Download - 24.com
Download - 24.com
Download - 24.com
Create successful ePaper yourself
Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.
LEER EN PRESTEER

BYLAAG TOT BEELD 26 FEBRUARIE 2008 GRAAD 4 - 6
011 713 9147

Vir die huistaal

klaskamer bestel

boekies met

werkkaarte:

Local is lekker

en Koeranttaal.

Skoolkoerantkursus

1 Maart

Elmar Kollege

8 Maart

Hendrina gekombineerd

19 April

Laerskool Pierneef

Leer en Presteer

Gr 4-6

opvolg uitgawe

17 Junie

Navrae

Leer en Presteer

Elize 083 380 1800.

Middelblad

Riana

082 852 8814

Afrikaans huistaal

Wat ‘n… nagmerrie!

En dit is juis tydens slaaptyd, wat

die nagmerrie – ding sy kop uitsteek!

Vanuit die donkerte kom

die spoke en drake, die huis vol

met ESKOM voor in die koor,

met elke wilde wind van voor!

Ja, Suid-Afrika is in donkerte

gehul, maar wat kan ons as jeug

en toekoms van Suid-Afrika doen,

of moet ons ons maar met die

derde wêreld versoen?

Is jy aan die slaap of wawydwakker?

Kyk na die spotprent en lag lekker! (Net soos die res van die parlement)

Beantwoord die volgende vrae. Kyk veral na die karakters se

gesigsuitdrukkings.

1. Wie is die twee hoofkarakters in die spotprent?

2. Wat is beide van hulle se portefeulje?

3. Wat beteken die -tekens?

4. Hoekom dink jy slaap hulle so lekker?

5. Hoekom lyk die parlementslede agter in die prentjie so kwaai?

6. Dink jy die twee ministers droom soete drome of het hulle ook nagmerries?

z z

z

Elke artikel is ‘n skatkis vol woordsoorte, leestekens en skryfkuns.

As Suid-Afrikaners 10% minder elektrisiteit gebruik, is beurtkrag iets

van die verlede.

Dit was deel van die optimistiese boodskap waarmee mnr. Alec Erwin, minister

van openbare ondernemings, in parlementêre debat gemoedere oor die kragkrisis

probeer kalmeer het. Die regering meen die ekonomie kan steeds stewig groei ten

spyte van elektrisiteitsprobleme, het Erwin gesê.

Erwin en ander ANC-sprekers het ‘n rooskleurige prentjie van die situasie

probeer skets en is nie ten gunste van strafmaatreëls teen skuldiges nie.

Vroeër het kenners egter gewaarsku dat Suid-Afrika nie die hoogs

gekwalifiseerde kerndeskundiges het na wie Eskom soek om poste vir ‘n nuwe

kernkragsentrale te vul nie.

Eskom het bevestig dat daar ‘n tekort aan sulke kundiges is. Daarom begin hy

vroeg reeds met ‘n veldtog om kundiges te lok.

Erwin, wat vroeër gewaarsku het dat 7 000 MW kragverbruik gesny moet word

om te keer dat die land se hele kragstelsel in duie stort, het aangekondig dat ‘n

vergadering vandeesweek met verskeie van die land se grootste kragverbruikers ‘n

plan het om te verhinder dat die stelsel oorlaai word en ineenstort.

Beplande kragonderbrekings en besparing kan volgens Ervin die soort staking

van produksie waartoe myne verlede week genoop was, voorkom. Hy het

mynbase en vakbonde bedank vir hul samewerking in die verband.

Een van die grootste huidige uitdagings is volgens Edwin dat daar so min

reserwekrag is dat broodnodige instandhouding nie gedoen kan word, sodat die

kragstasies optimaal kan funksioneer nie.

Die groot verbruikers het ingestem om deur ‘n kragbesparing van 4 000 MW

die volgende vier weke ruimte vir instandhouding te skep.

Die regering is in verbinding met rolspelers soos die suikerbedryf, wat in staat

is om krag op te wek tydens sy industriële prosesse om die krag vir die land

beskikbaar te stel.

Me. Buyelwa Sonjica, minister van minerale en energie het in die debat gesê

elke oggend is haar gebed dat daar geen kragonderbrekings sal wees nie.

Onder gelag uit DA-banke het sy aangevoer die ANC moet bedank word vir

die leiding wat die party in die kragkrisis gee.

Sy het die besparingsvoorstelle herhaal wat sy verlede Vrydag aan die hand

gedoen het en ook gesê mense moet vroeër gaan slaap om krag te bespaar.

1. Lees deur die artikel en sit die lig aan in die taalafdeling.

a) Kry jou pen in die hand en omkring al die werkwoorde wat jy raaklees!

b) Soek 5 vyflettergrepige woorde uit die stuk en skryf hulle neer. As jy meer kan

kry, is dit ‘n bonus.

c) Lees nou ‘n bietjie verder en laat die selfstandige naamwoorde lewe kry!

Onderstreep al die selfstandige naamwoorde.

d) Byvoeglike naamwoorde of adjektiewe gee gewoonlik lewe aan ‘n sin… Kyk of

jy ‘n paar interessante adjektiewe kan raaklees.

Suid-Afrika in donkerte gehul

Kragteloos

Ag nee wat, hoekom so

sinies! Kom ons sit ‘n

bietjie koppe bymekaar en

doen met ‘n bietjie dink!

Hallo, ek is Eddie

Energieloos. Help

my kragopwekker

met ‘n werkwoord of

twee?

Trek “Beeld” nader

en sny soveel

moontlik werkwoorde

uit!

Speel speurder: Die opksrifte en inhoud het in die donker bietjie

deurmekaar geraak! Kyk of jy die krisis kan oplos. Skryf die regte

opskrif by die regte berig.

Beste polisie nuus in jare

Mooi gedoen, mnr. Werner van Zyl, dat jy die moed gehad het om foto’s te neem

van inbrekers wat jy op heterdaad betrap het (Beeld, 31 Januarie).

Foto nommer twee was veral interessant, want daar word ‘n hond ook net-net

“betrap” deur die kamera. Ons het net die kop

van “Liefie” (dit moet sy naam wees!) waar hy doodluiters staan en kyk terwyl die

diewe in hul BMW ontsnap. Ek sien uit na die advertensie in Netads onder

“troeteldiere” wat lees: “Te koop: Sagmoedige waghond. Veral goed met kinders

en inbrekers.”

Ek sien die polisie het darem “die voorval bevestig”.

Met die foto’s tot hul beskikking hoop ons hulle kry dit reg om meer as net dit te

doen! – Cliff Saunders, Northcliff

Sny wanbetalers se krag vir 10%

Ek het verlede jaar ‘n 200 liter sonligwaterverwarmingstelsel laat opsit en bespaar

so gemiddeld R400 per maand aan kragverbruik.

As dit nie vir die weke en weke se bewolkte weer was nie, sou ek nog meer

bespaar het. Maar nou wonder ek: Indien beperkings in werking gestel word, gaan

dit volgens my huidige (verminderde) kragverbruik gemeet word, of volgens my

verbruik voordat ek die ongesubsidieerde, belasting-onaftrekbare koste van

R10 200 aangegaan het om krag te bespaar. – Ella, Alberton

Op watter vlak word ek beperk?

Laat al die nie-betalers van krag gelys word, dan bespaar ons meer as 10% deur

die wat nie vir dienste betaal nie, se krag af te sny. Diegene wat in die kategorie

val, moet dan elektrisiteitmeters kry wat met ‘n voorafbetaalkaart werk.

– Jan, Sinoville

Te koop: sagmoedige waghond?

Die beste polisie-nuus in baie jare in Beeld is die berig “2 rowers binne week

gevang en gevonnis” (31 Januarie).

Die twee rowers is vir onderskeidenlik 22 en 12 jaar tronk toe gestuur. Die

ondersoekbeamptes en al die polisielede van Northam moet behoorlik

gelukgewens word met hierdie flinke optrede.

Suid-Afrika het meer sulke flink polisiebeamptes nodig. – Louis Nel, Brooklyn

Kreatiewe skryf

Kies een van die volgende en laat waai dan met lawwe of liewer kreatiewe

idees en skryfkuns!

a) Tot siens Eskom, hallo sonkrag?

Wat dink jy is die oplossing vir ons land se kragkrisis? Skryf ‘n paragraaf of

twee. Maak ‘n impak.

b) Dink jy om die pad te vat, is ‘n nagmerrielose oplossing? Wat wil jy doen?

Wil jy bly of wil jy ry? Skryf hieroor.

c) Wat doen jy as jy alleen is en niemand het om mee te speel nie? Hoe hou jy

jouself besig? Onthou, dit is lekker om Beeld te lees.

2 Leer en Presteer graad 4 - 6, bylaag tot Beeld, Dinsdag 26 Februarie 2008
Natuurwetenskappe en tegnologie

Soos jy seker deesdae met die instelling van beurtkrag

agterkom, is dit maar vir die moderne mens moeilik om

sonder elektrisiteit oor die weg te kom! Wanneer daar

nie elektriseit beskikbaar is nie, word huishoudings,

fabrieke, myne, hospitale, verkeersligte, lughawens en

vele ander bedrywe baie ernstig beïnvloed.

ESKOM is die verskaffer van elektrisiteit in Suid-Afrika en verkoop in

sommige gevalle die elektrisiteit aan die munisipaliteite wat dit dan

weer aan die fabrieke, besighede en huishoudings verkoop.

Wat is elektrisiteit?

Die woord "elektrisiteit" kom van die Griekse woord vir amber - elektron.

Die ou Grieke het opgemerk dat wanneer ’n mens amber met ’n lappie vryf,

klein voorwerpe daaraan vaskleef.

Elektriese stroom is die vloei van negatief gelaaide deeltjies - genoem

elektrone.

Kom ons kyk nou eers wat elektrone is en hoekom hulle kan beweeg.

Die bou van die atoom

Jy het seker al voorheen van atome gehoor - of van

die atoombom wat aaklige verwoesting in die

Tweede Wêreldoorlog gesaai het. ’n Atoom

bestaan uit ’n kern (bestaande uit protone, wat

positief gelaai is en neutrone, wat neutraal is) en

elektrone wat in bane of orbitale om die kern beweeg,

amper soos die planete om die son.

Elektron

In party stowwe word die elektrone net losweg by hul atome gehou. Hulle kan

dan van atoom tot atoom beweeg. Wanneer dit gebeur, vloei daar ’n elektriese

stroom.

Nie almal het elektrisiteit nie

Die meeste van ons het die gebruik van elektrisiteit in ons huise. Almal is nie so

gelukkig nie en daar is baie huishoudings in Suid-Afrika, soos in die plakkerskampe,

wat sonder hierdie luukse moet klaarkom.

Hoekom dink jy is daar so baie huishoudings wat nie elektrisiteit het nie?

Tipes elektrisiteit

Statiese Elektrisiteit

Statiese elektrisiteit is ’n elektriese lading wat stilstaan. Wanneer jy ’n ballon teen

jou trui vryf, kom sommige elektrone van hul atoomkerne los wat veroorsaak dat

daar ’n elektriese lading ontstaan. Dieselfde soort ladings stoot mekaar weg,

terwyl teenoorgestelde ladings mekaar aantrek. As ek dus twee voorwerpe het

wat albei óf negatief óf positief gelaai is, sal hulle mekaar wegstoot. Indien een

voorwerp positief - en ’n ander negatief gelaai is, sal hulle mekaar aantrek.

Praktiese opdrag

• Wat het jy met die ballon gedoen om hom negatief te laai?

• Wat gebeur as jy die negatief gelaaide ballon teen die muur hou en dit laat

los?

• Wat kan jy uit jou antwoord in (2) aflei en verskaf ’n rede?

• Kan jy aan nog ’n paar voorbeelde van statiese elektrisiteit dink, wat jy al

beleef het?

Die wonder van elektrisiteit

Kern

Orbitaal

Ongelukkig veroorsaak hierdie tekort aan elektrisiteit ’n paar ander

probleme:

• Woude word afgekap vir brandhout.

• Verhoogde besoedeling as gevolg van verbranding.

• Gevaar van brandverspreiding en opdoen van brandwonde.

Stroomelektrisiteit

Jy weet nou reeds dat ons atoomdeeltjies wat negatief gelaai is, elektrone

noem. Wanneer miljoene van hierdie elektrone in ’n voorwerp vloei, ontstaan ’n

elektriese stroom. Hierdie tipe voorwerpe wat elektriese stroom deurlaat,

word ’n geleier genoem.

Eintlik laat alle stowwe ’n mate van elektriese stroom

deur; sommige is net beter geleiers as ander. ’n Stof

wat baie min stroom deurlaat (soos glas), word ’n

isolator genoem, terwyl ’n stof soos koper weer ’n

goeie geleier is.

Weerlig is ook ’n vorm van elektrisiteit, wat plaasvind as

daar te veel elektrisiteit in wolke opgegaar word. Ons

sien dan die elektriese lading as ’n weerligstraal wat

tussen die wolke skiet, of vanaf die wolk na die grond.

Opdrag

Vind uit hoekom daar tydens ’n elektriese storm ook

donderweer gehoor kan word. Sê ook hoekom ons eers

die weerligstraal sien en dan die donderweer hoor

dreun.

Hoe elektrisiteit in Suid-Afrika opgewek word

Die wet van behoud van energie sê dat ‘Energie’ (soos elektrisiteit) nie vernietig

kan word nie, maar dit kan van een vorm na ’n ander oorgeskakel word. Dit

beteken dus dat die eletrisitiet wat deur Eskom opgewek word, eers in ’n ander

vorm bestaan het. Groot turbines skakel die energie om in elektriese

energie van die vorm waarin dit oorspronklik is.

Die hoeveelheid krag wat deur eletrisiteit gelewer word, word in watt gemeet.

Kragstasies se lewering word in megawatt gemeet, omdat dit so groot is.

1 megawatt = 1 000 kilowatt en 1 kilowatt = 1 000 watt.

Dus is 1 megawatt (MW) = 1 000 000 watt

Opdrag

• Na wie is die eenheid 'watt' vernoem?

• Wanneer en waar is die persoon gebore?

• Wat was sy belangrikste bydrae tot tegnologie?

Eskom maak van die volgende bronne van

energie gebruik vir die opwekking van

elektrisiteit:

• Steenkoolkragstasie, bv Majuba, Arnot en

Kendal

• Kernkrag, bv Koeberg

• Hidrokrag, bv Gariepdam en Vanderkloofdam

• Pompopgaar, bv Drakensberg

• Gasturbines, bv Acacia en Port Rex

• Windplase, bv Klipheuwel (eksperimenteel)

Opdrag

Gaan vind ’n bietjie meer uit oor hoe die

volgende bronne van elektrisiteit werk en wat

die voordele en nadele aan hierdie metode van

elektrisiteit-opwekking is:

• Steenkoolkragstasies • Kernkrag • Hidrokrag

• Pompopgaar • Windkrag (gaan kyk bietjie op

die volgende webblaaie.)

Windenergie is volop, hernieubaar

, wyd beskikbaar, skoon, en dit verminder giftige

atmosferiese- en kweekhuisgasuitlatings indien dit gebruik word om

fossielaangedrewe elektrisiteit te vervang.

Hoe om elektrisiteit te spaar

Julle het nou almal gehoor van beurtkrag en al die probleme wat daarmee

saamgaan. Eskom het al die mense van Suid-Afrika gevra om te probeer om

minder eletrisiteit te gebruik, omdat daar meer elektrisiteit verbruik word as

wat daar tans gelewer kan word.

’n Skottelgoedwasser gebruik bv baie meer energie as wanneer die

skottelgoed met die hand gewas word.

Opdrag

Noem nog 5 maniere hoe elektrisiteit by die huis bespaar kan word:

Leer en Presteer graad 4 - 6, bylaag tot Beeld, Dinsdag 26 Februarie 2008 3
Natuurwetenskappe en tegnologie

Ons land beleef ’n tekort aan elektrisiteit en dit laat ’n mens nadink oor

die wonder van elektrisieit en al die implemente wat daardeur

aangedryf word. Het jy al ooit gewonder wat laat ’n gloeilamp skyn

enkele sekondes nadat jy dit by die skakelaar aangesit het? Hoekom

werk jou bedlampie nie as daar net een van die draadjies is wat nie reg

gekoppel is nie?

Lig – van toeka tot nou

Nadat vuur vermoedelik ‘per ongeluk’ deur homo erectus ontdek is, het die vuur

self of stukke brandende hout wat as fakkels gebruik is, die eerste kunsmatige lig

aan die mens verskaf.

Daarna is ‘kerse’ gemaak deur stokke in was of vetterige stowwe te smeer. Soms

is ’n stuk tou sommer deur die dooie voël wat ’n vetterige laag oor die vere het,

geryg, Die tou is dan aan die brand gesteek om lig te verskaf! Die eerste

brandstof in lampe, was olyfolie en neutolie. Daar is ook oorblyfsels gevind van

beeshorings, gevul met mos en olie, wat dan as ’n tipe fakkel gebruik is.

Die Arabiese lande het die tipiese Aladdin-lampie gehad om lig te verskaf. Dit was

maar ’n baie flou, flikkerende liggie – selfs swakker as ’n kers. Daar word van

hierdie lig as ‘dooie vlam’ gepraat, omdat daar nie ’n pit was soos in ’n kers nie.

Die kers in die huidige vorm is teen ongeveer die jaar 400 v.C. deur verskeie volke

gemaak.

Opdrag: kom ons maak kerse

Gesmelte kerswas is baie warm en kan ernstige brandwonde veroorsaak. Wees

versigtig as jou onderwyser die kerse maak. Moenie aan mekaar stamp en

grappies maak nie – die warm kerswas kan baie seer brand.

Die maak van die pit (die toutjie in die middel)

Benodig;

• Dubbelkastrol en gasbrander / bakkie in mikrogolfoond.

• Tou (sowat 30cm per leerder).

• Foelie of waspapier.

• Oorskiet kerse of byewas.

Metode:

• Verhit die kerse in die dubbelkastrol, totdat dit deursigtig is.

• Maak ’n knoop aan die een punt van die tou om aan vas te hou.

• Doop die stukkies tou versigtig in die gesmelte was.

• Plaas die kerspitte op die foelie om af te koel.

• Sodra die was gestol het, haal af van die foelie en hou eenkant.

Die maak van die kers

Benodig:

• Dubbelkastrol en gasbrander / bakkie in mikrogolfoond.

• Houer met koue water.

• Voorbereide kerspitte.

• Gebruikte kerse of paraffienwas.

• Plastiek vrugtesapbotteltjies .

• Skêr.

Metode:

• Maak ’n klein gaatjie in die botteltjie.

• Ryg die pit daardeur en maak ’n knoop aan die onderpunt.

• Laat die pit sowat 10 cm bokant die botteltjie se bek uitsteek.

• Smelt die was versigtig, totdat dit deursigtig en heeltemal vloeibaar is.

• Hou die pit regop en gooi die gesmelte was versigtig in die botteltjie.

• Sit die botteljie vol was in ’n houer met koue water tot dit gestol het.

• Sny die pit tot ongeveer 2 cm langer as die kers.

• Sny die botteltjie met ’n skêr los van die kers.

Verskeie tipe olielampe het teen die 18e eeu die lig gesien! Sommige het ’n klein

flessie gehad waarin die brandstof soos paraffien gestoor is. Hierdie was die

voorloper van die elektriese gloeilamp en het as volg gewerk:

1. Die pit hang in die paraffien en die bo-punt word aan die brand gesteek.

2. Die vlam van die pit verhit die gloeikousie, wat sy vorm behou, al word dit ’n

poeieragtige gaaskousie. Die kousie gloei en verskaf die lig.

3. Die glasbuis word opgeskroef om te help met die vloei van lug oor die

gloeikousie. Paraffien word in die houer aan die voet van die lamp gestoor.

Die elektriese gloeilamp het gevolg op gaslampe wat die eerste keer in 1798 deur

William Murdoch bekend gestel is.

1.

Opdrag

• Deur wie en wanneer is die elektriese gloeilamp ontdek?

• Watter ander uitvindings het ons aan die persoon te danke?

• Waar en wanneer is hy oorlede?

Hoe werk ’n gloeilamp?

’n Gloeilamp gebruik elektrisiteit om die

filament te verhit. ’n Filament is ’n dun

draadjie wat nie ’n goeie geleier van

elektrisiteit is nie. In plaas van die

elektrisiteit toe te laat om daardeur te

vloei, word dit uiters warm en gee dan lig

af. As dit aan die buitekant van die

gloeilamp sou gebeur, sou dit vlam vat

en uitbrand. Nou word dit omring aan die

binnekant van die glas deur ’n gas soos

byvoorbeeld argon, wat veroorsaak dat

dit nie aan die brand steek nie.

Laat die ligte skyn!

Filament

2.

3.

glasbol

gas soos argon

glasondersteuning

metaalkoppeling na

elektrisiteit

Die elektriese stroom vloei dus deur die kabels na die gloeilamp en deur die

filament. Die filament is ’n swak geleier wat warm word en lig afgee.

Hierdie tradisionele gloeilamp is egter nie baie ekonomies nie (gebruik baie

elektrisiteit) en daar is energie-besparende gloeilampe te koop wat minder

elektrisiteit gebruik. Hulle gebruik ongeveer een vyfde van die energie van ’n

normale gloeilamp en hou gemiddeld 10 x langer!

Energiebesparende gloeilampe is ’n kompakte vorm van fluoresseer

ligte - amper soos die lang buisligte wat jy ken, wat op ’n slim manier

‘opgevou’ is. Die binnekant van die buisies is met ’n laag fosfor

bedek met gas wat binne-in die buise gestoor word. Wanneer daar

elektrisiteit deur die gas vloei, stel dit ultra-violet strale vry wat

veroorsaak dat die fosfor gloei.

Hierdie gloeilampe is goedkoper om lig te gee, omdat amper al die elektriese

energie in lig-energie omgesit word. By die tradisionele gloeilamp gaan baie lig

‘verlore’, omdat die energie in hitte omgesit word. Jy weet hoe warm ’n

gewone gloeilamp kan word en hierdie hitte-energie is natuurlik van die

eletrisiteit afkomstig.

Maak eers seker

Moenie sommer net aanvaar dat ’n gloeilamp stukkend is, of dat die elektrisiteit

af is as gevolg van beurtkrag as toestelle nie werk nie. Maak eers seker of die

kragprop behoorlik aan die elektriese kabel gekoppel is. Die kragprop verbind

die toestel aan die elektriese toevoer van die gebou. Wanneer die draadjies nie

behoorlik kontak met die kragprop maak nie, sal die toestel nie werk nie.

Bedrading van ’n kragprop

Opdrag:

Probeer om ’n eleketriese kragprop, skroewedraaier en ’n 15 cm lange elektriese

koord saam te bring skool toe.

• Maak die drie drade van die elektriese koord skoon deur die plastiese

omhulsel ongeveer een sentimeter te verwyder.

• Draai die draadjies vas en vou die puntjies om.

• Verwyder die kragprop se “deksel” of bo-kant deur dit af te skroef.

• Skroef die prop se skroefies aan die pennetjies los.

• Plaas die gedraaide koperdraadjies in die gate van die skroewe.

• Die bruin draadjie word in die regterkantse skroef geplaas wat gemerk is

met ’n bruin kolletjie of die letter L (Lewendig) .

• Maak die klein skroefie mooi stewig vas. Maak seker dat die elektriese

draadjie stewig vasgeklem is deur die skroefie.

• Die groen-en-geel draadjies moet altyd in die boonste skroef geplaas word.

• Die blou draadjie moet in die linkerkantse skroefie

geplaas word, by die blou kolletjie of die letter

N (Neutraal).

• Plaas die muurprop se “deksel” of bo-kant terug en

sorg dat dit stewig vas is.

• Kleur nou die drie elektriese drade in soos wat jy dit

aan die kragprop sal koppel.

(Onthou dat ‘LINKS’ en ‘REGS’ is soos wat die prop oop

in jou hand sal lê.)

Opdrag: speel met lig

’n Mens kan so maklik vasgevang raak in die moderne tegnologie, dat daar

vergeet word dat lig die primêre bron van energie is! Kom ons maak gebruik van

’n eenvoudige stukkie handwerk om met nuwe oë na die wonder van lig te kyk.

Benodig

• 2 x deursigtige plastiekdeksels (soos op joghurtbakke).

• Glimpenne of merkpenne.

• Gom.

• Stukkie kleeflint of wondergom.

• 50cm vislyn op goue gare.

Metode

• Trek geometriese patrone op die deksels en kleur dit in (nie te veel nie,

sodat lig deurgelaat word).

• Plak die 2 deksels aanmekaar vas, sodat dit hol is binne.

• Maak die vislyn aan die deksels vas.

• Hang voor jou kamervenster in sonlig en kyk na al die mooi patrone en

ligstrepe wat gevorm word deur die breking van die sonlig.

Hoe ’n vakuumfles werk

Dit sal help om elektrisiteit te bespaar, as ’n mens die oortollige water wat

jy in die ketel gekook het, in ’n vakuumfles warm hou om later te gebruik.

’n Vakuumfles is natuurlik baie slim en kan ook vloeistowwe koud hou!

Binne in ’n termofles of vakuumfles is daar ’n glasbottel wat deur ’n

vakuum omring word. n Vakuum is ’n baie goeie isolator, omdat daar feitlik

geen atome daarbinne is nie. Omdat daar nie veel atome is nie, kan daar

ook nie oordrag van hitte plaasvind nie.

Die glas is baie breekbaar en word deur ’n plastiek

– of metaal omhulsel beskerm. Om verder te help

met die behoud van hitte binne-in die fles, is die

glasbottel met ’n silwer lagie bedek wat soos ’n

spieël is en infrarooi uitstraling verminder.

Kookwater wat in die fles gegooi word, sal

natuurlik nie vir dae aaneen warm bly nie, omdat

hitte deur die prop verlore kan raak, al sluit dit

redelik dig.

Weet die vakuumfles of die vloeistof daarbinne

warm of koud is?

Nee, natuurlik nie! Al wat die vakuumfles doen, is

om die oordrag van hitte tussen die wande van die

fles te verhoed. Die hitte van buite sal dus nie die

koue vloeistof warm maak nie, terwyl die koue van

buite weer nie die warm vloeistof sal afkoel nie.

6 Leer en Presteer graad 4 - 6, bylaag tot Beeld, Dinsdag 26 Februarie 2008

Dop

Plastiek

omhulsel

Gasbottel

omring

deur

vakuum

Rubber

steunsak
Wiskundige wetenskappe

Graad 4

Gebruik hierdie werkstuk vir assesseringsdoeleindes

A Kom ons toets die kennis wat jy reeds het.

Rangskik B sodat dit by A sal pas.

A Antw B

1 Watter getal is 9 groter as 21? _____ a Verskil

2 Wat is ’n derde van 36? _____ b 19

3 5 minute is _____ sekondes _____ c 120

4 9 x 0 = _____ _____ d 999

5 Die antwoord van ’n optelsom is _____ _____ e 24

6 Kwart voor ses die aand in internasionale tyd _____ f 09:30

7 Watter getal is 5 kleiner as 24? _____ g Kwosiënt

8 4 weke is _____ dae _____ h 30

9 Een dekade is _____ maande _____ i 10

10 Die antwoord van ’n aftreksom is _____ _____ j 18

11 550 c = R _____ _____ k 12

12 Watter getal kom net na 1 000? _____ l 300 s

13 4 jaar het _____ maande _____ m 29

14 3 heles is ______ halwes _____ n Som

15 Die antwoord van ’n vermenigvuldigingsom is __ _____ o 28

16 Oktober 2000 het _____ dae _____ p 1 000

17 Halftien die oggend in internasionale tyd _____ q 0

18 Hoeveel keer kan 10 in 100 ingaan? _____ r 18:15

19 ’n Millennium is _____ jaar _____ s 31

20 Die antwoord van ’n deelsom is _____ _____ t R 5,50

21 Februarie 2008 het _____ dae _____ u 6

22 Vermeerder die som van 7 en 8 met 9 _____ v Produk

23 Watter getal kom net voor 1 000? _____ w 48

24 Tel 9 by die getal wat 7 minder is as 16. _____ x 1 001

(Tot: 24 x1 / 2 = 12)

B. Bereken volledig.

1. 12,89 + 0,005 + 16,3 (2) 2) 100,03 – 65,25 (2)

3. 1,234 x 5 (3) 4) 4 580 ÷ 5 (3)

Totaal: 10

C. Onderstreep telkens die regte antwoord.

1. 8 x 9 + 25 = (72, 42, 97, 79)

1 1 2. /2 van 24 + /2 van 20 = (12, 5, 17, 23)

3. Hoeveel sykante het ’n kubus? (4, 5, 6, 8)

4. Twee heles het (2, 3, 4, 6) halwes Totaal: 4

D. Vind en teken die patrone.

1. Aantal sye

4

2. Aantal regtehoeke

7 10

Graad 5

Totaal: 4

Gebruik hierdie werkstuk vir assesseringsdoeleindes

A Kom ons toets bietjie die kennis wat jy reeds het. Rangskik B sodat dit by A sal pas.

A Antw B

1 Wat is die plekwaarde van die 3 in 4,693? _____ a 6

2 Die antwoord van ’n deelsom is _____ _____ b 5/100

3 Drie minute het _____ sekondes _____ c Produk

4 Wat is die grootste getal wat met 7 9 0 3

geskryf kan word? _____ d 9

5 6 x 7 + 8 x 9 = _____ _____ e 2 589

6 Watter veelvoud van 7 kom net na 50? _____ f 8

7 Die antwoord van ’n optelsom is _____ _____ g 240

8 21:20 _____ h 18

9 415 sent = R _____ _____ i Kwosiënt

10 Watter getal is sewe groter as 19? _____ j 9 703

11 3 468,901 ÷ 100 = _____ _____ k 42 km

12 Vier weke is _____ _____ l Duisendstes

13 Tel die verskil tussen 9 en 7 by die som van 7 en 9 _____ m Som

14 Die antwoord van ’n vermenigvuldigingsom is __

15 Jan woon 4,2 km van die skool af. Hoeveel km

_____ n 180 s

loop hy in een week skool toe? _____ o 114

16 Vier eeue het _____ jaar _____ p 56

17 Wat is die getalwaarde van die 5 in 24,659? _____ q 346 890,1

18 Hoeveel keer kan 9 van 63 afgetrek word? _____ r Verskil

19 Gee die som van 8 x 0 en 8 + 0 _____ s 26

20 Ek dink aan ’n getal. As die getal met 2 vermenig- t Twintig oor

vuldig word, is die antwoord gelyk aan die som

van 7 en 5. Wat is die getal?

_____ 9 die aand

A Antw B

21 Wat is ’n derde van 27? _____ u 400

22 Twee dekades het _____ maande

23 Wat is die kleinste getal wat met 5 8 9 2

_____ v 7

geskryf kan word? _____ w 28 dae

24 Die antwoord van ’n aftreksom is _____ _____ x R 4,15

(Tot: 24 x1/2 = 12)

B. Bereken die volgende volledig.

1. 3 697,204 + 38,002 + 0,003 (2) 2) 465,132 – 456,698 (2)

3. 23,574 x 24 (3)

5. 4 dae 23 h 55 min 36 s

4) 2 808 ÷ 12 (3)

+ 3 dae 12 h 28 min 27 s (3) Totaal: 13

C. Voltooi die getallerye.

1. 2.

Totaal: 6 X 1 1 2 3 4 5 6

1 2 3 4 5 6

10 15 20

1 4 9

/2 = 3

D. Voltooi volledig.

’n Dobbelsteentjie se nommers

is altyd op ’n spesifieke manier

gerangskik. Voltooi die ontvouing

van die dobbelsteentjie sodat

die nommers (1 tot 6) op

hulle regte plekke sal wees. Totaal: 2

Totaal: 30

Graad 6

Gebruik hierdie werkstuk vir assesseringsdoeleindes

A Kom ons toets bietjie die kennis wat jy reeds het.

Rangskik B sodat dit by A sal pas.

A Antw B

1 Die antwoord van ’n optelsom is _____ _____ a Kwart voor

sewe

2 3,456 afgerond tot die naaste tiende is _____ _____ b 8/100

3 Kwart oor 5 in internasionale tyd _____ c 29 dae

4 Daar is _____ sekondes in drie minute _____ d 16

5 18:45 _____ e 3

6 ’n Priemgetal _____ f 365

7 3 jaar het _____ weke _____ g 9

8 1,368 km = _____ m _____ h 3,5

9 ’n Vierkant se sy is 5 cm. Wat is die omtrek? _____ i 2 000

10 1 kg minus 250 g = _____ kg _____ j Som

11 Die antwoord van ’n aftreksom is _____

12 Drie opeenvolgende getalle se som is 51.

_____ k R 25,00

Wat is die eerste getal? _____ l Produk

13 Watter getal is deelbaar deur 2 en 3? _____ m 240

14 1,25 mm = _____ cm

15 Thinus spaar 1/5 van sy geld. As hy nog

R 20,00 oor het, hoeveel geld het hy

_____ n 9 730

oorspronklik gehad? _____ o 156

16 Die antwoord van ’n deelsom is _____ _____ p 17:15

17 Twee millenniums is _____ jaar _____ q 180 s

18 3 /4 van 12 = _____ _____ r 6

19 Die jaar 2005 het _____ dae _____ s 12,5 cm

20 Die getalwaarde van die 8 in 4 926,482 _____ t 1 368 m

21 Februarie 2004 het _____ dae _____ u 0,750 kg

22 Die antwoord van ’n vermenigvuldigingsom is_

23 Wat is die grootste getal wat met 7 3 9 0

_____ v Kwosiënt

geskryf kan word? _____ w Verskil

24 Twee dekades het _____maande _____ x 20 cm

(Tot: 24 x1 / 2 = 12)

B. Doen die volgende bewerkings volledig.

1. 2 894,703+16,4+45+1 007,592 (2) 2) Gee die verskil tussen 12,809 en

17,003 (2)

3. 3,587 x 15 (3) 4) Verdeel 4 140 deur 12 (3)

5. 3 dae 21 h 50 min 48 s

+ 5 dae 19 h 45 min 13 s (3) Totaal: 13

C. Vervang die * met >, < of =.

1. 3 weke * 21 dae 2) 136 s * 2 min

3. 3

/4 van 24 * 2/3 van 24 4) 1 500 mg * 1,2 g

5. 13 – 25 ÷ 5 * 56 ÷ 8 + 54 ÷ 9 6) 23 897,508 * 23 897,518 Totaal: 6

D. Voltooi die volgende getallerye.

1. 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10

2 4 7 11 16

Leer en Presteer graad 4 - 6, bylaag tot Beeld, Dinsdag 26 Februarie 2008 7

2.

1 2 3 4 5 6 7 8 9 10

1 4 9 16 25

Antwoorde kan gekry word deur mobi gratis op

jou foon af te laai of by tel (012) 807-2045.

(Tot: 10 x 1 /2 = 5)

Die memorandum vir hierdie

werksblad is beskikbaar op:

www.mymobi.co.za

Tel: (012) 807-2045

www.mymobi.co.za

www.mymobi.co.za/download (sel)

Tel (012) 807-2045
Ekonomiese bestuurswetenskappe

Regte en verantwoordelikhede van deelnemers in die produksie en

verbruik van hulpbronne en dienste.

Na voltooiing van hierdie leseenheid sal die leerder in staat

wees:

• Om die regte en verantwoordelikhede van die regering te

identifiseer ten opsigte van die opwekking en

verspreiding van elektrisiteit.

• Om die regte en verantwoordelikhede van die

verbruikers te identifiseer ten opsigte van die

verbruik van elektrisiteit.

• Om die regte en verantwoordelikhede van die

regering te identifiseer ten opsigte van die bou en

instandhouding van die infrastruktuur soos paaie.

• Om die regte en verantwoordelikhede van die

verbruikers te identifiseer ten opsigte van die gebruik van die infrastruktuur

soos paaie.

Produksie van elektrisiteit

Dit is die regering se verantwoordelikheid om elektrisiteit te verskaf aan alle

huishoudings. In 2002 het die regering aangekondig dat elke huishouding in die

land binne tien jaar toegang sal hê tot basiese elektrisiteit. Die regering voorsien

elektrisiteit deur Eskom, ’n parastataal. Eskom kan soos enige ander maatskappy

sake bedryf en wins maak. Hulle doen dit deur elektrisiteit te verkoop. Eskom het

ook verantwoordelikhede wat betref die manier waarop hulle elektrisiteit opwek.

Dit is moeilik om al die verantwoordelikhede te kombineer. Suid-Afrika se

elektrisiteit is lank deur steenkoolkragstasies opgewek. Die meeste kragstasies is in

Mpumalanga. Die kragstasies is op die steenkoolvelde gebou, sodat steenkool nie

oor lang afstande vervoer hoef te word nie. Dit is steeds die goedkoopste manier

waarop SA elektrisiteit kan produseer. Maar is dit die mees volhoubare

metode of die metode wat die minste skade aanrig?

LU 2 Die ekonomiese kringloop!

Nuwe woord

Parastataal –

word gedeeltelik

deur die regering

besit.

Lesinhoud

Elektrisiteit en paaie is twee dienste wat

noodsaaklik is vir die groei en ontwikkeling van ons land.

Die verantwoordelikhede van Eskom:

• Om elektrisiteit op die mees bekostigbare manier op te wek.

• Die metodes moet volhoubaar wees. Die natuurlike hulpbronne moet nie

alles opgebruik word nie.

• Dit moet omgewingsvriendelik wees.

Volhoubaarheid

Steenkool is ’n hulpbron wat nie hernu kan word

nie.

Dit beteken dat ons steenkool in die toekoms kan

opraak.

Daarom is Eskom reeds besig om ander metodes

vir dieopwekking van elektrisiteit te ondersoek,

soos kernkrag, sonenergie en windenergie. Ons moet

dus die kosbare hulpbron spaarsaam gebruik.

Steenkoolkragstasies veroorsaak baie lugbesoedeling. Steenkoolmyne laat reuse

afvalhope agter. Die metode is dus nie omgewingsvriendelik nie.

Ander metodes om elektrisiteit op te wek

Koeberg in die Wes-Kaap is SA se eerste kernkragstasie. Hierdie kragstasie

verskaf die meeste van die elektrisiteit wat in die Wes-Kaap benodig word. Die

groot probleem is om op ’n veilige

manier ontslae te raak van die

afvalmateriaal, want hierdie produkte bly

vir duisende jare radio-aktief. Eskom

ondersoek nou ’n ander soort kernkragopwekker,

bekend as korrelbedreaktor.

Sonkrag is volhoubaar en skoon, maar

dit is in hierdie stadium nog baie duur

om te produseer. Eskom gebruik

sonkrag slegs in gebiede waar dit

kostedoeltreffend is, soos in verafgeleë

landelike gebiede waar die inwoners nie

elektrisiteit vanaf die nasionale netwerk ontvang nie.

Windenergie is ook volhoubaar en skoon. Eskom het in 2003 die eerste

windturbine-projek in die Wes-Kaap geopen. Indien die koste daarvan verminder

kan word, kan dit ons toekomstige kragbron word.

Verbruikers van elektrisiteit

Die regering se doelwit is om maandeliks 50 kilowatt elektrisiteit gratis aan elke

huishouding te verskaf. Dit beteken dat elke huishouding die reg het

op genoeg elektrisiteit vir ligte en die gebruik van ’n paar

elektriese toestelle soos ’n televisiestel, strykyster en ketel.

Elke huishouding sal m.a.w genoeg elektrisiteit hê vir

basiese behoeftes. Wanneer ’n huishouding meer elektrisiteit

wil hê, is dit hul verantwoordelikheid om daarvoor te betaal. As

mense nie betaal vir elektrisiteit nie, is daar minder geld

beskikbaar om te betaal vir die opwekking van elektrisiteit en vir

skemas om meer Suid-Afrikaners van basiese elektrisiteit te

voorsien. Die vraag na elektrisiteit sal verhoog namate meer

mense in SA ’n beter inkomste verdien. Wanneer mense ekstra

geld het, spandeer hulle dit aan huishoudelike toestelle soos

outomatiese wasmasjiene, tuimeldroërs, skottelgoedwassers en

verwarmers ens. Al hierdie toestelle gebruik baie elektrisiteit,

veral as dit nie reg gebruik word nie. Daarom het verbruikers nog

’n verantwoordelikheid en dit is om nie elektrisiteit te mors nie.

Bespaar elektrisiteit

Ons kan elektrisiteit bespaar as ons ons huishoudelike toestelle reg gebruik. Dit

sal ons elektrisiteitsrekeninge verlaag en sal ook ons land se hulpbronne, wat

opgebruik kan word om elektrisiteit op te wek, bespaar.

Wenke vir die gebruik van elektriese toestelle op die mees

ekonomiese manier

Yskas

• Moenie die yskasdeur onnodig oopmaak nie. Koue lug gaan verlore en dan is

meer elektrisiteit nodig om die lug weer af te koel.

• Koop ’n yskas wat die regte grootte vir jou gesin is – dit werk die beste as

die yskas vol is, maar nie oorvol nie.

• Laat warm kos eers afkoel, voordat jy dit in die yskas bêre.

• Moenie die yskas naby die stoof of op ’n sonnige plek laat staan nie.

Oond

• Moenie die oond gebruik om ’n vertrek te verhit nie- dit gebruik meer

elektrisiteit as ’n verwarmer.

• Gebruik potte met plat bome en styfpassende deksels.

• Gebruik ’n pot wat net so groot soos die stoofplaat is, nie kleiner nie.

• Moenie die oond se rooster gebruik om roosterbrood te maak nie, dit gebruik

meer elektrisiteit as ’n broodrooster.

Strykyster

• ’n Strykyster gebruik soveel energie soos tien 100 watt gloeilampe.

• Stryk artikels wat ’n koel yster benodig eerste, terwyl die yster warm word.

• Skakel die yster af voordat jy klaar gestryk het en maak jou strykwerk klaar

met die opgebergde energie.

• Skakel die strykyster eers af as jy eers iets anders moet doen.

Warm water

• Storte gebruik minder warm water as baddens.

• Moenie die warmtebeheerskakelaar te hoog stel nie - 50° tot 60° is genoeg.

• Was al die skottelgoed op een slag in plaas van ’n bietjie op ’n slag.

• Sit die prop in die wasbak wanneer jy warm water gebruik om te was.

• Moenie die kraan ooplos, terwyl jy tande borsel nie.

• Skakel die geiser af wanneer jy vir die naweek weggaan of as jy met

vakansie gaan.

Aktiwiteit

1. Noem maniere waarop jy elektrisiteit kan bespaar by die gebruik van die

volgende elektriese toestelle.

a. Ketel b. Wasmasjien c. Tuimeldroër d. Lugversorger

e. Selfoon-batterylaaier

2. Gebruik die inligting in die tabel om die volgende te bereken:

Elektriese toestel Eenhede ( watt ) Koste in sent per uur

Tuimeldroër 3.0 133 c

Vrieskas 0.2 8.88c

Swembadpomp 1.0 44.39c

Televisiestel 0.3 13.22c

a. Bereken wat dit sal kos as die tuimeldroër vir ’n uur en ’n half gebruik

sou word.

b. Die vrieskas word nie gedurende die maand afgeskakel nie. Wat is die

koste verbonde aan die gebruik van die vrieskas gedurende Januarie?

Herlei die bedrag na Rand toe.

c. Om elektrisiteit te bespaar, skakel die Cronje-huishouding die

swembadpomp slegs aan gedurende 14:00 en 16:00. Wat sal hulle koste

wees vir die gebruik van die swembadpomp gedurende Januarie,

Februarie, Maart en April?

d. Hoeveel eenhede elektrisiteit gebruik die televisiestel indien

dit drie uur per dag aan is?

e. Hoeveel eenhede elektrisiteit word dan gebruik gedurende

ses maande?

f. Bereken wat die koste van die televisiestel

se verbruik vir die ses maande is.

Die reg op paaie

Paaie is baie belangrik vir die ekonomie van

’n land. Paaie word gebruik om mense,

grondstowwe, materiale en voltooide

produkte van plek tot plek te vervoer.

Nuwe woord

Tolhek –

’n plek waar mense

geld betaal om ’n

tolpad te gebruik

Nuwe woord

Tolpad –

’n pad waarvoor

padgebruikers moet

betaal

Die regering se regte en verantwoordelikhede

In SA is paaie die verantwoordelikheid van die verskillende

vlakke van regering. Die nasionale regering is verantwoordelik

vir die bou en onderhoud van nasionale paaie. Die provinsiale

regerings is verantwoordelik vir die ander paaie in die

verskillende provinsies. Wanneer die regering nuwe paaie bou,

het hulle ander verantwoordelikhede ook. Hulle moet in ag

neem hoe die mense wat in die omgewing bly deur die nuwe

pad geraak gaan word.

’n Nuwe pad kan bv. deur ’n gebied loop waar mense woon. Dan is dit die

regering se verantwoordelikheid om die mense te betaal vir hulle grond of om hul

te help om ’n ander blyplek te kry.

Die regering het ook ’n verantwoordelikheid teenoor die omgewing. Wanneer ’n

nuwe pad gebou word, moet die skade aan die omgewing tot die minimum beperk

word. As ’n nuwe pad bv. die habitat van skaars plante en diere gaan vernietig,

moet die regering sorg dat die beplanners van die pad ’n ander roete oorweeg.

Die regering het geld nodig om nuwe paaie te bou en die land se bestaande paaie

te onderhou. Hulle gebruik die geld wat mense as belasting betaal. Daar is

verskillende maniere vir die betaling van padbelasting. Die brandstofprys sluit

belasting in. Eienaars van motorvoertuie moet jaarliks hul voertuiglisensies betaal.

Hierdie geld word gebruik om die paaie in hul dorp of stad en ander dele van die

provinsie te onderhou.

8 Leer en Presteer graad 4 - 6, bylaag tot Beeld, Dinsdag 26 Februarie 2008