03.05.2013 Views

NUUSBRIEF / NEWS LETTER - Bethlehem Voortrekker Hoërskool

NUUSBRIEF / NEWS LETTER - Bethlehem Voortrekker Hoërskool

NUUSBRIEF / NEWS LETTER - Bethlehem Voortrekker Hoërskool

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

296, BETHLEHEM 9700 058-3034006

e-pos : admin@bvhs.co.za 058-3037178 / 0866365347

Uit die kantoor:

NUUSBRIEF / NEWS LETTER : 01/2013

25 Januarie 2013

2013 het weer met ‘n geweldige pas begin en ek wil van hierdie geleentheid gebruik

maak om alle leerders, ouers en personeel terug te verwelkom. ‘n Spesiale woord van

welkom ook aan al ons nuwe ouers, leerders en personeel.

Die jaar het afgeskop met uitstekende uitslae van die 2012-matriekgroep. Ek is veral

opgewonde oor die kwaliteit van die uitslae, soos weerspieël deur die 165

onderskeidings, 99% toelating tot tersiêre studie aan ‘n universiteit en die

vakgemiddelde wat meer as 63% is. Baie geluk aan hierdie leerders en almal wat ‘n

aandeel in hul sukses gehad het.

Die atletiek is volstoom aan die gang en het met ‘n uitstekende gees onder ouers,

leerders en personeel begin. Die kleursportbyeenkoms was regtig ‘n puik byeenkoms

wat die gees se standaard vir die res van die jaar gestel het. Uitstekende prestasies,

wat onder andere 16 rekords insluit, is gelewer. Wat egter meer verblydend was, is die

gesonde deelname op die baan, veld en die paviljoen. Ek wil graag alle ouers bedank

vir hul groot bydrae gedurende dié dag. Ons skoolgemeenskap het ook Kansa se

projek baie goed ondersteun en ‘n rekordbedrag van R5000.00 ingesamel is. Ook baie

dankie vir u ondersteuning hier.

I had the privilage to attend both gr.8 and gr.9 camps. These two events contribute

greatly towards the tradition and pride of our school, distinguishing us from other

schools. My heartfelt thanks to staff and parents who make these camps possible. A

special word of appreciation to the “Mothers who care” for their unique contributions in

many ways, to the school.

Cricket at BVHS is increasingly becoming a force to be contend with. We are greatly

excited about the present season. The u/15 team has already won their league, while

the first team is very well-placed in theirs. In the national Pro-20 competition our first

team beat Grey 2 by 7 wickets on Tuesday. Congratulations! This weekend sees them

playing Witteberg in this league. Next week we meet St. Andrews in a home game. All

cricket enthusiasts should have much pleasure from such high profile games.

Ons missie by BVHS is om op die hoogste vlak geleenthede vir ons leerders te skep

en daarmee in gedagte gaan ons in die volgende maand deelneem aan ‘n Top-10

atletiekbyeenkoms in Pretoria. Die top skole in die land word hier verteenwoordig. Dan

bied ons tuis ‘n 7’s-rugbytoernooi aan wat die gaping vul wat gelaat is deur die

kansellasie van die Atlantic 7’s-toernooi. Ook hier gaan die top skole in die land

teenwoordig wees.

Op kulturele gebied word daar ook gewoel en gewerskaf. Die organisasie van die

debat en redenaars is reeds aan die gang. Daar word ook hard geoefen aan die

musiekblyspel “ Grease” wat in hierdie kwartaal op die planke gebring word.

Ons wil ook versoek dat u asseblief die “Communicator”- program op u rekenaar aflaai,

wat kommunikasie op net nog ‘n hoër vlak gaan plaas.

Dit is dan ook die behoefte van my hart om ons ouerkorps en die vriende van BVHS te

bedank. Daar is ‘n positiwiteit in die skoolgemeenskap wat elektries is. Baie dankie vir

al die hulp wat u aanbied, al die goeie idees en projekte wat deur u betrokkenheid in

hierdie jaar geloods gaan word. Deur hande te vat kan 2013 net ‘n fantastiese jaar

wees.

Ons sien met groot opgewondenheid, entoesiasme en verwagting uit na hierdie jaar.

Trekker-groete

Gys Coetzee

ATLETIEK

Die kleursport het met groot entoesiasme, sweet en pret plaasgevind. Atlete het

uitstekend presteer en 16 rekords is verbeter. Baie dankie aan die leerders wat

deelgeneem het op die veld en op die pawiljoene.

Dogters o/14:

90m Hekkies – Emma Kleynhans , 3000m Stap – Henriette Cronje,

Hoogspring – Helen Wessels , Gewigstoot – Lara van Wyk

Seuns o/14:

3000m – Eric le Roux , 100m Hekkies en 300m Hekkies – Regardt Naude

Dogters o/15:

800m en 1500m – Sonja Cronje, 5000m Stap – Anika van der Westhuizen,

Seuns o/15:

5000m Stap – Guido Postma, Driesprong – Bertus Kleynhans,

Spiesgooi – Hernu van Vuuren

Seuns o/16:

3000m – Christian van der Westhuizen

Seuns o/17:

Gewigstoot – Helgard van Heerden, Spiesgooi – Johan (Boeta) Vermaak

Seuns o/19:

Gewigstoot – Wian van der Watt

Voor v.l.n.r : Lara van Wyk, Sonja

Cronje,Helen Wessels, Eric le

Roux, Henriette Cronje

Agter v.l.n.r: Regardt Naudé, Bertus

Kleynhans, Helgard van

Heerden, Wian van der Watt,

Boeta Vermaak, Hernu van

Vuuren, Emma Kleynhans,

Anika van der Westhuizen

ATHLETIC DATES

Graanveld : 7 February 2013 from 14:00. Race

walking will be held on Wednesday 6

February from 14:00

Eastern Free State : 23 February 2013

SWEM

Voortrekker se leerders presteer in swem en ons wens Eric le Roux geluk met sy

inluiting in die Vrystaatspan wat in April te Marina Martinique in Jeffreysbaai

gaan deelneem aan die SA Openwater Champs.

SPORTHEMP / SPORTSHIRT

Nuwe BVHS-sporthempies is beskikbaar vanaf Maandag 28 Januarie 2013 teen R150

elk. Die nuwe hempies word ingefaseer. Die BVHS-sporthemp (swart met wit moue)

mag nog steeds gedra word.

New BVHS sports shirts will be available @ R150 each from Monday 28 January 2013.

The new shirts will be phased in gradually. The previous BVHS sports shirt (black with

white sleeves) may still be worn.

ANDER BETALINGS / OTHER PAYMENTS

Alle ander betalings soos ryklub- of buskaartjies moet gedurende pouse

gedoen word.

All other payments like liftclub or bus tickets must be done during breaktime.

KLEREBANKTYE / CLOTHES BANK

Leerders sal voortaan SLEGS Maandag tot Donderdag NA

skool tot 14:30 in die klerebank gehelp word. Geen leerders

mag gedurende skooltyd in die klerebank gehelp word

nie. GEEN klere mag op krediet verskaf word nie. U

samewerking in die verband word waardeer.

The clothes bank will ONLY be available to learners on

Monday to Thursday after school up to 14:30. No learners will

be helped during school hours. NO clothes will be given on

credit! Your co-operation in this matter will be appreciated.

JAARPROGRAM / YEARPROGRAM 2013

Jaarprogram is beskikbaar by me. Riana Pelser teen R5.00

Yearprogram available from mrs. Riana Pelser @ R5.00

KULTUUR

ATKV-redenaars en –debat

Leerders wat wil deelneem, het inligting ontvang. Indien daar nog

belangstellendes is, meld aan by mev. Craven (K4)

INLIGTINGSAAND vir alle voornemende redenaars, hul ouers

en/of helpers op Donderdag 31 Januarie 18:00 – 19:00 in K3 (mev.

Marianne Mathee).

Inskrywings by mev. Craven (K4) sluit: Debat: Vrydag 1 Februarie

Redenaars: Vrydag 8 Februarie

OUERVERENIGING

Ouers wat belangstel om met die

aktiwiteite van die ouervereniging te

help, kan hulle name asseblief by

mnre. Hein knobel (0836483345) of abrie

du preez (0836406620) opgee.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!