03.05.2013 Views

Hoofstuk 1

Hoofstuk 1

Hoofstuk 1

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Hoofstuk 1

"Joubert hoor jy wat ek sê!"

Joubert Retief kyk gesteurd op na die man wat voor sy lessenaar staan.

"Ekskuus oom Kootjie wat het oom gesê?"

"Ag nee Joubert, het jy sowaar nie 'n enkele woord gehoor wat ek gesê het nie. Wat sit jy hier so

en dagdroom in jou studeerkamer helder oordag."

"Ek is jammer oom, my gedagtes was elders."

Kootjie van Rooyen kyk na die man wat hier voor hom sit. Hy het die afgelope drie maande wat hy

plaasbestuurder op Gemoedsrus is, baie lief geword vir hierdie seun. Hier op Gemoedsrus het hy en

Emma, sy ou vroutjie weer gemoedsrus gekry. Joubert Retief het hulle weer 'n tweede kans gegun

nadat hulle geen heenkome gehad het nie. Solank as wat hy kan onthou het hy en Emma vir ander

geboer. Hy as plaasbestuurder en Emma wat die huishouding behartig het. Nadat Piet Gerber

besluit het om af te tree en alles te verkoop kon hy en die nuwe eienaar van Geluksdal net nie oor die

weg kom nie, inteendeel Johan Loubser het dinge vir hom en Emma so moeilik gemaak dat hulle

ander heenkome moes vind. Dit was 'n hartseer dag, die dag toe hy en Emma Geluksdal na bykans

twintig jaar moes verlaat. Sy ou vroutjie het so gehuil en was ontroosbaar. Die ergste was dat hy en

Emma al albei vyftig somers agter die rug gehad het en op daardie ouderdom sou geen plaaseienaar

iemand van hulle ouderdom weer indiens neem nie. Hy en Emma het dan ook vir ses maande

1

ondgeswerf sonder heenkome. Dit was 'n bitter pil om te sluk toe hulle later van hul spaargeldjies

moes begin gebruik om aan die lewe te bly. Hy sal nooit die dag vergeet toe Emma met die koerant

oopgevou die kombuis ingestorm het nie. Hy dink teer terug aan sy ou vroutjie wat nooit moed

opgegee het nie. Sy het elke dag die koerant gekoop en altyd eerste na die advertensie kolomme

geblaai. Hoe goed onthou hy nie haar woorde nie, "Kyk pappa hier is waarvoor ons so lank gewag

het." Hy kon egter nie haar opgewondenheid met haar deel nie. Het hy dan nie soveel as vyftien

onsuksesvolle aansoeke ingedien as plaasbestuurder nie. Hoe goed onthou hy elke keer die

antwoord. "Jammer u ouderdom tel ongelukkig teen u." Hy het egter ook opgewonde begin raak

nadat hy die advertensie gelees het. Hierdie advertensie het anders as die normale gelees.

"Plaasbestuurder met ondervinding gesoek! Moet ten minste vyftig jaar oud wees en oor

ondervinding van gemengde boerdery beskik. Indien vrou huishouding kan behartig, sal dit as

aanbeveling dien." Hierdie pos het hom en sy Emma soos 'n handskoen gepas. Nadat hulle met

Joubert per telefoon in verbinding was, en hy gehoor het dat hy wat Kootjie is ook goeie kennis het

van perdetelery, was die werk syne. Sommer so per telefoon aangestel. Was dit nie 'n heuglike dag

in sy en Emma se lewens nie. Nou is hulle weer daar waar hulle wil wees, op 'n plaas en kan hulle

lewens weer soos normaal voortgaan.

"Kootjie van Rooyen, as ek my sonde nie ontsien nie gooi ek jou sowaar met die beskuitblik!"

"Ekskuus Emma ek het jou nie sien inkom nie. Vir wat bekruip jy vir my en Joubert ook so?"

"Julle bekruip, waarvan praat jy Kootjie van Rooyen. Ek probeer al die afgelope twee minute jou

aandag kry sodat jy jou koffie kan kry. Jy staan sowaar hier en droom helder oordag."

Joubert Retief bars hard uit van die lag.

"Kan tante dit nou glo. Oom Kootjie het nou net vir my gesê, dat ek besig is met dagdromery en

2

hier sal hy nou sowaar presies dieselfde doen."

Oom Kootjie sien dat hy onkant gevang is, en bloos bloedrooi.

"En vir wat raak jy nou so rooi soos 'n kalkoen Kootjie?"

"Ag Emma, ek het maar net teruggedink aan die swaar ou dae, en hoe gelukkig was ons twee toe

ons paaie met Joubert s'n gekruis het."

Tante Emma kyk vanaf haar man na Joubert waar hy agter sy studeerkamer lessenaar sit. 'n Sagte

teer uitdrukking verskyn op haar gesig. Ja, vir hierdie stil forsgeboude seun het sy die afgelope drie

maande baie lief geword. Het hy dan nie weer vir haar en Kootjie 'n heenkome gegee nie. Hul

selfrespek teruggegee, sodat hulle weer die lewe vierkantig in die oë kan kyk.

"Ja Kootjie, die Here was goed vir ons toe Hy ons paaie met die van Joubert s'n laat kruis het."

Joubert Retief skuif ongemaklik in sy stoel rond. Hy hou skielik nie daarvan dat hy die middelpunt

van bespreking geword het nie. Sy lewe was maar deurmekaar totdat hierdie twee mense in sy lewe

verskyn het.

"Wat wou oom Kootjie netnou vir my kom sê het?" verander hy die onderwerp van bespreking,

duidelik in 'n ander rigting.

"O, genade Joubert, met al ons dagdromery het ek skoon vergeet hoekom ek oorspronklik na jou

kom soek het! Dit is Sonata. Dit lyk of sy gaan vul."

Vir 'n man van ses voet ses kom Joubert Retief ongelooflik vinnig op sy voete, waar hy agter sy

lessenaar gesit het.

"Oom Kootjie, jy moenie nou grappies staan en maak nie, laat Joubert ontsteld hoor. Dit is gans te

vroeg vir haar om te vul." Tante Emma sien dadelik hoe ontsteld Joubert is en besef weereens hoe

lief hy vir sy perde is.

3

"Joubert hoekom is jy so bekommerd? Vrouens skenk maklik 'n maand voor die tyd geboorte en

dan is hul kleintjies fris en gesond."

"Sonata is nie 'n vrou wat kan kommunikeer en sê as daar iets fout is nie Tant Emma. Sy moet nog

twee weke loop voor sy kan vul en so 'n voortydse vullery voorspel net moeilikheid."

Oom Kootjie sien dat hierdie gesprek op niks gaan afstuur nie en raak skielik baie haastig.

"Ek dink ek en jy moet maar afloop stalle toe, sodat jy self kan kyk of jy probleme voorspel

Joubert."

"Ek dink oom is reg. Verskoon ons asseblief tant Emma," sê Joubert terwyl hy met oom Kootjie

agter hom aan, by die studeerkamer se deur uit verdwyn.

"Moet ek dalk water op die stoof begin sit Joubert," vra tant Emma, maar besef dadelik dat nie een

van die twee mans haar meer kan hoor nie. Sy stap nietemin kombuis toe en gee opdrag aan die

bediendes om water op te sit, sodat daar genoeg warmwater beskikbaar sal wees indien die mans dit

sou nodig hê.

Toe Joubert en oom Kootjie om die hoek van die stalle kom, sien hy eerste vir Jantjie raak, waar hy

met sy arms soos 'n windmeul beduie en op en af spring van ontsteltenis. By hom aangekom raas hy

dan ook dadelik met die twee mans.

"Waar bly die Grootmeneer so lank weg met die Kleinmeneer? Sonata gaan vul en die

Kleinmeneer sal die veearts moet gaan bel."

"Stadig Jantjie laat kleinmeneer Joubert eers self na Sonata kyk en dan kan ons besluit of dit nodig

sal wees om die veearts te bel."

4

Joubert druk Jantjie uit sy pad, waar hy voor Sonata se staldeur gestaan het, en verdwyn na binne.

Hy sak onmiddellik bekommerd op sy knieë langs Sonata neer, waar sy op die grond lê en steun.

"Iets lyk nie vir my reg nie oom Kootjie," laat Joubert bekommerd hoor, terwyl hy sy spog merrie

versigtig ondersoek. Na 'n anderhalf minuut staan hy dan ook langs Sonata op en stap by die

staldeur uit, terwyl hy oor sy skouer bevele skreeu.

"Jantjie, hardloop huis toe en vra dat hulle vir ons warmwater na die stalle stuur. Oom Kootjie bel

jy asseblief die veearts en vra hom om dadelik uit te kom na Gemoedsrus. Sê tog net vir Daan dat

dit dringend is, en dat ek dink dat Sonata se vul verkeerd gedraai het. Ek vermoed dat die vul pote

eerste gebore gaan word. Sê asseblief ook vir Daan dat ek solank gaan probeer om die vul te draai."

Terwyl Joubert na die vertrek langs die stalle loop waar al die medikasie in 'n staalkas aangehou

word, draf Jantjie blitsvinnig huis se kant toe vir die warm water. Oom Kootjie loop ook so vinnig as

wat sy twee bene hom kan dra agter Jantjie aan om die veearts te gaan bel. Nadat Joubert al die

benodigdhede in die staalkas gekry het draf hy weer terug na Sonata se stal. Hy kyk bekommerd af

na sy eens trotse dier, waar sy nou hulpeloos op die vloer van die stal lê en kreun. Hy buk af na haar

en begin haar nek saggies streel, terwyl hy kalmerend met haar praat. Joubert kan dadelik sien dat

sy nabyheid en kalmerende stem die gewenste uitwerking op Sonata het. Sy begin rustiger raak en

kyk met vraende oë na hom. Joubert wou net ongeduldig begin word, toe oom Kootjie by die stal

inbars.

"Het oom vir Daan gekry?" wil hy dadelik weet.

"Nee jong, het jy geweet dat Daan sy plaas en praktyk aan 'n vroumens verkoop het?"

"Wat sê oom daar, oom Kootjie jy moet nou nie staan en grappies maak nie."

5

"Dis nie 'n grap nie Joubert," laat oom Kootjie vererg hoor.

"Ek het met haar ma gepraat. Sy is blykbaar nie daar nie, en is glo uitgeroep na Eendekuil. Leon

Koeglenberg se stoetbul is blykbaar siek."

"Het oom na Eendekuil gebel, het oom met haar gepraat, is oom seker dat dit nie Daan Swanepoel

is wat op Eendekuil is nie?"

"Hoe praat jy dan nou Joubert? Ek is mos darem nie van lootjie getik nie. Ek het Eendekuil

geskakel en self met Betsie Koeglenberg gepraat. Sy is in vervoering oor die bekwaamheid en

aanvalligheid van ons nuwe vroue veearts. Om die waarheid te sê haar presiese woorde was,

"hierdie Anita is nou 'n bekwame veearts." Sy was blykbaar skaars tien minute besig met Julias

Ceaser, toe het sy die siekte gediagnoseer. Volgens Betsie is die bul al klaar gesond."

Joubert Retief gryp oom Kootjie aan die skouer, sy gesig is doodsbleek.

"Anita wie oom? Wat is haar van oom?" kryt hy dit uit.

"Eina Joubert, jy is besig om my skouer te vergruis!" roep oom Kootjie van pyn uit.

Hy draai homself dwars en voel hoe Joubert se hand van sy skouer afgly. Hy het Joubert Retief nog

nooit so ontsteld gesien nie.

"Wat is verkeerd Joubert? Dit lyk of jy 'n spook gesien het."

"Ek soek nie daardie Anita vroumens op my plaas nie oom. As sy hier opdaag gaan ek haar van

my plaas afgooi."

"En wat het jy teen ons vrouegeslag Joubert Retief," laat tante Emma hoor waar sy in die staldeur

met 'n emmer kookwater staan. Nie een van die twee mans het haar hoor aankom nie en kyk

verskrik om.

"Vir wat loop en bekruip jy ons alweer so Emma?" vra oom Kootjie, duidelik ontsteld oor Joubert

6

se optrede.

"Kootjie van Rooyen dit is nou die tweede maal dat jy my vals beskuldig van 'n bekruipery. As ek

my sonde nie ontsien nie gooi ek jou met hierdie emmer kookwater."

"Stadig Emma, ek het dit nie so bedoel nie," keer oom Kootjie vinnig.

Die gestryery van oom Kootjie en tant Emma het Joubert geleentheid gegee om sy selfbeheersing te

herwin. Toe hy praat kan hulle duidelik sien dat hy nog ontsteld is, maar dat hy dit probeer

wegsteek.

"Tant Emma gee vir my die warm water. Ek wil kyk of ek nie vir Sonata kan help deur haar vul te

probeer draai nie."

"Moet jy nie maar wag vir die veearts nie Joubert vra oom Kootjie nou versigtig, gedagtig aan

Joubert se uitbarsting van vaneffe."

"Oom Kootjie, ek soek nie daardie Anita vroumens op my plaas nie. Ek sal self vir Sonata help

met haar vullery."

Met die draai Joubert om na Sonata, was sy hande en trek die chirurgiese handskoene aan wat hy

behendig uit 'n geseëlde plastiese pakkie skeur.

Jantjie wat agter tant Emma die gedoente met groot oë gestaan en luister het, kry skielik lewe. Hy

storm die stal binne om Joubert te help met die vullery van Sonata. Toe sy oë die van Joubert s'n

ontmoet, sien hy die seer en verwarring daarin. Hy en Joubert kom al 'n lang pad saam. Het hulle

dan nie as kinders saam grootgeword op Gemoedsrus nie? Hier het hulle saam baie plesier, hartseer

en vreugde geken as kinders. Dit was eers toe sy kleinmeneer weg is universiteit toe, dat hulle

mekaar begin ontgroei het. Dinge was maar nooit weer dieselfde nie. Sy kleinmeneer het wel elke

vakansie plaas toe gekom en moes hy wat Jantjie is, hom altyd alles gaan wys wat verander het op

7

die plaas. Hulle was nog kamerade maar op 'n ander manier as toe hulle kinders was. Dit kon ook

nie anders gewees het nie, want sy kleinmeneer het groot geword, 'n sterk boerseun wat besig was

om homself te bekwaam om eendag die boerdery by oumeneer Joubert oor te neem. Hy ken al die

gemoedstoestand van sy kleinmeneer en weet dat daardie ding van die verlede nou weer by sy

kleinmeneer spook. Hy kon destyds nie alles verstaan nie, maar het geweet toe sy kleinmeneer

teruggekeer het vanaf die universiteit, daar groot fout was. Hy kon die hartseer in die oë van sy

geliefde speelmaat en sy ouers nog duidelik onthou. Hy wat Jantjie is kon sien alles was nie pluis

nie, maar het nooit probeer uitvis wat dit was nie. Hy weet net dat dit iets verskriklik moes gewees

het, want sy kleinmeneer het probeer om die probleem weg te werk. Hy het soos 'n besetene op die

plaas gewerk, van soggens vroeg tot saans laat. Grootmeneer Joubert het met hom daaroor gepraat,

maar hy wou nie luister nie. Dit is dan ook geen wonder dat Gemoedsrus vandag bekend staan as

een van die beste perdeteelplase in die land nie. Nadat oumeneer Joubert vier maande gelede besluit

het om af te tree op Robertson, het dit dan ook gelyk of sy kleinmeneer begin rustiger word. Die

spook wat hom gejaag het, het blykbaar vervaag en het hy nie meer soos 'n besetene gewerk nie.

Wat hy egter nie verstaan het nie, is dat sy kleinmeneer nooit aan sosiale geleenthede deelgeneem

het nie. Hy het wel so af en toe op die buurplaas gaan tennis speel, maar het nooit in enige vrou

belanggestel nie. Sy kleinmeneer se maats is al lankal getroud met kinders, en dit lyk nie vir hom of

hy ooit die voorreg gaan hê om die erfgenaam van Gemoedsrus te bederf nie.

"Ek kry nie die vul gedraai nie oom Kootjie," ruk Joubert se woorde Jantjie terug tot die

werklikheid.

"Ek het 'n motordeur hoor toeklap Joubert. Miskien is dit die veearts," laat tante Emma van die

staldeur se kant af hoor. Joubert kyk op toe hy 'n skaduwee in die staldeur sien val. In die deur staan

8

'n pragtige meisie met 'n dokterstas. Sy is klein en fyn van postuur. Haar hare is raafswart, lank en

in 'n strik agter haar kop vasgebind. Wat die aandag dadelik op haar vestig is die uitsonderlike blou

oë wat soos twee diep waterpoele lyk. Haar vol lippe nou effens van mekaar asof sy iets wou sê,

maar nie 'n woord kan uitkry nie, rond die perfekte prentjie af.

Die volgende oomblik is Joubert op sy voete.

"Jy!, ek moes kon raai dat daar net een Anita de Klerk kan wees, wat 'n veearts geword het. Wat

soek jy op my plaas? Gee pad hier voordat ek jou van my plaas afsmyt."

"Ek, ek....," wil die verbaasde meisie nog uiter, maar Joubert gee haar nie die geleentheid om haar

sin te voltooi nie.

Die volgende oomblik is hy by haar. Hy gryp haar aan die gewrig terwyl hy wit van woede uiter.

"Het jy nie gehoor wat ek sê nie vroumens? Verwyder jou miserabele lyf van my plaas af."

Net toe hy haar aan die arm by die staldeur wil uitsleep, klap tant Emma se stem soos 'n sweepslag.

"Joubert! Wat gaan met jou aan, is jy van jou sinne beroof? Sulke onbeskoftheid het ek nie van

jou verwag nie."

Joubert ruk tot stilstand in die staldeur, waar hy nog steeds die meisie aan die gewrig vashou.

"Tant Emma, hou u asseblief hieruit. Dit is 'n saak tussen my en hierdie miserabele klein, klein...."

Verder as dit kom hy egter nie.

Dit is asof Sonata die spanning kan aanvoel. Sy begin skielik runnik en probeer opstaan.

Joubert los die meisie se arm en storm vorentoe. Hy gryp Sonata om die nek en begin kalmerend

met haar praat.

"So nou oubaas se dier. Bly lê, jy kan nie nou opstaan nie."

Dit is asof Sonata se onrustigheid Anita de Klerk skielik tot verhaal laat kom. Terwyl sy afbuk na

9

Sonata sê sy met blitsende oë.

"Gee pad Joubert, sodat ek die arme dier kan help."

"Vergeet dit vroumens jy raak nie aan Sonata nie," kreet Joubert dit uit.

Oom Kootjie wat die hele eskapade oopmond gaande geslaan het, en nie 'n idee het waaroor dit nou

eintlik gaan nie kry skielik lewe, toe Sonata weer orent probeer beur. Sy stem is sag tog streng toe

hy praat.

"Ek weet nie wat daar tussen jou en die doktertjie aan die gang is nie, Joubert. Ek weet net dat

hierdie nonsens nou hier moet eindig, sodat die doktertjie Sonata kan help, anders verloor jy vir haar,

sowel as die vul."

Joubert wil nog teëpraat, maar kry nie die geleentheid nie.

Tant Emma kry hom aan die arm beet, en trek hom op waar hy by Sonata gekniel het.

"Het jy nie gehoor nie Joubert? Jy gaan jou perd sowel as haar vul verloor, as jy nie die doktertjie

toelaat om haar te help nie. Ek dink jy moet die stal verlaat, want jy is in elk geval net besig om

almal hier te ontstig."

Dit is asof Joubert skielik nie kan glo wat besig is om met hom te gebeur nie. Hy skud sy kop

verslae heen en weer. Wanneer sy oë die van Jantjie ontmoet, wat soos 'n steunpilaar alles staan en

gade slaan, weet hy dat hy ook hier nie enige hulp kan verwag nie. Toe hy praat is sy stem vol van

ingehoue emosie.

"Het jy my nie genoeg gestraf nie Anita, moes jy my eie mense ook nog teenoor my kom opsteek."

Voordat iemand hierop kan reageer, tol Joubert Retief op sy hakke om en verlaat die stal. Almal

staan verslae en staar na die deur waardeur Joubert so pas verdwyn het.

10

Anita de Klerk wat nog nie 'n enkele woord kon uitkry vandat sy op die plaas aangekom het nie, is

die eerste wat tot aksie oorgaan toe Sonata weer hard begin steun. Sy is duidelik hoogs ontsteld oor

die pas afgelope gebeure. Wanneer sy haar tas oopmaak, praat sy met 'n bewende stem.

"Tannie, oom, ek is jammer dat ons nou op so 'n manier moes kennis maak. Ek is Anita de Klerk

die nuwe veearts van Robertson, soos julle seker al kon aflei."

"Aangename kennis kind, ek is tante Emma en dit is oom Kootjie, my man. En hierdie een wat lyk

asof hy 'n spook gesien het is Jantjie."

Terwyl Anita die nodige uit haar tas haal, bewe haar hande merkbaar.

Oom Kootjie wat dit opgemerk het, laat dadelik ontsteld hoor.

"Haai doktertjie, jy is nog baie ontsteld. Moet die tante nie eers vir jou 'n bietjie suikerwatertjies

gee voordat jy Sonata help nie."

Toe Anita die bekommerde uitdrukking op oom Kootjie se gesig sien, kan sy dit nie verhelp om te

glimlag nie.

"Toemaar oom, ek sal mooi met Sonata werk, en nee dankie vir die suikerwater, ek voel al klaar

beter dankie. As oom en Jantjie my sal help om Sonata vas te hou, sodat ek haar kan ondersoek, sal

dit baie gaaf wees. Tant Emma ek voel dat die water koud geword het. Sal tante miskien vir my

nog warm water kan bring asseblief," deel Anita de Klerk bevele uit duidelik weer in beheer van

haar emosies.

"Seker kind," sê tant Emma en verdwyn by die stal se deur uit om nog warmwater te gaan haal.

Buite gekom is tant Emma net betyds om te sien, hoe Joubert te perd, soos 'n besetene van die stalle

af wegjaag die veld in.

"Ai tog, wat het dan tussen Joubert en die Anita kind gebeur dat hy nou so optree," praat sy met

11

haarself, terwyl sy hom agterna staar. Sy begin dan vinnig huistoe loop en wonder so in haar

enigheid of sy en Kootjie, hulle met Joubert misgis het. Die optrede wat Joubert nou openbaar is

beslis nie hoe sy hom opgesom het nie. Sy en Kootjie ken hom slegs drie maande, en hul

mensekennis is beslis nie so swak, dat hulle hulself so met hom kon misreken nie. Hy het die

afgelope drie maande wat hulle hier op Gemoedsrus bly, altyd hoflik en met die nodige respek

teenoor hulle opgetree.

12

Hoofstuk 2

Wanneer die vurige hings onder Joubert hard begin blaas ruk hy hom vinnig tot stilstand, spring uit

die saal, gooi die teuels oor sy kop en druk sy wang teen die perd se nek. Toe hy opmerk hoe die

salpeter op Black Diamond uitslaan krimp sy hart ineen.

"Jammer Black, dit was onvergeeflik van my, om jou so te moor. Ek sal nooit weer my

gemoedstoestand op jou uithaal nie," belowe hy plegtig in die perd se oor, terwyl hy hom liefderyk

oor sy sagte neus streel. Hy vat die teuels vas en lei die perd af na die rivier wat deur sy plaas vloei.

Daar aangekom haal hy die saal en toom van Black af en gaan sit met sy rug teen 'n boomstam. Hy

kry 'n genoeglike uitdrukking op sy gesig as hy sien hoe Black homself op die grond neergooi en op

sy rug in die riviersand begin rol.

"Wat sou ek nie wou gee om nou so plesierig soos jy te kon wees nie Black, so sonder probleme en

niks wat jou pla nie," praat hy hardop met die hings. Die swart hings staan op, runnik sag en kyk

13

Joubert met groot oë aan, asof hy alles verstaan wat sy baas gesê het. Wanneer hy geen reaksie by

Joubert kry nie stap hy na die rivier en begin gulsig water drink.

Joubert kyk om hom rond en wanneer hy sien hoe mooi en rustig dit hier onder by die rivier is, besef

hy weereens hoe lief hy hierdie plaas van hom het. Hier wil hy bly en boer tot die dag van sy dood.

Hy kry 'n veraf en hartseer uitdrukking in sy oë as hy weereens besef, dat daar eendag nie 'n

erfgenaam vir Gemoedsrus sal wees nie.

En dit alles is die skuld van Anita de Klerk. Hoe haat hy haar nie vir wat sy aan hom gedoen het nie.

Dit is haar skuld, dat hy 'n vrouehater geword het. Nooit weer sal hy enige vrou kan of wil vertrou

nie. onwillekeurig dwaal sy gedagtes terug na sy universiteitsdae.

Dit was goeie en lekker dae, tot die dag wat sy, Anita de Klerk op die toneel verskyn het. Hy onthou

die gebeure van daardie aand asof dit gister gebeur het. Hoe het hy daardie aand nie al vervloek nie.

Die gebeure van daardie aand het seker al 'n honderd maal in sy gedagtes afgespeel, die afgelope ses

jaar. Hoekom het hy daardie aand ingestem om saam met sy vriend Leon Koeglenberg te gaan, na

die afsluitingsfunksie van die studente wat veearts en snykunde studeer het.

Hy en Leon het altwee saam hul doktoraal in landboukunde gedoen en was klaar met hul laaste

vakke. Hulle het 'n woonstel gedeel en was besig om in te pak om terug te gaan huistoe. Die

universiteitsdae was verby en het hulle uitgesien om dit wat hulle geleer het in die praktyk te gaan

toepas. Hy was oorspronklik nie van plan om verder te studeer nie, maar met die rugby wat hy

gespeel het op universiteit, het dit sy afrigter en Leon nie baie oorredingsvermoë gekos om hom te

laat bly nie.

Hy was nog jonk en het besef, dat sy rugby vir goed verby sou wees indien hy terug sou gaan plaas

14

toe. Hy en sy pa het die aangeleentheid bespreek en het sy pa aangedui dat hy nog so twee na drie

jaar op die plaas sou bly, voordat hy wou gaan aftree op Robertson.

Hulle het toe saam besluit dat hy die geleentheid moes gebruik om aan te bly op universiteit. Hy

kon homself dus verder kwalifiseer en genoeg van sy geliefde sport kry. As hy egter vandag

terugdink aan daardie aand wonder hy hoekom die noodlot hom so 'n streep getrek het. Hoekom

moes hy nou juis besluit het om verder te studeer en hoekom moes hy daardie aand saam met Leon

na die geselligheid gegaan het?

Hy het Anita de Klerk daardie aand op die funksie ontmoet. Hy kon nie glo dat hy haar daardie aand

vir die eerste keer raakgeloop het nie. Toe hy dan ook verneem dat sy nie met 'n kêrel vas uitgaan

nie, moes hy haar met alle geweld ontmoet. Hy kon nie glo dat so 'n mooi entjie mens losloop nie.

Van sy kant af, was dit liefde met die eerste oogopslag. Hoe het hulle daardie aand nie geniet nie.

Hy het haar die res van die aand vir homself toegeëien en het hulle tot na middernag gedans. Sy was

'n sprankelende entjie mens en kon hy nie genoeg van haar kry nie. Na die geselligheid is hulle na

sy woonstel. Sy wou eers niks daarvan hoor om saam met hom te gaan nie.

Sy het daardie betrokke dag verjaar en het hy haar oorreed om haar verjaarsdag met 'n bottel

sjampanje wat hy in die yskas gehad het te vier.

Hulle was daardie aand so sorgeloos en vry. Niks kon verkeerd gaan nie en vir al wat hulle omgegee

het, kon die wêreld maar vergaan het. Hulle was net twee mense wat skielik besef het, dat hulle

verlief was. Nadat hulle die bottel sjampanje gedrink het, het die een ding na die ander gelei. Die

sjampanje drinkery was natuurlik 'n fout.

Hulle was later die aand verby die stadium om rasioneel te dink.

Dit was eers daardie oggend nadat hy met 'n geweldige hoofpyn wakker geword het, dat hy besef

15

het, wat hulle aangevang het. Anita was nie meer daar nie en het hy met 'n skok besef, dat hy haar

miskien nooit weer sou sien nie. Hy het niks van haar af geweet nie en het nie geweet waar om haar

weer in die hande te kry nie.

Hy het uit die bed gevlieg en na sy vriend Leon se kamer gestorm. Hy het egter nie die vorige nag in

sy bed geslaap nie. Hy moes Anita met alle geweld in die hande kry. Hy wou haar om vergifnis

smeek en aan haar verduidelik, dat dit die sjampanje se skuld was. Hy wou haar smeek om hom

weer 'n kans te gun en dat so iets nooit weer sou gebeur nie. Hy wou haar vertel hoe lief hy haar het

en dat hy nie sonder haar wou lewe nie, dat hy dadelik met haar wou trou.

Hy het onder die stort gespring en wou net by die deur uitgaan om Anita te gaan soek, toe daar 'n

klop aan die deur was. Groot was sy verbasing toe hy die deur oopmaak en twee mans in polisie

uniform voor die deur aantref. Sy hart het amper gaan staan, aangesien hy gedink het, dat daar iets

met Anita gebeur het. Sy verbasing was egter groter toe hy van hulle verneem, dat Anita de Klerk 'n

verkragtingsaak teen hom aanhangig gemaak het.

Die twee polisiemanne het hom inhegtenis geneem, en moes hy saam met hulle na die polisiestasie

gaan. O, hoe groot was die vernedering nie die volgende paar dae nie. Hy is tot barstens toe oor en

oor ondervra. Verklarings oor die gebeure van daardie betrokke aand is afgeneem.

Leon moes sy pa en ma laat weet, dat hy in die polisieselle sit en dat hy aangekla is weens

verkragting. Die skok en verwyt in sy ouers se oë sal hy seker onthou tot die dag van sy dood.

Hulle het hom die hele tyd wat hy in aanhouding was bygestaan en het hom nooit verwyt nie. Hy

kon homself nog nooit vergewe het vir wat hy aan hulle gedoen het nie.

Hy is later op borg vrygelaat en het hy dadelik probeer om Anita in die hande te kry. Hy moes haar

eenvoudig net sien, om te hoor hoekom sy dit aan hom gedoen het. Het hulle dan nie altwee skuld

16

gehad, oor wat daardie betrokke aand gebeur het nie.

Hy het elke keer voor dooiemansdeur beland en wou haar woonstelmaat hom nie sê waar sy haar

bevind het nie. Die vernedering was vir hom verskriklik. Al sy studentemaats het hulle van hom

onttrek en het hom soos 'n misdadiger behandel.

Dit was net ou Leon wat verstaan het en hom nie afgeskryf het nie. Gelukkig was hy klaar gestudeer

en het hy nie nodig gehad om die vernedering om soos 'n misdadiger behandel te word lank te

verduur nie. Hy het al sy dosente en rugbyafrigter gaan groet en kon hy die afskuwing in hul oë

lees. Sy pa kon nie die plaas te lank alleen los nie, en is sy ouers eers terug plaas toe.

Sy borgvoorwaardes was dat hy nie sy woonsteladres mag verlaat nie, en moes hy daar aanbly totdat

sy saak sou voorkom. Leon kon ook nie langer bly nie, aangesien hy saam met sy ouers met

vakansie oorsee sou vertrek. Al hul reëlings was al getref en alhoewel ou Leon eers niks wou weet

om hom alleen te los nie, kon hy hom later oortuig, dat sy teenwoordigheid niks aan die saak sou

verander nie.

Net so skielik soos hy verlief geraak het op Anita so skielik het hy haar begin haat vir wat sy aan

hom gedoen het.

Hy kon nie verstaan waarom sy nooit die saak met hom wou uitpraat nie. Sy het nooit gereageer op

sy boodskappe nie, en is hy duidelik laat verstaan dat sy hom nooit weer wou sien nie. 'n Paar dae

voor die saak sou voorkom, het die polisie hom kom meedeel, dat Anita die saak teen hom

teruggetrek het.

Geen redes is aangevoer nie en het hy haar meer as ooit gehaat vir wat sy aan hom gedoen het. Hy

het dadelik al sy goed ingepak en terug plaas toe vertrek. Sy ouers was baie bly oor die nuwe

verwikkelinge. Hulle het nooit weer oor die saak gepraat nie, maar het hy diep in sy hart geweet, dat

17

hy die vertroue wat sy ouers in hom gehad het oneindige skade berokken het.

Hy wou dan ook die pas afgelope gebeure vergeet en het soos 'n slaaf op die plaas begin werk.

Hy kon egter nooit die vernedering wat hy moes deurmaak vergeet nie. Dit het soos 'n kanker in sy

binneste gevreet. Hy het Anita de Klerk so intens gehaat, dat dit hom eintlik bang gemaak het. Tyd

heel egter wonde en het die gebeure van die verlede begin vervaag, tot vandag.... Ja, waarom moes

sy vandag weer haar verskyning gemaak het? Alles is nou weer van vooraf deurmekaar. Het hy nie

genoeg gely nie? Wil sy nou weer ou wonde kom oopkrap? Die seer binne in hom het nou net

begin heel.

Hoekom moet die noodlot sulke parte met hom speel? Wat het hy verkeerd gedoen om dit te

verdien?

Die harde runnik van Black Diamond ruk Joubert skielik terug tot die werklikheid. Oorkant die

rivier het 'n perd skielik uit die bosse verskyn, met twee ruiters op sy rug. Joubert herken dadelik vir

Jakob een van Daan Swanepoel se werkers. Die ander ruiter 'n seuntjie van ongeveer vyf, ses jaar

oud het hy nog nooi gesien nie. "Hallo Jakob, waar ry julle rond, skreeu Joubert na hulle aan die

anderkant van die rivier."

"Hiert jy, kyk hoe laat jy my skrik", uiter Jakob, duidelik onbewus van Joubert se teenwoordigheid

aan die anderkant van die rivier.

Joubert kan nie help om te glimlag nie.

"Jammer as ek julle laat skrik het, Jakob. Waar is dokter Swanepoel, is dit waar dat hy sy plaas en

praktyk verkoop het?"

18

"Middag meneer Joubert," groet Jakob beleef.

"Ja meneer, ons dokter is vort. Ons het nou 'n nuwe vroue dokter."

Iets ruk skielik hier binne in Joubert. Dan het oom Kootjie sowaar die waarheid gepraat, toe hy hom

vertel het, dat Anita de Klerk die plaas en praktyk van Daan gekoop het. Hoekom sou sy dit gedoen

het? Wil sy hom nog verder straf? Het hy nie die afgelope jare genoeg swaar gekry nie?

"Hallo oom, is dit oom se mooi perd daardie?" laat die seuntjie vir die eerste keer van hom hoor.

Joubert kyk onbegrypend vanaf die seuntjie na waar hy met sy handjie beduie. Wanneer hy Black

ongeveer twintig tree vanaf hom onder 'n boom sien staan en gras vreet, besef hy dat die seuntjie

hom 'n vraag gevra het.

"Ekskuus grootman, ja dit is my perd."

"Oe maar hy is mooi," laat hy vol bewondering hoor.

"En wat is jou naam grootman?" vra Joubert vol afwagting.

"Andre oom," antwoord hy sonder om sy oë van Black af te haal.

So, sy is dan in die tussentyd getroud, dink Joubert wrewelrig. Hy kan dit nie verhelp om 'n tikkie

jaloesie te beleef wanneer hy na die pragtige donkerkop seuntjie kyk nie. Hoe begeer hy nie so 'n

seun om eendag Gemoedsrus by hom oor te neem nie.

"Wat is oom se perd se naam?" vra klein Andre weer belangstellend.

"Black Diamond, maar ek noem hom sommer net Black," antwoord Joubert. Black wat skielik sy

naam gehoor het, ruk sy kop op en begin na sy baas loop.

"Haai Jakob, kyk hoe mak is die oom se perd," kraai Andre dit uit, wanneer hy sien hoe Black tot

by Joubert loop, en hy hom liefderyk oor sy neus begin streel.

"Oe hoe wens ek, ek het ook so 'n mak perd gehad. Hoe het oom Black so mak gekry?" wil hy dan

19

ook dadelik weet.

"Jong grootman, dit kos baie leer en geduld."

"Mamma het gesê sy gaan vir my ook 'n mooi perd koop. Sal oom my asseblief leer perdry en help

om hom ook so mak te kry?" vra die klein seuntjie nou met smeking in sy stem.

Wanneer Joubert die gesiggie sien wat nou vol afwagting wag vir sy antwoord, krimp sy hart ineen.

"Hoekom vra jy nie jou pa om jou te help nie seun?"

"Ek het nie 'n pa nie oom, hy het weggeloop en my en my ma net so alleen gelos," kom dit driftig

van die klein seuntjie.

Voordat Joubert hierdie nuwe inligting kan verwerk, raak Jakob skielik haastig.

"Meneer moet ons asseblief nou verskoon, ons is al lank van die huis af weg, en ek het Andre se

ouma belowe dat ons nie lank weg sal wees nie." Hy draai dan ook dadelik die perd om waarop

hulle ry en begin tussen die bosse inbeweeg.

"Oom het my nog nie geantwoord nie," skreeu Andre, terwyl hulle tussen die bosse verdwyn.

"Dit is reg met my, ek sal jou help, maar jy sal eers jou ma se toestemming ook moet kry," skreeu

Joubert agterna.

Toe Joubert nie meer kan hoor wat Andre terug antwoord nie, draai hy om na Black, om hom op te

saal. Heelwat later ry hy onwillig terug na die opstal, met die wete dat Anita de Klerk haar nog daar

mag bevind.

Hoofstuk 3

20

"Kyk oom Kootjie is Sonata se vul nie pragtig nie?" roep Anita de Klerk in ekstase uit.

"Maggies doktertjie, nou weet ek waarvan Betsie Koeglenberg gepraat het, toe sy vertel het hoe 'n

bekwame veearts jy is. Ek glo nie ou Daan Swanepoel sou regkry, wat jy vandag reggekry het nie."

"So erg is dit darem nie oom, ek het slegs gedoen wat van my verwag word."

"Dit is nie heeltemal waar nie dokter, jy het jou uitstekend van jou taak gekwyt," laat tant Emma

van haar hoor.

"Met sulke bekwame assistente, soos julle drie, kon dinge ook nie anders as om goed af te geloop

het nie, tante."

"Nou ja dokter ek dink jou werk is klaar hier. Kom stap saam na die huis, dan gaan maak ek eers

vir ons lekker koffie."

"Dankie dit sal baie lekker wees, en noem my sommer Anita asseblief."

"Goed Anita, stap jy saam Kootjie?"

"Natuurlik Emma, jy weet mos ek mis nooit 'n koppie koffie nie. Jantjie, ruim bietjie die stal op en

hou die vul dop. As jy probleme sien, moet jy my dadelik kom roep."

"Goed grootmeneer, ek sal mooi kyk na Sonata en haar vul. Ons kleinmeneer Joubert gaan baie

21

trots wees oor sy nuwe vulletjie."

Later toe elkeen met 'n koppie koffie voor hom sit, is dit Anita wat die stilte verbreek.

"Tant Emma, oom Kootjie, julle wonder seker wat tussen my en Joubert gebeur het, en hoekom hy

daar by die stalle so onbeskof teenoor my opgetree het."

"Natuurlik kind, ek en oom Kootjie ken nie hierdie Joubert Retief nie. Hy praat nooit lelik nie,

selfs nie eers teenoor sy werkers nie."

"Dit lyk of Joubert dit wat in die verlede tussen ons gebeur het wil vergeet, en daarom moet julle

my asseblief nie verkwalik as ek julle ook nie gaan vertel nie."

"Anita ons respekteer jou en Joubert se gevoelens wat dit aanbetref," laat oom Kootjie hoor terwyl

hy sy koffie ergerlik roer.

"Joubert moet egter net een ding besef en dit is dat ek en die tante nie sy onbeskoftheid teenoor jou

sal duld nie."

"Oom Kootjie, julle moet asseblief nie vir Joubert verkwalik oor alles wat hy kwytgeraak het nie.

Dit is iets wat jare gelede tussen ons gebeur het, en glo vir my ek het elke woord wat hy gesê het

verdien. Ek weet ek praat nou in raaisels, maar eendag besluit hy dalk om julle alles te vertel en dan

voel julle dalk ook soos hy."

"Wat soek jy nog steeds hier op my plaas? Het ek jou nie al 'n uur gelede gesê om te trap nie?"

Anita de Klerk trek haar asem hoorbaar in. Wanneer sy opkyk staan Joubert in die sitkamer deur.

Die uitdrukking in sy oë maak haar bang en sy vlieg verskrik op. Die koppie koffie wat sy besig was

om te drink, val uit haar hande en spat aan skerwe op die vloer. "Kyk, kyk.... wat het jy my nou

22

laat doen," begin sy stotter, maar verder as dit kom sy nie.

"Joubert!" kryt oom Kootjie dit uit, terwyl hy ook uit sy stoel opvlieg. Hy stap tot voor Joubert en

gluur hom woedend aan. "Luister nou mooi. Anita de Klerk is 'n gas van my en die tante. As jy

ons gaste nie ordentlik kan behandel nie, is ek en die tante ook nie meer welkom hier op

Gemoedsrus nie."

"Oom Kootjie, asseblief. Jy moenie nou dinge sê waaroor jy later baie spyt gaan wees nie," smeek

Anita met 'n hees stem. Sy het nou tot voor die woedende oom Kootjie gestap en kyk hom met

pleitende oë aan, waaruit die trane nou vrylik vloei.

"Nee wag nou Anita, die oom is reg. Joubert, jy skuld Anita 'n verskoning," sê tant Emma terwyl

sy nou ook uit haar stoel opstaan, vorentoe loop en haar arm vertroostend om Anita se skouers sit.

Joubert besef skielik, dat hy deur hierdie woorde van tant Emma in 'n hoek gedryf is. Hy is

definitief nie van plan om Anita verskoning aan te bied vir sy optrede nie, maar aan die ander kant,

wil hy ook nie hierdie twee ou mense verloor nie. Hy het die afgelope drie maande geheg geraak

aan hulle, en beteken hulle vir hom geweldig baie hier op Gemoedsrus.

"Ons wag Joubert," laat oom Kootjie weer van hom hoor.

Anita kom onverwags tot Joubert se redding. Sy maak haarself los uit tant Emma se arms en stap tot

voor Joubert, duidelik weer in beheer van haar emosies. Sy kyk hom vierkantig in sy oë en toe sy

praat is haar stem sag en emosieloos.

"Ek verwag nie enige verskoning van Joubert nie oom Kootjie. Dit is sy plaas hierdie en hy kan

besluit wie hier welkom is of nie. Julle sal my nou asseblief moet verskoon, ek en my familie is nou

maar twee dae hier en is ons nog nie klaar uitgepak nie." Met die woorde draai sy om en begin

aanstap na die deur.

23

"Wag kind ek stap saam," sê tant Emma en verdwyn saam met Anita na buite.

Joubert laat 'n hoorbare sug hoor en sonder om in oom Kootjie se rigting te kyk, draai hy om en stap

deur die kombuis na buite oppad na die stalle. By die stalle aangekom, kies hy dadelik koers na

Sonata se stal. In hom is 'n ongekende opgewondenheid wat hy nie kan peil nie. Toe hy die stal

binnegaan, soek sy oë dadelik na die vul. Dan trek hy sy asem opgewonde in toe hy haar sien.

"Maggies Sonata maar hy is pragtig," praat hy met die merrie wat hom met 'n runnik groet.

" 'n Mens kan duidelik sien dat Black sy pa is. Kyk net hoe pikswart is hy, sonder enige tekens van

'n wit spikkel."

"Haai buurman, staan en praat jy tog nie met 'n perd nie?"

Joubert Retief lyk verleë wanneer hy opkyk en sy jarelange vriend en eienaar van die buurplaas in

die staldeur sien staan.

"Maggies Leon, is dit nou nodig om 'n man so die skrik op die lyf te jaag?" probeer hy sy

verleentheid wegsteek.

Leon Koeglenberg, skater van die lag. Hy stap die stal binne en gee Joubert 'n stewige handdruk.

"Dag Joubert, hoe lyk dit dan of jy 'n skuldige gewete het ou vriend."

"Ag bog Leon, hoekom sou ek skuldig voel, en waaroor nogal?" keer Joubert vinnig as hy

terugdink aan sy optrede vaneffe teenoor Anita de Klerk.

"Wel ou vriend, net die feit dat jy twee weke laas vir my en Betsie op Eendekuil kom kuier het,

moet jou al skuldig genoeg laat voel."

"Ek was 'n bietjie besig die afgelope tyd Leon," laat Joubert verlig hoor.

"Ek moet egter bieg, en erken dat ek julle 'n bietjie afgeskeep het die afgelope tyd."

"Nou aangesien jy jou skuld erken, hoe lyk dit met 'n potjie tennis môre daar by ons op Eendekuil.

24

Nee wag, ek vat nie nee vir 'n antwoord nie," keer Leon vinnig as hy sien dat Joubert nie baie geneë

lyk nie.

"Jong Leon, Sonata het vandag gevul en wil ek haar nie graag alleen los nie."

"Luister net na jouself Joubert. Ons weet almal dat jy 'n juweel in ou Jantjie het, en dat hy beter na

jou perde sal kyk as jyself. Dit is môre Saterdag en is hier wraggies nie vir jou soveel werk dat jy

nie eers 'n potjie tennis kan kom speel nie."

"Wie gaan almal daar wees Leon," vra Joubert nou duidelik in 'n hoek gedryf."

"Dit sal maar dieselfde ou klomp wees wat elke Saterdag opdaag," antwoord Leon dadelik

ontwykend.

"Jy moet sommer vir Oom Kootjie en tante Emma ook saambring. Ons gaan na die tennis lekker

vleisbraai en sommer 'n bietjie swem ook."

"Nou goed dan, sê maar vir Betsie sy kan ons te wagte wees. Dit is te sê as Sonata en haar vul teen

môre nog so mooi en gesond lyk," probeer Joubert nog steeds vir hom 'n agterdeur oophou.

"Goed dan ou vriend, dan is dit afgespreek. Kom wys my nou eers jou nuutste aankomeling,

waaroor jy en Sonata flussies so oor gesels het."

Later toe Leon met sy bakkie voor sy opstal stilhou, en 'n opgewonde Betsie hom tegemoet draf, kan

hy nie help om effens skuldig te voel nie.

"Waar bly jy weg, wat sê Joubert?" wil sy dadelik opgewonde weet.

"Stadig Betsie, is dit nou die manier om jou man te groet?" vra 'n gemaak afgehaalde Leon.

"Hallo jong," sê sy terwyl sy hom 'n piksoentjie op die mond gee.

25

"A nee a, dit is nie hoe ek gewoond is om gegroet te word nie. Kom hier!" Hy neem Betsie in sy

arms en wanneer sy later uitasem met 'n blos op haar wange terugstaan, kan hy dit nie help om uit te

bars van die lag nie.

"En wat is kamma so snaaks," wil sy dadelik vererg weet.

"Jy my liefling, jy en die nuuskierigheid van 'n vrou. As jy jouself nou kon gesien het, sou jy ook

gelag het."

"Ag jy is verspot Leon," laat Betsie verleë hoor.

"Sê my eerder, of Joubert môre kom tennis speel of nie?"

"Joubert se antwoord was dat hy sal kom, indien Sonata en haar vul môre nog steeds perdfris is."

"Wonderlik!" sê Betsie en begin dadelik terugdraf na die opstal. "Haai waarheen hardloop jy

nou? Ek wil nog met jou praat vroumens," roep Leon verbaas agter haar aan.

"Ek het nie tyd om met jou te staan en ginnegaap nie. Daar is nog baie wat voor môre gereël moet

word."

Leon stap kopskuddend agter Betsie aan. Hy besef weereens, dat sy ou vroutjie darem maar

impulsief kan optree. Miskien is dit ook die rede hoekom hy op haar verlief geraak het. Hy het

nooit 'n vervelige oomblik saam met haar nie. 'n Mens weet nooit waar jy met haar staan en wat

haar volgende stap gaan wees nie. Hierdie impulsiwiteit van haar, het haar al baie in die verlede laat

klei trap, maar hoor wil sy nie. Hy weet net dat indien hierdie nuwe planne waarmee sy nou besig is,

boemerang hy en Betsie baie het om te verloor. Wanneer hy die huis binnegaan, hoor hy net hoe

Betsie 'n gesprek waarmee sy op die telefoon besig was afsluit met die woorde: "goed dan sien ons

julle môre so om en by twee uur." Hy stap met afgemete tred tot by haar waar sy weer besig is om

die volgende oproep te maak. Hy neem die telefoon uit haar hande en sit dit terug op die mikkie.

26

"Nou luister jy eers na my voordat jy jouself weer halsoorkop in 'n ding begewe."

Betsie kan duidelik sien dat Leon ontsteld is, en weet dat sy nou baie versigtig moet optree.

"Goed Leon kom ek gaan maak eers vir ons koffie, dan vertel jy my wat jou pla."

Wanneer elkeen met 'n beker koffie voor hom sit, kyk Betsie na Leon en por hom aan om haar te

vertel wat hom pla.

"Toe Leon uit daarmee. Wat rus so swaar op jou gemoed?"

"Betsie, hierdie ding waarmee jy nou weer besig is pla my verskriklik. Indien dit op jou

boemerang gaan ons nie net Joubert se vriendskap verloor nie, maar gaan baie mense in die proses

seerkry."

"Leon ek weet ek het in die verlede baie impulsief opgetree. Glo en vertrou my hierdie eenkeer

asseblief. Ek het lank hieroor nagedink en daar is in elke geval nie nou meer omdraai kans nie."

"Dit besef ek wel deeglik Betsie. Ek wonder net waarom het ek jou destyds vertel hoekom Joubert

vroumense so haat."

"Wat is dit dan nou met jou Leon? Ons het mos ons huiswerk goed gedoen. Buitendien het ons

saam besluit wat ons gaan doen, en was ons dit eens dat Joubert nie vir ewig so ongelukkig kan

rondloop nie."

"Nou goed dan my vrou, maar ek dink hierdie ding is te groot vir my en jou alleen. Miskien moet

ons vir oom Kootjie en tante Emma as bondgenote kry."

"Miskien is jy reg Leon. Ek sal later vanmiddag oorry na Gemoedsrus en probeer kyk of ek hulle

alleen te siene kan kry."

Dit is met 'n swaar gemoed wat Leon later waar hy by Julias Ceaser staan, Betsie agterna kyk toe sy

oor die werf ry, oppad na Gemoedsrus.

27

Toe Anita de Klerk die kombuis binnestap kan Susan de Klerk duidelik sien dat haar dogter ontsteld

is.

"Wat is fout my kind?" wil sy dan ook dadelik weet.

"Ag mammie, ek het nie 'n baie lekker dag gehad nie."

"Het dit te doen met jou uitroep na Gemoedsrus?"

"Ja, ek kan nie verstaan hoekom ek Joubert vandag al moes trotseer nie. Ek was nie hierop

voorbereid nie, en na vandag weet ek nie of ek hom weer in die oë sal wil kyk nie. Inteendeel

wonder ek of ons nie 'n fout gemaak het om hierheen te verhuis nie. "

"Ag nee my kind, ons het mos hierdie ding goed deurtrap en geweet dat die pad vorentoe nie

maklik gaan wees nie."

"Ek weet mammie, maar hy het my soos 'n hond sy plaas belet. Hy moet my verskriklik haat, en ek

weet dat ek hom nie daaroor kan verkwalik nie."

"My kind jy moet nou net sterk wees, want hierdie verskriklike onreg wat hom aangedoen is, sal

moet reggemaak word."

"Dit weet ek maar te goed, maar hoe gaan ek dit regkry as hy my nie eers naby hom wil toelaat

nie."

"Ons moet net nie oorhaastig optree nie. Dit is belangrik dat ons Joubert eers kans gee om aan die

gedagte gewoond te raak, dat ons nou deel van die gemeenskap gaan word."

"Mammie ek is verskriklik bang, so bang, dat klein Andre in die proses gaan seerkry. Wat dink

mammie gaan Joubert se reaksie wees as hy moet uitvind dat hy die pa van klein Andre is."

"Dit my kind sal net die tyd ons leer en sal ons op ons Hemelse Vader moet vertrou om ons deur

28

hierdie krisis te lei."

"Sê nou net Joubert wil niks met Andre te doen hê nie? Dit sal mos sy hart breek as hy moet

uitvind dat Joubert sy pa is en hy wil hom nie erken as sy seun nie."

"Ons almal besef dit Anita. Jy moet asseblief net nie dinge vooruit loop nie. Miskien verloop alles

volgens plan en is ons verniet so bekommerd."

"Ek hoop net Leon en Betsie was reg oor Joubert en dat hy nie anders gaan optree as wat hulle

verwag het nie."

"Leon en Betsie ken vir Joubert baie goed my kind. Soos jy weet is hulle al baie jare bevriend. Ek

glo nie hulle is verkeerd as hulle sê, dat Joubert 'n gemis in sy lewe het nie."

"Verbeel ek my of is dit die telefoon wat daar lui?" Sal jy gou antwoord? Ek wil gaan kyk waar

Andre is."

Terwyl Anita na die telefoon loop wonder sy so in haar enigheid wie dit kan wees, aangesien hulle

nog niemand hier ken nie. Toe sy later die gehoorstuk terug op die mikkie plaas stap sy op die

voorstoep uit. Sy gaan sit op 'n riempiesbank en dink terug aan die pas afgelope telefoon gesprek

met Betsie Koeglenberg.

Dit is dan ook heelwat later dat haar ma, Susan de Klerk haar nog steeds in hierdie peinsende posisie

op die stoep aantref.

"En as jy nou hier op die stoep sit en droom?" wil sy dan ook

dadelik weet.

"Ek dink maar net aan die telefoonoproep wat ek gehad het, mamma. Dit was Betsie Koeglenberg

29

wat ons uitgenooi het om môre daar by hulle te kom vleisbraai en tennis speel".

"O, wat het jy toe geantwoord," vra Susan de Klerk met 'n beklemming in haar hart.

"Toe ek hoor dat Joubert ook daar gaan wees, wou ek eers nie gaan nie. Betsie wou egter nie nee

vir 'n antwoord vat nie, en het ek toe maar ingestem."

"Dit is goed so my kind. Miskien moet ons maar die bul by die horings pak en hierdie ding wat so

swaar op ons gemoed rus agter die rug kry."

"Mamma, mamma! Julle sal nooit raai wat het ek vandag gesien nie?" roep Andre terwyl hy oor

die werf na die huis aangehardloop kom.

"Stadig jong, jy val nou en kry baie seer," vermaan sy ouma.

Andre kom uitasem op die stoep aan en gaan staan kordaat met sy hande in sy sye voor Anita. Met

sy kop effe skuins gedraai kyk hy haar aan asof hy die grootste geheim het.

"Kry ek nie eers 'n soentjie van my grootman nie?" vra Anita kamma afgehaal.

Andre stap vorentoe en gee Anita 'n soen op die mond. Sy tel hom op sodat hy op haar skoot kan sit.

Toe sy hom teer teen haar vasdruk besef sy weereens hoe lief sy hom het. Sy weet hy is die produk

van daardie onbesonne daad, wat sy en Joubert daardie aand ses jaar gelede aangevang het. Sy was

egter nog nooit eendag spyt daaroor nie. 'n Warm blos verskyn op haar wange as sy weer aan

daardie aand terugdink. Watter wonderlike aand was dit nie. Sy was so verlief en het niks anders op

daardie stadium saakgemaak nie. Trane van verdriet rol skielik oor haar wange wanneer sy

terugdink aan die optrede van Joubert vroeër die middag. Die gedagte dat hy haar so intens haat laat

haar skielik ineenkrimp van pyn. Dit voel vir Anita of haar bors uitmekaar gaan skeur soos sy

probeer om haar emosies voor haar ma en Andre in toom te hou.

"Haai mamma huil dan," roep Andre verbaas uit, terwyl hy met sy vuil handjies die trane van haar

30

wange probeer afvee.

"Ag ek huil nie, daar het 'n muggie in my oog gevlieg", probeer sy haar verdriet wegsteek.

Susan de Klerk kyk haar dogter met begrip aan. Sy besef weereens dat haar dogter die afgelope ses

jaar baie verdriet en hartseer deurgemaak het. Haar hart gaan uit vir haar enigste kind as sy dink hoe

baie hartseer lê dalk nog voor.

"Wil mamma en ouma nie hoor wat ek vanmiddag gesien het nie?" vra Andre nou weer angstig.

"Natuurlik wil ons weet! Vertel 'n bietjie," wil Anita dadelik belangstellend weet.

"Ek en Jakob het vanmiddag daar by die rivier 'n oom ontmoet met die mooiste mak perd," vertel

hy dan ook dadelik opgewonde.

"Ek wens mamma kon hom sien, dit was so 'n groot swart perd. Die oom sê sy naam is Black

Diamond, maar hy noem hom sommer net Black. Wanneer gaan mamma vir my ook 'n perd koop?

Die oom het gesê hy sal my leer perdry en help om my perd net so mak te kry," rammel Andre sy

wedervaringe van die middag se gebeure af.

"Stadig Andre, jy praat my kop skoon dronk. Wie was die oom?"

"Ek weet nie meer wat sy naam is nie. Mamma moet maar vir Jakob vra."

"Ek kan nie glo dat 'n wildvreemde man sommer sou aanbied om jou te help perdry nie Andre," sê

Anita nou met 'n beklemming in haar hart.

"Ek hou ook nie van die gedagte dat jy en Jakob sommer met enige vreemdeling praatjies

aanknoop nie."

"Die oom is mos nie 'n vreemdeling as Jakob hom geken het nie, mamma. Hy het ons dan eerste

gegroet. Hy het ook gesê hy sal my leer as mamma eers toestemming gee."

"Jy is verniet so bekommerd Anita," laat Susan de Klerk nou van haar hoor.

31

"Ek het Jakob die dood voor oë gespel as hy Andre iets sou laat oorkom. Die man klink in elk

geval vir my ordentlik as hy vir Andre gesê het, dat hy hom sal leer as hy eers jou toestemming het."

"Wat sê mamma, mag die oom my maar leer perdry? Asseblief sê ja," vra Andre nou met smeking

in sy stem.

"Ek wil eers by Jakob hoor wie die oom is voordat ek 'n besluit neem Andre. Haai waarheen

hardloop jy nou weer jou klein rakker," roep Anita verbaas toe Andre van haar skoot afwip en oor

die werf skarrel na die skuur.

"Ek gaan gou by Jakob hoor wat die oom se naam is," skreeu hy oor sy skouer terug.

"Ai, die klein rakker het te veel energie," praat Susan de Klerk met niemand in besonders nie,

terwyl sy hom glimlaggend agterna kyk.

Dit was nie lank nie toe die twee vrouens hom weer vanaf die skuur se kant teruggehardloop sien

kom. Van ver af skreeu hy, " die oom se naam is Joubert mamma!"

Anita voel skielik of sy gaan flou word. Sy word doodsbleek en gryp na die riempiesbank se

armleunings. Toe Susan na haar dogter kyk besef sy skielik dat die skok vir haar dogter te veel was.

Sy staan op van waar sy gesit het en gaan sit langs haar. Sy sit haar arm om haar en gee haar 'n

drukkie, terwyl sy saggies met haar praat.

"Stadig nou my kind. Jy moet probeer om jou emosies in toom te hou. Ons wil mos nie hê dat

Andre noual iets moet agterkom nie."

"Joubert sou nooit tot so iets ingestem het as hy geweet het Andre is my kind nie, mamma. Ek kan

nie my toestemming gee as ek weet dat my kind in die proses gaan seerkry nie."

"Moenie halsoorkop 'n besluit neem nie. Vind eers meer uit oor vandag se ontmoeting. As jy

summier nee sê, gaan Andre in elke geval seerkry."

32

Toe Andre uitasem op die stoep aankom kyk hy angstig na sy ma.

"Mag die oom my maar leer mamma?" wil hy dadelik weet.

Anita kyk hulpsoekend na Susan de Klerk. Al wat sy in haar oë lees is die waarskuwing van hul

gesprek voordat Andre op die stoep gekom het. Sy besef dat sy alleen staan in hierdie besluit en dat

sy nie enige hulp van haar ma kan verwag nie.

"Sê my eers, weet die oom wie jy is?" vra sy nou met opgehoude asem.

"O, ja ek het vergeet om mamma te sê. Die oom het vir Jakob gevra of dokter Retief die plaas

verkoop het. Jakob het hom toe vertel dat mamma nou die eienaar van die plaas is. Hy het toe ook

gevra wat my naam is en gevra hoekom ek nie my pa vra om my te leer nie."

"Wat het jy toe geantwoord?" vra Anita nou met soveel ingehoue spanning, dat haar hele lyf aan

die ruk gaan.

"Ek het die oom vertel dat my pappa weggeloop het, net soos mamma my gesê het om te doen, as

iemand my sou vra waar my pappa is."

Anita gee 'n hoorbare sug van verligting.

"Wat het die oom toe gesê?" vra sy nou weer met meer belangstelling.

"Hy het toe gesê, hy sal my help as mamma ook toestemming gee.

Toe sê asseblief ja, mamma," smeek Andre weer angstig.

Anita kan dit nie verhelp om verlig en tog ook verwonderd oor hierdie stukkie inligting te voel nie.

Sy wonder wat Joubert se motiewe kan wees. As hy weet dat Andre haar kind is, hoekom het hy

ingestem om hom te leer perdry. Wil hy haar dalk deur haar kind probeer terug kry. As dit die geval

mag wees, gaan sy hom hand en tand beveg. Sy gaan beslis nie toelaat dat haar seun gebruik word

om sy haat op haar uit te haal nie. Aan die ander kant kan sy nie glo dat hy so gemeen kan wees nie.

33

Sy dink weer onwillekeurig aan daardie aand ses jaar gelede. Hy was so sag en teer, so liefdevol

teenoor haar. Hy het dadelik haar hart gesteel. Sy kan nie glo dat hy haar seun enige kwaad sal

aandoen nie. Hy kon die afgelope paar jaar nie so baie verander het nie. Sy dink weer terug aan die

middag se gebeure. Hy het so liefdevol teenoor Sonata opgetree. Nee, besluit sy dan beslis, hy sal

nie so gemeen wees nie. Sy kyk af na Andre en kan die afwagting duidelik in sy klein gesiggie lees.

Haar hart krimp ineen. Ai, hoe kan sy haar klein oogappel nou teleurstel.

"Goed," besluit sy dan.

"Jy kan maar vir oom Joubert sê, dat ek my toestemming gee dat hy jou mag leer perdry."

"Jislaaik, mamma is 'n bak ma," skreeu hy opgewonde, storm vorentoe en gooi sy klein armpies om

haar nek.

"Stadig grootman, jy is besig om al die lug uit my longe te pers," uiter sy glimlaggend.

Haar ma wat die petalje staan en dophou, knik goedkeurend haar kop, wanneer haar oë die van haar

dogter ontmoet.

Anita wat dit raaksien, kan nog steeds nie verhelp om 'n diep onrus in haar te voel nie. So in haar

enigheid wonder sy wat die dag van môre gaan oplewer.

"Wanneer gaan mamma vir my 'n perd koop?" verbreek Andre weer haar gedagtes.

"Ek sal by oom Kootjie hoor of ons nie by hulle vir jou 'n perd kan koop nie kleinding. Ons wil

darem 'n perd vir jou kry, wat goeie bloed in sy are het, of hoe?"

"Jislaaik, mamma dit sal nou bak wees. Net so 'n swarte soos oom Joubert s'n."

"Goed kleinding, ons sal maar moet sien of daar so 'n perd vir jou op Gemoedsrus is."

34

Hoofstuk 4

Tant Emma en oom Kootjie staar Betsie Koeglenberg oopmond aan, duidelik verbaas oor die nuus

wat sy hulle nou net meegedeel het.

"Nou kan ek Joubert se optrede van vanoggend beter verstaan. Die arme twee kinders. Dat die

noodlot hulle nou so 'n streep moes trek," sê tant Emma kopskuddend.

35

"Noudat julle die hele storie ken, sal julle my help om die twee weer te herenig?" vra Betsie in

afwagting.

Dit is oom Kootjie wat Betsie antwoord.

"Jong Betsie ons sal baie versigtig moet wees. Jy weet eintlik is ek en die tante veronderstel om

nog kwaad te wees vir Joubert na sy optrede van vanoggend."

Betsie kyk oom Kootjie onbegrypend aan, en hy is genoodsaak om haar kortliks die gebeure van die

oggend te vertel.

"Soos jy dus kan sien sal ons baie versigtig moet optree, anders gaan Joubert snuf in die neus kry."

"Oom Kootjie ek dink vanoggend se gebeure pas perfek in by my planne" laat sy dan ook

opgewonde hoor.

Die twee oumense kyk haar onbegrypend aan.

Betsie kyk op haar horlosie en trek haar asem hoorbaar in.

"O, genade kyk hoe laat is dit al. Stap saam met my na my motor, dan vertel ek julle, hoe ons te

werk moet gaan."

".......so wat dink julle van my plan, sal dit werk?" vra Betsie terwyl sy in haar motor klim.

Oom Kootjie vryf oor sy ken terwyl hy diep dink.

"Ek weet nie Betsie jong. Jou plan klink vir my gevaarlik."

"Ag nee man, Kootjie van Rooyen, hoekom is jy nou so negatief?" roep tant Emma opgewonde uit.

"Betsie ek dink dit is 'n uitstekende plan. Los dit vir my en Kootjie, ons sal verder met Joubert se

gal werk. Voor jy jou oë kan uitvee is die Kaap weer Hollands," belowe tant Emma plegtig.

"Nou goed, dan sien ek julle môre daar op Eendekuil. En by voorbaat dankie vir julle hulp," sê

36

Betsie terwyl sy in 'n stofwolk wegtrek oppad terug na Eendekuil.

"Emma ek hou nie van hierdie ding nie," laat oom Kootjie bekommerd hoor terwyl hulle terugstap

na die plaasopstal.

"Ag Kootjie, julle mansmense kan tog so versigtig wees. Wat kan dan verkeerd gaan? Betsie het

alles haarfyn uitgewerk."

"Dit is nou die verskil tussen ons mans en julle vroumense, Emma.

Vir my voel dit of ons agterbaks teenoor Joubert gaan optree. Die spreekwoord sê, " 'n hond byt nie

die hand wat hom voer nie."

"Moenie verspot wees nie Kootjie, ons tree nie agterbaks op nie! Ons gaan mos net probeer om die

dinge wat tussen Anita en Joubert verkeerd geloop het, reg te stel."

"Almaskie, maar sê nou net Joubert hou nie van die idee dat ons inmeng nie, en hy jaag ons van sy

plaas af. Jy weet self ons het hierdie werk nodig en daar is niks anders waarvoor ons uitgelê is nie."

"Luister hier Kootjie van Rooyen, jy moet nou nie voorspooksels staan en maak nie. Ons gaan mos

nie inmeng nie. Ons gaan slegs voort asof ons nie die twee se geskiedenis ken nie."

"Dink jy hierdie verwelkomings partytjie wat Betsie voorgestel het is nie inmenging nie, Emma."

"Wel, ek sou nou nie heeltemal so sê nie. Ons is mos nog kamma vies vir Joubert en al hoe hy ons

tevrede kan stel is om Anita en haar ma in die streek welkom te heet."

"Wel Emma dit is miskien die waarheid, maar ek hou net niks hiervan nie."

"Kootjie ons is nou deel van hierdie komplot teen Joubert en is daar nou nie meer omdraaikans nie.

Ons sal maar net moet deurdruk en vertrou op die hulp van Bo."

"Goed Emma, maar ek sê vir jou as dinge gaan skeefloop, gaan Joubert geen genade vir ons betoon

nie."

37

"Moenie so pessimisties wees nie Kootjie. Niks kan verkeerd loop nie. Inteendeel ek sien uit na

die volgende paar dae."

"Wanneer 'n man en vrou betrokke is, sien julle vrouens ook net die romantiese sy van die saak

raak," sê oom Kootjie terwyl hy sy kop afkeurend skud.

"Dit is miskien so Kootjie. Wat dink jy sou in elk geval van die wêreld geword het as ons vrouens

nie romantiese wesens was nie?"

"Miskien sou ons dan minder moeilikheid op hierdie wêreld van ons gehad het," brom oom Kootjie

onderlangs.

"Wat brom jy, Kootjie?" wil tant Emma dadelik weet.

"Ag niks nie, Emma. Ek sê maar net dat dit begin donker word, en ek moet nog afstap stalle toe

om te sien hoe dit met die vul gaan."

"Nou goed, maak dan so. As jy vir Joubert raakloop sê hom dat ek ete oor 'n uur bedien."

Toe oom Kootjie die stalle nader, kom Joubert net by Sonata se staldeur uit. Hy kies dadelik 'n

ander rigting en stap af na die spruit. Daar aangekom praat hy hardop met homself.

"Jy moet jouself regruk Kootjie van Rooyen, anders kom Joubert agter dat hier 'n onderduimsheid

aan die gang is."

Hy het nog probeer uitwerk hoe hy teenoor Joubert moet optree en was nie voorbereid om hom nou

al te trotseer nie. Hy het homself boeglam geskrik en hoop nie Joubert het agtergekom, dat hy wat

Kootjie is, hom probeer vermy het nie. Hy voel skielik 'n ergerlikheid oor hom kom oor die situasie

waarin hy homself nou bevind. Hy hou regtig nie daarvan om agterbaks teenoor Joubert op te tree

38

nie. Hy het nog altyd daaraan geglo dat daar 'n openlike eerlikheid tussen werkgewer en werknemer

moet wees. Dit is die enigste manier om 'n gesonde balans te handhaaf. As hierdie ding waarmee

hulle nou besig is, verkeerd loop, gaan Joubert hom en Emma van die plaas af wegjaag. Hy sidder

by die gedagte en loer oor sy skouer om te sien of Joubert nie dalk in die nabyheid is nie. Wanneer

hy geen teken van Joubert sien nie, gee hy 'n sug van verligting. Hy stap verder af na waar die

pompe staan om te sien of die werkers dit al afgeskakel het. Oppad loop hy vir Janneman en Poena

raak.

"Het julle die pompe afgeskakel?" wil hy dadelik weet.

"Ja grootmeneer, die groente is lekker nat en ons is ook klaar geskoffel aan die groot groenteland,"

antwoord Janneman dadelik.

"Dit is goed so Janneman. En waar is al die ander werkers?"

"Hulle is weg na die skuur om die gereedskap te bêre meneer."

"Nou goed dan julle twee. Maak net seker die skuur word gesluit en dan kan julle maar vir die

werkers sê, dat hulle huistoe kan gaan."

"Dankie grootmeneer. Dan sê ons maar nag grootmeneer," sê Janneman en Poena in 'n koor.

"Nag julle twee. O ja amper vergeet ek. Poena as jy vir meneer Joubert raakloop sê hom dat die

mevrou vra dat hy moet kom eet asseblief. Hy was netnou nog daar by die stalle."

"Goed meneer ek maak so," sê Poena en begin aanstap in die rigting van die stalle.

Toe Joubert by Sonata se staldeur uitkom, wat hy vir die hoeveelste keer vandag al besoek het, sien

hy oom Kootjie aangestap kom. Sy gedagtes dwaal onwillekeurig terug na sy optrede vroeër die dag

39

teenoor Anita. Hy besef, dat hy nie reg teenoor die twee oumense opgetree het nie. Hierdie ding

van die verlede, is iets tussen hom en Anita, en het niks met hulle twee te doen nie. Hy kry skielik

skaam vir homself en besluit dan net daar en dan om hulle omverskoning te vra. Wanneer hy sien

dat oom Kootjie skielik van rigting verander en afsit na die spruit, verskyn 'n diep frons op sy

voorkop. Maggies, dink hy, is oom Kootjie so kwaad vir hom, dat hy hom wil vermy. Hy hou

regtig nie van hierdie situasie waarin hy homself nou bevind nie. Hy sal hierdie saak met hulle moet

uitpraat, anders kan dit net verdere probleme in die toekoms voorspel. Hy hoop net hulle aanvaar sy

verskoning, anders weet hy nie so mooi nie. Hy wil darem nie die twee oumense verloor nie. Hulle

is vir hom goud werd hier op Gemoedsrus. Hy kyk op sy horlosie en sien dat dit amper etenstyd is.

Joubert besluit dan net daar en dan om dadelik sake reg te stel en sit af na die plaasopstal.

Daar aangekom vind hy tant Emma in die kombuis, besig om die laaste opdragte aan die bediendes

uit te deel voor aandete.

"Naand tant Emma, is u gereed om te eet?" vra hy versigtig.

"Naand Joubert. Ja die kos is so te sê gereed. As jy eers wil gaan stort en ander klere aantrek is

daar darem nog genoeg tyd oor," groet tant Emma vriendelik.

Die wind word skoon uit Joubert se seile geneem, want hierdie vriendelikheid het hy nie verwag nie.

Hy was seker dat hy sou moes bontstaan om verskoning te bied, vir sy gedrag van vroeër vandag en

nou kry hy hierdie vriendelike ontvangs.

"Dit sal gaaf wees as ek eers kan gaan stort en ander klere aantrek, dankie tante."

Wanneer Joubert omdraai en die kombuis verlaat, kan tant Emma nie verhelp om 'n skelm

glimlaggie te onderdruk nie. Sy kon duidelik sien, dat Joubert baie versigtig was, en nie geweet het

hoe om haar te nader nie. Dit is goed so. Nou weet sy dat hy skuldig voel en dat hulle plan

40

uitstekend sal werk. Hulle sal net versigtig te werk moet gaan, sodat Joubert niks agterkom nie.

Terwyl Joubert stort, ondervind hy 'n opgewondenheid wat hy nie kan verklaar nie. Sonder om sy

gevoel te ontleed, neurie hy saggies. Dit is dan ook 'n gulhartige Joubert, wat hom later in die

sitkamer by oom Kootjie en tant Emma aansluit.

"Naandsê, naandsê groet hy dan ook vriendelik. Hoe lyk dit met 'n drankie voor ete?"

"Naand Joubert, groet oom Kootjie," waar hy deur die venster na die sonsondergang staar, sonder

om, om te kyk.

"Ek en die oom sal 'n glasie wyn drink, dankie Joubert."

Joubert kyk vinnig in tant Emma se rigting. Haar stemtoon klink nie meer so vriendelik soos vroeër

nie. Het hy hom dan vroeër vanaand verbeel, of het daar iets tussen die twee ou mense plaasgevind,

voordat hy die sitkamer binnegekom het. Sonder om sy kop verder hieroor te breek, gooi hy twee

glase wyn in en neem vir homself 'n bier. Nadat hy elkeen se glasie wyn oorhandig het, gaan sit hy

in een van die diep leunstoele.

Dit is oom Kootjie wat meteens die tasbare stilte verbreek. "Joubert ek en die tante het nou so

gedink. Ons eet elke dag alle etes hier by jou in die huis, voordat ons na aandete terugkeer na ons

huis."

Oom Kootjie maak keel skoon en dit lyk vir Joubert of hy sukkel om dit wat op sy hart is, aan hom

oor te dra.

"Dit is mos hoe ek dit wou hê, en was dit ons oorspronklike reëling, oom Kootjie," probeer Joubert

oom Kootjie aanhelp.

41

"Ons het nou so gedink," begin oom Kootjie weer, asof hy nie gehoor het wat Joubert gesê het nie.

"Ek en die tante het gedink, dat ons van môre af maar liewer by ons eie huis ons etes moet geniet."

Joubert wat net besig was om 'n slukkie van sy bier te neem, ruk die glas voor sy mond weg, sodat

van die bier uit die glas stort.

"Ag nee oom Kootjie, hoekom wil julle dit nou doen? Tant Emma, is daar miskien 'n probleem?

Ek het mos aan julle verduidelik, dat aangesien tante vir my die huishouding waarneem, dit net meer

ekonomies is as julle saam met my eet. Buitendien, dit was deel van julle aanstellings kontrak,"

skerm Joubert nou verward.

"Dit was miskien so Joubert, maar ons gaan jou beslis nie by die aanstellings voorwaardes hou nie.

Buitendien, hierdie is my en die tante se besluit en nie joune nie."

"Ja maar hoekom wil julle dit doen? Daar moet tog 'n rede wees vir hierdie besluit. Wat kan ek

doen om julle van besluit te laat verander?"

Tant Emma wat Joubert met 'n geamuseerde glimlaggie dopgehou het, besef dat sy sal moet ingryp,

anders verbrou Kootjie hulle planne.

"Joubert, daar is wel 'n rede vir ons besluit, en moet jy besef, dat ons nie ligtelik hieroor besluit het

nie."

"Sê dan asseblief vir my wat dit is tante. Miskien kan ons iets uitwerk om julle besluit in

heroorweging te neem."

"Nou goed dan. Jy sien sake staan so. Ek en die oom is baie teleurgesteld oor jou optrede teenoor

Anita vroeër vandag."

"Maar tante ek,..." probeer Joubert iets sê, maar tant Emma gee hom nie die geleentheid nie.

42

"Nee wag nou Joubert, laat ons eers ons kant van die saak stel. Jy sal wel jou beurt kry. Jy sien ek

en die oom het nie van jou optrede gehou nie. Inteendeel, ons is nie so iets gewoond nie. Ek en die

oom hou baie van haar, en is sy 'n pragtige kind. Ons sal baie graag met haar en haar familie vriende

wil wees. Met jou optrede van vandag sien ons nie hoe ons dit sal regkry nie. Jy het haar jou plaas

belet en indien ons gedurig by jou aan huis is, sal sy nie vir ons kan kom kuier nie. "

"Maar tante," probeer Joubert weer , maar tant Emma gee hom nie geleentheid nie.

"Wag dat ek klaar praat Joubert. Ek en die oom het nou so gedink. Indien ons meer by ons eie huis

is, en jy het nie 'n probleem daarmee nie, sal ons graag vir Anita en haar familie welkom wil laat

voel hier in ons boeregemeenskap. Jy weet hulle ken niemand nie en ek en oom Kootjie weet wat

dit is om uitgesluit te voel. 'n Paar maande terug het ons ook geen vriende gehad nie. Ons het weer

hier op Gemoedsrus geleer wat goeie buurmanskap is, en behoort ons hulle dieselfde te behandel as

die ander bure."

"Wat wil tante nou eintlik vir my sê," probeer Joubert weer.

"Dat ek en die tante met haar en haar familie vriende wil wees. Ons is egter grotendeels by jou aan

huis en omdat jy haar jou plaas belet het, bestaan daar nie 'n kans dat ons dit sal kan doen nie," werp

oom Kootjie 'n stuiwer in die beurs.

"Wat oom Kootjie eintlik bedoel Joubert, is dat ons Anita en haar familie by ons aan huis wil

ontvang. Jy sal dan nie nodig hê om haar te trotseer nie, aangesien dit blykbaar 'n probleem vir jou

is."

"Julle verstaan nie waarom ek Anita nie kan verdra nie, en stel julle my nou in 'n baie netelige

posisie. Ek wil ook nie hê dat julle moet voel, dat julle en julle vriende nie welkom is by my aan

huis nie. Kan ons nie miskien iets anders uitwerk nie?"

43

"Ons het die saak goed deurdink en is daar beslis nie 'n ander oplossing nie. Tensy jy 'n beter plan

het Joubert," troef tant Emma Joubert.

Joubert voel skielik asof hy in 'n hoek vasgedruk word. Hoe kan hy hierdie twee ou mense, wat nog

net goed en dierbaar vir hom was, laat voel dat hulle nie meer welkom is by hom aan huis nie.

"Laat my 'n bietjie oor die saak dink. Miskien is daar tog 'n oplossing. Moet asseblief net nie

haastig hieroor besluit nie. Ek wil nie hê dat dinge hier op Gemoedsrus moet verander nie.

Inteendeel, ek het nou net begin gewoond raak aan julle elke dag hier by my aan huis, en moet ek sê

dat ek julle geselskap geweldig baie geniet."

"Goed Joubert, ons sal dan wag tot môre met ontbyt vir 'n antwoord, maar nie 'n dag langer nie.

Kom ons gaan eet anders word die kos onsmaaklik," sê tant Emma nou in 'n meer genoeglike

stemming.

Daardie nag kan Joubert nie slaap nie. Hy rol die hele nag rond en worstel. Die beeld van 'n

pragtige donkerkop meisie en 'n klein seuntjie verskyn telkens voor hom. Hoe hard hy ook al

probeer, kan hy hulle nie uit sy gestel kry nie. Hy gee later moed op, staan op, trek aan en stap uit op

die voorstoep. In die huis hoor hy die groot staanhorlosie een slag slaan. Maggies dink hy by

homself. Dit is nou eers eenuur, hoe gaan hy hierdie nag omkry?

Hy trek die vars lug diep in sy longe en begin afstap na die stalle. Daar aangekom kies hy koers na

Sonata se stal. Nadat hy homself vergewis het, dat sy en haar vul nog gesond is, kry hy koers na

Black se stal.

"Naand Black," groet hy die groot swart hings. Die hings kyk in sy rigting en wanneer hy Joubert

44

herken groet hy hom met 'n sagte runnik.

"Oubaas sukkel om te slaap en wil kom hoor of jy nie raad het nie jong," praat hy hardop, asof die

hings hom sal verstaan.

Black staan nader aan Joubert en ruik na sy hande, om te sien of sy baas nie vir hom iets lekker

saamgebring het nie.

"Jammer jong ek het niks by my nie. Ek sal môreoggend vir jou twee suikerklontjies bring," beloof

hy plegtig.

Wanneer die swart hings sien dat sy baas nie iets lekkers by hom het nie, gaan hy voort om uit sy

krip te vreet. Joubert se gedagtes dwaal onwillekeurig terug na die gesprek van vroeër die aand.

Indien hy die vriendskapsbande met die twee ou mense wil behou, word hy net voor een keuse

gestel. Hy kan homself egter nie met die gedagte vereenselwig nie. Hy vervloek weer die dag toe

hy en Anita se paaie gekruis het. Hoekom moet sy lewe so gekompliseerd wees, wonder hy toe hy

later weer terugstap na die plaasopstal. Wanneer hy later terugklim in sy bed, weet hy wat sy besluit

gaan wees, en wonder so by homself hoe hy daarmee gaan saamleef.

Die volgende môre, is die duiwel op Gemoedsrus se werf los. Joubert voel geïrriteerd oor die min

slaap van die vorige nag en haal sy frustrasies op almal rondom hom uit. Hy het nog tot na drie

rondgerol, en met Anita se beeld voor sy geestesoog aan die slaap geraak.

"Hoekom het die perde nog nie skoon water en kos gekry nie?" raas hy dan ook onnodig met die

plaasvolk.

Dit is Jantjie wat sien dat sy maat met die verkeerde voet uit die bed opgestaan het.

45

"Ons is nog besig om die stalle skoon te maak meneer Joubert. Buitendien dit is nou eers half vyf

en begin ons eers om vyfuur soos elke oggend, kos en water gee," waag hy dit.

Joubert gee 'n vuil kyk in sy rigting, swaai op sy spore om en loop verwoed terug na die plaasopstal.

Hy voel vies vir homself. Vies omdat daar iemand soos Anita de Klerk bestaan en dat sy dit regkry,

dat hy onmenslik teenoor sy plaasmense optree. Hulle ken hom nie so nie en waaragtig hy ken

homself ook nie meer nie. Hy is besig om die wêreld vir homself en almal om hom baie

onaangenaam te maak. Hy wil nie so wees nie, en besef dat hy homself baie vinnig sal moet regruk.

Sy optrede veroorsaak dat almal vir hom die josie in gaan wees, en hy kon nog nooit in sy lewe 'n

dikbek spul hanteer nie.

By die opstal aangekom stap hy deur na sy studeerkamer en gaan sit agter sy lessenaar met sy hande

in sy hare. onwillekeurig begin Anita de Klerk se beeld voor sy geestesoog swerf. Nou goed dan

Anita de Klerk, besluit hy. Jy het my lewe eenkeer verwoes. Nou het jy weer ongenooid

teruggestap in my lewe, om alles weer van vooraf te kom omkrap. Jy sal maar moet vat wat na jou

kant toe kom. Ek gaan beslis nie toelaat, dat jy my lewe weer verwoes soos ses jaar gelede nie. Ek

sal ook nie toelaat dat jy weer van my 'n onaangename mens maak, soos wat ek daardie tyd was,

nadat ek met jou deurmekaar was nie. Ek het nou net weer begin mens word en is beslis sterker as

ses jaar gelede.

Skielik gaan daar vir Joubert 'n lig op. Hoekom het hy nie lankal daaraan gedink nie? Hy gaan

Anita de Klerk in eie munt terugbetaal. Hy gaan haar net so seermaak, soos wat sy hom ses jaar

gelede laat seerkry het. Daar verskyn 'n grynslag op Joubert se gesig. Hoe langer hy aan die gedagte

dink, hoe meer aanvaarbaarder word dit vir hom.

46

Dit is dan ook 'n ander Joubert Retief wat tant Emma later in die studeerkamer aantref.

"Môre Joubert, groet sy. Ek het vir jou 'n bietjie koffie gebring voor ontbyt."

"Môre tante, baie dankie dit gaan nou vorentoe smaak."

"Waarmee is jy so vroegoggend besig? Ek is mos nie gewoond om jou hierdie tyd van die oggend

in jou studeerkamer aan te tref nie."

"Ag ek het bietjie agter geraak met die administratiewe werk van die plaas en is besig om te kyk of

ek dit nie gou op datum kan bring nie."

"Dan gaan ek jou nie verder steur nie."

Tant Emma draai om en verdwyn by die studeerkamer se deur uit. Die volgende oomblik loer sy

weer om die deur.

"Ekskuus tog Joubert. Ek het vergeet om te sê, ontbyt sal om sesuur gereed wees."

Voordat Joubert hierop kan antwoord, het tant Emma weer buite sy gesigsveld verdwyn. Die

volgende oomblik verskyn 'n wrang glimlag op sy gesig. Hy is seker tant Emma wou hom net

herinner dat hy hulle vanoggend 'n antwoord skuld, want ontbyt word elke oggend om sesuur

bedien. Later wanneer hy die ontbytklokkie hoor lui, voel hy tevrede, dat hy goeie vordering

gemaak het met die plaas se administratiewe werk. Wanneer hy in die eetkamer kom sit tant Emma

en oom Kootjie alreeds aan tafel.

"Môre oom Kootjie. Het jy darem 'n goeie nagrus gehad?" groet hy vriendelik, terwyl hy sy plek

langs die tafel inneem.

"Môre Joubert, ja dankie en jy?" groet oom Kootjie ewe vriendelik terug.

"Om die waarheid te sê, ek het nog na drie rondgerol," antwoord hy eerlik.

47

"Hierdie ding met Anita het die hele nag by my gespook. Mmm, die ontbyt ruik heerlik tante,"

verander hy skielik die onderwerp van bespreking.

"Ek dink jy moet eers die seën vra, Joubert. Jy kan ons van jou besluit vertel, terwyl ons eet," keer

tant Emma angstig, sodat Joubert nie die onderwerp moet verander nie.

"En toe Joubert, wat het jy toe besluit oor my en die tante se voorstel?" vra oom Kootjie, nadat die

ontbyt al 'n ent weg gevorder het.

Joubert kyk vanaf sy bord op, na die twee mense by hom aan tafel. Hy plaas sy mes en vurk neer en

vleg sy vingers in mekaar. Toe hy altwee se onverdeelde aandag op hom gevestig het, begin hy

praat. "Oom, tante, ek weet dat ek julle gister baie teleurgestel het, met my optrede teenoor Anita.

Soos julle seker teen hierdie tyd weet, is dit nie my gewoonte om so op te tree nie. Dit is iets wat

jare gelede tussen ons gebeur het, en die skok om haar weer te sien, het my so laat optree. Ek weet

dit klink na 'n flou verskoning, omdat julle nie weet waaroor dit gaan nie, maar miskien sal julle

eendag verstaan. Ek wil dan ook verskoning aanbied vir my gedrag van gister, en verseker ek julle

dat dit nie weer sal gebeur nie."

"Ek en die oom aanvaar jou verskoning Joubert. Ons verstaan ook hoe jy moes voel en aanvaar dat

jy nie daaroor wil praat nie. Wat wel vir ons belangrik is, is dat jy hierdie probleem met haar sal

uitklaar, want 'n mens kan nie vir ewig met 'n wrok in jou hart rondloop nie."

Joubert gee 'n wrang glimlaggie. As hierdie twee dierbare mense maar kon weet hoe hy regtig

teenoor haar voel. As hulle moes weet watter planne hy al gemaak het, om haar vir sy pyn en

vernedering terug te betaal. Hy kry skielik skaam vir sy gedagtes, skaam omdat hy besig is om

hierdie twee oumense te bedrieg. Wanneer hy skielik Anita se pragtige beeld voor sy gesig sien

verbysweef, verhard sy gesig, en byt hy hard op sy kake. Nee, hy sal nie sag word nie. Sy moet

48

oet vir wat sy aan hom gedoen het.

Dit is oom Kootjie wat Joubert uit sy wraakgedagtes ruk.

"Het jy gehoor wat die tante sê, Joubert?"

Joubert se gesig verkleur liggies. Hy besef dat hy versigtiger sal moet wees, anders gaan hierdie

twee oumense deur hom sien.

"Ja, ek het gehoor, oom. Tant Emma wil nie hê ek moet met 'n wrok in my rondloop nie."

"Nou wat het jy verder besluit na aanleiding van ons gesprek gisteraand, Joubert?" wil tant Emma

nuuskierig weet.

"Dat ek Anita om verskoning vir my gedrag van gister sal vra, en dat sy enige tyd welkom is op my

plaas, tante."

"Ag maar ek is bly jy het so besluit, Joubert. Wat dink jy daarvan, as ons miskien vir haar en haar

gesin, hier op Gemoedsrus 'n verwelkomings partytjie kan hou? Jy weet hulle is vreemd hier en dit

sal gepas wees as ons hulle op hierdie manier welkom kan heet in ons kontrei."

Joubert, wat voortgegaan het om te eet se kop ruk op vanaf sy bord. Dit het hy nie verwag nie. Wat

het tant Emma op hierdie gedagte laat kom? Sien sy miskien deur hom? Wil sy hom toets om te

sien hoe hy gaan reageer, of hy werklik ernstig was met sy bedoelings. Hy besef hy kan nie anders

as om in te stem nie. Dit is nou sy verdiende loon. Hy wil mos agterbaks wees.

"Ek dink dit is 'n uitstekende idee, tante. Dit gee hulle dan sommer die geleentheid om almal hier

in ons streek te ontmoet. As tante alles sal reël, sal dit gaaf wees. Julle moet my nou verskoon

asseblief, daar is nog baie wat ek moet doen voor vanmiddag se tennis. Dankie vir die ontbyt, dit

was heerlik." Joubert wag nie vir 'n antwoord nie en verdwyn vinnig na buite om hierdie nuwe

verwikkelinge te gaan verwerk.

49

"Dink jy Joubert is opreg oor wat hy alles kwytgeraak het Kootjie?" vra tant Emma bekommerd.

Skielik dreun dit in die eetkamer soos oom Kootjie uitbars van die lag.

"En wat is miskien so snaaks Kootjie?" wil tant Emma dadelik vererg weet.

"Jy moenie vir jou staan en stuitig hou nie. Hierdie ding met Joubert is 'n ernstige saak."

"Ai, Emma het jy nie Joubert se gesig gesien toe jy van die verwelkomings partytjie praat nie?"

proes oom Kootjie, nog steeds dik van die lag.

"Ek kan sweer Joubert is besig om kluitjies te bak en is hy nie regtig so jammer oor sy optrede

teenoor Anita nie."

"Haai Kootjie, wil jy nou vir my kom wysmaak, dat Joubert ons die hele tyd vir die gek gestaan en

hou het?"

"Ek sal nou nie weet wat in die seun se kop aangaan nie Emma, maar hy was beslis nie geneë met

jou voorstel nie."

"Wel as dit die geval is, gaan ek die mannetjie lelik op sy neus laat kyk. Ek gaan beslis nie toelaat

dat hy Anita enigsins verder verneder nie."

Oom Kootjie kyk met 'n vonkel in sy oog na tant Emma. Hy ken hierdie vroutjie van hom. Sy is die

dierbaarheid van self, maar 'n mens moenie met haar moeilikheid soek nie. As sy eers daardie

vasberade trek op haar gesig kry, voorspel dit niks goeds vir Joubert nie. Anita het beslis goeie

bondgenote in Emma en Betsie gemaak. Ja, nee hy kry die arme seun jammer en gaan hierdie twee

die lewe beslis vir hom wat Joubert is, warm maak.

"Emma jy sal my asseblief ook moet verskoon. Ek kan nie die hele dag met jou sit en klets, terwyl

die baas van die plaas besig is om te werk nie."

"Maggies kyk waar staan die tyd al, en ek moet nog self baie doen voor ons vanmiddag oorry na

50

Eendekuil."

Sy vlieg vanaf die ontbyttafel op, gee oom Kootjie 'n piksoentjie en drafstap na die kombuis, waar sy

dadelik opdragte aan die bediendes uitdeel.

Oom Kootjie kyk tant Emma kopskuddend agterna. Toe hy later oor die plaaswerf stap, weet hy dat

dinge hier op Gemoedsrus nooit weer dieselfde sal wees nie. Daarvoor gaan 'n swartkop met blou

oë beslis sorg.

Joubert werk die hele oggend asof sy lewe daarvan afhang. Jantjie wat hom dophou, besef dat sy

maat nie homself is nie, en dat daar weer iets is, wat swaar op sy gemoed rus. Wanneer hy onnodig

op die plaaswerkers skreeu, kan hy maar net sy kop skud. Hy hoop net hierdie befoeterde bui waai

gou oor, anders lê daar weer 'n moeilike tyd vir hulle voor. Later wanneer Joubert halt roep vir die

dag, gaan daar 'n merkbare sug op tussen die werkers. Terwyl al die gereedskap gebêre word, stap

hy vir oulaas na Sonata se stal. Daar aangekom roep hy na Jantjie.

"Meneer het geroep?" sêvra Jantjie versigtig, toe hy die stal binnekom.

"Ja Jantjie, jy moet asseblief mooi na Sonata en haar vul kyk. Ek gaan vanmiddag oor na

Eendekuil en as jy enigsins probleme hier sien, moet julle my dadelik kom roep."

"Dit is reg meneer, ek sal hulle mooi oppas."

Joubert gee Jantjie nog 'n paar opdragte en stap daarna terug na die opstal. Sy gedagtes is 'n

warboel. Hy weet nie wat om van vanoggend se gesprek, tydens ontbyt te dink nie. Hy is seker tant

Emma het deur hom gesien. Dit is waarom sy nou 'n verwelkomings partytjie vir die bure wil gee.

Hy hoop nie sy het nog sulke idees nie, want hoe minder hy met Anita te doen het hoe beter. Hy het

51

nou wel sy eie planne, maar kan dit nie ten uitvoer bring, as daar te veel ander mense by betrokke is

nie. Hy dink weer aan sy plan. Hoe hy homself op Anita gaan wreek. Aanvanklik sal dit maar

moeilik gaan, maar hy weet dat hy dit sal regkry, want sy is darem nie te onaardig nie. Hy voel

skoon vererg vir homself omdat hy kan dink, dat sy aantreklik is. Maar tog, sy is 'n beeldskone

entjie mens. Dit is haar binneste wat verrot is. Hy hoop net nie hy het sy sjarme verloor nie. Die

afgelope ses jaar kon hom miskien so 'n bietjie verroes het. Hy behoort haar weer maklik op hom

verlief te maak. En wanneer sy eers soos klei in sy hande is, gaan hy haar net so laat seerkry soos

wat hy seergekry het. Joubert verlustig hom so aan die gedagte, dat hy nie oom Kootjie waar hy

onder 'n bloekomboom op 'n tuinbankie sit, raaksien nie. Kan jy dit nou glo, praat oom Kootjie met

homself. Die man stap jou so wraggies amper bo-oor my, sonder om my raak te sien. Hy staan

kopskuddend op en stap ook na die opstal, aangesien dit amper tyd is om oor te ry na Eendekuil.

Hoofstuk 5

52

Wanneer Joubert sy motor voor Eendekuil se woonhuis tot stilstand bring, is Leon en Betsie

Koeglenberg dadelik by om hulle welkom te heet.

"Dag buurman," groet Leon uitbundig, terwyl hy die deur vir Joubert oopmaak en verspot voor

hom buig.

"Welkom op Eendekuil. Ek hoop julle sal julle kuiertjie so by ons geniet, dat ek en Betsie vir jou

die spaarkamer moet inrig."

"Ag Leon moenie maak asof ek jare laas hier by jou op Eendekuil gekuier het nie," groet Joubert

laggend terug.

"Ag julle moet Leon asseblief verskoon. Hy is vandag skoon uit sy kassie. Al wat hy eintlik wil

sê, is dat ons julle die afgelope tyd baie gemis het. Welkom op Eendekuil, ek hoop julle gaan die

dag saam met al die ouklomp hier geniet."

"Dag Betsie, Leon, groet tant Emma . Ja dit voel vir my ook asof ons jare laas hier was. Ek weet

nie of ek nog 'n tennisraket kan vashou nie," groet tant Emma terug.

"Gmf, laat oom Kootjie van hom hoor. En wie het my nog in die week daar op Gemoedsrus, op die

tennisbaan so rondgejaag, dat ek later amper nie kon loop nie?"

"Ag Kootjie dit is nie ek wat so goed tennis gespeel het nie. Dit is die jig wat jou so opkeil," spot

tant Emma.

So beweeg die groepie al geselsend deur die huis, na agter, waar die ander gaste heerlik onder die

koeltebome sit en wag, dat almal moet opdaag vir die dag se tennis.

53

"My maggies ek glo dit nie! Kyk wie het weer vir 'n slag opgedaag vir 'n potjie tennis?" roep Johan

Vermaas, Leon se buurman aan die ander kant van sy plaas, verbaas uit.

"Moenie jy ook begin nie Johan, keer Joubert vinnig. Leon en Betsie het my al goed oor die kole

gehaal. Al wat ek kan sê is, ....skuldig."

"Goed in daardie geval sal jou straf wees, om te sorg dat ons almal se glase vanaand vol bly," spot

Andries Human, die skoolhoof, van die plaasskool saam.

Nadat almal gegroet het, en na mekaar se welstand verneem het, is dit 'n gesellige groepie, wat

verder rustig sit en gesels.

"Hoekom begin ons nie speel nie?" vra Joubert later toe hy opmerk dat niemand aanstaltes maak

om hulle in spanne op te deel, soos die normale gebruik is nie.

'n Merkbare stilte sak skielik onder die aanwesiges uit. Almal kyk om hulle rond en sien dat Joubert

gelyk het. Die groepie is voltallig en kan hulle maar begin tennis speel. Dit is dan ook Johan

Vermaas wat dadelik opspring en die woord by die daad voeg.

"Nou goed, kom laat ons begin. Julle weet, daar is niks waarna ek meer uitsien, as om my

frustrasies van die week, hier op Eendekuil op 'n Saterdag te kom uithaal nie. So, jammer vir die

paar wat vandag vir my en Ella loot. Wees verseker dat julle sal moet bontstaan as julle ons wil

wen."

Dit is Betsie wat 'n einde aan Johan se bravade maak.

"Nie so haastig nie Johan. Ons is nog nie voltallig nie."

Al die aanwesiges kyk na Betsie, want volgens hulle is almal teenwoordig. Betsie besef dat sy haar

kaarte nou mooi sal moet speel, anders verbrou sy alles. Sy kyk hulpsoekend vanaf Leon na tant

54

Emma.

Leon besef dadelik dat sy vroutjie nie weet hoe om die situasie verder te hanteer nie, en dat hy tot

haar redding sal moet kom. Hulp daag egter uit 'n onverwagte oord op.

"Haai mamma! Daar is die oom met die mooi perd," roep 'n seuntjie opgewonde uit.

Almal kyk verbaas om, net om te sien hoe twee vrouens in tennisdrag, met 'n seuntjie, om die hoek

van die huis aangestap kom. Die een vrou duidelik diep in haar vyftigs, het die seuntjie aan die

hand. Dit is egter die ander vrou by haar wat dadelik die aandag op haar vestig. Sy is fyn en klein

gebou, met die pragtigste blou oë.

Haar lang swart hare, is in 'n netjiese strik, agter haar kop vasgebind. Betsie Koeglenberg slaak 'n

dankbare sug van verligting. Sy stap dadelik vorentoe om die nuwe aankomelinge welkom te heet.

"Hallo Anita, tante. Welkom op Eendekuil. Maggies ek is bly om julle weer te sien. Dit voel vir

my of ek tante 'n jaar laas gesien het," is die woorde uit voordat Betsie kan keer.

Leon wat saam met Betsie gestap het, pomp sy vrou met die hand in die ribbes.

"Saggies jong, netnou hoor Joubert jou en verbrou jy alles," sê hy hier naby haar oor, terwyl hy

omkyk om te sien of Joubert nie dalk gehoor het nie.

Betsie besef dadelik haar fout en probeer dit regstel.

"Is dit nou jou ma en Andre waarvan jy ons nou die dag vertel het, toe jy vir Julias Ceaser kom

dokter het?"

"Hallo Betsie, Leon. Ja, dit is nou my ma Susan en hierdie is my oogappel Andre," speel sy saam.

Nadat hulle klaar gegroet het, stap hulle na die ander vriende, wat onder die bome die groetery staan

en dophou het.

By hulle aangekom is dit dadelik Betsie wat die nuwe aankomelinge aan die res van die geselskap

55

voorstel.

"Anita, tannie Susan hierdie is nou al ons vriende, wat elke Saterdag oorry vir 'n potjie tennis.

Hierdie is Johan en Ella Vermaas, van die buurplaas en daardie is Andries en Maria Human.

Andries is ons plaasskool se skoolhoof. Dan het ons hier vir oom Kootjie en tant Emma. Hulle is

Joubert se regterhand op Gemoedsrus.

Joubert wat die groetery met gemengde gevoelens dophou, kan sy oë nie van Anita afhou nie.

Magtig maar sy is beeldskoon, dink hy by homself, terwyl hy elke beweging van haar volg. Sy

vertoon so koel en fris in haar tennisdrag, dat hy lus voel om haar te soen. Hy skrik skielik vir sy

gedagtes en kan dit nie verhelp om liggies te bloos nie. Die volgende oomblik staan Susan de Klerk

voor hom.

"En hierdie is nou Joubert Retief van Gemoedsrus tante. Ek glo julle sal net sulke goeie bure word,

soos ons. Sy hande staan vir niks verkeerd nie, en kan julle twee vrouens daar op Wag-en- Bietjie,

hom gerus nader as julle probleme het," koer Betsie voort.

Joubert neem die ouer vrou hier voor hom se hand in syne, toe sy dit uitsteek om kennis te maak.

Toe hy haar vierkantig in die oë kyk, wil hy hom verbeel, dat sy effens aangedaan voorkom. Hy

verwerp dadelik die gedagte aangesien dit vergesog klink, en groet haar met 'n bly om kennis te

maak.

Susan de Klerk vind dit moeilik om haar emosies te beteuel toe sy voor Joubert te staan kom. Dan is

dit nou haar dogter se verlore liefde en haar kleinkind se vader, dink sy by haarself. Sy kan nou

verstaan hoekom haar kind kop verloor het ses jaar gelede. Hy is dan die manlikheid vanself en

staan kop en skouers bo die ander mans uit. Sy het egter nie lank tyd om hieroor te top nie en

beweeg na 'n stoel wat Betsie vir haar uitwys om op te sit. Wanneer Anita voor Joubert tot stilstand

56

kom, is daar 'n merkbare spanning tussen die aanwesiges, veral onder die wat bewus is van die

omstandighede tussen hulle.

Dit is egter Joubert wat almal verras, deur Anita met 'n soengroet vol op die lippe te soen.

"Hallo Anita. Hoe lank was dit nou? Seker amper ses jaar vandat ons mekaar laas gesien het.

Gaan dit darem goed met jou? En wie is dit hierdie?" vra hy terwyl hy afkyk na die

swartkopseuntjie wat langs sy ma staan.

Dit voel vir Anita of sy hierdie groot man hier voor haar kan vermorsel van ontsteltenis. Wie dink

hy miskien is hy? Die een oomblik tree hy soos 'n bees teenoor haar op, en die volgende oomblik is

hy weer die lieftalligheid vanself. Sy kry egter nie geleentheid om verder hieroor te top nie.

"Hallo oom, het oom dan vergeet? Oom het daar by die rivier gesê, as my ma haar toestemming

gee, sal oom my leer perdry."

Joubert skeur sy oë van Anita af weg en kyk af na die swartkopseuntjie, wat nou sy aandag probeer

trek, deur hom aan die arm te trek. Hy buk af tot op sy knieë, sodat hy hom in die oë kan kyk.

"O, ja nou herken ek jou. Hoe kan ek dan nou vergeet," raas hy kamma met homself.

"Dan is dit ook reg met my grootman. Sê my eers, het jy al vir jou 'n perd gekry?"

Andre kyk hulpsoekend na sy ma, terwyl hy sy kop heen en weer skud.

"Nee oom, my ma het gesê sy sal by oom Kootjie hoor of hy nie 'n perd het, om aan my te verkoop

nie."

Joubert wat nog die hele tyd op sy knieë gestaan het, staan op en vryf met sy hand oor Andre se hare.

"Dit behoort nie 'n probleem te wees nie, grootman. Daar is baie perde op Gemoedsrus. Jou ma

moet egter vir my vra, aangesien ek in beheer is van die perde op Gemoedsrus. Kom kuier vir my,

57

dan kyk ons of ons nie 'n plan kan maak nie."

Betsie wat die hele petalje met arendsoë staan en dophou het, kan nie glo wat voor haar oë gebeur

nie. Is dit werklik dieselfde Joubert waarvan oom Kootjie en tant Emma haar vertel het? Hier is hy

dan nou die dierbaarheid vanself. Het hulle hul maar nie net verbeel nie? Dit wat hulle haar vertel

het ruim net nie met die prentjie wat nou hier voor haar oë afspeel nie. Sy vang tant Emma se oog,

wat met opgehaalde skouers vir haar beduie, dat sy ook nie Joubert se optrede kan verstaan nie. Sy

beduie vir tant Emma met haar kop, om haar na die huis te volg.

"Leon sal jy ons asseblief gou in pare indeel. Ek en tant Emma gaan nog koeldrank by die huis

haal."

Voordat enige iemand haar hierop kan antwoord, verdwyn sy met tant Emma kort op haar hakke.

In die kombuis aangekom wil Betsie dan ook dadelik weet.

"Wat gaan aan tante. Joubert is dan so mak soos 'n lammetjie. Ek dag dan tante het gesê dat hy

baie ongeskik met Anita was."

"Jong kind, ek is self dronkgeslaan. Joubert het wel vir my en die oom gesê, dat hy jammer is oor

sy optrede teenoor Anita. Wat ek egter ook nie kan kleinkry nie, is dat hy soos 'n kat optree wat

room gesteel het."

"Dink tante dat hy iets in die mou voer?" vra Betsie terwyl sy nog koeldrank uit die yskas haal.

"Ek weet regtig nie Betsie. Al wat ek wel weet, is dat hy met my te doen gaan kry, as hy nie opreg

is met sy optrede nie."

"Kom ons gaan terug na die ander tante. Netnou raak Joubert agterdogtig as ons so lank wegbly."

"Wag eers Betsie, ek wil jou die goeie nuus vertel."

"Kan dit nie wag tot later nie, tante?"

58

"Nee man, dit is sulke wonderlike nuus, dat ek brand om jou te vertel."

Nadat tant Emma die gebeure van die oggend haarfyn aan Betsie vertel het, kan sy nie help om op te

merk nie.

"Tante, jy is 'n ou doring! Om te dink jy kon Joubert sover kry om in te stem vir 'n

verwelkomingspartytjie vir ons nuwe bure. Wanneer beplan tante hierdie verwelkomingspartytjie?"

"Jong ek weet nie. Is jy nie lus om my te help nie?"

"Dit sal wonderlik wees, tante. Ons kan later daaroor gesels. Kom ons gaan eers terug na die

ander, anders verbrou ons alles."

Wanneer die twee vrouens weer by die ander aansluit, is die spanne klaar ingedeel. Anita en Susan

de Klerk is om die beurt Joubert se speelmaats vir die dag, soos Betsie vooraf met Leon afgespreek

het. Toe dit Joubert en Anita se beurt is om te gaan speel, keer hy haar by die hekkie voor, net toe sy

wil ingaan.

"Wag eers 'n bietjie Anita. Daar is iets wat ek met jou wil bespreek."

Anita staan in afwagting na hom en kyk. Haar hart bons so wild binne in haar, dat sy bang is Joubert

kom dit agter.

Joubert wag totdat hulle opponente buite hoorafstand is, voordat hy begin praat.

"Anita ek het oom Kootjie en tant Emma belowe, dat ek jou om verskoning sal vra, vir my optrede

gister teenoor jou. Ek was nie myself nie en hoop dat jy my sal kan vergewe."

Anita kyk verslae na Joubert. Binne in haar voel dit vir haar of sy kan kook van woede. So 'n

vermetele mansmens, dink sy by haarself. Hier staan hy en vra haar om verskoning, terwyl hy dit

nie werklik bedoel nie. Bid jou aan, hy doen dit slegs omdat die twee oumense dit van hom verwag

het.

59

"Anita het jy gehoor wat ek sê?" vra Joubert duidelik geïrriteerd, omdat sy nog geen reaksie getoon

het nie.

'n Warm blos verskyn skielik op haar wange. Toe sy praat skiet haar oë vuur.

"Moenie dinge sê wat jy nie werklik bedoel nie Joubert. Ons weet altwee waar ons met mekaar

staan. So moenie jouself verneder, en voorgee wat jy nie werklik is nie."

Met die woorde druk sy by hom verby en stap na waar Betsie en Leon op hulle wag.

Joubert volg haar verslae. Dit het hy nie verwag nie. Inteendeel, hierdie bitsige vroumensie ken hy

nie. Wat het hy dan verkeerd gesê wat haar so laat optree het? Hy sal sy taktiek moet verander.

Hierdie optrede van haar pas beslis nie by sy eie planne in nie. Wanneer Anita by Betsie en Leon

aankom, kan hulle duidelik die ontsteltenis op haar gesig sien.

Ai, dink Betsie. Sy hoop nie haar planne om die twee te herenig, boemerang op haar soos Leon

voorspel het nie. Kan die twee dan nie sien, dat hulle uitgeknip vir mekaar is nie.

Alhoewel die res van die dag gesellig verloop, kan Joubert en Anita net nie saam op die tennisbaan

sukses behaal nie. Wanneer hulle saam speel, kan nie een van die twee behoorlik konsentreer nie, en

maak hulle die hele tyd onnodige foute. Dit is dan ook 'n geïrriteerde paartjie, wat later weer moet

sien hoe Johan 'n bal in die verste hoek buite bereik van hulle slaan.

"Pot en spel!" kreet Johan dit uit.

"Ek het mos gewaarsku dat ek en Ella, vandag onoorwinlik gaan wees," vryf hy dit in.

"Ag julle was maar net gelukkig. Julle kan bly wees ek en my maat ken nog nie mekaar se spel so

goed nie," probeer Joubert verskoning aanbied.

60

"Watwou gelukkig. Ses potte teen twee sou ek nou nie as gelukkig beskou nie. Jy weet Joubert

noudat ek daaraan dink. Ek en Ella kon nog nooit vir jou op 'n tennisbaan wen nie, maak nie saak

wie jou maat was nie. Wat gaan aan ou maat? Is daar miskien muisneste in jou kop."

Joubert kom agter dat almal skielik vraend na hom kyk. Hy kyk van Ella na Johan en dan na Anita

se blosende gesiggie, wat hom geamuseerd dophou.

"Johan as jy miskien dink, dat ek verskoning gaan aanbied omdat jy en Ella gewen het, maak jy 'n

fout. Julle twee was vandag eenvoudig net beter as ek en my maat en behoort jy en Ella goed te voel

daaroor."

"Goed te voel, jy speel seker. Ek is so trots daarop, dat jy nog lank nie die einde hiervan gaan hoor

nie."

"Wat jy nou eintlik vir my wil sê, is dat ek jou mond sal snoer sodra ek en Anita julle kan wen."

"Nou praat jy my maat. Hoe lyk dit met volgende Saterdag? Daag julle ons uit?"

"Ek weet nie jong. Jy sal vir Anita moet vra of sy weer kans sien om saam met my te speel."

Anita kyk vraend op na Joubert. Verbeel sy haar of is daar 'n geamuseerde uitdrukking in sy oë.

Wat voer hy in die mou? Hoekom stel hy aan haar die keuse, of sy volgende Saterdag weer saam

met hom wil speel? Sy besluit om hom in eie munt terug te betaal.

"Ek weet nie of ek weer kans sien om saam met Joubert te speel nie. Hy het so vrot gespeel, dat ek

dink ek moet liewer vir my 'n ander maat vir volgende Saterdag kry."

"Ditsem Anita, vertel hom 'n bietjie," vryf Johan dit in.

"In daardie geval, sal julle twee dan maar moet wag om weer teen ons twee te kan speel. Onthou

net dat julle nog nie die dag se spel gewen het nie."

"Ag al wat nou nog oorbly is jy en tannie Susan of Leon en Betsie. Ek en Ella hoef ons slegs oor

61

Leon en Betsie te bekommer, want jy beteken vandag niks."

Wanneer die vier hulle al geselsend by die ander onder die bome aansluit, is dit tannie Susan wat op

Johan se laaste woorde reageer.

"Wat sê jy daar van my speelmaat Johan?"

"Ek het gesê tannie se speelmaat beteken vandag niks. Ek kry sy maat jammer, want hy speel

vandag asof sy voete van lood gemaak is."

"Jy sal jou wat verbeel. Ek dink ek en Joubert gaan jou, jou woorde laat sluk of wat sê ek Joubert?"

"Ek dink tannie is reg. Johan is vandag so vol van homself, dat dit hoog tyd is dat iemand hom op

sy plek sit. As tannie kans sien, ek is ook reg vir hom."

"Nou as julle genoeg gerus het, kan ons maar gaan speel, spot tannie Susan saam."

"Nou goed kom dat ek en Ella julle gaan wys waar Dawid die wortels begrawe het," speel Johan

saam.

Dit is 'n uitasem Johan wat later vir Ella optel en in die rondte swaai, wanneer Joubert 'n bal los wat

net op die lyn val.

"Ons het hulle!" skree hy van plesier.

"Jammer maat, dit was amper," sê Joubert afgehaal vir tannie Susan.

"Toemaar Joubert, hulle het gewerk vir hulle punte en het ons dit beslis nie vir hulle maklik

gemaak nie," sê sy duidelik ook pootuit.

"Ek stem saam met tannie Susan, Joubert. Julle was waardige opponente. Ek is pootuit en kon die

valbylpot net sowel in julle guns gedraai het," sê Ella terwyl sy die sweet van haar voorkop afvee.

"Hoe lyk dit Joubert, ons kan seker nou iets sterkers as koeldrank drink? Ek is so dors my tong wil

net aan my verhemelte vassit," sê Johan terwyl hy die tennisbaan se hekkie vir die dames oophou.

62

"Ek stem saam ou maat. Dit is net 'n biertjie wat nou hierdie dors van my sal laaf."

Wanneer hulle by die ander groepie onder die koeltebome aansluit, is dit ook Johan wat dadelik vir

hom en Joubert 'n bier uit een van die koelhouers haal.

"Enige iemand anders vir 'n lekker koue bier?" verneem hy terwyl hy Joubert se bier aangee.

"Ek dink ons roep maar halt, wat die dag se tennis aanbetref, want as die mans eers begin bier drink

kry ons hulle nie weer op die baan nie," praat Betsie met niemand in besonder nie.

"Hoekom maak julle dames nie 'n span en gaan speel nog 'n bietjie tennis nie?" vra Leon terwyl hy

'n bier by Johan aanvat.

"Dit is nou 'n goeie idee. Los net vir my uit. Ek het genoeg vir een dag gehad," sê tannie Susan

duidelik nie daaraan gewoond om so baie oefening te kry nie.

"Ek stem saam met Susan, sê tant Emma. Gaan speel julle jongklomp nog 'n pot. Ek het ook eers

genoeg gehad."

"Nou goed julle, kom ons gaan speel nog 'n stel. Leon sal julle solank die vuur aansteek?" vra

Betsie terwyl sy haar raket optel en na die tennisbaan beweeg.

"Ons maak so slawedrywer," spot hy agter haar aan.

"Kan ek vir julle twee dames ook iets koels ingooi?" vra Joubert wanneer al die mans met 'n bier in

die hand sit.

"Ag ekskuus tog, waar is my maniere," roep Johan uit terwyl hy uit sy stoel opspring, en dadelik

die twee ouer dames se bestellings neem.

Joubert strek homself behaaglik uit op sy stoel. Terwyl hy klein slukkies van sy bier neem, dwaal sy

oë na waar die dames besig is om tennis te speel. Kyk nou net hoe lekker beweeg Anita oor die

baan. Hy wonder wat het haar afgesit toe hulle twee maats was. Hy self kon nie op die tennis

63

gekonsentreer het, toe hulle twee saam gespeel het nie. Om die waarheid te sê, het hy vrot gespeel.

Dit was asof hy die hele tyd van haar nabyheid bewus was, en het dit hom sy konsentrasie geheel en

al laat verloor. Voordat hy hierdie nuwe gewaarwording binne in hom kan ontleed, roep Leon hom

om te help met die vuurmakery.

"Toe dan ou maat, wat se dagdromery is dit met jou? Kom sit bietjie hand by met die

vuurmakery."

"En wie is nou 'n slawedrywer? Kan jy nie sien ek het nou net lekker begin ontspan nie," vra

Joubert en staan moeisaam uit sy stoel op om Leon hand te gee.

Die res van die dag verloop baie gesellig en is dit 'n uitgeputte groepie wat later die aand groet met

die belofte, dat almal weer volgende Saterdag gaan kom tennis speel. Nadat Joubert die twee ou

mense gegroet het, stap hy na sy kamer om gou te gaan stort. Wanneer hy later verfrissend op die

voorstoep uitstap, en oor die plaaswerf kyk, kom 'n gevoel van eensaamheid oor hom. Hy kan nie

verstaan wat fout is met hom nie, want hy het jare gelede hierdie gevoel wat nou in hom is ervaar.

Vererg omdat hy nie sy gevoelens kan peil nie, stap hy oor die werf na die stalle. Daar aangekom

gaan kyk hy eers hoe dit met Sonata en die vul gaan. Alles lyk rustig en is albei fris en gesond.

Heelwat later stap hy weer die plaasopstal binne. Hy sien egter nie kans vir sy kamer nie en kies

koers na sy studeerkamer. Wanneer hy agter sy lessenaar plaasneem begin hy deur 'n paar

korrespondensie stukke blaai, waarvoor hy nog nie tyd gehad het nie. Hy vind dit moeilik om te

konsentreer en gooi die papiere vererg neer. Wat is fout met hom, hoekom voel hy vanaand so

eensaam? Hy staan op, gooi vir homself 'n sterk drankie en stap uit op die stoep. Hier neem hy

plaas op 'n stoel en kyk verlangend na die maan, wat besig is om agter die horison uit te kom. Hy

64

verwonder homself aan die pragtige strale wat die maan oor die plaaswerf gooi. Waar op aarde is

daar nou 'n mooier gesig wonder hy by homself, terwyl hy 'n slukkie van sy drankie neem. Hy trek

sy gesig vir die smaak daarvan en kyk af na die glas in sy hand, asof hy dit nou vir die eerste keer

raaksien. Hy staan op en skiet die inhoud daarvan uit oor die grasperk. Hy wonder hoekom het hy

dit vir homself ingegooi. Hy het nog nooit van die smaak van spiritis gehou nie. Dit is heelwat later

toe hy tussen die lakens van sy bed inkruip om te slaap. Hoe hard hy ook al probeer, bly die slaap

hom ontwyk.

Later in die oggendure toe hy uiteindelik aan die slaap raak, is dit met die beeld van 'n glimlaggende

gesig van 'n donkerkop nooi.

Hoofstuk 6

65

Die volgende môre toe Joubert wakker skrik, besef hy onmiddellik, dat hy verslaap het. Hy spring

haastig uit die bed en storm die badkamer binne wat aan sy kamer grens. Dit is heelwat later toe hy

in die gang afstap na die kombuis. Daar aangekom vind hy tant Emma besig om deeg in 'n skottel

te meng.

"Môre tant Emma," groet hy vriendelik.

"Môre laatslaper. Het jy darem lekker geslaap?"

"Soos 'n klip tante. Hoekom het tante my nie wakker gemaak nie?" vra hy beskuldigend.

"Ag nee mens, jy het so lekker geslaap en buitendien verdien jy dit om op 'n Sondag so 'n bietjie

later te slaap."

"Ek moet sê ek voel nogal lekker uitgerus. Miskien is tante reg. Miskien moet ons so nou en dan

'n bietjie later opstaan op 'n Sondag."

"Natuurlik is ek reg. Sondae gaan daar nie veel aan nie, en sal die diere niks oorkom as julle hulle

eers twee ure later versorg nie."

"Is oom Kootjie nog by die stalle, tante."

66

"Ja, hy hou nog toesig by die melkery. Ek het jou ontbyt gebêre. Kom ek skep gou vir jou in, dan

eet jy eers."

"Dankie tante, dit voel vir my of ek 'n bees kan opeet. Maak sommer vir my hier in die kombuis

reg asseblief tante," keer hy toe hy sien dat tant Emma na die eetkamer loop.

"Goed, maar gaan my werkery hier in die kombuis jou nie pla nie?"

"Glad nie tante. Buitendien ek wil nie alleen daar in die eetkamer sit en eet nie. Waarmee is tante

besig?" verander hy die gesprek.

"Ek wil vir ons 'n lekker koek bak."

"Nou hoe bak tante dan nou so op 'n Sondag koek?" vra hy verbaas.

"Jy kyk my verniet so verslae aan. Terwyl jy geslaap het, het Anita gebel. Sy en haar ma het gevra

of hulle na kerk vir Andre kan bring om na die perde te kom kyk. Jy het gister blykbaar aan hom

gesê, dat hy self moet kom kyk of hier vir hom 'n perd is om te koop. Ek het niks vars in die huis

nie, en het dit goed gedink om gou iets te bak."

"O, ek het niks snaaks daarmee bedoel nie tante. Ek is net nie gewoond, dat tante op Sondae bak

nie."

"Ek hou self niks daarvan nie Joubert, maar ons kan nie mense vir die eerste keer ontvang, en dan

het ons nie eers ietsie te ete saam met die drinkgoed nie."

Joubert glimlag skalks. Tant Emma sonder niks te ete in haar koekblikke nie. Daardie dag sal hy

seker nooit belewe nie. Die spens staan dan vol blikke lekkernye om van te kies en te keur. Toe tant

Emma sy ontbyt voor hom neersit, kan hy nie verhelp om haar te komplimenteer nie.

"Maggies tante, dit lyk nou lekker."

Voor tant Emma hierop kommentaar kan lewer kom oom Kootjie die kombuis binne gestap, met 'n

67

groot glimlag op sy gesig.

"Môre, môre en hoe gaan dit met ons laatslaper?"

"Môre oom Kootjie. Jy moenie dit nog verder invryf nie. Ek voel al klaar sleg genoeg, omdat ek

so liederlik verslaap het."

"Dit kom nou daarvan as 'n mens laat in die aand na die maan sit en staar."

"Hoe weet oom dat ek gisteraand na die maan gesit en staar het."

"Jong die jig het my na gistermiddag se tennis so opgekeil, dat ek ook nie kon slaap nie. Ek het

later 'n draai buite gaan loop en jou toe op die stoep gesien sit," lag oom Kootjie goedig.

Toe Joubert voor die kerk stilhou, sien hy in sy truspieël hoe Anita met Andre en haar ma ook aan

die oorkant van die straat stilhou. Terwyl hy tant Emma help om uit die motor te klim, kom Andre

oor die straat na hom gehardloop.

"Hallo oom. Het oom gehoor my ma het gesê, dat ek na kerk vir my 'n perd by oom kan kom

uitsoek."

"Hallo grootman. Ja jong, ek het gehoor julle kom na kerk daar na my toe."

Joubert kyk na die twee vrouens wat na hulle aangestap kom. Anita lyk verruklik mooi in die

somersrokkie wat sy aan het. Haar blou oë lyk vanmôre nog blouer in die oggendlug. Hy voel hoe

sy hart vinniger begin klop en moet hy homself vermaan om kalm te bly. Wat is met hom aan die

gang? Elke keer as hy haar sien doen sy iets aan hom.

"Môre, môre," vind 'n oor en weer groetery plaas.

Nadat almal na mekaar se welstand verneem het, begin Anita aanstaltes maak om na die kerk te

loop. Haar hart het amper gaan staan, toe sy Joubert sien. Hy lyk vir haar so imposant, so manlik in

68

sy kerkpak. Sy was bang om hom vanmôre in die oë te kyk, maar het Andre se opgewondenheid oor

die perde, hulle gedwing om eers te kom groet. Anita raak haastig om weg te kom van hierdie groot

man, wie se oë nou die hele tyd op haar rus.

"Ons sal moet ingaan, die kerk gaan nou nou begin," sê sy dan ook saaklik.

Sy vat Andre aan die hand, en begin loop in die rigting van die kerk. Andre rem egter terug en gryp

Joubert ook aan die hand.

"Het oom nog sulke mooi perde soos Black," vra hy opgewonde.

"Ja grootman, daar is nog baie sulke mooi perde soos Black," sê hy terwyl hy Anita met sy oë meet.

Anita besef, dat sy haar in 'n baie netelige posisie bevind. Andre het haar aan die een hand beet en

aan die ander hand klou hy aan Joubert vas. Sy weet, dat as sy nou Andre se hand durf los, Joubert

aanstoot sal neem. Sy voel egter baie selfbewus terwyl hulle drie so hand aan hand na die kerk stap.

Deur Andre se optrede, word sy en haar ma dan ook gedwing om in die kerk by Joubert, oom

Kootjie en tant Emma te sit. Andre wil met alle mag langs Joubert sit en het sy nie 'n ander keuse as

om by hulle te gaan sit nie. Tydens die diens is sy die hele tyd bewus van die man wat langs Andre

sit. Later raak Andre aan die slaap met sy kop teen Joubert se skouer. Asof dit die natuurlikste ding

is, tel Joubert hom op sy skoot en sit so deur die hele diens, met die slapende kind in sy arms

toegevou. Van die preek weet Anita bykans niks. Sy is die hele tyd bewus van elke beweging wat

Joubert langs haar maak. Toe die kerk uiteindelik klaar is, sug sy van verligting. Dit was die langste

uur wat sy nog in haar lewe beleef het, en is sy bly toe hulle uiteindelik agter Joubert aanry na

Gemoedsrus.

Andre het natuurlik daarop aangedring om saam met Joubert te ry en kon sy nie anders as om haar

69

toestemming te gee nie.

Op Gemoedsrus aangekom wil Andre met alle geweld eers na die stalle, om die perde te sien.

Joubert is glimlaggend agter hom aan, terwyl tant Emma tee aan die ander op die stoep bedien. Toe

elkeen met sy koppie tee op die stoep sit, sien Anita Joubert van die stalle teruggestap kom.

"Ek het solank vir Jantjie opdrag gegee om aan Andre al die perde te wys," sê hy toe hy by hulle

aankom.

"'n Bietjie tee, Joubert?" vra tant Emma.

Toe hy bevestigend knik gooi sy vir hom tee in, en oorhandig dit aan hom. Joubert gaan sit met sy

tee op die stoepmuurtjie, en trag oor die plaaswerf.

"Dit is darem 'n pragtige plek wat jy hier het, Joubert," sê Susan de Klerk, terwyl haar blik

goedkeurend oor die omgewing gaan. "Wie is verantwoordelik vir die tuine? Ek het lanklaas so 'n

pragtige blomtuin gesien."

"Tant Emma het die grootste aandeel in die blomtuin. Die grasperke is maar my en oom Kootjie se

verantwoordelik," sê hy terwyl sy blik oor die tuine gaan.

"As jy nie omgee nie, sal ek graag deur die tuin wil stap. Julle weet die tuine van Wag-en-Bietjie is

verwaarloos, en wil ek dit ook graag weer netjies kry."

"Tante kan dit gerus doen. As tant Emma nie omgee nie, kan sy vir tante haar heiligdom gaan

wys."

"Ek doen dit met die grootste plesier," sê tant Emma in haar skik, dat haar handewerk waardeer

word.

"Jy kan dan sommer kyk waarvan jy hou, Susan. Hier is baie blomme en struike en kan ons van die

oortollige vir jou laat uithaal, wanneer jy gereed is om dit te plant."

70

"Dit sal baie gaaf wees, want ek weet nie wanneer kom ons weer in 'n plek, waar ons dit self kan

aankoop nie."

Later toe die twee vrouens deur die tuin gaan stap, stap Joubert, oom Kootjie en Anita af na die

stalle. Anita kyk met bewondering na die omgewing om haar.

"Jy het regtig 'n pragtige plek, Joubert," sê sy met bewondering. "Ek is bly as jy so dink. Dit kos

baie harde werk om dit so te kry, en natuurlik so te hou. Gelukkig het ek 'n wenspan hier, wat nie lyf

wegsteek nie."

By die stalle aangekom, wil Anita ook al die perde sien. Terwyl hulle van stal tot stal stap, kan sy

nie verhelp om kort kort haar bewondering uit te spreek, oor die pragtige diere wat aan haar gewys

word nie. By Sonata se stal dring Anita daarop aan om eers die vul goed te ondersoek. Terwyl sy

en oom Kootjie daar agter bly, stap Joubert na waar hy die babbelende Andre hoor.

Toe hy by hulle aankom, sien hy, dat Susan de Klerk en tant Emma ook by hulle staan.

"En toe grootman, het jy al 'n keuse gemaak?" vra hy glimlaggend aan die opgewonde seuntjie.

"Ja oom. Sonata se vulletjie is die mooiste van al die perde. Jantjie sê dat hy nie dink oom sal hom

wil verkoop nie. Sê asseblief ja oom, toe asseblief oom," vra hy met smeking in sy oë. Joubert kyk

in die smekende oë hier voor hom.

"Mmmm, ek weet nie jong," sê hy met 'n vonkel in sy oë, terwyl hy met sy hand oor sy ken vryf.

"Ag toe, asseblief oom. Ek en Jantjie het al vir hom 'n naam uitgedink."

"En wat is die naam as ek mag vra?" sê hy, terwyl hy vir Susan de Klerk oog knip.

"Sultan oom. Is dit nie vir oom ook 'n mooi naam nie?"

"Mmmm, dit klink pragtig, ja. Nou goed, ek sal Sultan op een voorwaarde aan jou afstaan," sê hy,

terwyl die seuntjie hom met opgehoude asem betrag.

71

"Enigiets oom. Sê maar net, ek belowe ek sal enigiets doen," sê hy opgewonde.

"Jy belowe darem gou vir iemand wat nie weet, wat die voorwaardes is nie, Andre," sê sy ouma

ook nou glimlaggend.

"Ouma ek sal enigiets doen om so 'n perd te besit," sê hy opgewonde sonder om sy oë van Joubert

af te haal.

"Nou maar goed, daar is eintlik drie voorwaardes," gaan Joubert voort. Hy sien hoe die seuntjie se

opgewondenheid voor hom verdwyn.

"Toemaar, dit is nie so erg nie. Jy kan Sultan nie nou al kry nie. Hy is nog klein en moet eers nog

'n bietjie by sy ma bly. Jy kan egter elke dag vir hom kom kuier," sê hy vinnig toe hy die frons op

Andre se gesiggie sien.

"Wanneer jy hom die dag kom haal, moet jy my belowe, dat jy hom persoonlik sal versorg. Dit is

al manier, hoe jy hom gewoond aan jou gaan maak. Jy wil mos hê hy moet net so mak soos Black

word?" Andre knik sy kop opgewonde.

"Wat is die derde voorwaarde, oom?" vra hy, aangesien hy kans sien vir die eerste twee

voorwaardes.

"Die derde voorwaarde is, dat ek geen geld van jou ma wil hê vir Sultan nie. Dis my geskenk aan

jou."

Susan de Klerk kyk met trane in haar oë, hoe haar kleinseun opgewonde die man voor hom

stormloop. Hy slaan sy armpies om Joubert se nek en toe hy afbuk na hom, soen hy hom spontaan

om dankie te sê.

"Dankie oom, baie dankie. Ek sal mooi na hom kyk," belowe hy plegtig.

"Stadig, jong. Jy sal eers moet hoor of jou ma ook haar toestemming sal gee," sê hy glimlaggend.

72

Andre draai na sy ouma en kyk haar vraend aan.

"Dink ouma, mamma sal dalk nee sê?" vra hy met 'n fronsende gesiggie.

"Ek weet nie, jy sal haar maar self moet vra," sê sy met 'n knipoog in Joubert se rigting.

"Kom Jantjie, kom ons gaan soek my ma," sê hy en met Jantjie aan die hand, verdwyn hulle in die

rigting van Sonata se stal.

"Jy het sy dag gemaak, Joubert," sê Susan de Klerk met 'n knop in haar keel.

"Ek is bly as tante so dink. Hy is 'n pragtige seun, en skenk ek die vul met die grootste liefde aan

hom," sê hy met 'n veraf uitdrukking in sy oë.

"Het jy al die vul gesien wat Joubert vir Andre gegee het, Susan?" vra tant Emma toe sy sien, dat

Joubert se aandag nie meer by hulle is nie.

"Nee, ek sal hom graag wil sien," sê sy.

Tant Emma beduie met haar kop en saam stap hulle in die rigting waarheen Andre verdwyn het.

Joubert staar oor die vlaktes. Binne in hom is daar 'n verlange. 'n Verlange na 'n eie seun. 'n Seun

soos klein Andre. Hy skrik by die gedagte en stap na die kampie waar sy oudste perd, Champagne

staan. Toe hy daar aankom, vind hy oom Kootjie en Anita ook daar.

"En toe wat dink jy van Champagne?" vra hy, terwyl daar skielik 'n vonkeling in sy oë verskyn.

"Sy moes seker 'n baie mooi perd gewees het toe sy nog jonk was. Hoe oud is sy, Joubert?"

"Ou Champagne is so twaalf jaar oud. Sy is seker die makste en getrouste perd wat ons nog hier op

Gemoedsrus gehad het."

"Wel sy lyk in elk geval vir my of sy nie meer lewe in haar oor het nie," gaan Anita voort.

"Jy sal jou verbaas oor die energie waaroor sy nog beskik. Ek het in elk geval gedink, dat sy die

beste proposisie vir Andre is, aangesien hy buitendien nie kan perdry nie."

73

Joubert kyk na oom Kootjie, en knipoog vir hom, toe hy sien, dat hy iets wou sê.

"Ag nee Joubert, hoe kan jy hierdie dooierige perd aan Andre wil afsmeer?" vra Anita

verontwaardig.

"Afsmeer, jy maak 'n groot fout ou kinta. Ek wil ten minste drie duisend rand vir haar hê. Jy moet

darem onthou, dat dit 'n volbloed dier hierdie is."

Anita kyk verbaas na Joubert.

"Jy is seker nie ernstig nie. As jy dink dat ek drieduisend rand vir hierdie perd gaan betaal, maak jy

'n groot fout."

"Wel dit staan jou vry om die aanbod te aanvaar of nie. Dis my prys vir Champagne en ek gaan nie

'n sent minder aanvaar nie."

Anita staar na die groot man langs haar. Hoe kan hy so gemeen wees, teenoor 'n klein seuntjie. Dit

sal mos Andre se hart breek, as sy sou weier om hierdie gevrekte dier hier voor haar, nie vir hom te

koop nie. Hy het so daarna uitgesien om sy eie perd te hê. Wat sy nie kan verstaan nie, is dat

Gemoedsrus se stalle vol van die pragtigste perde is, en nou wil Joubert hierdie ou perd aan hulle

afsmeer. Sy kan nie haar kind teleurstel nie, en sal maar die aanbod moet aanvaar.

"Nou goed, as dit jou manier van besigheid doen is, sal ek haar vir Andre koop. Dit sal Andre se

hart breek as ek nie vir hom 'n perd koop nie. Ek is beslis nie tevrede met die kooptransaksie nie,

maar laat jy my egter nie veel van 'n keuse nie," sê sy, duidelik boos vir Joubert.

Sy swaai om en loop haastig na waar haar motor staan. Daar aangekom klim sy in die motor en haal

haar tjekboek uit die paneelkassie. Nog steeds ontsteld oor Joubert se hardvogtigheid, begin sy

vererg 'n tjek vir die bedrag uitskryf. Sy skeur die tjek uit en gooi die tjekboek boosaardig terug in

die paneelkassie. Voordat sy die deur van die paneelkassie toeklap, sien sy 'n koevert binne in lê.

74

Sy haal dit uit en kyk met 'n frons daarna. Skielik gaan 'n lig vir haar op. Sy maak die koevert oop

en kyk na die rekening wat sy vir Joubert uitgemaak het vir haar dienste, met die geboorte van

Sonata se vul. Met 'n glimlag op haar lippe begin sy die bedrag op die rekening verander. Sy sal

hom wys. Hy wil haar mos probeer inloop, deur 'n perd aan haar te verkoop, wat nie eens

vyfhonderd rand werd is nie. Nadat sy klaar is, plak sy die koevert toe en stap met afgemete tred na

waar oom Kootjie en Joubert staan. By hulle aangekom, oorhandig sy die tjek aan Joubert.

"Hier! Ek hoop jy aanvaar tjeks, anders sal ek môre vir jou die kontant bring," sê sy terwyl die rooi

vlamme op haar wange uitslaan.

Joubert kyk geamuseerd na die meisie voor hom. Sy is werklik 'n pragtige entjie mens. Veral

wanneer sy kwaad is. Hy besluit om haar verder te treiter.

"Anita weet jy watter pragtige prentjie maak jy, wanneer jy kwaad is. Ek is sommer lus en soen

jou," sê hy terwyl hy weer vir oom Kootjie knipoog.

Oom Kootjie wat sien, dat dinge besig is om verkeerd te loop, maak homself haastig uit die voete.

"Luister hier Joubert Retief. Ek weet nie watter speletjie jy besig om te speel nie? Om die

waarheid te sê, gee ek ook nie om nie. Al wat ek weet is dat jy die skelmste besigheidsman is, wat

ek nog teëgekom het. Om te dink jy wil 'n arme seuntjie probeer inloop," sê sy met blitsende oë.

"Haai stadig meisiekind. Ek het nie probeer om jou te verkul nie. Ek het maar net...."

Verder as dit kom Joubert egter nie.

"Ek gee nie om wat jou beweegredes is nie. Hier!" sê sy en oorhandig die koevert wat in die

paneelkassie was aan hom.

"Wat is dit?" vra hy met 'n frons, terwyl hy die koevert by haar neem.

"Dit is my rekening vir dienste aan jou gelewer," sê sy selfvoldaan met hande in die heupe, terwyl

75

hy die koevert oopskeur.

Joubert fluit saggies terwyl hy na die rekening in sy hande staar.

"Ek kan wragtig een ding van jou sê, en dit is dat jy beslis nie goedkoop is nie. Dienste gelewer sê

jy," sê hy ingedagte terwyl hy na haar kyk.

Die volgende oomblik beweeg hy blitsvinnig vorentoe. Voordat Anita kan keer, is Joubert se arms

om haar en brand sy lippe hard op hare neer. Sy voel hoe sy lippe hare kneus. Net voordat sy tot

verhaal kan kom, los hy haar en staar haar met 'n geamuseerde glimlag aan.

"Jou boef, hoe durf jy?" vra sy met 'n hygende bors.

"Ek dag dan jy sê die rekening is vir dienste gelewer," sê hy met 'n vonkel in die oog.

Anita besef skielik die strekking van sy woorde. Sy trek haar asem hoorbaar van skok in.

"Jy is seker van lootjie getik. Dit is nie wat ek bedoel het nie."

"As jy miskien dink dat ek hierdie rekening gaan betaal net omdat jy vir Sonata help vul het, maak

jy 'n groot fout. Ek is egter bereid om te betaal as dit die dienste insluit, waarna jy so pas verwys

het," sê hy en beweeg weer nader aan haar.

Anita vlieg verskrik om en vlug na waar sy klein Andre se opgewonde stem hoor. Toe sy om die

stal se hoek verdwyn hoor sy hoe Joubert uitbars van die lag. Die vermetele mansmens. Wat dink

hy miskien van haar. Die gebeure van ses jaar gelede verskyn skielik voor haar geestesoog. Sy kom

met 'n skok tot stilstand. Sy voel hoe haar hart 'n ruk gee. Is dit miskien ook waaraan hy gedink het?

Ja, as sy weer aan die strekking van sy woorde dink, is dit nooit anders nie. As hy darem dink dat

sy 'n goedkoop meisie is, maak hy die grootste fout van sy lewe.

"Het jy miskien van plan verander?" vra Joubert skielik agter haar en plaas sy hande op haar

skouerknoppe.

76

Anita skrik haar boeglam en voel hoe die lewe uit haar bene verdwyn. Sy wil weghardloop van

Joubert af, maar kry nie 'n voet voor die ander gesit nie.

Toe hy haar omdraai na hom, kyk hy met 'n geamuseerde glimlaggie af na haar. Wanneer hy sy kop

afbuig na haar, verwag sy weer die harde hartstog waarmee hy haar netnou daar by Champagne

gesoen het. Sy voel verslae hoe sy lippe sag en teer op hare neerkom. Anita wil haar teë sit, maar

voel hoe haar hele liggaam weier om saam met haar verstand te werk. Onwillekeurig begin sy hom

terug soen.

Wanneer hy haar uiteindelik laat gaan, kyk hy haar lank aan, voordat hy skielik omvlieg en verwoed

van haar af begin wegstap.

Anita draai verslae om, en loop in die rigting vanwaar sy stemme hoor. Haar gedagtes is in 'n

warboel. Wat is Joubert se motief? Hoekom doen hy dit aan haar? Sy is seker, dat hy geen liefde

meer vir haar het nie. Dit het sy houding duidelik getoon, toe hulle die eerste keer weer ontmoet het.

Wanneer sy haar by die ander aansluit, weet sy dat die gebeure van vandag nog lank by haar gaan

spook.

"Mamma, mamma! Het mamma al gehoor? Oom Joubert het Sonata se vul verniet vir my gegee,"

babbel Andre opgewonde.

Anita voel weer hoe dieselfde lam gevoel van vaneffe oor haar kom. Het sy reg gehoor? Joubert het

Sonata se vul vir Andre gegee. Hoekom het hy dan vroeër probeer om Champagne aan haar af te

smeer? Genade, hy het met haar die gek geskeer en sy was te onnosel om dit agter te kom! Hoe

gaan sy hom weer in die oë kan kyk. Veral oor die rekening wat sy vir hom gegee het. Hoe kon sy

so onnosel gewees het.

"Hoor mamma wat ek sê? Oom Joubert het Sonata se vul vir my as 'n persent gegee. Ek en Jantjie

77

het al klaar 'n naam vir hom."

"Ek het gehoor my seun," sê Anita nog steeds verslae.

"En wat gaan jy hom noem?" vra sy duidelik nie so ingenome soos Andre nie.

"Sultan, mamma. Is dit vir mamma ook 'n mooi naam?

"Mmm, dit pas nogal by hom."

"En hoekom lyk jy so afgehaal daaroor, Anita?" vra Susan wat haar dogter nog die hele tyd

dopgehou het.

"Afgehaal? Ek is nie afgehaal daaroor nie, mamma. Ek voel maar net nie lekker nie," sê sy terwyl

sy bloedrooi bloos.

"Ek hoop jy het vir oom Joubert baie mooi dankie gesê Andre," sê sy om haar verleentheid te

probeer verberg.

"Hy het, en daar was ook sekere voorwaardes aan verbonde," praat 'n stem nou skielik agter hulle.

Anita swaai verskrik om. Joubert staan agter hulle. Sy voel hoe sy weer bloos, wanneer haar oë die

van syne ontmoet. Wat is dit met haar? Hoekom ontstel hy haar elke keer so? Sy word skielik

bewus van 'n pyn, hier diep binne in haar. Voordat sy dit kan ontleed, praat Joubert weer.

"Kom ons stap terug na die opstal. Ek is vreeslik dors en julle seker ook."

"Mens nou praat jy," sê oom Kootjie en begin sommer aanstap na die opstal, met die ander agter

hom aan.

Later toe elkeen met 'n drankie in die hande sit, is dit weer Joubert wat Anita amper haar glasie wyn

laat insluk.

"Dit is al amper etenstyd. Soos ek tant Emma ken, het sy weer vir 'n hele weermag kos gemaak.

Julle kan gerus middagete saam met ons nuttig. As dit natuurlik reg is met tante?" vra hy met

78

opgetrekte wenkbroue in tant Emma se rigting.

"Natuurlik is dit reg met my," sê tant Emma vinnig, so vinnig dat Joubert vraend in haar rigting

loer.

Sy maak egter of sy dit nie raaksien nie en gaan rustig voort, bewus van haar flater.

"Soos Joubert flussies gesê het, daar is genoeg kos vir 'n hele weermag."

Voordat Anita kan antwoord, bedank haar ma Joubert en tant Emma met 'n "dankie dit sal lekker

wees. "

Sy verwens die omstandighede waarin sy haarself tans bevind. Sy sou eerder wou terug gaan na

Wag-en-Bietjie, om hierdie gevoel binne in haar te ontrafel.

"Stap jy saam met my na die kombuis, dan gaan kyk ons gou of die ete nie al reg is nie Susan?" vra

tant Emma.

"Terwyl julle kombuis toe gaan, gaan ek en Anita gou na my studeerkamer," sê Joubert.

Anita kyk verskrik op na Joubert.

"Ek skuld haar geld vir dienste gelewer, en wil ek net gou vir haar 'n tjek vir die bedrag uitmaak,"

sê hy met nadruk op die dienste gelewer.

Wanneer Joubert na sy studeerkamer stap, kan sy nie anders as om hom te volg nie. By die

studeerkamerdeur staan hy terug, sodat sy eerste kan in gaan. Sy kyk verbaas om haar rond. In die

uitermatige groot studeerkamer staan 'n pragtige groot eikehout lessenaar. 'n Boekrak van dieselfde

hout strek reg rondom die vertrek en is vol boeke gepak. In die verste hoek staan 'n tafeltjie met 'n

rekenaar op. Voor die lessenaar is 'n sitkamer geskep met die grootste en gemaklikste stoele wat

Anita nog gesien het. Sy gaan sit in een van die stoele en voel hoe sy in die sagte kussings wegsak.

"Mmm, dit is voorwaar die sagste stoele wat ek nog beleef het," sê sy bewonderend.

79

"Ek doen baie leeswerk en het ek hierdie stel spesiaal vir daardie doel uitgesoek," sê hy terwyl hy

om die lessenaar loop en sy tjekboek uit een van die laaie haal. Wanneer hy die tjekboek oopslaan,

praat Anita weer.

"Joubert asseblief. Ek wil nie jou geld hê nie. Buitendien, die rekening wat ek jou gegee het, is nie

reg nie."

Joubert kyk vraende op na haar, waar hy nou agter sy lessenaar plaasgeneem het.

"Wat bedoel jy, is nie reg nie?"

"Ag jy weet wat ek bedoel. Toe jy my been getrek het met Champagne, het ek my so vererg vir

jou, dat ek die bedrag op die rekening verander het."

Die woorde is uit en kan Anita voel hoe sy bloos.

Joubert bars kliphard uit van die lag. Anita kyk hom verbaas aan. "En wat is miskien so snaaks,"

wil sy vererg weet.

"Ek het nou net die speletjie met die "dienste gelewer," begin geniet en moet ek sê, dat ek nogal

spyt is, dat dit nou verby is."

Anita voel hoe haar gesig weer warm word. Die vermetele mansmens. Wat dink hy miskien van

haar?

"Ek het al vergeet hoe pragtig jy lyk wanneer jy bloos," sê Joubert.

Hy staan op vanwaar hy agter die lessenaar gesit het en stap tot voor haar. Hy buk af na haar en

plaas sy hande weerskante op die stoel se armleunings, sodat sy gesig baie naby aan hare is. Anita

laat sak haar blik selfbewus voor die van Joubert. Hy plaas sy vinger onder haar ken en dwing haar

om hom in die oë te kyk.

"Ek is bereid om die volle bedrag te betaal, indien jy gewillig is om verdere dienste aan my te

80

lewer," sê hy sag met sy lippe baie naby aan hare.

Anita kan nie glo wat sy hoor nie en stamp Joubert hardhandig van haar af weg. Sy vlieg van haar

stoel af op en kyk hom woedend aan.

"As jy miskien dink dat ek 'n goedkoop meisie is, maak jy die grootste fout van jou lewe. Moenie

uiting vir jou wellus by my probeer soek nie," sê sy woedend, vlieg om en stap haastig by die

studeerkamer uit.

Wanneer Anita hoor hoe die groot man agter haar, hard uitbars van die lag, stap sy nog vinniger tot

in die sitkamer.

Oom Kootjie wat deur die venster na buite gestaar het, kyk vraend na haar toe sy nog duidelik

ontsteld, in een van die stoele plaasneem.

"En nou? Hoe lyk dit dan asof jy deur sewe duiwels gejaag word?" vra hy glimlaggend.

"Ag dit is sommer niks oom," sê sy en kyk vererg op na Joubert wat hom ook nou by hulle in die

sitkamer kom aansluit het.

Later toe Anita met haar ma en Andre terug ry na Wag-en-Bietjie, is sy besonder stil. Haar ma kyk

vraend na haar, maar sy maak of sy dit nie raaksien nie. Dit is net Andre wat aanmekaar babbel oor

die gawe oom en die pragtige perd wat hy persent gekry het.

Die res van die middag wil maar net nie vir Anita verby gaan nie. Sy dink gedurig terug aan Joubert

en sy optrede teenoor haar. Sy kan nie dink watter speletjie hy besig is om met haar te speel en wat

hy daarmee wil probeer bereik nie. Al wat sy weet, is dat sy beslis nie daarmee geneë is nie, en dat

sy beslis nie aan sy wellus gaan toegee nie. Sy wens dat sy hom kon vermy, maar weet dat dit

onmoontlik gaan wees. Andre gaan haar beslis klaar maak om elke dag oor te ry, om vir Sultan te

gaan kuier. Sy wil hom beslis nie hierdie kuiertjies ontsê nie. Sy weet net nie hoe sy dit gaan regkry

81

om Joubert in die oë te kyk nie, veral as hy voortgaan met hierdie optrede van hom.

82

Hoofstuk 7

Dit is Maandagoggend. Die werf van Gemoedsrus is in rep en roer. Joubert gaan al sy perde deur,

want dit is eerskomende Saterdag skou en moet die kondisie van die skouperde eenhonderd persent

reg wees. Jantjie weet al, dat Joubert nie tevrede is met 'n tweede plek nie. As 'n perd se kondisie

nie reg is nie, word hy nie vir die skou ingeskryf nie. Hierdie week gaan daar hard gewerk word en

betoon Joubert geen genade nie. Al die werkers weet al, dat daar sekere tye van die jaar is, wanneer

hulle nie lyf mag wegsteek nie, en hierdie is een van daardie tye.

"Hoe lyk Lady vir oom? Dink oom dat sy 'n kans staan om haar afdeling te wen?" vra Joubert en

loop vir die soveelste keer om die twee jaar oue merrie.

83

"Magies Joubert, hoe kan jy nog twyfel?" vra oom Kootjie kopskuddend.

"Dit is die beste wat sy nog ooit gelyk het."

"Ag oom Kootjie, ek wil maar net seker maak. Daar is iets wat my aan haar pla, maar ek kan nie

my vinger daarop lê nie," sê Joubert, terwyl hy vir die soveelste keer om haar loop.

"Ek sien op dees aarde niks met haar verkeerd nie. As dit jou beter sal laat voel, hoekom vra jy nie

vir Anita om ook na haar te kyk nie?"

Joubert kyk half uit die veld geslaan na oom Kootjie. Vir Anita vra? Ja, hoekom nie? Hy het nooit

daaraan gedink nie. Sy is tog 'n veearts en behoort hom van goeie raad te kan bedien.

"Dit is nou 'n gawe idee oom. Ek sal haar sommer vra om na die ander skouperde ook te kyk.

Miskien sien sy iets raak, wat ons dalk gemis het."

Later die agtermiddag kyk Joubert gesteurd op na die aankomende bakkie, vanwaar hulle besig is

met die perde. Hy lyk verras toe hy sien hoe Anita en Andre uit die bakkie klim.

"Andre wou vir Sultan kom kuier het," probeer sy onnodig verduidelik.

"Ek is bly hy het vandag uitgekies, want ek het jou kennis en raad nodig," sê hy en beduie na die

stalle se kant.

"Hallo oom, kan ek maar vir Sultan gaan hallo sê," groet Andre opgewonde.

"Hallo grootman. Ja, maar jy moet versigtig wees. Jantjie los eers hier en stap saam met Andre.

En jy kyk na die mannetjie hoor," roep hy agter hulle aan.

"As ons ongeleë is, kan ons maar 'n ander dag kom," sê Anita terwyl sy na die gewerskaf by die

stalle kyk.

84

"Julle is enige tyd welkom. Ons is maar net besig om die perde vir eerskomende Saterdag se skou

voor te berei. Ek het buitendien jou mening nodig en sal dit waardeer as jy gou na die perde kan

kyk, wat ek wil gaan skou."

"O, in daardie geval help ek graag. Wys my wat jou pla. Ek weet nie of ek jou van enige hulp kan

wees nie, want ek hoor dat jy omtrent elke jaar al die pryse by die skou voor die ander perdetelers

wegraap."

"En waar hoor jy dit?" vra Joubert met opgetrekte wenkbroue.

"Die skoukomitee het my gevra om Saterdag as 'n beoordelaar op te tree. Met die reëlings wat ons

moes tref het dit maar tydens die geselskap uitgekom."

"O genade, dan sal ek versigtiger moet optree, anders is ek gediskwalifiseer, nog voordat my perde

ingeskryf is," sê Joubert glimlaggend.

"Jy sê vir my," spot Anita terug.

Saam stap hulle elke stal deur en bespreek die kondisies van die perde. Hier en daar gee Anita raad

en wys Joubert op iets wat sy dink hulle na moet kyk. Joubert staan verbaas oor die kennis waaroor

sy beskik en kan net kort kort sy kop skud oor iets wat selfs hy nie raakgesien het nie. Soos wat

hulle van stal tot stal stap, kom Anita agter dat sy dit geniet om saam met Joubert na die perde te

kyk. Hy is so heeltemal anders. Sy kyk na hom waar hy een van die perde liefderyk oor die nek

streel. Hy kom so sterk en manlik voor. As hy altyd so optree teenoor haar, sal sy maklik weer op

hom verlief kan raak. Sy bloos skielik by die gedagte daaraan.

"Mag ek weet waaraan jy nou gedink het?" verbreek Joubert haar gedagtes.

Anita voel hoe sy nog rooier word.

Joubert beweeg om die perd wat tussen hulle gestaan het en stap tot voor Anita.

85

"Het ek al vir jou gesê dat jy baie mooi lyk wanneer jy bloos," vra hy glimlaggend.

Wanneer Joubert nader aan haar beweeg probeer Anita 'n tree agtertoe beweeg. Sy voel egter die

perd teen haar rug en weet dat sy vasgekeer is.

"As my geheue my nie in die steek laat nie, het jy dit gistermiddag ook vir my gesê," probeer sy uit

die situasie kom.

Anita kan die hitte van Joubert se liggaam voel, wanneer hy tot teen haar beweeg.

"Nou hoekom bloos jy dan as jy weet, dat dit veroorsaak dat ek nie my hande van jou kan afhou

nie," vra hy met sy lippe baie naby aan hare.

Anita voel hoe haar hart skielik binne in haar begin bons. Sy sweer Joubert kan dit hoor en laat sak

haar lang oogwimpers skaam. Die volgende oomblik rus sy lippe sag op hare. Net so skielik soos

hy haar gesoen het, laat hy haar weer gaan.

"Kom, daar is nog een perd waarna jy vir my moet kyk," sê hy en draai sondermeer om, en

verdwyn by die staldeur uit.

Anita druk met haar vingers teen haar lippe. So 'n voortvarende mansmens. Wat moet hy nie van

haar dink nie. Hy vang haar elke keer onkant en maak dan met haar net soos hy wil. Hy sal begin

dink, dat sy sy attensies geniet. Selfbewus stap sy agter hom aan na die stal van die volgende perd.

Later toe sy en Andre terugry, is haar gedagtes in 'n warboel. Sy weet nie wat om van Joubert se

optrede te dink nie. Sy weet, dat sy nie heeltemal onverskillig teenoor hom staan nie. Sy gaan egter

nie toelaat, dat hy met haar gevoelens speel nie. Sy is nie meer 'n bakvissie nie, en weet wat sy van

die lewe verlang.

Joubert kyk diep ingedagte hoe die bakkie oor die plaaswerf buite sig verdwyn. Toe hy omdraai om

voort te gaan met sy werk, is dit met 'n glimlag van genoegdoening. Hy het haar net waar hy haar

86

wou hê. Sy gaan binnekort uit sy hand eet. Dan gaan hy haar terugkry vir al die hartseer wat sy

hom besorg het. 'n Klein swartkop seuntjie se glimlaggende gesig verskyn skielik voor sy

geestesoog. Vererg skud hy sy kop en weier om die skuldgevoel wat skielik van hom besit wil

neem, te ontleed.

Susan de Klerk plaas ingedagte die gehoorstuk van die telefoon terug op die mik. Sy staan en

verwonder haar oor dinge wat nou besig is om vinnig te gebeur, te vinnig na haar sin. Die pas

afgelope gesprek met Emma speel weer voor haar af. Hoekom sou Joubert nou skielik ingestem het,

om 'n verwelkomingspartytjie vir hulle te hou, daar by hom? Wat sou sy motief wees? Sy hoop net

sy bedoelings is goed. Wanneer sy die nuus later aan Anita vertel, kan sy sien, dat haar kind

dieselfde gedagtes as sy het. Nie een is egter bereid om sy gedagtes hardop uit te spreek nie.

Die Woensdagaand staan Gemoedsrus se werf vol motors, wanneer die de Klerks daar opdaag. Van

die vrese wat ma en kind gehad het kom niks, en verloop die aand sonder enige voorval. Joubert is

'n wonderlike gasheer, en geniet hulle die aand terdeë. Anita het lanklaas sulke vriendelike mense

ontmoet en weet sommer, dat sy en haar ma gelukkig gaan wees hier op die platteland. Die vrese

oor die stap om hierheen te getrek het, verdwyn namate die aand verloop.

"En toe tant Emma. Wat dink tante van die aandjie sover?" vra Betsie duidelik ingenome met wat

sy om haar sien.

"Ag my kind, ek het nie woorde nie. Kyk dan nou net hoe gedra Joubert hom. Presies soos dit van

'n ware heer verwag word."

"Ja tante, hy verbaas ons almal nogal. As 'n mens hom so dophou, sou jy nie sê dat hier jare laas 'n

87

partytjie op Gemoedsrus gehou is nie."

Later nadat almal vertrek het, kan tant Emma Joubert nie genoeg bedank nie.

"Ai Joubert, dit was nou 'n wonderlike aand. Baie dankie dat jy ingestem het daartoe. Ek is seker

dat almal dit terdeë geniet het."

"Maar ons wou dit mos so hê, of hoe tante? Ons wil darem nie hê dat die mense agteraf moet

skinder, dat ons afgeskeep het, of dat die baas van Gemoedsrus geen maniere het nie."

"Dit my kind, sal hulle nooit kan sê na vanaand nie. Jy was 'n wonderlike gasheer en het alles

perfek uitgewerk."

"Jy moenie soveel heuning om die kind se mond smeer nie Emma. Netnou wil hy elke aand

partytjie op Gemoedsrus hou, spot oom Kootjie goedig.

"Ag Kootjie, gaan slaap jy. Hier is nog baie wat ek wil doen, voordat ek ook gaan inkruip."

"Kan dit nie maar wag tot môre nie tante?" vra Joubert, terwyl hy kyk hoe die bediendes nog besig

is om vuil skottelgoed na die kombuis te dra.

"A nee a mansmens. Hoe ken jy my dan nou? Ek sal mos vannag nooit 'n oog toemaak, as ek weet

dat ons nie klaar opgeruim het nie. Gaan slaap jy en Kootjie gerus. Ons is amper klaar."

Joubert stap tot voor tant Emma en plaas sy hande weerskante van haar skouers.

"Baie dankie vir al tante se moeite en opoffering wat van vanaand so 'n groot sukses gemaak het,"

sê hy en gee tant Emma 'n klapsoen.

"Ag dit was sommer niks," sê sy verleë, en verdwyn na die kombuis om 'n oog te hou, oor die

opruiming.

Daardie aand raak Joubert vir die eerste keer maklik aan die slaap.

88

Robertson is vanoggend in rep en roer. Die skou is vir die dorp 'n groot gebeurtenis en kom mense

van heinde en verre om in die dorpenaars se vreugde te deel.

Joubert staan met trots en toekyk hoe sy plaaswerkers die perde van Gemoedsrus, van die vragmotor

aflaai. Tevrede dat al die perde versorg in die skoustalle staan, begin hy later tussen die mense

rondbeweeg. Oral staan groepies mense besig om na die inhoud van stalletjies te kyk. Hier en daar

groet hy 'n bekende terwyl hy deur die terrein beweeg. Hy het 'n gejaagdheid in hom, wat hy nie op

die oomblik kan verklaar nie. Toe sy oë op Anita rus, waar sy besig is om skyf te skiet by 'n

stalletjie, weet hy hoekom hy nie soos ander jare rustig tussen die stalletjies kon deurbeweeg nie.

"Jy hou die geweer verkeerd vas," praat hy agter haar, terwyl sy besig is om aan te lê na die teiken.

Anita skrik so groot, dat sy die hele teiken mis skiet.

"Ag sies, kyk wat het jy my nou laat doen. Ek het slegs drie punte gekort om daardie perdebeeldjie

vir Andre te wen."

Joubert kyk na die beeldjie en trek sy skouers onverskillig op.

"Jammer ek het nie probeer om jou skrik te maak nie. Wil jy die beeldjie baie graag hê grootman,"

vra hy en vryf met sy hand oor die swartkopseuntjie se kop.

"Ja baie graag oom. Hy lyk net soos Sultan. Mamma het al vier keer geskiet en is haar punte elke

keer net te min."

"Dit is omdat sy die geweer nie reg vashou nie. Kom ek wys jou hoe jy dit moet doen, dan probeer

jy weer," sê hy en neem die windgeweer uit haar hande.

Anita kyk belangstellend na die man langs haar. Sy het gedink, dat hy self sou skiet en die beeldjie

vir Andre probeer wen.

"Kyk jy moet die geweer se kolf so teen jou skouer vasdruk en nie onder jou kieliebak vasknyp nie.

89

Hier probeer jy nou eers

dan kyk ek of jy dit reg doen."

Anita vat die geweer en druk die kolf teen haar skouer vas soos hy beduie het.

"Wag dat ek jou help," sê hy agter haar en vou sy arms om haar om die geweer reg in haar

skouerholte in te skuif.

Anita voel hoe sy skielik nie meer die geweer behoorlik kan vashou, met die aanraking van Joubert.

Sy verwens haarself, omdat sy soos 'n bakvissie optree. Hoekom ontstel sy nabyheid haar so

geweldig?

Joubert haal geld uit sy beursie en gee dit aan die persoon aan die oorkant van die toonbank, wat

hulle belangstellend dophou.

"Hier! Hierdie rondte is op my. Lê nou mooi aan en vat versigtig korrel," sê hy en laai die geweer

vir haar.

Wanneer Anita die geweer by Joubert neem, voel sy hoe haar hande liggies bewe. Sy vat versigtig

korrel. Wanneer sy die sneller druk, knyp sy haar oë toe.

"Dit is 'n drie, kondig die man agter die toonbank aan."

"Dit kon 'n vyf gewees het as jy nie jou oë toegeknyp het nie," beskuldig Joubert hier van agter af.

"Ag is nie. Ek het nie my oë toegeknyp nie," probeer sy verleë wal gooi.

"Jy het. Ek het jou gesig in daardie spieël dopgehou," verwyt Joubert weer.

Anita kyk na die spieël waarna Joubert verwys. Sowaar daar hang 'n spieël en haar hele gestalte is

daarin afgeëts.

"Hoeveel punte moet sy kry om die beeldjie te wen," vra Joubert aan die man voor hom.

"Een-en-twintig," sê hy sonder om twee keer te dink.

90

"Nou goed ou kinta. Jy kort nog agtien punte. Jy moet ten minste twee vywe en twee viere skiet

om die beeldjie te wen. Lê nou mooi aan en moenie weer jou oë toemaak nie."

Anita weet nie hoe sy dit reggekry het nie, maar toe hulle later van die stalletjie wegloop, is dit met

'n opgewonde Andre, met die perdebeeldjie in sy hande.

"Kom ek gaan koop vir julle elkeen 'n koeldrank," sê Joubert en met Andre aan die hand stap hy

voor hulle na die naaste koeldrankstalletjie.

Anita weet nie hoe dit gebeur het nie, maar die res van die dag bring sy en Andre in die geselskap

van Joubert deur. Sy moes later aan haarself erken, dat dit nogal aangenaam was. Joubert is 'n goeie

gasheer en vind sy sy geselskap aangenaam. Andre hang behoorlik aan Joubert en laat hy toe dat hy

hom kort kort in 'n rigting sleep, as hy iets opmerk wat sy aandag trek.

"Hoe lyk dit, is julle nie al honger nie?" vra Joubert later.

"Nie net honger nie. Ek is pootuit geloop," erken Anita glimlaggend.

"Nou kom ons gaan sit in daardie tent, waar hulle kos bedien. Jy kan dan sommer rus ook," sê

Joubert.

Hy vat haar spontaan aan die hand en lei haar tussen die mense deur na 'n oop tafeltjie.

"Haai, kyk wie kom hier aan?" sê 'n bulderende Johan Vermaas, vir die mense om sy tafel.

Anita kan nie verhelp om te glimlag nie. Die Johan darem. Nou weet almal in die tent, dat sy en

Joubert ook daar is, want almal blik in hulle rigting.

"Haai hallo, julle twee," sê Betsie effens uit die veld geslaan om hulle twee saam te sien.

Sy staan op en gee elkeen 'n soengroet. Nadat almal mekaar gegroet het word stoele nader gesleep

sodat hulle by die ander om die tafel kan sit.

"En toe wat dink jy van ons dorpie se skou Anita?" wil Andries Human weet.

91

"Ek is nogal verbaas oor al die bedrywigheid," glimlag sy vir hom.

"Joubert sê dit is nog niks, en dat die groot bedrywigheid eers môre begin wanneer dit die perde se

beurt is," sê sy en vee moeg oor haar gesig.

"Foeitog kyk net hoe moeg is jy," sê Ella en kyk verwytend na Joubert.

"Wat het ek verkeerd gedoen?" vra Joubert skouerophalend in Ella se rigting.

"Jy het seker die arme kind vreeslik vermoei. Julle mans dink mos nie daaraan dat ons vrouens nie

so baie loop soos julle nie."

"Watwou ek haar vermoei. Sy is die een wat nie gou genoeg by al die stalletjies kon uitkom nie.

Of wat sê jy grootman?" vra Joubert terwyl hy met sy hand oor Andre se kop vryf.

"Hoe lyk dit sal ons mans nie gou iets te ete en drinke kry nie," vra Leon en staan op om die woord

by die daad te voeg.

Almal beaam dat dit lekker sal wees en nadat elkeen se bestelling geneem is, verdwyn die mans om

die eet en drinkgoed te gaan haal.

Later terwyl elkeen besig is om iets te nuttig is dit Maria wat die stilte verbreek.

"Het jy al 'n maat vir vanaand se dans Anita," vra sy so terloops.

"Dans, watter dans?" vra sy half uit die veld geslaan en kyk na Joubert, wat nou ook met 'n frons na

Maria sit en kyk.

Magtig hy het skoon vergeet van die skoudans, wat elke jaar gehou word! Dit is omdat hy dit die

afgelope ses jaar nooit bygewoon het nie, dat hy daarvan vergeet het.

"Die dans waarna ek jou vanoggend gevra het, Anita. Het jy dan vergeet?" vra Joubert, met 'n

geamuseerde glimlag om sy lippe.

Dit voel vir Anita of sy Joubert met die bierblik in haar hande kan gooi. Die vermetele mansmens!

92

Hier dwing hy haar sowaar om saam met hom na die skoudans te gaan. Hoe kan sy nou anders as

om dit te beaam. Die ander om die tafel sal beslis nie verstaan wat aangaan nie.

"O, ja nou onthou ek. Joubert het vanoggend daarvan gepraat. Ek het vir 'n oomblik daarvan

vergeet," sê sy terwyl sy 'n vernietigende blik in Joubert se rigting gee.

Later terwyl sy weer saam met Joubert deur die stalletjies stap, konfronteer sy hom oor die

skoudans.

"Hoekom het jy netnou daar in die tent vir die ander gelieg, oor die skoudans Joubert," vra sy

terwyl sy sy gesig goed dophou.

Joubert gaan staan en kyk haar vierkantig in die oë.

"Ek het die afgelope ses jaar nooit die dans bygewoon nie, en het heeltemal daarvan vergeet,"

antwoord hy eerlik.

"Ek wou jou die verleentheid spaar en het gedink, dat dit nogal lekker sal wees om dit saam met jou

by te woon. Ek is jammer as ek jou in 'n situasie ingedwing het. As jy liewer vanaand by die huis

wil bly, hoef jy nie saam met my te gaan nie."

"Dit is nie dat ek nie saam met jou wil gaan nie. Ek hou net nie van die idee, dat jy besig is om met

my te maak soos dit jou pas nie."

Joubert kyk na die meisie voor hom. Sy is toe nie so onnosel soos wat hy gedink het nie. Hy sal

voortaan versigtiger moet wees. Netnou sien sy deur hom en dan is al sy planne daarmee heen.

"Goed Anita as dit jou beter sal laat voel. Sal jy asseblief saam met my na vanaand se skoudans

gaan?" vra hy met 'n glimlag om sy lippe.

Anita kyk op na die groot man voor haar. Sy wonder wat hy sal sê as sy nee moet sê. Sy glimlag op

na hom.

93

"Dit sal lekker wees dankie," sê sy en begin weer agter Andre aanloop, wat al amper buite sig

verdwyn het tussen die stalletjies.

Joubert kyk haar geamuseerd agterna en voel hoe 'n opgewondenheid van hom besit neem.

Dit is amper halfsewe toe Joubert aan Anita se hotelkamerdeur aanklop. Hy is netjies in 'n

slenterpak uitgevat en voel hoe sy hande liggies bewe toe hy weer moet aanklop. Die volgende

oomblik maak Anita die deur oop. Joubert kyk na die beeldskone vrou voor hom. Hy kan nie help

om haar bewonderend aan te kyk nie. Sy het 'n bloedrooi rok aan wat haar liggaam perfek afbeeld.

Haar lang raafswart hare hang los oor haar skouers en blink liggies in die aandlig.

"Jy lyk pragtig," sê hy eerlik toe sy hom groet.

"Dankie," is al wat sy glimlaggend uitkry.

"Ek kry gou my handsakkie dan kan ons maar ry," sê sy en draai om om dit in die kamer te gaan

haal.

"Wat het jy met Andre gemaak?" vra hy later, terwyl hy die motor behendig in die rigting van die

skouterrein wegstuur.

"My ma het vanaf die plaas deurgekom en bly hy vanaand by haar in die kamer net langs myne," sê

sy sonder om na Joubert te kyk.

"Ek hoop nie ek het julle reëlings deurmekaar gekrap nie?" sê hy en gee 'n vinnige blik in haar

rigting.

"Nee wat. My ma sou buitendien môre deurgekom het. Ek dink dat sy in elke geval bly was toe ek

haar vroeër geskakel het, om te vra of sy nie maar vanaand al wil deurkom nie."

94

"Dan is ek bly. Die feit dat ons boere almal oorslaap met die skou, is seker vir jou 'n aardigheid

ne."

"Nee wat dit is darem te verstane. Dit is in elk geval te ver om heen en weer te ry. Buitendien kan

ek verstaan dat 'n boer soos jy naby aan jou trots wil wees vir enige probleme wat mag opduik."

Joubert draai by die skouingang in en bring die motor tot tussen twee ander motors tot stilstand.

"So ja hier is ons. Mensig maar dit lyk asof die hele dorp vanaand hier is," sê hy terwyl sy blik oor

die motors gaan.

"Trek jy dalk kleinkoppie om vanaand saam met my gesien te word," vra Anita en mik om haar

deur oop te maak.

"Nee wag sit. Ek sal die deur vir jou oopmaak," sê hy en vlieg uit die motor.

Toe hy die deur vir haar oophou, neem sy sy hand wat hy vir haar aanbied. Wanneer sy buite die

motor staan, trek hy haar nader aan hom, sodat sy haar kop agteroor moet buig, om hom in die oë te

kan kyk.

"Wat jou opmerking van netnou betref. Ek weet dat ek vanaand die pragtigste vrou in hierdie hele

kontrei, aan my sy het. Dit is ook vir my 'n voorreg om saam met jou vanaand hier te wees, en weet

ek dat menigte mansmens my vanaand gaan beny. So juffrou, dit is jy wat in hierdie dans gedwing

was, en nie ek nie."

Anita laat sak haar blik blosend voor die van Joubert.

Hy neem haar aan die hand en saam stap hulle die groot saal binne.

Binne krioel dit van geselsende mense. Joubert se blik dwaal soekend oor die mense heen totdat hy

vir Leon wat met sy arm beduie, waar hulle sit, raaksien. Terwyl hulle deur die tafels beweeg, groet

Joubert hier en daar 'n bekende gesig. Anita kan sien, dat die bekendes beslis wonder oor haar

95

teenwoordigheid aan Joubert se sy.

Toe hulle by hul vriende aansluit, is daar eers 'n oor en weer groetery, voordat hulle by die tafel

plaasneem.

"Mensig maar, jy is darem 'n gelukkige ou, Joubert," sê Johan terwyl hy bewonderend na Anita

staar.

"Jy kan darem bly wees dat ek al 'n getroude man is," sê hy terwyl Ella speels 'n hou na hom mik.

"Dink jy ook dat ek vanaand die mooiste blom in die kontrei, aan my sy het, Johan?" vra hy terwyl

hy na Anita kyk.

Anita voel weer hoe sy begin bloos oor die skielike aandag wat sy kry. Joubert buk oor na haar en

fluister saggies in haar oor.

"Jy weet seker teen hierdie tyd dat ek jou onweerstaanbaar vind as jy bloos. Ek is sommer lus en

soen jou voor al hierdie mense."

Joubert se woorde veroorsaak net dat Anita nog verder bloos. Sy slaan haar lang oogwimpers skaam

neer en voel hoe haar hartklop begin versnel. O, hoe wens sy, dat hy dit ernstig met haar bedoel. As

sy terugdink aan hulle eerste dag van herontmoeting, weet sy, dat hy net besig is om toneel te speel.

"En toe ou maat, wat dink jy is jou kanse môre met die perdekompetisie," verbreek Leon haar

gedagtegang.

"Ek dink Gemoedsrus gaan hierdie jaar nog beter doen as al die vorige jare. Ek is net spyt dat my

pa nie hier is om dit te beleef nie."

"My maggies, ek wou mos sê, ek het hulle nie vandag by die skou gesien nie. Waar is hulle dan

Joubert?" vra Betsie.

96

"My ma se broer het skielik siek geword, en is hulle inderhaas weg om hom by te staan. Jy weet

met sy vrou se dood verlede jaar, het hy nou geen kind of kraai, wat na hom kan omsien nie."

"Ag dis nou jammer. Nou mis hulle die hele skou. Jou pa is seker baie spyt daaroor?"

"Ja, hy was nogal. Jy weet die skou is 'n groot gebeurtenis en is dit iets wat niemand van ons

dorpie, graag wil misloop nie." Anita luister met aandag na die gesprek. Sy wonder watter soort

mense Joubert se ouers is. Sy wonder of hulle haar sal aanvaar, as hulle nou skielik moet ontmoet.

Veral na wat sy hulle seun destyds aangedoen het.

"Anita, hoor jy wat ek sê?" ruk Joubert se stem haar terug tot die werklikheid.

"Ekskuus, ek het nie gehoor nie, sê sy duidelik onkant gevang.

"Ek vra of jy lus het om te dans?" sê Joubert weer.

"Ja, dankie. Die orkes maak sulke lekker musiek, dat my voete eindelik jeuk om 'n bietjie te dans."

Joubert staan op, neem Anita aan die hand en lei haar na die dansvloer. Wanneer hy haar in sy arms

neem, en wegstuur oor die dansbaan, kom 'n bekende gevoel van ses jaar gelede weer terug tot haar.

Sy staan weer verbaas oor die gemaklikheid, waarmee sy en Joubert op die dansbaan oor die weg

kom. Die gebeure van ses jaar gelede speel weer voor haar geestesoog af. Sy onthou hoe lekker het

sy en Joubert daardie betrokke aand ook gedans.

"Wat is dit vanaand met jou meisiekind? Jy hoor sowaar nie 'n woord wat ek sê nie," praat Joubert

hier in haar oor.

Anita voel hoe sy bloos, omdat dit die tweede keer in 'n kort rukkie vanaand is, dat Joubert haar

onkant vang.

"Ag ek is jammer, Joubert. My gedagtes was elders. Ek belowe dat ek van nou af sal luister wat jy

sê."

97

"Ek hoop so, anders trek ek jou nou oor my skoot en kry jy die loesing waarvoor jy vra," spot hy.

"Jy sal dit darem waag," spot sy terug.

Die res van die aand verloop verder baie gesellig. Anita kan nie onthou wanneer laas sy 'n aand so

geniet het nie. Joubert is 'n wonderlike metgesel en vind sy sy geselskap baie aangenaam. Was dit

nie vir dit wat tussen hulle gebeur het nie, sou sy sweer, dat hulle baie goeie vriende was.

Dit is al na middernag toe Joubert voor die hotel stilhou. Hy draai na Anita en kyk lank na haar.

Anita voel hoe haar hart wild binne in haar begin bons.

"Anita dit was 'n wonderlike aand. Ek kan nie onthou wanneer laas het ek my soveel geniet nie.

Baie dankie. Ek hoop jy het die aand net soveel soos ek geniet?"

"Ek het, dankie Joubert," sê sy en draai haar blik weg van syne af.

Joubert klim uit, loop om die motor om haar deur vir haar oop te maak. Wanneer hulle later voor

haar kamerdeur tot stilstand kom, neem hy die sleutels uit haar hand en sluit die deur vir haar oop.

Voordat sy na binne kan gaan, keer hy haar.

"Anita wag eers asseblief," sê hy terwyl sy hand om haar boarm sluit.

Sy draai om na hom en voordat sy kan keer, is sy arms om haar en brand sy lippe hongerig op hare.

Anita voel hoe die bloed vinniger deur haar are begin bruis. Die hitte van Joubert se liggaam en die

opwinding van die aand veroorsaak dat sy alle realiteite verloor. Haar arms kruip teen Joubert se

bors op en sluit om sy nek. Sy begin hom met oorgawe terugsoen.

Wanneer hy haar uiteindelik laat gaan, staan sy met 'n hygende bors na hom en opkyk.

"Nag Anita," sê hy dan sag en draai sondermeer om.

Anita gaan haar kamer binne en maak die deur agter haar toe. Lank nadat Joubert se voetstappe

verdwyn het, staan sy nog steeds met haar rug teen die toe deur. Binne in haar woed 'n onbekende

98

emosie. Sy het elke oomblik van Joubert se omhelsing geniet. Net so geniet soos ses jaar gelede.

Genade nee! Sy het hom nog net so lief soos ses jaar gelede. Trane van hartseer en verdriet rol

skielik oor haar wange, met hierdie nuwe ontdekking. Sy weet dat dit 'n hopelose liefde is. Joubert

haat haar, en is net besig om met haar gevoelens te speel. Later daardie aand raak sy met 'n nat

kussing aan die slaap.

Joubert loop na sy kamer verder die gang af. Hy voel tevrede met die vordering wat hy sover met

Anita gemaak het. Sy staan beslis nie onverskillig teenoor hom nie. Hy moet net nie oorhaastig

begin word nie. Sy moet eers goed uit sy hand eet, voordat hy sy planne in werking kan stel, anders

kan dinge lelik skeef loop. Hy kry skielik skaam vir sy wraakgedagtes. Vererg wonder hy wat met

hom aangaan. Sy het mos daarvoor gesoek en gaan maar net kry wat sy verdien het, probeer hy sy

gewete sus. Later daardie aand, toe die slaap hom bly ontwyk, staan hy op en trek vinnig aan. Hy

stap af na sy motor en ry later vinnig in die rigting van die skouterrein. Nadat hy hom vergewis het,

dat Jantjie op sy pos is, en dat al die perde rustig is, ry hy weer terug na sy hotelkamer. Dit is byna

drieuur voordat hy aan die slaap raak. Dit is egter 'n onrustige slaap en droom hy van 'n swartkop

nooi met blou oë wat hom verwytend aankyk. Toe hy uiteindelik wakker skrik is dit met 'n

natgeswete liggaam. Hy kyk op sy horlosie en sien dat dit nou eers vyfuur is. Vererg staan hy op

omdat hy weet, dat hy nie weer aan die slaap sal raak nie. Hy spring vinnig deur die stort, trek vir

hom 'n sportbroekie aan en loop op die balkon van sy kamer uit. Hy trek die vars lug met diep teue

in en gaan sit op 'n stoel wat op die balkon staan. Wanneer hy na die rye balkonne aan sy linkerkant

kyk, verskyn 'n frons op sy gesig. Drie kamers van hom af, sit daar ook iemand op die balkon.

Wanneer die meisie opkyk in sy rigting, herken hy Anita. Sy het haar kamerjas aan en sit met

opgetrekte bene op die stoel. Hy waai vir haar en wanneer sy hom raaksien waai sy terug.

99

Anita kan nie glo wat sy sien nie. Dit is sowaar Joubert wat daar op sy kamer se balkon sit. Sy

wonder of hy altyd so vroeg opstaan, of het die slaap hom ook ontwyk. Sy weet dat daar vir haar

nog 'n lang dag voorlê en wonder hoe sy die dag gaan maak, met die min slaap wat sy gehad het.

Later toe sy, haar ma en Andre die eetsaal binnegaan om ontbyt te eet, kry hulle Joubert by een van

die tafeltjies sit. Andre kies dan ook dadelik koers in sy rigting. Sonder om twee maal te dink, trek

Joubert vir hom 'n stoel uit, sodat Andre by hom aan tafel kan plaasneem. Anita en haar ma word

deur hierdie gebaar van Joubert, verplig om ook by hulle aan tafel plaas te neem.

"Môre tannie,... Anita." Het julle darem lekker geslaap in die vreemde bed?" vra Joubert

belangstellend.

"Môre Joubert. Jong, ek het soos 'n klip geslaap en het die vreemde bed my geensins gepla nie,"

groet Susan vriendelik. Anita groet met 'n kopknik en vermy Joubert se oë.

Joubert kyk vraend na haar en wanneer sy haar besig hou met die servet voor haar, verskyn 'n frons

op sy voorkop.

"Dit lyk my iemand anders het verlede nag net soos ek, glad nie 'n oog toegemaak nie," sê hy dan

aan niemand in die besonders nie.

Tydens die res van die ete is dit slegs Andre en Joubert wat met mekaar gesels, terwyl Susan ook

kort kort iets te sê het. Anita voel nie lus vir gesels nie en eet haar ontbyt in stilte. Wanneer Joubert

in haar rigting kyk, is dit met 'n frons op sy voorkop. Sy maak egter of sy dit nie raaksien nie en hou

haar besig met die ontbyt voor haar. Na ete maak Joubert verskoning en sê dat hy nog baie het om te

doen, voordat sy perde geskou word.

"Mag ek nie maar saam met oom Joubert ry nie mamma?" vra Andre en kyk vanaf sy ma smekend

na Joubert.

100

"Ek dink nie so nie, my kind. Oom Joubert gaan vandag baie besig wees, en gaan jy net in sy pad

wees," sê Anita terwyl sy Joubert met haar oë meet.

"Ag nee wat, dit is darem nie so erg nie. As dit jou goedkeuring wegdra, kan hy gerus die dag

saam met my deurbring. Buitendien gaan jy net so besig wees met die beoordeling, en dink ek nie

hy sal weer al die stalletjies saam met jou ma wil deurloop nie." "Ag sê ja asseblief mamma,"

smeek Andre weer.

"Goed jy kan saam met oom Joubert gaan. As hy egter te lastig word, kan jy hom gerus vir my

bring," kan sy nie verhelp om by te voeg nie.

"Nou goed, dan sien ons julle dan later by die skou," sê Joubert, neem Andre aan die hand en

verdwyn by die eetsaal se deur uit.

Anita kyk die twee met gemengde gevoelens agterna.

"Jy kon darem meer spraaksaam gewees het," verwyt Susan Anita toe die twee deur die deur

verdwyn.

"Ag mamma ek het nie 'n lekker nagrus gehad nie, en buitendien het ek niks te sê gehad nie,"

probeer Anita verskoning aanbied vir haar optrede.

"Jou optrede slaan my dronk, Anita. Hier het jy nou die ideale geleentheid om Joubert se guns te

wen, en gedra jy jou soos 'n verontregte skooldogter. Hoe dink jy gaan jy hom eendag kan vertel,

dat Andre sy kind is, as jy hierdie houding inneem?"

Anita se oë skiet skielik vol trane.

"Mamma verstaan nie," is al wat sy kan uitkry.

"As jy nie met my daaroor wil praat nie, is dit logies dat ek nie sal verstaan nie. Wat is dan

verkeerd my kind?" vra sy met meer simpatiek in haar stem.

101

"Ek het gisteraand besef, dat ek Joubert nog steeds liefhet, mamma," sê Anita gesmoord.

"Die probleem is net, dat hy nie dieselfde teenoor my voel nie. Hy is besig om 'n speletjie met my

te speel. Ek dink hy wil my terugkry vir wat ek jare gelede aan hom gedoen het."

"Is jy nie miskien bevooroordeeld teenoor hom nie. Sien jy nie dalk dinge raak, wat nie werklik

bestaan nie?" vra Susan meer begripvol.

"Nee mamma, ek dink nie ek is verkeerd nie. Ek ken Joubert nou wel nie goed nie, maar 'n vrou

weet wanneer 'n man dit eerlik en opreg met haar bedoel. Hier diep binne in my weet ek dat hy geen

liefde vir my het nie. Hy is net besig om met my gevoelens te speel."

"Ai, my kind ek hoop jy is verkeerd, anders gaan jy net verder seerkry," sê Susan en plaas haar

hand op Anita se arm.

"Die probleem is, dat ek bang is dat Joubert gaan agterkom, dat ek hom nog na al die jare steeds

liefhet. O, wat gaan ek doen mamma? Ek het hom so oneindig lief," sê sy terwyl haar oë weer vol

trane skiet.

"Die tyd sal leer my kind, die tyd sal leer," sê Susan terwyl haar hart uitgaan na haar enigste kind,

wat al soveel hartseer en verdriet beleef het.

Anita kyk met belangstelling na die volgende item op die program voor haar. Dit is toe net soos

almal verwag het. Joubert se perde maak skoonskip tydens die kompetisie en wen hulle feitlik al die

afdelings waarvoor hulle ingeskryf is. Sy kyk met belangstelling op toe die tweejaar oue vullens

ingelei word. Bedrieg haar oë haar of is dit klein Andre wat een van Joubert se perde inlei. Sy trek

haar asem hoorbaar van skok in, toe sy sien dat haar oë haar nie bedrieg nie. Is die mansmens dan

mal, wonder sy by haarself. Sy gee 'n sug van verligting toe sy sien, dat Jantjie in die agtergrond

102

naby Andre rondbeweeg. Sy wonder hoekom het Joubert besluit, dat Andre een van sy perde moet

skou. Hy weet absoluut niks van perde skou nie, en kan dit veroorsaak, dat hy hierdie afdeling

verloor. Na afloop van die item kan Anita net haar hande saamslaan. Andre het soos 'n wafferse

perdekenner Joubert se perd geskou en kon nie 'n voet verkeerd sit nie. Joubert wen dan ook die

hoeveelste toekenning vir die dag. Sy sien hoe Joubert Andre later opgewonde in die lug rondswaai,

nadat hy die perd afgelei het tot waar Joubert hom staan en inwag.

Dit is dan ook 'n opgewonde Andre wat haar later tegemoet hardloop. "Het mamma gesien? Het

mamma gesien hoe skou ek vir Prins. Jislaaik dit was nou lekker," babbel hy aanmekaar.

"Ek het gesien grootman," sê 'n glimlaggende Anita en gee hom 'n klapsoen om hom geluk te wens.

"En wat van my? Word ek nie ook gelukgewens nie? Dit was darem my perd wat so goed vertoon

het," praat Joubert hier agter Anita. Sy kom blosend regop en kyk verward in sy rigting, om te sien

of hy nie dalk spot nie. Sy gesig is egter doodernstig en kan sy geen tekens van spot daarin lees nie.

Sy stap huiwerig tot voor hom en steek haar hand na hom uit.

"Baie geluk Joubert, jou perde het fantasties gedoen. En dankie dat jy Andre ook geleentheid

gegee het. Ek dink hy gaan nog vir die volgende jaar oor hierdie dag praat."

Joubert ignoreer Anita se hand en stap tot teen haar. Hy plaas sy hande weerskante van haar skouers

en is sy genoodsaak om haar kop agteroor te gooi, om hom in die oë te kan kyk.

"As jy darem dink dat ek met 'n handdruk tevrede gaan wees, maak jy 'n groot fout," sê hy terwyl

hy sy kop afbuig na haar.

Joubert soen Anita sag op die lippe. Vir 'n oomblik lig hy sy kop op en praat hier naby haar gesig,

terwyl die tergduiweltjies duidelik in sy oë gelees kan word.

"Dit is hoe ons boeregemeenskap daaraan gewoond is, om iemand geluk wens," sê hy en druk weer

103

sy lippe sag op hare.

Vir Anita voel dit of die wêreld haar maar kan insluk. Dit voel vir haar of die hele Robertson vir

hulle staan en kyk. Wat is dit met Joubert? Was een soen dan nie genoeg nie. Hoekom moet hy

haar vir 'n tweede keer soen. Sy weet dat sy nie kan teëstribbel nie en laat hom begaan. Joubert se

lippe rus dan ook hierdie keer langer as wat normaal is, op haar lippe. Wanneer hy haar uiteindelik

laat gaan, kan sy sien hoe die mense in hulle onmiddellike omgewing hulle belangstellend staan en

dophou.

"Die mense is besig om hulle aan ons te vergaap," sê sy skamerig op na hom.

"Asof ek my al ooit aan mense gesteur het," sê Joubert en mik weer om haar te soen.

Anita wat hierop voorbereid was, gee 'n tree terug en kyk hom geamuseerd aan.

"Moenie dinge oordryf nie meneer Retief," sê sy terwyl haar hart wild binne in haar begin bons.

"Wat van al die ander perde wat ook gewen het?" vra hy met 'n glimlag om sy lippe.

"Jy is skoon verspot Joubert. Kom ons loop, voordat ons die middelpunt van bespreking word, vir

hierdie mense wat ons nou al oopmond staan en aangaap."

Joubert slaan sy arm om Anita se skouers en stap so met haar in die rigting van die stalle. Andre wat

nie die grootmense se gesprek kon volg nie, het hulle net so gelos en na Jantjie by die stalle

gehardloop. Saam staan hulle nou die twee en dophou soos hulle aangeloop kom na die stalle.

"Jy is besig om jou geluk tot die uiterste te beproef, Joubert. Jy weet ek kan nie voor al die mense

'n kabaal opskop nie en maak jy duidelik misbruik daarvan," sis sy deur saamgeperste lippe.

"Ek is jammer as jy dit in daardie lig sien," sê Joubert af na haar, terwyl hy haar op die kroontjie

soen.

Vir Anita voel dit of haar hart kan gaan staan. Hoekom doen Joubert dit aan haar? Besef hy nie wat

104

hy besig is om aan haar te doen nie? Sy het hierdie mansmens met haar hele hart en wese lief.

Besef hy nie hoe sy aanraking haar ontstel nie? Sy is seker dat hy die liefde vir hom, in haar oë kan

lees. O, Joubert asseblief moenie my so treiter nie, kreet dit in haar binneste.

Wanneer hulle by die stalle aankom, los Joubert haar en begin hy opdragte gee dat die perde gelaai

moet word. Sy en Andre staan en kyk belangstellend toe hoe die opreggeteelde diere, behendig op

die perdewa gelaai word. Wanneer die taak afgehandel is, draai Joubert na haar.

"So ja. Hoe lyk dit met ietsie om te drink voordat ons terugry?"

"Liewer nie. Ek gaan net gou eers my ma soek dan gaan ons ook vertrek."

"Ag dit is nou jammer. Ek is baie dors en is beslis nie lus om iets op my eie te gaan drink nie."

"Ek is jammer Joubert, maar ek bly by my besluit. Buitendien het ons al genoeg van mekaar

hierdie naweek gehad," is die woorde uit voordat Anita kan keer.

Joubert kyk haar fronsend aan.

"En wat sal jy nou met daardie woorde bedoel?" vra hy effens uit die veld geslaan.

"Net wat ek sê," probeer Anita haar verleentheid verberg.

"Wel ek weet nie wat die strekking van jou woorde beteken nie. Ek het gedink dat jy die naweek

net soveel soos ek geniet het. Dit lyk my ek was verkeerd. As jy my sal verskoon, ek moet nog 'n

paar dinge doen voordat ek kan terugry na Geluksdal."

Joubert krap met sy hand, Andre se hare deurmekaar en met 'n "sien jou weer grootman," draai hy

om en stap weg van hulle af.

Dit voel vir Anita of sy haarself kan skop oor haar uitlating. Nou is Joubert vir haar kwaad en het sy

dinge net meer gekompliseerd gemaak. Terwyl sy en Andre deur die stalletjies beweeg, op soek na

haar ma, wonder sy so in haar enigheid wat die toekoms nog gaan oplewer.

105

Nadat Joubert sy motor se sleutels aan oom Kootjie oorhandig het, vertrek hy met die perdewa terug

na Gemoedsrus. Sy gedagtes is in 'n warboel. Hy wonder wat het Anita bedoel. Staan sy toe nie so

onverskillig teenoor hom soos hy gedink het nie. Hy kan nie dink, dat hy hom so met haar misgis

het nie. As dit wel die geval is, gaan daar niks van sy wraakgedagtes kom nie. Hoe haat hy haar

nie? Sy is die eerste mens wat dit kon regkry, om hom so seer te maak. Hy was al in sy lewe

verlief, maar besef dat dit nie dieselfde liefde was, wat hy vir Anita gevoel het nie. Hy kom weer tot

die besef, dat hy Anita versigtiger sal moet benader, want dit lyk of sy besig is om deur hom te sien.

Hoofstuk 8

106

Die volgende week wat volg, is vir Anita 'n straf. Sy kan eenvoudig nie vir Joubert uit haar gedagtes

kry nie. Andre maak dit ook nie vir haar maklik nie en wil met alle geweld elke dag vir Sultan gaan

kuier. Tot dusver kon sy hom nog oortuig, dat sy te besig is. Sy weet egter, dat dit 'n leuen is, en dat

sy Joubert met alle geweld wil vermy. Sy sien nie kans om so gou na die ontdekking dat sy hom nog

liefhet, weer kragte met hom te meet nie. Sy weet, dat sy in elk geval tweede sal kom en dat sy nie

'n teenvoeter het, indien hy sy attensies op haar sou afdwing nie. Sy is soos klei in sy hande en

geniet sy in elk geval, elke oomblik daarvan. Sy kan Joubert ook nie vir ewig vermy nie, en het sy

Andre belowe dat hulle vanmiddag kan oorry na Gemoedsrus. As sy daaraan dink, dat sy hom weer

vanmiddag gaan sien, neem 'n onbekende opgewondenheid van haar besit.

Waar Joubert in sy studeerkamer sit, kyk hy fronsend op toe hy 'n motor hoor aankom. Hy wonder

wie dit kan wees? Is dit nie dalk Anita en Andre nie? Dit is al Donderdag en was hulle nog nie

weer hier op Gemoedsrus nie. Hy wonder hoekom vermy sy hom. Hy weet, dat Andre haar sou

verpes het, om elke dag hierheen te kom. Die volgende oomblik is daar 'n sagte klop aan die deur.

Joubert kyk op. 'n Onwillige Anita staan in die deuropening. Joubert staan van agter sy lessenaar op

en stap haar tegemoet.

"Haai vreemdeling, kom gerus binne," groet hy vriendelik.

"Hallo Joubert. Jammer dat ek so hier inbars, maar hier was niemand om ons te ontvang nie," sê sy

107

terwyl sy in een van die stoele plaasneem.

"Ag vergewe my. Ek het skoon vergeet dat oom Kootjie en tant Emma Robertson toe is. Ek sou

julle natuurlik self by die deur ontvang het, as ek onthou het, dat hier niemand is nie. Waar is Andre

dan?" vra hy terwyl hy in die gang af loer.

"Waar dink jy? Natuurlik al by die stalle. Ek kon hom nie keer om eers te kom groet nie, en het hy

soos 'n vlakhaas na die stalle gehardloop toe hy vir Jantjie daar gewaar het."

"Sies vir jou om hom so te straf. Hoekom bring jy hom nie elke dag om vir Sultan te kom kuier

nie?"

"Ag ek was die afgelope week maar baie bedrywig," jok sy, terwyl sy sy oë vermy.

"Hoekom jok jy vir my Anita," vra Joubert haar reguit.

Anita kyk geskok op na Joubert. Hoe weet hy dat sy vir hom jok.

"Jy vermy my al die hele week. Daar is beslis êrens 'n slang in die gras. Ek weet mos, dat Andre

jou sou verpes het, om elke dag vir Sultan te kom kuier."

"Ek jok nie Joubert sê sy baie sag," terwyl sy weer sy oë probeer vermy.

Joubert stap tot voor haar en kyk haar vierkantig in die oë.

"Jy is kwaad vir my en ek weet nie hoekom nie. Toe uit daarmee. Ek wil weet wat ek verkeerd

gedoen het."

"Ek weet nie waarvan jy praat nie. Ek is nie kwaad vir jou nie. Ek was regtig net te besig," sê sy

en voel hoe sy liggies begin bloos.

"Nou goed kom ons los dit maar eers daar. Hoe lyk dit, gaan jy vir my 'n bietjie koffie maak?"

Toe Anita hom vraend aankyk, verduidelik hy vinnig.

"Ek het al die bediendes afgegee, en is ek alleen hier tot Sondagaand. Die twee oumense het 'n

108

ietjie vir my ouers gaan kuier."

Anita kyk hom nou met meer begrip aan en knik dan haar kop.

"O, nou goed, kom dan gaan maak ek vir jou koffie."

Terwyl Anita met die koffiemakery besig is, hou Joubert haar geamuseerd dop.

Anita hou skielik op met waarmee sy besig was, en kyk op in Joubert se rigting.

"En wat vind jy miskien so geamuseerd," vra sy versigtig.

"Die feit dat jy en ek nou alleen hier in my kombuis is, terwyl jy my al die hele week probeer

vermy het."

Anita draai dadelik weer weg van Joubert en hou haar met die skinkbord voor haar besig. Joubert

sien beslis deur haar. Dit lyk of hy haar gedagtes kan lees. Sy weet nie hoe sy haar liefde vir hom

gaan wegsteek nie.

"Het jy gehoor wat ek sê, Anita?" vra Joubert weer.

"Ja ek het gehoor," sê sy en tel die skinkbord voor haar op.

"Waar gaan ons ons koffie drink?" vra sy en draai met die skinkbord om na hom.

Joubert stap tot voor haar en plaas sy hande weerskante van die skinkbord op haar hande.

Anita staan versteen voor Joubert met die skinkbord tussen hulle. Sy weier om hom in die oë te kyk.

Sy voel hoe haar hartklop versnel, met die skielike aanraking van Joubert.

"Anita, hoekom weier jy om my in die oë te kyk?" vra hy saggies. Wanneer hulle oë ontmoet, sien

Joubert dat die trane vlak in haar oë lê.

"Haai, wat is dan fout jong? Wat het ek verkeerd gedoen?" vra hy verbaas, neem die skinkbord uit

haar hande en plaas dit op die kombuistafel.

Wanneer hy sy arms om haar sit, stap sy gewillig in sy omhelsing. Joubert voel hoe die liggaam van

109

die meisie in sy arms skielik begin ruk. Hy staan verslae met haar in sy arms en verstaan nie wat

besig is om te gebeur nie. Joubert laat Anita begaan en hou haar die hele tyd net styf vas, sonder om

iets te sê. Hy voel hoe sy hart week word, vir die klein mensie hier in sy arms. Skielik besef hy, dat

hy besig is om stapel gek te word. Hoe kan hy jammer vir haar voel, as hy haar haat. Wat is besig

om met hom te gebeur? Die volgende oomblik maak Anita haar los uit sy omhelsing.

"Ek is jammer. Ek weet nie wat is fout met my nie," sê sy met nog steeds betraande oë.

Joubert kyk na die vrou hier voor hom. Mensig maar sy is onweerstaanbaar! Veral as sy so

weerloos voorkom.

"Mag ek gou jou badkamer gebruik om my gesig te was?" ruk sy hom terug tot die werklikheid.

"Natuurlik. Die badkamer is in die gang af, die vierde deur aan die linkerkant."

Toe Anita omdraai, tel Joubert die skinkbord op en loop daarmee na die stoep. Wanneer sy later by

hom aansluit, is daar geen tekens op haar gesig, van wat vroeër in die kombuis gebeur het nie.

"Ek is jammer oor netnou. Ek voel maar net 'n bietjie oorwerk. Ek was die afgelope week baie

besig. Ek het nie besef dat 'n veearts so baie werk het nie. Daar waar ek vandaan kom, was ons

twee en kon ons mekaar aflos."

Joubert kyk af in die meisie se gesig voor hom. Hy wonder of sy die waarheid praat, maar besluit

tog om dit daar te laat.

"Nou aangesien jy oorwerk is, hoe lyk dit is jy nie lus om hierdie naweek 'n bietjie te ontspan nie?"

Anita kyk vraend op na Joubert. Nou moet sy versigtig wees, anders gaan Joubert agterkom, dat sy

nie die waarheid gepraat het nie.

"Ek het lus om Vrydagaand met 'n tent daar by die rivier te gaan uitkamp tot Sondagoggend. Ek

doen dit nogal gereeld, en vang dan sommer 'n bietjie vis. As jy wil kan jy en Andre my vergesel.

110

Dit is wonderlik om so nou en dan so naby aan die natuur te leef. Toe wat sê jy?"

Anita voel bitter lus om dit te doen, aangesien dit nogal lekker klink. Sy weet egter dat dit onder die

huidige omstandighede fataal sal wees. Hoe sal sy dit regkry om haar liefde vir Joubert weg te

steek, as sy die hele tyd in sy geselskap moet wees.

"Ek weet nie. Dit klink lekker, maar ek wil nie my ma sommer vir 'n hele nag alleen los nie," gryp

sy na die enigste strooihalmpie waaraan sy kan dink.

"Jy weet mos dat jy nou onsin praat, Anita. Met die skou sou jou ma ook alleen vir 'n nag op die

plaas deurgebring het, was dit nie dat ek en jy na die skoudans gegaan het nie."

Anita besef dat sy getroef is. Weereens is Joubert Retief net te slim vir haar.

"Nou goed ons sal saamgaan," besluit sy dan vinnig sonder om verder aan die gevolge van so 'n

stap te dink.

"Pragtig, dan is dit afgespreek. Ek sal julle môre middag so om en by vyfuur kom oplaai, as dit jou

natuurlik sal pas."

"Die tyd pas my dankie. Wat moet ek alles saambring?" vra sy met 'n beklemming oor wat die

besluit van haar stap gaan oplewer.

"Sorg jy net vir julle swemklere en natuurlik ook vir warm klere aangesien die nagte daar by die

rivier soms koud kan word. Los die res vir my. Ek sou buitendien die naweek by die rivier gaan

uitkamp het."

"Nou goed, dan is dit afgespreek. Kom ons gaan soek vir Andre. Dit is besig om laat te word en

sal my ma wonder waar bly ons so lank weg."

Nadat Anita en Andre vertrek het, is dit met gemengde gevoelens, wat Joubert aan die plaaswerkers

opdragte uitdeel, om die naweek se kamptoerusting reg te kry.

111

Die volgende môre vroeg is hy uit die vere. Later ry hy en van die werkers af na die rivier om die

kampeerplek te gaan regmaak. Toe hulle uiteindelik klaar is, kyk hy met trots na die stukkie werk

wat verrig is. Anita behoort met niks fout te kan vind nie.

Dit is presies vyfuur toe Joubert op Wag-en-Bietjie se werf stilhou. Andre hardloop hom

opgewonde tegemoet.

"Jislaaik oom, ek is bly oom is uiteindelik hier. Gaan oom my regtig leer hoe om vis te vang?"

babbel hy opgewonde.

"Hallo grootman. Natuurlik gaan ek jou leer. Hoe lyk dit my jy kan nie wag dat ons by die rivier

kom nie?" kan hy nie help om glimlaggend te vra nie.

"Hy het verlede nag amper niks geslaap nie," praat 'n stem vanaf die stoep.

Joubert kyk op en sien Anita in die deuropening staan. Sy het 'n slenterbroek aan, wat haar pragtige

liggaam nog meer beklemtoon. Joubert voel hoe sy hartklop versnel, en moet hy homself vermaan

om kalm te bly.

"Hallo, Anita. Is julle gereed?" vra hy terwyl hy haar bewonderend aankyk.

"Ja ons is, dankie. Hier is die paar goedjies wat jy solank op die bakkie kan laai," sê sy selfbewus

voor die blik van Joubert.

Joubert kyk na die goed wat op die stoep staan.

"ʼn Paar goedjies. Mensig ons gaan net vir twee nagte kamp," sê hy en skud sy kop vir alles wat op

die stoep staan.

"En het jy miskien gedink ek sou my kinders met leë hande saamstuur," praat 'n stem agter Anita.

112

Joubert kyk hoe Susan de Klerk met 'n glimlag op die stoep te voorskyn kom.

"Hallo, tante. Ek het vir Anita gesê dat sy niks eetgoed moet saambring nie. As ek na al hierdie

goed kyk, lyk dit vir my of ons die naweek net gaan eet," sê hy glimlaggend.

"Toemaar hier is niks wat kan bederf nie. As julle dit nie kan opeet nie, bring julle dit maar net

weer terug," sê Susan en help Joubert om alles na die bakkie te dra.

Nadat almal Susan gegroet het, staan sy met gemengde gevoelens die drietal agterna en kyk. Sy

hoop net dat Joubert dit goed bedoel met haar dogter. As Anita se voorgevoel reg is, gaan haar

dogter nog bitter seerkry. Sy hoop van harte dat dinge tussen die twee sal regkom. Sy draai met 'n

swaar gemoed om en stap die opstal binne.

"En toe wat is jou eerlike opinie?" vra Joubert aan Anita, nadat hy haar deur die hele kampplek

geneem het.

"Dit is fantasties. Jy het vreeslik baie moeite gedoen. Ek hoop nie jy het dit net gedoen omdat ek

en Andre by is nie?"

"Ek wou maar net nie hê dat jy na die naweek besluit, om nooit weer saam met my te kamp nie," sê

hy glimlaggend.

"Dit was regtig nie nodig om soveel moeite te doen nie, Joubert. Maar dankie in elk geval."

"Noudat jy weet waar alles is, kan jy gerus jou swembroek gaan aantrek, sodat ons Andre en Jantjie

se voorbeeld kan volg."

Anita kyk waar Andre en Jantjie in die vlak water baljaar. Dit was gaaf van Joubert om Jantjie ook

saam te bring. Nou is daar darem iemand wat die hele tyd 'n ogie oor hom kan hou.

113

Anita kom later selfbewus uit haar tent gestap, met 'n handdoek om haar lyf gedraai. Joubert staan

net in sy swembroek vir haar en inwag. Sy kyk na hom en besef weereens hoe groot en sterk hy is.

"Kom, die water lyk aanloklik," sê Joubert, terwyl hy haar aan die hand gryp en met haar die water

inhardloop.

Anita het net genoeg tyd om die handdoek van haar lyf af te pluk en op die grond neer te gooi.

"Wil jy hê my hart moet gaan staan, mansmens," gil sy toe haar kop bo die water te voorskyn kom.

"Moenie vir my sê jy is bang vir koue water nie," sê Joubert laggend.

Anita swem tot by hom en druk sy kop onder die water in.

"Dit sal jou leer om met my te sukkel," sê sy toe hy 'n ent van haar onder die water te voorskyn

kom.

Dit is heelwat later toe 'n uitgeputte Anita op 'n klip langs die rivier, haarself in die son uitstrek om

droog te bak. Dit is darem 'n lekker swemgat wat die rivier hier maak dink sy, terwyl sy kyk hoe

Joubert vir Andre dieper die watergat in help. Sy kyk glimlaggend hoe Andre aan sy nek hang.

Haar seun het 'n geweldige heldeverering vir Joubert. Sy wonder wat sal hy doen as hy moes weet

dat dit sy pa is, aan wie hy nou so hang. Die res van die aand verloop wonderlik, en sit sy en Joubert

tot laatnag en gesels om die kampvuur. Wanneer sy later uiteindelik gaan slaap, voel sy effens

teleurgesteld, omdat Joubert nie weer probeer het om haar te soen nie.

Anita sit die volgende môre net na ontbyt, belangstellend en kyk hoe Joubert en Jantjie aan Andre

verduidelik hoe om vis te vang. Eers word aan hom gewys hoe om visstroppe te maak. Daarna

114

word die hoeke versigtig aangesit en dan word die katrol op die visstok gesit, sodat die strop aan die

vislyn gehak kan word. Met die ingooi is dit 'n aardigheid soos wat daar gelag word. Andre los die

lyn elke keer te gou en val die hoek met die aas of te kort of sommer al agter hom. Joubert neem

later die stok en wil net self ingooi toe Anita hom keer.

"Wag, gee my 'n kans," sê sy en neem die stok uit sy hande.

Joubert kyk haar verbaas aan, toe sy die aas behendig, met een beweging in die water gooi.

"En waar het jy geleer om dit te doen?" vra hy, die verbasing nog steeds op sy gesig.

"O, ek het baie saam met my pa gaan visvang," is al wat sy skouerophalend sê.

Die res van die dag is daar 'n groot kompetisie aan. Joubert en Andre vang teen Anita en Jantjie vis.

Dit is 'n geskarrel soos die een groep die ander probeer uitoorlê. Joubert probeer kort-kort een of

ander slinkse idee om Anita te probeer afsit, sodat sy nie 'n vis kan vang nie. Toe hy weer een keer

met haar stok peuter sien sy hom.

"Sies jou gemene mansmens! Ek en Jantjie is besig om te wen en nou trek jy suurdruiwe," roep sy

laggend uit, terwyl sy op hom afstorm om hom te verwilder.

Joubert los haar stok vinnig en neem weer op sy kampstoeltjie plaas.

Wat daarna gebeur het kon niemand verklaar nie. Anita was amper by Joubert toe haar voet aan een

van die visstokke vashaak. Die volgende oomblik trek sy soos 'n vrot vel deur die lug en val Joubert

van sy stoel af. Saam rol hulle teen die rivierwal af en beland binne in die water. Toe Anita se kop

proesend bo die water verskyn, snak sy na haar asem, toe sy net bloed om haar sien. 'n Entjie van

haar af, probeer 'n bebloede en deurmekaar Joubert regop in die water staan.

"Jantjie gou, kom help my," skreeu sy op 'n verdwaasde Jantjie en storm op Joubert af.

"Joubert wat het gebeur?" vra sy bekommerd toe sy die bloed aan sy kop sien.

115

"Ek dink ek het my kop teen 'n klip in die water gestamp," sê hy nog steeds effens deurmekaar.

Anita plaas haar arms om Joubert en saam help sy en Jantjie hom die wal uit tot by die kampplek.

Daar laat sy hom dadelik plat lê, sodat sy die wond aan sy kop kan ondersoek.

"Jantjie, kyk gou in my tent. Ek het my noodhulpsak saamgebring," sê sy met 'n bekommerde

uitdrukking, aan Jantjie, wat met wit oë staan en kyk hoe die bloed oor Joubert se voorkop stroom.

"Joubert ek is so jammer," sê sy, terwyl sy met 'n handdoek die ergste bloed van sy gesig afvee.

"Ag nee, ou kinta, dit was mos 'n blote ongeluk," sê hy op na die bekommerde gesiggie hier bo

hom.

Anita gaan sit op haar knieë en plaas Joubert se kop op haar skoot. Terwyl sy nog steeds die bloed

van sy gesig afvee, hou hy haar gesig stip dop. Die bekommerde uitdrukking in haar oë, laat

tergduiweltjies in sy oë verskyn. Hy maak sy oë toe en kry die gewenste uitwerking waarna hy

gesoek het.

"Joubert wat is dit? Wat is verkeerd?" vra sy en buk nader af na hom.

Die volgende oomblik gaan sy oë oop en prewel hy saggies.

"As ek 'n soen kry sal ek jou vertel," sê hy glimlaggende.

Anita skrik so groot, dat sy regop ruk.

"Joubert Retief, is dit nou nodig om my so te laat skrik. As ek my sonde nie ontsien nie, los ek jou

net so, dat jy jou kan doodbloei," sê sy terwyl 'n blos op haar wange verskyn.

"Mamma gaan oom Joubert hom doodbloei?" vra 'n bekommerde Andre, wat die petalje nog die

hele tyd stilswyend dopgehou het.

Anita kyk op in die bekommerde gesiggie. Genade sy het heeltemal van hom vergeet! Die gebeure

moes seker vir hom geweldig skokkend gewees het.

116

"Nee my hartjie, mamma speel sommer," sê sy, terwyl sy hom nader trek en 'n liefdevolle drukkie

gee.

Jantjie daag op met die noodhulpsak, en kan Anita die wond deeglik skoonmaak.

"Jy sal by 'n dokter moet uitkom, om steke te kry," is haar bevinding na 'n rukkie.

"En ons hele naweek bederf, dit sal die dag wees!" sê 'n ontstelde Joubert en probeer regop sit.

Anita druk hom egter terug, sodat hy weer met sy kop op haar skoot lê.

"Lê stil, dat ek die wond verder kan skoonmaak."

Joubert laat haar begaan en hou elke gesigsuitdrukking van haar dop, soos sy konsentreer om die

wond skoon te kry.

"Het jy 'n naald en gare in daardie noodhulpkassie van jou," vra hy na 'n rukkie.

"Ja ek het, maar as jy dink dat ek vir jou steke gaan insit, maak jy 'n groot fout. Jy moet by 'n

dokter uitkom. Netnou het jy harsingskudding opgedoen," sê sy weer bekommerd.

"Luister hier vroumens. Ek het reeds gesê ek gaan nie ons naweek bederf nie. As jy nie steke wil

insit nie, loop ek die hele naweek net so," sê hy beslis.

"Ag Joubert, hoekom moet jy nou so hardkoppig wees. Netnou het jy seerder gekry as wat ons

dink. As jy iets moet oorhou van die val, sal ek myself mos nooit vergewe nie."

"Jy is 'n veearts en kan goed sien, dat ek verder niks makeer nie. Sit jy net vir my die steke in, dan

is die wêreld weer dood dollies."

"Nou goed ou hardekop. As dit dan is wat jy wil hê, dan maak ons so."

"Wag net voordat jy begin. Jantjie vat vir Andre en gaan vang julle verder vis. Alles is nou weer

reg en gaan die dokter net my wond mooi skoonmaak," sê Joubert aan Jantjie, wat nog steeds met

groot oë die petalje staan en dophou.

117

"Goed meneer. Kom Andre, kom ons stap rivier toe," sê hy, terwyl hy Andre aan die hand weglei.

"Jy het sowaar weer verder as ek gedink," sê Anita terwyl sy die twee agterna kyk.

"Ek het skoon vergeet, van Andre en dat hy beslis nie moet sien hoe ek vir jou steke insit nie."

"Sien jy ek kan nog dink. Dit wys jou net, dat daar niks met my verstand verkeerd is nie," spot hy

met haar.

"Is jy seker dat ek moet voortgaan om steke in te sit," vra sy weer met 'n bekommerde uitdrukking

in haar oë.

"Jy kan maar voortgaan, dokter. Ek is nou geheel en al in jou hande," sê hy glimlaggend vir haar.

Anita het al baie wonde in haar lewe toegewerk. Sy kry egter elke keer seer, wanneer sy die naald

deur die wond druk, om dit toe te werk.

Joubert hou elke gesigsuitdrukking van die meisie dop, en verwonder hom aan die bekommerde

uitdrukking daarop. Hoekom sal sy nou so bekommerd lyk? Sy het mos al baie wonde in haar lewe

toegewerk.

"Is jy dalk bang dat ek kan doodgaan," verbreek hy skielik die stilte.

"Sjuut jy. Hou op om nonsens te praat," is al wat sy sê, terwyl sy die laaste steek knoop.

"So ja, ek is klaar," sug sy van verligting.

"Al moet ek dit nou self sê, dink ek dat ek 'n netjiese stukkie werk gedoen het," raak sy kwyt,

terwyl sy haar handewerk betrag.

Terwyl Anita die wond netjies toeplak, buk sy so laag af, dat haar hare in Joubert se gesig hang.

Voordat sy kan regop kom, sit hy sy arms om haar nek.

Sy kyk af in die oë van die man hier onder haar. Hulle gesigte is so naby mekaar, dat sy elke

beweging wat sy gesig maak, kan sien.

118

Joubert trek haar kop verder af na hom. Wanneer hulle lippe ontmoet, sluit Anita met 'n kreun haar

oë. Joubert soen haar sag en innig. Vir Anita voel dit of die tyd stil gaan staan het. Toe Joubert

haar uiteindelik laat gaan, staan sy vinnig op en begin haar noodhulptassie regpak.

Joubert staan ook op en hou haar geamuseerd dop.

"Die soen was net om dankie te sê," sê hy en kan nie verhelp om hom te verlekker in haar ongemak

nie.

Hy stap tot by haar en dwing haar om hom in die oë te kyk.

"Jy moet ophou om met my te maak net soos dit jou pas Joubert," sê sy sag, terwyl sy haar oë voor

sy blik neerslaan.

"Ek weet nie wat jy bedoel nie meisiekind," sê hy en dwing haar om hom weer in die oë te kyk.

"Ek weet nie watter speletjie jy besig is om met my te speel nie, Joubert. Al wat ek weet, is dat ek

nie bereid is om deel daarvan te wees nie."

"Ek is nie besig om speletjies met jou te speel nie Anita," sê Joubert effens onseker oor die situasie

waarin hy homself skielik bevind.

"Nou wat is jou bedoeling dan met my Joubert. Ons altwee weet, dat jy my nog nie vergewe het,

oor wat tussen ons gebeur het nie."

"Ek, ek weet nie waarvan jy praat nie, Anita," stotter Joubert duidelik in 'n hoek gedryf.

"Kyk mamma, oom Joubert. Kyk die groot vis wat ek gevang het," red Andre vir Joubert uit 'n baie

ongemaklike situasie. Hy kom met 'n groot vis in sy hande aangehardloop en swaai hom

triomfantlik in die lug rond.

"Bulperd maar jy het 'n mooi vis gevang. Kom ons gaan weeg hom, dan weet jy sommer hoe swaar

is hy," sê Joubert verlig om weg te kom van Anita, en al haar vrae.

119

Anita kyk die twee agterna en verwens Andre wat op so 'n ongeleë tyd opgedaag het. Sy was op die

punt om Joubert in 'n hoek te dryf. Sy is seker dat hy nie geweet het wat om haar te antwoord nie.

Dit is dan ook geen wonder dat hy so gestotter het nie. Sy besluit om die gesprek met hom te hervat,

sodra die regte geleentheid hom weer voordoen.

Later die Saterdagmiddag, toe die son net besig is om agter die horison te verdwyn, is sy en Joubert

vir die eerste keer weer alleen. Joubert is besig om vuur aan te steek, terwyl sy besig is om die vleis

voor te berei. Sy besluit om die onvoltooide gesprek van die middag weer aan te roer.

"Joubert, wat ons gesprek van vanmiddag betref. Jy is my nog 'n antwoord skuldig," sê sy en sien

hoe Joubert verstyf, waar hy besig is om nog hout op die brandende vuur te pak.

Joubert voel die ligte krieweling wat al langs sy rug af beweeg. Nou vir wat sal die vroumens nou so

aanhou met 'n ding. Hy weet hy skuld haar 'n antwoord, en is definitief nie van plan om haar daarop

te antwoord nie. Hoe kan hy in elk geval? As hy dit doen, kan hy nie meer voortgaan met die

planne wat hy beraam het nie.

"Joubert, het jy gehoor wat ek sê?" vra Anita toe sy sien dat hy nie reageer nie.

Joubert kyk op na haar, waar sy nou die vleis neergesit het, en hom direk aanstaar.

"Anita ek..... Is dit nie motorligte wat ek daar sien aankom nie?" vra Joubert en beduie in die rigting

waar motorligte nou duidelik te sien is.

"Dit lyk of iemand vir ons kom kuier het," sê Anita en staan en kyk hoe die ligte nader kom.

"Ek hoop nie daar is iets fout nie. Wie behalwe jou ma weet in elk geval, dat ons hier is?" sê

Joubert en loop die naderende motorligte tegemoet.

"Gedink julle kan vir ons hier wegkruip?" skree 'n jolige Johan waar hy agter op die bakkie sit.

"My genade, hoe het julle geweet ons is hier?" vra Joubert verbaas toe hy sien dat dit al hul

120

tennisvriende is.

"Naand buurman," groet Leon, terwyl hy van die bakkie afspring.

"Ek hoop nie julle neem aanstoot nie, maar ons klomp het besluit om ons self te nooi vir braaivleis

hier by julle."

"Natuurlik is julle welkom. Hier is in elk geval genoeg kos vir 'n weermag om te eet," sê Joubert

glimlaggend, terwyl 'n oor en weer groetery plaasvind.

Nadat die groetery afgehandel is, en elkeen met 'n drink dingetjie om die vuur plaasgeneem het, is

dit weer Joubert wat wil weet hoe hulle geweet het, dat hulle by die rivier uitkamp.

"Jong toe julle vanmiddag nie vir tennis opdaag nie, het Betsie eers daar na jou en toe na Wag-en-

Bietjie gebel. Tannie Susan het haar toe vertel dat julle twee hier kom uitkamp het."

"Ja en omdat julle twee ons nie ook saamgenooi het nie, gaan julle vir julle straf, vir ons almal

vanaand kos maak," lê Andries ook 'n stuiwer in die beurs.

Nadat die gelag bedaar het, is dit Betsie wat bekommerd vra, terwyl sy in die kamp rondkyk.

"Waar is Andre dan? Ek het van tannie Susan verstaan, dat hy ook saamgekom het."

"O, hy en Jantjie is besig om vis te vang daar onder by die rivier met die gaslamp. Joubert het hom

vandag geleer hoe en kan hy nie genoeg daarvan kry nie," sê Anita.

"En wat gaan daar by jou kop aan, Joubert?" vra Ella nuuskierig.

Joubert vat selfbewus aan die wond teen sy kop.

"Jong jy moet eerder vir Anita vra. Netnou vertel ek verkeerd en is ek dan in die warmwater."

Anita voel hoe sy begin bloos en gee Joubert 'n vernietigende blik.

"Hoe lyk dit my ek het nou aan 'n teer plekkie geraak?" sê Ella terwyl haar blik nuuskierig van die

een na die ander gaan.

121

"Ag Joubert maak of dit vreeslik ingewikkeld is, terwyl dit eintlik 'n blote ongeluk was," sê Anita

en begin die gebeure van die middag aan hulle skets.

Terwyl sy vertel, gee Joubert ook kort-kort sy wedervaringe, om meer kleur aan die storie te verleen.

Lank nadat sy klaar vertel het, word daar kort-kort 'n aanmerking gemaak oor die petalje van die

middag, waarop almal weer van vooraf uitbars van die lag.

Die aand word 'n gesellige kuiertjie en nie lank nadat hulle vriende vertrek het nie, maak Anita

verskoning en verdwyn na haar tent.

Vir Joubert het die slaap ontwyk. Hy sit nog tot lank na middernag en staar na die vuur. Die

gebeure van die dag speel voor sy geestesoog af. Hy moet dit aan homself erken, dat hy Anita en

Andre se teenwoordigheid vandag geweldig geniet het. Hy wonder wat is besig om met hom te

gebeur? Hoe kan hy Anita se teenwoordigheid geniet, as hy veronderstel is om haar te haat? Later

net voordat hy ook wil gaan slaap, loer hy gou by Anita se tent in. In die een hoek van die tent vertel

Andre se asemhaling hom, dat hy rustig slaap. Sy oë dwaal na die ander kampbedjie in die tent,

waar Anita veronderstel is om te lê. Dit is egter leeg. Nou waar sou sy dan wees, wonder hy en

begin die omgewing te verken. Hy vind haar later by die rivier, waar sy oor die water sit en staar.

"En nou, as jy hier sit? Ek dag jy slaap al lankal?" sê hy en gaan sit langs haar.

"Ag ek kon nie aan die slaap raak nie, en het toe maar besluit om op te staan," sê sy, terwyl sy in sy

rigting blik.

"Is dit vanmiddag se antwoord wat ek jou nog steeds skuld, wat by jou spook Anita?" vra Joubert

en draai haar na hom, sodat sy hom in die oë moet kyk.

"Ja, en natuurlik 'n duisend ander vrae wat ook by my spook."

"Hoekom wil jy weet wat my bedoelings met jou is? Hoekom kan ons nie soos gewone mense,

122

dinge sy eie gang laat gaan nie?

"Omdat die omstandighede waarin ons, ons bevind nie die van gewone mense is nie Joubert," sê sy

en slaan haar oë neer voor sy blik.

Joubert vat haar weerskante van haar skouers, en dwing haar om hom weer in die oë te kyk.

Wanneer sy lippe hare ontmoet, voel dit vir Anita of sy nie meer rasioneel kan dink nie. Joubert

soen haar met 'n dringendheid wat haar kop laat draai. Sy slaan haar arms om sy nek en soen hom

terug met die opgekropte emosie wat sy vir die afgelope ses jaar in haar rondgedra het. Sy gee nie

meer om as hy moet weet dat sy hom nog na al die jare liefhet nie. Al waaraan sy kan dink, is dat sy

elke oomblik van sy liefkosing wil geniet en dit so lank wil uitrek as wat sy kan. Toe hy haar

uiteindelik wil los, klou sy aan hom vas, terwyl sy saggies teen sy lippe prewel.

"Ek het jou lief Joubert. O, ek het jou so verskriklik lief."

Joubert stoot Anita van hom af weg, asof dit 'n warm yster is, wat hy vasgehou het.

"Lief! Ag moenie my laat lag nie asseblief," sê hy terwyl hy haar in haar gesig uitlag.

Skok van verbasing verskyn op die meisie se gesig hier voor hom.

"Jy weet nie wat liefde is nie. Kyk hoe het jy met my ses jaar gelede gemaak. Wil jy dit ook liefde

noem? Jy Anita de Klerk, jy het net een mens lief, en dit is jouself."

Joubert sien die geskokte uitdrukking op Anita se gesig, en kan hy die seer wat hy haar aandoen

duidelik op haar gesig lees.

Snaaks genoeg, voel hy nie die triomf wat hy hom voorgestel het nie. Inteendeel dit wat hy besig is

om aan haar te doen, laat hom eerder soos 'n skurk voel.

Terwyl Joubert voortgaan, begin die trane oor Anita se wange loop.

"Ek haat jou vroumens. Ek haat jou met elke greintjie wat enige mens iemand kan haat. Dit wat jy

123

my jare gelede aangedoen het, sal ek jou nooit kan vergewe nie. Besef jy wat jy my aangedoen het?

Jy het my hele lewe verwoes," sê hy en begin haar aan die skouers rondruk.

"O, Joubert hoekom doen jy dit aan my? Ek het jou so oneindig lief. Hoekom is jy besig om my so

seer te maak? Kan jy my nie vergewe vir wat ek jou aangedoen het nie? Ek het jou nog na al die

jare lief en verdien miskien hierdie haat wat jy teenoor my voel. Ek het so gehoop, dat jy my sal kan

vergewe en dat ons weer van vooraf kan begin. Dit lyk my ek was verkeerd," sê sy, spring op en

strompel snikkend die donkerte in.

Joubert kyk die patetiese figuur agterna. Dit was mos waarvoor hy gehoop het. Om haar net so seer

te maak, soos wat sy hom ses jaar gelede gemaak het. Snaaks, maar hy het nie dit wat hy gesê het

bedoel nie. Inteendeel, elke woord wat oor sy lippe gekom het, het hom gewalg. Die oorwinning

wat hy gedink het hy sou voel, is beslis nie daar nie. Vies vir homself en omdat hy nie weet, wat

met hom aan die gang is nie, stap hy na sy tent om te gaan slaap.

Die Sondagoggend toe die son agter die horison te voorskyn kom, hoor hy hoe Anita na haar tent

beweeg. Hy wonder waar sy die hele nag was? Die slaap het hom ook ontwyk. Hy staan vies op en

stap af na die swemgat. Daar aangekom duik hy die koue water in. Met lang hale swem hy na die

ander kant van die rivier en gaan lê op 'n klipbank. Die skielike dreuning van 'n voertuig laat hom

opkyk. Hy is net betyds om te sien hoe Anita met Jantjie agterop sy bakkie deur die bosse wegry.

Hy voel glad nie verbaas oor haar optrede nie. Wat het hy in elk geval verwag? Na wat hy haar

gisteraand aangedoen het, sal hy nie verbaas wees, as sy nooit weer met hom wil praat nie. Hy duik

weer in die water en swem terug na die anderkant van die rivier. Met 'n leë gemoed maak hy later

vir homself ontbyt.

Anita jaag met Joubert se bakkie, asof sewe duiwels agter haar is. Sy wil net wegkom van hom af.

124

Sy was nog nooit in haar lewe so verneder nie. Om te dink dat sy haar liefde aan hom verklaar het,

en hy lag haar in haar gesig uit. Sy wil hom nooit weer in haar lewe sien nie. Sy haat hom! O, sy

haat hom oor die vernedering wat hy haar aangedoen het! Trane van woede en verdriet rol weer oor

haar wange. Sy het die hele nag lank in die bosse rondgedwaal en haar omtrent leeggehuil. Sy kon

nie glo hy doen dit aan haar nie. Sy was so seker, dat hy ook nog 'n gevoel vir haar gehad het. O, sy

het haar lelik met hom misgis. Nooit weer in haar lewe sal sy hom weer vertrou nie. Sy wil hom in

elk geval nooit weer in haar lewe sien nie. Sy kyk af na Andre, wat met groot oë die plaaspad voor

hom dophou. Die arme kind, dink sy. Hy sal ook nie verstaan wat besig is om te gebeur nie. Sy

verminder onmiddellik haar spoed en ry meer bedaard verder na Wag-en-Bietjie. Daar aangekom

oorhandig sy die bakkie se sleutels aan Jantjie wat net die hele tyd sy kop spytig skud. Die oomblik

toe Jantjie terug deur die plaashek ry, kom Susan de Klerk by die voordeur uit.

"En nou as julle so vroeg terug is?" wil sy dadelik weet.

"O mamma, ek voel so verneder," roep Anita uit, terwyl sy op haar ma afstorm en haar om die hals

val.

Susan staan verslae met haar snikkende dogter in haar arms.

"Wat is dit dan nou my doggie?" vra sy en lei haar die huis in.

Later nadat Anita uiteindelik bedaar het, vertel sy haar ma die gebeure by die rivier. Susan voel hoe

haar hart uitgaan na haar dogter. Sy weet egter, dat sy nie durf inmeng nie en dat haar dogter groot

genoeg is om haar eie man te staan.

"En wat is jy nou van plan om te doen?" vra sy en hou Anita met 'n beangstheid dop, wat sy nie kan

verklaar nie.

"As mamma dalk bedoel of ek nou van plan is om op te pak en hier pad te gee, maak mamma 'n

125

groot fout. Ek sal beslis nie vir Joubert die satisfaksie gee om te dink, dat hy my hier weggejaag het

nie. Die lewe gaan voort en gaan ek beslis nie in sak en as sit nie."

"Dit is die gees my kind," sê Susan, terwyl 'n glimlaggie om haar mondhoeke speel.

Joubert het haar kind vandag bitter seergemaak. Sy weet egter dat daar nog baie durf in daardie

klein liggaampie oor is. Dit sal Joubert nog agter kom.

Hoofstuk 9

Twee weke het verloop na die insident tussen Joubert en Anita daar by die rivier. Joubert het hom

geheel en al onttrek van alle sosiale aktiwiteite en werk weer soos 'n slaaf. Die mense naby aan

hom, weet dat iets vreeslik tussen hom en Anita gebeur het, maar ken nie die detail daarvan nie.

Hulle is in elk geval te bang om die onderwerp aan te raak. Joubert loop soos 'n leeu met 'n seer tand

rond, en probeer almal maar om so ver as moontlik uit sy pad te bly.

Leon sy getroue vriend, het al probeer om met hom te praat, maar sonder sukses. Joubert weier

126

otweg om oor die onderwerp te gesels en elke keer wanneer Anita se naam ter sprake kom slaan hy

soos 'n boek toe. Leon wat sy vriend baie goed ken, weet ook dat dit nie sal help om sy ou vriend te

probeer uitvra nie en dat die onderwerp verbode terrein is. Vir die soveelste maal probeer hy

nogtans om Joubert te oortuig om met sy sosiale lewe voort te gaan.

"Joubert ek weet nie wat tussen jou en Anita gebeur het nie. Al wat ek weet, is dat jy besig is om

jouself dood te werk. Dit kan waaragtig nie so aangaan nie. Jy is besig om al jou vriende om jou

gruwelik te verwaarloos. Ons is baie bekommerd oor jou en kan nie sien dat jy jou so afsloof nie.

Kyk hoe lyk jy! Wanneer laas het jy ordentlik geëet? Tant Emma vertel my, dat jy net jou kos

deurmekaar krap en omtrent niks eet nie."

"Leon daar is niks met my verkeerd nie. Ons beleef op hierdie oomblik maar net 'n besige tyd op

die plaas."

"Jy weet dat jy besig is om onsin te praat Joubert. Hoekom praat jy nie maar met my nie? Ek en jy

is tog ou vriende en weet jy, dat jou probleme veilig by my is. As jou vriend, kan ek dit nie verdra

dat jy heeldag so ongelukkig rondloop nie."

"Jy verbeel jou dinge Leon. Ek is beslis nie ongelukkig nie."

"Ag bog, ou vriend. Wanneer laas was jy by ons op die plaas? Wanneer laas het jy 'n bietjie tennis

kom speel? Almal mis jou teenwoordigheid Saterdae en kan jy beslis nie sê, dat dit is omdat jy te

besig is nie."

"Kyk Leon, ek het dalk in sekere opsigte verkeerd opgetree. Ek weet ook, dat ek dinge anders doen

as ander mense. Ek het op hierdie stadium tyd nodig......, tyd om te dink en dinge met myself uit te

maak. Ek weet dat jy nie sal verstaan nie. Maar ek wil jou tog vra om my te los, sodat ek dinge eers

met myself kan uitmaak."

127

"Ek verstaan tog ou maat. Ek kan nie toesien, dat jy besig is om jouself heeltemal te onttrek van

alles en almal om jou nie. Ek weet dat jy die afgelope tyd baie lief geword het vir Andre. Ek sien

dat jy selfs vir hom die afgelope twee weke vermy het. Hy is klein en kan nie jou optrede verstaan

nie."

'n Frons verskyn op Joubert se gesig, wanneer hy die klein swartkopseuntjie se gesig voor hom sien.

Ja, hy het die mannetjie leer liefkry die afgelope tyd. Hy is egter 'n produk van Anita en vir haar wil

hy ten alle koste vermy. Hoe kan hy met Andre verkeer, sonder dat hy hom gedurig aan sy ma

herinner.

"Jy sê niks Joubert?" vra Leon weer.

"Ek het regtig niks om te sê nie Leon."

Leon kyk na sy vriend. Hy kon die seer in sy oë sien, toe hy van Andre gepraat het. Magtig hy kan

mos nie staan en toekyk, hoe Joubert homself vernietig nie. Daarvoor gee hy te veel om vir hierdie

vriend van hom.

"Hoe lyk dit ou vriend, wil jy nie maar Saterdag by ons kom tennis speel nie. Ons vriende verlang

na jou en het my afgevaardig om jou te kom uitnooi."

"Ek sal sien hoe my dinge hier op die plaas gaan, Leon," sê Joubert net om van die onderwerp te

kan afstap.

Leon wat later kopskuddend vanaf Gemoedsrus se werf wegry, weet dat daar groot fout met sy

vriend is. Hy het destyds ses jaar gelede nie eers die dinge tussen hom en Anita so erg aangetrek

soos nou nie. Hierdie is beslis 'n taak vir Betsie. Sy sal wel weer iets uitdink om die situasie te red.

Toe hy dan ook later op Eendekuil se werf stilhou, sien hy haar by die hoenderhokke staan. Hy stap

haastig in haar rigting om sy gewaarwordinge met haar te deel. "So jy sien Betsie, as ons nie iets

128

gaan doen om hierdie situasie te red nie, gaan dinge net verder hande uitruk. Hoe lyk dit, span

bietjie daardie brein van jou in, en kom met 'n briljante plan vorendag."

Betsie staan ingedagte aan haar onderlip en byt.

"Wat vir my baie snaaks is, is dat ek niks by Anita opgemerk het nie. Sy tree omtrent normaal op

die afgelope tyd. Was dit nie vir Joubert se onttrekking van almal en alles om hom nie, sou 'n mens

sweer dat daar niks fout was, tussen die twee nie."

"Miskien was ons verkeerd toe ons gedink het, dat sy nog op Joubert verlief is," sê Leon ook nou

ingedagte.

"Nee Leon, ek dink nie ons maak 'n fout wat dit betref nie. Ek dink sy kan maar net die ding tussen

haar en Joubert beter wegsteek. Of miskien is Joubert die oorsaak van hierdie ding tussen hulle en

verwyt hy homself so, dat hy nou so optree. Haai weet jy, dit is nooit anders nie!" gaan 'n lig skielik

vir Betsie op.

"Vir wat praat jy nou weer in sulke raaisels Betsie?" vra Leon nuuskierig.

"Jong ek dink Joubert is sweerlik nog net so lief vir Anita soos destyds. Hy is beslis

verantwoordelik vir hierdie moeilikheid tussen hom en Anita. Ek dink hy verwyt homself so, en is

dit die rede hoekom hy nou so optree."

"Miskien is jy reg Betsie. Wat kan ons doen om dinge weer reg te stel tussen die twee?" vra Leon

baie bekommerd.

"Ek het nie nou raad nie, maar gee my kans om 'n bietjie daaroor te dink," sê sy, terwyl sy Leon om

die lyf vat en saam met hom na die opstal stap.

129

Nadat Leon vertrek het, staan Joubert ingedagte en tuur oor die plaas. Binne in hom is sy gedagtes 'n

warboel. Hy weet nie meer wat om van sy gedagtes te dink nie. Hy het Anita verkleineer, daardie

dag by die rivier. Ja, hy het haar liefde teruggewerp in haar gesig. Hy het met haar gemaak, presies

soos sy destyds met hom gemaak het. Wat egter vreemd is, is dat hy ongelukkig voel oor sy optrede.

Wanneer hy weer die skok en ongeloof in haar oë die betrokke dag beleef, krimp sy hart ineen. Hoe

kon hy dit aan haar doen? Dit was onvergeeflik van hom. Hy wil so graag vir haar vertel, dat hy dit

nie werklik bedoel het nie, maar hoe sal sy hom ooit weer glo. Hy verstaan ook nie hoekom dit vir

hom belangrik is, dat sy hom moet vergewe nie. Miskien is Andre die rede. Ja, dit is nooit anders

nie. Hy het hom die afgelope tyd opsetlik vermy en verlang hy vreeslik na die mannetjie. Elke keer,

wanneer hy Sultan besoek het, het hy homself uit die voete gemaak. Anita vermy hom ook beslis,

aangesien Andre elke keer saam met sy ouma hier was. Sultan is in elk geval nou al groot genoeg,

en kan hy hom maar gaan aflewer op Wag-en-Bietjie. Ja dit is wat hy gaan doen. Hy gaan Sultan na

Wag-en-Bietjie neem. Miskien kan hy dan weer vir Andre te siene kry.

Joubert deel dadelik opdragte uit dat Sultan gelaai moet word, en toe hy later vertrek, is dit met

gemengde gevoelens. Is Andre werklik die trekpleister, of is daar 'n ander rede hoekom hy na Wag-

en-Bietjie wil gaan. Hy kry egter nie lank tyd om hieroor te tob nie. Toe hy die werf binnery, sien

hy dadelik dat dit verlate voorkom. Hy luister dan ook later teleurgesteld hoe Anna, een van Anita

se bediendes hom meedeel, dat almal dorp toe is. Nadat hy Sultan afgelaai het, ry hy weer terug na

Gemoedsrus. Hy voel werklik teleurgesteld dat niemand tuis was nie. Sy gewete is besig om hom

op te vreet en moet hy hierdie ding tussen hom en Anita, nou vir eens en altyd in die reine bring. Dit

is te sê, as sy bereid gaan wees om na hom te luister.

130

Wanneer Anita die motor voor Wag-en-Bietjie se opstal tot stilstand bring, is Jakob onmiddellik by.

"Middag Jakob. Ek hoop nie daar is iets verkeerd nie?" vra sy bekommerd.

"Nee dokter, ek wou maar net kom sê, dat meneer Joubert vanmiddag vir Sultan kom aflewer het."

"Bulperd, dit is nou bak! Waar is hy Jakob? Kom wys vir my," roep Andre opgewonde, terwyl hy

uit die motor spring.

"Stadig jong, netnou kry jy seer," vermaan sy ouma glimlaggend.

Anita se hart het 'n skok gegee, by die aanhoor van Joubert se naam. Sy voel hoe die teleurstelling

oor haar spoel, omdat sy nie by die huis was, toe hy vir Sultan gebring het nie. Hoe graag sou sy

hom nie weer wou gesien het nie? Sy weet dat sy stapelgek moet wees, na wat hy haar aangedoen

het, maar sy bly en is nog lief vir hom. Sy het vreeslik na hom die afgelope twee weke verlang. Sy

het egter besluit om hom geheel en al te vermy, en dat hy maar eerste iets van sy kant sal moet doen.

Nou het hy en was sy nie eers hier nie! Dit voel of sy in trane kan uitbars van teleurstelling.

"teleurgesteld, dat jy hom gemis het my kind?" vra Susan simpatiek vir haar dogter.

Anita skud haar kop en klim uit die motor.

"Hoekom ry jy en Andre nie oor en gaan bedank hom vir die vul nie?" vra Susan, terwyl sy ook uit

die motor klim.

"Nooit! Ek sal dit nooit kan doen nie mamma. Hy sal dan dink dat ek agter hom aanloop,"

antwoord sy driftig.

Susan se hart gaan uit na hierdie dogter van haar. Miskien is dit hoog tyd dat sy iets aan die saak

moet doen. Sy het lank genoeg gesit en kyk hoe die twee besig is om mekaar te vernietig.

"Ek sal dan maar met Andre oorry na Gemoedsrus, sodat hy vir Joubert dankie kan gaan sê," sê sy

met 'n glimlag, nadat 'n plan in haar begin posvat het.

131

"Dit is goed so moeder. Joubert is die een, wat my verneder het, en gaan ek beslis nie toelaat, dat

hy dit weer aan my doen nie."

Hoe nader Susan en Andre aan Gemoedsrus kom, hoe sekerder voel sy oor die sukses van haar plan.

Wanneer sy Gemoedrus se werf binnery sien sy vir tant Emma, waar sy besig is om in die tuin te

werskaf.

"Hallo Emma, gaan dit nog goed met julle hier op Gemoedsrus?" vra sy toe sy stilhou.

"Hallo Susan. Jong dis nou 'n verassing om jou hierdie tyd van die dag te sien."

"Ek het net gou vir Andre gebring. Hy wil vir Joubert kom dankie sê vir Sultan. Joubert het hom

daar by ons kom aflaai, terwyl ons nie daar was nie."

"O, ja ek het gehoor, hy het die vul daar by julle gaan aflaai. Die seun is die afgelope twee weke

skoon befoeterd. Hy praat met niemand nie, en werk net van vroeg soggens tot laat saans."

"Dit is hoekom ek juis vandag gekom het Emma. Daar by my gaan dit ook nie juis veel beter nie."

"Ai, die twee kinders darem. Kan hulle nie besef, dat hulle uitgeknip is vir mekaar nie," sê tant

Emma, terwyl sy haar kop spytig heen en weer skud.

"Weet jy dalk waar Joubert is. Andre kan dan solank daar na hom gaan om dankie te sê. Ek het

iets om met jou te bespreek," sê Susan, terwyl sy met groot oë na Andre wys.

"Jong hy was netnou daar by die stalle. Miskien moet Andre maar gaan kyk of hy nog daar is," sê

tant Emma begripvol.

"Andre hardloop jy gou daar na die stalle en kyk of jy vir oom Joubert daar kry. Ouma gaan 'n

bietjie hier met tant Emma gesels."

"Goed ouma," sê hy, en draf in die stalle se rigting.

132

"Wat is die probleem Susan," vra tant Emma, toe Andre buite sig verdwyn.

"Jong Emma, die twee kinders is besig om mekaar te vernietig. Ek weet dat hulle mekaar liefhet,

maar is altwee te hardkoppig om dit te erken. Anita loop heeldag soos 'n slaapwandelaar rond, oor

die gebeure daardie dag by die rivier."

"Dit is nou iets waarvan ons niks weet nie, Susan. Joubert weier om ons te vertel. Al wat ek weet,

is dat hy iets aan die arme Anita gedoen het, waaroor hy nou bitter spyt is."

"Kom ek vertel jou wat gebeur het Emma. Dan kan ek jou sommer ook vertel, watter plan ek gekry

het, om die twee weer bymekaar te kry."

"........so jy sien Emma, my gewaarwording is, dat as die twee net weer bymekaar kan kom, sal

dinge vanself tussen hulle regkom," sluit Susan haar storie af.

"Ek dink jy is reg, Susan. Miskien moet ons vir Betsie en Leon ook by hierdie plan betrek. Ek

dink ou Betsie sal dalk nog 'n paar goeie idees byvoeg, om ons plan meer waterdig te maak," sê tant

Emma ingedagte.

"Hallo oom," groet Andre toe hy hom by een van die perdestalle raakloop.

Joubert kyk op van waar hy besig was om een van sy perde te ondersoek.

"Hallo seun, dit is 'n verrassing om jou weer te sien," sê hy, terwyl 'n skaduwee oor sy gesig

verskyn.

"Ek het net vir oom dankie kom sê vir Sultan," sê Andre onseker, terwyl hy met sy toon in die sand

grawe.

Joubert wat Andre se houding opmerk, voel die skielike seer binne in hom. Selfs Andre weet nie

133

meer hoe om teenoor hom op te tree nie, kryt dit binne in hom. Liewe vader, wat is ek besig om te

doen! Hy staan op vanwaar hy op sy een knie gebukkend gestaan het, en loop nader aan Andre, wat

nou kop onderstebo staan.

"Kom hier Andre," sê hy met 'n bewoë stem.

Dit is al wat Andre nodig gehad het. Hy storm vorentoe en slaan sy armpies om die groot man se

nek, wat nou met uitgestrekte arms afbuk na hom. Wanneer Andre in Joubert se arms inhardloop,

staan hy met hom op, en hou hom styf teen hom vas. Lank staan hy so met die kind in sy arms,

sonder om 'n woord te sê.

"Ek het na jou verlang, grootman," sê hy later aan die seun wat hom nog steeds styf om die nek

vashou.

"Ek het gedink oom is kwaad vir my," sê die seuntjie later in sy arms.

"Ek kwaad vir jou? Nooit gesien nie kleinding," sê Joubert, terwyl hy voel hoe 'n skuldgevoel van

hom besit neem.

"Nou waar was oom dan die afgelope twee weke, wanneer ek elke keer vir Sultan kom kuier het?"

vra die kind in sy arms hom vas.

"Ek was baie besig op die plaas en het dit maar net so gebeur, dat ons mekaar elke keer gemis het.

Jy kan egter verseker wees, dat ek voortaan sal sorg, dat ons mekaar gereeld gaan sien," stel hy die

kleinding gerus.

Wanneer Joubert hom uiteindelik op die grond neersit, loop hy met hom hand aan hand na die

opstal. teleurgesteld sien hy dat dit Andre se ouma is, wat hom na Gemoedsrus gebring het. Hy het

so gehoop om weer vir Anita te sien.

"Hallo tante," groet hy skuldig, en kan haar nie in die oë kyk nie.

134

"Hallo Joubert, lanklaas gesien. Gaan dit nog goed met jou," vra sy, toe sy die donker kringe om sy

oë waarneem.

"Ja, dankie tante. Ons is maar net baie besig op die plaas," sê hy en voel weer die skuldgevoel van

vaneffe oor hom kom.

"Het jy klaar vir oom Joubert dankie gesê," vra Susan de Klerk, terwyl sy op haar horlosie kyk.

"Ja, ouma," sê Andre en kyk glimlaggend op na Joubert.

"Nou goed, dan moet ons seker maar begin aanstaltes maak om by die huis te kom," sê sy dan

skielik haastig.

"Dit was goed om julle weer te sien, Susan," sê tant Emma toe hulle groet om te vertrek.

Saam staan sy en Joubert hulle agterna en kyk totdat die motor buite sig verdwyn.

"Lus vir 'n bietjie koffie voordat jy weer gaan werk, Joubert?" vra tant Emma, terwyl sy met

medelye na die seun langs haar kyk.

"Dit sal heerlik wees dankie tante," sê hy, slaan sy een arm om haar skouer, en stap so met haar aan

na die opstal.

"Is oom seker, dis wat die plaaswerker gesê het?" vra Joubert oom Kootjie oor die nuus wat hy hom

meegedeel het.

"Ja jong, ek dink ons moet dadelik na die drif gaan, om te sien of ons kan help," sê oom Kootjie,

skielik baie haastig.

"Nou hoe kry 'n bees dit reg om daar by die drif te gaan vassit?" wonder Joubert hardop, terwyl hy

vir Jantjie opdrag gee om Black op te saal.

135

"Oom kan maar bly. Ek sal self gaan kyk wat daar aangaan. As ek dalk hulp nodig het, sal ek julle

kom haal," sê hy, terwyl hy in die saal klim.

Binne minute ry Joubert op 'n stywe galop in die rigting van die drif. Oom Kootjie kyk hom

glimlaggend agterna. Wanneer hy oor die bult verdwyn, draf hy haastig in die rigting van die opstal

om verslag te gaan doen.

"Dit is soos ek gesê het Leon. Hy is nou net te perd hier weg, om te gaan kyk wat daar by die drif

aangaan," sê oom Kootjie vir die man aan die anderkant van die telefoon.

"Dit is goed so oom Kootjie. 'n Mens kan 'n perd net tot by die water lei. Of hy sal drink hang net

van homself af," is sy geheimsinnige kommentaar.

"Dan praat ons maar later weer," groet oom Kootjie en plaas die telefoon weer terug op die mikkie.

"Wat sê Leon?" vra tant Emma, wat nie langer haar nuuskierigheid kan bedwing nie.

"Jy weet mos vrou. 'n Mens kan nie te veel sê oor die plaaslyne nie. Al wat ek weet, is dat Joubert

weg is drif toe, en dat Anita ook blykbaar gaan kyk het, na die bees wat daar vassit."

"Ek hoop van harte, dat ons plan gaan werk, anders weet ek nie so mooi nie. As die twee kinders

net vir 'n slag weer met mekaar wil praat. Ek stem saam met Susan, dat alles dan sommer weer

vanself sal regkom.

Wanneer Joubert die drif in sig het, sien hy dadelik die bees in die water. Hy kan ook sien hoe

iemand probeer om hom uit die water te help. Nou hoe sou hy daar gekom het, wonder hy en ry

vinnig nader om te help.

"Haai, kan ek dalk help?" vra hy, terwyl hy van Black se rug afspring.

136

Wanneer die persoon in sy rigting kyk, gaan staan hy verbaas stil, toe hy sien dat dit Anita is, wat

alleen probeer om die bees te probeer red.

"Ek sal regkom, dankie," is al wat sy sê, en gaan voort waarmee sy besig was.

Hy storm die vlak water vererg binne en gryp die tou uit haar hande.

"Dit is nie die werk van 'n vroumens hierdie nie," sê hy vies en maak die tou om die bees se horings

vas.

Anita nou papnat van sukkel, kyk hom uit die hoogte aan, terwyl hy die tou behendig knoop. Hy

oorhandig die een punt van die tou aan haar en stap terug deur die vlakwater tot waar Black staan en

wag. Hy klim op Black se rug en stuur hom die drif in tot waar Anita nog steeds met die tou in haar

hande staan. Sonder enige kommentaar buk hy af en neem die tou uit haar hande. Daarna spoor hy

Black versigtig aan en begin hulle die bees stadig uit die modderwater trek. Die ekstra hulp het die

gewenste uitwerking en trek hulle die bees gemaklik uit totdat hy op die harde gedeelte in die drif

staan. Joubert klim van Black se rug af, stap na die bees en knoop die tou weer los. Wanneer hy

klaar is, raps hy die bees op die boud. Diè hardloop bulkend van verligting deur die vlakwater tot op

die wal en verdwyn daarna tussen die bosse.

Anita wat die gedoente nog die hele tyd stilswyend staan en dophou

het, kom skielik in beweging. Sy begin deur die vlakwater aanstap, waar haar perd staan en wag.

"Anita wag net 'n oomblik asseblief!" roep Joubert agter haar aan.

Sy maak egter of sy hom nie hoor nie en stap verder aan tot op die wal. Joubert spring haastig op

Black se rug en ry agter haar aan deur die water, tot op die wal.

"Anita asseblief, ek wil met jou praat," versoek hy haar weer.

Anita wat net op haar perd se rug wou klim, draai om en kyk hom vierkantig in die oë.

137

"Dink jy dat ons miskien nog iets vir mekaar te sê het?" vra sy met venyn in haar stem.

"Ek weet dat ek jou nou die dag baie seer moes gemaak het, of moet ek eerder sê, verneder het. Ek

weet nie wat oor my gekom het nie, en is bitter spyt daaroor. Wil jy my nie maar vergewe nie

asseblief?" vra hy met 'n hees stem.

Anita begin Joubert uitlag met 'n hoonstem, van 'n vrou wat bitter seergemaak is.

"Ek kan nie glo dat die wonderlike Joubert Retief daardie woorde geuiter het nie. Dit het seker baie

gekos om verskoning aan te bied?" sê sy met verbittering in haar stem.

"Anita ek weet dat my optrede in die verlede, onverskoonbaar was. Wil jy my nie maar vergewe

en my die geleentheid bied, om jou te wys, dat ek berou het nie?" vra Joubert met smeking in sy

stem.

"Jy verwag skielik baie van my, Joubert. Kyk wat het jy aan 'n arme kind soos Andre gedoen. Jy

het selfs hom nie gespaar in jou haat veldtog teenoor my nie."

"Ek het baie foute in my lewe gemaak, en is my optrede teenoor Andre die een waaroor ek die

meeste berou het. En jou haat, Anita. Ek het gedink ek haat jou. Ek erken, ek wou jou terugkry vir

wat jy my ses jaar gelede aangedoen het. Ek besef egter vandag, dat ek jou beslis nie haat nie.

Inteendeel ek....."

Anita gee Joubert egter nie die geleentheid om sy sin te voltooi nie.

"Joubert, ek weet jy haat my en my familie vir wat ons jou aangedoen het. Ek verstaan dit ook,

maar Andre het nie enige skuld hieraan gehad nie. Hoekom het jy hom die afgelope tyd so

geïgnoreer? Besef jy nie, dat hy nooit 'n vader geken het nie. Hy sien in jou die vaderfiguur wat hy

altyd so begeer het. Hy is nog maar net 'n kind en besef nie wat jou beweegredes is nie."

Terwyl Anita praat begin die trane vrylik oor haar wange loop.

138

Joubert sit roerloos op Black se rug en afkyk na die pragtige meisie voor hom op die grond. Die

smekende uitdrukking waarmee sy hom aankyk roer iets binne in hom. Die trane wat aan haar lang

wimpers vassit maak sy hart so week, dat hy eintlik die seer diep binne in hom kan voel. Hy besef

vir die eerste keer, dat hy hierdie klein mensie voor hom nog steeds oneindig liefhet. Die

ontdekking daarvan laat 'n glimlag van ekstase op sy gesig verskyn. Hy besef ook, dat hy nie reg

gemaak het met klein Andre die afgelope tyd nie. Dit was nie sy bedoeling om hom te laat seerkry

nie. Hy wou maar net tyd gehad het om dinge met homself uit te klaar. Hy het die afgelope tyd lief

geword vir die klein mannetjie. Terwyl die glimlag nog verder op Joubert se gesig versprei, gooi hy

sy een been oor Black se rug en wip af tot op die grond, sodat hy voor Anita te lande kom.

Anita vertolk die glimlag op Joubert se gesig verkeerd. Die ongevoelige bees. Hier staan sy en

smeek hom om nie so ongevoelig teenoor Andre op te tree nie, en staan en lag hy haar in haar gesig

uit. Sy voel hoe die woede binne in haar begin opwel. Sy sal hom 'n ding wys. Sy sal hom net so

seermaak, soos wat hy die afgelope tyd met haar en Andre gemaak het.

Die volgende oomblik storm sy verwoed vorentoe en begin Joubert met haar vuiste toetakel, terwyl

sy uitroep.

"Ek haat jou Joubert Retief! Ek haat jou vir wat jy besig is om aan 'n klein arme seuntjie te doen."

Dit kos al Joubert se vaardighede om die klein vuisies te ontduik. Hy verstaan hierdie skielike

uitbarsting van Anita nie, en probeer haar arms vasgryp, terwyl hy verbaas uiter, "stadig Anita, wat

het skielik in jou gevaar."

Sy is egter te vinnig vir hom en beweeg weg van hom af. Sy gryp haar perd se teuels vas en wip rats

in die saal. Sy wil die man hier voor haar seermaak en kan net aan een manier dink hoe om dit te

doen.

139

"Jou gemene bees," skree sy af na hom.

"Besef jy nie dat Andre jou kind is nie. Hoekom dink jy het ons hierheen getrek? Ek wou hom die

geleentheid gegee het om sy vader te leer ken. Ek besef egter nou dat dit die grootste fout van my

lewe was. Mag hy nooit uitvind, dat jy sy pa is nie."

Die skielike uitbarsting van Anita ruk die een skokgolf na die ander deur Joubert. Die nuus, dat

Andre sy seun is, is vir hom te fantasties om te glo. Hy kry egter nie tyd om hierdie wonderlike

tyding te verwerk nie. Die laaste woorde van Anita ruk sy hart aan flarde. Voor hy hierop kan

reageer, ruk Anita haar perd om en jaag tussen die bosse weg.

"Dink jy ons plan om Anita en Joubert bymekaar te kry, was suksesvol?" vra Betsie bekommerd

aan Leon.

"Ek hoop so my vrou. Meer as dit kon ons nie doen nie. Dit hang nou van hulle self af wat hulle

daarvan gaan maak."

"Weet jy, ek kon nie glo, dat jy die plan met die bees uitgedink het nie. Is jy nie bang, dat hy dalk

kan versuip nie?" vra Betsie met 'n vonkeling in haar oë.

"Nee wat ek en oom Kootjie het seker gemaak, dat die modder nie te diep was daar langs die drif,

toe ons Anita se bees daarin gejaag het nie. My plan was in elk geval nie so briljant soos jy dink nie.

Daar het al baie beeste in die verlede daar vasgesit," sê hy glimlaggend en knyp Betsie aan die

wang.

"Ek wens ek kon daar by die drif wegkruip, om te sien wat nou besig is, om tussen die twee te

gebeur," sê Betsie nuuskierig.

140

"Ai, my vroutjie is darem maar nuuskierig. Hoekom bel jy nie maar vir tannie Susan, en vra haar

om jou dadelik te laat weet, as Anita terug is by die huis nie? Sy sal beslis aan haar ma vertel wat

gebeur het daar by die drif."

"Dit is nou 'n wonderlike idee. Verskoon my gou. Ek gaan haar gou bel, voordat Anita terug is by

die huis," sê sy en verdwyn in die gang af na die telefoon.

Hoofstuk 10

Joubert klim op Black, stuur hom deur die vlak water en ry verslae terug na die plaasopstal. Sy

gedagtes is in 'n warboel. Al waaraan hy kan dink is dat Andre sy seun is. Die seun waarna hy so

141

gesmag het. 'n Pyn skiet skielik deur sy hart. Hy het 'n seun, 'n seun wat se ma nie wil hê dat hy

moet weet, dat hy Joubert, sy vader is nie.

Joubert se aandag is nie by die pad voor hom nie. Hy sien nie die slang wat voor Black se pote

verby seil voordat dit te laat is nie.

Black begin verwoed runnik en probeer om uit die pad van die slang te spring. Joubert was nie

hierop voorberei nie. Toe Black skielik vorentoe spring en in dolle vaart op loop sit, verloor hy sy

balans en trek soos 'n vrot vel deur die lug. Toe sy groot liggaam die grond tref val hy byna sy wind

uit. Wanneer hy swaar opstaan sien hy hoe Black in dolle vaart oor 'n bult na die plaasopstal

verdwyn. Hy skud die stof van sy klere af en begin in dieselfde rigting waarheen Black verdwyn het

stap. In sy hart is daar 'n diep bekommernis. Sê nou net die slang het Black raak gepik. Hy wil nie

eers dink wat die gevolge daarvan gaan wees nie. Hy weet dat die plaasmense dadelik na hom sal

kom soek, as hulle Black alleen by die stalle sien aankom. Hy weet egter ook, dat hulle nie sal weet

wat gebeur het nie, en sal niemand kyk of daar dalk fout is met Black nie. Die gedagte dat Black

gepik is deur die slang en daar 'n moontlikheid bestaan, dat hy mag doodgaan, laat Joubert begin

draf.

Wanneer hy oor die bult kom, sien hy dadelik dat die plaaswerf in 'n warboel is. Oom Kootjie staan

met swaaiende arms en bevele skree, terwyl die plaaswerkers oor die werf rondskarrel. Hy sien in

die hoek van sy oog 'n beweging en is net betyds om te sien hoe tant Emma by die huis se voordeur

in verdwyn. Die gewoel op die werf laat Joubert dadelik vermoed, dat Black wel deur die slang

gepik is. Hy begin haastig teen die bult afdraf in die rigting van die stalle. By die stalle aangekom,

kies hy dadelik koers in die rigting van Black se stal. Hier loop hy hom trompop in oom Kootjie

vas.

142

"Maggies Joubert is ek bly om jou te sien!" roep oom Kootjie verheug uit.

"Wat is fout met Black oom Kootjie," vra Joubert uitasem.

"Dit lyk of hy deur 'n slang gepik is, Joubert. Ons was so bekommerd, dat jy iets oorgekom het, dat

ons nie dadelik aandag aan Black gegee het nie. Toe ons jou egter oor die bult sien afgehardloop

kom, het ek dadelik vermoed dat daar moontlik iets met Black verkeerd mag wees. Nadat ek en

Jantjie hom goed deurgekyk het het ons die bytmerke aan sy linkerpoot gesien."

Joubert voel 'n beklemming skielik oor hom kom. As Black moet doodgaan, sal dit alles sy skuld

wees. Hy kan nie die plaas sonder hierdie lieflingperd van hom voorstel nie. Hy druk verby oom

Kootjie en stap haastig Black se stal binne. Jantjie is besig om 'n drukverband om Black se

linkerpoot te sit, terwyl Janneman en Poena hom vashou.

"Hoe lyk dit Jantjie," vra Joubert terwyl hy afbuk om die poot te ondersoek.

Jantjie skud sy kop heen en weer, terwyl hy Joubert in die oë kyk. "Ek weet nie so mooi nie

meneer Joubert. Die poot het begin swel, en dit beduie net op moeilikheid."

"Ek het die tante gevra om solank vir Anita te bel, Joubert," praat oom Kootjie vanaf die staldeur.

"Dit is goed so oom Kootjie. Meer as wat Jantjie gedoen het, kan ek nie vir Black doen nie. Dinge

lyk nie vir my te goed nie."

"En waar is jou geloof Joubert," vra tant Emma wat Joubert se laaste woorde gehoor het, toe sy die

stal haastig binnekom.

"Ag tante dit is alles my skuld. My aandag was nie by die omgewing nie, en het ek aan ander dinge

gesit en dink," verwyt Joubert homself.

"Jy moenie so praat nie, my kind. Hoe moes jy dan nou geweet het dat daar 'n slang sou lê?"

"As my aandag by die omgewing was, kon ek dalk die slang betyds gesien het tante."

143

"Het jy vir Anita gekry vrou," vra oom Kootjie nou ook bekommerd.

"Ja, Kootjie. Haar ma het eers gedink dat sy nie daar was nie, maar terwyl ons gepraat het, het sy

net die huis ingestap gekom."

Joubert begin op en af te stap in die stal. Hy wonder waar bly Anita so lank weg. Sy is nou sy

enigste hoop om Black te red. Elke sekonde is egter nou van kardinale belang. Hy loer by die

staldeur uit om te sien of sy nog nie aankom nie. Die plaaspad tot by die grootpad lyk egter verlate.

Hy spreek sy bekommernis hardop uit.

"Ek wonder waar bly Anita so lank. Besef sy dan nie, dat ons 'n krisis op hande het nie."

"Jy moet geduldig wees Joubert. Sy ry met 'n bakkie en het ek haar maar sowat tien minute gelede

gebel. Soos jy self weet, is dit omtrent vyftien minute se ry vanaf Wag-'n-Bietjie tot op

Gemoedsrus."

"Ek weet tante, maar elke sekonde wat verbygaan, kan fataal wees."

"Ek dink ek hoor 'n voertuig aankom," sê oom Kootjie, terwyl hy by die staldeur uitloer.

"Dit is Anita. Jantjie hardloop jy en gaan help die dokter om haar tas te dra," deel oom Kootjie

bevele uit.

Toe Anita die stal binnekom, en die bekommerde uitdrukking in Joubert se oë sien, verspeel sy nie

tyd nie.

"Weet jy watter soort slang Black gepik het Joubert?" vra sy terwyl sy haar tas oopmaak.

"Ek is nie heeltemal seker nie, maar ek dink dit was 'n pofadder. Dink jy, jy sal nog iets vir Black

kan doen Anita?" vra Joubert bekommerd.

Wanneer Anita in Joubert se bekommerde gesig kyk, mis haar hart 'n slag. Hoe wens sy sy kon hom

teen haar vasdruk en die versekering gee, dat Black gesond sal word. 'n Slangbyt is egter

144

onvoorspelbaar en speel tyd 'n baie belangrike rol.

"Ek weet nie Joubert, sê sy sag," terwyl sy die slangbyt aan Black se been ondersoek en hom

daarna behendig, die nodige serum toedien.

Joubert kan die spanning nie langer verduur nie en stap by die staldeur uit.

"Foeitog, die arme kind verwyt homself oor wat met Black gebeur het. Jy moet tog alles in jou

vermoë doen om Black te red my kind. Joubert is bitter lief vir hierdie perd van hom."

"Ek weet tante, en glo my ek sal alles in my vermoë doen om Black te red."

Vanwaar Joubert buite onder 'n boom sit, sien hy later hoe Anita en oom Kootjie by Black se

staldeur uitkom. Hy staan angstig op en wil net nader loop toe hy sien hoe Anita haar kop vir oom

Kootjie skud. Hy voel die steekpyn in sy hart. Nee, o nee, kryt dit binne in hom. Black het dit nie

gemaak nie. Sy lieflingsperd is dood. Hy draai om en strompel die bosse in. Sy gedagtes 'n

warboel. Dit is sy verdiende loon. Hy word seker nou gestraf vir sy optrede teenoor Anita. So

strompel Joubert deur die bosse, totdat die rivier sy pad versper. Hy gaan sit onder 'n boom en kyk

met 'n leë gevoel na die sonsondergang. Die skoonheid van die omgewing hou nie meer vir hom

enige bekoring in nie. Lank nadat dit donker geword het, dwaal sy gedagtes terug na die gebeure

van die middag tussen hom en Anita. Skielik spring hy regop by die nuwe gedagte wat in hom

posvat. 'n Nuwe pyn neem van hom besit. O, genade nee. Sê nou net dit was Anita of Andre wat

iets oorgekom het. Hy besef skielik dat hy nie meer sonder hulle wil en kan lewe nie. Hy het nou

wel sy lieflingperd verloor, maar hy kan Black dalk weer vervang. Vir Anita en Andre kan hy nie

weer vervang nie. Hierdie nuwe gewaarwording veroorsaak dat Joubert vinnig terug beweeg na die

145

plaasopstal. Hy moet Anita dadelik vertel hoe hy oor haar voel en haar om vergifnis gaan smeek.

Hy hoop net nie dat sy onbesonne optrede teenoor haar, te veel skade veroorsaak het nie. Joubert

stap so vinnig as wat hy kan terug na die plaasopstal.

Dit is egter na tienuur toe hy uiteindelik die plaasopstal nader. Hy loop langs die perdestalle verby

en besluit op die ingewing van die oomblik om eers sy getroue ou maat te gaan groet. Wanneer hy

die stalle binnegaan, sien hy dat die ligte nog binne in die stalle brand. Dit is snaaks, het Jantjie dan

vergeet om die ligte af te skakel, dink hy by homself. Toe hy voor Black se staldeur kom, sien hy

dat die boonste deur oopstaan. Hy frons en loer bo-oor die onderste deur. Sy hart gee 'n ruk. Binne

in die stal lê Black roerloos met oop oë. Bedrieg sy oë hom of haal Black swaar asem. Hy ruk die

onderste deur oop en storm die stal binne. Hy buk oor Black wat sy kop probeer optel en hom met 'n

sagte runnik groet. "Nee wag lê stil. Moenie probeer opstaan nie," keer hy dadelik toe Black orent

probeer beur.

Hy vryf verslae oor die pragtige dier se nek. Hoe is dit dan moontlik? Hy het dan gedink Black is

dood. Skielik hoor hy 'n kreungeluid in die een hoek van die stal. Toe hy in daardie rigting kyk is sy

verbasing nog groter. In die verste hoek van die stal, is Anita besig om wakker te word van sy

geraas. Sy het op die hooi onder 'n kombers gelê en slaap. Het sy so wraggies hier by Black gelê en

waak. Joubert se kop voel skoon dronk van al die onsekerheid oor wat aangaan.

Anita wat die geraas gehoor het, sit verward orent. Die volgende oomblik is Joubert by haar en help

haar om regop te kom.

"Wat gaan aan, Anita? Ek het dan gedink Black is dood."

"Wat het jou so laat dink, vra sy nog half deur die slaap."

"Ek het gesien hoe jy jou kop vir oom Kootjie skud, toe julle vanmiddag by die staldeur uitgekom

146

het. Ek het toe gedink...."

"Dat Black dood is," voltooi sy die sin.

"Nee, Joubert soos jy kan sien is hy nie dood nie. Ek het maar net aan oom Kootjie beduie, dat ek

nie veel hoop het nie. Soos jy egter kan sien is sy toestand stabiel, en waar daar 'n lewe is, is daar

hoop."

"Hoekom slaap jy hier in die stal, Anita?" vra Joubert skielik. Anita kyk Joubert vierkantig in die

oë.

"Maak dit enigsins vir jou saak hoekom ek hier slaap, Joubert?" vra sy sag.

"Natuurlik! Black is mos nie jou verantwoordelikheid nie. En buitendien het jy mos vir hom

gedoen wat jy kon."

"As jy dan moet weet," kom dit nog sagter van Anita.

"Black se toestand is wel stabiel, maar hy is nog nie buite gevaar nie. Ek wil graag naby hom wees,

want dan kan ek dadelik iets vir hom doen as sy toestand verswak. Dit is buitendien my plig as

veearts om na siek diere om te sien," sê sy terwyl sy Joubert se oë ontwyk.

"Is dit die volle waarheid Anita?" vra Joubert nou ook sagter. Hy beweeg nader aan haar, en tel

haar ken met sy voorvinger op, sodat sy hom vol in die oë moet kyk.

"Joubert asseblief, moenie weer so met my maak nie," sê sy met smeking in haar stem, toe dit vir

haar lyk of hy haar wil soen.

"Hoekom nie, Anita? Haat jy my dan soveel?"

Die trane begin oor Anita se wange rol.

"Nee Joubert ek haat jou nie. Dit is jy wat my haat vir wat ek jou jare gelede aangedoen het. Dit is

jy wat nie kan vergewe nie. Dit is jy wat my elke keer verneder deur met my te maak net wat jy

147

wil."

Die trane vloei nou vrylik oor haar wange. Haar hele liggaam begin ruk soos sy haar emosies

probeer inhou.

Joubert staan onhandig na haar en kyk. Sy hande beweeg oop en toe. Hy weet nie hoe om die

situasie te hanteer nie. Hy gee een tree nader aan haar, tel sy hande op om haar aan te raak, maar

laat sak dit skielik weer.

Die volgende oomblik verloor Anita alle realiteite. Sy beweeg nader aan Joubert en begin hom met

haar vuiste toetakel. Sy hamer teen sy bors, terwyl sy histeries skree.

"Hoekom haat jy my so verskriklik, Joubert? Kan jy my dan nie vergewe vir wat ek jou aangedoen

het nie?"

Joubert laat haar begaan. Hy staan asof versteen en weet nie hoe om die situasie te hanteer nie. Hy

wil haar so graag in sy arms neem, maar weet nie of dit die regte ding is nie. Hoeveel kere

vantevore het hy nie sy attensies op haar afgedwing nie. Het hy haar so probeer verneder en

terugkry, vir die seer wat sy aan hom besorg het. Sy sal dink dat hy dit weer wil doen, en dit is

beslis nie nou sy bedoeling nie.

"Anita, meisie ek haat jou nie," kom dit sag van hom.

Iets breek skielik binne Anita. Sy sak met 'n kreun op die stalvloer neer, terwyl sy onbedaarlik begin

huil. Haar emosies ken geen perke meer nie. Sy voel hoe die opgehoopte hartseer en verlange na

Joubert die afgelope jare, skielik breekpunt bereik het. Sy bedek haar gesig met haar hande, terwyl

hartseer snikke uit haar bors skeur.

Joubert kyk af na die klein figuurtjie hier voor sy voete op die vloer. Hy voel hoe iets binne in hom

knak. Hy kan nie langer hierdie front voorhou nie. Hoe verskriklik baie het hy nie na haar verlang

148

die afgelope ses jaar nie? Hoeveel keer het hy nie die afgelope paar maande vandat sy weer in sy

lewe verskyn het, begeer om haar in sy arms te neem nie? Hoeveel keer moes hy nie die begeerte

onderdruk om weer sy liefde aan haar te verklaar nie? Haar sy vrou te maak en weer die

wedervaringe van ses jaar gelede saam met haar te deel nie.

Die figuur voor sy voete het begin bedaar, en kan hy slegs kort kort die rou snikke deur haar liggaam

sien ruk. Hy buk af en trek haar op na hom. Sy staan gewillig op en wanneer hy sy arms om haar

klein figuurtjie vou, loop sy gewillig tot teenaan sy bors. Joubert voel hoe Anita se liggaam teen sy

bors ruk. Sy hart krimp ineen, as hy terugdink aan wat hy haar die afgelope paar maande aangedoen

het. Hy buig sy kop af na haar, en soen haar sag en teer op haar kroontjie. Hy voel hoe haar liggaam

skielik in sy arms verstyf.

Sy kyk met 'n betraande gesiggie op na hom.

"Moenie dit weer aan my doen nie, Joubert. Moenie my weer so verneder en teister nie," sê sy sag

op na hom.

"Die Vader alleen weet, ek kan dit nie meer vat nie, en het genoeg seergekry." "Dit was nie my

bedoeling nie, kleinding," praat Joubert af na haar met emosie wat vlak in sy oë lê.

Anita druk haar hande teen sy bors en stoot haarself van hom af weg. Hoop flikker op, in die

betraande oë.

"Wat het jy my nou net genoem?" wil sy sag weet.

Joubert kyk af na die betraande gesiggie voor hom. Skielik kan hy nie meer die verlange na hierdie

klein mensie hanteer nie.

"Anita, o, Anita, wat het ek jou aangedoen? Vergewe my asseblief," kreet hy dit uit.

Hy neem haar betraande gesiggie in sy twee groot hande en soen die trane van haar wimpers af.

149

"Joubert, ek kan nie meer nie," kreun sy terwyl haar arms teen sy bors opkruip, tot om sy nek.

Sy hande gly af tot om haar middel. Hy trek haar nader aan hom en druk haar so styf vas, dat dit vir

Anita voel of haar ribbes gaan breek. Sy lippe soek hongerig na hare en wanneer hy haar gewillige

lippe vind, proe hy die soutsmaak van die trane daarop. Hy soen haar lank en teer. Sy liefkosing

raak later meer veeleisend, en gee sy haar gewillig daaraan oor.

Anita voel hoe die bloed deur haar are bruis. Sy gee haarself oor aan die ekstase van sy omhelsing.

Sy wil elke oomblik hiervan geniet. Sy gee nie meer om of Joubert net weer besig is om met haar

gevoelens te speel nie. Sy het so na hom verlang en kan hy haar nie seerder maak, as wat sy alreeds

die afgelope paar maande gekry het nie.

Joubert voel die rondings en warmte van Anita se liggaam teen syne.

Wanneer Anita sy hartstog met oorgawe terug beantwoord, raak sy liefkosing dringender. Voor sy

geestesoog speel die gebeure van ses jaar gelede verby. Met 'n kreun stoot hy haar van hom af weg,

en staar na haar met 'n hygende bors.

Anita self kortasem staar met blosende wange op na die man voor haar. Die man wat sy met haar

hele hart en wese liefhet, die pa van haar kind.

Dit is Joubert wat sy asem eerste terugkry.

"Ek is jammer Anita. Ek het myself amper weer te buite gegaan."

Anita se oë skiet skielik vuur.

"Hoekom gebruik en misbruik jy my net wanneer dit jou pas Joubert? Dink jy nie ek het ook

genoeg gely die afgelope ses jaar nie? Dink jy nie dat Andre my elke oomblik van die dag aan jou

herinner het, en dat dit vir my baie moeiliker as vir jou was nie? Al die vrae na sy pappie wat ek

moes antwoord en die liegstories wat ek moes uitdink om hom tevrede te stel, was nie maklik nie."

150

"Wag nou Anita, moenie my veroordeel nie. Dit was nie ek wat ses jaar gelede alles net so gelos,

en verdwyn het nie. Ek het destyds alles in my vermoë gedoen om jou te probeer opspoor, maar was

dit tevergeefs."

"Ag Joubert, wat help dit tog ons praat hieroor? Jy haat my so dat dit nie sal help om te probeer

verduidelik nie. Ek het Black gestabiliseer en is ek nie meer hier nodig nie. As jy my nodig het, kan

jy my skakel," verander sy die gesprek.

Sy draai van hom af weg, om haar dokterstas op te tel.

Joubert gee twee tree vorentoe, gryp haar aan die arm en draai haar ru om, sodat sy teen sy bors val.

Sy arms gaan om haar middel sodat hy haar styf teen hom kan vasdruk.

"Nie so haastig nie, Anita. Ek het nog nie klaar gepraat nie. Buitendien gaan ek jou nie weer so

maklik laat gaan nie. Netnou verdwyn jy weer uit my lewe, soos ses jaar gelede."

"Joubert asseblief moenie weer begin nie," sê sy met smeking in haar stem, terwyl sy haarself van

hom probeer wegstoot.

Joubert se greep is egter te sterk vir haar, en hoe meer sy probeer wegdu, hoe stywer hou hy haar

vas.

"Wag eers Anita, gee my kans om klaar te praat. Toe sy begin ontspan, druk hy haar gesig teen sy

bors vas. Hy buig sy kop af en soen haar weer op die kroontjie. 'n Sug ontsnap haar lippe en kan hy

voel hoe sy liggies teen hom begin bewe. Terwyl hulle so staan, begin Joubert praat.

"Ek weet nie wat al die redes was, en hoekom jy ses jaar gelede uit my lewe verdwyn het nie,

Anita."

Sy kyk op na hom om iets te sê, maar hy gee haar nie die geleentheid nie.

"Nee wag dat ek eers klaar praat. Soos ek gesê het, wat jou redes was, weet ek nie. Om die

151

waarheid te sê, wil ek ook nie meer weet nie. Al wat nou vir my saak maak is, jy en klein Andre.

Sonder julle twee beteken die lewe nie meer vir my iets nie."

Anita kyk hoopvol op na Joubert.

Hy buig sy kop af en gee haar 'n piksoentjie op die lippe.

"Trou met my Anita. Trou met my, sodat Gemoedsrus 'n erfgenaam kan hê. Ek het jou lief,

kleinding. Ek het jou liewer as ooit tevore," sê hy sag.

Binne in Anita kreet dit. O, Joubert weet jy wat is jy besig om aan my te doen. Hier is jy besig om

jou liefde aan my te verklaar. Dit kon so volmaak gewees het, maar jy doen dit slegs omdat jy 'n

erfgenaam vir jou plaas wil hê. Dan bars die woorde oor haar lippe.

"My lief Joubert? Jy weet nie wat die woorde beteken nie. Al wat jy liefhet is hierdie plaas van

jou met sy perde. Jy soek net 'n erfgenaam vir Gemoedsrus en al hoe jy dit kan bekom is om met my

te trou."

Joubert los die meisie voor hom so skielik, dat sy agtertoe struikel.

"Waarvan praat jy Anita?" vra hy met verbasing op sy gesig.

"Moenie my probeer wysmaak, dat ek nie weet wat jou bedoelings is nie. Jy wil my net terugkry

vir wat ek jou aangedoen het. Jy soek net 'n erfgenaam en is die enigste manier om dit te bekom,

deur met my te trou."

"Jy praat deur jou nek vroumens," sê Joubert nou ook duidelik kwaad.

Hier is hy besig om sy liefde aan haar te verklaar, en is sy besig om van hom 'n bespotting te maak.

Anita voel hoe sy woorde deur haar steek. Sy het hierdie groot lummel oneindig lief. Sy kan en wil

nie meer sonder hom lewe nie. Sy kom skielik tot 'n besluit.

152

"Nou goed Joubert, ek sal met jou trou. Daar is egter sekere voorwaardes aan verbonde. Ek sal

met jou trou, op voorwaarde, dat dit 'n skynhuwelik sal wees. Jy moet belowe dat jy nooit weer aan

my sal raak as ons getroud is nie. Ons altwee sal hieruit voordeel trek. Jy kry 'n erfgenaam vir

Gemoedsrus en ek gee vir my seun die vader wat ek hom al die jare ontsê het."

Joubert kyk na die blosende meisie hier voor hom. 'n Glimlag verskyn op sy gesig. Bid jou aan 'n

skynhuwelik. Waar in die lewe het jy al van so iets gehoor? Hy besef dat hy netnou toe hy sy

liefde aan Anita verklaar het, van die verkeerde woordkeuses gebruik gemaak het. Na wat hy haar

die afgelope tyd aangedoen het, sou hy dalk ook soos sy opgetree het. Sy vertrou hom nie meer nie,

en glo sy beslis nie in sy liefde vir haar nie. Miskien moet hy hierdie geleentheid wat sy hom bied,

met altwee hande aangryp. Hy kan dan wanneer hulle eers getroud is, haar leer om hom ook lief te

kry, en haar van sy liefde verseker. Maggies hy kan homself skop oor sy onbesonne optrede.

"Nou goed Anita," sê hy uiteindelik.

"Ek is bereid om met jou te trou, wat ookal die voorwaardes is wat jy mag stel."

Anita voel hoe die teleurstelling binne in haar groter word. Dan was sy reg. Hy wil net met haar

trou om 'n erfgenaam te hê.

"Dit is al baie laat Joubert. Jy kan môre oorkom na Wag-en-Bietjie sodat ons die reëlings rondom

die troue kan bespreek. Ek is bitter moeg en gaan nou slaap," sê sy terwyl sy omdraai, by die stal se

deur uit verdwyn, sonder om te groet.

Joubert staan verslae na die deur en kyk, waardeur Anita so pas verdwyn het. Hy skud sy kop in

ongeloof. Hoe het hy dit reggekry om homself in hierdie gemors te bevind? Sy optrede van die

afgelope tyd kom nou dubbeld en dwars terug na hom. Hy het die meisie wat hy met sy hele wese

bemin en liefhet vanaand finaal verloor. Hoe gaan sy hom ooit weer vertrou? Dit is net sy

153

verdiende loon. Hy wou mos met haar gevoelens speel. Hy vee moeg met sy hande oor sy oë.

Maggies maar hy is gedaan. Wanneer hy die stal verlaat en terugstap na die plaasopstal, weet hy dat

slaap vir hom ook nie vanaand beskore sal wees nie.

Hoofstuk 11

154

Susan de Klerk kyk haar dogter met 'n geskokte uitdrukking aan. Sy los die ontbyt wat sy besig was

om te maak net so, en gaan sit regoor Anita aan die kombuistafel.

"Sê vir my, jy is net besig om my been te trek," kry sy dit geskok uit.

"Ek is ernstig mammie. Net soos wat ek nou net vertel het, het dit gisteraand gebeur."

Susan de Klerk skud haar kop in ongeloof.

"Jy en Joubert kan nie met hierdie onbesonne planne van julle voortgaan nie. Dit is 'n sonde, en ek

en jou pa het jou nie so groot gemaak nie."

"Ek het Joubert lief mamma en sal enigiets doen om sy liefde te probeer terugwen. Ek weet hy haat

my nou, maar ek sal hom leer om my weer lief te kry, soos ses jaar gelede."

"My kind hoe praat jy dan nou. 'n Mens leer nie iemand om jou lief te kry nie. Jy is lief vir iemand

of jy is nie lief vir hom nie."

"Mammie is miskien reg, maar niks gaan my verhoed om met hierdie huwelik voort te gaan nie.

Ek vra dat mammie asseblief niks van ons gesprek sal laat blyk, as Joubert vandag hier opdaag nie.

En asseblief, niemand anders hoef te weet, dat ons huwelik net in skyn sal wees nie."

"Jy verwag baie van my, maar as dit jou wens is, sal ek jou nie probeer teengaan nie. Ek voorspel

egter baie ongeluk en verdriet, as jy en Joubert wil voortgaan met hierdie onbesonne planne van

julle."

"Mammie moet asseblief nie so praat nie. Ek trou nie net met Joubert oor my eie geluk nie, maar is

155

dit ook terwille van Andre. Hy moet ook die geleentheid gegun word, om sy vader te leer ken. Dit

sal onselfsugtig van my wees, as ek hom nou die geleentheid ontsê."

"Presies! Wat dink jy gaan gebeur as dinge nie tussen julle twee uitwerk nie? As julle dan moet

skei, sal dit net 'n groter invloed op Andre hê. Ek persoonlik dink dit sou beter gewees het as hy nie

geweet het wie sy pa is nie, as hierdie skynhuwelik waarin jy jou nou wil begewe."

"Dit maak nie saak watter kant toe mamma redeneer nie. Ek het klaar besluit en gaan ek voort met

die huwelik. Ek en Joubert het nie meer 'n keuse nie. Ons sal net eenvoudig hierdie huwelik moet

laat werk, al is dit net terwille van Andre."

"Ek hoop Joubert voel dieselfde as jy my kind, en dat Andre nie in die proses gaan seerkry nie."

Susan se laaste woorde veroorsaak dat Anita 'n beklemming in haar hart kry. Sy hoop haar ma is

verkeerd. As sy die verhouding tussen Joubert en Andre die afgelope ruk in oënskou neem, lyk dit

tog of hy omgee vir Andre. Hy het toe nog nie eers geweet dat Andre sy seun is nie. Ag nee wat,

haar ma is besig om spoke op te jaag.

"Kan ons nie maar asseblief hierdie gesprek los nie, mamma. Niks gaan my van my planne laat

afsien nie, en buitendien moet ons positief oor die saak dink. Dink net hoe bly gaan Andre wees as

hy moet uitvind dat Joubert sy pa is."

"Goed Anita, maar onthou, ek het jou gewaarsku teen hierdie sogenaamde huwelik waarin jy jou

nou wil begewe."

"As dinge verkeerd loop, sal ek die verantwoordelikheid daarvoor neem. Mamma hoef u regtig nie

daaroor te bekommer nie," sê sy nie baie oortuigend nie.

Joubert het toe soos hy voorspel het, die hele nag wakker gelê en tob, oor die voorgenome huwelik

156

tussen hom en Anita. Hy voel aaklig van die min slaap en weet by voorbaat dat die dag niks goeds

gaan inhou nie. Hy het om vieruur opgestaan, en afgesit na die stalle, om te sien hoe dit met Black

gaan. Nadat hy hom vergewis het, dat Black buite gevaar is, het hy die hele oggend verder oor die

plaaswerf rondgedwaal. Hy kon egter niks kry om sy gedagtes te suiwer nie, en het toe die son oor

die horison verskyn, vir hom 'n perd opgesaal en afgesit na die rivier. By die rivier aangekom,

stroop hy sy klere van sy lyf en duik in die koel water. Die koue water veroorsaak 'n tintelende

gevoel deur sy hele liggaam. Terwyl hy met lang hale deur die water klief, geniet hy elke oomblik

daarvan. Dit voel vir hom, of die water besig is om sy gedagtes skoon te was. Later toe hy uitasem

op die kant van die rivier in die son lê en droogbak, voel hy dat hy nou meer moed het, vir wat die

res van die dag ookal mag inhou.

"Waar ry jy so vroeg op 'n Saterdagoggend rond," vra tant Emma, terwyl sy bekommerd in Joubert

se rigting loer.

Joubert kyk met 'n glimlag op na tant Emma, waar sy langs hom aan die ontbyttafel sit.

"Ek het in die rivier gaan swem, tante. Dit is iets wat ek lanklaas gedoen het, en het die begeerte

om dit vanoggend weer te doen, net skielik in my opgekom."

Joubert se antwoord stel egter nie vir tant Emma tevrede nie.

"Joubert, wat pla jou, my kind. Wil jy nie maar vir my en die oom vertel nie."

"Ag Emma, los die kind uit. Dit is Joubert se privaatsake waarmee ek en jy niks uit te waai het

nie," praat oom Kootjie boos vanaf die anderkant van die tafel.

"Toemaar oom, die tante is reg. Daar is iets wat my pla," tree Joubert vir tant Emma in die bresse.

157

"O, in daardie geval kan jy ons dan maar vertel. As jy natuurlik daarna voel," kan oom Kootjie nie

verhelp om nuuskierig by te voeg nie.

"Dit is nou waar my probleem lê. Ek moet eers iets gaan doen, voordat ek julle kan vertel. So ek

vra dat julle asseblief geduldig moet wees. Ek belowe dat julle teen vanaand sal weet waarmee ek

vanoggend so vroeg geworstel het."

"Dit is goed so Joubert. Ons is maar net bekommerd oor jou die afgelope tyd. Ek en die oom hou

nie daarvan om jou so ongelukkig te sien nie. Wil jy en Anita nie maar hierdie ding tussen julle vir

eens en altyd uitpraat nie? Jy weet sy kom net so ongelukkig soos jy voor."

Joubert plaas sy mes neer, en sit sy hand op tant Emma s'n wat op die tafel lê.

"As tante maar weet hoe hard ek al probeer het. Dit is net asof ons mekaar elke keer verkeerd

opvryf. Ek belowe egter dat na vandag sal ons almal presies weet waar ons met mekaar staan."

"Ek is so bly dat jy dinge tussen julle wil regstel Joubert," sê tant Emma met trane van vreugde in

haar oë.

Oom Kootjie begin kug en sê dan self aangedaan.

"Dit doen my hart goed om dit te hoor Joubert. Julle twee kan nie vir ewig met onmin in julle harte

rondloop nie."

Dit is bykans elfuur toe Joubert sy motor, voor Wag-en-Bietjie se opstal tot stilstand bring. Hy loer

na die voordeur, maar kan geen beweging bespeur nie. Waar sy hande op die stuurwiel rus, voel

hulle natgesweet en kan hy voel hoe hulle liggies bewe. Maggies dink hy by homself. Wat gaan

met hom aan. Hy voel soos 'n skoolseun wat 'n meisie vir die eerste keer gaan uitvra. Toe hy uit sy

motor klim, kom Andre om die hoek van die huis gehardloop.

158

Wanneer hy opmerk dat dit Joubert is, storm hy op hom af, terwyl hy opgewonde uitroep.

"Jippee, dit is oom Joubert."

Hy storm tot by Joubert wat sy arms vir hom uithou.

Toe hy by hom kom gryp Joubert hom van die grond af en swaai hom laggend in die rondte.

"Dit lyk mos of jy net soos ek, verlang het grootman," sê hy terwyl hy Andre liggies teen hom

vasdruk.

Wanneer Andre se klein armpies om sy nek gaan, voel hy skoon aangedaan van trots. Om te dink hy

hou sy eie vlees en bloed vas.

"Hoekom kom oom nou eers weer kuier wil die seun in sy arms dadelik weet. Ek dink ek het

alweer alles vergeet wat oom my geleer het."

Voordat Joubert kan antwoord, kry hy die gevoel, dat hulle twee nie meer alleen is nie. Wanneer hy

opkyk, kyk hy vas in die paar blouste oë wat hy nog gesien het.

Anita staar met 'n uitdrukkinglose gesig na die toneel wat voor haar afspeel. Binne in haar begin die

onrus haar weer beetpak. Gaan sy die regte ding doen? Gaan sy nie haar seun laat seerkry met

hierdie voorgenome huwelik nie? Sy kry egter nie veel geleentheid om langer hieroor te top nie.

Joubert weet nie wat om Andre te antwoord nie. Hoe kan hy aan die kleinding verduidelik, dat die

probleme tussen hom en sy ma die oorsaak was, hoekom hy hulle vermy het. Terwyl hy Anita

vierkantig in die oë kyk gee hy die maklikste verskoning wat in sy kop opkom. "Ek was 'n bietjie

besig die afgelope tyd, maar ek belowe jou dat ek jou van nou af elke dag sal leer hoe om perd te

ry."

Die woorde ruk binne in Anita. Dan het Joubert ook besluit om voort te gaan met die huwelik. Sy

besef skielik, dat sy nog nie iets gesê het nie, en die twee hier voor haar nog net die hele tyd

159

aangestaar het.

"Hallo Joubert," groet sy selfbewus, toe haar oë die van Joubert s'n ontmoet.

"Hallo Anita," groet hy terug, terwyl hy Andre terugplaas op die grond.

"Kom gerus nader, dan gaan gooi ek vir ons iets in om te drink."

"Dankie, dit sal lekker wees. Kom jy saam Andre?" vra hy af na die seun, wat hy nou aan die hand

vashou.

"Ek wil eers gou gaan kyk of Sultan genoeg kos en water het," sê hy en laat spaander na die stalle.

Joubert kyk hom glimlaggend agterna.

"Ek wens ek het nog soveel energie soos hy gehad," sê hy terwyl hy teen die stoeptrappies opklim.

"Wag eers Anita," keer hy toe sy voor hom by die deur wil ingaan.

Anita draai vraend om na Joubert.

"Sê my eers, voel jy nog steeds dieselfde as gisteraand?"

"As jy na ons skynhuwelik verwys, ja," antwoord sy met 'n blos op haar wange.

"Besef jy dat ek vandag ouers moet vra, en gaan jou ma dadelik agterkom dat ons nie opreg is nie.

Ons gaan beslis nie vir haar soos twee verliefdes lyk nie. Buitendien het jy nie vir my gesê, hoe ons

teenoor mekaar moet optree voor mense nie."

Anita kyk Joubert aan asof sy nie verstaan wat hy so pas gesê het nie.

"Hoor jy wat ek sê Anita?" vra hy weer terwyl hy haar aan die skouer ruk.

Dit lyk skielik of Anita uit die slaap wakker geskud word.

"Genade Joubert, ek het nooit daaraan gedink nie," sê sy dan in alle eerlikheid.

"Nou goed, as ek kan voorstel, sal ons maar soos twee verliefdes voor mense moet optree. Tensy

jy natuurlik wil hê dat die hele kontrei moet weet, dat dit slegs 'n skynhuwelik is."

160

"Nee, asseblief net nie dit nie. Ek sal die mense nooit weer in die oë kan kyk as hulle moet weet

nie."

"Dan is die probleem opgelos. Kom gaan gee nou vir my daardie beloofde drink dingetjie," sê hy,

terwyl hy haar arm om sy lyf sit, asof dit die natuurlikste ding is om te doen.

Terwyl hulle in die gang afstap na die kombuis, kan Anita nie help om te sê, "dit is nie nou nodig om

toneel te speel nie, Joubert."

"Sjuut," antwoord hy terug.

"Netnou hoor jou ma ons."

Toe hulle in die kombuis kom laat hy haar vir die eerste keer vry uit sy omhelsing. Terwyl sy

koppies regsit, kan hy dit nie verhelp om bewonderend na haar te staar nie. Vir die eerste keer besef

Joubert hoe 'n mooi entjie mens sy werklik is. Die koel blou somersrokkie wat sy aanhet, bring die

blou in haar oë pragtig na vore.

"Hoekom staar jy so na my," wil Anita selfbewus weet, toe sy Joubert se blik op haar sien.

"Ek besef nou vir die eerste keer, dat jy seker die mooiste entjie mens moet wees, wat op hierdie

aarde rondbeweeg," antwoord hy haar in alle eerlikheid.

"Ag jy is verspot," is al wat sy met blosende wange kan terug antwoord.

"Besef jy hoe pragtig jy lyk as jy bloos?" vra hy, wanneer sy weer voortgaan om vir hulle koffie te

maak.

Anita sit die koffiepot neer en draai na Joubert.

"Sal jy nou end kry met hierdie praatjies van jou. Dit is nie nou nodig om toneel te speel nie. Ek

sien nie enigiemand anders behalwe ons twee in die kombuis nie."

Joubert staan op vanwaar hy by die kombuistafel gesit het en loop tot voor Anita. Hy sit sy twee

161

hande op haar skouers en kyk haar diep in die oë.

Sy wil sy aanraking ontduik, maar voel die kombuisrak agter haar, wanneer sy 'n tree terug wil

beweeg.

"As jy dit durf waag," sis sy deur haar tande, op na hom.

"Sjuut, ek dink ek hoor iemand aankom," sê hy glimlaggend af na haar.

Voordat Anita hierop kan reageer, is Joubert se lippe op hare. Sy is te verbaas om haar teë te sit.

Toe sy uiteindelik tot verhaal kom, hoor sy hoe iemand agter hulle kug. Toe Joubert haar los, kyk sy

vas in haar ma se verbaasde gesig. Sy besef dadelik, dat haar ma beslis nie sal verstaan wat nou

aangaan nie, en vervloek Joubert vir sy voortvarendheid.

"Middag tante. Jammer dat tante nou op hierdie toneel moes afkom, maar u sal seker weet hoe dit

is om verlief te wees. Ek het nou net die ja woord van u dogter gekry en is ons bly dat tante nou hier

is, want ons wil graag u goedkeuring hê, op ons voorgenome huwelik," rammel Joubert voort.

Anita voel hoe haar gesig al hoe rooier word. Die bees dink sy. Hier staan en vra hy ouers, asof dit

die natuurlikste ding in die wêreld is, terwyl haar ma weet, dat hulle huwelik nie eg gaan wees nie.

Skielik besef sy, dat Joubert nie bewus is, dat sy haar ma alles rondom hulle voorgenome huwelik

vertel het nie. Hy tree dus normaal op. So normaal soos iemand wat werklik verlief is.

"Middag Joubert, is daar dalk vir my ook 'n bietjie koffie," hoor sy haar ma groet.

Joubert sit sy arm om Anita se skouers en trek haar tot teen hom vas. Sy speel gewillig saam en sit

haar arm ook om sy middel. Terwyl hulle so staan praat Joubert weer.

"Tannie Susan, Anita het my vertel, dat Andre my seun is. Dit was die wonderlikste nuus wat ek in

jare ontvang het. Ek weet dit was 'n onbesonne daad, wat ons twee ses jaar gelede aangevang het.

Ek weet ook dat daardie tyd ses jaar gelede, vir u seker hel moes gewees het. Ek kan net dink wat u

162

en Anita moes deurmaak en wil ek u hiermee omverskoning vra. Ek sou graag daardie tyd my

verpligtinge wou nakom, maar het omstandighede veroorsaak, dat ek nie kon nie. Ek wil nie nou

daarop uitwei nie, maar wil ek u wel die versekering gee, dat as ek en Anita trou, ek mooi na u

dogter en kleinseun sal omsien."

Terwyl Joubert praat, kan Susan de Klerk hom net aanstaar. Binne in haar voel sy die seer. Die seer

wat hulle as ouers hierdie twee mense voor haar aangedoen het. Terwyl Joubert voortgaan begin

haar oë swem in die trane. Trane van geluk maar ook hartseer, want sy weet nie of Joubert wel elke

woord bedoel wat hy sê nie.

"Tannie ek het u dogter lief en vra hiermee u goedkeuring om met haar te trou."

Joubert kyk af na Anita terwyl die liefde vlak in sy oë lê.

Anita trek haar asem saggies in. Is dit liefde wat sy in Joubert se oë lees, of speel hy net goed toneel.

Sy glimlag liefies op na hom.

"En jy Anita, hoor sy haar ma skielik vra. Hoe voel jy oor Joubert?"

Anita besef, dat sy haar ma 'n antwoord skuld. Sy weet nie hoekom haar ma haar nou so 'n vraag

moet vra nie. Sy weet mos presies hoe sy oor Joubert voel. Sy het hierdie lummel lief, so lief dat

dit eintlik seermaak.

"Anita jou ma het jou 'n vraag gevra," hoor sy Joubert praat.

Sy kyk op na hom. Is dit spot wat sy in sy oë lees, of is hy net geamuseerd, omdat hy ook besef in

watter penarie haar ma haar geplaas het. Wanneer sy na haar ma kyk antwoord sy saggies, maar

beslis.

"Ek wil met Joubert trou, omdat ek hom liefhet mamma."

Susan kyk die twee kinders voor haar glimlaggend aan. Sy voel nou tevrede en kan sy haar dogter

163

met 'n geruste hart aan Joubert afstaan. Die twee kinders is beslis lief vir mekaar, al besef hulle dit

nie self nie. Toe sy praat, is dit met vreugde in haar hart.

"Ek is so bly vir julle part. Joubert ek gee my dogter en kleinseun met 'n geruste hart aan jou. Ek

weet dat jy mooi na hulle sal kyk."

Sy stap vorentoe en omhels haar dogter, terwyl trane van vreugde oor haar wange rol.

Terwyl ma en dogter so staan, kan Joubert nie help om te vra...

"Word ek nie ook geluk gewens nie tannie?"

Susan draai glimlaggend na Joubert.

"Geluk my kind. Ek hoop daar sal vir julle baie gelukkige jare voorlê."

Wanneer Joubert Susan de Klerk teen hom vasdruk fluister hy in haar oor.

"Tannie hoef nie bekommerd te wees nie. Ek sal mooi na u dogter kyk."

Toe Joubert haar los, knik sy met 'n glimlag goedkeurend op na hom.

Later toe elkeen met 'n koppie koffie voor hom sit, storm Andre die kombuis binne.

"En toe grootman, hoe lyk dinge daar by Sultan?" wil Joubert dadelik weet.

Andre stap tot voor Joubert. Hy tel hom op sy skoot, asof dit die natuurlikste ding is om te doen.

"Hy is nog springlewendig oom. Oom moet net sien hoe mooi is hy. Ek dink hy gaan eendag net

so mooi word soos Black."

"Dan is ek bly jong. Jy moet jou ma herinner dat hy binnekort sy inspuitings moet kry."

"Jy hoef jou nie daaroor te bekommer nie Joubert. Hy herinner my elke dag daaraan," sê Anita,

terwyl sy die toneel voor haar met verwondering aankyk.

Dit lyk so natuurlik, so asof daar 'n band tussen die twee bestaan, sonder dat hulle daarvan bewus is.

"Andre, daar is iets baie belangriks, wat ek en jou ma jou moet vertel," gaan Joubert voort, terwyl

164

sy gesig die erns van die saak duidelik weerspieël.

Die seuntjie op sy skoot draai hom skuins na Joubert, en kyk hom vraend aan. 'n Hoorbare stilte daal

skielik neer oor die aanwesiges in die kombuis. Anita sit met opgehoude asem, duidelik gespanne in

afwagting op Joubert se volgende woorde. Sy weet, dat Andre vertel moet word, van haar en

Joubert se voorgenome huwelik, en is dankbaar dat hy die taak op sy skouers geneem het.

"Andre hoe sal jy daarvan hou, as ek en jou ma trou," gaan Joubert voort.

'n Frons verskyn op die klein seuntjie se gesiggie.

"Jis maar dit sal bak wees oom, maar wat van my, my ouma en Sultan? Wat gaan dan met ons

gebeur?" vra hy onseker.

Joubert kan nie help om te glimlag nie. Nie een van hulle grootmense het al hieroor gepraat nie, en

nou moet hierdie kleinding hulle daarop wys.

"Natuurlik gaan julle dan almal daar by my op Gemoedsrus kom bly," sê hy terwyl sy blik in die

rigting van Susan en Anita beweeg.

Anita knik haar kop goedkeurend, terwyl 'n sug van verligting duidelik oor haar lippe gehoor kan

word.

Op Susan de Klerk se gesig is egter 'n diep frons te bespeur, duidelik nie geneë met die antwoord

van Joubert nie.

Joubert wat dit bespeur, weet onmiddellik wat in haar gedagtes aangaan.

"Jy sien Andre," gaan hy rustig voort.

"As ek en jou mamma trou, moet ek vir julle almal sorg. Daarom gaan julle dan almal saam met

my op Gemoedsrus kom bly. Ek het 'n groot huis en sal ons vir ouma die gaste gedeelte gee, wat

slegs met 'n deur aan die huis verbind word. Dan kan ouma ook meer privaat wees as sy dit so

165

verkies."

Anita kan nie verhelp om 'n dankbare blik in Joubert se rigting te gee nie. Is hy dan nie baie

tegemoetkomend nie? Nie een van hulle het aan haar ma gedink toe daar op die troue besluit is nie.

Sy wonder wat het in haar ma se gedagtes omgegaan, toe sy haar van die troue vertel het. Sy het

nooit sover gedink nie. Natuurlik sou sy nooit haar ma alleen kon los op Wag-en-Bietjie nie.

Dit is weer Andre wat Anita met verbasing na hom laat kyk.

"Mag ek as julle eers getroud is, vir oom pappa noem?"

Joubert kyk met liefde af na die seuntjie op sy skoot.

"Daar sal vir my niks meer vreugde as dit verskaf nie, kleinding. Natuurlik mag jy my dan pappa

noem."

Susan de Klerk kan nie help om 'n traan weg te pink nie. Hierdie aandoenlike toneeltjie voor haar,

laat haar weereens besef, dat sy en Anita die regte besluit geneem het, toe hulle hierheen getrek het.

Dit sou 'n sonde wees om hierdie twee langer van mekaar af weg te hou. Sy kry nou meer moed vir

hierdie sogenaamde huwelik. En die reëling wat so met die hulp van Andre getref is, sien sy ook

voor kans. As die gedeelte in Joubert se huis werklik so privaat is soos hy sê, sien sy kans om by

hulle te gaan bly, anders sou sy ander heenkome moes vind. Sy sou beslis nie alleen op Wag-en-

Bietjie wou bly nie.

"Andre, jy en ouma sal asseblief nou vir my en oom Joubert moet verskoon. Daar is nog baie

reëlings wat ons twee rondom die troue moet bespreek. Ons gaan almal vanmiddag tennis speel op

Eendekuil en het ons nie meer baie tyd oor nie."

Terwyl Anita dit sê stap sy om die kombuistafel, en tel Andre van Joubert se skoot af. Sy trek

Joubert op aan die hand en sleep hom die gang af by die voordeur uit.

166

Joubert volg haar met 'n geamuseerde glimlag. Hy weet Anita voel op hierdie stadium 'n bietjie

onseker. Miskien was sy bang, dat hy vir Andre vertel, dat hy in werklikheid wel sy pa is. Hy

wonder wanneer en hoe sy van plan is om hom dit te vertel, en besluit om die onderwerp sommer

dadelik aan te roer.

"Sê my Anita, wanneer is jy van plan om Andre die waarheid rakende my te vertel?"

Waar hulle besig was, om deur die tuin na 'n bankie onder die bome te stap, kan Joubert duidelik

sien, dat sy vraag Anita effens onkant gevang het.

Sy gaan staan skielik en kyk met blosende wange op na Joubert.

"Ek, ek ...." stotter sy skielik, sonder woorde.

Joubert duidelik bewus van haar ongemak, por haar met 'n geamuseerde glimlaggie aan.

"Jy wou sê?"

"Ek weet nie hoe om die saak aan te roer nie," antwoord sy dan eerlik, met blosende wange.

"Dit is 'n baie moeilike situasie en is ek nie seker hoe ek dit moet benader nie. Daar is soveel vrae

wat hy my kan vra, en weet ek regtig nie hoe ek almal sal kan antwoord nie."

"Wil jy hê dat ek dit liewer moet hanteer, Anita," vra Joubert duidelik bewus van die meisie se

ongemak.

"Sal jy dit regtig doen?" vra sy met verligting, duidelik op haar gesig te lees.

"As jy dit so verkies, sal ek dit met plesier hanteer. Jy sien dit is eintlik 'n manne ding hierdie, en

sal dit nie vir my 'n probleem wees nie," glimlag hy vir haar.

Anita se gesig raak nog rooier, en kan Joubert dit nie verhelp, om hom te verlekker in haar ongemak

nie.

"Kan, kan ...ons nie maar asseblief afstap van hierdie onderwerp nie?" vra sy met afgeslane oë.

167

"Goed dan is dit afgehandel. Ek gaan egter wag tot na ons troue voor ek Andre alles gaan vertel.

Hy sal dit miskien dan beter kan verstaan."

"Ek stem saam, dit is dalk 'n goeie ding om dit dan eers aan hom te vertel."

"Anita, wat ons voorgenome huwelik betref. Wil jy nog steeds daarmee voortgaan, op die

voorwaardes wat jy gestel het?" vra Joubert duidelik gespanne.

Anita kyk verras op na Joubert.

"Hoekom vra jy Joubert, wil jy miskien kop uittrek? Ek dag ons gaan nou slegs die finale reëlings

tref."

"Ek praat nie van die huwelik nie Anita, ek praat van die voorwaardes wat jy gestel het."

"O, ja ek bly by die voorwaardes wat ek gestel het, en sal niks my daarvan laat afsien nie."

"Nou goed, in daardie geval, kom ons bespreek dan maar al die finale reëlings rondom die troue,"

sê Joubert duidelik afgehaal.

Dit is presies kwart voor twee, wanneer Joubert weer voor Wag-en-Bietjie se opstal stilhou. Soos

vroeër afgespreek moet hy haar kom oplaai, anders sal die ander snaaks dink, as hulle hul huwelik

aankondig en elkeen kom op sy eie by die tennis aan. Hulle sal beslis soos twee verliefdes moet

optree, anders gaan hul vriende beslis onraad vermoed. Joubert weet, dat dit nie vir hom moeilik sal

wees om soos 'n verliefde man op te tree nie. Hy weet net nie hoe Anita dit gaan hanteer nie. Hy

voel 'n diep seer hier binne in hom, by die gedagte dat sy hom nie liefhet nie. Hy sien hoe sy in haar

tennisdrag, by die voordeur uitgetrippel kom. Hy trek sy asem hoorbaar in, by die aanskoue van die

pragtige prentjie wat sy uitmaak. Voor sy by die motor kom het hy uitgespring, om die motor

168

geloop om vir haar die passasiersdeur oop te hou.

"Hallo, Anita. Jy lyk pragtig," groet hy haar met bewondering duidelik in sy oë te lees.

"Hallo, Joubert. Jy het nie nodig om nou toneel te speel nie," sê sy liefies op na hom, toe sy by

hom verby skuur om in die motor te klim.

Hy kry die reuk van haar parfuum, en voel hoe dit sy kop laat duisel. Toe hy haar raket by haar

neem, raak hulle hande vir 'n oomblik aan mekaar. Hy voel hoe sy hart skielik binne in hom begin

bokspring. Maggies dink hy by homself, hoe gaan ek dit regkry om my hande van haar af te hou, as

sy hierdie uitwerking op my het.

Toe hy aan die bestuurderskant van die motor langs haar inskuif, draai hy eers na haar voordat hy die

motor aanskakel.

"Ek speel nie toneel nie, Anita. Jy lyk werklik pragtig, en bedoel ek dit opreg as ek dit vir jou sê.

Jy weet, 'n dankie sou goed genoeg gewees het. Dit is mos wat 'n vrou veronderstel is om te sê, as 'n

man haar komplimenteer."

"Ek is jammer, as ek ongeskik voorgekom het, Joubert. Dit was nie my bedoeling nie, en dankie

vir die kompliment."

Terwyl Joubert die motor behendig in die rigting van Eendekuil stuur, voel Anita vies vir haarself.

Die opmerking wat sy gemaak het, was regtig ongevraag, en van swak smaak. Sy sal voortaan

versigtiger moet wees wat sy sê, anders gaan sy dinge net moeilik maak vir hulle.

Dit is Joubert wat later die stilte tussen hulle verbreek.

"Het oom Kootjie toe vir jou ma en Andre kom oplaai?"

"Ja, hulle was seker so tien minute voor jou daar. Andre het maar moeilik verstaan, hoekom hy nie

saam met ons kon ry nie, en wou met alle geweld saam met my vir jou wag."

169

Joubert glimlag by die gedagte, wat aanleiding gegee het tot hierdie reëlings. Susan de Klerk het

alles self getref, omdat sy gevoel het, dat hy en Anita meer tyd alleen gegun moet word. Hoe ironies

is dit nie. Hier is hulle nou alleen, en eintlik is dit vir hulle beide 'n ongemaklike situasie. Joubert

kyk in Anita se rigting en sien dat sy gespanne voor haar in die pad kyk. Toe sy, sy blik op haar

voel, kyk sy met 'n verleë glimlaggie na hom. "Sien jy kans vir vanmiddag se toneelspeel?" vra

hy dan sonder om sy aandag van die pad hier voor hom weg te neem.

"Ek dink so," sê sy effens onseker, wetende dat dit vir Joubert seker baie moeilik gaan wees.

Sy het die situasie wat op hulle vanmiddag wag, al oor en oor in haar gedagtes afgespeel. Sy voel

vol vertroue, dat sy haar goed van haar taak sal kwyt. Buitendien het sy hierdie man hier langs haar

werklik lief. Sy sal dus nie die hele tyd hoef voor te gee, dat sy verlief is nie.

"Ek is bly, want hier is ons nou," sê hy, terwyl hy die motor onder die koeltebome langs die ander

parkeer.

Terwyl Anita in die motor sit en wag dat Joubert vir haar die deur moet kom oopmaak, kan sy dit nie

verhelp om 'n opgewonde gevoel te ondervind nie. Sy voel soos 'n jong skooldogter wat vir die

eerste keer verlief is. Toe Joubert die deur oopmaak, hou hy sy hand vir haar uit. Sy neem dit met 'n

glimlag en laat toe dat hy haar help uitklim. Wanneer hulle later hand aan hand om die hoek van die

huis kom, sien sy dadelik hoe almal met vraende oë, in hulle rigting staar.

Joubert kan voel hoe Anita, skielik onseker van haarself, stadiger begin loop. Hy buk oor na haar en

fluister saggies in haar oor.

"Moenie nou kop uittrek nie, liefling. Kyk almal hou ons met arendsoë dop."

Anita voel of sy Joubert kan skop. Sy verwens hom oor sy voortvarendheid. Dit voel vir haar of die

grond haar kan insluk en hier loop hy en maak dit vir haar nog moeiliker. Dan besluit sy, sy sal hom

170

wys. Sy kan ook sy speletjie speel. Voordat sy egter verder hieroor kan top, het hulle die

aanwesiges bereik, wat hulle nou duidelik, uit die veld aanstaar.

"Middag, middag," groet Joubert, asof dit normale praktyk is, dat hy en Anita saam gesien word.

Dit is dan ook Johan Vermaas wat soos altyd, sê wat die ander dink.

"Moenie vir my sê nie...." laat hy sy sin halfvoltooi in die lug hang.

Anita voel hoe haar gesig warm word. Gelukkig kyk almal in Johan se rigting en kry sy geleentheid

om haar verleentheid te verberg. Dit is Joubert wat weer die aandag op hom vestig.

"Voordat julle jul eie afleidings begin maak, wil ek en Anita julle dit self vertel," sê Joubert, terwyl

hy sy arm nou liefkosend om Anita plaas en haar teen hom vastrek.

Sy stap gewillig onder sy blad in en plaas haar arm ook om sy lyf, terwyl sy lieftallig na hom opkyk.

"Joubert, jou bulperd!" kan Leon dit nie verhelp om uit te roep nie.

"Vertel dat ons dit kan hoor jong," roep Betsie uit, wat die spanning nie langer kan hanteer nie,

terwyl sy op Anita en Joubert afstorm.

"Sê vir my dat dit waar is," sê sy glimlaggend, terwyl sy hulle albei gelyktydig omhels.

Chaos breek skielik los, soos almal op hulle afstorm om hulle geluk te wens.

Nadat die gelukwensing verby is, is dit Joubert wat die hele geselskap laat uitbars van die lag.

"En ek en Anita het 'n hele toespraak uitgewerk om julle te vertel, dat ons gaan trou. Nou het ons

nie eers geleentheid gekry om 'n woord uit te kry nie, omdat julle jul eie afleidings gemaak het."

"Maggies Joubert, ons almal het gedink jy loop met toe oë deur die lewe. Dat jy so 'n mooi entjie

mens nou eers vra, kan ek nie kleinkry nie," kom dit spontaan van Andries Human.

"En wanneer lui die huweliksklokkies," wil Betsie later by Anita weet toe sy haar alleen eenkant

kry.

171

"Vandag presies oor twee weke," antwoord Anita met 'n blos op haar wange.

"Voordat jy dalk gedagtes kry, ...." gaan sy dadelik voort.

"Ek en Joubert het gevoel dat ons nie nodig het om die huwelik langer uit te stel nie, omdat ons

albei seker is van ons saak."

Betsie bars uit van die lag.

"Genade mens, jy hoef nie so te keer nie. Ek weet wat dit is om verlief te wees," sê sy terwyl sy

Anita opnuut weer 'n druk gee.

"Ag ek is so bly vir julle part. Sê my gaan julle verloof raak of nie?" vra Betsie nuuskierig verder

uit.

"Ja, ons het besluit ons volgende Vrydagaand 'n klein geselligheid te hou op Gemoedsrus,

waartydens ons dan sommer ons verlowing gaan aankondig."

"'n Klein geselligheidjie se voet," sê Leon skielik agter hulle. Nie een van die twee het Leon en

Joubert sien nader kom nie en kyk hulle die twee nou baie verleë aan.

"Het ek reg gehoor ou vriend?" vra Leon nou vir Joubert.

"Ja Leon, jy weet dit sal sommer net ons intieme vriende wees. So iets kleins."

"Dit sal die dag wees," gaan Leon weer ontsteld voort.

"Dit is nie aldag dat my beste maat en vriendin verloof raak nie. Ek en Betsie sal julle

verlowingspartytjie vir julle reël, sommer hier op Eendekuil. Dan is daar geen werk vir julle aan

verbonde nie. Daar is egter een voorwaarde."

Toe Joubert en Anita, Leon vraend aankyk, gaan hy rustig voort.

"Dit is dat ons dit die beste partytjie gaan maak, wat hierdie kontrei in 'n lang tyd beleef het."

"Ek stem saam met Leon," voeg Betsie by.

172

"Julle twee is ons beste vriende en wil ons dit graag vir julle doen."

Joubert kyk na Anita, wat haar skouers vir hom optrek.

"As Anita nie beswaar het nie, kan ek maar net dankie sê vir sulke goeie vriende."

Joubert skud Leon se hand en gee Betsie 'n klapsoen op die mond.

"Ek verwag natuurlik nie dat julle alles alleen sal doen nie. Ek sal natuurlik ook die geld

voorskiet," gaan Joubert weer voort.

"As jy nou vir my kwaad wil maak Joubert, dan moet jy dit nou waag om enige geld vir die funksie

uit te haal. Jy kan die geld gebruik om vir Anita 'n verloofring te koop. Wat die hulp aanbetref, wil

ons net weet wie julle twee graag wil uitnooi. Die res kan julle aan al julle goeie vriende los. Ons

het genoeg hulp in die spul wat daar sit," sê Leon terwyl hy na al die ander vriende beduie wat onder

die bome ontspan.

"Nou goed, in daardie geval los ons twee dan alles in julle hande, sê Joubert," terwyl hy sy arm

liefdevol om Anita plaas.

"Haai julle vier, gaan ons dan nooit vandag tennis speel nie?" roep Johan na hulle.

"Natuurlik," antwoord Anita terug.

"Ons kom, loot julle solank."

"Lankal gedoen ou kinta. Ons wag net vir julle," antwoord Johan terug.

"Kom ons gaan speel tennis, anders hoor ons nooit die einde nie," sê Joubert glimlaggend.

Die res van die dag verloop gesellig, en is dit 'n paar moeë vriende wat later die aand, om 'n

braaivleisvuur gesellig verkeer.

Joubert sit rustig in sy stoel, ingedagte aan sy bier en teug. Die dag was vir hom baie aangenaam en

het hy dit verskriklik baie geniet. Hy wens net, dat Anita se optrede teenoor hom eg kon wees. Sy

173

was baie liefdevol teenoor hom en het sy haar goed van haar taak gekwyt. Die ander sal nooit kon

raai, dat sy die hele tyd toneel gespeel het nie. Hy kyk met verlange in sy oë na haar, waar sy besig

is om Betsie te help slaai maak.

"Hoe lyk dit vir my of Joubert die skoot hoog deur het?" vra Ella terwyl sy in Joubert se rigting

beduie.

Anita wat dit gehoor het, kyk op in Joubert se rigting. Sy sien hoe hy ingedagte na haar staar, en

wens sy kon weet wat in sy gedagtes aangaan.

Joubert kom skielik agter dat hy die onderwerp van bespreking is. Wanneer hy sien dat almal na

hom sit en kyk, voel hy hoe sy gesig warm begin word.

"Mag 'n man nie sy toekomstige bruid bewonder nie?" vra hy om sy verleentheid te verberg.

"Jy mag. Ons sou net wat wou gee om te kon weet, wat nou in jou gedagtes omgegaan het," sê Ella

glimlaggend.

Anita wat die gesprek op 'n afstand volg, sit dit waarmee sy besig is neer, en wag belangstellend op

Joubert se antwoord.

"Ek het maar net gesit en dink hoe 'n pragtige bruid sy gaan uitmaak, en dat ek nie kan wag vir ons

troudag nie."

"Anita hoor jy dit?" vra Andries oor sy skouer na waar sy besig is met die slaai.

Om haar verleentheid te verberg, raak sy weer doenig met die slaaimakery. O, hoe wens sy dat hy

dit ernstig bedoel het. Dit sou mos enige meisie se dag gemaak het, as haar toekomstige bruidegom

so van haar praat.

"Jong Joubert, hoe lyk dit vir my Anita vryf jou nie ernstig op nie?" sê Johan laggend.

"Ek het gehoor sy koors loop hoog," antwoord Anita, weer in beheer van haar emosies.

174

"Ongelukkig is daar nog twee weke oor, en sal hy maar geduldig moet wag."

Al die aanwesiges geniet hierdie kwinkslae oor die verliefde paartjie geweldig. Joubert en Anita

speel hul rol, as verliefdes so goed, dat hulle daardie aand tevrede en gelukkig van mekaar afskeid

neem.

Hoofstuk 12

Dit is Vrydagaand. Die Koeglenbergs se woning bars uit sy nate van al die gaste wat opgedaag het,

vir die verlowingspartytjie van Joubert en Anita. Dit is nie aldag dat Joubert Retief die gesogste

vrygesel in die kontrei, van plan is om te trou nie. Baie is slegs uit nuuskierigheid daar, want die wat

175

Anita nog nie ontmoet het nie, wil graag sien wie die gelukkige bruid gaan wees. Die wat die

betrokke twee vriende egter goed ken, weet dat daar nie 'n beter kombinasie van huweliksmaats kan

wees nie. Het almal dan nie al gewonder of daar nie dalk fout met die twee was, omdat hulle mekaar

gedurig in die hare gevlieg het nie. Al die gaste het reeds opgedaag en wag almal nou gespanne, dat

die twee verliefdes moet opdaag.

"Waar bly die twee so lank?" vra Betsie later gespanne vir Leon, terwyl sy kort kort die plaaspad

dophou.

"Dit is nou eers seweuur en is jy verniet so bekommerd, Betsie. Jy self weet mos hoe lank neem dit

partykeer vir julle vrouens om reg te maak. Buitendien het Joubert se ma laat weet dat sy pa nie te

goed voel nie, en daarom kan hulle nie vanaand die verlowingspartytjie bywoon nie. Joubert en

Anita was vandag toe hulle 'n ring gaan uitsoek het, eers daar aan om ouers te vra, en is hulle seker

maar 'n bietjie opgehou."

"Ek hoop jy is reg Leon. Sê maar net daar het iets met hulle gebeur. Robertson is maar dertig

kilometer hiervandaan en moes hulle al lankal hier gewees het."

"Moet asseblief nie weer spoke opjaag nie, Betsie. Ek verstaan julle vrouens nie aldag nie. Julle

verwag altyd die ergste as dinge nie volgens plan verloop nie."

"Ons vrouens is nou maar eenmaal so gemaak en sal julle mans dit maar moet aanvaar. Ons kan dit

nie verhelp as ons dinge somtyds 'n bietjie uit verband ruk nie. Dit is ook waarvoor julle mans daar

is. Jy is veronderstel om my in sulke tye te ondersteun, en nie soos jy nou maak, my te veroordeel

omdat ek so is nie."

"Jy laat my nou baie sleg voel. Ek is jammer as ek ongevoelig geklink het. Dit was beslis nie my

bedoeling nie. Kom hier," sê Leon en plaas sy arm liefdevol om Betsie se skouers.

176

Terwyl hulle so staan hoor hulle 'n voertuig voor die stoep stilhou. Betsie maak haarself los uit Leon

se omhelsing en met Leon aan die hand storm sy na die voordeur. Toe sy op die stoep kom gee sy 'n

sug van verligting.

"Dit is hulle," sê sy onnodig vir Leon wat langs haar staan.

Toe Joubert en Anita by hulle op die stoep aansluit raas sy met hulle.

"Hoekom laat julle ons so skrik? Kyk hoe laat is dit al. Waar bly julle so lank weg? Ons is al

dood van bekommernis."

"Stadig Betsie. Baklei jy nou met ons, of is jy bly om ons te sien?" vra Joubert kamma afgehaal.

"Ag ek is maar net verlig om te sien julle is ongedeerd. Ek het al allerhande spoke opgejaag, omdat

julle so laat is."

Sy loop vorentoe en gee elkeen 'n liefdevolle druk.

"Welkom op Eendekuil. Mag hierdie aand vir julle net vreugde inhou. Kom in die ander gaste kan

nie wag om julle te sien nie."

"Hallo julle twee, welkom hier by ons," sê Leon ook nou, wat Betsie die hele tyd geamuseerd

dopgehou het.

"Verskoon asseblief hierdie dierbare vroutjie van my. Sy is maar net soos 'n broeishen, wat voel sy

is verantwoordelik vir julle twee se doen en late. Kom gerus binne, ons wag net vir julle twee, sodat

die partytjie sy koers kan neem."

"Ag ons is vreeslik jammer, as ons julle so bekommerd gehad het. Dinge het 'n bietjie langer

gedraai op Robertson as wat ons aanvanklik beplan het," sê Anita nou vir die eerste keer.

"Joubert se ouers is twee dierbare mense en wou hulle ons nie laat gaan nie. Ons moes eers al hul

vrae beantwoord het, en wou ons nie ongeskik wees nie. Buitendien voel Joubert se pa nie te goed

177

nie, en wou ons 'n bietjie tyd saam met hom spandeer."

"Hoe gaan dit nou met hom Joubert?" vra Leon belangstellend.

"Ag dit is maar net 'n bietjie verkoue. My ma wil maar net nie hê dat hy nou in die aande moet

uitgaan nie. Sy is soos 'n broeishen oor hom. Jy moet egter nie 'n fout maak nie. Hy geniet elke

oomblik daarvan."

"Ag ek is bly om dit te hoor!" sê Betsie.

Voordat hulle egter verder hieroor kan praat stap hulle die sitkamer binne. Toe die gaste hulle sien,

begin almal spontaan hande klap, om hulle te verwelkom. Daarna vind 'n oor en weer groetery plaas

en word almal wat nie vir Anita ken nie, eers formeel voorgestel. Dit is 'n geselligheid wat lanklaas

beleef is, wat die res van die aand volg. Nadat die verlowing formeel plaasgevind het, en die

gelukwensing afgehandel is, is dit Joubert en Anita se voorreg om die dansbaan te open. Toe hy

haar in sy arms neem en oor die dansbaan met haar beweeg, is almal dit eens, dat hulle 'n perfekte

paartjie is.

"Gelukkig?" vra Joubert terwyl hy in haar oë afkyk.

"Hmm," is al wat sy uitkry en druk haar wang teen sy bors.

Hoe kan sy vir Joubert sê dat sy gelukkig en tog ook ongelukkig voel oor vanaand. Dinge kon

soveel anders gewees het. Alles kon so perfek gewees het, as dit nie was vir die omstandighede

waaronder hulle trou nie. Joubert het twee dierbare ouers en al hulle vriende is net sulke pragtige

mense. Sy ril by die gedagte as hulle moet uitvind, dat sy en Joubert nie eerlik met hulle was nie.

Daar is so baie op die spel. As hulle moet uitvind gaan so baie mense in die proses seergemaak

word.

Joubert voel hoe Anita in sy arms ril en kyk bekommerd af na haar.

178

"Kry jy koud, kleinding?" vra hy lieftallig en druk haar stywer teen hom vas.

In Anita baklei haar verstand en hart met mekaar. Hy moenie so dierbaar met my praat nie. Ek bars

sommer in trane uit. Haar verstand maak haar weer wys dat hy net toneel speel, en dat hy dit nie

ernstig bedoel nie.

"Nee, ek kry nie koud nie. Ek sidder net by die gedagte as al hierdie dierbare mense rondom ons

moet uitvind, dat ons besig is om hulle te bedrieg."

"Jy moenie nou daaraan dink nie. Kom ons geniet vanaand asof niks verkeerd is nie. Die dag van

môre sal vir homself sorg."

"Nou goed, ek sal probeer. Ek voel egter soos 'n skurk, omdat ons al ons vriende en familie 'n rat

voor die oë draai."

Joubert gaan staan skielik stil, terwyl die plaat nog besig is om te speel.

Anita kyk vraend op na hom.

"En nou, is daar fout?"

"Nee daar is nie fout nie," sê hy met 'n skalkse glimlaggie om sy mond.

"Ek wou maar net sê, dat dit nie so hoef te wees nie."

Voordat Anita hierop kan reageer, het Joubert haar sag nader getrek en eis hy haar lippe op. Net so

skielik laat hy haar weer gaan en dans met haar verder asof niks gebeur het nie.

Anita voel hoe die rooi vlamme van ergernis in haar opstoot.

"Joubert jy is 'n bees. Jy weet ek kan niks aan jou doen voor

al hierdie mense wat ons staan en aangaap nie. As jy dit weer

durf waag, gaan ek nie verantwoordelik wees vir my dade nie,"

praat sy deur sissende tande.

Joubert kyk glimlaggend af na haar.

179

"Weet jy hoe pragtig lyk jy wanneer jy kwaad is? Ek soen jou sommer weer," spot hy met haar.

"Waag dit net weer," sê sy woedend op na hom.

"Moenie vir my sê dat jy dit nie ook geniet het nie?" sê hy afgehaal hier by haar oor, terwyl hy haar

stywer teen hom vasdruk.

"Of ek dit geniet het of nie, is nie nou ter sprake nie, Joubert. Jy weet wat my siening is, en gaan jy

my nie daarvan laat afwyk met jou kamma verliefdheid teenoor my nie. As jou drange te groot

word, moenie daarvoor uitlating by my kom soek nie."

Voordat Anita haar kan keer, is die woorde uit, en kan sy haarself daaroor skop. Sy voel hoe Joubert

se liggaam skielik verstyf en weet sy dat die aand nou bederf is, en dit oor haar groot mond.

Natuurlik het sy dit geniet, maar hoe kan sy dit vir hom vertel. Voordat sy hom om verskoning kan

vra, is die plaat klaar, en lei hy haar na haar sitplek. Hy maak dan ook onmiddellik verskoning en

sien sy hoe hy met krom skouers by die deur uit verdwyn. Sy weet dat sy, sy ego bitterlik moes

gekrenk het, en voel hoe die trane in haar oë brand. Sy byt haar onderlip vas, om die trane te keer.

Kan sy en Joubert dan nooit in mekaar se geselskap verkeer, sonder dat een van hulle die ander

seermaak nie.

"En waarheen het die toekomstige bruidegom so vinnig verdwyn?" Anita kyk op, met oë wat in die

trane swem. Voor haar staan Leon met 'n breë glimlag.

"En nou, as die toekomstige bruid so sit, asof die hele wêreld besig is om te vergaan?"

"Ag Leon, dit is sommer niks," sê sy nie baie oortuigend nie.

"Kom dans met ou Leon, dan vertel jy my wat pla," sê hy terwyl hy haar optrek en oor die

dansbaan wegstuur.

"En toe, wat pla?" vra Leon weer belangstellend.

180

Hy voel hoe die meisie in sy arms begin bewe. Toe hy afkyk in haar gesig, kan hy sien dat sy sukkel

om haar emosies te onderdruk. Hy stuur haar behendig deur die dansende pare tot by die gang wat

na sy studeerkamer lei. Daar neem hy haar aan die hand en lei haar reguit na sy studeerkamer. Toe

hy die deur agter hom toemaak, kyk hy vraend na haar.

"Toe Anita, uit daarmee, wat is fout? Vandag is veronderstel om een van jou gelukkigste dae te

wees."

Anita kyk na die man voor haar. Kan sy hom vertrou? Gaan sy nie

dalk sy vertroue in haar en Joubert skok as hy moet weet wat die

waarheid is nie? Sy besluit dan, dat sy nie hierdie geheim met

hom kan deel nie.

"Ek voel maar net 'n bietjie af vanaand Leon," jok sy skaamteloos vir hom.

"Ek en Joubert het 'n meningsverskil gehad, en jy weet mos hoe ons vrouens reageer as ons nie ons

sin kan kry nie."

Leon kyk na die meisie voor hom. In sy hart weet hy, dat sy hom nie die waarheid vertel nie. As sy

hom nie met haar probleem wil vertrou nie, kan hy niks daaraan doen nie. Hy het gehoop, dat hul

vriendskap op so 'n voet was, dat sy met hom hieroor sou praat. Dit lyk egter of hy verkeerd was.

Hy sal maar vir Betsie nader om met haar te praat.

"Goed Anita, dit lyk my ek was verkeerd. Ek het net die gevoel gekry, dat iets ernstig verkeerd

was. Miskien raak ek ook nou soos Betsie. Sy sien mos altyd dinge raak, lank voordat dit gebeur

het. Kom ons gaan terug, voordat die mense agterkom ons is nie daar nie."

Toe Leon die deur oopmaak om terug te stap na die ander gaste, keer Anita hom.

"Leon wag net 'n oomblik asseblief."

Hy draai vraend om na haar.

181

Anita loop tot by hom.

"Dankie," is al wat sy sê, gee hom 'n piksoentjie op die wang, en loop verby hom terug na die

onthaalarea.

Die res van die aand verloop verder sonder voorval. Joubert het later teruggekom, en was sy optrede

weer die van 'n verliefde bruidegom.

Anita wat sy gesig goed dopgehou het, kon niks daarin lees nie. In haar hart het sy gewens dat sy

kon weet, wat hy dink en voel. Sy weet sy het hom verskriklik seergemaak, en as dit wel die geval

was, het hy dit goed weggesteek.

Later nadat al die gaste vertrek het, het die onmiddellike vriende nog tot na tweeuur gesit en kuier.

Toe hulle uiteindelik afskeid neem, kon Joubert en Anita die twee Koeglenbergs, en hul ander

vriende nie genoeg bedank vir hul aandeel aan die aand nie.

Dit is 'n bekommerde Leon wat laat daardie aand, toe hy en Betsie in die bed klim, sy bekommernis

teenoor haar uitspreek.

Die volgende week is alles in rep en roer, soos almal bontstaan om die troue van Joubert en Anita,

gereël te kry. Joubert en Anita leer in hierdie week vriende ken, wat hulle nie voorheen van bewus

was nie. Wanneer een van hulle besig was om iets te doen of reël, was daar net altyd iemand wat die

taak uit hul hande neem. Dit veroorsaak dan ook dat hulle sodoende genoodsaak word, om meer tyd

saam te spandeer. In hierdie tyd leer Anita 'n ander Joubert ken. Hy is die dierbaarheid vanself en

kan hy nie genoeg kry van Andre nie. Hulle drie gaan ry elke dag vroeg perd, en gebeur dit dat hulle

self gaan visvang by die rivier. Die Vrydagmiddag voor die troue, toe hulle afskeid van mekaar

182

neem, het hy haar lank aangekyk en wou van haar weet of sy nog kans sien vir hulle troue. Sy het

sonder om te blik of bloos ja geantwoord. In haar hart het sy geweet, dat daar tog 'n kans op sukses

vir hulle huwelik was. Sy en Joubert het mekaar beter leer ken die afgelope week, en het daar 'n

soort van kameraadskap tussen hulle ontwikkel. Die belangrikste was, dat daar 'n wedersydse

respek vir mekaar ontwikkel het. Haar grootste wens was egter, dat hy haar lief kon hê soos wat hy

sy plaas en perde gehad het. Sy kon nooit uit die oog verloor, dat hy met haar gevoelens gespeel het,

en dat hy nie opreg in sy optrede met haar was nie.

Dit is Saterdagmiddag. Waar Joubert besig is om aan te trek vir sy troue, kan hy nie help om

opgewonde te voel nie. Vandag is die groot dag! Hy is bly hulle het besluit om die troue, sowel as

die onthaal hier op Gemoedsrus aan te bied. Hy het netnou 'n draai geloop om te kyk of alles nog

reg is. Hy het Gemoedsrus se werf nie geken nie. Die tuine is pragtig opgemaak. Die mense sal

beslis nie kan sê, dat dit 'n goedkoop troue was nie. Alles lyk so perfek en fantasties mooi. Hy

wonder wat Anita gaan sê van die kerkarea. Die seremonie word buite gehou en het sy nog nie

gesien hoe mooi dit opgemaak is nie. Hy voel effens op sy senuwees, en kan nie die gevoel

onderdruk, dat Anita dalk op die laaste oomblik mag kop uittrek nie. Later toe hy vir haar gaan wag

op die stoep om op te daag, dwaal sy blik oor al die aanwesiges. Wat 'n pragtige gesig, dink hy by

homself.

"En toe, hoe voel die bruidegom?"

Joubert draai om. Agter hom het sy jarelange vriend, Leon verskyn.

"Ek voel maar effe senuweeagtig," erken hy eerlik.

183

"Gelukkig is dit normaal, ou maat. Ek is vandag slegs die strooijonker en seremoniemeester, en

voel ek ook maar senuweeagtig."

"Ek moet sê, wat my die meeste bekommer, is dat Anita dalk mag kop uittrek," spreek Joubert sy

gedagtes hardop uit.

"Ag nee, ou maat, dit glo ek darem nie. Buitendien as dit die geval was, sou Betsie ons al lankal

laat weet het."

"Dit lyk my daar kom nou 'n motor aan," sê Joubert met afwagting, om te sien of Anita ook in die

motor is.

Dit is met blydskap dat hy sien hoe Betsie haar later help om uit die motor te klim. Toe die troumars

begin speel, stap hy in die paadjie tussen die mense af, haar tegemoet. Toe haar ma haar aan hom

oorhandig, kan hy nie verhelp om haar te komplimenteer nie.

"Jy lyk asemrowend mooi. Jou skoonheid slaan my asem skoon weg," sê hy in alle opregtheid aan

haar.

Anita voel hoe sy begin bloos.

"Dankie, vleier. Kom ons loop vorentoe, al die mense kyk vir ons," sê sy skaam.

Die res van die seremonie verloop soos 'n droom vir die paartjie. Toe Joubert later die ringe vir haar

aansteek, en haar daarna sag en teer soen, kan sy dit nie verhelp om met 'n gemoed wat vlak in haar

oë lê, op te kyk na hom nie.

Joubert kyk af na haar gesig om te sien, of hy nie dalk enige tekens van liefde in haar oë kan bespeur

nie. Sy het egter alreeds weer vorentoe gedraai, en luister na hoe die dominee hulle as man en vrou

verklaar.

Die res van die aand gaan soos 'n droom verby. Anita en Joubert kry maar min van mekaar te sien,

184

aangesien almal graag met die bruid en bruidegom wil dans. Later toe hy weer die geleentheid kry

om met haar te dans, druk hy haar net styf teen hom vas, sonder om enigiets te sê. Hulle dans die

hele plaat in stilte, elkeen besig met sy eie gedagtes.

Dit is dan ook byna middernag, toe al die gaste vertrek het, en hulle twee uiteindelik alleen in die

sitkamer voor mekaar te staan kom. Joubert se ouers slaap oor, aangesien dit te ver is om die nag

terug te ry huistoe. Anita se ma en Joubert se ouers, is alreeds kamer toe, en is albei te bang om die

slaapkamer situasie aan te roer.

"Kan ek dalk vir jou iets ingooi om te drink?" vra hy om die stilte te verbreek.

"Ja dankie. 'n Klein bietjie sjerrie asseblief," sê sy bewerig.

Nadat elkeen met 'n glasie sjerrie in die hand staan, daal daar weer 'n swaar stilte oor hulle.

Dit is Anita wat die spanning tussen hulle, nie langer kan uithou nie.

"Joubert, ek...."

Joubert kyk vraend op na haar, waar hy besig was met sy eie gedagtes.

Anita bloos bloedrooi, en kan nie haar sin voltooi nie.

"Jy wou sê," vra hy moedswillig.

"Ek,... ag jy weet waaroor ek wou praat," sê sy en kyk weg.

"Dat jy nie kans sien dat ons 'n slaapkamer deel nie," sê hy

afgemete.

"Ja Anita, ek weet dit is die een onderwerp waaroor ons nooit gepraat het, voor die huwelik nie. Jy

hoef jou nie daaroor te bekommer nie. Ek het voorsiening gemaak, en is dit nie vir jou nodig, om 'n

slaapkamer met my te deel nie."

Anita kyk nou met meer belangstelling na die man hier voor haar. In haar hart kryt die woorde uit.

185

O, ek wens dit kon anders gewees het, Joubert. Weet jy hoe het ek na hierdie dag uitgesien. Jy het

my egter nie lief nie, en ek sien nie kans om onder hierdie omstandighede my eerste huweliksnag

met jou te deel nie.

Joubert vertolk haar houding verkeerd, en voel die ergerlikheid in hom opstoot.

"Ek het vir ons twee kamers reggemaak, wat met een badkamer aan mekaar verbind word. So jy

sal ongelukkig noodgedwonge verplig wees, om die badkamer met my te deel. Dit is egter ook nie

'n probleem nie, want die een wat die badkamer gebruik, kan net die ander kamer se deur sluit. So jy

sien, ek is nie van plan om jou te dwing om my vrou te word nie."

"Joubert, asseblief, ek het dit nie lelik bedoel nie. Jy weet wat my siening van die begin af was

rondom ons huwelik. Al waaroor ek my bekommer is, dat die huishouding agter gaan kom dat ons

twee kamers gaan gebruik."

"Daaroor hoef jy ook nie bekommerd te wees nie. Ek staan vroeg op en sal ek my kamer self aan

die kant maak. Dit is al laat, kom ek gaan wys jou ons kamers, sodat ons in die bed kan kom."

Anita kan die steek in sy woorde voel, en haar hart krimp ineen. Sy plaas haar halfvol glasie op die

tafel neer en volg hom soos 'n slaapwandelaar die gang af.

Joubert gaan staan voor 'n toe deur, en wag tot sy by hom kom, voordat hy die deur oopstoot.

Voordat sy besef wat gebeur, tel hy haar op en dra haar oor die drumpel.

Anita besef, dat sy nie met 'n huis vol mense kan skree nie. Sy weet egter een ding, en dit is dat sy

nie gaan toelaat dat Joubert sy wil op haar afdwing nie.

"Sit my onmiddellik neer, Joubert," sê sy sag maar woedend op na hom.

"Toemaar, jy hoef nie bekommerd te wees, dat ek my wil op jou sal afdwing nie. Ek het maar net

my pa in die gang gesien loop. Dit sou snaaks gelyk het, indien ek jou alleen in die kamer sou laat

186

ingaan, en dan na my eie kamer sou loop," sê hy met 'n grynslag.

Wanneer Joubert haar in die kamer neersit, voel Anita skaam vir haarself. Sy het alweer te vinnig

haar eie afleidings gemaak.

"Ek, ek is jammer. Ek het hom nie gesien nie. Jy kan my egter nie verkwalik as ek my eie

afleidings gemaak het nie. Jy weet self hoeveel keer in die verlede het jy jou op my afgedwing."

Joubert ignoreer haar opmerking. Hy kyk lank na haar voordat hy op sy hakke omtol, en deur die

badkamerdeur verdwyn na sy kamer, sonder om nag te sê. Later toe Anita klaar gebad en in die bed

lê, hoor sy nog hoe hy besig is in die badkamer. Toe sy hom later nie meer kan hoor nie, weet sy dat

hy seker ook nou gaan slaap het.

Dit is vroeg in die oggendure, toe sy uiteindelik met 'n nat gehuilde kussing aan die slaap raak.

Dit voel vir Anita of sy nou net aan die slaap geraak het, toe sy van 'n geraas wakker word. Sy sit

regop en sien dat die omgewing nie vir haar bekend lyk nie. Dan besef sy waar sy is, en sak moeg

terug met haar kop op die kussing. Die gebeure van die afgelope vier en twintig uur, speel weer

voor haar geestesoog af. Dan is sy nou Anita Retief, dink sy by haarself. Dit klink vreemd, en

herhaal sy dit 'n paar keer om aan die gedagte gewoond te raak. Dan hoor sy weer die geluid wat

haar wakker moes gemaak het. Dit is Joubert, wat blykbaar in die badkamer besig moet wees. Sy

glimlag by die gedagte dat hy so naby haar is, en tog ook so ver.

Die volgende oomblik maak hy die deur saggies oop en loer versigtig om die deur. Wanneer hy sien

dat sy wakker is, maak hy die deur weier oop en kom die kamer binne.

"Môre," groet hy vriendelik.

"Jammer, as ek jou wakker geraas het."

187

"Môre Joubert," glimlag sy na hom.

"Ag dit is niks, ek staan buitendien ook elke oggend vroeg op."

Wanneer hy nader aan haar beweeg, en op die kant van die bed plaasneem, trek sy die lakens

selfbewus, tot teen haar ken op.

Hy glimlag toe hy dit sien. Anita wat sy blik gevolg het, besef dat haar handeling hom weer

aanstoot mag gee, en laat sak haar hande selfbewus. Sy druk haarself regop teen die kussings en kyk

hom vierkantig in die oë.

Joubert se oë dwaal oor haar. Hy voel hoe die manwees in hom in opstand kom, wanneer hy die

sagte rondings van haar liggaam aanskou, wat nou effens ontbloot is.

"Anita, ek... "

Hy kom egter nie verder as dit nie. Die volgende oomblik vlieg hy regop en verdwyn by die

kamerdeur uit.

Anita kyk hom verbaas agterna. 'n Glimlaggie speel om haar mondhoeke. Hoe lyk dit dan vir haar

of Joubert ook somtyds nie woorde kan vind nie. Hy kom dan altyd so sterk en selfversekerd voor.

Terwyl sy nog so lê en droom is daar skielik weer 'n sagte kloppie aan die deur.

"Kom binne, die deur is oop," nooi sy die persoon in.

Die volgende oomblik verskyn Joubert weer in die deur. In sy hande het hy 'n skinkbord met twee

bekers koffie.

"Lus vir koffie?" vra hy, duidelik weer in beheer van homself.

"Dit sal lekker wees, dankie."

Joubert maak die deur agter hom toe en neem weer op die bed langs haar plaas. Toe albei met sy

beker in die hande sit, kyk hy haar ernstig aan.

188

"Anita daar is nog 'n paar sakies wat ons moet bespreek."

Anita neem 'n slukkie van haar koffie en kyk dan vraend op na hom.

"Wat pla jou Joubert?" vra sy afwagtend, op wat mag volg.

"Almal wil weet wanneer en waarheen ons met ons wittebrood gaan. Ek het hul vrae nog die hele

tyd ontduik, maar weet ek nie hoe lank ek almal nog tevrede sal kan hou met my antwoorde nie."

"O, genade ons het nooit daaraan gedink nie. Wat stel jy voor staan ons nou te doen?" vra sy

onseker oor die situasie waarin hulle hul nou bevind.

"Ek dink ons moet sê, dat jy nie nou jou praktyk alleen kan los nie, en dat ons wel later sal gaan."

"Dit is nou 'n uitstekende idee. Ek kan ook sê, dat ek nie nou onmiddellik iemand kan kry om my

af te los nie. Dit sal dalk meer oortuigend klink."

"Goed dan is dit afgespreek. Net nog een ding. Ek sal ongelukkig van jou kamer se toegang

gebruik moet maak. Indien jy nie wil hê dat ek deur jou kamer moet beweeg nie, moet jy of die

badkamerdeur of die deur na die gang sluit. Ek sal dan weet, dat jy besig is en dan noodgedwonge

van my kamerdeur gebruik moet maak."

Anita verstaan nie wat Joubert bedoel nie, en kyk hom vraend aan.

"Wil jy hê, dat almal moet sien, dat ek nie van dieselfde kamer as my vrou gebruik maak nie?" vra

hy geamuseerd.

"O, maar natuurlik. Ek het al weer vir 'n oomblik vergeet," sê sy, en laat haar kop selfbewus sak.

Joubert staan op, neem die leë beker by haar, en stap na die deur.

By die deur draai hy terug na haar.

"Dit is nog vroeg, as jy wil, kan jy maar nog 'n bietjie rus. Dit lyk in elke geval of jy as bruid,

gisteraand niks geslaap het nie," sê hy glimlaggend en verdwyn by die deur uit.

189

Anita staar die toe deur verbaas aan. Dan tref die strekking van sy woorde haar skielik. Sy spring

uit die bed en gaan staan voor die spieël, om haarself te bekyk. Wanneer sy die beeld wat na haar

terugstaar sien, bars sy uit van die lag. Genade Joubert is reg. Dit lyk of sy laasnag nie 'n oog

toegemaak het nie. Sy bloos bloedrooi, as sy weer aan Joubert se woorde dink. 'n Opgewonde

gevoel neem skielik van haar besit. Sy storm die badkamer binne. Vyftien minute later, maak sy

weer haar verskyning. Sy voel nou weer perdfris en sal graag wil hoor, of Joubert weer iets met haar

voorkoms verkeerd sal vind. Sy trippel haastig die gang af, en wil net by die voordeur uitgaan, toe

sy tant Emma uit die hoek van haar oog gewaar.

"Môre tant Emma," groet sy vriendelik.

"Môre my kind. Het jy darem lekker geslaap in die vreemde bed?"

Anita bloos bloedrooi by die gedagte aan die vreemde bed.

"Ja dankie tante," sê sy selfbewus.

"Waarheen was jy so haastig oppad?" verander tant Emma die onderwerp, toe sy sien dat Anita

baie selfbewus voorkom.

"Ek wou gaan kyk het, of Joubert nie dalk van plan is om te gaan perdry nie. Ek het 'n bietjie later

as hy gelê, en wil kyk of ek nog betyds is om saam te ry."

"Ek dink as jy vinnig maak, behoort jy hulle nog by die stalle te kry. Hy en sy pa is nou net saam

met Andre weg na die stalle."

"Dankie tante. Sal u my asseblief verskoon, anders mis ek hulle," sê sy en draf haastig in die

rigting van die stalle.

Toe sy by die stalle aankom is sy net betyds om te sien, hoe drie ruiters oor die bult in die rigting van

die rivier verdwyn. teleurgesteld omdat sy hulle gemis het, draai sy om.

190

"En nou, as dit lyk asof die honde jou kos afgeneem het?" vra oom Kootjie, wat by een van die

stalle se deur uitgekom het.

"Môre oom. Nee, ek wou saam met die mans gaan perdry het en nou is ek te laat."

"Kom ons vra Jantjie gou om vir jou ook 'n perd op te saal. Joubert hulle is af na die rivier en

behoort jy hulle gou in te haal."

"Dankie oom, dit sal gaaf wees. Ek het laas week gewoond geraak om elke oggend saam met

Joubert en Andre te gaan perdry, en sal ek dit graag nog elke oggend wil doen."

'n Paar minute later galop Anita agter die mans aan. Toe sy oor die bult gaan, sien sy die drie in die

verte op 'n rustige stappie ry.

"Joubert, terwyl Andre nou so 'n entjie voor ons uitry, is daar iets wat ek moet weet."

Joubert kyk sy pa belangstellend aan.

"En as pa nou so ernstig klink? Wat is so gewigtig, dat Andre nie mag hoor nie?"

"Ek gaan nie doekies omdraai nie ou seun. Verlede nag toe ek nie kon slaap nie, het ek opgestaan,

aangesien ek jou ma ook wakker gehou het. Ek wou in die kamer, wat deur die badkamer van jou en

Anita se kamer geskei word, gaan lê en boek lees. Soos jy self weet, het ek jou toe daar in die bed

aangetref. Ek kon nie verstaan wat aangaan nie, en daarom wil ek graag nou die waarheid by jou

weet."

Joubert voel of hy homself kan skop. Hy het sowaar vergeet om die deur wat na die gang lei, te

sluit.

"Pa weet, ek kon nog nooit vir pa leuens vertel het nie. Die saak staan so,..."

Joubert het nie 'n ander keuse, as om sy pa die volle waarheid te vertel nie.

"So pa sien, dit is nou hoe sake staan."

191

"Sê my Joubert, het jy werklik met Anita getrou en dit net terwille van julle seun?"

Joubert kyk sy pa vierkantig in die oë toe hy eerlik antwoord.

"Nee pa. Ek het met Anita getrou omdat ek haar waaragtig liefhet. Ongelukkig het my optrede in

die verlede, veroorsaak dat sy my nie meer glo nie. Sy dink ek speel nog steeds dieselfde speletjie

met haar. Ek sal alles in my vermoë doen om haar te probeer oortuig."

Joubert senior kyk sy seun met begrip aan.

"Dinge wil maar net nie vir julle twee uitwerk nie, nè?" sê vra hy simpatiek.

"Dit lyk so vader. Ek gaan egter nie so maklik moed opgee nie. Daarvoor is daar te veel op die

spel."

"Ek is bly om dit te hoor, ou seun. Sy is 'n pragtige kind, en beslis die moeite werd om voor te

baklei."

Voordat Joubert hierop kan antwoord, hoor hulle naderende perdepote. Toe hy sien dat dit Anita is,

stop hulle en staan en wag haar in.

"Môre, môre," groet sy vriendelik.

"Dit lyk my ek sal vroeër moet opstaan, as ek elke oggend se perderit wil meemaak."

Joubert glimlag en kyk met 'n knipoog na sy pa.

"Kan pa nou sien waarna ek netnou verwys het?" vra hy geheimsinnig.

"Môre Anita, ja ek verstaan nou goed," speel hy saam.

"Wat is dit? Wat is verkeerd aan my?" wil sy dadelik weet, en vee selfbewus oor haar hare en

gesig.

"Niks is verkeerd nie. Ek het maar net vir my pa vertel hoe begeerlik vind ek jou, as jy bloos," sê

hy met 'n vonkel in die oog.

192

"Ag jy is verspot," sê Anita en druk haar perd in die lieste, sodat hy verby hulle beweeg.

Sy ry tot by Andre waar hy besig is om sy perd te laat water suip, by die rivier.

"En toe mamma se grootseun, geniet jy nog elke oggend se uitstappie."

"Môre mamma. Ja, daar is vir my niks lekkerder as om saam met oom Joubert, ag ek bedoel pappa,

perd te ry nie. Oom Joubert is mos nou my pappa, nè mamma?"

"Ja my liefling, hy is nou jou pappa, en as jy hom so noem, sal dit sy hart baie bly maak."

"Wat gaan gebeur, as my pappa wat weggeloop het, skielik moet terugkom, mamma?" vra Andre

met 'n frons op sy gesig.

Anita stomgeslaan deur sy vraag, kyk hulpsoekend na Joubert en sy pa wat ook nou by hulle

aangesluit het.

"Ek, ek....." Anita, bloos bloedrooi, en verwens Joubert, wat haar geamuseerd aankyk, wagtend op

haar antwoord.

"Miskien moet ek en jy 'n bietjie langs die rivier gaan stap, dan beantwoord ek jou vraag," help hy

Anita uit haar verknorsing. Joubert klim van sy perd af, tel Andre op sy nek, en begin met hom al

langs die rivier opstap.

"Sien julle later," roep hy oor sy skouer terug, vir Anita en sy pa.

"Dit lyk my Joubert en die mannetjie, is al klaar onafskeidbaar," merk Joubert senior op.

Anita kyk na die man langs haar. Ten spyte van sy ouderdom is hy nog net so 'n aantreklike man.

Toe hy jonger was, moes hy seker ook net so 'n aantreklike man soos Joubert gewees het.

"Slaag ek die toets?" vra hy skielik aan Anita.

Anita kyk blosend weg, en antwoord stotterend.

"Ek,..ek het nie bedoel om oom,....ag, ek bedoel pa, so aan te staar nie."

193

"Jy kan maar vir my oom sê, as dit vir jou te moeilik is, om pa te sê Anita."

Anita kyk die man voor haar vierkantig in die oë.

"Dit is nie vir my moeilik om vir u pa te sê nie. Ek beskou dit as 'n eer, en sal ek eers net gewoond

daaraan moet raak."

"Anita, jy het nie nodig om voor my toneel te speel nie. Ek weet onder watter voorwaardes jy en

Joubert getroud is."

Anita trek haar asem hoorbaar in. Joubert, die skurk, dink sy. Hulle het 'n ooreenkoms gehad dat

niemand mag weet nie. Hoe gaan sy hierdie man voor haar ooit weer in die oë kan kyk. 'n

Duiweltjie binne in haar, vertel haar dan ook onmiddellik, dat sy ook nie eerlik was nie. Het sy dan

nie ook aan haar ma die volle waarheid vertel nie.

"Dit is nie soos jy dink nie," praat die ouer man weer.

"Joubert het my nie self vertel nie. Ek het dit self gesien."

Anita kyk vraend op na hom, en is hy genoodsaak om haar sy wedervaringe van die vorige aand te

vertel.

"So jy sien, ek het vanoggend vir Joubert daarna uitgevra. Hy kon nog nooit vir my lieg nie, en het

toe maar met die hele sak patats vorendag gekom. Verstaan jy nou hoekom ek netnou gesê het, dat

jy nie nodig het om vir my pa te sê nie."

Anita stap tot voor Joubert senior, en sit haar hand op sy arm.

"En ek sê weer, dit sal vir my 'n eer en voorreg wees, om vir u pa te sê."

"Hoekom, Anita? Hoekom het jy met Joubert getrou? Hierdie huwelik van julle kan mos nie werk,

as daar nie wedersydse vertroue en liefde is nie."

Anita se oë skiet skielik vol trane.

194

"Ek het hom lief pa," sê sy dan sag.

"Ek het hom nog al die tyd die afgelope jare liefgehad. Dit is hoekom ek hierheen gekom het. Dit

was nie net terwille van Andre nie. Joubert het egter aan my gewys, dat hy my haat en my nooit sal

kan vergewe vir wat ek aan hom gedoen het nie."

"Anita my kind, besef julle twee, wat julle besig is om aan mekaar te doen. Joubert het aan my ook

vertel, dat hy jou liefhet, en dat jy hom nie wil glo nie."

"Joubert dink, dat hy my liefhet, pa. Sy optrede teenoor my, het egter die teendeel bewys. Hoe kan

ek hom in elk geval glo na alles wat hy aan my gedoen het?"

"Ek ken my kind, Anita. En glo ek hom as hy sê dat hy jou liefhet. Julle moet hierdie nonsens van

julle los, want julle is besig om mekaar stadig maar seker te vernietig. Daar was nie vir my meer

verblydende nuus, toe ek gehoor het dat Andre my kleinseun is nie. As julle so aangaan, gaan hy

ook in die proses seerkry. Belowe my asseblief net een ding."

Anita kyk vraend op na haar skoonpa.

"Belowe my asseblief, dat jy vir Joubert sal sê hoe jy oor hom voel. Al glo jy hom nie, sal my seun

dan iets hê om voor te strewe. Ek ken my seun en weet, dat hy dan alles in sy vermoë sal doen om

jou te oortuig van sy liefde vir jou."

"U verwag 'n moeilike ding van my pa. As dit u egter beter sal laat voel, sal ek aan Joubert vertel

hoe ek oor hom voel."

"Dankie my kind. Soos ek my seun ken, sal hy veg vir jou liefde en dit wat aan hom behoort."

Joubert het met Andre 'n ent langs die rivier afgedwaal. Toe hy later by 'n groenigheid langs die

195

ivier kom, tel hy hom van sy nek af en gaan sit op 'n stomp.

"Kom sit hier langs my Andre. Daar is iets wat ek jou moet vertel."

Andre kyk sy nuwe pa vraend aan, toe hy op die grond voor hom gaan sit.

"Ek weet jy is nog klein, maar miskien verstaan jy wat ek jou nou gaan vertel. Ek en jou mamma

was lank gelede vriende en het ons mekaar vir 'n kort rukkie geken. Dit was nog voor jy daar was.

Dinge het egter nie tussen ons uitgewerk nie en het ons, ons vriendskap beëindig. Jy is toe later

gebore, en het ek nie geweet van jou bestaan nie. So eintlik is ek jou regte pappa, en het jou pappa

nie werklik weggeloop soos mamma altyd gesê het nie."

Andre kyk Joubert onbegrypend aan.

"Verstaan jy Andre? Ek is jou regte pappa, en het jy nie 'n ander pappa nie," probeer Joubert weer.

"So dan kon ek vir pappa, pappa gesê het voordat mamma en pappa getrou het?" vra hy met 'n

frons op sy gesiggie.

"Jy is heeltemal reg ou grootman. Ons wou dit vir jou vir 'n verrassing hou en het gewag totdat ons

eers getroud is."

"Yippee, dan is ek bly dat ek ook nou 'n regte pappa het," sê hy bly, spring op en slaan sy armpies

om Joubert se nek.

Later toe Joubert en Andre hulle by die ander twee aansluit, kom hy agter dat daar iets tussen hulle

gebeur het. Albei is besonder stil en is dit net Andre wat nie uitgepraat kan raak omdat hy ook nou

'n regte pappa het. Toe hulle later terugry, is dit in stilte. Elkeen is besig met sy eie gedagtes.

Joubert loer kort kort vanaf sy pa na Anita en as hulle sy nuuskierige blik op hulle voel, laat beide dit

196

nie blyk nie. Hy trek later sy skouers op, druk Black liggies in die lieste en ry tot by die babbelende

Andre.

197

Hoofstuk 13

Die naweek is verby en het Joubert se ouers teruggekeer na hulle huis. Toe Anita die twee ou mense

gegroet het, het haar skoonpa haar aan haar belofte herinner. Sy wonder hoe en wanneer sy die

moed sal hê om Joubert van haar liefde vir hom te vertel. Sy sien op hierdie stadium nog nie

daarvoor kans nie, en sal sy eers die kat goed uit die boom kyk. Sy en Andre het vanoggend alleen

gaan perdry, aangesien Joubert dringende werk gehad het om af te handel. Sy moet sê, sy geniet die

uitstappies elke oggend te perd en het sy Joubert vanoggend vreeslik gemis. Sy besef, dat sy maklik

afhanklik van Joubert kan word, en alhoewel sy dit nie so wil hê nie, is dit iets wat sommer net besig

is om te gebeur. In haar enigheid wonder sy wat die toekoms vir hulle gaan inhou. Sy het nog haar

praktyk en weet, dat dit haar sal help om haar gedagtes besig te hou. As sy net 'n huisvrou moes

wees, sou sy seker van haar kop af geraak het. Waar sy oor die plaas heen staar, besluit sy skielik

om 'n bietjie na die stalle te stap. Daar aangekom roep sy na Jantjie.

"Jantjie, ek het nie op die oomblik iets om te doen nie, en wil ek graag 'n bietjie na die perde kyk."

198

Jantjie kyk haar effens vyandiggesind aan.

"As dit natuurlik jou goedkeuring wegdra Jantjie. Ek weet jy kyk baie goed na die perde en is hulle

kondisie in 'n puik toestand. Soos jy weet, is ek 'n veearts, en sal ek graag vir jou wil help om te sien

of daar nie dalk probleme is, wat jy dalk nie raaksien nie."

Jantjie se hele gesig vertrek in 'n glimlag.

"Maar dan is dit reg. Ek het reeds by een van die merries 'n probleem gesien, en as dokter miskien

na haar kan kyk sal dit goed wees."

Die res van die oggend hou Anita haar besig om al die perde te ondersoek en goed deur te kyk.

Jantjie wat eers vyandig voorgekom het, besef later, dat sy net wil help. Namate hulle die perde

goed deurkyk, verander sy houding jeens haar en help hy haar om almal vas te hou. Saam bespreek

hulle die kondisie van die diere, en gee sy hom raad as sy iets opmerk wat hy nie raakgesien het nie.

So tref Joubert hulle later aan, waar hulle besig is om 'n probleem te bespreek. Hy steek verbaas in

die staldeur vas en kan nie glo wat hy sien nie. Hoe het sy dit reggekry om Jantjie se vertroue so gou

te wen. Dit is sy heiligdom hierdie en moet hy wat Joubert is soms selfs in sy spoor trap.

Toe die twee die skaduwee in die deur sien val, kyk hulle op.

"O, hallo Joubert. Ek is net besig om iets met Jantjie te bespreek," sê sy selfbewus, wetend dat haar

voorkoms seker nie baie goed lyk nie.

"Ek sien," antwoord hy terug en kom die stal verder binne.

"Die dokter het my vandag baie geleer, meneer Joubert. Jy sal sien ons perde gaan van nou af met

die dokter hier, nog beter doen op die skou."

"Ek is baie bly om dit te hoor, Jantjie."

Joubert loop tot voor Anita en kyk haar glimlaggend aan.

199

Sy vee met haar hand, oor haar gesig.

"Ek is seker vuil nè?" vra sy en laat sak haar kop om sy blik te ontduik.

Joubert plaas sy hand onder haar ken en lig haar kop op, sodat sy gedwing word om hom in die oë te

kyk.

Jantjie wat die gedoente staan en dophou het, besef dat hy nie meer nodig is nie, en verdwyn by die

staldeur uit.

"Ja, jy het 'n swart streep dwars oor jou gesig. Nee wag dat ek dit vir jou skoonmaak. Jy vererger

dit net met jou vuil hande," keer hy toe sy weer oor haar gesig wil vryf. Joubert haal sy sakdoek uit

sy sak en begin om die merk op haar wang af te vee.

"Die streep loop oor jou oog. Jy sal jou oë moet toemaak sodat ek dit kan afvee," sê hy

glimlaggend vir haar.

Anita maak haar oë selfbewus toe. Toe sy Joubert se lippe op hare voel brand, besef sy dat sy

liederlik in die slaggat getrap het. Sy ruk haar oë verward oop. Met sy lippe nog op hare sê sy

gesmoord.

"Moenie, asseblief Joubert."

Hy staan skielik terug en kyk haar verlangend aan.

"Ek is jammer, Anita. Ek kon net nie die versoeking weerstaan nie. Kom ons moet terug huistoe.

Tant Emma het my eintlik gestuur om jou te kom soek. Middagete is gereed en sal jy nog leer, dat

sy daarvan hou om op vaste tye te eet."

Saam stap hulle later in stilte terug na die opstal. Nadat sy haar self 'n bietjie gereinig het, stap sy

deur na die eetkamer. Almal sit al aan tafel en bied sy verskoning aan, omdat sy laat is.

200

Drie weke het verloop, sedert Joubert en Anita se troue. Joubert en Anita kry deur die dag min van

mekaar te sien, omdat elkeen besig is met sy eie dinge. Joubert wens dat hy Anita kan oortuig van

sy liefde vir haar. Sy gee hom egter nie die geleentheid nie, en gaan elke aand vroeg bed toe,

aangesien haar werk haar kwansuis deur die dag uitput. Hy het al die vraende uitdrukkings op die

ander se gesigte gelees, as sy altyd net na ete verskoning maak om kamer toe te gaan. Natuurlik is

dit nie normaal vir 'n pas getroude paartjie as hulle nie saam kamer toe gaan nie. Anita steur haar

egter nie hieraan nie en sorg dat sy altyd maak of sy slaap, wanneer Joubert later deur haar kamer

beweeg na syne. Joubert voel gefrustreerd en is dit slegs sy verhouding met Andre wat hom nog

aan die gang hou. Saam gaan ry hulle elke oggend perd, en word daar ook gedurig wegkruipertjie

en ander speletjies gespeel. Die hele huis word dan op horings geneem, tot groot vermaak van die

oumense. Wanneer hy by die stalle of in die skuur besig raak, is dit altyd die klein mannetjie wat

hom uit die werk kom hou, om 'n bietjie te speel. Hy geniet die kleinding se geselskap geweldig,

maar is die hele tyd bewus van 'n leë gevoel binne in hom. Hy weet dat dit die verhouding tussen

hom en Anita is, wat die hele tyd by hom spook. Hoe wens hy nie dat hy haar van sy liefde kan

oortuig nie. Een middag tydens middagete, met almal om die tafel nader hy haar versigtig.

"Anita, dit moet seker vir jou vervelig word hier op die plaas? Hoe lyk dit, sal ek en jy nie laat

agtermiddag 'n bietjie inry na Robertson nie? Ons kan dan gaan fliek en uiteet."

Anita kyk verras op na Joubert. Sy voel die ander se oë op haar.

Sy sal nou versigtig moet wees met haar antwoord.

"Ek weet nie, jong. My praktyk put my maar vreeslik uit en het ek elke aand se slaap dringend

nodig."

201

"Ag nee my kind. Vir wat is jy ook deesdae so moeg?" vra haar ma met bekommerde oë.

"Miskien moet Joubert jou na 'n dokter neem, sodat hy vir jou 'n tonikum kan voorskryf. Dit is

buitendien môre Saterdag en kan jy lekker laat slaap."

Anita weet, dat sy getroef is en kan nie anders as om in te stem nie.

"Nou goed Joubert, ek dink dit kan lekker wees. Sê maar net hoe laat wil jy vertrek, sodat ek

vroegtydig kan regmaak."

"As ons so om en by sesuur kan wegkom, is ons so om en by half sewe in Robertson. Dit gee ons

dan genoeg tyd om te besluit watter fliek ons wil gaan kyk. Ons kan dan na die film gaan eet. Sal

dit jou pas?" vra hy met 'n verligte blik in die rigting van sy skoonma.

"Dit is in orde so. Ek sal sorg dat ek om sesuur gereed is, dankie."

Die res van die dag kan Joubert nie op sy werk konsentreer nie. Hy kan nie wag dat dit aand moet

word nie. Hy sien so daarna uit om weer 'n slag gesellig saam met haar te verkeer. Die feit dat sy

hom die afgelope tyd vermy het, het swaar op sy gemoed gelê. Toe hy om vyf voor ses vir haar in

die sitkamer sit en wag, voel hy so opgewonde soos 'n skoolseun. Die volgende oomblik hoor hy

haar voetstappe in die gang afkom, en ruik onmiddellik haar parfuum toe sy die vertrek binnekom.

Hy staan op en draai om in haar rigting. Wanneer hy haar sien kan hy nie verhelp om haar

bewonderend te betrag nie.

"Jy lyk verruklik mooi," sê hy sag en loop tot by haar.

"Dankie," is al wat sy uitkry.

"Kan ons maar ry?" vra hy.

Wanneer sy bevestigend knik, neem hy haar aan die hand en lei haar deur die huis na waar die ander

huismense sit en gesels.

202

Nadat hulle almal gegroet het, lei hy haar na die motor wat buite voor die deur staan. Tydens die rit

gesels hulle oor allerhande onderwerpe, en weet Joubert nie hoe hy haar moet benader nie. Hy het

vanaand spesiaal uitgekies om haar weer van sy liefde te verseker. Toe hulle in Robertson aankom,

besluit albei dat hulle nie regtig lus voel vir die films wat wys nie. Hulle dwaal vir 'n rukkie in die

strate rond, waarna Joubert haar later na 'n restaurant neem, om te gaan eet. Verras vind hulle uit,

dat daar die betrokke aand 'n orkes optree. Terwyl hulle eet geniet hulle die musiek, en hou die

dansende pare op die dansvloer dop. Na ete kyk Joubert haar vraend aan.

"Lus vir dans?" vra hy met opgetrekte wenkbroue.

"Mmmm, dit sal half gevaarlik wees," antwoord sy saggies.

"Hoekom dan so?" wil hy verras weet.

"Ek dink ek het te veel wyn gedrink, en weet nie of ek sal kan dans nie," giggel sy verspot.

"Toemaar ek sal jou ondersteun. Kom, die aand is nog jonk en die orkes speel regtig lekker

musiek."

Hy trek haar regop en lei haar na die dansbaan. Die res van die aand gaan vir albei soos 'n droom

verby. Anita geniet elke oomblik saam met Joubert. Hy is vanaand skoon verspot en geniet sy sy

kwinkslae. Terwyl hulle dans hou hy haar baie styf vas, en lê sy met toe oë, met haar kop teen sy

skouer. Sy wens dat hierdie aand nooit moet verbygaan nie. Sy voel so sorgsaam en vry, en besef

nou vir die eerste keer, hoe eensaam sy die afgelope weke gevoel het.

Later toe die aand verby is, voel albei effe afgehaal. Terwyl hulle terugry, raak Anita aan die slaap.

Joubert kyk met 'n liefdevolle glimlag na haar. Hy trek haar nader aan hom, sodat haar kop teen sy

skouer rus.

Anita raak onmiddellik wakker en sien dat sy met haar kop op sy skouer lê. Sy wil eers regop sit,

203

maar besluit dan hoekom nie, en raak met 'n glimlag weer aan die slaap.

Toe hulle voor die deur van Gemoedsrus stilhou, is dit bykans eenuur die oggend. Joubert klim

saggies uit om nie vir Anita wakker te maak nie. Hy stap om die motor en toe hy haar saggies in sy

arms optel om na die voordeur te loop, word sy wakker. Sy sit eers verdwaas regop. Toe sy sien

waar sy is, lê sy weer met 'n sug haar kop teen sy skouer neer. Joubert stap met haar in die gang af

na haar kamer, en lê haar saggies op die bed neer. Toe hy omdraai om die voordeur te gaan toemaak

spring sy vinnig regop, gryp haar nagklere en trek vinnig aan.

Die volgende oomblik kom Joubert weer die kamer binne. Anita kan nie verhelp om 'n klein gilletjie

te uiter nie. Sy het nog net haar bostuk aan en probeer nou die welgevormde bene wegsteek, deur

die bostuk tot die uiterste af te trek.

"Joubert hoe durf jy?" vra sy ontsteld.

Joubert, duidelik nie van plan om sy rug op haar te draai nie, kyk haar geamuseerd aan.

"Jy het vergeet om die deur te sluit en is dit nie my fout dat ek jou in hierdie benarde posisie aantref

nie. Buitendien voel ek ook nie jammer daaroor nie, want ek besef nou eers wat het ek die afgelope

tyd ontbeer," sê hy met 'n kloppende hart.

Voordat Anita besef wat gebeur, is sy in sy arms en voel sy Joubert se lippe op hare.

Joubert soen haar met al die hartstog wat hy die afgelope tyd in hom voel ophoop het. Wanneer hy

die sagtheid van haar half naakte liggaam teen syne voel, raak sy liefkosing meer dringender.

Anita gee haarself ten volle oor, aan die wilde hartstog van Joubert se omhelsing. Sy voel hoe die

spanning van die afgelope tyd haar liggaam verlaat. Joubert se omhelsing word al hoe dringender en

voel Anita hoe sy vingers haar rug kneus. Hy begin haar later in die nek en oor haar gesig soen,

terwyl hy sy liefde onomwonde aan haar verklaar.

204

Dan besef Anita skielik wat besig is om te gebeur. Sy stoot Joubert met brute krag van haar af weg.

"Los my uit Joubert," sê sy uitasem, duidelik weer in beheer van haar emosies.

"Anita, meisie, wat is nou verkeerd? Besef jy nie dat ek lief is vir jou nie?" vra Joubert, terwyl die

liefde vlak in sy oë lê.

"Liefde? noem jy dit liefde. Ek noem dit sommer wellus. Jy weet nie wat liefde is nie. Verlaat

asseblief dadelik my kamer en hou in die vervolg jou pote van my af."

Joubert kyk Anita verslae aan. Die seer lê vlak in sy oë, wanneer hy praat.

"Ek het gedink dat daar hoop was vir ons huwelik. Dit lyk my ek was verkeerd. Die Vader alleen

weet, ek het probeer. Ek het jou liewer as my eie lewe. Jy gee my egter nie die geleentheid om dit

aan jou te bewys nie. Ek is jammer as ek my op jou afgedwing het. Ek sal dit nooit weer probeer

nie."

Voordat Anita hierop kan reageer, het Joubert omgedraai, en na sy kamer verdwyn. Sy gaan sit

magteloos op haar bed. Die trane lê vlak in haar oë. Sy wou hom so graag glo, maar hoe kan sy na

wat hy haar al aangedoen het.

Sy voel die seer binne in haar. As hy maar net geweet het hoe smag sy na hom. Hoe lief het sy

hom. As hy maar net geweet het hoe begeer sy sy nabyheid. Hoe heerlik is dit as hy haar liefkoos

en wat dit van haar verg, om haarself elke keer van hom af los te skeur.

Die Vader alleen weet, wat sy besig is om deur te maak. Sy weet nie meer wat om te glo nie. Sy

besef ook, dat sy deur haar optrede vanaand, Joubert vir ewig verloor het. Hy sal nou nooit weer

twee keer in haar rigting kyk nie.

Die trane begin oor haar wange rol. Daar is geen toekoms meer vir hulle saam nie. Dan dink sy aan

haar seun. Sy kan dit mos nie aan hom doen nie. Sy sal maar moet deurdruk. Sy sal maar moet

205

ingee. As sy haar houding teenoor Joubert verander, kan hulle dalk nog 'n sukses van hulle huwelik

maak.

Sê nou net hy het haar regtig lief, soos hy sê? Anita se hand beweeg na haar keel. Dan het sy hom

van haar weggejaag en sal dit haar eie skuld wees, as hy nou niks meer met haar te doen wil hê nie.

Sy spring van die bed af op, gryp haar nagjapon en hang dit om haar. Sy storm die badkamer binne

en laaf haar gesig met koue water om die traanstrepe af te kry.

Toe sy vir haarself beter lyk, klop sy aan Joubert se kamerdeur. Sy kry egter geen antwoord nie, en

draai teleurgesteld om. Net soos sy gedink het. Hy wil nou niks meer met haar te doen hê nie. In

haar kamer gaan sit sy weer op haar bed. Sy weet nie hoe lank sy so gesit het nie, toe sy skielik die

gedreun van 'n motor hoor. Sy storm na die venster en is net betyds om te sien, hoe Joubert se motor

by die grondpad deur die hek verdwyn. Sy hardloop deur die badkamer en ruk Joubert se kamerdeur

oop.

Leeg, hy is nie in sy kamer nie! Sy storm weer terug deur haar kamer die gang af, na Joubert se

studeerkamer. Hier vind sy ook niemand nie en gaan sit magteloos op 'n stoel agter sy lessenaar.

Hoe lank sy so gesit het weet sy nie. Toe tant Emma haar aan die skouer skud, sit sy verward regop.

Eers weet sy nie waar sy haar bevind nie. Dan sien sy dat sy op Joubert se stoel in die studeerkamer

aan die slaap geraak het. Sy kyk na tant Emma, wat haar nou vraend betrag.

"En nou kindjie? As jy hier sit en slaap?"

Dit voel skielik vir Anita of haar hele wêreld vergaan het. Joubert het in die middernagtelike ure

gery en wie weet waarheen. Gaan hy ooit weer terugkom. Die gedagte hieraan, laat haar skielik in

trane uitbars.

"My arme kind, wat is dan nou fout?" vra tant Emma en plaas haar arm beskermend om Anita.

206

Anita huil nou onbedaarlik, en laat tant Emma haar begaan.

"Dit is reg my kind. Huil jouself uit. Dit sal jou net beter laat voel," sê sy simpatiek.

Die volgende oomblik kom oom Kootjie met Susan de Klerk kort op sy hakke, die studeerkamer

binne.

"Wat gaan aan?" wil hy bekommerd weet.

Susan storm om die lessenaar en wanneer Anita bewus word van haar, spring sy op en val haar ma

om die hals, terwyl sy snikkend uitroep.

"Joubert is weg mamma! Hy het in die oggendure met sy motor gery, en dit is alles my skuld."

"Toemaar my kind, bedaar nou eers en dan vertel jy ons wat gebeur het," probeer sy haar dogter

kalmeer.

Dit neem 'n paar minute voordat Anita tot bedaring kom. Sy maak haarself los uit haar ma se

omhelsing, en gaan sit weer agter die lessenaar, met haar hande oor haar oë. Kort kort ruk rou

snikke deur haar liggaam.

Oom Kootjie wat die spanning nie langer kan verduur nie, merk skielik op.

"As Joubert waaragtig iets verkeerds aan jou gedoen het, gaan hy beslis met my te doene kry."

Anita kyk met betraande oë op na hom.

"Hy het niks verkeerd gedoen nie oom. Dit is alles my skuld. Ek is die oorsaak, dat hy so opgetree

het."

Dan tref 'n gedagte Anita skielik. Sy spring op en storm die gang af na Joubert se kamer, terwyl die

ander haar verbaas volg. Daar aangekom pluk sy sy kasdeure oop. Leeg, daar is omtrent nie klere in

sy kas nie. Anita gaan sit op sy bed en huil weer van vooraf hartverskeurend.

Toe Susan de Klerk die oop kasdeure sien, besef sy onmiddellik wat gebeur het.

207

Tant Emma en oom Kootjie kom die kamer binne. Hulle verstaan nie nou wat aangaan nie. Wat

soek Anita in hierdie kamer? Dit is mos nie haar en Joubert se kamer nie.

Oom Kootjie spreek sy gedagtes hardop uit.

"Anita ek verstaan nie wat hier aan die gang is nie. Hoekom lyk dit dan nou vir my of jy en Joubert

nie in dieselfde kamer geslaap het nie?"

Susan stap na haar dogter en probeer haar kalmeer.

"Kom nou my kind, bedaar eers dan vertel jy ons presies wat gebeur het."

Anita kyk met betraande oë na die mense by haar in die kamer.

"Ons huwelik was slegs in naam oom Kootjie," snik sy.

"Joubert het nie met my getrou omdat hy my liefhet nie. Hy haat my en het net met my getrou oor

sy seun."

"My arme kind, wat het jy nie al alles deurgemaak nie?" sê tant Emma simpatiek.

"Kom, gaan was jou gesig dan vertel jy ons van vooraf wat gebeur het. Ek gaan maak solank vir

ons lekker sterk koffie."

Later toe elkeen in die sitkamer met 'n koppie koffie sit, vertel Anita hulle in detail, hoe dit gekom

het dat sy en Joubert besluit het om te trou.

Dit is oom Kootjie wat opmerk, toe sy klaar vertel het.

"Jy is oor een ding verkeerd, Anita."

Anita kyk vraend op na oom Kootjie.

"Jy is oor een ding verkeerd, en dit is dat Joubert jou werklik liefhet," gaan hy voort.

"Ek het die seun die afgelope tyd goed leer ken, en het agtergekom dat sy aandag nie meer by die

plaas is nie. Ons almal weet hoe lief Joubert sy plaas en perde het. In die laaste tyd het hy omtrent

208

geen tyd meer by die perde spandeer nie. Dit kon net een ding beteken, en dit is dat hy ander meer

belangriker dinge gehad het, wat hom gepla het. As ek nou twee en twee bymekaar sit, was dit die

verhouding tussen julle twee, wat vir hom meer belangriker geword het. So belangrik, dat hy nie

meer aandag aan dit wat eers vir hom belangrik was, gegee het nie."

"Ek dink oom Kootjie is reg Anita. Ek het die liefde in Joubert se oë gelees, wanneer hy na jou

gekyk het. Dit is ook hoekom ek nooit enige onraad vermoed het, met julle huwelik nie," sê tant

Emma ook nou.

"Ai as julle reg is, dan het ek nou alles verbrou. Hoe gaan ek ooit weer Joubert se liefde terugwen?

As julle maar net weet hoe lief ek hom regtig het. Ek kon hom egter nooit glo, na alles wat hy my

aangedoen het nie. Ek het gedink dat hy homself maar net op my wou wreek. As hy my maar net

weer 'n kans sal gee," sê sy met oë wat weer vol trane skiet.

"Toemaar my kind, dinge sal regkom. Ons moet nou net eers uitvind, waarheen Joubert gegaan

het. Jy kan dan na hom gaan, en alles aan hom verduidelik. Hy is 'n verstandige mens en as hy jou

liefhet soos hy sê, sal alles in 'n japtrap reggestel kan word," sê Susan met 'n diep onrus binne in

haar.

"Ek hoop mamma is reg. Ek sien nie kans om weer soos die afgelope ses jaar, sonder hom klaar te

kom nie."

Die res van die dag is vir Anita 'n nagmerrie. Andre wil weet waar sy pa is, en weet sy nie hoe om

hom te antwoord nie. Hy word gedeeltelik tevrede gestel, met haar antwoord, dat hy belangrike

werk op 'n ander plek het om af te handel. Hy kan egter nie verstaan hoekom Joubert hom nie

gegroet het nie, en hoekom hy hom niks daarvan gesê het nie. Anita probeer verduidelik, dat dit iets

is, wat skielik op sy pad gekom het, en dat Joubert hom nie wou wakker maak nie omdat hy vroeg

209

moes ry.

Dit is bykans vyfuur die middag, en het die huismense nog geen taal of tyding van Joubert gehoor

nie. Anita gaan sit kort kort op die stoep en hou die plaaspad dop, om te sien of Joubert nie dalk

oppad terug is nie. Toe sy weer op die stoep gaan sit, sluit die res van die huismense ook by haar

aan. Tant Emma het vir hulle koffie gemaak, en sit en drink hulle dit nou in stilte.

Skielik sit Anita regop. Verbeel sy haar of hoor sy 'n motor aankom.

"Daar kom nou 'n motor aan," bevestig oom Kootjie haar vermoede.

Anita staan op en loop angstig na die punt van die stoep om beter te kan sien.

Dit is egter haar skoonouers se motor, en kan sy nie help om 'n sug van teleurstelling te uiter nie.

Wanneer die motor voor die opstal stilhou, stap Anita hulle tegemoet. Terwyl hulle groet, merk sy

op dat die twee oumense baie stroef en ontsteld voorkom.

"Wat is fout?" wil sy dadelik weet.

"Kom ons stap eers nader, sodat ons die ander ook kan groet," sê haar skoonpa.

Nadat die groetery afgehandel is, kyk haar skoonpa haar lank en stil aan.

"Wat is fout pa, hoekom sê julle niks? Is dit Joubert? Het daar miskien iets met hom gebeur?" vra

sy angstig.

"Miskien moet ek en jy eers in die studeerkamer alleen gaan praat, Anita."

"Nou goed pa kom ons stap deur. Ek kan die onsekerheid nie langer verduur nie."

Toe hulle in die studeerkamer kom, laat haar skoonpa haar eers sit, voordat hy begin praat.

"Joubert was vanmôre vroeg daar by ons Anita."

"Dankie tog, dan makeer hy niks," laat sy verlig hoor.

"Fisies het hy niks makeer nie. Wat sy geestelike toestand betref, kan ek ongelukkig nie dieselfde

210

sê nie. Ek het my seun nog nooit in hierdie toestand gesien nie Anita. Selfs nie eers toe julle ses jaar

gelede ook probleme gehad het nie. Hy wou nie met my daaroor praat nie, en het slegs gesê, dat ek

hierdie brief aan jou moet oorhandig."

Hy trek 'n brief in 'n koevert, uit sy baadjiesak en oorhandig dit aan haar.

Anita kyk na haar naam op die koevert, en herken Joubert se handskrif onmiddellik.

"Weet die ander huismense wat tussen julle plaasgevind het?" vra hy toe hy sien dat sy net na die

koevert in haar hande staar.

Toe sy net haar kop knik gaan hy voort.

"In daardie geval dink ek moet ek jou vir 'n ruk alleen los, sodat jy die brief kan lees. As jy klaar

gelees het, kan jy dan sommer vir ons almal kom vertel wat daarin staan," sê hy en draai sondermeer

om en verlaat die vertrek.

Anita kyk weer na die koevert in haar hande. Sy begin om dit bewerig oop te skeur. Toe sy Joubert

se sterk handskrif sien, skiet haar oë vol trane. Sy begin die brief wat aan haar gerig is, te lees. Hoe

verder sy lees, hoe vryliker vloei die trane oor haar wange.

Dit is al sterk skemer, toe iemand aan die studeerkamer se deur klop. Toe Anita nie antwoord nie,

word die deur oopgemaak en kom haar ma bekommerd die vertrek binne.

Anita sit nog steeds op die stoel met die brief krampagtig in haar hande vasgeknyp, voor haar en

uitstaar.

"Anita wat is dit? Dit lyk of jy 'n spook gesien het," sê sy bekommerd.

Toe sy nie antwoord nie stap Susan tot by haar en skud haar aan haar skouer.

"Anita ek praat met jou," sê sy weer.

Anita kyk op na haar ma.

211

"Hy het ons verlaat mamma. Hy kom nie weer terug nie," sê sy verbysterd, en hou die brief uit na

haar ma.

Susan de Klerk neem die brief uit Anita se hande, stap om die lessenaar en gaan neem plaas agter die

lessenaar. Sy sit die lessenaar liggie aan en begin die brief lees. Nadat sy die brief klaar gelees het,

kyk sy verslae na Anita.

"En jy het gedink, dat hy jou nie liefhet nie. My arme kind," sê sy toe Anita weer in trane uitbars.

"Kom ek neem jou na jou kamer, sodat jy 'n bietjie kan rus."

Anita laat gedweë toe, dat haar ma haar na haar kamer lei. Daar prop Susan haar dadelik in die bed

en maak haar styf met die komberse toe.

Later kom tant Emma die kamer binne en gee Anita iets om te drink.

"So ja, jy sal nou nou beter voel. Kom ons los haar 'n bietjie alleen sodat sy kan rus. Ons sal later

weer by jou kom inloer. Moenie jou verder kwel nie, dinge sal uitwerk, jy sal sien," sê sy en trek

Susan by die kamer uit.

Hulle gaan sluit hulle daarna by die ander aan, wat hulle vraende aankyk toe hulle die vertrek

binnekom.

"Is alles reg by Anita?" wil Magda Retief dadelik weet.

"Sy is maar baie ontsteld en weet ek nie of die slaapmiddel wat ek haar ingegee het, haar sal laat

slaap nie," sê tant Emma.

"Foeitog die arme ding. Die brief wat Joubert geskryf het, moes haar seker lelik ontstel het," sê

Magda Retief simpatiek.

"Het jy die brief hier Susan?" vra Joubert senior nou ook duidelik ontsteld, oor wat dalk binne in

die brief mag staan.

212

"Ja, kom ek lees dit sommer vir julle hardop," sê sy en vou die brief oop.

"Liewe Anita." Susan kyk eers op om te sien of sy almal in die vertrek se onverdeelde aandag het,

voordat sy voortgaan.

"Wanneer jy hierdie brief ontvang, sal ek al baie ver van jou af wees. Ja, ek het maar besluit om

hierdie uitweg te kies, aangesien ek nie meer 'n dag langer saam met jou onder dieselfde dak kan

vertoef nie. Ek kan dit nie meer verdra om jou elke dag te sien, met die wete dat jy met my getroud

is, en tog ook nie werklik aan my behoort nie. Ek besef dat ek jou in die verlede rede gegee het om

my te haat, maar het nie besef dat dit so erg is nie. Toe ons besluit het om onder jou voorwaardes te

trou, het ek gedink, dat daar vir ons hoop was, maar ek het my blykbaar lelik misgis. Ek het regtig

hard probeer om jou van my liefde te oortuig, maar jy wou my nie 'n tweede kans gee nie. Wanneer

jy hierdie brief lees, het ek al klaar my prokureur gaan sien, om hom sekere opdragte te gee, wat die

volgende insluit. Eerstens het ek hom versoek om jou te nader, sodat jy 'n skeisaak teen my

aanhangig kan maak vir huisverlating.

Tweedens het ek hom opdrag gegee om Gemoedsrus dadelik op Andre se naam te sit, sodat die plaas

aan hom behoort. Jy sien dit is mos 'n familieplaas en moet dit in die familie gehou word. Laastens

het ek hom opdrag gegee om al die perde op Gemoedsrus op 'n openbare veiling te verkoop. Jy sien

ek het ook geld nodig om van te lewe, en sal hierdie geld my darem help om weer êrens van vooraf

'n bestaan te maak. Ek is jammer dat ek dit op so 'n manier moes doen, maar na wat gisteraand

gebeur het, kon ek jou eenvoudig net nie weer in die oë kyk nie. Mag jy vorentoe die geluk vind,

wat ek jou nie kon bied nie.

NS. Wat Andre betref. Ek mis hom alreeds en sal ek myself nooit kan vergewe vir wat ek besig is,

213

om hom aan te doen nie. Vertel hom maar weer soos in die verlede, dat sy pa te sleg was om na hom

om te sien, en dat hy weggeloop het. Die Vader alleen weet, hoe lief ek hom het en hoe baie ek hom

gaan mis. Geteken Joubert.

Susan kyk met trane in haar oë op na die ander in die vertrek, terwyl sy die brief toevou.

Dit is Joubert senior wat eerste praat.

"My seun moet haar verskriklik liefhê, om tot so 'n uiterste te kon gaan," sê hy sag.

"En ek het hom net so lief," sê Anita vanaf die deur.

Almal kyk verbaas op. Anita staan verwese in die deuropening.

"Ek dag jy slaap my kind," sê Susan, vlieg op en loop tot by haar.

Sy plaas haar arm beskermend om haar en lei haar na die naaste stoel.

"Sit hier, dan kry ek vir jou lekker sterk koffie om te drink," sê sy simpatiek.

"Dink jy nie ons het almal eerder iets sterkers nodig nie, Susan?" vra oom Kootjie.

Toe almal in die vertrek bevestigend antwoord, staan hy op en gooi vir elkeen 'n drankie van sy

keuse.

"Ek sien julle weet nou almal wat in die brief staan?" sê vra Anita.

Toe almal bevestigend knik gaan sy voort.

"Ek weet en besef, dat ek verantwoordelik is, vir hierdie situasie."

"Anita, ons sal jou nooit verantwoordelik hou, vir Joubert se optrede nie. Dit is beslis nie alles jou

skuld nie," sê Magda Retief nou beslis.

"Miskien is u reg, ma. Ek besef egter ook, dat ek te hardkoppig was om Joubert 'n kans te gee om

sy liefde aan my te bewys."

Susan kyk haar dogter bekommerd aan. Haar kind kom verskriklik kalm en bedaard voor. Sy hoop

214

nie dat dit iets slegs beduie nie.

"Ek neem volle verantwoordelikheid vir hierdie gemors waarin ek my bevind, en belowe ek julle

vandag dat ek alles in my vermoë gaan doen om dit reg te stel."

"Anita dink jy nie ons moet liewer môre verder hieroor praat nie? Ek dink jy moet eerder nog 'n

bietjie gaan rus," sê Susan terwyl sy haar dogter bekommerde dophou.

"Ek voel heeltemal goed dankie, mammie. Daar is in elk geval nie tyd te verspeel nie. Hoe langer

ek uitstel, hoe moeiliker gaan ek dinge tussen my en Joubert kan regstel. Ek het genoeg tyd gehad

om te dink oor hierdie gemors wat ek van my en Joubert se huwelik gemaak het, en het ek klaar

besluit wat gedoen moet word."

"Ek dink ek hoor 'n motor aankom. Sal jy asseblief vir ons gaan kyk, Kootjie?" vra tant Emma.

"Dit sal seker Leon en Betsie wees," sê Anita.

"Ek het hulle netnou gebel en gevra om oor te kom."

Toe almal haar verbaas aankyk gaan sy voort.

"Ek het hulle gevra om oor te kom, aangesien ek voel dat hulle ook behoort te weet. Buitendien het

ek Leon se hulp nodig om my te help met dit wat ek beplan."

'n Bekommerde Betsie en Leon kom die sitkamer binne.

"Anita, wat is fout jong?" vra 'n angstige Betsie. Sy gaan sit by haar op die stoel se armleuning en

sit haar arms beskermend om haar.

"Jy het ons vreeslik bekommerd gehad."

"Groet jy nie die mense nie Betsie?" vra Leon met sy oë bekommerd op Anita gevestig.

"Ag ek is jammer julle. Toe ek Anita se oproep netnou gekry het, wou ek eenvoudig net so vinnig

as moontlik hier kom."

215

Nadat die groetery afgehandel is, en almal weer hul sitplekke ingeneem het, is dit weer Betsie wat

aan die woord is.

"Waar is Joubert? Ek sien hom nie hier nie."

Die vraag van Betsie ontstel Anita van vooraf. Sy begin weer saggies huil.

"Anita ek is jammer. Het ek dalk iets verkeerd gesê?" vra sy en omhels die huilende meisie teer.

"Nee, dit is nie wat jy gesê het nie. Joubert het my verlaat, en is dit alles my skuld," snik sy.

"Ag jou arme ding. Kom bedaar nou eers, dan vertel jy vir ons wat het gebeur," sê Betsie

simpatiek.

Dit is heelwat later, toe Anita klaar vertel het. 'n Hoorbare stilte heers onder al die aanwesiges in die

sitkamer. Elkeen is besig met sy eie gedagtes.

Dit is Anita wat weer die stilte verbreek.

"Nou weet julle alles, soos wat dit die afgelope weke plaasgevind het. Leon, Betsie as julle nie

meer met my vriende wil wees omdat ek julle so bedrieg het nie, sal ek verstaan. Ek weet dat ek nie

sulke goeie vriende soos julle waardig is nie. Julle wou my altyd net help en weet ek dat ek julle

seker nou diep geskok het," sê sy weer in beheer van haar emosies.

"Anita moenie bog praat nie," sê Leon skielik.

"Hoe kan ons nou klippe wil gooi as onsself agter die deur staan. Was dit nie ek en Betsie wat

verantwoordelik was vir hierdie hele ding nie. Ons dra net soveel skuld soos jy."

"Leon is reg Anita," sê Betsie ook nou.

"Dit is deur my toedoen, dat ons jou hierheen laat kom het, omdat ons bekommerd was oor 'n

dierbare vriend van ons. Ons almal het geweet dat Joubert jou nog na al die jare liefhet, en het ons

dit so gereël dat julle weer bymekaarkom. Ons het geweet wat om te verwag, en kon niemand die

216

optrede van Joubert vooraf bepaal nie."

"As julle dit nou so stel, laat julle my baie beter voel. Ek voel egter soos 'n skurk omdat ek julle

gefaal het. Julle is beslis die beste vriende waarvoor iemand kan vra. Baie dankie dat julle my nie

veroordeel nie, want ek het julle nou nodiger as ooit."

"Jy kan op ons hulp en bystand reken Anita. Joubert is 'n baie goeie vriend van ons en sal ek en

Betsie enigiets doen om julle twee te help. Dit is te sê as jy van ons hulp gebruik wil maak?" sê

Leon, duidelik ontsteld oor die situasie waarin hulle hul nou bevind.

"Ek wil julle almal vandag verseker dat ek Joubert verskriklik liefhet, en dat dit deur my eie

toedoen is, dat hierdie ding gebeur het. Ek wil dinge asseblief probeer regstel. Dit is te sê as Joubert

my die geleentheid sal gee. Leon ek het jou hulp nodig om my te help om Joubert op te spoor. Daar

is ook 'n paar ander dinge, wat ek wil doen en het ook jou hulp hier nodig. Dit is natuurlik te sê, as

jy kans sien om my te help."

"Natuurlik sal ek jou help. Sê maar net wat ek moet doen en ou Leon doen dit met graagte vir jou."

Later na ete, is Anita en Leon na Joubert se studeerkamer, sodat sy haar planne met hom kan

bespreek. Toe sy later die aand tevrede met die vordering wat sy en Leon gemaak het, haar kop op

haar kussing neerlê, raak sy dadelik aan die slaap. Daardie nag droom sy dat Joubert haar uitlag toe

sy hom om vergifnis smeek. Sy raak natgesweet wakker en dit is eers in die vroeë oggendure toe sy

uiteindelik weer aan die slaap raak.

Hoofstuk 14

217

Dit is twee maande later. Anita kom met 'n tevrede glimlag by die prokureur se kantoor uitgestap.

Sy voel vandag baie tevrede met wat sy bereik het. Alhoewel sy 'n opgewondenheid in haar beleef,

voel sy tog ook diep ongelukkig. Toe sy by Leon kom wat vir haar in sy motor sit en wag, glimlag

sy vir hom.

"Hoe lyk dit my, jy het goeie nuus gekry? " wil hy dadelik weet.

"Ja en nee. Joubert het die aanbod vir die perde aanvaar, maar die prokureur weet nog steeds nie

waar hy hom bevind nie."

"Ek wonder wat hy gaan sê as hy moet uitvind, dat jy die aanbod vir sy stoetperde gemaak het?"

"Ag Leon, as ek hom net kan opspoor. Ek wil nie eers daaraan dink wat hy gaan sê, as hy weet dat

ek hom weer bedrieg het nie."

Leon dink terug aan die afgelope twee maande se gebeure. Ja, hy was verbaas oor al die planne wat

hierdie klein mensie hier voor hom uitgedink het. Hy moet sê, hy haal sy hoed af vir die durf en

moed wat sy geopenbaar het. Sy het ook duidelik bewys, dat sy Joubert werklik liefhet, en alles in

haar vermoë sou doen om dinge tussen hulle weer reg te stel. Hy wonder net wat Joubert se houding

218

sal wees, as hy moet uitvind hoe sy hom uitoorlê het met die verkoop van sy perde. Hy glimlag by

die gedagte daaraan. Waar sy aan die gedagte gekom het om Joubert 'n aanbod te maak vir sy perde,

sonder dat hy die persoon se naam hoef te weet, gaan sy verstand te bowe. Die aanbod was in elke

geval so rojaal, dat hy dit nie kon weier nie.

"Hallo julle twee, is ek laat?"

Leon kyk om en glimlag vir Betsie wat met armsvol pakkies hulle tegemoet stap.

"Hoe lyk dit vir my jy het alweer al die winkels leeg gekoop?" terg hy haar.

"Ag man, as ek meer tyd gehad het sou jy 'n ding gesien het. En hoe het jou dinge toe afgeloop?"

vra sy nuuskierig vir Anita.

"Joubert was tevrede met my aanbod en besit ek nou al die perde op Gemoedsrus," sê Anita

opgewonde.

"Hoe het die prokureur Joubert oortuig, dat hy aan jou verkoop het?" vra Betsie.

"Die prokureur het hom vertel, dat dit 'n koper van oorsee was, en het hy self besef dat hy nie

soveel vir sy perde op 'n vandisie sou kry nie. Die res was maklik. Al probleem is, is dat die

prokureur nie weet waar hy hom bevind nie."

"Ag dit is nou jammer. Kan jy nie aan nog plekke dink waar hy hom sal bevind nie Leon?"

"Ai Betsie, my kop is al sif gedink. Ek het al ons ou vriende gebel en het niemand Joubert met 'n

oog gesien nie."

"Moet ons nie miskien 'n private speurder huur om ons te help nie?" vra Betsie raadop.

"Nee! Ons kan dit nie doen nie," keer Anita vinnig.

"Joubert sal my nooit vergewe as ek tot so 'n uiterste gaan nie."

"Anita is reg Betsie. Miskien moet ons eers nog 'n bietjie rondvra. Kom ons gaan eet eers iets

219

voordat ons terugry. My maag voel al of my keel afgesny is."

"Dit is nou 'n goeie voorstel. Ek voel self 'n bietjie dun om die middel," beaam Betsie.

"Kom ons stap sommer na daardie restaurant, anders gaan ons dalk weer 'n parkeerprobleem hê," sê

Leon.

Terwyl hulle stap, dink Anita aan die pas afgelope twee maande. Joubert het eenvoudig net van die

aardbol verdwyn. Hulle het al aan alle moontlikhede gedink om hom te probeer opspoor. Behalwe

vir sy bankrekeningnommer wat die prokureur het, lyk dit of hy nooit bestaan het nie. Daarmee kan

hulle ook niks doen nie, want hy het slegs die nommer gegee sodat die geld vir die perde daarin

oorbetaal kan word. Dit is ook sy plaaslike rekening wat hy al jare het, en kan hulle hom dalk

opspoor, indien hy groot bedrae sou onttrek. Leon ken gelukkig die bankbestuurder en het hy

belowe, dat hy hulle op hoogte sal hou indien so iets wel gebeur.

Toe hulle later klaar geëet het, ry hulle in stilte terug na Gemoedsrus. Nadat Leon en Betsie Anita

afgelaai het, stap sy na die stalle. Sy vertel Jantjie van die middag se gebeure en hoe verder sy

vertel, hoe breër raak die glimlag op sy gesig.

"So onse perde gaan net hier bly dokter?" vra hy verheug.

"Ja Jantjie, die perde bly net hier waar hulle hoort," sê sy met 'n knop in haar keel.

Sy stap daarna na Black se stal en kyk met trane in haar oë hoe hy verlangend opkyk om te sien of

dit nie dalk Joubert is nie.

"Jy mis hom net so baie soos ek nè jou pragtige dier?" praat sy hardop met die hings.

Anita gaan sy stal binne en verberg haar gesig teen Black se nek, terwyl sy saggies begin snik.

"O, Black ek mis hom geweldig baie. Hoe gaan ek en jy ooit sonder hom kan klaarkom?"

Dan kom sy skielik tot 'n besluit. Sy stap die stal uit en roep na Jantjie.

220

"Jantjie, dink jy ek sal Black kan ry?"

"Hoe praat die dokter dan nou? Dit is meneer Joubert se perd, en het niemand anders hom nog ooit

gery nie."

"Saal hom vir my op Jantjie. Hy kan nie heeldag net so in die stal staan nie. Hy kort oefening, en

as hy my nie vandag afgooi nie, gaan ek hom van nou af elke dag oefening gee."

"Die dokter soek nou haar dood," brom Jantjie onderlangs, maar saal tog vir Black op soos sy

versoek het.

Voordat Anita Black bestyg, praat sy eers mooi met hom.

"Jy moet nou nie vir ounooi afgooi nie, hoor jy. Ek wil jou maar net help om 'n bietjie oefening te

kry. Ek weet jy verlang net soveel soos ek na jou baas, en sal 'n bietjie oefening jou goed doen."

Jantjie betrag die meisie voor hom kopskuddend.

"Meneer Joubert maak my dood as jy die dokter vandag afgooi, hoor jy jou swart gedierte," praat

hy ook nou met Black.

Anita klim versigtig in die saal, terwyl Jantjie Black vir haar vashou.

Wanneer sy stewig in die saal sit, los Jantjie die teuels en knyp sy oë styf toe.

Die groot hings trippel eers senuweeagtig rond, en laat dan toe, dat Anita hom van die stalle af

wegstuur. Sy ry die eerste paar tree versigtig op 'n stappie, en toe sy agterkom dat die hings haar op

sy rug aanvaar, stuur sy hom versigtig op 'n galop verder die veld in.

Jantjie hoor perdepote klap, en maak sy oë versigtig oop. Met verbasing sien hy dat Black nog nie

vir Anita afgegooi het nie. Terwyl Anita met Black voortgalop geniet sy elke oomblik van die rit.

Wanneer sy later met Black terugkom by die stalle, staan oom Kootjie haar saam met Jantjie en

inwag.

221

"Ek was dood bekommerd oor jou, my kind," sê hy met verligting toe sy uit die saal wip.

"Jy weet dit is net vir Joubert wat hierdie swart hings toelaat op sy rug. Ek weet nie wat jy hom

belowe het nie, maar dit lyk vir my of hy nog iemand gekry het, wat hy vertrou op sy rug."

"Ag oom Kootjie, ons is seker maar geesgenote. Ek dink hy verlang net soveel soos ek na Joubert,"

lag sy.

Van daardie dag af gaan ry Anita elke dag met Black. Dit lyk later vir haar of hy berus by die

gedagte, dat hy dalk nooit weer vir Joubert sal sien nie. Hy het haar ten volle aanvaar, en geniet

hulle die uitstappies.

Dit is presies drie maande vandat Joubert verdwyn het. Anita het nog geen taal of tyding van hom

verneem nie, en kan sy nie glo, dat hy nie van hom laat hoor nie. Sy begin twyfel of hy haar werklik

liefgehad het. Sy verwonder haar aan die gedagte, dat hy nie eers met Andre probeer kontak maak

nie. Sy het 'n moeilike tyd agter die rug, veral om aan Andre te verduidelik, hoekom Joubert nie van

hom laat hoor nie. Sy maak gedurig vir hom verskoning, maar sy weet nie vir hoe lank sy nog met

al die leuens sal wegkom nie.

Waar sy op die stoep sit, kyk sy op toe sy 'n motor hoor nader kom. Sy herken Leon se motor wat in

'n stofstreep voor die deur tot stilstand kom.

Leon spring uit, en van ver af skreeu hy vir haar.

"Ek dink ons het hom uiteindelik opgespoor!"

Anita storm opgewonde op Leon af. Toe sy by hom kom, gryp hy haar en swaai haar in die rondte.

Toe hy haar uiteindelik uitasem neersit, wys hy vir haar 'n brief wat hy van 'n prokureur ontvang het.

222

Haar oë gly vinnig oor die paar reëls. Volgens die prokureur, het Joubert vir hom 'n strandhuis in

Hermanus gekoop en verskaf hy ook sommer die adres.

Anita kyk met trane in haar oë na Leon.

"Dankie," is al wat sy uitkry, en gooi haar arms om sy nek.

"Stadig jong, jy breek my nek," lag hy opgewonde.

Terwyl Anita die lang pad aflê na Hermanus, kan sy nie help om opgewonde en tog ook 'n diep

onrus binne in haar te voel nie. Sê nou net Joubert wil niks met haar te doen hê nie. Sy is al suf

gedink oor hoe sy hom moet benader. Nadat sy die ontmoeting seker al tien maal voor haar

geestesoog sien afspeel het, gee sy later moed op. Toe sy later die middag Hermanus nader, begin

dit te reën. Sy ry al hoe stadiger, aangesien haar uitsig redelik beperk word. Dit is met 'n groot

gesukkel dat sy uiteindelik voor die huis waarvan sy die adres het stilhou. Mmmm, dink sy. Dit is 'n

pragtige plek, met 'n pragtige seeuitsig. Die huis staan teen die see, en het 'n pragtige tuin. Sy klim

uit en besef, dat sy papnat gaan reën, aangesien sy niks het om haar teen die reën te beskerm nie. Sy

hardloop vinnig na die voordeur en probeer haarself beskerm teen die water wat nou behoorlik op

haar neerstort. Sy klop hard aan die deur, maar kry geen reaksie nie. Sy ontdek later die klokkie en

druk dit vir 'n paar sekondes. Sy kry egter nog geen reaksie nie. teleurgesteld loop sy om die huis

om te sien of daar nie dalk 'n ander deur is nie. Kort kort probeer sy deur 'n venster na binne loer,

maar kan niks uitmaak nie. By die agterdeur klop sy weer hard aan die deur. Hier kry sy ook nie

reaksie nie. Waar kan hy dan wees, wonder sy? Het die prokureur nie dalk 'n fout gemaak met die

adres nie? En tog die prokureur was baie seker van sy saak. Sy gee nie meer om vir die reën wat op

223

haar neerval nie en loop weer om na die voordeur. Sy druk weer die klokkie, maar weet al klaar wat

die uitslag gaan wees. Sy sak later moedeloos in 'n nat hopie voor die deur inmekaar, terwyl trane

van teleurstelling oor haar wange rol. O, Joubert waar is jy? kryt dit binne in haar. Ek het so

verlang na jou. Ek kan mos nie onverrigte sake terugkeer na Gemoedsrus nie. Ek moet weet hoe jy

oor my voel. As jy my nie meer wil hê nie, sal ek berus en jou nooit weer pla nie. So raak sy later,

'n patetiese, uitgeputte bondeltjie, voor die deur op die mat, aan die slaap.

Dit is al sterk skemer toe 'n motor by die strandhuis se oprit indraai. Joubert frons toe hy die motor

voor hom in die oprit gewaar. Genade, maar dit lyk mos vir hom soos Anita se motor. Hy voel 'n

diep seer, wat skielik van hom besit neem. Wat soek sy hier? Wil sy hom verder kom verneder?

Hy klim traag uit die motor en hardloop deur die sproeireën na die voordeur. Toe hy op die stoep

kom, merk hy die bondeltjie hier voor sy voete. Hy buk af om beter te kan sien. My magtig, dit is

Anita wat hier voor die deur lê en slaap! Sy is papnat gereën en lyk gehawend. Hy skud haar aan

die skouer.

"Anita, word wakker," roep hy en kyk haar bekommerd aan.

Anita maak haar oë oop en wanneer sy Joubert sien, sit sy verward regop.

"Wat maak jy hier buite in die reën? Hoekom het jy nie in jou motor gesit en wag nie?" vra hy met

ongeduld in sy stem.

Hy staan op en sluit die voordeur oop.

Voordat Anita op sy vrae kan reageer, buk hy af, tel haar op en dra haar die huis binne.

"Joubert, ek, ek....."

"Bly nou maar eers stil. Ons kan later oor die rede van jou besoek praat. Jy moet nou eers uit

hierdie nat klere kom, anders gaan jy siek word."

224

Hy dra haar deur 'n lang gang, by 'n kamer in, wat soos die hoofslaapkamer lyk, en sit haar op die

bed neer.

"Trek gou jou nat klere uit, dan tap ek solank vir jou 'n lekker warm bad," sê hy, terwyl hy 'n

kombers vir haar uit een van die kaste haal.

Hy gooi die kombers langs haar op die bed neer. Draai daarna sonder om verder in haar rigting te

kyk om, en verdwyn in 'n aangrensende vertrek, wat soos 'n badkamer lyk.

Toe Anita water hoor loop, spring sy op en begin haar klere bibberend uittrek. Sy voel koud en

ellendig. Nadat sy al haar klere uitgetrek het, draai sy haarself in die kombers toe en gaan lê

bibberend op die bed. Dit voel of sy nooit weer gaan warm word nie, en wonder so in haar enigheid

of sy nie besig is om siek te word nie. Sy hoor 'n sagte kloppie aan die deur en kyk op.

"Jy kan maar inkom Joubert," sê sy sag.

Hy kom die kamer binne, buk af, tel haar op sonder om iets te sê, en dra haar die badkamer binne.

"So ja, klim nou in hierdie warm bad, sodat jy jouself warm kan kry."

Hy sit haar op die bad se rand neer en draai sondermeer om.

"Joubert?" roep sy hom terug toe hy by die deur uit verdwyn.

Die volgende oomblik steek hy weer sy kop by die deur in.

"Jy het geroep?" sê vra hy.

"Jy is self papnat gereën en behoort ook 'n warm bad te neem," sê sy terwyl 'n warm blos op haar

wange verskyn.

"Ek het nog 'n badkamer en sal sommer gou daar gaan stort," sê hy en maak die badkamerdeur

agter hom toe.

Anita weet nie hoe lank sy in die warmwater gelê en week het nie. Sy hoor skielik 'n sagte kloppie

225

aan die deur en antwoord benoud.

"Ek is nog in die bad."

Sy hoor hoe Joubert saggies lag agter die toe deur.

"Toemaar ek is nie van plan om in te kom nie. Ek wil maar net hoor of jy al beter voel?"

"Ja dankie, ek voel nou weer lekker warm," sê sy met blosende wange.

"Jy is seker honger. Ek gaan solank vir ons iets maak om te eet. As jy klaar is, kan jy maar

deurkom na die kombuis."

Voordat sy hierop kan antwoord, hoor sy hoe hy die kamerdeur agter hom toemaak.

Terwyl Joubert besig is met die kos, wonder hy wat die doel van Anita se besoek is. Hoe het sy hom

in elk geval opgespoor? Hy het gesorg dat niemand weet waar hy hom bevind nie, want hy wou eers

sy kop skoon kry. Nou het sy ongevraag hier opgedaag, en alles weer deurmekaar kom krap.

"Joubert?" hoor hy iemand sy naam noem en kyk verbaas om.

Anita staan in die gang en kan hy net haar kop sien uitsteek.

"En nou, as jy so loer?" wil hy verbaas weet.

"Ek het nie klere om aan te trek nie," sê sy blosend.

"Al wat ek kon kry om aan te trek, was een van jou hemde."

Joubert draai weg van die stoof en loop na haar.

"Dit moet ek sien," sê hy terwyl daar 'n vonkel in sy oë verskyn. Tot sy verbasing probeer Anita

hom nie keer nie, maar kyk hom net geamuseerd aan.

Toe hy by haar kom, beweeg sy verder die kombuis binne. Sy het een van sy T-hemde aan, wat haar

hele liggaam tot by die knieë bedek. Aan die bokant is die hemp 'n bietjie te groot vir haar en dreig

die skouers om af te val. Haar hare is nog nat van die was, en hang nou los oor haar skouers.

226

Joubert kyk na die pragtige prentjie hier voor hom. Sy hart klop in sy keel. Besef sy wat sy aan hom

doen? Hy besef weereens hoe lief hy haar het. Die afgelope drie maande sonder haar, het net

hierdie diep gevoel wat hy vir haar koester sterker na vore laat tree. Hy weet en besef nou, dat hy

verewig haar slaaf sal wees. Sy hou sy hart in haar twee hande en kan met hom maak net wat sy

wil.

"Joubert," praat sy sag met hom.

Hy skud sy kop asof hy uit 'n beswyming wakker word.

"Ek het klere in my motor. Ek voel 'n bietjie selfbewus om dit self te gaan haal," sê sy skaam op na

hom.

"Ek sal dit later vir jou kry. Dit reën nog steeds sonder ophou, en dink ek nie ons moet nou na die

warm bad in die koue uitgaan nie. Buitendien, jy lyk vir my heel gemaklik," glimlag hy vir haar.

"Ek voel 'n bietjie selfbewus, want my onderklere is ook nog nat," sê sy blosend.

"Daarmee kan ons gou 'n plan maak. Ek het 'n droër in die waskamer. As jy wil, kan jy dit gou

daarin droog maak."

"Dankie, dit sal gaaf wees," sê sy en stap terug na haar kamer om dit te gaan haal.

Terwyl Anita wag vir haar onderklere om droog te word, gaan Joubert voort met die kosmakery. Hy

het lekker sop op die stoof en is besig om pannekoekdeeg aan te maak, toe sy weer haar verskyning

maak.

"Voel jy nou beter?" vra hy glimlaggend.

"'n Bietjie beter," sê sy en trek die hemp op, wat elke keer moedswillig van haar skouer afgly.

"Hoe lyk dit met ietsie om te drink voor ons eet?" vra hy gasvry.

227

"Dankie, 'n bietjie wyn sal lekker wees, as jy natuurlik het."

Wanneer hy die glasie wyn aan haar oorhandig, raak hul hande vir 'n paar sekondes aan mekaar. Hy

merk op hoe 'n ligte trilling deur haar liggaam gaan.

"Kry jy nog koud?" vra hy bekommerd.

"Nee, ek voel heel goed dankie."

Joubert stap tot voor Anita. Hy neem die glas by haar, sit dit op die rak langs haar neer, en kyk haar

vierkantig in die oë. Sy laat haar oë skaam voor sy blik sak.

Hy sit sy hand onder haar ken en tel haar kop op, sodat sy gedwing word om hom ook in die oë te

kyk.

"Anita, weet jy hoe begeerlik lyk jy? Weet jy wat dit van my verg, om my hande van jou af te

hou?" vra hy hees.

"Hoekom het jy hierheen gekom Anita? Wou jy my verder straf? Dink jy nie ek het al genoeg

gely nie?"

"Joubert, ek,.....ek wou jou kom vertel hoekom dinge gebeur het, soos dit jare gelede gebeur het."

"Wat wil jy daarmee bereik, Anita?" vra hy en draai na die stoof om die sop af te sit, wat begin

kook het.

"Dis iets wat jy moet weet Joubert. Miskien sal jy daarna beter verstaan."

Joubert draai om, en kyk in die pleitende oë van die meisie voor hom.

"Nou goed, as dit jou beter sal laat voel, kan jy maar vertel."

Anita neem 'n slukkie van haar wyn, haal eers diep asem en begin met haar storie.

"Soos jy seker nou al weet, was ek die enigste dogter en kind van my ouers gewees. Ek het baie

beskermend grootgeword, en het ek eers die laaste twee jaar van my studies die geleentheid gekry

228

om op my eie te wees. My pa was 'n sakeman, en het my baie streng grootgemaak. Die sakewêreld

het hom 'n baie harde en onverbiddelike mens gemaak. Alhoewel hy baie streng met my was, het ek

hom baie liefgehad. Die betrokke aand voor my verjaarsdag, het hy en mammie, na my woonstel

gery om my te verras. Hy en mammie wou die betrokke aand voor my verjaarsdag saam met my

deurbring, tot met my verjaarsdag om twaalfuur. Hy het vir my 'n motor gekoop as geskenk, en kon

hulle nie wag tot die volgende môre om dit vir my te gee nie."

Anita haal weer 'n slag diep asem, terwyl die trane vlak in haar oë brand.

Joubert kan sien dat dit vir haar baie moeilik moet wees om hom die storie te vertel. Hy stap tot

voor haar en plaas sy hand op haar skouer.

"Jy het nie nodig om my verder te vertel nie Anita," sê hy met begrip in sy oë.

"Nee, ek wil jou vertel asseblief," sê sy met smeking in haar stem.

Sy neem weer 'n slukkie van haar wyn en gaan voort met haar storie.

"Soos jy seker nog kan onthou, het ons daardie aand voor my verjaarsdag ons veearts en snykunde

afskeidpartytjie gehad. Ek het jou daardie aand ontmoet en was dadelik tot oor my ore verlief."

Terwyl sy dit sê bloos sy bloedrooi.

Joubert kyk af in haar oë en besef weereens hoe mooi en begeerlik sy is. Sy is nou net meer

vrouliker as daardie jare.

"Ek onthou daardie aand asof dit gister was. Soos jy weet, het die een ding toe op die ander gevolg.

Ek was daardie aand so sorgeloos en vry. Miskien was dit die wyn en toe daarna die sjampanje wat

na my kop gegaan het, ek weet nie. Al wat ek weet, was dat ek daardie aand liefgehad het. So lief,

dat ek onverantwoordelik opgetree het. Ja, Joubert ek het net soveel skuld aan daardie aand gehad

soos jy. Aan die ander kant, was ek nog nooit spyt oor Andre nie. Toe ek die volgende môre vroeg

229

langs jou wakker word, moes ek eenvoudig net wegkom om te gaan dink. Ek is na my woonstel en

het my ouers nog steeds daar aangetref, rasend van bekommernis. Ek kon nog nooit vir hulle lieg

nie, en het my pa die waarheid uit my gedwing. Hy wou moord pleeg en het die polisie geskakel om

jou te arresteer."

Die trane vloei nou vrylik oor haar wange.

"Ek en mammie het hom probeer keer, maar hy wou nie na ons luister nie. In sy oë het jy my

gedwing en het ek geen skuld gehad nie. Hoe meer ek hom probeer oortuig het, dat ek net soveel

skuld dra as jy, hoe onverbiddeliker het hy geword."

"Anita asseblief, moenie dit verder aan jouself doen nie. Ek verstaan en hoef jy niks verder te sê

nie," probeer Joubert weer.

Sy gaan egter voort, asof sy hom nie gehoor het nie.

"Ek het later moed opgegee en het hom toe vermy. Hy het my belet om die huis te verlaat

aangesien hy bang was dat ek met jou sal probeer kontak maak. Mammie het verstaan, en het my

gedurende hierdie tyd geweldig ondersteun. Later toe ek uitvind dat ek swanger was, was die hel

van vooraf los. Pappie wou jou met sy eie twee hande vermoor en moes ek en mammie net walgooi.

Ek en mammie het hom oortuig om die saak teen jou terug te trek. Dit nadat mammie hom eers

moes dreig, dat sy hom gaan verlaat, as hy dit nie doen nie. Ek moes hom ook eers belowe het, dat

ek nooit weer met jou sou probeer kontak maak nie. Hoe verskriklik dit ookal mag klink, het ek nie

'n keuse gehad nie. Ek wou nie verantwoordelik wees, vir die feit dat my ma my pa wou verlaat nie.

Die volgende paar maande was hel."

Anita wat nou saggies huil, probeer die trane met die hemp se mou afvee.

Joubert haal sy sakdoek uit sy sak, loop tot by haar en vee die trane van haar gesig af.

230

"Toemaar kleintjie, dit is nou verby," sê hy teer.

Die volgende oomblik werp sy haarself in sy arms. Sy gooi haar arms om sy nek, en trek sy kop af

na haar. Toe sy lippe hare vind, gaan daar 'n siddering deur haar liggaam. Sy soen hom soos net 'n

vrou dit kan doen wat liefhet.

"Ek het hierheen gekom, omdat ek jou liefhet. Ek kan nie meer sonder jou lewe nie. O, Joubert

vergewe my, gee my asseblief nog 'n kans," fluister sy met sy lippe teen hare.

Joubert se hande gly oor haar liggaam. Hy soen haar met al die vuur wat hy in sy liggaam het. Hy

voel die sagtheid van haar liggaam teen syne. Wanneer die hemp wat sy aanhet, van haar skouers

afval, en sy hande oor haar kaal skouers beweeg, voel hy hoe haar liggaam liggies bewe. Die

verlange na haar die afgelope tyd, was te veel vir hom.

"Anita, o, Anita ek het so verlang na jou. Ek het jou lief meisiekind so verskriklik lief," fluister hy

in haar oor. Sy liefkosing raak meer veeleisend. Hy soen haar in haar nek, oor haar gesig en

skouers. Wanneer hy haar optel en met haar na sy kamer loop, stribbel sy nie teë nie. Sy druk haar

kop gelukkig teen sy nek en verseker hom van haar liefde.

Dit is heelwat later toe Anita haarself uit Joubert se omhelsing losmaak. Haar gesig straal van liefde

vir die man hier langs haar.

"Ek het jou lief Joubert Retief," sê sy glimlaggend en lê sag teen hom aan.

"En ek het jou net so lief, Anita Retief," sê hy, terwyl hy haar in sy arms toevou.

"Anita."

"Hmmm," sê sy gelukkig met haar gesig teen sy nek.

"Wat het jou laat besluit, dat ek jou regtig liefhet?"

Sy maak haarself los uit sy omhelsing, en kyk hom met liefde in haar oë aan.

231

"Die feit dat jy bereid was, om alles prys te gee. Jou plaas, jou perde, vir Andre, alles waarvoor jy

baie lief was. O, Joubert, hoe onnosel was ek nie. Ek het jou amper deur my beheptheid verloor. Jy

moet my nooit weer alleen los nie. Ek wou doodgaan hierdie afgelope drie maande sonder jou."

"Ek sal jou nooit weer laat gaan nie, kleinding," sê hy en soen haar weer met oorgawe.

"Joubert," sê sy later weer toe hy haar laat gaan.

"Mmmm."

"Wil jy nie hoor, hoe dit gekom het, dat ek Daan Swanepoel se praktyk by hom gekoop het nie?"

"Vertel 'n bietjie," sê hy nou nuuskierig.

"Dit is ook 'n lang storie, my man," sê sy gelukkig.

"Ons het gelukkig baie tyd en is die aand nog jonk."

Sy druk haarself regop, sodat sy op sy bors lê en hom in die oë kan kyk.

"So ongeveer 'n jaar gelede het 'n baie ontstelde vrou, eendag by my dierehospitaal met 'n hondjie

opgedaag. Hulle was met vakansie en het sy die hondjie per ongeluk raakgery. Dit was nie baie

ernstig nie en het ek hom sommer gou gou reg gedokter. Sy het hom elke dag kom besoek, totdat hy

gesond was. Toe eendag het haar man haar vergesel. Jy sal nooit raai wie dit was nie?" sê sy

geheimsinnig.

Toe hy sy kop skud gaan sy voort.

"Dit was niemand anders nie, as jou goeie vriend Leon. Die vrou was natuurlik Betsie."

Joubert kyk Anita ongelowig aan.

"Moenie vir my sê hulle het iets te doen gehad met jou skielike verskyning weer in my lewe nie?"

Anita knik glimlaggend haar kop.

"Jy ken vir Betsie beter as ek. Sy moes Leon natuurlik uitgevra het oor wie ek was, en die volgende

232

môre was sy weer terug by my. Sy het my begin vertel van jou, en het my hart natuurlik amper gaan

staan. Ek het jou nog steeds liefgehad na al die jare en het Betsie geblom om my te vertel dat jy ook

nog nie getroud was nie. Die een ding het toe tot die ander gevolg. Betsie het romanse in die lug

gesien en het my omgepraat om Daan Swanepoel se praktyk te koop. My pa is sowat ses maande

gelede oorlede en het niks in my pad gestaan nie. Nadat ek dit met my ma bespreek het, het ons

saam besluit dat dit die regte ding was om te doen. Ons het net nie geweet hoe jy sou reageer nie,

maar was ek bereid om 'n kans te waag. Die res is natuurlik geskiedenis."

Joubert bars skielik hard uit van die lag.

"En wat is miskien nou so snaaks?" vra sy effens onseker.

"Dat my beste vriend en vriendin al die tyd agter my rug gekonkel het, en ek het dit nooit

agtergekom nie."

"Is jy kwaad vir ons daaroor Joubert?" vra sy met bekommerde oë.

"Natuurlik nie jou lawwe ding. Ek sal hulle ewig dankbaar wees. Sê my, hoe gaan dit met Andre,

en hoe hanteer hy die feit, dat ek net eenvoudig verdwyn het?"

"Ek het al my dae gehad, om hom te oortuig, dat jy vir werk weg is, en dat jy binnekort gaan

terugkom. Hy was natuurlik baie in sy skik, toe ek hom vertel dat ek jou gaan haal. Ek weet nie wat

ek sou doen, as jy my nie meer wou hê nie."

Joubert trek Anita se kop af na hom en soen haar lank en innig.

"Gelukkig is al die hartseer nou verby en gaan jy nou vir die res van jou lewe met my opgeskeep

sit, mevrou Retief."

"Daar is niks in die lewe wat ek meer as dit begeer nie, my man," sê sy gelukkig.

Joubert sit skielik regop.

233

"Wat is fout?" vra sy bekommer.

"Ek voel nou eers hoe honger is ek. Jy moet seker ook dood van die honger wees? Jy was die hele

dag op die pad en het seker nie baie gehad om te eet nie."

"Mmmm, nou praat jy."

"Dit is nou eers negeuur en is ek regtig nie meer lus vir daardie sop nie. Hoe lyk dit, sien jy kans

om by die oulike hotelletjie hier in Hermanus te gaan uiteet? Hulle maak die lekkerste seekos

disse."

"Dit klink lekker, dankie. Ek wil net gou huistoe bel, anders bekommerd my ma hulle, hul dood

oor my. Sal jy asseblief in die tussentyd gou my koffer in my motor kry, sodat ek klere kan kry om

aan te trek."

"Ek het nou net gewoond geraak met jou so in my hemp," glimlag hy vir haar.

"En wat daardie oproep betref. Ek het klaar gebel, terwyl jy in die bad was."

"Klaar gebel?" wil sy verwonderd weet.

"Ja ek het hulle vertel, dat jy veilig hier aangekom het, en dat hulle ons eers weer oor 'n week terug

op Gemoedsrus kan verwag."

Anita kyk hom ongelowig aan.

"Jy het wat?"

"Ek het jou ma verseker, dat alles reg was, en dat ek en jy nog ons wittebrood moet hou."

Anita gaap Joubert aan.

"Hoe kon jy voor die tyd geweet het, wat sou gebeur het?" vra sy met blosende wange.

"Ek het toe ek jou voor die deur sien lê het, myself belowe dat ek jou nooit weer sou laat gaan nie.

Al moes ek jou ook aan my vasgebind het."

234

Anita lag gelukkig.

"Gaan jy my klere haal, of wil jy hê dat ek net so saam met jou moet gaan uiteet?"

"Dit sal ek nooit toelaat nie. Ek kry jou klere onmiddellik," sê hy en verdwyn by die kamer uit.

Joubert sit sy mes en vurk neer en kyk met liefde in sy oë na die vrou voor hom.

"Nog 'n bietjie wyn?"

"Mmmm, dankie. Hoe het jy hierdie hotelletjie ontdek?" vra sy belangstellend.

"Dit is waar ek al die tyd weggekruip het. Ek het hier tuisgegaan, terwyl ek na 'n geskikte

strandhuis gesoek het. Sê my, jy het my nog nie vertel hoe jy my opgespoor het nie?"

"Dit was aanvanklik baie moeilik. Dit was eers toe jy die strandhuis gekoop het, dat ek op jou

spoor gekom het. Leon het die bankbestuurder omgepraat, om ons te vertel, wanneer jy dalk geld

sou onttrek. Toe jy die geld onttrek om vir die strandhuis te betaal, het ons uitgevind waar jy jou

bevind."

"Slim kind," glimlag hy vir haar.

"Hoe lyk dit, is jy nie lus om 'n bietjie te dans nie?"

"Ek weet nie of ek dit moet waag nie," sê sy giggelend.

"Hoekom nie, wat is fout?"

"Ek dink ek het alweer te veel wyn gedrink."

Joubert staan op, loop om die tafel en help Anita op.

"Kom," sê hy en lei haar tot by die dansvloer.

Terwyl hulle dans hang sy behoorlik aan hom. Hy druk haar styf teen hom vas en geniet elke

235

oomblik daarvan.

Later toe hulle die entjie huistoe ry raak sy weer met haar kop op sy skouer aan die slaap. By die

huis tel hy haar uit die motor en dra haar in die gietende reën tot in die kamer. Hy plaas haar op die

bed neer en begin haar nat klere uittrek.

"Wat doen jy nou, Joubert?" vra sy skamerig op na hom en probeer regop sit.

Hy druk haar terug teen die bed en gaan voort waarmee hy besig was.

"Ek wou dit al maande gelede gedoen het en gaan jy my dit beslis nie nou ontsê nie."

Anita kyk skamerig op na hom en wanneer hy haar knope begin losmaak, knyp sy haar oë styf toe

terwyl 'n glimlag om haar mondhoeke speel.

Dit is heelwat later toe 'n gelukkige Anita, Joubert nog 'n verrassing toelig.

"Joubert," fluister sy saggies.

"Mmmm."

"Dit is ek wat al jou perde gekoop het."

'n Slaperige Joubert sit skielik regop. Die slaap het hom skielik ontwyk.

Anita lê hom met opgehoude asem en dophou. Skielik bars hy uit van die lag. Sy druk haarself

regop en lê op een elmboog na hom en kyk.

"En wat is so snaaks?" wil sy weet.

"Die feit, dat ek nooit 'n vervelige oomblik saam met jou gaan hê nie, my liefling. Jy is vol

verrassings. Sê my net een ding. Hoekom het jy dit gedoen?"

"Ek kon net nie staan en toekyk hoe 'n deel van jou verkoop word nie. Jy weet, dit was eintlik

Sonata en haar vul, wat ons uiteindelik weer bymekaar gebring het. Gemoedsrus sou in elk geval

nie weer dieselfde gewees het sonder sy perde nie. Veral nie sonder Black nie."

236

"Sê my hoe gaan dit met Black? Hy is seker baie befoeterd omdat hy geen oefening die afgelope

tyd gekry het nie?"

"O, ja daar is nog iets wat ek jou moes vertel het. Vandat jy weg is, het ek elke dag my hart by

Black gaan uitstort. Hy het net soveel soos ek verlang. Die afgelope maand het hy my toegelaat om

hom te ry. So hy het darem genoeg oefening gekry."

Joubert trek die vrou langs hom teen hom vas, terwyl hy sy kop skud.

"Ek het mos gesê jy is vol verrassings," sê hy terwyl hy haar weer omhels.

Toe Joubert haar later laat gaan, lê Anita met haar gesig teen sy nek, terwyl hy haar styf in sy arms

toevou. Hy wou net insluimer toe Anita hom weer verras.

"Joubert, weet jy dat Andre besig is om baie alleen groot te word. Dink jy nie dat dit hoog tyd is,

dat hy 'n boetie of sussie bykry nie?" vra sy slaperig teen sy nek.

"Ek dink jy is reg. Ons sal onmiddellik iets daaromtrent moet doen," sê hy met 'n glimlag om sy

lippe en trek haar stywer teen hom vas.

237

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!