C. Neser se boodskappe vasgelê is.

14

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!