03.05.2013 Views

Untitled - SA Feeste

Untitled - SA Feeste

Untitled - SA Feeste

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Luister uit vir die eerste single van die CD, die hartroerende titel snit, VERGEET MY NIE, wat die hartseer en

pyn deel van wanneer ‘n mens ‘n geliefde verloor. SEAN ELSE (wat DE LE REY se musiek video geskiet het) het

‘n roerende video geskiet vir die lied, en sal binnekort op die skerms begin draai. Die res van die CD is gevul

met treffers van alle soort, liedjies wat die tone laat wikkel soos BOEREVRY, BEL, BEL, BEL, EK KOM HUIS TOE,

liedjies wat die hartsnare roer soos, JY SOEN MY NIE MEER NIE, LOS MY NIE ALLEEN NIE, VROU STAAN BY

HAAR MAN, SOMERRëEN, selfs liedjies wat dinge van oud onthou soos, TOE ‘N TWEE RAND NOG ‘N TWEE

RAND WAS. Daar is ook twee DOLLY PARTON treffers op wat die mense sal terug neem na ‘n ander tyd en plek

en natuurlik is daar ‘n vuurwarm BELINDA CARLISLE MEDLEY en ‘n kragtige treffer van die groep HEART…WILL

YOU BE THERE IN THE MORNING.

LIANIE MAY se musiek herriner mens baie aan SHANIA TWAIN en DOLLY PARTON. Dis gevul met pragtige

sterk melodië, vleiende harmonieë wat gedryf word deur stewige lewendige kitare en instrumente. Dis ‘n CD

wat jy opsit en deur luister tot die einde…en dan maar weer en weer herhaal!

Die Afrikaanse musiek bedryf is honger vir ‘n nuwe vroue stem wat die groot gaping kan vul.

LIANIE MAY…is hiér om te bly!

TRACK LISTING

1. Pretoria

(Musiek; Johan Vorster Woorde; Sean Else,)

2. Bel, bel, bel

(Musiek; Lianie May, Johan Vorster Woorde; Lianie May, Sean Else, Johan

Vorster)

3. Jy soen my nie meer nie

(Musiek; Johan Vorster Woorde; Johan Vorster, Rencha

Neethling)

4. Boerevry

(Musiek; Johan Vorster, Sean Else Woorde; Johan Vorster, Sean Else)

5. Los my nie alleen nie

(Musiek; Johan Vorster, Woorde: Johan Vorster,Lianie May, Margaret de Beer

6. Vergeet my nie

(Musiek: Johan Vorster Woorde: Johan Vorster, Rencha Neetling, Sean Else

7. Vrou staan by haar man

(Musiek en Woorde; Johan Vorster)

8. Somerreën

(Musiek; Johan Vorster Woorde; Johan Vorster Rencha Neethling)

9. Ek kom huis toe

(Musiek; Lianie May, Johan Vorster Woorde; Lianie May)

10. Jolene

((D. Parton) Carlin music corp.p1973)

11. Will you be there in the morning

((R.J. Lange) Capital Records, Inc.)

12. Belinda Carlisle – Medley

13. I will always love you

((D. Parton) Carlin Music Corp.p 1982)

KERSFEES MET LIANIE

INSLUITEND DIE NUWE TREFFERS…

”EK BRING VIR JOU „N SNEEUMAN” EN

“GESKENK UIT BETHLEHEM”

Nou gee sy ‘n geskenk van Kersfees herrineringe terug met haar Kersfees album

“Kersfees met Lianie”. Met verkope meer as 40 000 (platinum)

En die grootste geskenk op die album is twee splinternuwe Afrikaanse kersfees treffers uit die pen

van Johan Vorster en Sean Else (De la Rey, Ons vir jou Suid-Afrika, Is jy bang, Jy soen my nie meer

nie,…en vele meer)!

Afrikaanse kersfees treffers wat Lianie se album ‘n jaarlikse tradisie gaan maak!

Die album is ook propvol tradisionele kersfees liedjies en ander bekendes soos…Mary’s Boy Child,

Feliz Navidad, Rivers of Babylon (Boney M), Last Christmas I gave you my heart (Wham!), Chiquitita,

Happy New Year, I have a dream (ABBA), Stille nag, Drummer Boy en nog vele meer!

Liedjies wat heel vakansie in die CD spelers en koppe gaan draai!

Kyk uit vir “Kersfees met Lianie” en maak jou Kersfees iets om te onthou vir die hele gesin…

Lianie May se langverwagte nuwe album is hier en dit beloof om alle verwagtinge te oortref.

Lianie se vorige album was `n wegholsukses en het die Sama-toekenning gewen in die

gesogte kategorie TOPVERKOPER VAN DIE JAAR. Die nuwe album volg warm in die

voetspore van die country/pop-genre waarin hierdie talentvolle sangeres haar debuut op

VERGEET MY NIE (waarvan meer as 120 000 eenhede verkoop is), gemaak het. Die nuwe

album is weer propvol liedjies wat besliste treffers gaan wees!

Die suksesvolle liedjieskrywers Johan Vorster, Sean Else, Rencha Vorster, Dewald Wasserfall

asook Lianie self het ‘n groot verskeidenheid treffers vir die album geskep. Die treffer op die

album kom weer uit die pen van Johan en Rencha Vorster wat ook vir JY SOEN MY NIE MEER

NIE verantwoordelik was. In dié liedjie span Lianie haar reuse talent saam met die

ongelooflike sangtalent van Jay (Eden) om een van die grootste duette nog in Afrikaans te

sing - TOE STOP MY HART.

Maar die treffers stop beslis nie daar nie. Die album is gevul met `n hele paar groot liedjies

met volwasse en emosionele lirieke en sielvolle ballades soos SKOOLJARE, ‘N ENGEL HUIL,

DIE MAN WAT BY MY STAAN, PAD NA JOU HART tot wikkel-vastrap ritmes en

saamsingliedjies soos WIE NIE WAAG NIE, HONEY, HONEY, BOEREMEISIE, DIE EEN WAT JY

WIL Hê, DANS MET MY BABY, STAAN ‘N BIETJIE NADER, 1,2,3 en vele meer.

Daar is ook ‘n lied met ‘n sterk positiewe boodskap uit die pen van Vaughan Gardiner en

Sean Else, LAAT GOD DIE WêRELD WAS, asook ‘n ou F.A.K.- treffer met ‘n nuwe baadjie –

BOEREPLAAS, ’n duet saam met ‘n splinternuwe stem in Afrikaanse musiek, Micheal Lindt.

`n Indrukwekkende video van die eerste enkelsnit, SKOOLJARE, is reeds deur Sean Else van

Mozi Films geskiet. Sean was ook onder andere verantwoordelik vir die treffervideo’s JY

SOEN MY NIE MEER NIE (Lianie May), DE LA REY (Bok van Blerk) en TYD OM TE TREK (Bok

van Blerk). Die video is saam met die treffer TOE STOP MY HART op ‘n bonus-skyf geplaas

wat saam met BOEREMEISIE versprei sal word. Elke persoon sal die nostalgie en hartseer

van hulle eie skooljare daarin herken.

BOEREMEISIE gaan sonder twyfel Lianie se reputasie as een van die grootste name in Suid-

Afrikaanse musiek bevestig!

Boeremeisie het alreeds meer as 40 000 kopiee verkoop (platinum status bereik)

Geskiedenis: Kinderjare: Lianie Oosthuizen (Lianie May) gebore op 2 Augustus 1976 in

Vereeniging Hospitaal, groot geword op `n plaas net buite Oranjeville, was in Laerskool

Primer Deneysville, in Std

Afrikaans Hoerskool Sasolburg - 1990 tot 1994 - deelgeneem aan kunswedstryde en revues,

drama gedoen, en was in Tegniese Hoerskool Sasolburg se koshuis Willem Loubser, was

prefek in Matriek 1994.

Deelnames op skool: Sport: Atletiek en Netbal en Swem

Kultuur: Koor, Kunswedstryde, Revues, Drama (drama en sangpryse gewen op skool)

Na skool: 1995: Begin werk as sekretaresse op Van Tonder Landgoed op Oranjeville, later

werk by Techniland Kooperasie (Presisie Boerdery) op Oranjeville as Persoonlike Assistent

2004: Eden tree op in Oranjeville by Oranjeville Primere Skool, sy ontmoet Johan Vorster en

Sean Else na die vertoning, vra hul raad oor kontakte in die sangbedryf, en hulle vra haar om

`n oudisie te doen, vir hul platemaatskappy Mozi Records, die enigste stil plekkie waar sy

kon sing was in seuns badkamer, hul bied Lianie toe `n platekontrak aan, sy verhuis na

Pretoria in 2007 en die album Vergeet my nie word opgeneem.

Inspirasie: Mense en Sangers wat haar inspireer: Haar ouers en...

Shania Twain, Carrie Underwood, Celine Dion, Steve Hofmeyr.

Toekennings:

2009 Tempo Toekenning vir Beste Nuweling gewen

2009 Tempo Pop Album van die Jaar

2009 Vonk Toekenning Beste Nuweling

2009 Vonk Toekenning Beste MusiekVideo met Jy soen my nie meer nie

2009 Elite Melody SA Country Award vir Country Nuweling van die Jaar

2009 MK toekenning 2009 - Beste solo liedjie vir Soen my nie meer nie

2009 SAMA toekenning 2009 - Top verkoper van die jaar vir die album Vergeet my nie

2009 DKNT (No 1 album van die jaar)

2010 Tempo Toekenning vir Musiekvideo van die jaar vir Toe stop my hart (met Jay van

Eden)

Bronne: TV & Radio onderhoude, Internet, Koerante, CD inhoud

Taak: Naam en Van

Graad

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!