NUUSBRIEF / NEWS LETTER - Bethlehem Voortrekker Hoërskool
NUUSBRIEF / NEWS LETTER - Bethlehem Voortrekker Hoërskool
NUUSBRIEF / NEWS LETTER - Bethlehem Voortrekker Hoërskool
You also want an ePaper? Increase the reach of your titles
YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.
Agtien Voortrekker-atlete op pad SA’s toe!

‘n Rekordgetal Voortrekker-atlete het uitstekend presteer by die jaarlikse

Interhoëratletiekbyeenkoms in Bloemfontein. ‘n Groot medalje-oes is

ingesamel met skitter atletiek tydens die byeenkoms naamlik:10 Goue -, 10

silwer- en 6 bronsmedaljes. 18 Atlete (die meeste wat Voortrekker nog

opgelewer het)is ingesluit in die Vrystaatspan wat vanaf 21 tot 23 Maart

aan die SA-kampioenskappe in Oos-Londen gaan deelneem. Wat dit meer

merkwaardig maak, is dat 12 van die 18 atlete wat in die Vrystaatspan is,

nog in graad 8 en 9 is.

Voortrekker is baie trots op al sy atlete wat ‘n uitsonderlike

atletiekseisoen beleef het!

UITSLAE LINDEN

Voor:P.T de Jager, Harm Venter,

Jonathan Allison, Annika van der

Westhuizen, Sonja Cronjé, Clari Buys,

Carla van Lill, Helen Wessels, Emma

Kleynhans

Agter: Hernu van Vuuren, Johann (Boeta)

Vermaak, Marco Labuschagne, Christoff

Janse van Vuuren, Letitia Janse van

Vuuren, Willie Naudé, Sollie Cronjé,

Lurinda van Heerden.

VOORTREKKER GAAN WEER 'N KRAG WEES IN DIE

GRIFFONSLIGA

Voortrekker het ’n hele paar lesse geleer uit sy pakslae teen die

formidabele span van Grey-Kollege verlede naweek. Teen rustyd was Grey

reeds 34-0 voor. Die Trekkers het egter in die tweede helfte mooi herstel

van sy bomskok en toe gewys waarom hy 'n span is wat nie onderskat moet

word nie. In die tweede helfte kon Grey slegs twee keer punte aanteken en

BVHS een keer. Die eindtelling 46-5 in Grey se guns. Voortrekker toets hom

graag teen die bestes en so doen hy waardevolle ondervinding op om die

rugbyleer te klim.

Tydens die afgelope naweek se interskole teen Linden Hoërskool het

Voortrekker uit die staanspoor gedomineer en dit het nooit gelyk of Linden

BVHS se verdediging gaan breek nie. Voortrekker het die lynstane en skrums

oorheers. Baie drieë en geleenthede het verlore gegaan deur onnodige

omgekeerde besit. Die span sal egter aan sy afronding werk en behoort mooi

te ontwikkel gedurende die seisoen.

Voortrekker wen 36 - 0 (Rustyd 24-0)