03.05.2013 Views

Graad 12 - Hoërskool Kempton Park

Graad 12 - Hoërskool Kempton Park

Graad 12 - Hoërskool Kempton Park

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

ONDERWYS

Departement:

Onderwys

Gauteng

Nasion ale

Senior Sertifikaat

Graad 12

Hoerskool Kempton Park

Geskiedenis

Vraestell

Rekordeksamen 2010

Punte: 150

Eksaminator: M. Labuscbagne

Tyd: 3 Uur

Moderator: S. van der Merwe

1 c.. " ," ~

, . - r ',.

I

Hierdie vraestel bestaan uit 10 bladsye en "n addendum van II bladsye.

Geskiedenis/V 1 Bl. 2 Rekord eks. 2010

Instruksies en Inligting

1. Hierdie vraestel bestaan uit VIER vrae gebaseer op die voorgeskrewe

Inheudsraamwerk vir 2010, waf soos volg is:

Vraag 1: Watter impak het die Koue Oorlog gehad op Vietnam?

Vraag 2: Hoe het Uhuru in die 1960's en 1970's in Afrika 'n

werklikheid geword?

Vraag 3: Watter vorme van Burgerlike Protes bet vanafdie 1960's

tot en met 1990 na vore gekom?

• Fokus 1960's: Burgerregtebewegings en Swartmagbewegings

in die VSA

Vraag 4: Watter vorme van Burgerlike Protes het vanafdie ]960's

tot en met 1990 na vore gekom?

• Fokus 1970's: Swartbewussynsbeweging in Suid-Afrika

2. Elke vraag tel 75 punte en begin met 'n sleutelvraag.

3. Kandidate moet TWEE vrae beantwoord. Elke vraag bestaan uit beide die

brongebaseerde vrae wat 45 punte tel en die uitgebreide skryfwerk wat 30 punte

tel.

4. In die beantwoording van vrae word daar van kandidate verwag om

toe passing van kennis, vaardighede en insig te demonstreer.

5. Kandidate wat die bronne as antwoorde oorskryf, sal benadeel word.

6. Skryf netjies en leesbaar.

Geskiedenis/VI BI.3 Rekord eks. 2010

Vraag 1: Watter impak bet die Koue Oorlog gebad op Vietnam?

Bestudeer Bronne lA, IB, Ie to en beantwoord die volgende vrae:

1.1. Verwys na Broo lA:

I.t.t. Bestudeer die kaart van Viltnam en gebruikjou eie kennis om die

~lings van die konferensie in Geneve ten opsigte van Vietnam te

verduidelik. (1x4)

1.2. Verwys na Bron 1B:

1.2.1. Wat verstaan jy onder die term "'Domino Teorie"? (lu)

1.2.2. Verduidelik watter impak die Domino Teorie op die verhoudiug tussen

die Weste en die Ooste gehad het. (2x2)

1.3. Verwys na Bron JC, ID en IE:

1.3.1. Wat het die Amerikaanse regering hedoeJ toe hulle gepraat het van die

veroweriog van die Vietnamese volk se "'hart en gees"'? (113)

1.3.2. In Bron Ie beweer die skrywer dat die'" Amerikaners nie geweet het hoe

om dit te doen nie." Hoe iIIustreer die spotprent in Bron 10 dit? Gee

duidelike voorbeelde uit die spotprent. (3d)

1.3.3. In die konteks van" om hart en gees te verower" (Bron IC) lewer

kommentaar op die foto in Bron tEo (3x2)

1.4. Verwys na Bron 1F:

1.4.1. Die skrywer van die artikel maak melding van "strategiese gehuggies" en

president Kennedy het dit beskryf as "veilige dorpies." Wat was die doel

met hierdie gehuggies? (2x2)

1.4.2. Om watter rede was dit nie 'n sukses nie? (2x2)

1.4.3. Watter faktore word door die bron aangegee as redes hoekom die VSA

die oorlog in Vietnam vertoor het. (3x2)

Geskiedenis Vr/1 RI.4 Rek. Eks. 2010

1.5. Verwysna Bron 1G

1.5.1. Watte.· boodskap probeer die spetprenttekenaar oordra in die bron?

(2xl)

1.5.2. Wat verstaan jy onder die konsep van "Vietnamisering"? (1x3)

1.6. Uitgebreide Skryfwerk

Beantwoord ofVraag 1.6.1. of 1.6.2. Moenie al twee vrae beantwoord nie.

Die lengte van die skryfstuk (opstel) moet ten minste twee bladsye lank wees.

1.6.1. 8espreek die begrip "Koue Oorlog" en verduidelik hoe die burgereorlog

in Vietnam in 'n groot Koue Oorlog-kontlik ontwikkel het. ( 30 )

OF

1.6.2. Gebruik die bronne en jou eie kennis en skryf 'n artikel vir jou skool se

historiese tydskrifwaarin jy Vietnam ontleed as 'n groot politieke verleentheid

vir Amerika. ( 30 )

(45)

[ 75 J

GeskiedenislVI BI.5 Rekord eks. 2010

Vraag 2: Hoe is Patrice Lumumba se bewind in die stryd om Uhuru

(vrybeid) in die Kongo ondermyn?

Bestudeer Bron 2A, 2B, 2C en 2D en beantwoord die volgende vrae.

2.1. Verwys na Bron 2A.

2.1.1. Wat, volgens hierdie bron, het Lumumba se lot beklink? (hI)

2.1.2. Verduidelik die tenn neo-kolonlale staat in jou eie woorde. (h2)

2.1.3. Waarom is Lumumba as 'n "struikelblok" deur Westerse betange

beskou? (h2)

2.1.4. Hoe dink jy is die onafbanklikheid van die Kongo deur Belgie en die VSA

ondennyn? (lI2)

2.1.5. Hoe het Brussel en Washington op die nuus van Lumumba se dood

gereageer? (1x2)

2.2. Gebruik Bron 2B.

2.2.1. Watter boodskap wi) die spotprenttekenaar eordra 001' die rol van die VN

in die krisis in die Kongo? (lx2)

2.2.2. Gebruik hierdie bron en jou eie kennis en verduidelik die akkuraatheid

van die spotprent in die uitbeelding van Lumumba se arrestasie. (2x2)

2.3. Vergelyk Bron 2A en 2B. Hoe ondersteun die inligting in Bron 2A die

bewyse wat in Bron 2B uitgebeeld word? (2x2)

2.4. Bestudeer Bron 2C.

2.4.1. Gebruik hierdie bron en jou eie kennis en verd uidelik of daar regverdigmg

was vir die verwysing na Lumumba as 'n "Afrika Fidel Castro." (lx3)

2.4.2. Verduidelik hoe die VSA se posisie deur die moord op Lumumba in gevaar

gestel is. (Ix2)

2.4.3. Waarom dink jy het Devlin nie die opdragte van sy hoofde uitgevoer nie?

h2)

2.5. Vergelyk Bron 2A en Ie. Wat is die ooreenkomste tussen hierdie twee

bronne met betrekking tot die gebeure wat tot Lumumba se dood gelei het? (2x 1)

2.6. Gebruik Bron 2D.

2.6.1. In sy laaste brief aan sy vrou was Lumumba se passievolle visie vir sy land

steeds duidelik. Gebruik inligting uit hierdie bron om Lumumba se visie te

verduidelik. (h2)

2.6.2. Wat se die brief vir jou van Lumumba se karakter? (Ix2)

Geskiedenis/VI BI.6. Rekord eks. 2010

2.6.3. Verduidelik die bruikbaarheid van hierdie brief vir 'n historikus wat die

gebeure wat tot Lumumba se dood gelei het, bestudeer. (2x2)

2.7. Gebruik al die bronne en jou eie kennis en skryf 'n paragraafvan ongeveer

SES reels (60 woorde) om te verduidelik waarom die toekenning van

onafltanklikheid aan die Afrika-kolonies in die 1960's en 1970's hulle nie totaal

vrygemaak het nie. ( 6 )

2.S. Uitgebreide Skryfwerk

(Jou antwoord behoort ongeveer TWEE bladsye lank te wees.)

Beantwoord EEN van die volgende vrae: VRAAG 2.8.1. OF 2.8.2.

2.S.1. Verduidelik hoe Lumumba se bewind in die stryd om uhurn (vryheid) in

die Kongo ondermyn is. ( 30 )

2.S.2. Gebruik al die bronne en jou eie kennis en skryf 'n verslag vir jou

plaaslike koerant waarin jy op die volgende steUing reageer:

"Die opkoms van Lumumba as 'n leier van 'n onafhanklike Kongo is as 'n

emstige bedl'eiging deur Westerse magte gesien.'" ( 30 )

OF

Geskiedenis/V1 BI.7 Rekord eks. 2010

Vraag 3: Burgerlike verset in die VSA: Hoe het die 1956

Montgomery Busboikot aanleiding gegee tot die Burgerregte

Beweging in die VSA?

Cebruik Bronne 3A, 3B, 3een 3D om die volgende vrae te beantwoord.

3.1. Verwys na Bron 3A.

3.1.1. Verduidelik hoe Rosa Parks die rassistiese wette in Montgomery trotseer

het. (1x2)

3.1.2. Verduidelik die idee wat baie mense bet van wat in die bus gebeur het.

(2x2)

3.1.3. Verduidelik waarom 'n historikus, wat meer oor hierdie insident probeer

uitvind, die bron nuttig sal lind. (2x2)

3.2. Gebruik Bron 3D.

3.2.1. Verduidelik hoe die foto, die weergawe wat deur Rosa Parks in Bron 3A

gegee is, bevestig. (Ix2)

3.2.2. Watter indruk kry jy van Rosa Parks se houding in die foto? (1x3)

3.3. Lees deur Bron 3C.

3.3.1. Watter bewyse is daar dat die boikot goed georganiseerd was? (2x2)

3.3.2. Watwas die Afro-Amerikaners veronderstel om te doen as alternatief vir

busvervoer? (3x1)

3.3.3. Verduidelik of die historikus, wat die Montgomery busboikot bestudeer,

hierdie bron betroubaar sal vind. (2x2)

3.4. Raadpleeg Dron 3D.

3.4.1. Volgens jou kennis, verduidelik wat bedoel word met Jim Crow wette.

(Ix3)

3.4.2. Verduidelik waarom die beginsel van geweldloosheid 'n rol in hierdie

protes-aksie gespeel het. (2x2)

3.4.3. Verduidelik hoe die Montgomery busboikot die houding van Afro-

Amerikaners in die VSA verander het. (2x3)

Geskiedenis/Vl bl.8 Rekord eks. 2010

3.5. Deur al die bronne en jou eie kennis te gebruik, skryf 'n paragraaf van

ongeveer 7 reels (80 woorde) oor die redes waarom Afro-Amerikaners in

Montgomery die busboikot geml het in 1956. (6)

(45]

3.6. Uitgebreide Skryfwerk

Die lengte van die opstel moet ten minste 2 bladsye wees.

Beantwoord EEN van die volgende vrae: Vraag 3.6.1. OF 3.6.2.

3.6.1. Die Montgomery busboikot het aanleiding gegee tot die Burgerlike

Beweging in die VSA.

Stem jy saam met hierdie stelling? Bespreek krities. (30)

OF

3.6.2. Deur al die bronne en jou eie kennis te gebruik, verduidelik hoe die

verskillende vorms van geweldlose protes gebmik is om verandering vir Afro-

Amerikaners teweeg te bring. (30)

[ 751

GeskiedenislV 1 bl.9 Rekord eks, 2010

Vraag 4: Die Swartbewustheidsbeweging in Suid-Afrika: Hoe het

Steve Biko Swart Bewustbeid in Suid-Afrika in die 1970's beinvloed?

Gebruik Bronne 4A, 4B, 4C en 4D om die volgende vrae te beantwoord.

4.1. Venvys na bron 4A.

4.1.1. Volgens hierdie bron, watter groep swart mense was die gretigste om

Swart Bewustheid te ondersteun? (lx2)

4.1.2. Dui aan hoe mense hulselfkon voorberei vir die Bevrydingsbeweging,

volgens Biko. (2x1)

4.1.3. Lewer kommentaar op die beperkings van hierdie bron vir 'n historikus

wat die Swart bewustheidsbeweging bestudeer. (2x2)

4.2. Gebruik Dron 4D

4.2.1. Verduidelik wat jy verstaan onder die stelling: "Steve Biko was Swart

bewustheid: " (Ix3)

4.2.2. Gee jou persoonlike opinie 001" die veroordeling deur Swart Bewustheidsdenkers

van swart mense wat hul kinders wit name gee, hul hare laat reguit

maak en rome aansmeer wat hul velligter maak. (2x2)

4.2.3. Verduidelik of 'n historikus wat Steve Biko en Swart Bewustheid

bestudeer Harry Mashebeta se idees betroubaar sal vind, (2x2)

4.3. Vergelyk Bronne 4A en 4B en noem watter Swart Bewustheids-idees die

twee bronne in gemeen het. (2x2)

4.4. Lees deur Bron 4C

4.4.1. Verduidelikjou opinie aangaande die skrywer se stelling dat Biko een van

die grootste figure in Suid-Afrika se apartheidstryd was. (lx3)

4.4.2. Verduidelik waarom dit nuttig kan wees vi.' geskiedenisstudente om' 'I

Write What I Like" te lees. (2x2)

4.5. Bestudeer Dron 4D

4.5.1. Wat was die bedoeling met hierdie spotprent? (lx2)

4.5.2. Wat stel die spotprenttekenaar voor oor die 1'01 van Swart Bewustheid in

Suid-Afrika vandag? (Ix3)

Geskiedenisl VI BI. 10. Rekord eks. 2010

4.6. Deur al die bronne en jou eie kennis te gebruik, skryf 'n paragraaf van

ongeveer 10 reels (100 woorde) waarin jy die idees van die Swart Bewustheidsfilosofie

verduidelik. (10)

(45)

4.7. Uitgebreide Skryfwerk

Die lengte van hierdie opstel moet ten minste 2 bladsye wees.

Beantwoord EEN van die volgende vrae: Vraag 4.7.1. OF 4.7.2.

4.7.1. Verduidelik hoe Steve Biko en die Swart Bewussynsbeweging die

Apartheidsregime uitgedaag het. (30)

OF

4.7.2. Gebruik al die bronne en jou eie kennis om 'n artikel te skryf vir

insluiting in 'n Vrybeidsdag publikasie oor Steve Biko se bydrae tot die Swart

Bewustbeidsbeweging en die bevryding van Suid-Afrika. (30)

[751

Totale Punte [1501

Onderwys

Departement

Onderwys

Gauteng

Nasion ale

Senior Sertifikaat

Graad 12

Hoerskool Kempton Park

Geskiedenis

Vraestell

Rekordeksamen

ADDENDUM

Hierdie ADDENDUM bestaan uit J3 bladsye.

Graad 12 Rekordeksamen VI= 2010 ADDENDUM hl.2

Vraag 1: Die impak van die Koue Oorlog op Vietnam

Bron IA

'n Kaart, aangepas uit Essential Modern World

History, wat die verdeling van Noord-en Suid-

Vietnam aantoon.

Andaman Sea

South China Sea

Bron 1B: '0 Illustrasie wat die Domino Effek aantoon.

Graad 12 Rekordeksamen VI = 2010 ADDENDUM BI.3.

Bron LC: 'n Historikus verduidelik die beleid van "hart en gees."

Die Amerikaners het op 'n vroee stadium besef dat die oorlog net gewen kon

word deur die ondersteuning van die Suid- Vietnamese kleinboere. Hierdie beleid

is die verowering van die "hart en gees" van die volk genoem. Die probleem was

dat die Amerikaners nie geweet het hoe om dit te doen nie en die regeerders van

Suid- Vietnam wou dit nie doen nie.

Bron ID: 'n Amerikaanse spotprent geneem nit World Powers in the

Twentieth Century wat kommentaar lewer op Amerika se

betrokkenheid in 1969.

Dit is vlekbestand, krimpbestand,

kleurvas, warm in die winter

en koel in die somer,

dis geskik vir skool, sokker en

Amerikaanse voetbal.

Graad 12 Rekordeksamen VI = 2010 ADDENDUM Bl. 4

Bron IE:'n Amerikaanse soldaat gebruik sy Zippo sigaretaansteker

om 'n Vietnamese hut aan die brand te steek tydens 'n "soek - en

vernietig"-sending.

Bron IF: 'n Historiese interpretasie van die Amerikaanse militere

strategie.

Amerikaanse pogings tot teeninsurgensietaktieke het misluk, soos seek-envernietig-sendings

en die beleid van "strategiese gehuggies." LugbomaanvaUe,

soos Rolling Thunder, was onvanpas teen 'n landelike gebaseerde ekonomie soos

die van Noord-Vietnam. Die deurslaggewende kwessie van guerrillaoorlogvoering

is dat die sukses daarvan atbang van die ondersteuning van die

plaaslike bevolking. Die Amerikaanse strategie het dit klaa"blyklik nooit in

aanmerking geneem nie, en eerder op hul voortreflike militere tegnologie

staatgemaak. In hierid esin word die Vietnam-oo.-Iog as 'n tragedie vir die VSA

beskryf omdat hul militere beleid die kiem van hul eie mislukking bevat het. Die

oorlog kon nie gewen word nie; dit is bloot uitgerek omdat die Amerikaanse

regering geweier het om op te gee.

Graad 12 Rekordeksamen V1 = 2010 ADDENDUM bl. 5

Bron 1G: 'n Spotprent wat kommentaar lewer op Vietnamisering,

soos geneem uit The World Since 1914.

BRON 2A

Graad 12 Rekordeksamen VI = 2010 ADDENDUM BI.6

Vraag 2: Afrika - Uhuru

Die volgende is In uittreksel uit Ludo de Witte se boek, The Assassination of Patrice

Lumumba. Lumumba was die eerste verkose eerste minister van die Kongo. Hy was

slegs vir twee maande eerste minister voordat hy uit sy pos verwyder en vermoor is.

Lumumba se lot is tydens die Kongo se onafhanklikheidsvieringe op 30 Junie 1960

beklink, toe hy die wrede brutaliteit en onmenslikhede wat die Kongolese onder die

Belgiese koloniale bewind beleef het, op 'n passievolle wyse veroordeel het. Dit was

Lumumba se visie om In verenigde Kongo te bou; hy was per slot van rekening In

baanbreker [pionier] vir Afrika-eenheid. Sy vermoe om te verpolitiseer en die m assas

radikaal te be"invloed, was In gevaar vir die Belgiese idee van 'n neo-koloniale staat

waarin hulle kon voortgaan om die ware beheer uit te oefen. Westerse belange in die

Kongo moes ten aile koste beskerm word. Lumumba was In struikelblok vir hierdie

scenario.

In Krisis het ontwikkel toe die koperryke Katanga, onder Moise Tshombe, besluit het om

weg te breek. Die kopermyne is deur die Belgiese Union Miniere [Unie van Mynwese]

besit. Die mynmaatskappy en Belgiese troepe het die onafhanklikheid van Katanga en

Tshombe ondersteun. De Witte het geglo dat [Belgie] die meesterbrein agter Katanga se

wegbreek [afstigting] was. Lumumba het Katanga se wegbreek teengestaan en besluit

om geweld te gebruik om Katanqa terug te bring. Hy het Belgiese diplomate geskors,

hom op die Verenigde Nasies beroep om die nuwe onafhanklike staat te verdedig en het

steun van die Sowjet-Unie aanvaar. Paranoia (vrees) in die Weste, spesifiek in

Washington [VSA] en Brussel [Belqie], het bepaal dat stappe gedoen moes word. Die

Belgiese minister v ir Afrika-sake, h et Idefinitiewe u itskakeling' [totale verwydering/dood]

geeis. D ie V N het d ie Weste 9 esteun, K atanga e rken eng eglo dat Lumumba polities

verstoot moes word en dat dit nie nodig was vir die VN om betrokke te raak nie.

Lumumba is deur Joseph Mobutu, wat later president Mobutu Sese Seko geword het,

gearresteer. Die Beige het 'n meer beslissende einde qeeis - hulle wou Lumumba aan sy

mees geswore vyand, Moise Tshombe, laat uitlewer. Dit was in werklikheid In

doodsvonnis. Lumumba is op 17 Januarie 1961 deur In vuurpeloton vermoor. Vir drie

weke lank is niks gese nie. Met die aankondiging van sy dood op die Katangese radio, is

aangevoer dat hy probeer ontsnap het en dat hy deur woedende dorpenaars vermoor is.

BRON 28

Graad 12 Rekordeksamen Vi = 2010 ADDENDUM RI. 7

'n Spotprent deur Leslie Illingworth wat die rot van die VN gedurende die Kongolese

krisis in die vroee 1960's toon. Let op die woord 'VN' op die hoede van die figure links

boo Die mense regs in die spotprent is ondersteuners van Mobutu. Die opskrif in die

agtergrond lees: VN Kongo Beheerpos.

1 __

BRON2C

Graad 12 reko r deksamen VI = 2010. ADDENDUM bL. 8

'n Aangepaste uittreksel uit 'n artikel deur Stephen Weissman vir die Washington Post

in Julie 2002. Weissman se artikel verwys na getuienis wat uit geklassifiseerde

dokumente verkry is en onthul hoe die CIA [Central Intelligence Agency] beplan het am

Lumumba dood te maak. Larry Devlin was 'n CIA-agent.

... die Eisenhower-administrasie het Lumumba as 'n Afrika Fidel Castro [rewolusionere

Kubaanse leier wat die VSA uitgedaag het] beskou en was bekommerd dat hy in die

rigting van die Sowjette oorhel.

Daar is 'n buisie giftige tandepasta aan Devlin gegee wat in Lumumba se badkamer moes

beland. Devlin is met afgryse vervul deur hierdie plan. 'Ek het nooit 'n sluipmoord

voorgestel of geglo dat dit raadsaam is nie,' verklaar hy nou. 'Die tandepasta het nooit in

Lumumba se badkamer beland nie. Ek het dit in die Kongorivier gegooi toe die

bruikbaarheid daarvan verval het.' .

Devlin se hy het vermoed dat die opdrag om Lumumba te vermoor direk vanaf president

Eisenhower gekom het. In Augustus 2000 is Devlin se vermoede amptelik deur

Washington bevestig - die opdrag het van die president gekom.

BRON2D

Hierdie is 'n uittreksel uit Patrice Lurnurnba se laaste brief wat hy aan sy vrou voor sy dood

geskryf het.

My Iiewe vrou

Ek skryf sonder om te weet of jy dit ooit sal ontvang en of ek steeds lewend sal wees as jy

dit lees ... Waarvoor ons vir ons land gehoop het, sy reg tot 'n eerbare lewe, tot 'n

onbevlekte waardigheid, vir onafhanklikheid sonder beperkings, is nooit deur Belgiese

kolonialisme en sy Westerse bondgenote begeer nie ... Dood of lewend, vry of opgesluit,

is dit nie ek wat saak maak nie, dit is die Kongo ...

Geskiedenis sal eendag seevier: dit sal nie die geskiedenis wees wat in Brussel, Parys,

Washington of die Verenigde Nasies geleer word nie, maar die geskiedenis wat in lande

onderrig word wat hulleself van kolonialisme en sy marionette bevry het. Afrika sal sy eie

geskiedenis skryf - 'n geskiedenis vol glorie en waardigheid.

C.', 12 Rekordeksamen VI = 2010 ADDENDVM BI. 9

Vraag 3: Hoe het die 1956 Mon tgomel')' Busboikot tot die

Burgerregte Beweging in die VSA gelei?

Bron 3A: Rosa Parks is op 1 Desember 1955 in Montgomery,

Alabama, gearresteer. Sy verduidelik war gebeur het in 'n onderhoud

met "n verslaggewer baie jare na die voorval,

Ek is op 1 Desernber 1955 gearresteer, omdat ek nie WOlJ opsraan op bevel van

die busbestuurder nadat die sitplekke vir' blankes VOOl' in die bus almal geneem

was nie. En natuurlik, ek was nie voor in die bus soos baie mense geskryf en gese

het ek was nie - dat ek op die bus geklim en die voorste sitplek geneem het, maar

ek het nie, Ek het 'n sitplek net agter die blankes s'n geneem, om die waarheid te

se, die laaste sitplek, 'n Man het tangs die venster gesit, en ek het 'n paadjiesitplek

geneem, terwyl twee vroue oorkant gesit het. Ons het ongehinders gery

tot ongeveer die tweede of derde stop, toe on klompie blanke mense op die bus

klim en 'n man moes bly staan. Toe die busbestuurder sien dat hy sraan, het hy

ons beveel om op te staan en ons sitplekke aan hom af te staan. Hy het daama

verwys as voorste sitplekke. Toe die ander mense - na 'n bietjie weifelagtigheid -

opstaan, wou hy weet of ek ook gaan opstaan, wat ek nie van plan was om te

doen nie. Hy het gese dat hy my sallaat arresteer, en ek het vir hom gese hy kan

dit maar doen. En natuurlik het hy.

Bron 3B: Rosa Parks se uitkenningsfoto by die Montgomery,

Alabama, polisiestasie in 1955. Die foto is geneem uit www.

Tatteredcoat.com.

Graad 12 Rekordeksamen VI ADDENDUM bl. 10.

Bron 3C: Teen die oggend na Rosa Parks se arrestasie was 52 000

pamflette reeds gedruk, waarop aile Montgomery swart mense gevra

is om nie op die open bare busse te ry op 5 Desember nie, die dag van

haar verhoor. Dit is wat op die pamflet gestaan het.

Moenie die bus werk toe, skool toe of enige ander plek heen neem op Maandag, 5

Desember nie. Nog 'n Negervrou is gearresteer en in die tronk gegooi, omdat sy

geweier het om haar sitplek af te staan. Moenie die busse gebruik nie. As jy

werk, neem 'n taxi, of deel 'n rygeleentheid, of stap. Kom na 'n

massavergadering, Maandag om 7 nm by Holtstraat se Baptiste Kerk vir verdere

instruksies.

Bron 3D: Die volgende uittreksel fokus op die belangrikheid van die

Montgomery busboikot in die konteks van die Burgerregte Beweging.

Die Montgomery Busboikot was belangrik, want dit was een van die eerste

georganiseerde en groot bewegings van die Afro-Amerikaners in die 20ste eeu.

Die boikot het gehelp om swart Amerikaners op groot skaal te verenig en het hul

weer 'n kans gegee om hoop en geloof in geregtigheid te he. Sedert emansipasie

het baie swart mense gevoel dat hulle benadeel en mishandel is en dat hulle nooit

in die Amerikaanse samelewing sal inpas nie. Die Jim Crow-wette het hierdie

gevoeJ van nie-aanvaarding versterk. Baie swartes, moeg van baklei, het

eenvoudig toe opgegooi. Maar toe die boikot begin, was baie mense weer

gemotiveerd. Jonk en oud was gereed vir verandering.

Die feit dat die Montgomery busboikot gebaseer was op geweldlose beginsels en

gelei is deur kerkleiers, soos Martin Luther King, het bygedra tot die sukses

daarvan. Die geweldlose beginsel het die steun van wit liberals, sowel as

nasionale en internasionale leiers, getrek.

As die beweging ander metodes as geweldloosheid gebruik het om sy doelwitte te

bereik, sou dit moontlik nie so effektief gewees het nie. Die leerstelling van Iiefde

bet die boikot uniek gemaak en het die swart gemeenskap geinspireer om verenig

te staan in hul stryd teen ongeregtigheid,

Die boikot bet 'n belangrike verandering in Afro-Amerikaners gedemonstreer.

Hulle het opgestaan teen verdrukking en was verenig vir die elf maande wat die

boikot geduur bet. Die Montgomery busboikot bet gedien as 'n katalisator vir die

burgerregte beweging.

Graad 12 Rekordeksamen VI = 2010 ADDENDUM BI. 11

Vraag 4: Hoe bet Steve Biko Swart bewustheid in Suid-Afrika

beinvloed in die 1970's?

Bron 4A Dit is 'n uittreksel uit 'n boek, deur die joernalis Graham

Leech oor sy ervarings in Suid-Afrika. Graham Leech was die Suid-

Afrikaanse Radiokorrespondent vir die Britse

Uitsaaikorporasie(BBC) en het oor die gebeure gerapporteer soos

wat dit ontvou het in 1976 en 1977.

Biko se bydrae tot die geskiedenis van swart nasionalistiese idees was om die 1"01

van die swart man in die vryheidstryd te benadruk, en om swart mense aan te

moedig om hul identiteit te vind en te bewaar. Alhoewel nie anti-blank nie, het

Biko se leers telling daarna gestreef om die swart man se afhanklikheid van die

sosiale en kulturele omgewing van die heersende wit klas te beeindig. Dit het

sterk eggo's van die Swart Mag-beweging in die VSA gehad. Tydens die laat

1960's en vroee 1970's het die Swart Bewustheidsideologie wyd byval gevind

onder die meer geletterde swart klasse, wat begin vorm het ten spyte van die

swartes se minderwaardige opvoedkundige geleenthede, vergelyke met die van

die blankes,

Bron 4B: Hierdie skets van Steve Biko is geskryf deur Harry

Mashebela in A People on the Boil: Reflections oor Junie 1976 en

daarna.

Op 'n manier was Steve Biko Swart Bewustheid. Hy het immers die konsep

daargestel. Hy het besef dat swart mense bang, verskriklik bang vir blankes was;

dat dit hierdie vrees en gevoel van minderwaardigheid was wat nie net

vereo rsaak het dat hulle hulself verag het nie, maar dat hulle bewe en kruip in

die teenwoordigheid van blankes. Swart Bewustheid het van swart mense verwag

om van die vrees, die gevoel van minderwaardigheid, die swak selfbeeld ontslae

te raak, om trots te wees op wie en wat hulle is en om hulle eie kultuur, tradisies

en geskiedenis te waardeer; om te breek met die gewoonte om hulself deur die oe

van hul onderdrukkers te sien; om 'n nuwe uitkyk te ontwikkel waarin hulle

hulself deur hul eie oe sien.

Swart Bewustheid was byvoorbeeld sterk gekant teen die gee van wit name aan

swart kinders. So was die reguit maak van hare en die aansmeer van rome om

die vel ligter te maak gesien as 'n begeerte om "wit" te Iyk. Die term "nieblank,"

wat algemeen deur blankes gebruik is wanneer na mense van kleur

verwys is, was gesien as hoogs afbrekend, en as sulks onaanvaarbaar. "Ons is

swart. Ons wit he almal, blankes ingesluit, moet so na ons verwys," het Biko en

sy luitelante aangedring, en het verduidelik dat die term "swart" na al die

onderdruktes in die land verwys: Afrikane, KJeuriinge en Indiermense .... Swart

het die strydkreet vir eenheid en solidariteit in die vryheidstryd geword.

Graad 12 rekordeksamen VI =2010 ADDENDUM bl. I2

Bron 4C: "n Bespreking van die boek, I Write What I Like, van die

tuisblad van die Universiteit van Chicago.

"Die dodelikste wapen in die hand van die onderdrukker is die gees van die

onderdrukte." Soos al Steve Biko se geskrifte getuig hierdie woorde van die

passie, moed en skerp insig wat hom onderskei het as een van die greorste figUl"e

in Said-Afrika se stryd teen apartheid. Dit reflekteer ook sy oortuiging dat swart

mense in Suid-Afrika nie bevry kan word, mits hulle nie saamstaan om die

kertings van onderdanigheid te verbreek nie. Dit was 'n sleutelbeginsel van die

SWaIi Bewustheidsbewegiug wat hy help stig het.

I Write What I Like bevat 'n 'u keur van Biko se geskrifte vanaf 1963, toe hy

president van die SA Studente-organisasie geword het, tot 1972, toe hy verbied is

om verder te publiseer, Die versameling sIuit ook "II voorwoord ill demo

Aartsbiskop Desmond Tutu; 'n Inleiding deur Malusi en Thoko Mpumlwana,

wat albei saam met Biko by die Swart Bewustheidsbeweging betrokke was: 'II

hnldeblyk aan Biko deur Vader Aelred Stubbs, sy jarelange pastor en vriend; en

'n nuwe voorwoord deur Professor Lewis Gordon.

Biko se geskrifte sal enigeen wat betrokke is by kwessies van rassisme, postkolonialisme

en swart nasionalisme opvoed en inspireer.

Graad 12 Rekordeksamen VI = 2010 ADDENDUM BI. 13

Bron 4D: "n Spotprent demoBrandon, wat kommentaar fewer op die huidige

status van Swart Bewustheid in Suid-Afrika,

OtiShertloetft

hierdie oorgebruikte

deurgatlg ter ere

vaa eetl van

ens geestelike

vaders

ANC

Ideologiese

Landopvulling

_••. '''I}-,.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!