03. DOELWIT 2&3 - AANBIDDING & FELLOWSHIP.pdf - taniab.co.za

03. DOELWIT 2&3 - AANBIDDING & FELLOWSHIP.pdf - taniab.co.za 03. DOELWIT 2&3 - AANBIDDING & FELLOWSHIP.pdf - taniab.co.za

03.05.2013 Views

DOELGERIGTE JEUGBEDIENING DOELWIT 2 – AANBIDDING (bereik die skare) WOENSDAE XTREME SURVIVOR JEUGDIENSTE 19:00 – 20:30 Is jongmense wat jeugdienste bywoon. BELANGRIKE ASPEKTE VIR JEUGDIENSTE ‘n Positiewe en opgewonde atmosfeer met jongmens “praise&worship” musiek/musiek dvd’s wat speel voor dienste, regte beligting (bietjie verdoofde beligting vir atmosfeer). ‘n Verstaanbare boodskap, gekoppel aan ‘n uitdaging. Volwassenes en tieners wat nuwelinge groet en laat welkom voel. Opgewekte, ywerige, entoesiastiese, en passievolle fasilitering van die hele aand wat “excitement” skep by die jongmense. Leierskap moet uitsien na die aand se aanbieding. Dit moet nie ‘n las wees nie. RIGLYNE OM BOGENOEMDE ASPEKTE AAN TE HELP Ontwikkel ‘n 10 minute reël - Wees rustig 10 minute voor die jeugdiens begin, speel musiek en maak ‘n punt om alle aankomelinge vriendelik te groet. Jongmense wat die aand bywoon moet ten minste vier keer gegroet word voor die dienste begin. Leierskap moet nie ‘n “click” vorm en net met hulle “pelle” praat nie. Hulle moet uitreik. Leer die jongmense om vir die byeenkoms te bid - Leer alle leierskap wat betrokke is by die aand om ‘n sekere tyd bymekaar te kom voor die jeug begin en saam te bid vir die aand. Hul kan in kring staan en hande hou terwyl almal eendragtig bid en daarna kan een persoon voorgaan in gebed en die gebedstyd saam so afsluit. Al is dit net vir vyf minute. Die verwagting moet geskep word dat die aand aan God behoort en ons van Hom afhanklik is. Promofeer save touch - Dit sluit in high fives, handdrukke en drukkies. Vir baie jongmense is dit die eerste of enigste save touch wat hulle vir die week ontvang. Element van pret - Jongmense sal makliker met jou boodskap verbind as daar ‘n element van pret is. Daar is verskeie maniere om dit te bereik. Hou ‘n ysbreker/game voor die tyd om almal deel te maak, bietjie te laat vergeet van die dag se uitdagings en net lekker saam te lag en pret te hê. Studente betrokkenheid - Deur getuienisse, paneelbesprekings, rolspel, interaktiewe speletjies, spontane melodramas, “band practices”. Dit kan ook ingewerk word by die element van pret. Onthou dat nuwe studente wat enige program bywoon gewoonlik die volgende drie vrae het: Kan ek jou vertrou? Ethos – wat is jou karakter Gee jy vir my om? Pathos – empatie en begrip Weet jy waarvan jy praat? Logos – die Woord, Christus, logika van die onderwerp VERLOOP VAN DIE JEUGDIENS Opening en verwelkoming – (1) Wees opgewonde oor die aand, groet en verwelkom die jongmense met entoesiasme, met ‘n duidelike begin en met ‘n ferm stem wat dissipline in liefde afdwing. (2) Vra elke week ‘n ander jongmens om te open met gebed. (3) Vra watter jongmense die meeste vriende Lesing 3 : Doelgerigte Jeugbediening: Aanbidding en Fellowship (www.taniab.co.za) 1

DOELGERIGTE JEUGBEDIENING

DOELWIT 2 – AANBIDDING (bereik die skare)

WOENSDAE XTREME SURVIVOR JEUGDIENSTE 19:00 – 20:30

Is jongmense wat jeugdienste bywoon.

BELANGRIKE ASPEKTE VIR JEUGDIENSTE

‘n Positiewe en opgewonde atmosfeer met jongmens “praise&worship” musiek/musiek dvd’s wat speel

voor dienste, regte beligting (bietjie verdoofde beligting vir atmosfeer).

‘n Verstaanbare boodskap, gekoppel aan ‘n uitdaging.

Volwassenes en tieners wat nuwelinge groet en laat welkom voel.

Opgewekte, ywerige, entoesiastiese, en passievolle fasilitering van die hele aand wat “excitement” skep by

die jongmense. Leierskap moet uitsien na die aand se aanbieding. Dit moet nie ‘n las wees nie.

RIGLYNE OM BOGENOEMDE ASPEKTE AAN TE HELP

Ontwikkel ‘n 10 minute reël - Wees rustig 10 minute voor die jeugdiens begin, speel musiek en

maak ‘n punt om alle aankomelinge vriendelik te groet. Jongmense wat die aand bywoon moet ten minste

vier keer gegroet word voor die dienste begin. Leierskap moet nie ‘n “click” vorm en net met hulle “pelle”

praat nie. Hulle moet uitreik.

Leer die jongmense om vir die byeenkoms te bid - Leer alle leierskap wat betrokke is by

die aand om ‘n sekere tyd bymekaar te kom voor die jeug begin en saam te bid vir die aand. Hul kan in

kring staan en hande hou terwyl almal eendragtig bid en daarna kan een persoon voorgaan in gebed en die

gebedstyd saam so afsluit. Al is dit net vir vyf minute. Die verwagting moet geskep word dat die aand aan

God behoort en ons van Hom afhanklik is.

Promofeer save touch - Dit sluit in high fives, handdrukke en drukkies. Vir baie jongmense is dit

die eerste of enigste save touch wat hulle vir die week ontvang.

Element van pret - Jongmense sal makliker met jou boodskap verbind as daar ‘n element van pret is.

Daar is verskeie maniere om dit te bereik. Hou ‘n ysbreker/game voor die tyd om almal deel te maak, bietjie

te laat vergeet van die dag se uitdagings en net lekker saam te lag en pret te hê.

Studente betrokkenheid - Deur getuienisse, paneelbesprekings, rolspel, interaktiewe speletjies,

spontane melodramas, “band practices”. Dit kan ook ingewerk word by die element van pret.

Onthou dat nuwe studente wat enige program bywoon

gewoonlik die volgende drie vrae het:

Kan ek jou vertrou? Ethos – wat is jou karakter

Gee jy vir my om? Pathos – empatie en begrip

Weet jy waarvan jy praat? Logos – die Woord, Christus, logika van die onderwerp

VERLOOP VAN DIE JEUGDIENS

Opening en verwelkoming – (1) Wees opgewonde oor die aand, groet en verwelkom die

jongmense met entoesiasme, met ‘n duidelike begin en met ‘n ferm stem wat dissipline in liefde afdwing.

(2) Vra elke week ‘n ander jongmens om te open met gebed. (3) Vra watter jongmense die meeste vriende

Lesing 3 : Doelgerigte Jeugbediening: Aanbidding en Fellowship (www.taniab.co.za)

1

saamgebring het, wat nog nie vantevore die jeug besoek het nie. Daardie persoon kry ‘n give-away. (4)

Doen die nodige afkondigings. (5) Gee jongmense 5 minute om mekaar te groet en hulle laaste draaie te

loop voor die jeugdiens begin.

Ysbrekers / Speletjies - Doen elke week ‘n 15-30 minute ysbreker, net na die verwelkoming en voor

die praise en worship. Dit dra by tot ‘n ontspanne atmosfeer, om besoekers tuis te laat voel, mekaar te leer

ken, spangees te bou en pret te hê.

Praise en worship – (1) Gee geleentheid vir jongmense om te getuig wat God vir hulle gedoen het

deur die week. Dit gee hulle vrymoedigheid om ook by die skool en huise vir vriende en familie te getuig.

Jongmense moet blootgestel word aan wat God in ander jongmense se lewens doen. (2) Neem die

offerandes op voor die praise and worship. Gee ook hieroor “teaching” indien nodig dat jongmense sal

verstaan hoekom hulle gee en waarvoor dit aangewend word. (3) Praise en Worship is een van die

belangrikste elemente in ‘n jeugdiens. Dit moet doelgerig en dinamies wees. Bly op hoogte van die nuutste

praise en worship musiek en gebruik musiek van United Hillsong en Planetshakers waarmee jongmense kan

identifiseer, die ritmes geniet, saam dans en mewelewe toon. Indien nodig kry iemand voor wat bewegings

wys vir vinnige liede soos “we wanne see Jesus lifted high”, “blessed be the name of the Lord” wat kan dien

as elemente van pret dat die jeug die samesang geniet. Moet dit egter nie oordoen nie. Net een of twee liede

en beweeg dan aan na meer ernstige lof en aanbidding om die fokus op JESUS te kry.

Bediening van die Woord - (1) Hou dit kort, dinamies, toepaslik en verstaanbaar. (2) Wenke:

Tydens die bediening van die Woord word verskillende onderwerpe soos byvoorbeeld aborsie,

voorhuwelikse seks, dwelms, honger na God ens. eerstens aangespreek en daarna word God se Woord

relevant gemaak, as ‘n oplossing op die spesifieke behoefte. Hierdie voorbereiding neem baie tyd en die

aanbieding moet absoluut relevant en dinamies wees om die jeug se aandag en belangstelling te hou. JESUS

het vis, brood, klei, ark ... allerhande kreatiewe maniere gebruik om die boodskap oor te dra. Poog by jou

jeug om dieselfde te doen en moenie jou sin vir humor vergeet nie! Gee jou boodskap kreatiewe titels en:

Ontwikkel ‘n inleiding wat hulle aandag hou; Vereenvoudig jou boodskap; gebruik verstaanbare

skrifgedeeltes; gee aantekeninge sodat studente jou kan volg; Gee hulle spesifieke aksiestappe. (3) Moenie

al die praatwerk alleen doen nie. Wissel elke week af. Laat hul byvoorbeeld in groepe sit terwyl jy woord

bedien met ‘n leier wat jy aanstel. Handig preeknotas met vrae uit, laat hul dit bespreek nadat jy gepreek het

en elke groep terugvoer gee op wat die meeste uitgestaan het. (4) Hou die opeenvolgende week ‘n debat

oor ‘n belangrike punt wat jy in die vorige week se boodskap wou maak. Gee gou ‘n kort hersiening terwyl

hul reeds in hul groepe sit en wys dan uit watter groepe gaan vir of teen die stelling wees. Elke groep moet

‘n “opening statement” maak en mekaar dan begin vrae vra om die ander groep verkeerde te bewys. Stel ‘n

jurie aan wat die slotsom maak om alles saam te vat aan die einde van die aand. Jongmense geniet dit om

deel te hê aan die boodskap en ook hul sê te kan sê. (5) Jy hoef nie elke week dieselfde kinders in dieselfde

groep met dieselfde leier te fasiliteer nie. Nuwe groepe met nuwe leiers voorkom “clicks” en help dat

kinders nuwe jongmense leer ken.

Altar call – (1) Uitnodigings wissel soos die Gees van die Here jou lei. Dit kan wissel van om JESUS

as Verlosser te aanvaar, verhouding met JESUS te herstel, tot uitreiking tot God deur praise en worship of

om vir behoeftes van jongmense te bid. Bid vir die doping met die HEILIGE GEES. (2) Of gebruik dit na

jy “teachings” gegee het oor gebed om jongmense geleentheid te gee om daardie “teachings” fisies toe te

pas deur ‘n tyd van gebed in te ruim vir almal om aan deel te neem. (3) Altar call kan ook in ‘n tyd omskep

word waar jongmense vir mekaar bid en nie net die leier wat al die bidwerk alleen doen nie. Deel die

jongmense in groepe op dat hulle in groepe saam met mekaar bid.

Lesing 3 : Doelgerigte Jeugbediening: Aanbidding en Fellowship (www.taniab.co.za)

2

VYF BELANGRIKE BEGINSELS OM TOE TE PAS

Moenie jouself te ernstig opneem nie. Lag vir jou foute.

Gee elke week goeie give-aways. Hetsy ‘n shokolades, cd’s ens. Dit skep verwagting.

Deel die spotlight met jongmense en maak sterre van gewone jongmense. Gee

komplimente en skep geleenthede vir jongmense om deel te hê in die bediening en extra-ordinary dinge te

doen.

Skep onvergeetlike oomblikke. Bring jongmense op die verhoog en sluit hul op onverwagte

maniere by die program in.

GROEPSDEELNAME TYDENS JEUGDIENSTE

Ons is hier om jongmense te help groei in hulle verhouding met God en hulle verhouding met mekaar. Dit word

op ‘n verhoudingsbasis gedoen deur GROEPSVERBAND. Die doelwitte is as volg:

1 Johannes 1:7 deel

“Maar as ons in die lig wandel soos Hy in die lig is, dan het ons gemeenskap met mekaar; en die bloed van

Jesus Christus, sy Seun, reinig ons van alle sonde.”

Handelinge 2:42 breek van brood met ander

“terwyl hulle God geprys het en in guns was by die hele volk. En die Here het daagliks by die gemeente gevoeg

die wat gered is.”

1 Korinthiërs 1:9 ontwikkel intimiteit met Christus

“God is getrou, deur wie julle geroep is tot die gemeenskap met sy Seun Jesus Christus, onse Here.”

Galasiërs 2:9 ontwikkel intimiteit met ander gelowiges

“en toe hulle merk die genade wat aan my gegee is, het Jakobus en Céfas en Johannes, wat as pilare geag is,

aan my en Barnabas die regterhand van gemeenskap gegee, sodat ons na die heidene en hulle na die

besnedenes kon gaan”

Jongmense nooi hul vriende om jeugdienste by te woon.

Ons laat nuwe jongmense nie soos buitestaanders voel nie.

Leiers en groepslede bid daagliks vir mekaar.

Vriende kontak mekaar wanneer hulle nie jeugdienste bywoon nie.

Jongmense behou kontak met ander groepslede wat saam met hulle by dieselfde instansie studeer.

Leiers betrek alle groepslede met vrae en in deelname om terugvoer te gee of Bybelvers te lees, aan die

einde van die dienste.

Opleiding moet aan leiers gegee word wat leiding neem in groepe.

HOEKOM GROEPSDEELNAME TYDENS JEUGDIENSTE?

Dit help dat jongmense se stem gehoor word en gee hulle die geleentheid om betekenisvolle verhoudinge te

bou met andere. Groter as gevolg van vriendskaps evangelisasie en kleiner deur groepe.

Groepdeelname help jongmense om hulle geloof te verpersoonlik. Dit help jongmense om die waarheid in

hulle lewens te implimenteer.

Dit moedig aanspreeklike verhoudinge aan. Die Christelike lewe is te moeilik om in isolasie te leef.

Jakobus 5:16 “Bely mekaar julle misdade en bid vir mekaar, sodat julle gesond kan word. Die vurige gebed

van ‘n regverdige het groot krag.”

‘n Gevoel van “hoort” en gemeenskap word in die groepe ontwikkel wanneer die lede geestelik groei en die

skriftelike konteks van liefde vir mekaar begryp. Ons word vertel om:

mekaar te dien (Gal 5:13)

mekaar te aanvaar (Rom 15:7)

mekaar te vergewe (Kol 3:13)

Lesing 3 : Doelgerigte Jeugbediening: Aanbidding en Fellowship (www.taniab.co.za)

3

mekaar te groet (Rom 16:16)

mekaar se laste te dra (Gal 6:2)

om aan mekaar toegewyd te wees (Rom 12:10)

mekaar te respekteer (Rom 12:10)

mekaar te leer en onderrig en te vermaan (Rom 15:14)

onsself aan mekaar te onderwerp (Efs 5:21)

mekaar te bemoedig en op te bou (1 Thess 5:11)

WAARDES WAT LEIERSKAP IN GROEPE MOET INBRING

Egtheid

Vertroulikheid

Kweek

vertroue

1 Thessalonicense 2:8

Ons was so begaan oor julle

Dat ons nie net die

Goeie Nuus vir julle

wou bring nie

Maar ons sou ook ons lewe vir

julle gee

Omdat ons julle so liefgehad

het

Alle leiers moet genuine en deursigtig in hulle verhouding met Christus wees en nie showoffs

wees nie.

Die selgroep moet ‘n veilige plek wees. Wat in die groep bespreek word moet in die groep

bly.

Geen vrae is dom of simpel nie. Tieners moet vrymoedigheid hê en veilig voel om hulle

gevoelens te deel en vrae te vra.

Die jeugbediening is ‘n ekspressie van God se liefde vir jongmense. Ons

demonstreer dit op ‘n persoonlike manier deur die groepe. Dit is lonend

om ‘n jongmens te sien geestelik groei. Dit verskaf vreugde wanneer ‘n

mens groei in iemand se lewe waarneem.

Om te deel is wat ons doen in die groep. Ons deel ons lewens – die goeie

en die slegte. Ons deel met die jongmense niks minder as die evangelie

van Christus nie. Dit is die waarheid wat ons vir hulle bied.

Ons is meer as net leraars. Ons bied nie net die waarheid en die feite nie.

Ons deel ook ons lewens en belê in verhoudinge sonder om iets terug te

verwag.

Een van die doelwitte van selgroepe is dat daar ‘n band van liefde gebou

sal word. Hierdie pad word gebou deur geduld en moeite. Daar is geen

“lone rangers” in die jeugbediening nie. Ons is almal deel van ‘n span:

ons steun op mekaar en is betroubaar en daar vir mekaar.

Lesing 3 : Doelgerigte Jeugbediening: Aanbidding en Fellowship (www.taniab.co.za)

4

WAARDES WAT LEIERS IN GROEPE MOET UITLEEF EN KOMMUNIKEER

Relational

approach

Encourageme

nt

Laughter &

celebration

RELATIONSHIPS in selgroepe

Stel vir jouself ‘n doelwit om ten minste een keer per maand ‘n

ernstige gesprek met elke student in jou groep te hê.

1 Thess 2:8

Prys goeie antwoorde, vrae en deelname. 1 Thess5:11

Jou selgroep moet nie ‘n begrafnisatmosfeer hê nie. Joh 10:10

Acceptance Onthou dat nie elke persoon dieselfde geestelik sal groei nie. Jak 2:1

Transparency Moenie bang wees om te erken as jy nie seker van iets is nie. 1 Kor 2:3-4

Involvement

of students

Outreach

orientation

Numerical

growth

Spiritual

growth

Home-like

Intimite

Professional

Stragetic

follow-up

Die studente in jou groep moet 90% van die praatwerk doen,

wat beteken jy moet 90% van die tyd luister.

Onthou om vir nie-Christene te bid en praat gereeld oor

vriendskaps evangelisasie.

Goeie selgroepe groei deur word of mouth, maar hulle bly klein

deur in meer groepe in te deel. Bid dat die leierskapbasis sal

groei.

Jou belegging in verhoudinge met jongmense sal die pad van

die student se geestelike groei oopmaak en oophou.

Wanneer ‘n student afwesig was en terugkom sê eerder:

“welkom terug” in plaas van “waar was jy gewees”.

Laat die selgroepe elke week bymekaar kom (behalwe

skoolvakansies). Wees konsekwent. Selgroepe mag nie

gekanseleer word nie. Reël vir ‘n ander leier om waar te neem

as jy dit nie kan maak nie.

Ken die ouers se verwysingsraamwerk en weet wat in die

gasheer se huis aangaan waar die selgroep byeenkom.

Skryf ‘n brief of skakel ‘n student wat afwesig is van die

selgroep.

1 Kor 12:14

Matt 28:19

Hand 9:31

Hebr 6:1

Efes2:21

Jak 5:16

Spr 22:1

Spr 27:23

Lesing 3 : Doelgerigte Jeugbediening: Aanbidding en Fellowship (www.taniab.co.za)

5

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!