03.05.2013 Views

ProAgri 132 Januarie web volledig.pdf

ProAgri 132 Januarie web volledig.pdf

ProAgri 132 Januarie web volledig.pdf

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

ProAgri

tegnologie vir die boer

technology for the farmer

Nat, maar nie verlore

met Santam Landbou

Besproeiing:

Moenie droogmaak nie

Stuit die pers pes:

Herwin weiding met Brush-off

| Voermaak | Werfnuus | Lekkerlees | Meganisasie

Januarie / January 2011

Nr / No 132

ISSN 1042–1558

AgriTrader

Redakteursbrief

it is vir my ’n groot voorreg om deel te wees van die

DProAgri-span. Dié span sluit na my mening elke boer in

wat tegnologies vooruit wil gaan.

Dit is immers waarom dr Francois Rall in 1994 met

ProAgri begin het: om die jongste tegnologiese

verwikkelinge onder ons boere se aandag te bring sodat

hulle deurgaans die vrugte van die beste tegnologie kan

pluk.

ProAgri is ook die medium waardeur boer en

verskaffer by mekaar kan uitkom en ek glo met ons nuwe

verspreidingsnetwerk wat binne die volgende drie maande

landwyd gevestig gaan wees, gaan ons nog beter in daardie

doel slaag.

Indien u sukkel om ProAgri op u dorp in die hande te kry, laat ons asseblief

weet sodat ons dadelik ’n plan kan maak.

Ons tema vir hierdie uitgawe is besproeiing en ek vertrou u sal die reeks

artikels interessant vind. Dit is egter hartseer dat dit veral besproeiingsboere is

wat die meeste skade in die oorstromings van die afgelope maand opgedoen

het. Ons hoop dat die boere gou weer op hulle voete sal wees.

Besoek gerus ProAgri se webwerf. U gaan verseker daar elke dag vars,

belangrike en ook interessante landbounuus raakloop. Ook daar sal ons graag u

bydraes en foto’s verwelkom. Moenie die wedstryd wat volgende maand begin

misloop nie! Besoek www.proagri.co.za.

Annemarie Joubert

Inhoudsopgawe / Contents

Voorbladartikel

5 Pompom en bankrotbos: Wen jou weiding terug

met Brush-off

Meganisasie

6 Besproeiing: Moenie droogmaak nie

7 Floppy laat elke druppel werk

8 Talbert-spilpunte: Water waar en wanneer dit nodig is

10 Voermaak met Valtrac: Rek die reëntyd regoor die jaar

13 Haal waarde uit die aarde met Jupidex

Versekering

15 Nat, maar nie verlore

Gewasproduksie

17 Technichem bewapen boere met tegnologie

Veeboerdery

18 Voorkoming is al uitweg: Brucella Melitensis

en Slenkdalkoors

Nuus

21 Werfnuus

Lekkerlees

22 Aan Jannie

23 Agrilag

Handelsnuus

24 AgriGids en GeneGids

29 Veilings

Copyright © 2011. All rights reserved. No material, text or photo graphs may be

reproduced, copied or in any other way transmitted without the written consent of the

publisher. Opinions expressed are not necessarily those of the publisher or of the editor.

We recognise all trademarks and logos as the sole property of their respective owners.

ProAgri shall not be liable for any errors or for any actions in reliance thereon.

www.proagri.co.za

5

7

15

17

18

Voorblad

ProAgri

tegnologie vir die boer

technology for the farmer

Nat, maar nie verlore

met Santam Landbou

Besproeiing:

Moenie droogmaak nie

Stuit die pers pes

Herwin weiding met Brush-off

| Voermaak | Werfnuus | Lekkerlees | Meganisasie

Die ProAgri-span

In hierdie uitgawe

Januarie / January 2011

Nr / No 132

ISSN 1042–1558

AgriTrader

Die pompom skuil agter sy mooi pers

blommetjies om sy verwoestingswerk te

doen, maar gelukkig het boere nou ’n

wapen om hulle weiding te red. Lees

meer op bl 5.

Redakteur

Annemarie Joubert > 082-320-3642

annemarie@proagri.co.za

Webredakteur

Coenraad Rall > 083-973-3297

coenraad@proagri.co.za

Senior bemarker

Stefan van Wyk > 082-381-7563

stefan@agritrader.co.za

Bemarkers

Pieter Rall > 083-227-4333

pieter@proagri.co.za

Mabel Schmahl > 082-563-4427

mabel@proagri.co.za

Verkoopbestuurder

Anneke Claassen > 083-301-9134

anneke@smartpublishing.co.za

Uitleg & grafika

Esta van Niekerk

esta@proagri.co.za

Taalversorging

Mediadienste

Rekeninge & intekening

Paula MacMavis > 012-362-6390

paula@proagri.co.za

Gedruktemediabestuurder

Suzanne Rall

suzanne@smartpublishing.co.za

Sakebestuurder

George Grobler

george@smartpublishing.co.za

SMARTPUBLISHING

MASS MEDIA SPECIALISTS

Tel/fax: 012-362-2732

1218 Arcadia st, Hatfield, Pta

www.smartpublishing.co.za

ProAgri 132 - Januarie / January 2011 3

Pompom en bankrotbos:

Wen jou weiding terug met Brush-off

it is weer daardie tyd van die jaar.

DLangs ons land se paaie staan die

pragtige ligpers pompom weer geil in

die blom.

Net so pragtig soos die pers blommetjie,

so dodelik is die plant vir ons

natuurlike weiveld, want waar die

pompom indring, groei daar niks anders

nie.

Boere kan gerus in hierdie tyd mooi

kyk waar die pompom al kop uitgesteek

het, want nou is die beste tyd om hom

raak te sien en vir uitwissing te merk.

Pompom, oftewel, Campuloclinium

macrocephalum, is as ’n Kategorie

1-indringerplant geklassifiseer, wat

beteken dat hy volgens wet voor die

voet uitgeroei moet word. Kategorie

1-plante is uitheemse plante wat geen

ekonomiese doel dien nie en skadelik vir

mens, dier en die omgewing is – en dit

is die pompom terdeë.

Die wortels skei ook ’n chemiese stof

af wat die omringende grond steriel

maak sodat inheemse plantegroei nie

kan ontkiem nie.

Agter die pompom se pragtige pers

blommetjies skuil ’n gevaarlike

indringerplant wat boere groot skade kan

berokken. Gelukkig kan boere nou

Brush-off gebruik om die pes te beveg.

Hoe langer jy wag, hoe meer woeker die

plant en hoe duurder gaan dit word om

dit uit te roei.

www.proagri.co.za

Die plant versprei maklik deur sy

groot hoeveelhede saad wat nie net

deur die wind aangehelp word nie, maak

ook deur die mens, wat die oulike blommetjies

langs die pad afpluk en elders

weggooi. Dan het die plant ook nog ’n

ondergrondse stingel waardeur hy vegetatief

voortplant.

Brand en sny help niks teen die pompom

nie.

Maar gelukkig is alles nie verlore nie.

Brush-off is die oplossing. Dit is ook die

enigste middel wat vir die bestryding

van pompom geregistreer is. Deur jare

van navorsing het DuPont ’n middel

ontwikkel wat peste en indringers soos

pompom kan uitwis, sonder dat die

nuttige gras daar rondom ’n

onverdiende dwarsklap kry!

Die beste van alles is dat Brush-off

ook ’n gedugte wapen is in die stryd

teen bankrotbos.

Die bankrotboskrisis

Geen boer kan in hierdie tyd wat die

milde reën daardie verwoester van

weiding, die bankrotbos, laat opskiet

het, sonder ’n bottel Brush-off betrap

word nie.

Bankrotbos, ook bekend as slangbos

of Stoebe Vulgaris, is besig om weiding

op groot skaal te vernietig. Boere se

uitroepe om hulp word van oral gehoor.

Selfs die regering het al kennis geneem

van die omvang van die probleem en die

Department van Landbou is tans besig

Wenke vir die beheer van bankrotbos met Brush-off:

Voorbladartikel

om met die hulp van landbouorganisasies

’n opname te doen oor die

voorkoms van bankrotbos.

’n Totale strategie is nodig teen die

totale aanslag.

Bankrotbos, met sy lelike harde vaal

blare, neem weiding so vinnig en

volledig oor dat daar min te vrete vir die

vee oorbly. Hy’s ’n taai kalant wat nie

maklik uitgeroei word nie. Vuur is kos

vir hom! En skoffel help nie eintlik nie.

Die belangrikste wapen in ’n boer se

strategie teen die aanslag is Brush-off

wat bankrotbos uitknikker, maar gras

geen skade aandoen nie. Die middel is

deur die chemiese maatskappy, DuPont,

ontwikkel vir onder meer die beheer van

sekere breëblaaronkruidsoorte in graan

en dit is bankrotbos se tier!

Die beste resultate word in die plant

se aktiewe groeistadium behaal, met

ander woorde: nou!

Vir meer inligting oor die gebruik van

Brush-off, skakel DuPont by

011-218-8600.

- Benat die hele plant met Brush-off. Takke wat nie benat word nie, kan weer

uitloop.

- Spuit in die najaar (van nou tot einde Maart) wanneer die plant

voedselreserwes wortels toe begin stuur.

- Wag na goeie reën ’n week of wat voor bespuiting, sodat die plante eers

voedselreserwes kan opbou.

- Gebruik ’n benatter om te verseker dat die onkruiddoder bankrotbos se

klein, wasbedekte blaartjies binnedring.

- As dit binne 4 tot 5 uur na toediening reën, moet die toediening herhaal word.

- Die optimum dosis is 150 tot 200 gram produk per hektaar.

Wanneer bankrotbos betyds bestry word, is dit maklik en goedkoop, maar wanneer

dit eers toegelaat word om voort te woeker soos hier, waar dit haas alle weiding

verdring het, word bestryding al hoe duurder. Beveg bankrotbos dus betyds.

ProAgri 132 - Januarie / January 2011 5

Besproeiing:

Moenie droogmaak nie!

As jy wil hê jou besproeiing moet deurgaans lonend en suksesvol

wees, moet jy jou besproeiingstelsel se werking gereeld beoordeel

(evalueer) en dit onderhou. FB Reinders van die LNR-Instituut vir

Landbou-ingenieurswese vertel hoe.

oeltreffende besproeiingswater-

Dbestuur beteken dat jy die tempo,

hoeveelheid, tydsberekening en

verspreiding van die water bepaal en

beheer om die gewas se waterbehoefte

op ’n beplande en doeltreffende manier

te bevredig.

Besproeiingsukses hang nie net van

die korrekte tegniese en landboukundige

ontwerp af nie, maar ook van die standaard

van bestuur en onderhoud van die

besproeiingstelsel.

Die doel van die evaluering is om

seker te maak die stelsel werk soos dit

oorspronklik ontwerp en geïnstalleer

was. Die evaluasieproses kan relatief

eenvoudig wees om moontlike probleme

in die stelsel vroegtydig te identifiseer.

Tabel 1 beskryf van die metings wat

uitgevoer kan word om waardevolle

inligting te verkry wat die nodigheid van

onderhoud, veranderinge in die stelsel

self en aanpassings in die bestuur kan

uitwys.

As daar na die spesifieke besproeiingstelsels

gekyk word, is dit belangrik om

op die volgende te let wat werkverrigting

kan beïnvloed:

• Druppers en mikrospuite is uiters

gevoelig vir voorwerpies wat verstopping

kan veroorsaak, omdat die

vloeipad-opening van die toedieners

baie klein is. Daarom is dit baie

belangrik om voortdurend seker te

maak dat die toedieners in ’n besproeiingsblok

reg werk. Verstopte

toedieners moet skoongemaak word

en lekplekke moet reggemaak word.

Vervang toedieners met dieselfde

fabrikaat en tipe indien nodig. Maak

seker dat die stelsel besproei teen die

ontwerpdruk, want te lae druk sal tot

’n laer vloei-spoed in die sypype lei,

Tabel 1: Basiese evalueringsprosedure om vas te stel of ’n besproeiingstelsel reg werk

6

Aspek Meting / Beoordeling

Pompdruk Bepaal die pompdruk met ’n drukmeter en vergelyk dit

met die gespesifiseerde druk.

Stelselkapasiteit Bepaal die stelsellewering deur lesings te neem met ’n

vloeimeter.

Inlaatdruk van blok Bepaal die inlaatdruk van die blokke met ’n drukmeter en

vergelyk dit met die verlangde druk gespesifiseer.

Toedienerdruk Meet druk met ’n drukmeter en meet die lewering in ’n

en -lewering houer by minstens vyf toedieners (sproeiers of druppers)

en vergelyk met die oorspronklike ontwerp.

Algemene installasie Bepaal of daar enige lekke in die stelsel is en herstel dit.

Werking van Kontroleer die werking van die pompe, filters, elektriese

toerusting bedrading, toedieners, toevoerpunte, lug- en

drukbeheerkleppe.

Meganisasie

wat die uitsakking van gesuspendeerde

vaste stowwe kan veroorsaak.

Inspekteer die filtreerders ook

gereeld en spoel dit terug om die

drukverlies oor die filter te beperk.

• Sprinkelstelsels moet teen die ontwerpsdruk

funksioneer, anders vind

daar ’n onegalige verspreiding van

water plaas. ’n Te lae sprinkelaardruk

breek die waterstraal nie behoorlik op

nie en ’n ring-effek met ’n swak

verspreiding word verkry. Met ’n te

hoë druk weer, word die straal te fyn

opgebreek met ’n mis-effek wat groot

verliese as gevolg van verdamping en

windwegdrywing kan veroorsaak. In

die praktyk is gevind dat die optimale

werksdruk in kPa van die sprinkelaar

tussen 60 en 70 maal die tuitdeursnee

in mm moet wees. Dit geld

vir tuite van 3 tot 7 mm deursnee.

Byvoorbeeld as die tuitdeursnee 3/16

duim of 4,76 mm is, moet die druk

tussen 286 en 333 kPa wees.

• Slytasie aan sprinkelaartuite moet ook

voortdurend gemoniteer word, want

5% slytasie van ’n tuit beteken ’n 10%

toename in lewering en krag-aanvraag,

wat bykomende bedryfskoste en

oorbesproeiing beteken.

• By spilpunte is dit raadsaam om verstopte

sprinkelaars af te haal en skoon

te maak en nie ’n stuk draad te gebruik

om die spuitstuk van buite af skoon te

probeer steek nie. Daar kan terselfdertyd

ook na die drukreguleerder se

toestand gekyk word. In baie gevalle

verstop die reguleerder gedeeltelik

voordat die spuit verstop.

• Wanneer ’n spilpunt as gevolg van ’n

vloed onder water was, is dit raadsaam

om die elektriese werkverrigting te laat

toets voor dit weer aangeskakel word.

Goeie bestuur berus altyd op tydige,

akkurate inligting waarvolgens besluite

geneem kan word. Dit geld ook vir enige

besproeiingstelsel. As die stelsel gereeld

deeglik nagegaan word, weet ’n mens

betyds watter regstellings gemaak moet

word om volgehoue doeltreffendheid te

verseker.

Tydige ondersoek na die doeltreffendheid

van alle aspekte van ’n besproeiingstelsel

stel die boer in staat om regstellings te

maak voordat hy skade ly.

ProAgri 132 - Januarie / January 2011 www.proagri.co.za

Doeltreffende waterbenutting:

Floppy laat elke druppel werk!

ie volle waarde van elke druppel

Dwater – dit is wat die Nels van

Vanzylsdamme Boerdery naby

Ladismith met hulle Floppy-besproeiingstelsel

geniet.

Op hierdie plaas is water baie skaars

en elke druppel moet ten beste benut

word vir die vrugtebome, maar veral ook

vir lusernproduksie vir die Holstein-melkery

en -stoet.

Die plaas kry drie maal per jaar water

uit Floriskraaldam naby Laingsburg vir

vloedbesproeiing, maar die res van die

tyd is water maar skraps.

Bo in die poort op die plaas is daar ’n

kuil in die Grootrivier waaruit water

gepomp kan word (as daar is) om 22

hektaar lusern te besproei. Kruipspuite

het nie die mas opgekom nie omdat die

benutbare grond ’n baie eienaardige

vorm het en omdat die water hard en te

swaar is en alles laat roes en aanpak.

’n Kantrolstelsel het ook nie geslaag

nie, want die sterk bergwind het nie net

die waterdruppels weggewaai nie, maar

ook sommer die kantrolstelsel self – en

in die proses die stomme ding se pype

verfrommel.

’n Spilpuntstelsel sou nie werk nie

omdat die grond se lang, smal vorm hom

nie in ’n sirkel laat dwing nie. Boonop

moet jy elektrisiteit tot by die spilpunt

aanlê en knaend aandag aan

mikroskakelaartjies en pap wiele en

lekkende seëls gee, soos Jan Nel van

Vanzylsdamme Boerdery elke dag moes

doen toe hy in Nevada gewerk het.

André Nel van Irricor op Oudtshoorn

het ’n Floppy-stelsel voorgestel en Jan

het saam met hom Nelspruit toe gegaan

om te kyk hoe dié vernuftige stelsel in

die suikerrietlande werk. Net daar het hy

besef dat Floppy die aller antwoord vir

Vanzylsdamme is.

André het met die beplanning gehelp

en Jan het die Floppy-stelsel self opgerig.

Dit was eenvoudig en maklik, sê hy.

Anders as met ’n spilpunt hoef jy net

elektrisiteit tot by die pomp aan te lê en

die energiekoste is baie laag. Jy moet net

sorg dat die waterdruk 2 bar of meer is

om eenvormige en volledige druppelverspreiding

te verseker.

Floppy is die enigste stelsel waarmee

jy elke hoekie van ’n land met ’n snaakse

vorm sonder vermorsing kan besproei,

vertel Jan.

“Dis ook die enigste stelsel wat ons

kon kry wat met sy lekker groot druppels

’n Eienaardige vorm land, min water en hewige bergwinde kortwiek enige ander

soort besproeiing hier bo in die poort op Vanzylsdamme naby Ladismith, maar

Floppy staan sy man teen al die uitdagings en verseker elke jaar ‘n gawe lusernoes.

Jan Nel van Vanzylsdamme Boerdery het sewe jaar gelede self (“maklik”) hierdie

stelsel opgerig en hy is steeds ingenome daarmee.

Meganisasie

steeds ’n egalige verspreiding en doeltreffende

benatting gee wanneer die wind

waai,” sê hy. En op dié plaas is wind ’n

faktor waarmee rekening gehou moet

word. Met die verandering van seisoene

in Mei en Augustus waai daar baie sterk

bergwinde, maar die Floppy staan steeds

sy man – nou al sewe jaar lank.

Jy werk maklik met enige trekkers en

werktuie onder die stelsel en boonop

vereis die stelsel baie min onderhoudwerk,

vertel Jan. “Ons water het taamlik

modder in en ons moet nou en dan ’n

pypie skoonmaak of vervang. Die hewige

winde verskuif ook soms van die hangertjies

en dan spasieer ons dit net weer.”

Die groot voordele van die Floppystelsel,

sê Jan, is dat dit jou minder geld

as enige ander stelsel kos nadat jy dit

geïnstalleer het, dat dit ’n baie goeie

waterverspreiding bied, dat dit eenvoudig

is en dat dit maklik is om mee te werk: jy

draai net krane oop en toe, spoel pype uit

as daar modder in kom en kyk maar net

gereeld dat alles nog lekker werk.

Boonop kan jy kies presies watter

baan water moet kry en as die water min

is, net een baan op ’n slag besproei. Jy

kan ook kunsmis of chemikalieë akkuraat

deur die Floppy-stelsel toedien.

“Wanneer jy min water het, kan jy nie

bekostig om ’n druppel te vermors nie,”

sê Jan. “Dis dan wanneer jy regtig besef

hoe ’n Floppy-besproeiingstelsel elke

druppel laat werk.”

As jy die beste waarde uit water wil

haal in die Kleinkaroo, praat met

André Nel van Irricor op Oudtshoorn

by 044-272-7009 of 082-896-6165.

Boer jy elders in die land, kontak

Christo Theron by 013-752-4252 of

info@floppysprinkler.com. Besoek

ook www.floppysprinkler.com.

www.proagri.co.za ProAgri 132 - Januarie / January 2011 7

8

Talbert-spilpunte maak jou waterdrome waar:

is heerlik om te sien hoe baldadig

Dalle plante groei wanneer hulle

genoeg water kry. Elke boer is terdeë

dankbaar vir elke druppel reën, maar

reën val waar en wanneer hy wil: soms

suinig en ander kere oordadig sodat

pompe wegspoel en gesaaides versuip.

Elke boer se droom is om presies die

regte hoeveelheid water aan elke plant

beskikbaar te stel presies wanneer die

plant dit nodig het. Dis presies waarvoor

Talbert-spilpunte daar is – om die boer

se waterdroom waar te maak.

Daarvoor sorg Jannie Steyl, wat nou

weer ten volle in beheer van Talbertspilpunte

is, sy kundige en vaardige

span personeel en sy flink span

bemarkers wat reeds jare lank regoor

die land bewys het dat hulle daartoe

verbind is om die boer die beste

besproeiingsoplossing te bied.

’n Talbert-spilpunt is nie sommer net

’n spilpunt nie – hy is spesiaal ontwerp

en vervaardig om die boer die allerbeste

diens teen die allergunstigste prys en

met die allerminste moeite te bied.

Meganisasie

Water waar en wanneer dit nodig is

As aartappels nie water kry wanneer hulle dit nodig het nie, is

jou oes gedoem, maar onder ’n Talbert-spilpunt is die aartappels

geil en die boer tevrede, soos Johan Odendal van

Petrusburg.

ProAgri 132 - Januarie / January 2011

Talbert is sommer met die intrapslag

in sy eie klas. Talbert se mense

verstaan die boer se behoeftes haarfyn

en werk met die grootste toewyding om

die boer die heel beste oplossings te

bied.

Die regte plan

Selfs die boer wat vir die eerste keer ’n

spilpunt oorweeg, is volkome veilig in

Talbert se hande. Talbert se mense gee

strykdeur die beste raad, hulp en diens

om te verseker dat die regte besluite

geneem word wat werklik die boer se

posisie verbeter.

So ’n boer is Corrie Theron van

Samesuiping naby Bloemfontein, wat

ruiterlik erken dat hy absoluut niks van

spilpunte en besproeiing geweet het toe

hy elf jaar gelede besluit het om sy

droëlandmielie- en koringboerdery met

besproeiing aan te vul nie.

Drie tot vier keer meer per hektaar

Talbert se mense het hom stap vir stap

deur die proses gehelp sodat besproeiingsproduksie

vandag ’n belangrike

deel van sy

boerdery vorm. Hy

sê: “Ek produseer

drie tot vier keer

soveel per hektaar

onder spilpunte as

op droëland en in

hierdie tye van hoë

insetkoste en lae

pryse, is beheer en

hoë produksie

noodsaaklik vir

oorlewing.”

Corrie het nou

agt Talbertspilpunte

en hy sê

as hy genoeg water

gehad het, sou hy

nog meer van hulle

aangeskaf het,

want Talbert is wat

hom betref die

beste spilpunt wat

jy kan kry: “Die

prys is redelik, die

spilpunte is doeltreffend,

stewig en

betroubaar, en die

diens wat Talbert se

mense bied verseker

dat ek regtig

geen probleme met

my spilpunte ondervind

nie.

“Talbert verstaan

die boer en bied die

diens en tegnologie

wat boerdery doeltreffend

en lekker

maak.”

Die geheim van ’n gesonde, lonende

oes, is dat gewasse voldoende water op

die regte tyd moet kry. Daarvoor is ’n

stewige, betroubare Talbert-spilpunt die

antwoord.

Staan stewig

Een ding wat geen boer kan bekostig of

verdra nie, is ’n spilpunt wat omval,

maar ’n Talbert-spilpunt staan in enige

weer so stewig soos die Rots van

Gibraltar. Corrie sê hy het nog nooit

gehoor van ’n Talbert wat omval nie,

maar hy het al ’n hele paar ander soorte

gesien lê.

Johan Odendal, aartappelboer van

Petrusburg, het 18 Talberts in ’n gebied

waar die wind soms ernstig waai. Ander

spilpunttorings swik soms in die omgewing,

sê hy, maar sy Talberts staan en

werk onverstoord voort.

Johan het Talbert-spilpunte wat al

meer as sestien jaar perfekte diens

lewer met net hier en daar ’n slytdingetjie

wat vervang moes word.

So moet ’n spilpunt wees

Johan stel streng vereistes aan ’n

spilpunt en Talbert oortref hulle almal:

’n Spilpunt moet betroubaar wees en

water gee wanneer jou gewasse dit

nodig het, sonder dat jy met hom hoef

te sukkel. As ’n aartappelplant nie water

kry wanneer hy dit nodig het nie, is jou

oes daarmee heen.

Johan dring ook daarop aan dat ’n

spilpunt ’n stewige konstruksie moet hê

en baie goed gegalvaniseer moet wees

om lank te hou, soos Talbert wat

www.proagri.co.za

spesiaal vir Suid-Afrika se strafste

omstandighede gebou is en volgens die

SABS se streng 763-standaard warmgegalvaniseer

is.

Ook aan Johan se vereiste dat ’n

spilpunt se motors en ratkaste lank

moet hou, voldoen Talbert uitmuntend.

Maar vir ás daar iets verkeerd sou

loop, hou Talbert ’n volledige reeks

onderdele aan vir elke spilpunt wat hulle

nog ooit gemaak het en alles pas nog

steeds sodat jy nooit met ’n verkeerde

onderdeel hoef te sukkel nie.

Jannie Steyl en sy wenspan ken

spilpunte, besproeiing en boerdery

deeglik en weet presies hoe om die boer

die beste spilpunt en diens te gee. Hulle

bied boere nou weer die oorspronklike

gestandaardiseerde Talbert-spilpunt,

maar die gehalte is selfs nog beter as in

die verlede.

Maak nie saak waar jy in Suid-Afrika

boer nie, Talbert se kundigheid,

verskaffing en diens is immerdeur

byderhand sodat geen plant op jou

spilpuntsirkels ooit dors hoef

te ly nie.

As jy jou waterdrome wil waar maak, praat

met Talbert se behulpsame

bemarkingsbestuurder, Koos Coetzer, by

082-802-1906 of koos@talbert.co.za. Talbert

is die maatskappy wat fokus op perfeksie.

Talbert is op jou drumpel

Hoofkantoor en fabriek

Ben Jonesstraat 32, Hamilton,

Bloemfontein 051-434-2349

Koos Coetzer 082-802-1906

Arno Steyl 072-344-0683

Clanwilliam: Clanwilliam Vervaardiging

Dawie Smit 082-897-4885

Estcourt: Pinetree Irrigation

Thomas Gremals 083-231-9532

Piketberg: De Nel Besproeiing

Pierre de Kock 083-284-0041

Nylstroom: NTK Limpopo

Janneman Henn 082-802-8959

Hartswater: Hartswater Spilpunte

Dawid Saunders 082-333-3765

Queenstown: Border Irrigation

Frikkie Kruger 082-927-8767

Koffiefontein: Ranos

Gert Lamprecht 082-804-0469

Worcester: Bergsig Ingenieurswerke

Johan Naudé 082-774-4226

Nelspruit: Datha Besproeiing

Dawie van der Merwe 082-458-2646

Groblersdal: Obaro

Berto Rossouw 082-490-4260

Cradock: Spilhaus

Hylton Frost 082-896-1390

Pietermaritzburg: Irrigation & Drainage

Dave van Rensburg 072-125-2732

Brits: Obaro-hoofkantoor

Machael Pretorius 072-863-1355

Kroonstad:

Riaan Burger 079-873-6532

Meganisasie

Corrie Theron (links) van Bloemfontein behaal ’n voorspelbare opbrengs van tot vier

keer meer as op droëland met sy doeltreffende en betroubare Talbert-spilpunte. Die

tegnologie en diens wat Douw Steyl (regs) en Talbert se flink span toegewyde

kundiges bied, maak boerdery lekker en lonend, sê hy.

Talbert: spilpunt van jou drome

Spankeuses:

114 mm x 45 m, 51,2 m, 58 m of 64 m

140 mm x 45,9 m, 51,2 m, 58 m of 64 m

165 mm x 45 m, 51,2 m of 58 m

Pypwanddikte: 3,5 mm

Gewasvryhoogte: 2,8 m

Bande: 13,6 x 24 hoëflotasiebande

Oorhanglengtes: 6,4 m, 12,8 m of 25,6 m

Beheerkas (standaard): Druksensor, tydskakelaar, uurmeter,

voltmeter, rigtingaanwyser, weerbestand, beheer alle elektrisiteit- en

watertoevoer.

Galvanisering: Alle staaldele is warmgegalvaniseer volgens SABS

763-standaard.

Die senter: Die sentertoring is sterk en duursaam en aan ’n

gewapendebetonbasis geanker.

Motors: Beproefde swaardiensmotors met ’n lang lewensduur.

Ratkaste: Bewese swaardiensratkaste verseker jare se betroubare

diens.

Sleepverstelling: ’n Stel drukhefbome maak dit maklik om die wiele te

verstel sodat die spilpunt in ’n japtrap na ’n ander sirkel gesleep

kan word.

Onderdele: Onderdele vir alle Talbert-spilpunte is blitsig oral in die land

beskikbaar teen redelike pryse.

Sandvangers: Sandvangers aan alle oorhange vergemaklik

skoonmaak en verhoed die verstopping van sproeiers.

www.proagri.co.za ProAgri 132 - Januarie / January 2011 9

onde, blinkvet beeste heupdiep in

Rdie malse groen gras – dis ’n prentjie

wat elke boer se hart warm maak.

Maar wat van die winter wat reeds

begin nadersluip? Hoe gaan jou diere

dan lyk? Knoppering en knieserig met

beskuldigende, honger oë? Nie as jy nou

die voordeel van die goeie reën se

oorvloedtyd benut om voorsiening vir

die maer maande te maak nie – en

daarmee help Valtrac, die boer se

voerbroer, jou met die beste toerusing

om hooi en kuilvoer te maak.

Jy hoef nie eers elders te gaan sukkel

nie – Valtrac bied jou die volledige reeks

toerusting wat jy nodig het om die beste

voer te produseer: van die grondbewerkingstoerusting

en trekkers en misen

kunsmisstrooiers en planters wat jy

nodig het om dit te vestig, tot die spuite

om dit teen peste te verdedig en die

masjinerie wat nodig is om dit te sny, te

kneus, te hark, te belug, te kerf, te baal

of in te kuil en die mengers om dit te

meng en vir die vee te voer.

Al hierdie werktuie is met die hand

uitgesoek om Suid-Afrika se boere se

behoeftes presies te pas, om jare en

jare se moeite- en probleemvrye diens

te gee, en word boonop landwyd gerugsteun

deur Valtrac se legendariese

naverkoopdiens.

Maak heerlike hooi

Hooimaak is heerlik as jy die regte

toerusting het. En wie anders as Valtrac

staan gereed met sulke skitterende

masjinerie soos:

• Pöttinger-snyers en snyerkneusers

waarmee jy met spoed en vertroue ’n

voerland kan aandurf

• Pöttinger-kragharke waarmee jy jou

snysel in netjiese windrye bymekaarmaak

sonder om ’n halmpie verlore te

laat gaan.

• Pöttinger-belugters waarmee jy ’n

natgeworde snysel vinnig en flink kan

omdraai sodat dit gou-gou droog

genoeg is om te baal.

• Nogueira-balers wat materiaal vinnig

en volledig optel en in ferm, stewige

bale saampers sodat al die voedingskrag

vasgevang word en baie lank

bewaar bly (lees daaroor meer

hiernaas).

Meganisasie

Voermaak vir die winter:

Rek die reëntyd

regoor die jaar

Valtrac bied alles wat die boer vir voermaak nodig het – van grondvoorbereidingstoerusting

en planters tot die ruim maar ratse Faresin Leader-selfloopvoermenger

met sy kuilvoeruithaalslurp.

Met al hierdie staatmaker-Valtractoerusting

is dit pure plesier om jou hooi

in ’n japtrap in netjiese bale weg te bêre

om die winter se angel uit te pluk. Praat

met Valtrac oor hooimaak – jou diere sal

dankbaar wees.

Eerste keuse vir kuilvoer

Kuilvoer is koningskos, maar net as jy

daarin slaag om dit te maak binne die

beperkte tyd wanneer die voggehalte

presies reg is. Daar is geen tyd om te

mors met masjiene wat breek en staan

nie. Dis hoekom Valtrac sy boere net die

beste, betroubaarste, hardwerkendste

kuilvoerkerwers bied.

Vir kleiner boerderye of groot

boerderye wat meer as een kerwer

gebruik, is die Nogueira Pecus II 9004eenrykuilvoerkerwer

net die ding. Hy

sny so 20 tot 30 ton per uur en jy kan

sy snitlengte op 5, 7, 10 en 14 mm

verstel.

Plant jy kuilvoermielies of voersorghum

teen ’n digter stand of onder

besproeiing, is die Nogueira Cat 1200

ry-onafhanklike kuilvoerkerwer jou

antwoord. Jy kan met hom van enige

kant af in ’n land indons en hoe geiler

die plantestand hoe lekkerder werk hy.

Die 1200 beteken sy sirkelsaagsnystelsel

sny 1,2 meter wyd om so 30 tot

Mooi hooi verg snelle, presiese snywerk soos net Valtrac se reeks Pöttinger-snyers

kan doen.

10 ProAgri 132 - Januarie / January 2011

www.proagri.co.za

Die ruim pens van Valtrac se Pöttinger-kuilvoerkerwerwa (foto regs) hou 25 kubieke meter styf saamgeperste kuilvoermateriaal,

wat hy netjies met sy kettingvloer aflaai.

36 ton kuilvoer per uur te sny en te kerf

in enige van agt lengtes tussen 4 en 17

mm.

Om baie vinnig genoeg kuilvoer vir

sewe maer jare te maak, is Valtrac se

Kemper Champion C3000, gemonteer

aan ’n Valtra TwinTrac-trekker, jou

droom. Hy vreet ’n pad van 3 meter

wyd deur die digste plantestand (daar’s

kleiner modelle ook) om so 55 ton

kuilvoer per uur te maak. Jy kan kies

tussen 12 snitlengtes van 4,3 tot

33 mm en hy breek ook die mieliepitte

om voedingswaarde te verseker.

Valtrac se gedugte Jeantil-wipwaens

ry 10 ton of 25 kubieke meter materiaal

op ’n slag uit die land en kan die res van

die jaar vir ’n magdom ander take

gebruik word.

Vir kuilvoer van kleingraan, gras en

peulgewasse, is Valtrac se Pöttingerkuilvoerkerwerwa

nommerpas. Hy tel

materiaal noukeurig op, kerf dit na

smaak en stop dit styf in sy ruim pens

om van 35 tot 66 kubieke meter

materiaal (21 ton) op ’n slag na die

kuilvoerput te ry, waar hy dit met sy

kettingvloer en aflaairotors aflaai. Een

so ’n kuilvoerwa verg een man en

118 kW trekkerkrag teenoor ’n selfloopkerwer

en aanrywaens se 5 werkers en

712 kW!

Onthou net: Die beste masjien op

aarde help niks as jy nie ’n kragtige,

betroubare, ekonomiese trekker het om

hom aan te dryf nie. Maak dus seker dis

’n Valtra wat voor vat.

Vir meer inligting oor Valtrac se

eersteklas trekkers, hooimaaktoerusting

en kuilvoerwerktuie, praat met

Hennie du Toit by 056-817-7308. Hy

sal sorg dat boerdery vir jou lekker is.

www.proagri.co.za

Boere juig: die bobaasbaler is hier!

ie gehalte van Valtrac se werktuie en diens maak boere gewoond aan

Dstandaarde wat hulle nie sommer maklik elders vind nie. Dis hoekom boere

nou lank reeds daarop aandring dat Valtrac ook balers moet verskaf wat die

boer se voerbroer se trotse naam gestand doen.

En hier is hy nou: Die gedugte Nogueira Express-baler wat sonder sukkel of

ophef 400 tot 600 netjiese, stewige, kompakte bale per uur vervaardig. Verby

is daardie droewige dae van langer sukkel as baal, van swets en verstel en

staan, van pap bale wat soos ’n vrag jellie op die sleepwa beef...

Met die Express lyk en voel al die bale presies dieselfde: onverbeterlik ferm

en fatsoenlik. Elke baal ’n meesterstuk.

Die Express is in twee modelle beskikbaar: Die 5040 met sy bek van

1,73 meter se bale is 36 cm hoog, 46 cm breed en jy kan die lengte van

0,5 tot 1,2 meter stel. Die Express 4030 se bek is 1,5 meter wyd. Sy bale se

lengte kan van 0,5 tot 1,0 meter gestel word en hulle is 30 cm hoog en

40 cm breed.

Die 4030 het driedubbele beskerming en die 5040 vierdubbele beskerming

teen oorbelading sodat jy iets aanskouliks verkeerd moet doen om hom tot

stilstand te verniel. Hulle optellers is teen ongelyke grond beskerm, hulle kan

tot 8 rolle baaltou aan boord bêre en hulle swaar vliegwiele verseker gladde

werking sonder onnodige stremming op die trekker of kragoordragstelsel.

Dis maklik om met die geharde, duursame Nogueira Express-balers te werk

en jy het geen spesiale opleiding of woordeskat nodig nie.

Agterna, wanneer jy die vragmotor laai, is jy bly dat jy Valtrac se Nogueira

Express gekies het, want die stewige bale maak die vrag veiliger en die feit dat

hulle so kompak is verseker dat jy baie nader aan jou wa se loonvrag kom

voordat daar nie meer plek oor is nie.

Maar die grootste lekkerte kom wanneer jou blinkvet diere diep in die winter

aan die smaaklike voedsaamheid smul

wat in so ’n kompakte, stewige baal

vasgevang word.

Doen jou diere ’n guns: Praat

met Hennie du Toit van Valtrac

by 056-817-7308 oor jou

eie Nogueira Expressbaler.

’n Mens kan sommer sien die Noguiera Express is ’n gedugte baler in sy eie klas.

Kyk net daardie netjiese, stewige, kompakte baal, kyk net hoe skoon tel hy op en

kyk hoe trots en ontspanne lyk die operateur.

ProAgri 132 - Januarie / January 2011

11

12

ProAgri 132 - Januarie / January 2011 www.proagri.co.za

Jupidex se Kverneland Visio 200-skotteleg:

Haal waarde uit die aarde!

Die bewys lê in die groei en opbrengs. Willem de Klerk van Ben Derag by Ugie is ingenome met die

doeltreffendheid en tyd- en dieselbesparing wat Jupidex se Kverneland Visio 200-skotteleg verseker, maar

ook met die perfekte saadbed wat hy skep om elke pit die kans te gee om ten beste te presteer.

ie goeie aarde maak sy skatkis

Dmildelik oop vir die verstandige boer

wat sy grond reg bewerk.

So ’n verstandige boer is Willem de

Klerk van die plaas, Ben Derag (klein

bergie) knap anderkant Ugie in die

Oos-Kaap.

Die De Klerks boer met mielies,

aartappels en Simbra-beeste en hulle

sleutel tot suksesvolle akkerbou is doeltreffende

grondbewerking met Jupidex

se Kverneland-werktuie.

Om die grond met tot 35% klei tot

450 mm diep deeglik en doeltreffend los

te maak, gebruik Willem Kverneland

CLG-beitelploeë. Hulle aanvalshoek is

reg om met die minste wielglip en laagste

dieselverbruik deeglik te werk en

hulle uitskopvere sorg dat jy geen tyd

mors by moontlike klippe in lande nie.

Net voor planttyd maak hulle dan ’n

saadbed wat enige pit se droom is met

hulle Kverneland Visio 200-skotteleg.

Hierdie skitterwerktuig het ’n lang,

stewige balk wat reguit van die trekker

na agter strek. Daaraan is vier sybalke

gemonteer, elk met sy groep skottels.

Die sybalke kan heeltemal inswaai om

plat teen die hoofbalk te lê vir gerieflike

padvervoer. Die werktuig is dan ’n skrale

2,5m wyd. Wanneer die sybalke uitgeswaai

word om die land aan te durf,

kan dit in verskillende posisies gesluit

word om te bepaal hoe aggressief die

werktuig moet inklim.

Die dis is ook toegerus met

hidrouliese dieptebeheerwiele, wat in

alle modelle die beste en wydste opsies

beskikbaar is wat natuurlik gedoen is

om by Suid-Afrikaanse toestande aan te

pas. Hierdie presiese dieptebeheer

verseker dat jy met vertroue ’n kleiner

trekker kan gebruik wanneer jy vlakker

wil werk, sê Willem.

Daar is niks aan die Visio 200 waarvan

hy nie hou nie, sê Willem, en wys

uit: Sy balke is van die sterkste, beste,

taaiste staal soos net Kverneland kan

verskaf. (As jy ’n gat deur ’n Kverneland-balk

wil boor, moet jy sorg dat jy ’n

hele paar goeie boorpunte byderhand

het, sê hy.)

Die Visio 200 is beskikbaar in werkwydtes

van 3,6 tot 6,3 meter vir

trekkers van 100 – 200 kw afhangende

van werkdiepte en spoed. Die klawer-

Meganisasie

skottels waarmee

die produk ingevoer

word is van die

beste skottels in die

wêreld beskikbaar

en dit word in

Frankryk vervaardig.

Die koolstofinhoud

per skottel

verleng die leeftyd

daarvan en by ’n dis

wat verlede jaar in

die Vrystaat

verkoop is, is slegs

27% slytasie na

2 000 ha gemeet.

Dit beteken dat die

verwagte leeftyd

van hierdie stel

skottels tot

3 000 ha kan wees!

Verstelbare skrapers

hou die skottels

skoon.

As jy wil, kan jy

jou Visio 200 stel

om voor vlakker en

agter dieper te werk om moeilike grond

trapsgewys te bewerk, of voor diep en

agter vlakker om die saadbed net mooi

gelyk te maak.

Waar die Visio 200 gewerk het, is die

grond perfek bewerk, die stoppels deeglik

van 2 tot 20 cm diep vermeng en in

die beste posisie vir ontbinding, en alles

honderd persent vir saad om flink te

ontkiem en groei. Dit alles word in enige

land en grond bereik as gevolg van al

die stel-opsies waaruit jy kan kies en

teen die beste brandstofverbruik omdat

jy hom so presies kan stel.

Die Visio 200 help die De Klerks om

gouer en doeltreffender te plant en om

boonop ’n hele klomp duur diesel te

bespaar.

As jy ook die aarde se skatkis met

jou eie Visio 200 wil ontsluit, praat

met die produkbestuurder, Robby Lee

van Jupidex by 082-575-1594, of met

Jupidex se hoofkantoor by

033-345-2733. Robbie kan ook per

epos bereik word:

robby.lee@kverneland.co.za

Jupidex se Kverneland Visio 200-skotteleg skep die perfekte saadbed: Flink, vinnig, ekonomies, betroubaar en duursaam om

jaar na jaar na jaar perfekte werk te doen.

www.proagri.co.za ProAgri 132 - Januarie / January 2011 13

Nat, maar nie verlore!

Is jy reg vir nog reën? Te veel van ’n goeie ding kan vloedskade beteken. Is jy reg daarvoor of moet jy ’n versekeraar vind om

die risiko te help dra?

onele van oorvloedige water was die

Tafgelope paar weke oral te sien met

riviere wat oor hulle walle spoel,

wingerde waarvan net die toppe uitsteek

en mielielande wat lyk of dit eerder

ryslande moes gewees het.

Dit is pragtig om te aanskou hoe die

water oor die Augrabies stroom, maar

dit is minder mooi vir ’n boer om deur

die modder te strompel om te sien wat

van sy druiwe-oes oorgebly het.

Die vraag is of ‘n boer enige versekering

teen waterskade kan uitneem om

hom in hierdie krisistyd te help.

Santam Landbou is die enigste korttermynversekeraar

in Suid-Afrika met

80 jaar se ondervinding in oesversekering

en 91 jaar in bateversekering.

Daarom het ProAgri by Santam aangeklop

om inligting en raad.

Oesversekering

Mnr Johan van den Berg, bestuurder

Gespesialiseerde Oesversekering, sê

reënskade by baie graansoorte en

vrugte word gedek en daar word veral

aandag gegee aan die gehalte van die

produkte, soos by koring en druiwe.

Vloedskade is egter ’n ander kwessie.

Uit die geskiedenis blyk dit dat rampvloede

in Suid-Afrika maar ongeveer 1 in

elke 10 tot 15 jaar voorkom. Bekende

vloedjare was byvoorbeeld 1973 tot

1975, 1988/89 en 1996. Daar is dikwels

kleiner, plaaslike oorstromings wat deur

kleiner weerstelsels veroorsaak word,

maar dit is ook nie iets wat noodwendig

jaarliks gebeur nie.

Johan waarsku egter dat ekosisteme

besig is om te verander en dat waterverspreiding

anders is as vroeër:

“Dieselfde hoeveelheid reën wat

byvoorbeeld 50 jaar gelede voorgekom

het se uitwerking op watervlakke is

totaal anders as wat dit tans is. Huise,

geplaveide gebiede, strate, dakke en

ander mensgemaakte “afloopbane” en

versperrings veroorsaak dat baie meer

water beskikbaar is vir afloop as jare

gelede. Dit maak dat die 1 in 20- of 1 in

50-jaarvloedlyn ook nie meer geldig is

nie. Uit ’n versekeringsoogpunt maak dit

die risiko onbekend en ook hoër.

Indien die risiko te hoog is, kan dit nie

meer verseker word nie.”

Santam Landbou bied multirisikoversekeringsprodukte

aan waar

opbrengste teen 'n reeks van gevare

verseker word soos droogte, reënskade,

onbeheerbare peste en plae asook ander

klimaatsrisiko's.

Bateversekering

Pierre Rossouw van Santam Landbou se

bate-afdeling sê wat bates soos pomptoerusting

betref, is daar ook versekering

beskikbaar, maar elke aansoek word

op sy eie geëvalueer op grond van

risiko.

Indien ’n boer brandversekering

uitneem word daar ook voorsiening

gemaak vir spesiale gevare soos storm,

wind, water, hael en sneeu. In sekere

gevalle kan pompe en ander toerusting

wat in of langs riviere, damme of spruite

geleë is, deur ’n allerisikopolis gedek

word.

Dit is egter baie belangrik dat boere

by die polisvoorwaardes moet hou en

alle redelike stappe moet doen om

verliese te voorkom en te beperk.

Wenke om vloedskade te voorkom:

- Landerye met sterk hellings moet

liefs nie bewerk word nie en indien dit

wel bewerk word, moet daar kontoerwalle

en afloopbane aangebring word.

- Pasop vir die versoeking om landerye

te na aan riviere te maak omdat die

grond goed is en besproeiing maklik.

Neem altyd die risiko van vloede

in ag.

Versekering

- Pasop ook vir die versoeking om

naweek- of vakansiehuise onder die

vloedlyn te bou; die risiko is te

groot.

- Indien langtermynweervoorspellings

baie reën voorspel, soos in ’n

La Nina-jaar, hou die watervlakke in

damme en riviere dop.

- Speel eerder veilig en begin om

pomptoerusting te verwyder sodra

die eerste vloedwaarskuwings

uitgereik word.

- Praat met die plaaslike verteenwoordiger

van Santam Landbou om

uit te vind watter versekering

moontlik is en presies wat al die

voorwaardes is.

- Versekering moet, soos enige ander

landbou-inset, ekonomies sin maak.

Wat lê voor?

Johan van den Berg van Santam Landbou,

wat ook ’n landbouweerkundige

is, meen die risiko vir verdere vloede

die res van die seisoen is hoog: “Die

bergingsvermoë van riviere, damme en

selfs die grond is klein omdat die grond

alreeds versadig is, damme oorloop en

riviere in vloed is. Indien verdere reën

voorkom, gaan die grootste gedeelte

van die water afloop. Dit kan watervlakke

baie vinnig laat styg en kitsvloede

veroorsaak. Daarby is ’n sterk

La Nina-verskynsel teenwoordig. Dit

veroorsaak gewoonlik baie reën oor

Suidelike Afrika tot ongeveer Mei.”

Johan sê langtermynweervoorspellings

kan vir boere van waarde

wees, maar ongelukkig is die voorkomende

aksies wat geneem kan word,

redelik min. Nie alle El Nino-jare

beteken droogte nie en nie alle La

Nina-jare beteken vloede nie: “Dit is

dus beter om langtermynbeplanning te

doen as om op voorspellings staat

te maak.”

www.proagri.co.za ProAgri 132 - Januarie / January 2011 15

16

Beveilig jou:

Beskikbaar by:

Spilpunt Store Trekkers

Bertus Myburgh

084-516-3550

sales@in-motion.co.za

Buks le Grange

082-785-1846

quadro4@quadrosecurity.co.za

Ingevoer deur:

Sizwe Group

012-657-5300

Boere kan self inspring met ’n

Videofied-kamerastelsel

Simkaart

Buite-ogie

Paneel

Residensiële en Klein

kommersiële

Koordloos/draadloos

Onmiddellike installasie

Afstandbeheerde

ProxCard aktivering

4-jaar batterylewe

vanaf

Gratis montering vir 12 maande R 8 095

Rob

082-824-6755

rob@securityviewer.co.za

ProAgri 132 - Januarie / January 2011 www.proagri.co.za

Technichem bewapen

boere met tegnologie

nige gewas verdien net die beste

Esorg wat die boer dit kan gee, want

dan gaan dit hom eendag terugbetaal –

pit vir pit, rand vir rand. In hierdie dae

waar boere baie uitdagings in die gesig

staar, soos vanjaar se waterskade, is dit

veral nodig dat gewasse daardie ekstra

bietjie sorg moet kry om vergeling en

swamsiektes, veral in mielies, teë te

werk.

Gelukkig is daar maatskappye soos

Technichem wat aan die voorpunt van

nuwe tegnologie beweeg en wat vir ’n

boer die regte kombinasie van spesialiteitsprodukte

in die hand te gee

sodat hy vroegtydig kan optree om

probleme te voorkom.

“Ons strewe is om boere van die

nuutste tegnologie teen bekostigbare

pryse te voorsien, sodat hulle volhoubaar

en winsgewend kan boer,” vertel

Boet Wienand onder wie se leiding

Technichem 21 jaar gelede tot stand

gekom het.

Hy sê: “Dit is belangrik dat boere in

hierdie stadium voorkomend optree

teen siektes en hulle kan gerus die hulp

van ons kundige verteenwoordigers

inroep om hulle met raad te bedien.”

Te nat? Red jou mielies

Technichem het ’n wye reeks produkte

wat ontwikkel is vir die verbetering van

opbrengste en wat veral in dié swak

klimaatsomstandighede noodsaaklik is.

So, byvoorbeeld, kan ’n kombinasie

van Messenger en Technikelp plante

help om weerstand teen siektes te bied

deur ’n breë spektrum voedingstowwe

te bekom om groei te bevorder.

Technikelp is ’n vloeibare blaarvoe-

dingskompleks wat ’n gebalanseerde

reeks voedingstowwe, asook stimulante,

bevat wat die produk uiters geskik maak

vir ’n wye spektrum van graan- en

groentegewasse. Dit vul ook Messenger

aan, wat met sy natuurlike aktiewe bestanddeel,

harpin proteïen, die plant

teen swamaanvalle bewapen.

Die middel bluf die plant om dit as ’n

patogeen of swam te sien. Die plant

span dan al sy verdedigingsmeganismes

in om die denkbeeldige bedreiging af te

weer. ’n Sistemiese reaksie sorg dat kalsium

vrygestel word en deur die plant

beweeg, veral na dele wat ’n tekort mag

toon.

Met die verhoogde beweging van kalsium

regdeur die plant word ander

voedingstowwe outomaties ook beter

gesirkuleer, wat bydra tot sterker selstrukture,

beter groei en die opbou van

die plant se natuurlike weerstand.

Messenger se harpin proteïen help

ook die plant se wortelstelsel om weerstand

teen aalwurm te bied. Die middel

is in Amerika deur Cornell Universiteit

ontwikkel en deur Insect Science na

Suid-Afrika gebring.

Nog ’n wapen in die stryd teen swamsiektes

waarmee Technichem sy boere

toerus, is Abacus wat deur BASF

ontwikkel is.

Abacus is veel meer as ’n gewone

swamdoder. Dit het twee aktiewe

bestanddele, naamlik Piraklostrobien

(Strobilirien) en Epoksikonasool

(Triazool). Die swamdoder is ’n uitstekende

middel om noordelike blaarskroei,

grysblaarvlek en roes (asook sekere

ander siektes) in mielies te beheer.

Sojaboonregistrasie sluit in sojaroes en

Technichem bied boere die tegnologie om siektes te voorkom, opbrengste te

verbeter en winsgewend te boer!

Gewasproduksie

sclerotinia en al die belangrikste

grassiektes is op die etiket. Die dosis vir

al die gewasse vir siektebeheer is 1 liter

per hektaar.

Die werking van Abacus berus op

drie pilare :

1. Verhoogde doeltreffendheid in plantgroei

deur verbeterde fotosintese en

beter benutting van kunsmis.

2.Uitstekende siektebeheer van sigbare

siektes en lae-vlak of “sub-kliniese

siektes” wat nie gesien kan word nie.

3.Verhoogde spanningsverdraagsaamheid

in swak weersomstandighede

soos droogte, koue, hael

en te veel reën.

Dit is die soort spesialiteitsprodukte wat

Boet Wienand en sy span toegewyde

agente, in samewerking met BASF, trots

is om aan boere te bied.

Technichem rus boere toe

Die gedagte aan Technichem het in

1989 ontstaan toe die onttrekking van

Shell se landbouchemiese afdeling ’n

leemte gelaat het. Die maatskappy, met

sy hoofkantoor in die hartjie van die

landbou-wêreld te Viljoenskroon, dryf

van 1991 af handel.

Technichem se produkreeks en

ondersteuningsdienste het deur die jare

uitgebrei as gevolg van die toewyding

van sy kundige personeel en agente,

asook die ondersteuning van erkende

multinasionale en plaaslike maatskappye

soos Monsanto, BASF, Dow, Villa,

MASA en DuPont en verskeie ander

verskaffers.

Jan van der Merwe, Technichem se

tegniese bemarkingsbestuurder, sê die

agente, wat die grootste deel van die

somerreëngebied van Suid-Afrika

bedien, is altyd bereid om met boere te

gesels oor hulle probleme en spesiale

behoeftes en hulle kom gewoonlik met

’n Technichem-oplossing na vore.

Soos Boet Wienand sê: “Dit is vir ons

belangrik om ons boere toe te rus met

die beste tegnologie en diens, sodat

hulle siektes kan voorkom, oeste kan

verbeter en meer winsgewend kan boer.

Sonder ons boere het niemand van ons

’n toekoms in hierdie land nie.”

Vir meer inligting oor Technichem en

sy produkte, skakel die kantoor by

056-343-3444 of Jan van der Merwe

by 079-732-6060.

Besoek gerus ook die webwerf :

www.technichem.co.za.

www.proagri.co.za ProAgri 132 - Januarie / January 2011 17

Voorkoming is al uitweg

18

’n Paar kommerwekkende dieresiektes het aan die begin van hierdie

jaar kop uitgesteek. Twee van die siektes, Brucella melitensis en

slenkdalkoors kan ook na mense oorgedra word met ernstige gevolge.

Danksy tegnologie kan die siektes deur inenting voorkom word.

Brucella melitensis

deur Leon Kruger, Veeartsenykundige tegnoloog: LNR Diereverbeteringsinstituut, Irene

uister nou na my: Moenie brucel-

“Llose opdoen nie. Nie jy of jou vrou

of jou kind, of jou werker of jou os of

esel nie.”

So het my dosent die dag sy lesing

oor besmetlike misgeboorte of brucellose

afgesluit. Dit het nogal

geklink na een van die tien gebooie.

Twee jaar later het ek besef hoekom

hy dit so benadruk het, ek het Brucella

abortus-besmetting opgedoen en baie

siek geword. En noudat daar ’n geval

van Brucella melitensis in Sentraal-

Transvaal gevind is, voel ek om dit soos

dr Steyn ernstig te benadruk: Moenie dit

opdoen nie!

Ons almal ken of het al gehoor van

besmetlike misgeboorte of, soos die

wetenskaplikes dit noem, Brucella abortus.

Dit kom algemeen by beeste voor.

Die ekwivalent daarvan by skape en

bokke word Brucella melitensis genoem.

Die voorkoms daarvan was egter baie

minder algemeen as besmetlike misgeboorte

by beeste.

Vervolgens inligting betreffende

Brucella melitensis: Lees dit gerus want

volgens die Wêreldgesondheidsorganisasie

is dit ’n baie belangrike

diereparasietsiekte wat ernstige kliniese

siekte by mense kan veroorsaak, veel

ernstiger as wat die geval is met

Brucella abortus.

Soos reeds in die inleiding genoem,

word die siekte deur die bakterie,

Brucella melitensis, veroorsaak.

Besmettingsroete

Besmetting vind hoofsaaklik plaas via

die slymvliese, veral van die boonste

lugweë, en via die oogslymvliese.

Besmetting via die slymvliese van

geslagsorgane kan ook voorkom. Hoe

die bakterieë hulleself in die liggaam

vestig, hang af van die gasheer se

ouderdom, immuunstatus en dragtigheidstatus.

Indien die dier dragtig is,

versprei die besmetting na die baarmoeder,

maar limfknope en ander

organe (uier en milt) kan ook aangetas

word. Volwasse diere word gewoonlik

lewenslank besmet.

Siektetekens van Brucella

melitensis in kleinvee

Wanneer die woorde, besmetlike misgeboorte,

gehoor word, is die eerste teken

waaraan gedink word aborsies. By

Brucella melitensis is dit ook so. Die

siekte word gewoonlik in ’n kudde opgemerk

en gediagnoseer as die ooie begin

aborteer.

Daar word dikwels na verwys as ’n

aborsiestorm, wat beteken dat ’n groot

persentasie van die ooie aborteer. Dit

gebeur gewoonlik gedurende die laat

dragtigheidperiode van die ooie.

• Die nageboorte mag vassit.

• Vaginale uitskeiding kom voor en dit

is hoogs besmetlik.

• By manlike diere kan orgitis of

bybalontsteking voorkom.

• Artritis kan ook voorkom in sowel

manlike as vroulike diere.

Verspreiding van die siekte by

kleinvee

Kleinvee is kuddediere en wanneer een

ooi lam, is daar gewoonlik ’n paar ander

ooie wat aan die lam kom ruik of lek. In

die geval van ’n geaborteerde lam doen

hulle die besmetting op dié manier op.

Nageboortes wat vassit en vaginale

uitskeidings besmet ook die omgewing,

voer en waterbakke.

Ooie versprei die siekte ook deur

besmette melk en biesmelk aan lammers,

wat tot volwassenheid draers van

die siekte bly.

Ramme wat orgitis of bybalontsteking

het, kan die siekte deur middel van

besmette semen versprei.

Verspreiding van die siekte

by mense

Boere en plaaswerkers het maar altyd

stukkende plekke aan die hande. Wanneer

hulle besmette dooilammers met

die kaal hande hanteer, doen hulle dan

die besmetting op.

So ook is die geval wanneer ’n nageboorte

wat vassit met kaal hande

uitgetrek word.

Dit kan ook gebeur ook dat druppels

van besmette materiaal in die oë of

mond kan beland en so tot besmetting

kan lei.

Die inname van rou (ongepasteuriseerde

of ongekookte) melk wat

besmet is, is ook ’n oorsaak van

besmetting.

Wat om te doen as ’n aborsiestorm

voorkom

Dit is nou nie voorheen genoem nie,

Veeboerdery

Foto: JC Kruger

Geen abortus moet ooit met kaal hande

hanteer word nie. Dit kan die gevolg

van Brucella melitensis wees wat ernstige

gesondheidsgevare vir die mens

kan inhou.

maar onkunde is sekerlik ook een van

die redes waarom die siekte versprei,

van dier tot dier en van dier tot mens.

Geen abortus moet ooit met kaal

hande hanteer word nie. Probeer om

ander ooie van die abortus weg te hou

en verwittig onmiddellik die naaste

staatsveearts. Indien jy nie die

staatsveearts ken nie, verwittig die

naaste veearts; hy of sy sal die

staatsveearts kan kontak of self uitkom.

Die veearts sal dan die situasie

evalueer en indien hy of sy vermoed dat

dit besmetlike misgeboorte is, sal hy die

siekte volgens die betrokke wet by die

toepaslike direkteur aanmeld.

Deur die siekte aan te meld, kan dit

gekontroleer en uiteindelik beheer word

voordat dit deur die hele land versprei.

Wat om te doen indien potensieel

besmette materiaal hanteer is

Dit is belangrik om te weet dat daar ook

ander oorsake van aborsies is, en nie

almal is diereparasietsiektes nie. Indien

besmette materiaal sonder beskermende

toerusting hanteer is, moet die

hande deeglik gewas word.

As tipiese griepsimptome ervaar

word, moet ’n dokter geraadpleeg word.

Bosluitbytkoors en malaria het soortgelyke

simptome.

Die siektetekens kan enige van die

volgende insluit of in kombinasies

voorkom:

Koors, nagsweet, kouekoors, erge hoofpyn,

gewrigspyne, veral by die knieë en

elmboë, laerugspierpyn, algemene

swakheid en naarheid. Moenie uitstel as

sulke simptome voorkom nie: gaan

spreek die dokter dadelik en noem dat

Brucella melitensis-besmette materiaal

hanteer is.

ProAgri 132 - Januarie / January 2011 www.proagri.co.za

Slenkdalkoors slaan toe

ie gevreesde siekte, slenkdalkoors,

Dhet vanjaar reeds op ’n paar plekke

in die land uitgebreek. Die eerste

bevestigde gevalle is by Grootbrakrivier,

naby Mosselbaai, aangeteken.

Daarna is die boere in die

Bronkhorstspruit-omgewing gewaarsku

dat slenkdalkoors op ’n plaas in die

omgewing uitgebreek het en kort

daarna is bevestig dat dit ook by

Wellington toegeslaan het.

Kundiges het ’n paar weke gelede

gewaarsku dat slenkdalkoors onafwendbaar

gaan wees as gevolg van die nat

toestande. Die siekte word deur

muskiete oorgedra. Die virus tas skape,

bokke, beeste en sommige wildsbokspesies

aan.

Dit kan ook aan mense oorgedra

word wat in aanraking met die bloed of

liggaamsvloeistowwe van besmette

diere of karkasse kom. 26 mense is

verlede jaar aan slenkdalkoors dood.

Alle voorvalle van slenkdalkoors moet

aan ’n staatsveearts gerapporteer word.

Mense wat vermoed dat hulle die virus

onderlede het, moet dadelik met ’n geneesheer

in verbinding tree.

Mnr Willie Botha van Onderstepoort

Biologiese Produkte sê hulle het baie

entstof vir diere in voorraad. Daar is

lewende en dooie entstof beskikbaar,

asook die nuwe chloor 13-entstof. Die

groot voordeel van dié nuwe produk,

wat sewe jaar geneem het om te

ontwikkel, is dat dit ook aan dragtige

diere toegedien kan word.

Mnr Botha sê baie boere het teen die

einde van verlede jaar gehoor gegee

aan die oproep om hulle diere in te ent,

maar tot dusver vanjaar was dit nog

redelik stil. Die aanvraag het egter

toegeneem na die eerste gevalle

aangemeld is.

Hoe werk slenkdalkoors?

Diere word aanvanklik besmet as hulle

deur die muskiete wat die virus dra,

gebyt word. Diere wat so besmet is, dra

dan die virus aan ander oor wat met

geaborteerde fetusse en besmette

materiaal in aanraking kom.

Lammers en bokke jonger as twee

weke is baie vatbaar. Hulle word baie

gou siek, gewoonlik binne 24 tot 72 uur

na besmetting. ’n Hoë koors ontwikkel,

hulle is lusteloos en verloor hulle eetlus.

Tot 95% van aangetaste lammers kan

vrek.

Aangetaste skape is lusteloos met ’n

Selfs die pragtigste skape kan die prooi van die gevreesde slenkdalkoors word as

muskiete wat die virus dra hulle besmet.

Brucella melitensis (vervolg)

Die siekte kan ingewikkeld en kronies

raak, en vinnige doeltreffende

behandeling is van uiterste belang.

Om terug te gaan na die inleiding

toe: Moenie besmetlike misgeboorte

opdoen nie, nie jy of jou werker of jou

naaste of jou hond of jou esel of iets

van jou naaste nie.

Tref voorsorg deur jou kleinvee met

Brucella Rev 1-entstof te ent. Wees

deur Annemarie Joubert

net baie versigtig wanneer die entstof

hanteer word; dit is lewende entstof en

kan besmetting by die mens

veroorsaak.

Gaan lees gerus die inligting geskryf

deur dr Sunelle Strydom (BVSc) op die

SAVC-webblad (www.savc.co.za).

Geraadpleegde bronne

Brucellosis in sheep and goats. 2001.

European Commision: Scientific

hoë koors, traag om te loop, eet nie en

gooi op. Dragtige ooie aborteer en die

fetus ontbind gou. Vrektes onder skape

is so hoog as tussen 15% en 30% en

tussen 40% en 60% van dragtige ooie

kan aborteer.

By kalwers kom ligte kliniese tekens

en 10% tot 15% vrektes voor. By

volwasse beeste is die 10% tot 40%

van aborsies soms die enigste siektetekens.

Slenkdalkoors kom gewoonlik in die

laat-somer voor as dit warm en die

lugvogtigheid hoog is. Diere wat in die

somer in laagliggende dele by panne,

vleie en damme wei, loop die grootste

risiko om die siekte te kry.

In Suid-Afrika raak mense gewoonlik

besmet deur regstreekse aanraking met

die slenkdalkoorsvirus wanneer hulle

nadoodse ondersoeke op besmetlike

karkasse of geaborteerde fetusse doen

of in laboratoriums met die virus werk.

Dit is veral veeartse, veeboere en

plaaswerkers wat die gevaar staan om

besmet te raak.

Voorkoming en beheer:

• Dit is nie prakties moontlik om die

muskiete wat die slenkdalkoorsvirus

dra, uit te roei of te beheer nie.

Daarom is die immunisering van

beeste, bokke en skape die enigste

praktiese en werkbare beheermaatreël.

• Die lewende entstof wat deur Onderstepoort

Biologiese Produkte gemaak

word, kan in alle nie-dragtige beeste,

skape en bokke gebruik word en gee

goeie beskerming aan vee.

• Dragtige vee kan met die dooie

entstof ingeënt word. Dit is egter

duur en tydrowend om te produseer

en het ’n raklewe van een jaar.

• Die nuwe chloor13-entstof kan ook vir

dragtige diere gebruik word.

• Die dra van beskermende klere

wanneer nadoodse ondersoeke

gedoen word, is uiters belangrik.

• Melk vir menslike gebruik moet

gepasteuriseer word.

• Die toepassing van goeie insektebeheer

kan moontlik bydra tot voorkoming

van die siekte.

• Verskuif diere van laagliggende na

hoërliggende dele en keer dat hulle

naby vleie, damme en riviere wei

waar daar baie muskiete is.

Bronne: RPO Limpopo, Staatsveearts

Committee on Animal Health and Animal

Welfare (webtuiste). Beskikbaar by

http://ec.europa.eu/food/fs/sc/scah/out

59_en.pdf . Strydom, S. 2011. Brucella

melitensis – a forgotten disease?

(SAVC-webtuiste) beskikbaar by

http://www.savc.co.za. The Merck

Veterinary Manual online version. 2008.

Merck & Co. Inc. Whitehouse station,

N.J.USA.

www.proagri.co.za ProAgri 132 - Januarie / January 2011 19

20

ProAgri 132 - Januarie / January 2011 www.proagri.co.za

Successful meat goat

production – Albie Horn

DVS uitgegee deur Kejafa

Knowledge Works

Agrikyk & Lees

Dit is ’n baie goeie gedagte

om by iemand te leer wat nie

net boekekennis het nie,

maar ook in die praktyk

staan. Die sukses van hierdie

produksie lê daarin dat

die aanbieder sy onderwerp

ken en dat ’n mens letterlik

kan sien waarvan hy praat.

Dit is ’n produksie sonder

enige fieterjasies – ’n boer op sy

plaas wat oor sy boerdery praat en demonstreer wat hy

bedoel.

Die inligting is duidelik bedoel as inleidend vir iemand

wat met vleisbokke wil begin boer en raak verskeie aspekte

van vleisbokboerdery aan.

Sommige mense mag dalk die effense gestoei met die

Engelse grammatika en die uitspraak ’n bietjie steurend

vind (ons hoop die Afrikaanse weergawe is ook op pad!),

maar op stuk van sake gaan dit oor die inligting.

Albie Horn is ’n man wat sy bokke ken. Hy is veral

bekend as vestiger van die Kalahari Red-ras.

Die videoproduksie begin met ’n bekendstelling van die

verskillende vleisbokrasse wat almal ewe tuis lyk op Albie

se plaas naby Kuruman.

Daarna word onderwerpe bespreek soos behuising en

hanteringsgeriewe, hoe ’n ooi en ’n ram veronderstel is om

te lyk, teling en lamtyd, siektes en hoe om dit te behandel

en te voorkom, voedingsvereistes en laastens bestuur en

bemarking.

Daar is baie interessante wenke en praktiese demonstrasies

wat bokboerdery aansienlik makliker kan maak,

soos hoe om te verseker dat bokke wat nuut in ’n distrik

soos die Bosveld inkom, gouer die nodige weerstandbiedende

mikro-organismes opbou. Slag ’n aangepaste bok

en meng die

inhoud van die rumen met die nuwe bokke se voer –

sodoende kry hulle sommer gou die nodige bakterieë in.

Die tuisgemaakte kopklamp en die gebruik van ’n

gewone snoeiskêr om hoewe te knip, laat dit lyk of vleisbokboerdery

binne die gewone man se bereik is.

Successful Meat Goat Production – Albie Horn

Bestel by www.kejafa.co.za of by 014-577-005 teen R250

Wen

Successfull meat goat

production

deur een keer met jou muis te klik!

Al wat jy hoef te doen:

Kry ProAgri op Facebook/Bakkiesblad en

“Laaik” (like) ons.

(’n Mens vind ProAgri maklik deur in die

boonste soekspasie vir “ProAgri” te soek.)

Prystrekking vind op 15 Februarie plaas en die wenner

sal per Facebook/Bakkiesblad laat weet word.

Werfnuus: www.proagri.co.za

ProAgri spog met ’n pragtige vars webwerf propvol

nuus en foto’s. Besoek gerus ons werf of volg die

skakels om spesifieke artikels en berigte te lees:

Kyk al die water…

Al die reën wat van die begin van die

jaar af geval het, het tot skouspelagtige

tonele gelei, maar ook tot tonele

van rampe en verwoesting. Tik die

skakels hieronder in om na die foto’s te

kyk en berigte te lees:

http://bit.ly/waterfotos

http://bit.ly/waterskade

Styging in minimumlone

Plaaswerkers se minimumloon styg op

1 Maart 2011 met 4,5%. Die styging is

deur die Departement van Arbeid

aangekondig. Hoe raak dit jou? Lees

meer by: http://bit.ly/minimumlone

Wolboere glimlag breed

Die wolmark het die jaar met ’n kragtoer

begin en die aanwyser was na die

tweede veiling 32% hoër as die openingsvlak

en amper 18% stewiger as

op dieselfde veiling verlede seisoen:

http://bit.ly/wolprys

Nuwe wetgewing bedreig die

landbou

Voorgestelde wetgewing met

betrekking tot grondhervorming en

verblyfsekerheid bedreig die

voortbestaan van die landboubedryf.

Lees wat sê TLU SA daaroor:

http://bit.ly/nuwewetgewing

Safex toon ’n 12% styging in 2010

Al hoe meer boere maak van Safex

gebruik om prysrisiko te verminder.

Lees meer daaroor deur die volgende

skakel in te tik:

http://bit.ly/safexstyg

Boere word beroof deur roofdiere

Boere en die Wes-Kaapse omgewingsowerheid

is deur die provinsiale

minister van landbou aangesê om ’n

oplossing vir die roofdierprobleem voor

te lê. Roofdiere veroorsaak jaarliks R1,4

miljard skade aan die bedryf.

http://bit.ly/roofdiere

Boer in Georgië

Suid-Afrikaanse boere staan letterlik tou

om meer uit te vind oor landbougeleenthede

in Georgië. Besoek www.boers.ge

vir meer inligting of volg hierdie skakel:

http://bit.ly/boerdaar

Wat ’n skors(ie)!

Kyk gerus hoe lyk Hercules Smit se

reuse skorsie wat in sy groentetuin

opgeskiet het. Onthou ook die Goliat van

Gat-feeste waar vanjaar se grootste

pampoen gekroon gaan word. Die hooffees

in Pretoria is op 26 Maart by die

Pioniersmuseum in Silverton:

http://bit.ly/skorsie

www.proagri.co.za ProAgri 132 - Januarie / January 2011 21

Aan Jannie

deur GC en SB Hobson, uitgegee deur JL van Schaik (Bpk), Pretoria

Aan Jannie

Die breedte van ’n woelige hoofstraat

met ’n stuk varkwors afmeet, is mos

sommer ‘n gevaarlike besigheid!

Jou ma voel net omgekrap daaroor.

Sy sê dis ’n skandaal dat sulke

ontgroeningseremonies of wat julle die

dopery daar op die universiteit ook

noem, deur die professore toegelaat

word.

Vir my is daardie ontgroening-affêre

nie onnatuurlik nie. Het jy al opgemerk

as jy ’n vreemde bees onder ’n trop

plaasbeeste inja dat die laaste plaasbees

dadelik met gekromde rug

naderstaan?

As die vreemdeling vlug, gaffel hulle

hom in die verbyspring met die horings;

as hy hom teësit, pak hulle hom aan. Of

hy nou mak is of wild is, oud of jonk,

wit of swart, as hy maar vreemd is,

word hy gestamp en gestoot en met die

horings gesny dat die houe oor sy

ribbes lê.

By Joors Smit Mieliebult, op die

plaas, was ek eendag toe die ou ’n

varkie wat hy van ’n swarte gekoop het,

onder sy vetmaakvarke inja.

Die ou varkie was half hans en so

mak en onnosel as maar kan kom. Maar

hy was skaars in die vetmaakkamp of

die hare waai soos die ander hom met

die slagtande byloop. Ou Joors was

maar verplig om die ding uit te haal;

anders was hy morsdood.

Hoe meer uitgelate so ’n trop diere,

hoe swaarder kry die nuweling. Daarom

dat hy dit so hotagter het daar by julle

wat so in die fleur van julle leeftyd is.

As die droogte kom en die wêreld

druk, bedaar die beeste. Maar selfs by

die oudste en verstandigste onder ons

maak onbekend nog steeds onbemind.

Die stampe en stote van die lewe maak

ons net versigtiger; leer ons net om ons

22

oerdery is een van die sterkste voedingsare en stewigste hoekstene van ons letterkundige

Bskatkis. Dit bewys dat die boer nie net voedsel vir die liggaam produseer nie, maar ook

voedsel vir die gees.

Dit is geen wonder nie, want boerdery is die bedryf wat die reguitste denke, die taaiste

terugspringkrag en die suiwerste siel vereis van dié wat met hom gemoeid is. Boerdery bied

ook die verstommendste verwondering en die onverbiddelikste eis om nederigheid – alles die

materiaal waarvan die grootste letterkunde geskep word.

Een van die kosbaarhede wat boerdery in ons letterkunde gevestig het, is Aan Jannie,

briewe van ’n ou boer aan sy jong seun op universiteit. Hierdie boek is in die veertigerjare

van die vorige eeu uitgegee, maar die wysheid en pittigheid daarin is tydloos.

In die voorwoord skryf “Jannie” oor sy pa se briewe: “As ek party van die stukke so

beskou, lyk dit of hy maar sy gedagtes oor sake wat ek aangeroer het, vir my op skrif wou

stel. Aan ander stukke te oordeel het hy maar, pen in die hand, aan die oopwêreld sit en

dink, waarna hy al hoe meer en meer verlang het namate sy kragte afgeneem het en hy

begin besef het dat hy en Augus die muile nooit weer sou aankeer en inspan nie.”

Goeie nuus vir ons lesers is dat die hele boek, Aan Jannie, voortaan stuksgewys op ons

webwerf, www.proagri.co.za, gepubliseer sal word.

Hier is die eerste brief as ’n lusmaker.

gevoelens nie so vrye teuels te gee nie.

Ek is bly om uit jou brief te verneem

dat jy die stuk varkwors toe maar gaan

koop het en die straat afgemeet het.

Ons Steyns is verstandige mense. Hou

maar moed. Slegte moed, sê hulle, kom

vanself. Dit sal nie lank duur nie. Net

een van die dae trek jy ook soos hulle

aan, loop jy ook slenter-slenter hand in

die broeksak, kry jy die egte tropruik en

dan stoot die ander jou nie meer nie.

Dis maar stil hier op die plaas vandat

jy weg is. Maar jou ma is reg. Jy moet

ook kans kry, nie soseer om

boekgeleerdheid op te doen soos sy wil

hê nie, maar om mense te leer ken.

Miskien kry jy vir albei daar in die

Boland kans.

Maar as jy nie vir albei kans sien nie,

los dan maar liewer die boeke. Vir ’n

man soos jy wat nie met sy kop hoef te

verdien nie, is daardie baie boekgeleerdheid

onnodig.

Ek kom nou weer bedags op die

stoep. Die stootkarretjie wat jou ma laat

kom het, is ’n groot gerief en hier bo

van die stoep af kan ek darem op ’n

manier sien wat op die plaas aangaan.

Die bediende bring koffie. Jou ma

kom by my sit en kouse stop. As die

gesels opraak, lees ek. Maar selfs die

lees word naderhand vervelig, en nou

die dag wou jou ma weet waarom ek nie

maar af en toe skryf nie. Sy sê ’n man

wat lekker vertel, behoort ook lekker te

kan skrywe.

Vir daardie te-boek-stel van my

ondervindinge waarvan sy praat, het ek

regtig nie lus nie; ook nie die daartoe

nodige vaardighede met die gansveer

nie. Om die waarheid te sê, as ek so ’n

ruk geskryf het, word die ou hand sommer

so lam hier tussen die duim en die

voorvinger.

Jammer darem, want my spore lê

ver: die kaiingbulte oor tot onder op

Onseepkans; van Upington af ál met die

Molopo op; van Mamusa af

Morokwen oor die Kalahari

in; van Uitenhage na Brekfisvlei

en daarvandaan die

berge deur tot diep in die

kapok op Barkly-Oos;

Madeagam, Motsitlane en

die konvensielyn oor… te

voet, te perd met kar en

donkies, kar en muile, kar

en perde; met

ysterbande om die wiele,

met motorbande om die die

wiele; naderhand glad per

motor. Wat het die weelde

tog nie in my leeftyd toegeneem

nie!

Ek het geboer en

gespekuleer; skape en

beeste gekoop en verkoop;

perde, muile, donkies; geld

gemaak, geld verloor;

beeste uit Suidwes deur die

woestyn geja Vryburg toe;

troppe-troppe uit die

Protektoraat gesmokkel en

op Ramatlabama gaan laai…

Dit is half jammer dat ek so ’n hekel

aan die gansveer het.

As ek dan regtig te lui is om my

ondervindinge te boek te stel, sê sy,

moet ek darem skryf en my seun vertel

waar sy pa hom oral vasgeloop het. Dan

sal my seun van my ondervinding leer.

Maar jou ma verstaan die mensdom

nie. Al sou ek jou ook waarsku teen die

balk waarteen ek my kop gestamp het,

sou jy tog maar eendag jou eie kop teen

daardie einste balk gaan probeer, al sou

dit maar wees om te sien of die balk

werklik so hard is en of dit nie maar jou

pa se kop is wat so sag was nie.

Augus het vanmôre lank hier by my

staan en gesels. Hy het die saak nie

eintlik aangeroer nie, maar ek kon

sommer sien dat die rustige lewe hier

op die plaas, die lank op een plek bly

sit, die ou begin te verveel. Hy verbeel

hom dat dit net sy oubaas se siekte is

wat hinder; anders sou ons twee die

muile weer ’n slag aankeer.

Ek weet ook nie so bra of hy dit mis

het nie. ’n Mens is maar snaaks. Dis

ongerieflik op die wapad. Jy is naderhand

maar vader-dankie-bly om weer

by die huis te wees. Maar jy is skaars

uitgerus of die wêreld begin vir jou nou

word en jy dwing alweer die wapad in.

Daarom dat ek afgesien het van my

plan om jou ’n slag met Augus die

Noord-Weste in te stuur. Dis miskien

beter as jy nie van die wapad weet nie.

’n Boer moet kan stilsit. Sy plek is by sy

vee. Ver van jou goed en na aan jou

skade, sê die oumense, en verdraai “Ver

van jou God en na aan jou skande”.

Maar hulle weet waar hulle van praat.

Die boer se spoor op die land is tog

maar die beste kunsmis. Dis die baas se

oog wat die hings vetmaak, nie die

opdrag wat hy aan die staljong

gee nie.

Jou liefhebbende vader

ProAgri 132 - Januarie / January 2011 www.proagri.co.za

Nare waarheid

Hennie: “My droom is om ’n multimiljoenêr

te wees. Nes my pa.”

Heinie: “Is jou pa ’n multi-miljoenêr?

Hennie: Nee, maar hy droom daarvan.”

Kille logika

deur Dom Boer

Fortuinverteller 1: “Dis aangename weer wat ons deesdae het, nè.”

Fortuinverteller 2: “Ja, dit laat my dink aan die somer van 2055.”

Op ’n lentedag begin die slak teen die stam van

die appelboom opklim. ’n Mossie draai na sy maat

en sê: “Kyk hoe onnosel is daardie slak. Hy klim

teen die boom op en daar is nie eers appels aan

nie.”

Die slak hoor wat hy sê en antwoord: “Toe maar,

teen die tyd dat ek bo kom sal daar appels wees.”

www.proagri.co.za ProAgri 132 - Januarie / January 2011 23

Eina!

Die boer se boekhouding was in ’n chaotiese toestand. Hy vra ’n

boekhouer om daarna te kyk.

“Dis nie te erg nie,” sê die boekhouer. “As jy my R2 000 betaal, sal

ek al die probleme van jou skouers af neem.”

“Goed,” antwoord die boer. “Dis ’n ooreenkoms,” en hy begin deur

toe stap.

“Waar’s my R2 000?” vra die boekhouer.

“A,” antwoord die boer: “Dis jou eerste probleem.”

Werksoeker: “Hoeveel geld sal jy my betaal?”

Boer: “Vierhonderd rand per week.”

Werksoeker: “Vierhonderd rand per week? Dis ’n belediging!”

Boer: “Goed, ons maak dit dan vierhonderd rand per maand, dan

word jy darem nie so dikwels beledig nie.”

Nonsensies

Wat het agt bene, twee arms, twee vlerke en drie koppe?

– ’n Man op ’n perd met ’n hoender onder die arm.

Wat het die een spinnekop vir die ander spinnekop gesê?

– Welkom op my webwerf.

Wat noem jy ’n koei met losse sedes?

– ’n Melktert.

O, so manierlik

Die boer betrap twee knape wat oor sy plaas loop: “Haai, besef julle

dat julle oortree? Het julle nie die kennisgewing gesien nie?”

“Ja Oom,” antwoord die een, “maar heel bo-aan staan ‘Privaat’ en

toe wou ons nie verder lees nie.”

Hulle sê

agrilag

Hulle sê oor-, neus- en keelspesialiste se benaming vir mangels is

glo kontantgewasse.

Hulle sê daar is honde wat kan praat, maar dit is nie

die waarheid nie. As ’n hond vir jou sê hy kan praat,

dan lieg hy.

Hulle sê intuïsie is ’n vrou se vermoë om haar man te

weerspreek nog voor hy iets gesê het.

Speel saam en wen ’n musiekpiering

Stuur jou grappie of pittigheid saam met jou naam, adres en

telefoonnommer en gemerk, Agrilag, aan domboer01@mweb.co.za.

Die insender van die beste bydrae

ontvang ’n musiekpiering van Thys die Bosveldklong.

AgriGids

AgriTrader

Advertensiediens vir die boer

Advertising service for the farmer

60 000 eksemplare na aktiewe kommersiële boere landswyd

AgriTrader is ʼn uitstekende bemarkingsmeganisme om kopers en verkopers van lewendehawe, trekkers, voertuie, werktuie, en alle ander

landbou toerusng by mekaar uit te bring. Veeveilingsadvertensies in AgriTrader lok wye reaksie uit, probeer dit gerus.

Vir die bekosgbaarste advertensietariewe in Suid-Afrika, skakel:

Stefan van Wyk (Bloemfontein) 082-381-7563 | 051-446-0789 stefan@agritrader.co.za

Pieter Rall (Pretoria) 083-227-4333 pieter@proagri.co.za

24

ProAgri 132 - Januarie / January 2011 www.proagri.co.za

www.proagri.co.za

ProAgri 132 - Januarie / January 2011 25

AgriGids

AgriGids

26

ProAgri 132 - Januarie / January 2011 www.proagri.co.za

www.proagri.co.za

ProAgri 132 - Januarie / January 2011 27

AgriGids

GeneGids

GeneGids

Veilings

28

ProAgri 132 - Januarie / January 2011 www.proagri.co.za

www.proagri.co.za

ProAgri 132 - Januarie / January 2011 29

Veilings

www.proagri.co.za

ProAgri 132 - Januarie / January 2011 29

Veilings

www.proagri.co.za

ProAgri 131 - Desember / December 2010 27

Veilings

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!