HART 09 - 105 - Bonsmara

HART 09 - 105 - Bonsmara HART 09 - 105 - Bonsmara

bonsmara.com.na
from bonsmara.com.na More from this publisher
03.05.2013 Views

INDEX BLADSY/PAGE >> STAMBOOM/PEDIGREE>> TEELWAARDE/BREEDING VALUE>> HARTEBEESTLOOP LOT 1 : HART 08 - 235 LOT 1 : HART 08 - 235 Hy is geteel uit KHB 05-172. Hy is ‘n bul met ongelooflike kapasiteit en baie goeie bespiering maar die gemiddelde geboortegewig van sy kalwers op Hartebeestloop is slegs 36kg. Lees gerus meer oor KHB 05-172 op verskeie ander plekke in die katalogus. Sy ma is HART 06-105 met OEK 23 mnde, TKP van 423 oor 3 kalwers, speenindeks van 101 en RI van 116. HART 08-235 is ‘n mediumraam bul met baie goeie lengte. Hy lyk soos sy pa – ‘n toonbeeld van manlikheid. Die kop is baie sterk, wakker-oog bul, kop op, goeie oogbanke, breë bek en breed tussen die oë, baie goeie verdonkering en goeie skrotum wat mooi simmetries hang. Opvallend is die sterk nek van die bul en hoe hy sy kop dra. Daar is genoeg diepte, lengte, bespiering en breedte in die bul om goeie kapasiteit te verseker. Die bul se middelstuk, sprong van rib en toplyn trek dadelik aandag – en so ook die diepte deur sy voorlyf. Daar is oorgenoeg vleis aan die raamwerk. Die aanpasbaarheidseienskappe is baie goed, Hy vertoon goeie skofontwikkeling, goeie vel en haar en baie sterk bene en kloue. Daar is goeie lengte van die heupbeen na die sitbeen en die kruishelling is gunstig. Hy het ‘n uitstekende skede/naelvel kombinasie. Die enigste probleem is die man wat sy stert gebreek het as jong bul – vandag vat niemand meer aan ‘n dier se stert op Hartebeestloop nie, behalwe as om die stert te byt sodat die bees moet vorentoe in die manga. Hy het bietjie wit net voor die skrotum wat van sy pa af kom. HART 08-235 het goeie teelwaardes met geboortedirekte waarde minimaal bo rasgemiddeld, goeie melkwaarde en groeivermoë, uitstekende voerdoeltreffendheidswaardes, die regte “right size” liggaamsmates en baie goeie reproduksie teelwaardes. Teelwaardes speel ‘n rol in stoetteling en vleisproduksie maar is net een van baie eienskappe wat oorweeg moet word. HART 08-235 moet verkieslik op ouer verse (24 mnde) en koeie gebruik word. As ek die bul fisies evalueer, maak sy skouerknoppe en definisie van spier my versigtig vir gebruik op jong verse. Vir die kommersiële boer is hy die ideale bul vir enige produksiestelsel. Hy het genoeg melk om aan sy verse oor te dra, goeie voorspeense groei vir speenkalf produksie en baie naspeense groei op die veld vir osproduksie. HART 08-235 sal ook goed doen in ‘n kruisteelprogram – hy sal jou Simmentaler kruisingkoeie en Simbra koeie glad van vel en haar teel en ‘n ton voorspeense groei na die partytjie bring! Die kleiner beesboere met heelwat melkras genetika in hulle kudde sal ook baie baat om meer vleis en groei in te bring.

INDEX BLADSY/PAGE >> STAMBOOM/PEDIGREE>> TEELWAARDE/BREEDING VALUE>> HARTEBEESTLOOP LOT 2 : AEJ 05 - 112 LOT 2 : AEJ 05 - 112 Dit is tradisie op Hartebeestloop om elke jaar ten minste 2 beproefde stoetvaars in die mark te sit. Ons het ook ‘n geskiedenis van goeie teelmateriaal wat aangekoop is by Jan Pienaar van NOSA Bonsmaras. AEJ 03-199 wat tans by Tollie van Tonder (Komaweer Bonsmaras) is en AEJ 05-112 is deel van ons bulaankope by Jan. AEJ 05-112 is ‘n deel bul wat ons saam met Badeveen Bonsmaras (Dok en Dirk Badenhorst) besit. Vir die eerste tydperk het ons net semen gebruik terwyl hy fisies by Badeveen was. Ons het hom primêr gebruik om verse oop te maak. Hy kom uit ‘n uitstekende moeder, AEJ 00-148 wat nog steeds aktief in die NOSA kudde is. Haar OEK is 30 mnde, TKP is 382 dae oor 9 kalwers, speenindeks van 102, RI van 111 en 100% stoetgoedkeuring van al haar kalwers aangebied. Hierdie bul het goed gedoen by Badeveen Bonsmaras asook op Hartebeestloop. Hy teel mooi donker kalwers met pragtige pigment. Opvallend van sy kalwers is die baie goeie lengte wat hy konstant teel. Hy teel besondere goeie diepte, genoeg bespiering, goeie skrotums en sterk toplyne. As ek moet kritiseer, sou ek graag beter agterkwarte wou sien by sy nageslag. Hy self raak ook bietjie weg op die agterkwart veral as mens kyk na sy uitsonderlike voorkwart en goeie middelstuk. Daar is heelwat kalwers van hom wat in die ry staan en die beplanning is ook om een spesifieke seun van hom te gebruik wat nou baie goed doen tydens die somer FASE D groeitoets. AEJ 05-112 is weereens ‘n bul wat onverwant is aan die meeste NOSA-genetika wat in Namibië is. Dit is geskiedenis dat Namibiërs gereeld by NOSA Bonsmaras koop en dat hulle beeste baie goed aanpas en hoog geskat word. AEJ 05-112 se aanbieding skep ‘n goeie geleentheid vir diegene wat weens die toe grens NOSA genetika wil besit. Kyk gerus na hom – hy sal sy merk maak in menige kudde.

INDEX BLADSY/PAGE >> STAMBOOM/PEDIGREE>> TEELWAARDE/BREEDING VALUE>>

HARTEBEESTLOOP

LOT 1 : HART 08 - 235

LOT 1 : HART 08 - 235

Hy is geteel uit KHB 05-172. Hy is ‘n bul met ongelooflike kapasiteit en baie goeie bespiering maar die gemiddelde

geboortegewig van sy kalwers op Hartebeestloop is slegs 36kg. Lees gerus meer oor KHB 05-172 op verskeie ander

plekke in die katalogus. Sy ma is HART 06-105 met OEK 23 mnde, TKP van 423 oor 3 kalwers, speenindeks van 101 en

RI van 116.

HART 08-235 is ‘n mediumraam bul met baie goeie lengte. Hy lyk soos sy pa – ‘n toonbeeld van manlikheid. Die kop is

baie sterk, wakker-oog bul, kop op, goeie oogbanke, breë bek en breed tussen die oë, baie goeie verdonkering en goeie

skrotum wat mooi simmetries hang. Opvallend is die sterk nek van die bul en hoe hy sy kop dra. Daar is genoeg diepte,

lengte, bespiering en breedte in die bul om goeie kapasiteit te verseker. Die bul se middelstuk, sprong van rib en toplyn

trek dadelik aandag – en so ook die diepte deur sy voorlyf. Daar is oorgenoeg vleis aan die raamwerk.

Die aanpasbaarheidseienskappe is baie goed, Hy vertoon goeie skofontwikkeling, goeie vel en haar en baie sterk

bene en kloue. Daar is goeie lengte van die heupbeen na die sitbeen en die kruishelling is gunstig. Hy het ‘n uitstekende

skede/naelvel kombinasie. Die enigste probleem is die man wat sy stert gebreek het as jong bul – vandag vat niemand

meer aan ‘n dier se stert op Hartebeestloop nie, behalwe as om die stert te byt sodat die bees moet vorentoe in die

manga. Hy het bietjie wit net voor die skrotum wat van sy pa af kom.

HART 08-235 het goeie teelwaardes met geboortedirekte waarde minimaal bo rasgemiddeld, goeie melkwaarde en

groeivermoë, uitstekende voerdoeltreffendheidswaardes, die regte “right size” liggaamsmates en baie goeie reproduksie

teelwaardes. Teelwaardes speel ‘n rol in stoetteling en vleisproduksie maar is net een van baie eienskappe wat oorweeg

moet word.

HART 08-235 moet verkieslik op ouer verse (24 mnde) en koeie gebruik word. As ek die bul fisies evalueer, maak sy

skouerknoppe en definisie van spier my versigtig vir gebruik op jong verse. Vir die kommersiële boer is hy die ideale

bul vir enige produksiestelsel. Hy het genoeg melk om aan sy verse oor te dra, goeie voorspeense groei vir speenkalf

produksie en baie naspeense groei op die veld vir osproduksie. HART 08-235 sal ook goed doen in ‘n kruisteelprogram

– hy sal jou Simmentaler kruisingkoeie en Simbra koeie glad van vel en haar teel en ‘n ton voorspeense groei na die

partytjie bring! Die kleiner beesboere met heelwat melkras genetika in hulle kudde sal ook baie baat om meer vleis en

groei in te bring.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!