03.05.2013 Views

UITGAWE 44: 23 MEI 2010 AFRIKAANSE ... - tekkieraces.co.za

UITGAWE 44: 23 MEI 2010 AFRIKAANSE ... - tekkieraces.co.za

UITGAWE 44: 23 MEI 2010 AFRIKAANSE ... - tekkieraces.co.za

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

UITGAWE 44: 23 MEI 2010

1.VOORWOORD

Baie welkom by uitgawe 44 van Die Voorslag. Teen die tyd wat julle hierdie nuusbrief lees sal ek

myself iewers in die Kgalagadi Oorgrenspark in die hartjie van die Kalahari bevind. Ek behoort

weer teen die 5de Junie terug in die beskawing te wees. Dit is nog net 55 dae voor die

kanonskoot weergalm vir die Dinamika Makelaars Springbok Vasbyt wat plaasvind op Saterdag,

17 Julie 2010 en niks het verander nie. Die nou reeds beroemde kanonskoot, die Harvards wat

verbyvlieg, die trompetspel, Fort Schanskop en die Voortrekkermonument is steeds op die

spyskaart. Ons gaan verseker hulde bring aan die manne van Puma 164, wat die hoogste prys vir

hul land en die stryd teen kommunisme betaal het. Die verhaal van Puma 164 kan op ons klub se

webtuiste gevind word. Besoek gerus www.vtmklub.co.za om hierdie merkwaardige verhaal te

lees. Die jaarlikse wegnaweek vind een van die dae by Entabeni plaas en almal wat nog nie hul

teenwoordigheid bevestig het nie, moet dit asseblief nou vinnig spring. Ons vertrek volgende

Vrydag en die wegnaweek beloof om weereens ‘n besonderse ervaring te wees. Kontak vir Leon

en onthou om jul gelde so spoedig moontlik te betaal. Dit gaan jou ‘n skamele R200 uit die sak

jag. Lees meer oor die wegnaweek van 4-6 Junie in paragraaf 3. In hierdie nuusbrief kan julle ook

meer lees oor die Atleet van die Jaar kompetisie, AGN Liga (die volgende ligawedloop vind

plaas op Saterdag 3 Julie), die wedloopuitslae van April, terwyl ons vir ons Atleet van die

Maand, die drawwende fisioterapeut, Amelia Du Plessis ontmoet. Amelia is een van ons mees

toegewyde lede wat altyd byderhand is om te help. Sy is ook een van ons getroue bywoners van

kluboefeninge. Hierdie nuusbrief word opgedra aan een van ons klub se mees lojale borge, die

Afrikaanse Nuusagentskap. Lees meer hieroor in paragraaf 15 of besoek www.afna.co.za.

Meimaand is ook tradisioneel Comradesmaand. Hierdie moordende, dog beroemde wedloop

word hierdie jaar vir die vyf en tagtigste keer aangebied en vind plaas oor ‘n afstand van bykans

90 kilometers tussen Pietermaritzburg en Durban. Ons klub word hierdie jaar verteenwoordig

deur ‘n rekordgetal van 17 lede wat ook 5 dames insluit. Dit opsigself is ‘n rekord. Aan Lorraine

Boshoff, Marietjie Williams, Elsabe Joubert, Elsie Grobler, Ria Mouton, Erich Jacobs, Alfred

Mans, Corne Boshoff, Martin Bezuidenhout, Nicky Prinsloo, Cilliers Kriel, Theodore Kriel, Mario

Lindeque, Louis Beneke, Steve Spalletta, Bayethe Ndaleni en Zaan Wichtmann wil ons alle

sterkte toewens. Die wagwoord is vasbyt. Louis en Alfred sal ons klub met groen nommers

verteenwoordig, aangesien hulle al meer as 10 Comrades medaljes het. Baie geluk aan almal

wat in Meimaand verjaar. Mag die jaar wat voorlê baie geseënd en vol vreugde wees.

Ria Mouton 3 Mei 071 491 3954

Elzanda Joubert 5 Mei 084 630 2954

Koos Beneke 12 Mei 079 527 5273

Hester Prinsloo 15 Mei 083 969 8274

Cilliers Kriel 16 Mei 082 923 1813

Amelia Du Plessis 21 Mei 083 656 9811

Ane Mentz 25 Mei 082 499 4816

AFRIKAANSE NUUSAGENTSKAP 0861 846 644

1

2.VOORSITTERS WOORDJIE

Elke vyf jaar kom die Comrades Marathon Association met ‘n groot poging om

hardlopers te werf. Hierdie jaar is een van daardie jare. Dit het die effek dat honderde

nuwe atlete in Januarie by ‘n klub aansluit. Meeste van hulle haal nie Mei nie. As ek die

Comrades webblad se getalle reg verstaan, staan hulle op 16 000 inskrywings. Seker so

25% meer as gewoonlik. Ons hoop maar hulle bedink ‘n plan om al hierdie hardlopers

vir die sport te behou.

Aan ons kant het ons 18 inskrywings, waarvan net een nie gekwalifiseer het nie. Nog een

het besluit om nie die opsie uit te oefen om te gaan nie. (Ja, nie uit te oefen, is die regte

term!). Ons hoop almal wat die wedloop gaan doen sterkte toe. Mag dit ‘n dag van

plesier en vasbyt wees. VASBYT. Onthou, Comrades is nie ‘n sprint nie.

Ons hou Vrydagaand ‘n klein vergaderingkie en daarna ‘n braai vir al die 2010 Comrades

hardlopers.

Hardloopgroete,

Leon

3.ENTABENI WEGWEDLOOP

Jip, dis weer sulke tyd. Vanaf 4 tot 6 Junie vind die klub se wegnaweek plaas by Entabeni. Die

groot uittog na die Noorde vind plaas op Vrydag 4 Junie. Die koste beloop ‘n skamele R 200-00.

Die klub subsidieer die ander R100-00. Verblyf is gratis. Bring jou eie beddegoed, kos en drank

saam. Die middagete by die wedloop is by die koste ingesluit en Leon borg die grootpot wat

Saterdagaand voorberei word. Vir diegene wat nog nooit die Entabeni gedoen het nie, dis ‘n

besliste moet. Dit is een van die lekkerste en mees asemrowende wedlope in die land. Daar is ‘n

halfmarathon en ‘n marathon. As jy die marathon doen is die kanse baie goed dat jy terselfdertyd

sal hardloop en die leeuloop doen, want sien jy hardloop tussen die groot vyf. Bevestig asseblief

jou deelname so gou as moontlik by Leon en betaal sommer nou al jou gelde in by die klub se

rekening. Die klub se bankbesonderhede is as volg:

BANK: ABSA

Tak: Pretoria-Wes

Rekening Naam: Voortrekkermonument Atletiekklub

Rekening nommer: 917 692 0482

4.PRESTEERDERS

Baie geluk aan Werner Kriel wat die klubrekord vir mans oor 32 kilometer verbeter het tydens die

Sunrise Monster met ‘n puik tyd van 2:57:50. Hy het in die proses Erich Jacobs se rekord van

3:22:22 wat in 2008 opgestel is, gebreek. Knapgedaan Werner. Gepraat van Erich, hy het tydens

die Gibson Marathon in Johannesburg sy persoonlike beste tyd in die marathon aangeteken met

‘n puik 3:57:38. Steve Spalletta het ook sy persoonlike beste tyd op die 42km tydens dieselfde

wedloop aangeteken. Baie geluk Steve, dit lyk my die getroude lewe doen hom goed.

5.KLUBVERGADERING

Die volgende klubvergadering vind op Dinsdag, 8 Junie 2010 om 18h00 by die Kleinsaal plaas.

Tydens hierdie vergadering sal ons die reëlings vir die Dinamika Springbok Vasbyt finaliseer. Dit

is dus van kardinale belang dat alle lede teenwoordig moet wees.

2

6.DINAMIKA MAKELAARS SPRINGBOK VASBYT

Die Dinamika Springbok Vasbyt wedloop vind hierdie jaar plaas op Saterdag, 17 Julie

2010 by die Erfenisterrein van die Voortrekkermonument in Pretoria. Die

Voortrekkermonument Atletiekklub, wat die wedloop hierdie jaar vir die vierde

agtereenvolgende keer aanbied, het reeds daarin geslaag om die Dinamika Springbok

Vasbyt as een van die gewildste en beste georganiseerde wedlope in Suid-Afrika te

vestig. Die Dinamika Springbok Vasbyt is in 2006 deur Runners World se lesers as die

beste wedloop in Suid Afrika aangewys en het die afgelope drie jaar klokslag ‘n top tien

gradering ontvang. Die Runners Guide het hierdie wedloop ook verlede jaar as een van

die tien beste wedlope in die land aangewys.

Die Voortrekkermonument Atletiekklub bied die Springbok Vasbyt met die trotse

samewerking en borgskap van Dinamika Makelaars aan. Dinamika Makelaars

(www.dinamika.co.za) is ook betrokke by die Afrikaanse Nuusagentskap

(www.afna.co.za) en Eco Water (‘n maatskappy wat ‘n toestel bemark wat water uit lug

vervaardig). Beide vennote is passievol oor ons taal en kultuur en skroom nie om ons

volk se ryke geskiedenis en erfenis te herdenk nie. Dit is nou reeds ‘n instelling dat die

Dinamika Springbok Vasbyt wedloop elke jaar met ‘n besondere tema gepaard gaan wat

hulde bring aan die oudsoldate van die Suid-Afrikaanse Weermag en ander

gevegsmagte.

Met hierdie jaar se wedloop word daar hulde gebring aan die bemanning van Puma 164

wat in 1979 in ‘n oorgrensoperasie in Mosambiek gesneuwel het. Gedurende die

Rhodesiese Operasie Uric, is ‘n Suid-Afrikaanse Puma helikopter wat die operasie

ondersteun het deur grondvuur afgeskiet. Al 14 Rhodesiese soldate en die 3 Suid-

Afrikaanse bemanning is gedood. In ‘n poging om die Suid-Afrikaanse regering te

beskerm het die Rhodesiërs die wrak van Puma 164 vernietig. Die oorskot van die

oorledenes is nooit terug gebring nie, en die plaaslike gemeenskap van Mapai in

Mosambiek het die oorskot by die plek begrawe waar die helikopter neergestort het. Die

graf is 30 jaar later opgespoor. Die bemanning van Puma 164 is drie van net sewe SA

Weermag lede uit die Bosoorlog, wat nie op SA bodem begrawe is nie. Die

Voortrekkermonument Atletiekklub en Dinamika Makelaars huldig graag Dirk Retief,

Nigel Osborne, Paul Velleman en die 14 Rhodesiërs wat die hoogste prys betaal het in

diens van hul land. Die volle verhaal van Puma 164 kan op die Voortrekkermonument

Atletiekklub se webtuiste gelees word by www.vtmklub.co.za.

Soos dit nou reeds tradisie is by die Dinamika Springbok Vasbyt, word die wedloop

afgeskop met ‘n kanonskoot, en ‘n verbyvlug van die historiese Harvards

gevegsvliegtuie wat terugdateer na die Tweede Wêreldoorlog, doedelsakmusiek deur

die SA Irish Pipes and Drums, trompetspel en tradisionele boeremusiek. Die nuwe roete

van die Dinamika Springbok Vasbyt is net so uitdagend soos vorige jare, maar beloon

deelnemers met ‘n asemrowende uitsig oor die Jakarandastad. ‘n Groot gedeelte van

die roete vind plaas in die natuurreservaat wat deel uitmaak van die

Voortrekkermonument se Erfenisterrein en atlete kan ook ‘n groot verskeidenheid wild

besigtig, wat ‘n mak Springbok insluit, terwyl hulle hierdie geskiedkundige roete aanpak.

Een van die groot hoogtepunte op die roete van die Dinamika Springbok Vasbyt is die

laaste kilometer waar atlete die voorreg het om binne die ringmuur van die

Voortrekkermonument te hardloop. Ander bekende bakens op die roete sluit in Fort

Schanskop, die Suikerbosvoetpad, Suikerboskop, die Ou Kanonpad, Die Muur van

Herinnering, die Amfiteater, die Erfenissentrum en die Danie Theron Standbeeld.

3

Die Dinamika Springbok Vasbyt bestaan uit ‘n wedloop oor die afstand van 25 kilometer

en ‘n wedloop oor die afstand van 10,5 kilometer. Die wegspring vind plaas om 07h30

en inskrywings kan die oggend van die wedloop vanaf 06h00 gedoen word. Die koste

verbonde aan die 25 kilometer wedloop is R50-00 en R35-00 vir die 10,5 kilometer

wedloop. Atlete wat nie geregistreer is nie, moet ook ‘n tydelike lisensie aanskaf teen

R20-00. Deelnemers is ook welkom om aanlyn in te skryf by www.enteronline.co.za of

www.sa-active.com. Vooraf inskrywings word ook geneem by Run-Away Sport (Glenfair

Winkelsentrum in Lynnwoord), Running Inn (Brooklyn) en by Varsity Sports in Hatfield.

Die sluitingsdatum vir vooraf inskrywings is Dinsdag, 13 Julie 2008. Daar is ook ‘n

pretdraf oor die afstand van vyf kilometer vir die minder avontuurlustiges. Hierdie

wedloop heet die Dinamika Draf/Stap en vind plaas sowat tien minute na die wegspring

van die hoofwedloop en die inskrywingskoste beloop R25-00. Die helfte van die

inskrywingsgeld van hierdie wedloop word geskenk aan die Puma 164 Memorial

Association.

Die Voortrekkermonument Atletiekklub, Dinamika Makelaars, die Afrikaanse

Nuusagentskap en Eco Water sien geweldig daarna uit om alle atlete te verwelkom

wanneer die skoot om 07h30 op Saterdagoggend, 17 Julie 2010 klap.

7.DINAMIKA SPRINGBOK VASBYT HELPERSWEDLOOP

Ja, dis moeilik om te glo, maar ons is al amper halfpad deur die jaar. En wanneer die jaar die

middelpunt by ons klub bereik, dan is dit tyd vir die Dinamika Springbok Vasbyt Helperswedloop.

Aangesien lede nie op die dag van die wedloop kan deelneem nie omdat almal moet help met die

aanbied van die wedloop, is hierdie die ideale geleentheid om die roete te ervaar en so ‘n bietjie

teen al die opdraandes vas te byt. Die Helperswedloop vind Saterdagoggend, 25 Junie 2010 om

07h00 die oggend plaas. Julle kan die 25 kilometer of die 10.5 kilometer roete kies en water en

Coke sal langs die pad voorsien word om die ergste dors te les. Daar sal na die tyd lekker

gekuier en gebraai word.

8.OROSLYS

Die Oroslys het op 4 Mei 2010 in werking getree. Indien jy nie jou beurt kan maak nie, reël tog net

vroegtydig met iemand anders. Die lys is hierby ingesluit.

NAAM DATUM NAAM DATUM

Erich 4/5/2010 Adri 6/5/2010

Henning 11/5/2010 HEMELVAARTDAG 13/5/2010

Leon 2 18/5/2010 Helmuth 20/5/2010

Joep 25/5/2010 Annetjie 27/5/2010

Werner 1/6/2010 Leon 1 3/6/2010

Alexander 8/6/2010 Christene 10/6/2010

Lizelle 15/6/2010 Lorraine B 17/6/2010

Marna 22/6/2010 Zelda 24/6/2010

Lorraine D 29/6/2010 Germa 1/7/2010

Amelia 6/7/2010 Elize 8/7/2010

Hester 13/7/2010 Franna 15/7/2010

Ane 20/7/2010 Dewald 22/7/2010

Corne 27/7/2010 Henning 29/7/2010

4

Adri 3/8/2010 Leon 2 5/8/2010

Helmuth 10/8/2010 Werner 12/8/2010

Joep 17/8/2010 Annetjie 19/8/2010

Corne 24/8/2010 Erich 26/8/2010

Leon 1 30/8/2010

9. HENNING SE MENING

O koud is die windjie en skraal

Wat is dit met ons volkie is dit by die koue kom. Almal van ons raak luier en luier en gaan

stelselmatig in ‘n winterslaap. Minder van ons klublede daag op vir ‘n kluboefening en selfs by die

wedlope is daar nie so baie atlete nie.

Gaan die “versnaperinge” wat ons in die winter nuttig na die oefeninge dalk die jongmanne soos

Fransios, Louis en Robert “motiveer” om weer te hardloop? Sedert ek die laaste berig geskryf

het, het die Loskop Ultrawedloop plaasgevind en heelwat van ons klublede het die 50 kilometers

voltooi. Dit was baie warm, maar al die waterpunte was uitstekend en daar was dus genoeg

drinkgoed om te sorg dat ons nie dehidreer nie.

Namens almal in die klub voel ek ons moet vir Christene Van der Berg met haar eerste ultra

gelukwens. Vir iemand wat in Oktober 2009 begin hardloop het is dit ‘n besondere prestasie.

Eersdaags is dit die groot C en daarna ons klub se weggaan naweek. Die vorige 2 jaar was

hierdie “wegbreek-aftjop” naweke ‘n reuse sukses en ek glo dit gaan hierdie jaar weer so wees.

Helmuth moet maar net sy wit kierie onthou.

Aan almal wat Comrades aanpak wens ons voorspoed toe en glo my, ons oë gaan vasgenael op

die TV wees om julle deur te dra.

Hardloopgroete

Henning (Loop en Val) Strauss

10.TOP 5 RANGORDE

10KM

MANS WEDLOOP TYD DAMES WEDLOOP TYD

1 Alexander Tuks 43:59 Lorraine B Denel 43:21

2 Werner Tuks 45:19 Adri Akasia 55:28

3 Leon 2 Tuks 46:48 Marna Tuks 56:02

4 Willie Tuks 47:07 Annetjie Akasia 57:01

5 Erich DeLoitte&T 47:21 Tilde Eersterust 62:13

21KM

MANS WEDLOOP TYD DAMES WEDLOOP TYD

1 Alexander SurrenderHill 1:38:06 Lorraine Eersterust 1:32:33

2 Werner Akasia 1:38:08 Marna Akasia 2:00:11

3 Theodore Tuks 1:50:00 Adri Om die Dam 2:03:31

4 Erich Tuks 1:50:01 Marietjie Mc Carthy 2:04:00

5 Zaan Eersterust 1:50:36 Annetjie Om die Dam 2:06:05

5

42KM

MANS WEDLOOP TYD DAMES WEDLOOP TYD

1 Erich Jacobs Jackie Gibs 3:57:38 Lorraine Wally H 3:32:50

2 Werner Kriel JohnsonCra. 4:02:31 Marietjie Akasia 4:42:57

3 Theodore Kriel JohnsonCra. 4:02:55 Elsie ElandsVallei 4:46:40

4 Louis Beneke Akasia 4:12:18 Elsabe Slowmag 4:49:52

5 Corne Boshoff Wally 4:14:11 Ria

Mouton

Wally H 5:29:15

11.ATLEET VAN DIE JAAR KOMPETISIE

Die egpaar Boshoff is steeds los voor in die kompetisie. Lorraine is steeds in die eerste plek met

171 punte en Marietjie tweede met 130 punte en Adri derde met 104 punte. Die kanse is bitter

skraal dat Lorraine ingehaal sal word en dit verg geen siener om dit raak te sien nie. Net ‘n

ontydige besering sal haar waarskynlik van die titel weghou. Onder mans is Corne steeds in die

eerste plek met 127 punte, maar die verdedigende kampioen, Erich maak nou vinnig opgang en

is in die tweede plek met 120 punte. Baie geluk aan Henning Loop en Val Strauss wat opgeskuif

het na ‘n goeie derde plek met 109 punte. Die huidige puntestand is bygewerk tot 13 Mei 2010 en

is as volg:

MANS PUNTE DAMES PUNTE

1.Corne 127 1.Lorraine B 171

2.Erich 120 2.Marietjie 130

3.Henning 109 3.Adri 104

4.Alexander 103 4.Annetjie 92

5.Leon 1 96 5.Christene 84

6.Werner 83 6.Elsabe 70

7.Louis B 68 7.Elize 67

8.Cilliers 61 8.Amelia 66

9.Leon 2 59 9.Marna 63

10.Steve 56 10.Lizelle 55

12.AGN LIGA

Met die verspreiding van hierdie nuusbrief het ons nog nie die puntestand na afloop van die

Jackie Meckler ligawedloop ontvang nie. Ek het egter net so 7 klublede gewaar, wat niks goeds

voorspel vir ons posisie in die Liga nie. Die volgende ligawedloop is die Harlequins Harriers

10km wedloop wat plaasvind op Saterdag, 3 Julie 2010 by Harlequins se sportgronde in

Groenkloof. Teken asb. nou reeds hierdie datum aan en WEES ASB ALMAL DAAR. Ek wil

dit ook benadruk dat jy geen ligapunt verwerf indien jy aan die 5km pretdraf deelneem nie,

so indien jy opdaag by ‘ n ligawedloop doen dan net ten minste die 10km wedloop. Die

huidige puntestand in Afdeling 1 van die AGN liga is:

1. Overkruin 56

2. Weermag 53

3. Arete 48

4. CSIR 48

5. ACE 47

6. Reserwebank 41

7. Agape 40

8. Aerosud 40

9. VTM 34

10. Zwakala 33

6

13. NUUTSTE UITSLAE

GROVE MALL WEDLOOP: MAANDAG 5 APRIL 2010

10

KM

NAAM TYD ALGEHELE PLEK

1. Alfred Mans 60:47 370

2. Wilhelm Neethling 72:37 599

LOSKOP ULTRA MARATHON: SATERDAG 17/4/2010

50

KM

NAAM TYD ALGEHELE PLEK

1. Lorraine Boshoff 4:23:25 494

2. Louis Beneke 5:03:11 1350

3. Nicky Prinsloo 5:26:47 2000

4. Corne Boshoff 5:32:18 2182

5. Marietjie Williams 5:48:22 2591

6. Zaan Wichtmann 5:50:23 2654

7. Alfred Mans 5:52:53 2744

8. Henning Strauss 5:57:27 2955

9. Christene Van der Berg 6:17:31 3298

MAZDA 15 KM WEDLOOP: SATERDAG 24 APRIL 2010

15

KM

NAAM TYD ALGEHELE PLEK

1. Wilhelm Neethling 1:48:09 141

2. Yolandi Strydom 2:20:56 173

3. Heinz Meulke 2:20:56 174

WALLY HAYWARD WEDLOOP: SATERDAG 1 MEI 2010

10

KM

NAAM TYD ALGEHELE PLEK

1. Leon Uys 48:43 154

2. Pieter Visser 55:40 267

3. Leon Bezuidenhout 72:38 830

4. Maritza Van Staden 73:00 835

5. Reinette Thomas 84:03 1105

6. Zelda Uys 86:09 1148

7. Lorraine De Wet 86:10 1149

8. Koos Beneke 86:51 1162

9. Hester Prinsloo 87:40 1182

10. Elize Van Staden 87:42 1183

11. Paul Van Rooyen 1:42:00 1391

21

KM

NAAM TYD ALGEHELE PLEK

1. Zaan Wichtmann 1:51:25 308

2. Adri Scheepers 2:06:01 661

3. Alfred Mans 2:12:18 846

4. Martin Bezuidenhout 2:12:26 848

7

5. Henning Strauss 2:23:11 1150

6. Christene Van der Berg 2:23:11 1151

7. Mario Lindeque 2:23:12 1152

8. Helmuth De Lange 2:34:28 1404

9. Wilhelm Neethling 2:39:06 1476

10. Heinz Meulke 3:20:49 1811

11. Yolandi Strydom 3:20:59 1812

42

KM

NAAM TYD ALGEHELE PLEK

1. Lorraine Boshoff 3:32:50 173

2. Corne Boshoff 4:14:11 763

3. Bayethe Ndlaleni 4:38:41 1267

4. Steve Spalletta 4:59:31 1661

5. Marietjie Williams 5:02:44 1710

6. Ria Mouton 5:29:15 1907

EXXARRO NAGWEDLOOP: WOENSDAG 5 MEI 2010

NAAM TYD ALGEHELE PLEK

1. Lorraine Boshoff 46:32 43

2. Corne Boshoff 48:22 52

3. Alfred Mans 62:05 218

4. Annetjie Bezuidenhout 63:50 251

5. Helmuth De Lange 71:42 321

6. Leon Bezuidenhout 72:00 325

7. Wilhelm Neethling 74:55 355

14.ATLEET VAN DIE WEEK: AMELIA DU PLESSIS

1) Hoekom hardloop/stap jy en hoe lank doen jy dit al? Hardloop al van 2002

af, maar van Sept 2009 by VTM

2) Watter wedloop is jou gunsteling en watter een sal jy graag eendag wil doen?

Kaapse Hoop (Nelspruit), sal graag Voet van Afrika wil doen

3) Met watter soort skoen hardloop/stap jy? Hardloop met New Balance

4) Is daar enige persoon of legende wat jou inspireer om te hardloop/stap? Leon

B weet hoe om mens te motiveer om ‘n bult uit te hardloop!

5) Het jy enige stokperdjies? Buitelug dinge soos: stap, kamp, roei, perdry, lees.

6) Wat is jou gunsteling kleur? Lemmetjiegroen

8

7) Watter rugbyspan ondersteun jy? Ek is ʼn Blou Bul

8) Wat is jou gunsteling gereg? Skaapboud

9) Watter fliek het jy onlangs gekyk en wie is jou gunsteling akteur/aktrise? Ek

kyk nie eintlik baie fliek nie, dis seker weer ʼn bietjie tyd.....

10) Watter boek is tans op jou koffietafel? Oros vir die siel – Susan Coetzer

11) Watter musiek hou jy van? Die 80’s het die beste musiek

12) Waar sien jy jouself oor 10 jaar? Besig om die wêreld te sien!

13) Waar is jy gebore? Johannesburg

14) Waar het jy skoolgegaan? Riversdal (wes kaap)

15) Watter beroep volg jy? Fisioterapeut

16) Jy is alleen op ‘n eiland vasgekeer saam met net een persoon vir 10 jaar, as jy

kan kies, wie sal daai persoon wees? Hopelik saam ‘n eilandbewoner, dan sal

ek verseker oorleef!!!!

17) Wat irriteer jou en wat maak jou opgewonde? Mense wat nie weet wat hulle

in die lewe wil hê nie. Ek raak vreeslik opgewonde as die seisoene

verander!!!!

18) Wat verkies jy, bosveld of see? Bos, berg

19) Waar verkies jy om te hardloop/stap, grond of teer? Hardloop op ʼn

grondpaadjie

20) Het jy ‘n gunsteling gesegde wat jou motiveer in die lewe of waarmee jy

graag ander mense mee motiveer? Hoe meer jy doen, hoe meer kry jy

gedoen, so spring aan die werk!!!!!!!

15.AFRIKAANSE NUUSAGENTSKAP

Die Afrikaanse nuusagentskap bied vir jou die beste leesstof, musiek en groetekaartjies in jou eie

moedertaal. Hierdie agentskap bied ook aan jong skrywers die geleentheid om boeke te publiseer

en naam te maak. Jy kan boeke elektronies of in harde kopie bestel. Jy kan nou in die gerief van

jou eie huis op die internet jou boeke bestel. Besoek gerus vir www.afna.co.za of kontak vir

Marietjie Homan vir meer inligting. Winskopies wat hier verkrygbaar is, sluit die volgende boeke

in:

9

BOEK SKRYWER ELEKTRONIESE

PRYS

Moord op die

spyskaart

HARDE BAND

Karel Kitshoff R72,55 R150,95

Solitaire Paul Lessing R85,19 R190,38

Suid-Afrika se diere

leer my Afrikaans

praat

Willem A Smit R65,95 R145,95

Kompas Alexander K Hattingh R52,61 R91,77

Totsiens en ander

gedigte

16.KONSERT BY MONUMENT

Flippie Jacobs R47,78 R85,39

Op Sondagaand 30 Mei om 18:00 bied die Voortrekkermonument ‘n besondere

verskeidenheidskonsert in die Heldesaal aan om die onlangse, grootskaalse

restourasie van die interieur van die Monument en verskeie ander verbeterings

op die terrein aan die publiek bekend te stel. Die program bestaan hoofsaaklik uit

gewyde musiek met gepaste Afrikaanse musiek ter ondersteuning.

Verskeie bekende kunstenaars soos Dewald von Solms (tenoor), Gaylen Sales

(harp), Eon Malan (orrel) en Magda de Vries (marimba) voer bekende werke

soos Jesus Bron van al my Vreugde (JS Bach), Caruso (Lucio Dalla), You raise

me up (R Lovland), Halleluja (GF Handel) en Gebed van Koos du Plessis, uit.

Die suksesvolle Constantiapark Laerskoolkoor o.l.v. Annelie van Rooyen sing

werke soos Spreuke (G de Villiers) en die Nuwejaar Setees van C Lamprecht.

Die konsert word moontlik gemaak deur die bydraes van die maatskappye en

hoofkontrakteurs wat vir die opknapping verantwoordelik was nl, MEG Argitekte,

Siya Zama (Gordon, Verhoef en Krause) en die Van der Schijff Trust.

Die monument restourasie en paduitbreidings is met fondse wat van die

Nasionale Lotery Distribusiefonds verkry is, moontlik gemaak. Grootskaalse

waterskade wat deur die jare aangerig is, is herstel en die monument is binne

geverf terwyl nuwe ligte op die trappe aangebring is. ‘n Groter hooftoegangshek

en ’n nuwe toegangshek aan die Noordekant van die VTM, vanuit Jan

Smutsweg, ‘n nuwe informasiesentrum neffens die vergrote geskenkwinkel en

heelwat meer sitplekke met baie mooi uitsig by die kiosk en ’n nuwe baadjie vir

die Blikkantien Restaurant langs Galery 20.20, is enkele ander toevoegings wat

die terrein nog meer toeganklik en besoekersvriendelik sal maak.

Kaartjies vir die konsert is R80 vir volwassenes en R50 vir kinders en is

verkrygbaar by Annatjie by 012-326-6770 of ontvangs@voortrekkermon.org.za.

U kan gerus ook skakel vir besprekings.

10

17.HIERDIE WEEK IN DIE VOLKSGESKIEDENIS

*Generaal Jan Smuts is vandag in 1870 in Riebeeck-Wes gebore.

*Die Slag van Congela vind op hierdie dag in 1842 in Natal plaas. Die boere onder leiding van

Andries Pretorius beleër die Britte totdat Dick King hulp ontbied.

18.UIT DIE WOORD

Harde werk bring beloning, om net te praat bring gebrek – Spreuke 14:23

19.GEDAGTE VIR DIE WEEK

Geleenthede gaan by die meeste mense verby omdat dit ‘n oorpak aan het en na werk lyk –

CJ Langenhoven

20.VOORSLOT

Ons het weereens aan die einde van nog ‘n nuusbrief gekom. Die volgende uitgawe van Die

Voorslag verskyn D.V. op Maandag 14 Junie 2010. In hierdie uitgawe ontmoet ons vir Hester

Prinsloo.

Ek hoop regtig dat die winterkoue julle nie sal afskrik om te hardloop nie. Daar is regtig niks

lekkerder om die vars winterslug teen jou vel te voel terwyl die sonnetjie sy verskyning oor die

horison op ‘n wintersoggend maak nie. Probeer dit gerus. Lekker hardloop en onthou om die

Here elke dag te dank vir die voorreg om te hardloop en te stap.

Hardloopgroete en seënwense

Alexander

083 415 8016

jda@dwaf.gov.za

HIERDIE NUUSBRIEF GEE MET DANKBAARHEID ERKENNING AAN DIE AFRIKAANSE

NUUSAGENTSKAP.BESOEK GERUS DIE WEBTUISTE WWW.AFNA.CO.ZA VIR MEER

INLIGTING

www.afna.co.za

AFRIKAANSE NUUSAGENTSKAP 0861 846 644

11

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!