03.05.2013 Views

2010 - SA Stamboek

2010 - SA Stamboek

2010 - SA Stamboek

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Inhoud

Adverteerders

Voorwoord 4

2009/2010 Dormer Raad 6

Jaarvergadering 7

Nasionale Veiling 8

Wat elke teler en keurder behoort te weet 10

Dormer Keurders 13

Intensiewe Skaapboerdery 14

Reproduksie Tegnieke 24

Molatek Bypass verseker proteïn kwaliteit vir

optimale prestasie by skape en beeste 26

SA Stamboek & Diereverbetring Tariewe 2009/2010 30

Dormer Fooistruktuur / Fee Structure 32

Dormer Kursus 35

Dormer Skaaptelersgenootskap van SA

Dormer Sheep Breeders’ Society of SA

Posbus / PO Box 506 • Bloemfontein • 9300

Tel: 051 410 0900 • Faks / Fax: 051 448 4220

E-pos / E-mail: dormer@studbook.co.za

Remkuil 23

BKB 9

Dor-Pre Dormers 11

Johanri Dormers 12

Actebis Dormers 17

Wintershoek 18

Dorwald 5

Molatek 27

Aan-de-Vallei 64, IBC

Renosterbosrug 28,29

Droërivier Dormers 31

Eversar Sussex & Dormers 41

JOR Dormers 33

Iremey Dormer Stoet 31

2010

SA Stamboek en Ceva Voortreflikheidstoekennings 36

Dormer uitstallings 38

Voermol Wenners & Finaliste

Aansteeklike onvrugbaarheid in die vorm

42

van Brucella Ovis 45

Gerolde Skaaprib 47

Die hoeksteen van Skaapbestuur ses weke voor lam 48

Tegnologie 52

Dormer Veilings 54

Blup en genetiese vordering 56

Dormers soos gesien deur ons voorlopers 58

Dormer Aktiewe Lede 61

PRODUKSIE VAN JOERNAAL:

Charmaine Alberts Ontwerp en Bemarkingsdienste

Tel: 051 821 1783 | Faks: 082 239 2990

E-POS: palberts@telkomsa.net

Ontwerp deur: Arleen Wiese

Bendri Stoet 31

Handu Dormer Stoet 34

Ceva 37

Voermol 43

Kinko Dormers IFC, 1

Coco 44

LHC Global Systems 46

Wivillale Gastehuis 55

Goed Hoop 59

Landbouweekblad 63

Karoo Ochse 53

Jabuwy OBC

Leeuwkop 2

Dormer2010 3

4

Ek nooi elke leser uit om in die Dormerras se

vreugde van hierdie joernaal te deel!

Siende dat ek ‘n optimis is, gaan ek nie veel uitbrei oor die bomenslike vereistes wat

veranderinge in ons huidige ekonomiese klimaat van ons verg om ‘n volhoubare

boerdery te bedryf nie. Dan is daar nog die gonswoorde soos aardverwarming

en klimaatsverandering om mee rekening te hou: ons moet vernuwend dink oor

energie, die toekoms, ons nalatenskap van die koolstofspoor vir die nageslag. Ek

kan bloot voorstel dat ons moet aanpas by verandering en ons kennis, vaardighede

en ervarings met mekaar deel om die beste van die situasie te maak. Wees gereed

om te verander en dit boonop te geniet. Ons hoor dat voedselsekuriteit op drie

pilare staan: die beskikbaarheid van voedsel, ekonomiese toegang tot voedsel en

die benutting van voedsel in ‘n skoon en veilige omgewing. Mag ons elkeen hierdie jaar ons positiewe

bydrae tot voedselsekuriteit verseker.

Optimisme is soos gis in die brood, dit laat die ander dinge gebeur. . . Bly glo in die Allerhoogste.

Geniet die voorreg om te boer! En bly liewer weg van pessimiste. My leuse vir hierdie jaar is: “Al gaan

dit sleg, ons is nog altyd voor!”

Baie welkom aan ons nuwe lede, asook ons nuwe sekretaresse, Maureen Laubscher. Ons wens is

dat Maureen elke dag werksbevrediging sal ervaar.

Om ons gefokus te hou op die toekoms en sy uitdagings, het ons verlede jaar ‘n baie suksesvolle

strategiese beplanningsdag saam met ‘n kundige op die gebied spandeer. Ons doel is om oop

kommunikasiekanale met ons lede te handhaaf en om die Dormerbedryf op ‘n koste- en tydeffektiewe

wyse te bestuur. Soos ek onlangs in ‘n tydskrif lees: “Sukses is iets wat moeiliker bestuur word as wat

dit is om dit te bereik!”

Ons finansiële sake lyk goed. Ons wil egter ‘n beroep op elke lid

doen om asseblief u finansiële verpligtinge na te kom. En omdat die

Dormerras bekend is as die beste ras vir groei- en kruisteling, wil

ons dit nog verder verbeter deur almal aan te moedig om gewigte

akkuraat en betyds in te stuur - dit strek tot elke teler se voordeel

en help ook die ras om uit te staan as die beste.

Portefeuljes: die indeling van die Raad in portefeuljes

dra baie by tot die effektiewe funksionering van die ras,

administratief, sowel as die beeld wat ons na buite uitdra. Ek voel

baie trots op wat in 2009 deur lojale Dormertelers bereik is – daar

is soveel klem gelê op uitstallings, promosies en kommunikasie

met ons lede. Dankie vir elkeen se tyd en energie wat die projek

geverg het.

Sterkte aan alle betrokkenes wat hierdie jaar weer

positiewe bydraes sal lewer, hetsy in die vorm van

vergaderings, ons Nasionale veiling, uitstallings,

kursusse, promosies, asook elke raadslid wat ‘n

portefeulje beklee.

Laastens bedank ons die borge en lede

wat adverteer om die joernaal te befonds.

Dis ‘n groot voorreg om deel te wees van

die Dormerspan.

Dormer2010

Voorwoord

6

Dormer

2009/2010

Raad

Dormer2010

Voor vlnr: Kobus Beyers (Vise-President), Christo Groenewald (President), Charl van Rooyen (Lewens-Ere Vise-President)

Agter vlnr: Cobus Church, Johan Swart, Dr Johan Smit, Abel Jordaan.

Jaarvergadering

Jaarvergadering

Dit is sekerlik die hoogtepunt van die Dormers se sosiale kalender. Telers, kopers en belangstelendes

kom van oral oor die land om mekaar se diere te sien en van die beste teelmateriaal in

die land te bekom. Voorafgaande met ons Jaarvergadering en Funksie. Die foto’s spreek vanself.

Charl van Rooyen oorhanding die trofee vir bemarker van die

jaar aan Kobus Beyers.

Dormer2010 7

8

Nasionale

Veiling

Duurste ram tydens die Nasionale Veiling is vir R65,000 verkoop.

V.L.N.R Richard Haupt (BKB Skaap en Wol, Volksrust); Alta en Scheepers Lampbrecht (Koper); Jan

Mostert (Afslaer, BKBLouwid); Frans Gobler (BKBLouwid, Spesiale veilings); Dr Chris en Madeleine

Nel (Verkoper); Danie Pienaar (Takbestuurder, BKBLouwid Bloemfontein).

Erika Hanekom ontvang die trofee vir die beste string ooie

tydens die nasionale veiling vir haar eerste plek. Christo

Groenewald het die tweede plek behaal. Trofee is oorhandig

deur Abel Jordaan.

Dormer2010

Charl van Rooyen ontvang die trofee vir die beste string

ramme tydens die nasionale veiling vir sy eerste plek. Christo

Groenewald het die tweede plek behaal. Trofee is oorhandig

deur Abel Jordaan.

10

Wat elke teler

deur Cobus

en

Church

keurder

behoort te weet

Inleinding:

SA is ‘n land van uiterstes hoë reënval sowel as lae reënval. Daarom is dit belangrik dat ons diere deur streng keuring en seleksie moet

gaan. As ons telers volhou daarby sal ons diere enige plek in SA aanpas.

Dormer2010

Wenke aan telers:

1.

2.

3.

4.

5.

6.

7.

8.

9.

Maak seker dat jou papierwerk in orde is. Dit kan sake vir

jou en die keurder baie vergemaklik.

Maak seker dat jou diere reeds in verskillende

ouderdomsgroepe ingedeel is.

Indien moontlik moet jou diere se wollengtes almal

dieselfde wees. Verkieslik nie langer as 25mm nie.

Sou jou krale stowwerig wees, maak dit klam. Dit is net

soveel makliker.

Maak ook seker dat daar genoeg klein kraaltjies is wat

evalueering soveel makliker maak. Dit is tot jou voordeel

( ten minste drie krale)

Moenie oorhaastig wees met die keuringsproses nie. Dit

kan jou benadeel.

Lei jou werkers op om ‘n skaap behoorlik te kan hanteer.

Dit is tot almal se voordeel.

Baie goeie wenk: Maak vir elke ram wat jy gebruik het se

lammers ‘n kraal. Doen dan die keuring afsonderlik van

elke ram se nageslag. Dan kan jy presies sien hoe elke

ram geteel het en kan jy ook sy lammers vergelyk met

die van die ander ramme. Wat ‘n plesier om te aanskou as

al die diere voor jou staan.

Baie geluk aan elke teler wat met Dormers boer. Mag dit

vir jou ‘n passie wees tot groot vreugde.

Wenke aan keurders:

As ons keuring doen moet ons oplet na aanpasbaarheid sowel as

reproduksie. M.a.w sou ‘n keurder op ‘n plaas kom waar hy keuring

moet doen moet die volgende in ag geneem word:

1. Maak seker dat jy in besit is van die diere se data bv.

speensyfers en reproduksie van die ouers. Daarvolgens kan jy

aanbevelings maak vir die teler.

2. Kyk vinnig oor die hele trop skape. Evalueer die toestande in

die natuur sowel as die kondisie van diere.

3. Voor die keuring begin, plaas verskillende ouderdomsgroepe

bymekaar. Dit kan jou oordeel en beslissings baie vergemaklik.

4. Die diere wat nie aangepas het nie sal baie gou vir jou wys.

Haal hulle uit.

5. Begin dan met jou keuring volgens die riglyne van die

rasstandaarde.

6. Plaas die diere in verskillende krale sodat jy dan met gemak kan

evalueer na die keuringsproses afgehandel is.

7. Baie belangrik, doen dit in samewerking met die teler. Moenie

die teler se mening in die wind slaan nie.

8. Wees altyd bedagsaam, hulpvaardig en lojaal teenoor die ras

en die teler. Hy is die belangrikste persoon op daardie dag. Bou

altyd die teler op. Dit kan baie beteken vir sy wil om sy diere na

top vlak te neem.

9. Laaste maar nie die minste nie, wens die teler geluk met sy

diere en wens hom voorspoed toe met die toekoms van sy

stoet. Dit is tot elke teler in die Dormer bedryf se voordeel as ‘n

medeteler sukses behaal.

10. Sterkte aan elke keurder in ons ras met jul uiters belangrike

taak.

Dormer

Keurders

Dormer2010 13

14

Intensiewe:

Skaapboerdery

deur Dr D Midgley

Dormer2010

Inleiding

As enige iemand vir my sê dat hy intensief met skape boer of wil boer, kom die

volgende paar woorde dadelik by my op – MEER, BETER, VINNIGER…

Intensifisering is dan eintlik die proses om meer met minder, op minder te maak.

Ons vra meer van ons skape – meer lammers en/of meer wol. Ons wil produktiwiteit

verhoog – van ons skape, ons hulpbron (plaas) en uiteraard ook van ons mense.

Ongelukkig kan ons nie net meer vra nie, maar moet ons ook bereid wees om

meer te gee. Dit help ook nie om onrealisties te wees nie – as ons meer van ons diere

(skape) wil vra, moet ons uiteraard met diere sit of begin wat in staat is om te doen

wat ons van hulle verwag, en dan positief en ekonomies reageer op dit wat ons

ekstra vir hulle gee. Die Dormer is volgens my mening ‘n ras wat uiters geskik is vir

intensiewe skaapboerdery omdat hulle oor meeste van die eienskappe wat nodig is

vir sukses, beskik – vroeg geslagsryp, vrugbaar met baie meerlinge, handhaaf goeie

voeromsette, slag goed uit en lewer vleis van ‘n goeie gehalte. Hulle het hulself ook

alreeds goed bewys in kruisteelstelsels.

Intensifisering beteken nie noodwendig dat die hele skaapboerdery

intensief bedryf hoef te word nie. Baie ekstensiewe boere het reeds dele

van hul skaapboerdery ge-intensifiseer. Hier dink ek aan goed soos:

– ‘n Afrondingseenheid (Voerkraal)

– Intensiewe paarstelsels soos KI en Laparoskopie

– Sinchronisasie d.m.v. prikkelvoeding, die gebruik van koggelramme,

of die “spons” van ooie met handdekking of natuurlike paring

daarna

– Intensiewe lamstelsels

Die hele landbou, politieke en sosio-ekonomiese omgewing waarin

ons funksioneer, verg aanpassings in bestuur en hoe ons ons besigheid

bedryf. Veediefstal het baie boere hul skaapboerdery laat opsê,

terwyl ander weer ’n geleentheid in hierdie “krisis” gesien het en met

ongelooflike aanpassings vorendag gekom het.

Skape wat saans gekraal word sien ek as ’n “intensiewe stelsel”.

Skielik volg een ding op ’n ander en moet ons omsien na hul veiligheid, maar ook

na hul behoeftes en WELSYN.

Die sg. “Vryheidsmanifes “(“5 Freedoms”) van skape lees as volg:

• Hulle moet vry wees van Honger en dors

• Vry van enige Ongerief

• Vry van Pyn, beserings of siekte

• Vry wees Om normale gedrag ten toon te stel, en

• Vry wees van Vrees en angs…

Groot woorde as mens hulle goed deurdink!

Moet hulle dan saans gevoer word? Wat? Hoeveel? Hoe? Wat van die ekstra

koste? Hoe moet die kraal dan lyk om aan bogenoemde goed of vereistes die

beste te voldoen?

Ek gee nou meer vir hulle – kan ek meer van hulle vra om dan vir die ekstra

uitgawes te help betaal? (Vir my is dit nie ’n geval van kan jy nie, maar wel van “jy

moet”!)

Daar is verskillende vorms van “intensiewe boerdery”:

– Semi-intensief soos op kleinhoewes

– Semi-ekstensief – hier dink ek aan boerderye waar die skape in die veld

loop, maar op lande of in hokkies kom lam

– Gedeeltelik intensiewe stelsels soos bo genoem word, word op baie

ekstensiewe plase reeds toegepas.

Dormer2010 15

16

Dormer2010

– Skaapboerdery op aangeplante weidings is intensief, maar dan nog nie

so intensief soos by

– Teel- en voerkrale nie

Hoe lyk dit by werklik intensiewe boerderye soos hoender- en

varkboerderye? En wat doen hulle anders?

Ek stel voor dat enige boer wat intensief met skape wil boer eers ’n

ander intensiewe stelsel besoek om ’n beter idee te kry van goed soos

rekordhouding, biosekuriteit en siektevoorkoming om maar ’n paar

dinge te noem.

Wees seker wat wil jy hê en beplan dan deeglik hoe jy daar gaan kom.

Stel vir jouself doelwitte volgens die “S.M.A.R.T. beginsel. Dit staan vir

spesifiek, meetbaar, “achievable” of dan bereikbaar, realisties en relevant, en

daar moet ’n tydlyn aan gekoppel wees.

So ’n doelwit kan dus wees om binne 2 jaar ’n speenpersentasie van

200%, of ’n inkomste van R600, of R800 of meer per teelooi te hê...

Uiteraard gaan dit van plaas tot plaas verskil, en ook afhang van waar

jy op die oomblik is op die pad na jou doelwit. Voordat ons egter by

verskillende paarstelsels kom, is dit nodig om ‘n bietjie met syfers te moet

“speel”:

1 jaar het 12 maande.

2 jaar het 24 maande.

’n Skaapooi “dra” 5 maande (146 dae).

Indien ’n ooi 3 maal in 2 jaar lam, beteken dit dan dat sy elke 8 maande

lam. (3 x 8 = 24). Om dus elke 8 maande te lam het jy 3 maande om ’n ooi in

skoon, siklies en dragtig te kry.

In beeste paar ons 3 maande nadat ’n koei gekalf het, so ons weet dat dit

genoeg tyd is vir ’n baarmoeder om in te herstel...

’n TKP (tussenkalfperiode) van 12 maande of 365 dae word as ideaal

beskou in ’n bees. Met dieselfde beginsel moet die ideale interlamperiode

(ILP) vir ’n skaap dan 176 - 188 dae (8 maande) wees as jy met skape wil boer

soos wat ’n ekstensiewe vleisboer met vleisbeeste boer.

’n Bees se baarmoeder neem ongeveer 42 dae om te herstel (vra vir

’n melkboer of kyk na die TKP’s van vleisbeeste). 42 Dae is 6 weke, of dan

die helfte van 3 maande. As jy dan eerder met skape wil boer soos wat ’n

melkboer met sy melkkoeie boer, kan / behoort jy hulle 42 dae na lam weer

te laat dek wat ’n TLP (tussenlamperiode) of ILP (Interlamperiode) van 188

gee (146 + 42).

Involusie (die herstelproses van ’n baarmoeder) in ’n skaap neem onder

normale omstandighede egter ongeveer 35 dae (effens korter as in ’n bees).

Daar is egter heelwat goed wat dit affekteer – die kondisie van die ooi,

hoeveel lammers sy gehad het (meerlingooie neem effens langer om te

herstel), en dan is involusie ook vinniger in ooie wie se lam of lammers dood

is. Indien ’n ooi dus op 35 dae na lam weer beset raak, is haar ILP 181 dae,

en is dit derhalwe moontlik vir ’n ooi om twee keer in een jaar te lam! Of dit

egter onder “normale omstandighede” volhoubaar is, is dalk ’n ander saak.

Helfte van 8 maande is 4 maande. As jy dus die kudde in 2 deel om

alternatiewelik elke 4 maande te lam, het jy die sg. “Halfpaarstelsel”...

Nou het jy net helfte van die ramme nodig in vergelyking met ’n een

maal per jaar of 12 maande paarstelsel (1000 ooie, 3% ramme = 30 ramme).

Of te wel dan 15 ramme vir die twee 500 grootte ooigroepe, want 4 maande

gee voldoende herstelkans vir die ramme tussen paartye. Jy kan dus helfte

spaar op ramkoste per lam, of dubbeld begin betaal en beter ramme koop

en steeds dieselfde ramkoste per lam hê!

Kontantvloei word geweldig verbeter want elke 4 maande word lammers

gebore...

Dan moet ons ook weer ’n slag kyk na die effek van meerlinge op fekunditeit.

Indien ’n ooi in die 8 maande lamstelsel twee enkelinge en slegs een

tweeling in ‘n 2 jaar periode gee, het ons 4 lammers in twee jaar, of dan wel ’n

speenpersentasie van 200% per jaar! Skielik lyk dit vir my heeltemal haalbaar

om 200% per jaar te speen.

Omdat daar meer gereelde paargeleenthede is, word die hele produksieproses

versnel. Oorloopooie word vinniger herpaar. Hoekom ek so sê en nie

“kan vinniger herpaar” word nie, is omdat byna alle ander kriteria ook nou

verander, en ons moet kophou om “appels met appels” te vergelyk! Die syfers

kan met saamgestelde rente by boekhou vergelyk word.

Laer konsepsies word per “paartyd” gekry, omdat die ooie in werklikheid

4 maande vinniger beset raak. Indien jy ‘n 1000 ooie neem, en 70% van

hulle raak op 8 maande beset, en 80% van die 300 oorlope 4 maande later

met ‘n 12 maande interval (onthou hulle het nou ’n langer ruskans gehad),

beteken dit dat 94% van jou ooie in een jaar dragtig geraak het. Indien jy al

die ooie wat dan 2 kanse gehad het prul, is jy op gelyke voet met ’n boer wat

sy ooi slegs een kans per jaar gee om beset te raak. Anders gestel – indien

70% van jou kudde met elke paartyd 4 maande vinniger vat, verhoog jy jou

“produktiwiteit” met 33%, of kry jy as jy dit omwerk na 1 jaar of per jaar toe, ’n

derde meer lammers per jaar! Op ’n kudde van 1000 ooie praat ons dus van

333 lammers meer per jaar, of teen vandag se pryse van ongeveer R600 per

lam, ’n addisionele inkomste van R199 800 (R200 000 klink beter!) per jaar. Let

wel dat dit uit dieselfde hoeveelheid ooie is. Hierdie ooie se onderhoudskoste

was nog steeds dieselfde – hulle moet steeds ontwurm, ingeënt, en “bestuur”

word. Hul voedingsbehoeftes vermeerder – en wel slegs met die van een

produksiesiklus bokant onderhoud. Hulle sou mos steeds moes leef al was

hulle nie weer dragtig nie.

Jongooie kom vinniger in produksie. Met sekere rasse paar ons nou al die

lammers op 7 maande. Omdat daar elke 4 maande ’n paartyd is, kry die wat

oorslaan, of nie op 7 maande beset raak nie weer op 11 maande ’n kans....of

op 15, en helaas weer op 19 maande soos in ‘n “tradisionele” of dan volgens

my die “outydse” stelsel.

Kom ons kyk weer anders daarna – ’n jong ooitjie wat in ‘n “halfpaarstelsel”

4 kanse kry om beset te raak is dan eers op dieselfde voet as haar eweknie in

’n tradisionele stelsel! Indien ons dan tradisionele aanbevelings toepas soos

dat ’n ooi slegs een kans gegee moet word, benadeel jy eintlik baie ooie in die

meerpaarstelsel. Die teendeel is egter ook waar – jy selekteer soveel strenger

vir vrugbaarheid dat jy binne ’n paar jaar met ’n vrugbaarder kudde sit waarin

die die ooie vroeër geslagsryp raak, vinniger dragtig word, meer gereeld lam,

meer meerlinge kry en vir langer aanhou... Al hierdie dinge lei tot meer geld

in jou sak!

Kernwoorde om te onthou, is: “kontantvloei, vroeër, vinniger, meer, meer

gereeld/aanmekaar, beter...”

Die “miljoen rand” vraag is egter steeds wat dit jou ekstra gaan kos om

hierdie ekstra inkomste te verdien. Ook hier is dit nodig om te “verdiskonteer”.

Kyk na die “tydwaarde van geld”. Hoeveel is dit werd om jou kontantvloei te

verbeter deur elke 4 maande ’n lammeroes te hê om te bemark en om dan

70% van jou inkomste 4 maande vroeër te kry, terwyl jy met die res van jou

skape boer soos jou “oupa” met sy skape geboer het (of jou “buurman” steeds

met syne boer!).

“Vereenvoudig” het ek altyd gedink dat jy elke 2 jaar ’n ekstra lammeroes

kry, maar “saamgesteld” is die som heelwat groter, en besig om my brein

heeltemal omver te werp. Ek sê sommer reguit dat my koppie nou te klein

raak en dat ons die rekenaars, boekhouers en ekonome nader sal moet roep!

Maak dit nou sin as ek sê dat skaapboerdery dus eintlik ’n Nommer- of

SYFERSPEL is.

Alle paarstelsels word eintlik op hierdie beginsels gebaseer...

Kom ons kyk dan weer ’n slag vanuit hierdie “hoek” na die verskillende

paarstelsels.

Tradisionele stelsels:

• Een paarseisoen per jaar. (Interlamperiode = 365+ dae) Oorgeneem by

die Europese metode waar die skape `n kort paarseisoen het en net een

keer per jaar kan aanteel.

• Twee paartye, bv Herfs en Lente paring, maar ‘n ooi lam steeds net een

maal per jaar. Die gemiddelde ILP van ’n ooi in hierdie stelsel is steeds

langer as 365.

• Jong ooie kan 6 maande vroëer in produksie kom, en oorloopooie kan

Dormer2010 19

20

Dormer2010

or

siklus te kom en meer gereeld te lam. Bestuur, dosering en inentings word

vinniger herpaar word. Lewensdagproduksie word verhoog en ramme word

beter benut wat weer die ramkoste per lam afbring.

Meerpaarstelsels:

• Ramme heeltyd by. Een paartyd, heeljaar lank. Bestuur word bemoeilik

omdat jy nie pro-aktief kan optree nie. Rekordhouding is meestal swak

en boere weet nie regtig wat hul resultate is nie. Verliese is gewoonlik

hoog. Siektes soos Peestersiekte en “Ramsiekte” is volop in hierdie stelsel,

veral onder ekstensiewe vleisskaapboerderye. Finansiële resultate is

deurgans swakker as wat meeste boere besef. Heelwat ooie lam dikwels

2 maal in een jaar, maar nie met ‘n 6 maande interval nie! (een keer in

Januarie, en die volgende keer in Desember – dus 10-11 maande, of

meer as 300 dae uitmekaar. Lamverliese soos resorpsies, aborsies en

lamvrektes is gewoonlik baie hoog omdat intensiewe versorging en

bestuur nie plaasvind nie. Ongediertes gedy ook op hierdie stelsel omdat

’n deurlopende voedselbron beskikbaar is. Een van die beste metodes om

vas te stel hoe goed jy werklik doen is om na kontantvloei te kyk – as jy

dan heeljaar lammers aankry, behoort jy mos elke maand ’n inkomste uit

jou skape te hê! En dit gebeur ongelukkig nie met hierdie stelsel nie.

• Die 1,2,3,4-Stelsel: Hierdie stelsel is deur my “ontwerp” om meer struktuur

aan die vorige stelsel te gee en is veral geskik vir klein kuddes of vir

kommunale areas waar daar nie drade of kampe is waar die ramme apart

van die ooie gehou kan word nie. In plaas daarvan dat die ram dan gebruik

word om paartye te “manupileer en te implimenteer”, maak ons van

prikkelvoeding en “prikkeldosering” gebruik om die ooie te prikkel om in

op strategiese tye toegepas – elke 4 maande. Dit werk dan net mooi uit

dat dit ongeveer ’n maand voor lam is vir die dragtige ooie, en die ooie wat

dan nie dragtig is nie word deur die beter bestuur en byvoeding geprikkel

om op hitte te kom om dan weer 5 maande later te lam. Omdat die diere in

hierdie stelsel meestal saans gekraal word, word byvoeding hier gegee om

te keer dat die “buurman” se diere dit nie opvreet nie. D.m.v. ’n kruiphek in

een hoek van die kraal kry die lammers dan toegang tot ’n kruiprantsoen.

Ons skep dan `n amperse “halfpaarstelsel”. Die hele kudde (ramme, ooie, en

lammers loop dus saam as een trop, en meeste ooie lam dan rofweg 3 keer

in 2 jaar!

• Die 4 maal in 3 jaar-stelsel (ILP = 270+ dae)

3 jaar x 12 maande = 36 maande.`n Ooi lam dus elke 9 maande. Hier het

jy gewoonlik 3 troppe, 4 paar- en lamtye per jaar met 1 trop wat 2 keer in

1 jaar gepaar word(en/of lam). Die hersteltyd na lam is effens langer en

jong ooie kan vroëer in produksie kom. Oorlope kan ook vinniger herpaar

word. Lewensdagproduksie is hoër as in vorige stelsels, maar laer as in die

volgendes.

• Die 3 maal in 2 jaarstelsel. (ILP = 240+ dae). Ooie lam elke 8 maande.

Hier boer ons met skape soos `n vleisbeesboer met sy beeste boer – paar

3 maande na geboorte, wanneer die baarmoeder reeds goed herstel het

(involusie volledig is).

- 1 trop: Dit is die swakste opsie! Ramme word onderbenut.

Kontantvloei is sleg – in een jaar het jy slegs 1 lammeroes en die

volgende jaar dan 2. “Belastingskuiwe“ word nodig. Een van die 3 paar-

of lamtye val gewoonlik “buitenstyd“ wat tot laer produksie lei en

kontantvloei verder deurmekaar gooi.

- Halfpaarstelsel: Hier word die kudde in 2 verdeel (halveer) en net

helfte van die normale hoeveelheid ramme word benodig. (Jy kan

dus ‘n “Besparing“ in ramkoste per lam kry, of dan eerder duurder

(beter?) ramme aankoop en hulle effektiewer benut. Die kuddes wissel

mekaar af, deur een trop elke vier maande te paar (helfte van 8). Daar

is dus 3 paar/lamtye per jaar, wat `n goeie kontantvloei tot gevolg het.

(Sommige kliënte kry 12/12 maande van die jaar ’n inkomste). Jong

ooie word vroeg gepaar en oorlope word ook vinniger herpaar, en die

wat nie beset raak nie word vinniger uitgeskot. Afhangende van die

uitgroei of dan gewig, kan `n jong ooi dus al op 7,11,15 of 19 maande

in produksie kom (gepaar word).

mer

- Dubbel Halfpaar of CAMAL stelsel: Hier is daar teoreties 4 kuddes,

maar in die praktyk slegs 3 omdat die eerste groep weer die vierde

een word. Daar is 6 paartye per jaar – elke 2 maande. Ooie word

vinniger herpaar, maar dit is meer arbeidsintensief en goeie voeding

word deurgans vereis.Twee ramtroppe word benodig agv die kort

herstelperiode tussen paartye.

- Ander variasies:

• Die“49 dae”-Stelsel wat die Franse navorsers (Thimonier et al,

1975) by Nouzilly ontwikkel het, is op die 8 maande laminterval

gebaseer. Die kudde is opgedeel in 7 kleiner kuddes wat dan

elke 7 weke, of 49 dae gepaar is. Tegnies kan mens sê dat ’n

jaar 52 weke het en nie 49 nie, maar die datums kan so gerek

word sodat lammery of ander arbeidsintensiewe gebeure nie

op vakansiedae of ander “groot” dae plaasvind nie. Ooie wat

nie in een paargeleentheid beset raak nie, word byna dadelik

weer herpaar. ‘n Jaarlikse produksie van 3 lammers per ooi per

jaar, of dan ’n speen% van 300%+ was jaarliks gehandhaaf met

hierdie stelsel. Dit is egter steeds my mening dat dit geweldig

arbeidsintensief is, en dat dieselfde of beter syfers met minder

moeite in ander stelsels verkry kan word.

• Die Stêrstelsel (5 keer in 3 jaar). Ook bekend as die“Cornell

Universiteit, of Magee stelsel”). Hier is die ILP = 219+ dae.

Die KGF (kleinste gemeenskaplike faktor) van 146 dae (die

dratyd van ‘n ooi) en 365 (dae in ‘n jaar) is 73. (Helfte van 146 en

`n vyfde van 365). Daar is dus 5 paartye per jaar, een elke 73 dae.

In die stelsel is daar 3 lamgroepe en word hoër voedingsvlakke

byna deurgans vereis, 2 ramtroppe word benodig, dis

arbeidsintensief, en om regtig goeie besetting te kry moet

vroegspeen van lammers gedoen word. Herpaar vinniger. Meer

paartye. Goeie kontantvloei. Lewensdagproduksie word verhoog.

Op die Internet word verwys na ’n trop volwasse ooie by Cornel

Universiteit wat ’n allemintige lampersentasie van 535% per jaar

in hierdie stelsel behaal!

• Die“Melkery Stelsel“: (ILP = 191+ dae)

Ramme kom 45 dae na lamtyd begin by, en wel vir 45 dae.

Involusie is dikwels, veral in die ooie wat laat in die vorige siklus

gelam het, nog nie volledig nie en dit lei tot ‘n verhoogde getal

resorbsies. Die verdwynfaktor en prul% is ook dikwels baie hoog.

Ek is nog nie oortuig dat die noodwendig die winsgewendste

stelsel is nie, maar het finansiële syfers gesien van ’n Merinoboer

van Hanover, onder Karoo omstandighede, wat ver bokant die

syfers van ander boere in die Karoo is! Frans Wiid van Hopetown

doen dit ook met sy Dorpers en Merino\s.

Haastig is egter nie altyd vinnig nie, en deur soms net bietjie te

wag, kan ’n beter besetting en meer tweelinge verkry word!

Persoonlik verkies ek in meeste gevalle die halfpaar- of Magee stelsels, omdat

“beter bestuur” toegepas kan word en beter resultate met minder moeite

verkry word.

Elke stelsel het sy voor- en nadele.

Verhoogde lamproduksie moet meer as vergoed vir die verhoogte

insetkostes, arbeid en bestuur, om dit te regverdig.

Raadpleeg asseblief `n kenner of kundige – daar is steeds baie onkunde

op die gebied!

Sodra dan op ’n stelsel besluit is, word ’n bestuursprogram uitgewerk

vir die besondere stelsel, of dan vir JOU en JOU OMSTANDIGHEDE – nie vir ’n

area, of volgens reënval of seisoene nie!!! Neem die DIER en wat in sy liggaam

gebeur in ag. En dan hang dit natuurlik ook af van wat jy van die skaap vra of

van hom verwag. Die volgende beginsel geld:

VRA MEER = GEE MEER! (Kos, Ent, Doseer)

Dormer2010 21

22

Dormer2010

AFSLUITING:

Om die effek van vroegpaar en gereeld paar te illustreer het ek besluit om die syfers

van ’n ooi in die Stêrstelsel van Cornell Universiteit as voorbeeld te gebruik:

(Cornell B 314, gebore op 20/01/1982):

Datum Hoeveel lammers Laminterval(maande) Ouderdom in maande

28/01/83 Enkeling - 12

02/11/83 Enkeling 9,6 22

15/06/84 Tweeling 7,2 29

25/01/85 “ 7,2 36

22/08/85 “ 7,2 43

02/04/86 Drieling 7,2 51

25/01/87 Tweeling 9,6 60

27/08/87 “ 7,2 67

05/06/88 Drieling 9,6 77

24/01/89 Tweeling 7,2 84

Ons het hier ’n totaal van 20 lammers in 7 jaar en 4 dae wat gelees kan word as ’n

lam% van 200% gemiddeld per paargeleentheid, of as ’n lewensdagproduksie van

2,86 lammers per jaar, of as 333% lammers gelewer per jaar in produksie.

Die belangrikste eienskappe wat ek soek vir ’n skaap in intensiewe stelsels, en wat

dan bydra tot LEWENSDAGPRODUKSIE, is:

- Vroegrypheid

- Vrugbaarheid (Hoë fekunditeit)

- Langslewendheid

In 1999 het Oom Piet de Wet, oorlede Dormerteler van Swellendam, ooi De90.126

na my toe gebring met die versoek dat ons haar “iets moet spuit” sodat sy nog ‘n keer

moes lam.

Oom Piet het wel 2 paartye per jaar gehad, maar elke ooi was veronderstel om net

een keer per jaar te lam (soos in die ou dae!).

Hierdie ooi was op 12/04/90 gebore as ‘n enkeling, en het ‘n speenindeks van 110

gehad. Ek noem hierdie feit spesifiek ter illustrasie van een van die aanbevelings wat

so dikwels gemaak word dat ons ‘n ram moet kies wat een van ‘n meerling is, of wie se

ma een van ‘n meerling was!

Haar produksierekord was as volg:

Gelam: (Ram=R, Ooi=O)

24/08/91 - Drieling R-O-O

01/08/92 - Vyfling R-R-R-R-O

06/08/93 - Drieling R-O-O*

19/04/94 - Drieling R-R-O

07/04/95 - Drieling O-O-O

18/04/96 - Vierling R-R-O-O*

09/04/97 - Vierling R-R-O-O

12/04/98 - Drieling O-O-O

1999 - Vierling R-R-O-O

• *Dood gebore

• Ons sien hieruit dat sy op 11 maande die eerste keer gedek was en op 16

maande ouderdom vir die eerste keer met ‘n drieling gelam het.

• Hierdie merkwaardige ooi het 32 lammers in 9 jaar voortgebring waarvan sy 30

grootgemaak het!

• In 1993 het sy ook ram “gesteel”, en 6 maande uitmekaar gelam, maar andersins

het sy slegs een maal per jaar gelam.

Haar lewensdagproduksie is dus hoog omdat sy vroeg begin het, lank aangehou het,

en ook as gevolg van haar hoë fekunditeit (baie meerlinge).

Daar loop beslis nog sulke ooie rond in S.A. !

Kan ons hulle egter identifiseer, en wat doen ons om hierdie genetika in ons

kuddes te laat vermenigvuldig en versprei?

Ek wil beslis met sulke skape boer!

Dit is ook dan ‘n feit dat met hoe meer sulke ooie jy boer, hoe minder hoef jy

eintlik aan te hou om dieselfde as ‘n “gewone” boer te verdien.

Geniet julle skape!

24

Dormer2010

Reproduksie

Tegnieke

beskikbaar vir Dormer

Telers in die RSA.

deur Dr J J Steyn (Ramsem)

RAMSEM vier in 2010 ‘n kwarteeu-25 jaar van ‘n voltydse reproduksie

diens aan die kleinvee telers van die RSA – daarom die leuse: “Meer

lammers sedert 1985. Die diens het ‘n beskeie begin gemaak op die

plaas Donkerhoek wat aan Taurus behoort het, net buite Bloemfontein.

Dit het gegroei tot ‘n omvattende diens wat landswyd toegepas word

en dit word vir die afgelope 14 jaar bedryf vanaf RAMSEM se KI en

Embrio Sentrum te Roodewal, Bloemfontein.

In die eerste jare sedert die ontstaan in 1985, is gefokus op semenbevriesing en intrauterine

inseminasie m.b.v. laparoskopie. Die hooffokus was teelvordering deur beter

benutting van top ramme. Telers het vinnig die addisionele voordele van sinkronisasie

en ‘n kort lamtyd gesnap en huidig word groter getalle ooie (tot 300/dag) met die

semen van 3 tot 4 ramme geïnsemineer. Hierdie ooie lam oor ‘n ultra kort lamtyd van

5 dae.

Die gebruik van vars semen vir laparoskopie het die afgelope jare baie toegeneem.

Uitstekende resultate word verkry en lampersentasies van 120-160% word gereeld

gerapporteer – “Meer lammers”.

Voeding en Kondisie van ooie.

Prikkelvoeding vanaf 3 weke voor KI het steeds waarde. Beter resultate word egter

verkry wanneer ooie ‘n kondisiepunt van 3,0 – 4,0 bereik het aan die begin van die

teelseisoen. Konstante goeie resultate word behaal wanneer ooie se kondisietelling

nie laer as 2,5 daal gedurende die jaar nie.

Servikale Inseminasie en Handdekking.

RAMSEM bied gereeld KI kursusse aan waar telers opleiding ontvang sodat hulle

self semen van hulle ramme kan kollekteer en ooie met vars semen servikaal

kan insemineer. Handdekking: Waar groot getalle ramme beskikbaar is, kan ooie

gesinkroniseer word, in klein groepe opgedeel word en 30 ramme kan tot 200 ooie

in 24 uur dek. Die voordele van ‘n kort lamtyd word in beide gevalle steeds benut.

Bevriesing van ramsemen: Bevrore semen bly verreweg die beste vorm van

versekering van manlike genetika. Dit verseker ook dat die maksimum aantal ooie

voorberei en geïnsemineer kan word. Mede eienaars van ‘n ram kan ook verseker

wees van optimale benutting. Beproefde ramme kan as KI ramme geregistreer word

vir semenbemarking wat genetiese vordering kan bewerkstellig.

Sinkronisasie van estrus/bronstigheid/hitte: Kleinvee op ‘n stygende

voedingsvlak en met ‘n kondisietelling van 3-4 reageer uitstekend (90-100% ooie

bronstig op ‘n gegewe tyd) op die voorgeskrewe behandeling. Sponse of CIDR’s

behandel met progesteroon word vir 14 dae in die vagina van ooie geplaas. Met

onttrekking word ‘n spesifieke dosis PMSG (dragtige merrie serum gonadotrofien)

binnespiers toegedien. Estrus/hitte volg na ongeveer 48 uur en ooie word benut vir:

Natuurlike paring

Handdekking

Servikale KI met vars semen

Laparoskopiese inseminasie met vars of bevrore semen.

Kontak RAMSEM vir aanbevole dosisse van DMSG asook tye van inseminasie – wissel

afhangende van ras en seisoen.

Laparoskopiese inseminasie: dit is die metode waarmee vars of bevrore semen

direk in die baarmoederhorings (intra-uterine) van die ooi geplaas word. Minder

semen (20 miljoen sperme) word benodig en dit is die enigste praktiese metode

waarmee goeie konsepsies met bevrore semen verkry word. ‘n Groot aantal ooie

(50-150 ooie) per ram/dag kan met vars semen laparoskopies geïnsemineer word

en uitstekende resultate word verkry. Programme word landwyd en in Namibië deur

RAMSEM se hoogs opgeleide en bekwame veeartse uitgevoer. Kombinasie ritte

bespaar op reiskoste.

Superovulasie en embriospoeling(ES).

Prestasietoetsing en BLUP teelwaardes identifiseer ook die beproefde ooie binne

‘n stoet. ES bied die stoetteler die geleentheid om nageslag van hierdie ooie te

vermenigvuldig. ‘n Intensiewe hormoon voorbereidings program word opgevolg

deur laparoskopiese inseminasie met vars semen. Embrio’s word m.b.v. algemene

narkose en chirurgie uit die baarmoeder gespoel en onder ‘n stereomikroskoop

uitgesoek. Embrio’s kan bevries word of op dieselfde dag in ontvanger ooie geplaas

word wat saam met die skenker ooi gesinchroniseer is. Embrios is die veiligste

manier om genetika wêreldwyd te versprei. Skakel RAMSEM vir meer besonderhede.

Byvoordele van Beheerde Teling: Die gesinkroniseerde bronstigheid lewer

verskeie addisionele voordele wat tot na speentyd voortduur:

Akkurate sonar/skandering uitslae

Ooie lam oor 5 dae

Lamhokke effektief benut en besparing van voeding oor die periode.

Ongedierte beheer kan beter toegepas word.

Akkurate lamidentifikasie en akkurate en vergelykbare speengewigte.

Eenvormige groep diere wat voorberei word vir veilings.

Meer lammers van beter kwaliteit – groter wins.

Alle Dormer telers word “Meer lammers” vir elke teelseisoen toegewens!

Dormer2010 25

26

Molatek Bypass verseker proteïen kwaliteit

vir optimale prestasie by skape en beeste

Dr Vlok Ferreira: Nasionale Tegniese Bestuurder, MOLATEK, Posbus 47, Malelane 1320

Jong diere

benodig meer

deurvloeiproteïen vir

optimale spiergroei

en ontwikkeling as

ouer diere. Navorsing

het uitgewys dat ‘n

hoër deurvloeiproteïen insluiting

by kalwers in die voerkraal kan lei

tot ‘n 13% styging in voer inname,

13.4% verhoogde groei en ‘n 8.4%

verbetering in voeromsettings

doeltreffendheid.

MENG INSTRUKSIE EN SAMESTELLING VAN MENGSELS

1

Volledige kalf

aanvangs dieet

MOLATEK BEESVET 33+ (V 17357) Kg 160

MOLATEK SKAAPVETMES/KALF

KONSENTRAAT (V 14344)

2

Volledige lam

aanvangs dieet

3

Lam kruipvoer

mengsel

Kg 200 200

MOLATEK BYPASS (V 21556) KG 50 50 50

MIELIES Kg 690 550 750

RUVOER Kg 100

In die verlede is die kwaliteit van proteïen allerweë as onbelangrik by herkouers beskou omdat

rumen mikroörganismes uit eenvoudige stikstofverbindings soos ammoniak, aminosure (wat

die boustene van proteïen is) kan opbou. Navorsing bewys die teendeel, naamlik dat mikrobiese

proteïen nie aan die hoogs produserende herkouer se aminosuurbehoeftes vir optimale

produksie voorsien nie. Dit maak dit dus uiters belangrik om die proteïenbenodighede van

herkouers in heroënskou te neem en in terme van aminosure uit te druk deur van goeie

deurvloeiproteïen bronne gebruik te maak.

Die gedeelte van die voerproteïen wat afgebreek word deur die mikrobe-werking is bekend

as rumendegradeerbare proteïen en lewer saam met stikstof (vanaf bv. ureum) die mikrobieseproteïen

in die dunderm, terwyl die gedeelte wat nie afgebreek word nie en deurgaan na

die dunderm vir vertering en absorpsie, bekend as deurvloeiproteïen. Die deurvloei proteïen

lewer dus die aminosure direk in die dunderm wat dus by jong groeiende diere tot verbeterde

spiergroei sal lei en by melk produseerende diere tot ‘n verhoogde melkproduksie. Wolskape

het ook addisionele deurvloeiproteïen nodig vir wolgroei bo en behalwe hul behoefte aan

aminosure vir vleis- en melkproduksie.

Herkouers se aminosuurbehoeftes hou direk verband met fisiologiese funksies soos vleisgroei,

wolgroei en laktasie. Die strategie wat Molatek volg is dus om die aminosuursamestelling te

evalueer wat diëte in die laer spysverteringskanaal sal lewer. Hiervolgens is ‘n kombinasie van

deurvloeiproteïen-bronne in MOLATEK BYPASS ingesluit om die aminosuur tekorte aan te vul.

Die aanvulling van deurvloeiproteïen-bronne wat die mikrobiese-proteïen komplementeer

sal dus beeste en skape se produksie aansienlike verbeter onder intensiewe produksie toestande

soos in die voerkraal.

• 30% Ruprot. met 40% as deurvloeiproteïen word gebruik in Molatek Bypass

• ‘n Kombinasie van minstens 3 of 4 proteïen bronne word gebruik

• Die essensiële aminosuur profiel behoefte en tekorte van herkouers is in aanmerking

geneem met die kombinasie van proteïen bronne.

Molatek Bypass se aanwending:

Aanvangsrantsoene in die voerkraal by ligte kalwers en lammers

In bul/ram uitgroei rantsoene en aanvullings

Kruipvoer mengsels

Suiwel rantsoene

LUSERN Kg 200

TOTAAL / TOTAL KG 1000 1000 1000

Dormer2010

30

S A Stamboek & Diereverbetering

Tariewe: 2009/2010 (BTW Uitgesluit)

Dormer2010

ALGEMENE TARIEWE: SUID-AFRIKAANSE TELERS 2009/2010

LEDEGELD GENOOTSKAPPE (PER 100 LEDE OF GEDEELTE DAARVAN) R 550.00

EENMALIGE AANSLUITINGSFOOI VIR NUWE TELERSGENOOTSKAPPE R 1,200.00

VOORVOEGSEL ADMINISTRASIE: (eenmalig)

REGISTRASIE VAN R 95.00

VERANDERING VAN R 95.00

SESSIE VAN R 95.00

HERINSTELLING VAN LIDMAATSKAP R 185.00

DIREKTE FAKTURERING (per teler per jaar) R 40.00

ADDISIONELE/DUPLIKAAT SERTIFIKATE R 5.50

BEESTE, SKAPE, BOKKE & VOLSTRUISE

DEELNAME (JAARLIKS PER TELER) R 185.00

DIREKTE HANDELING (JAARLIKS PER TELER) R 195.00

HERINSTELLING VAN DIERE R 60.00

PER KAPITA VLEISBEESTE: (Telers ontvang registrasiesertifate) R 9.45

: (Genootskappe sonder registrasiesertifikate) R 9.30

PER KAPITA MELKBEESTE: (Telers ontvang registrasiesertifikate) R 6.55

: (Genootskappe sonder registrasiesertifikate) R 6.40

PER KAPITA SKAPE & BOKKE: (melkbokke uitgesluit) R 4.95

: EIE / BUITE DATAVANGS (bv kleinvee deur

Grootfontein prestasietoets) R 4.80

: MELKBOKKE R 6.55

PER KAPITA: VOLSTRUISE

GEBOORTE KENNIS GEWING BOEKE: KLEINVEE R 90.00

GEBOORTE KENNIS GEWING BOEKE: GROOTVEE R 48.00

ALGEMENE TARIEWE: BUITELANDSE TELERS***

BETAALBAAR IN ZAR

BEESTE, SKAPE, BOKKE & VOLSTRUISE

DEELNAME: (JAARLIKS) R 250.00

VOORVOEGSEL ADMINISTRASIE (eenmalig):

REGISTRASIE VAN R 110.00

VERANDERING VAN R 110.00

SESSIE VAN R 110.00

DIREKTE HANDELING R 320.00

PER KAPITA: BEESTE R 15.00

PER KAPITA: SKAPE & BOKKE R 10.00

*** Behalwe waar anders met genootskappe ooreengekom

DORMER SKAAPTELERSGENOOTSKAP VAN S A

DORMER SHEEP BREEDERS’ SOCIETY OF S A

Fooiestruktuur/fee structure

Fooie betaalbaar aan Genootskap/Fees payable to Society (2009/2010)

AANSOEK OM LIDMAATSKAP/APPLICATION AS MEMBER:

1. Intreefooi (eenmalig)/Entry fee (once-off ) R300-00

2. Lidmaatskap (jaarliks)/Membership (per year) R400-00

3. Geboortekennisgewingboek/Birth Notification Book R 100-00

4. Nie-aktiewe lid/Non-active member: Intreefooi/Entry fee -

HEFFINGSFOOIE/LEVIES:

1. Per kapita-heffing per dier 12 maande en ouer soos op 1 Julie/

Per capita levy per animal 12 months and older as on 1 July R 20.00

FOOIE SLUIT NIE BTW IN NIE!/FEES DO NOT INCLUDE VAT!

Van die kursusgangers met die teorie klas.

Kursus

Dormer

Die Dormer Genootskap het vanjaar ‘n

kursus in die vorm van ‘n Junior en Senior

beoordeellaars kursus aangebied. Die kursus

het die negende en tiende Maart 2010 op die

plaas Goedehoop aan huis van dr. Smit plaas-

gevind. Die kursus is aangebied onder leiding

van mnr. Cobus Church en me. Erika Hanekom,

met mnr. Arno Ferreira en mnr. Hennie Hatting

beide van BKB as mede aanbieders.

Altesaam vier en veertig mense van regoor die

land het die kursus bygewoon. Die kursus het uit twee dele bestaan,

‘n praktiese en ‘n teoretiese klas gevolg deur eksamens in beide dele.

Die diere vir die praktiese klasse was van top gehalte.

Mnr Church en me Hanekom tydens die teorie klas.

Dormer2010 35

36

SA Stamboek

Voortreflikheidstoekennings

SA Stamboek in samewerking

met CEVA, maak jaarliks tydens ‘n

spogdinee die finaliste en wenners

van die SA Stamboek / CEVA

Voortreflikheidstoekennings bekend.

Die rol van SA Stamboek as registrerende

owerheid is welbekend, maar omdat

CEVA minder bekend is in Suid-Afrika,

dien dit vermeld te word dat CEVA

Sante Animale - ‘n prominente Franse

dieregesondheidsorganisasie is. Hierdie

organisasie stuur dan ook jaarliks ‘n

verteenwoordiger om die toekennings in samewerking met

SA Stamboek bekend te maak.

Met die SA Stamboek / CEVA

Voortreflikheidstoekennings word daar gestreef om

voortreflikheid in die stoetbedryf te identifiseer en erkenning

daarvoor te gee. Die aspekte wat aandag geniet is:

• Vrugbaarheid

• Seleksie- en uitskotpraktyke en

• Databestuur binne die kudde

Hierdie is almal faktore wat ‘n teler in die posisie plaas

om doeltreffende genetiese vordering te realiseer. Die

toekennings is gebaseer op die werklike kuddedata soos

wat dit beskikbaar is in die databasisse van die Intergis

gedurende Augustus van elke jaar. Die wenners van die

Voortreflikheidstoekennings is almal verdienstelike mense

wat daarna streef om dit wat hulle binne hul stoete doen,

wetenskaplik te benader. Die toekennings word in die

volgende kategorie gedoen:

• Melkbeeste

• Vleisbeeste

• Perde

• Kleinvee

Dormer2010

CEVA &

Die Dormer Skaaptelersgenootskap is baie trots op die

feit dat mnr. Charl van Rooyen, tans Ere-Lewenslange

Visepresident van die Dormer Skaaptelersgenootskap, en

mnr. Johan Swart, tans ‘n dienende raadslid – onderskeidelik

as “wenner” en as “finalis” in die Kleinvee-kategorie van die

2009 SA Stamboek / CEVA Voortreflikheidstoekennings

aangewys is.

Charl van Rooyen, die wenner van die 2009 Kleinveekategorie,

kan in eie reg gesien word as een van die pioniers

van die Dormer Skaaptelersgenootskap en is reeds vir bykans

40 jaar met die Dormers gemoeid. Benewens sy passie vir

die ras is dit ewe merkwaardig dat Charl vir 20 jaar lank as

President van die Genootskap gedien het.

In 2008 was die wenner ook ‘n Dormer teler nl. Mnr

Christo Groenewald tans die President van die Genootskap.

Groenewald se raad aan jong telers is: “Stap die langer,

maar eerlike pad, doen heeltyd navorsing, leer by ouer

telers wat reeds skoolgeld betaal het, en konsentreer op

noukeurige rekordhouding, ‘want om te meet, is om te weet.’ “

Die laaste paar jare het die Dormer telers ‘n hele paar

finaliste asook wenners opgelewer met die SA Stamboek

Voortreflikheidstoekenning.

Finaliste:

2003 - MJ Swart (Kinko Dormers)

2004 - DC van Zyl (Droërivier Dormers)

2005 - RM van Wyk ( Eastry Dormers )

DC van Zyl (Droërivier Dormers)

2006 - J Theron ( Dormica Dormers )

2007 - I Niehaus ( Iremey Dormers )

C Nel ( Eversar Dormers )

J Theron ( Dormica Dormers )

2009 - MJ Swart (Kinko Dormers)

Wenners:

2006 - DC van Zyl (Droërivier Dormers)

2008 - CP Groenewald ( Dorwald Dormers)

2009 - CP van Rooyen ( Vanovis Dormers)

Uit lings

en Agri Megaweek bly van ons grootste

vertoonvensters. Duisende belangstelendes vat ‘n dag

af en kom besigtig al die stalletjies. Die Dormers is

gewoonlik een van die groot trekpleisters en hoe dan

anders,ons diere praat vir hulself.

In 2009 het ons ook talle ander uitstallings

bygewoon nl. Die Hoefslagfees, Riemlandfees

kuddekompetisie en From the Earth Expo in Kaapstad.

Graag wil ons ook almal bedank vir hul bydraes

met sulke uitstallings. Dit is altyd lekker om saam met

stalNampo

die Dormermense te werk.

Dormer

38

Dormer2010

Erika Hanekom by From the Earth Expo,

saam met Minister Gerrit van Rensburg

– Minister van Landbou Weskaap, en Mnr

John Durr – RPO Wes-Kaap.

From the earth

Agri Megaweek

Christo Groenewald tydens Agri Megaweek

Dormer2010 39

Riemlandfees

Charl van Rooyen tydens die beoordeling van die

Riemlandfees kuddekompetisie

40

Nampo Nampo

Dormer2010

Nampo

Nampo

Nampo

Christo Groenewald gesels met

belangstellendes tydens Nampo

42

Wenners

en finaliste

van die

Voermol

Nasionale

Skaapboer

van die Jaar

Kompetisie

Voermol bied jaarliks ‘n

nasionale skaapboer van die

jaar kompetisie aan, en die

Dormers kan met trots sê

dat daar van hul telers ook finaliste was

en van die ander telers Dormers in hul

kruisteelstelsels gebruik.

Dormer2010

2009 SKAAPBOER VAN DIE JAAR

- Mnre Theo en Piet Delport

2009 FINALISTE

- Mnr Willem van Aardt

- Mnre Boeta en Kosie Wessels van Karsrivier in die Bredasdorp distrik boer met

stoet en kommersiële Dohne Merino’s. Met ’n kudde van bykans 4500 teelooie, word

’n speenpersentasie van 123.4% behaal met drie lamtye per jaar. Hulle gebruik ’n

rotasie weidingbestuurstelsel van graan met lusern in ‘n 6 jaar siklus en ‘n veelading

van 4.65 KVE/ha word toegepas. Slegs die beste ramme word m.b.v. BLUP teelwaardes

geselekteer en ‘n wolproduksiepotensiaal van 5-6 % word nagestreef. Seleksie vir

vrugbaarheid, groeivermoë, nie-selektiewe vreetgewoontes en aanpasbaarheid by

’n hoë veelading op weiding, geniet voorkeur. ’n Kort teelseisoen, koggelramme

en strategiese byvoeding word gebruik om die hoë speenpersentasie in ‘n groot

kudde te behaal. Ooie ontvang prikkelvoeding twee weke voor die teelseisoen met

strategiese byvoeding tydens laat dragtigheid en laktasie. Die skaapbedryfstak het

‘n wins van R2785/ha in die afgelope produksiejaar gerealiseer.

(kruisteling met Dormers op 3de kudde)

2008 SKAAPBOER VAN DIE JAAR

- Mnr Geoffrey Joubert van AG Joubert en Seuns, Riversdal, boer met meer as

4000 Merino en Merino-Vleismerino kruisooie in ’n volhoubare versnelde teel- en

kruistelingsprogram met Dormers. Sy weidingshulpbronne bestaan uit hoë kwaliteit

peulplantweidings en oesreste waarop ‘n veelading van 7.3 KVE/ha toegepas word.

Sy teeldoelwitte sluit die volgende in: vrugbaarheid – hy selekteer positief vir

meerlinge en vinnige groeiers met goeie karkas- en woleienskappe. Hy handhaaf

’n hoë speenpersentasie van 149% en die winsgewendheid van sy skaapvertakking

kompeteer uiters gunstig met sy akkerbou-vertakking. Waardetoevoeging word

gedoen deur skape by hul eie slagpale te slag en te bemark. ’n Kenmerk van hierdie

boerdery is die uiters netjiese en werkbare infrastruktuur. (Dormer vir terminale

kruisteling)

2008 FINALISTE

- Mnr Johann de Jager

- Mnr Christo Groenewald van Dorwald Boerdery, Caledon, boer met stoet

en kommersiële Dormers in ’n gebied waar hoë kwaliteit peulplantweidings

deel uitmaak van sy voervloeibeplanning. Hy behaal ’n uitsonderlike hoë

speenpersentasie van 168% met slegs een lamgeleentheid per ooi per jaar.

Vervangingsooie word slegs uit meerlinge geselekteer. Ooie word op 4 jarige

ouderdom uitgeskot om plek te maak vir geneties meerderwaardige jong ooie.

Alle diere word vir prestasie getoets en ’n ooi kry slegs een geleentheid om haar

vrugbaarheid te bewys. Sy teeldoelwitte is op die volgende gefokus: vrugbaarheid,

moedereienskappe, kg lam gespeen/ooi/jaar en aanpasbaarheid. Mnr Groenewald

is tans president van die Dormertelersgenootskap van SA en is aktief betrokke by

die aanbied van Dormerkursusse aan jong boere.

- Mnr Andrew Jordaan van AS Jordaan en Seuns, Cradock, boer met ongeveer

6000 Merino ooie op meer as 13000 hektaar. Die gemiddelde reënval is 350mm

per jaar en die drakrag van sy natuurlike weiding is 1.38 hektaar/KVE. Met behulp

van besproeiing is ’n oppervlakte van 700 hektaar onder lusern en raaigras gevestig

– hiermee verhoog hy die drakrag van die weiding na 25 skape per hektaar. Ooie

met 2 en 3-linge word met lamtyd in hokke gesit om ’n hoë speenpersentasie te

verseker. Met sy streng seleksiebeleid en toepassing van laparoskopie word hoogs

vrugbare en aangepaste diere met ’n hoë kwaliteit wol en bouvorm geteel. Hy

is aktief betrokke by verskeie landbou organisasies en lê klem op die deeglike

opleiding van sy personeel – so byvoorbeeld is twee werkers verantwoordelik vir

die bestuur en versorging van 800 teelooie. (Ook Dormer teler)

- Mnr Piet Meyer

2007 SKAAPBOER VAN DIE JAAR

- Richard Krige van Boontjieskraal Landgoed, Caledon, boer met ongeveer 4500

Dohne Merino ooie en met behulp van ’n hoogs bekwame bestuurspan behaal

hy ’n speenpersentasie van 163.3%. Ooie kry een lamgeleentheid per jaar (34 dae

teelseisoen) maar, indien sy oorslaan, word die ooi met ’n vleisrasram gedek as ’n

terminale kruising in ’n versnelde lamstelsel (3 maal in 2 jaar). Lammers word op 75

dae gespeen en in ’n voerkraal op die plaas afgerond. (Gebruik tans Dormers)

Brucella

Aansteeklike onvrugbaarheid in die vorm van

OvisDeur

Dr. Marius van Tonder

Oordraging en verspreiding:

Brucella Ovis word hoofsaaklik van ram-tot-ram

oorgedra, hetsy direk of deur tussenkoms van die

ooi. Direkte oordraging vind plaas wanneer jong

vatbare en ouer klinies of subklinies besmette

ramme, wat die besmetting in die semen uitskei,

met mekaar in aanraking kom en dit is gewoonlik

tussen die paarseisoene wanneer hulle eenkant

saamloop. Die ramme het die neiging om mekaar

oor en weer te dek en het ook die besondere

gewoonte om van tyd tot tyd ‘n bepaalde ram

uit te sonder wat dan beurtelings deur die ander

ramme bespring word. Besmette semen word

direk in die rektum of in die gebied om die anus

gedeponeer, vanwaar dit dan op die penis van

‘n vatbare ram kom. Vanuit die rektum of van

die penisslymvlies dring dit die geslagstelsel

binne. Besmette saad spat ook in die oë of neus

van ander ramme, veral omdat ramme lief is om

aan die skede van ramme wat klaar gedek het en

vanwaar semen nog uitdrup te ruik.

Indirek kan dit maklik gedurende die

paarseisoen versprei, waar besmette en vatbare

ramme saam gebruik kan word. Dit is bekend

dat verskillende ramme dieselfde ooi gedurende

dieselfde bronstigheid kan dek. As ‘n besmette

ram ‘n ooi dek en sy word daarna deur ‘n gesonde

ram gedek, sprei die besmettting via die vagina

van die ooi na die penis van die vatbare ram. Die

moontlikheid bestaan ook dat as ‘n ooi nie beset

raak nie, sy die besmetting selfs tot die volgende

bronstigheid kan dra.

Simptome:

Die simptome kan akuut of kronies wees. Die

kroniese tipe letsels word altyd by Brucella Ovis

aangetref. Die ontsteking is gewoonlik beperk tot

die epididimis. Besmette ramme skei geweldig

baie etterselle in die saad uit.

Die kroniese letsel by Brucella Ovis bestaan uit

‘n vergroting van een of meer van die kop, liggaam

of stert, van een of albei byballe, wat aanvanklik

nog sag en effens warm en pynlik mag wees,

maar stelselmatig vergroot en verhard totdat dit

omtrent die grootte van die gholfbal of selfs so

groot soos ‘n klein lemoentjie kan wees.

In die meeste gevalle vind ‘n totale afsluiting

van die bybalbuis plaas en kan saad nie meer

deurvloei nie. Die betrokke teelbal sal dan

aanvanklik effens vergroot, maar dan stelselmatig

kleiner word en aanvanklik sag en vlesig wees,

maar later verskrompel en verhard en selfs verkalk

word. Ofskoon die ontstekingsproses uiteindelik

bedaar, sal die teelbal nooit herstel nie, aangesien

die klierweefsel deur bindweefsel vervang word.

Die kroniese letsels word waargeneem in

die bybal waar tipiese spermatocoele en/of

spermatiese granuloom aanwesig sal wees.

Diagnose, behandeling en voorkoming:

Ofskoon die letsels maklik waarneembaar is

en met ondervinding baie maklik gevoel kan

word, kan die besmettings alleen met verdere

ondersoeke onderskei word van Actinobacillus

seminis. Ramme moet dus deur veearts

ondersoek word, sodat die regte monsters vir

laboratoriumondersoek ook geneem kan word.

Dit is altyd raadaam om voor paring alle

ramme deur ‘n veearts te laat ondersoek.

In geval van Brucella Ovis is ‘n uiters

doeltreffende entstof beskikbaar, nl. Rev. 1

wat, indien volgens voorskrif aangewend,

die besmetting in ‘n kudde totaal sal uitwis.

Ramlammers word op die ouderdom van twee

maande tot speenouderdom slegs eenkeer geënt.

Alle ramme met letsels en subkliniese besmette

ramme, moet uitgeskakel word.

Dormer2010 45

skaaprib

Gerolde

1 Ontbeende Dormerskaaprib

Vulsel

• 500 g maalvleis

• 2 snye witbrood, korsies verwyder en

geweek in ‘n bietjie melk

• 1 ui, fyngekap

• 1 appel, gerasper

• 150 g (250 ml) ontpitte pruimedante,

geweek en fyn gekap

• 150 g (250 ml) sultanas

• 25 ml wynasyn

• 25 ml blatjang

• 12,5 ml appelkooskonfyt

• 5 ml sout

Geurmiddels

• Peper

• Fyn koljander

• Fyn naeltjies

• Droë tiemie

• 1 lemoen

Plaas die ontbeende rib op ‘n plat oppervlak.

Meng al die bestanddele vir die vulsel.

Geur na smaak met peper, koljander, naeltjies

en tiemie.

Smeer die vulsel egalig oor die rib en rol

versigtig op. Bind die rol elke sentimeter vas

met tou.

Geur aan die buitekant met sout en peper

en plaas in ‘n baksakkie in ‘n oondvaste bak.

Druk die sap van die lemoen oor die rib uit

en bind die sakkie liggies toe. Bak ongeveer

1 ½ uur lank by 160˚ (350˚ F). Verwyder die

baksakkie en bak nog 30 minute lank onbedek.

Sny in skywe en dien op saam met groenbone,

gestoofde pruimedante en gebakte aartappels.

Genoeg vir 6 mense

(Huisgenoot Wenresepte)

Dormer2010 47

48

hoeksteen

Die

Skaapbestuur

van

Dormer2010

Ses weke voor lam

Uit Ekonomiese data van verskeie studiegroepe blyk dit dat

‘n bestuursprogram wat op die fisiologies belangrike tye

van ‘n skaap gebaseer is, die beste resultate lewer.

Pfizer Dieregesondheid

het in samewerking met hul

skaap Tegniese bestuurder die

volgende program saamgestel:

Die Fisiologies belangrike tye

van `n Skaap

Hierdie eenvoudige “resep” is ‘n

wenner omdat hy die SKAAP se

kant kies.

Fisiologies belangrike tye in

die ontwikkelings-siklus word

uitgelig.

`n Program wat uitgewerk

word met die SKAAP en wat in

sy liggaam gebeur, as fokus, het

`n voordeel bo konvensionele

programme wat rondom die

boer, parasiete en seisoene

wentel. Lg. goed varieer gedurig

terwyl fisiologiese tye gegewe

is. Ons moet steeds alles in ag

neem, maar probleme moet nie

ons hoof fokusarea wees nie.

Ons konsentreer op PRODUKSIE,

WINS, GESONDHEID, VOEDING - lekker

positiewe goed, eerder as op siektes en

parasiete.

i) Follikel ontwikkeling in die ooi:

(6 maande voor paar)

Heelwat nuwe inligting het onlangs die

lig gesien en baie navorsing word steeds

hieroor gedoen.

- ’n Follikel neem ongeveer 6 maande

om te groei en te ontwikkel.

- Voedingstoestande 6 maande voor

paar beïnvloed die konsepsiesyfer

tydens paar. Daarom dan ook die ou

wysheid dat jy die jaar na ‘n droogte

eers werklik die effek van die droogte

“voel”; of: dit reën kos, maar nie

dadelik geld nie !!!

Ses maande voor paar val baie maal

saam met die periode net na speen in

jong ooie (speenskok)

- ’n Belangrike ontwikkelingstadium

van die follikel is ook in die 2

maande-periode voor paar. (Sien by

RAMVERSORGING)

- Voeding in Sept/Okt. (nog droog in

baie dele van die land) speel dus ’n

belangrike rol by die herfs dektyd

(Mrt/Apr.). En andersom in die winterreënvalgebiede.

- Dit is ook die tyd wanneer ooie

lammers van 2-3 maande oud soog

en baie keer “afgesuip” is

ii) Ramversorging:

(Spermontwikkeling en Rypwording in

die ram asook die pre-antrale en antrale

ontwikkelingstydperk van die follikel in

die ooi).

(2 Maande voor paartyd)

Weereens speel voeding ’n geweldige

belangrike rol.

Energie help die rumenmikrobe om

rumendegradeerbare proteïen en NPN

beter te benut. Oormaat van lg. hoop

op as ammoniak en ureum wat weer

proteolities en lipolities optree. (Breek

proteïene en vette af!!)

Die geslagshormone (Testosteroon en

Oestrogene) is lipoproteïene.

Verbyvloei-proteïene word “beter”

benut en een van die gevolge is beter

spermkwaliteit, groter testes en “pers

lieste” a.g.v. hoër testosteroon- vlakke.

Spermontwikkeling en rypwording

neem ongeveer 2 maande.

M.a.w. sperme wat nou in ‘n ram

geproduseer word, word eers oor 2

maande gebruik.

Skeer die ram nou indien nodig. Knip

sy hoewe en gee hom beter kos.

Spuit Vit. A en gee Spoorelemente.

Ent ramme en jong ooie met

Ultrachoice of One Shot Ultra

Doseer met ’n middel wat

NEUSWURM ook dek.)

Toets vir geslagsgeskiktheid.

Let veral op testesomtrek, kondisiepunt,

lieskleur, saadkwaliteit en dekvermoë.

Dit help nie ’n ram het goeie saad

maar kan nie dek nie!!!

Indien daar ’n probleem is, is daar

genoeg tyd om regstellings te maak.

Begin met fiksmaak van ramme.

Geforseerde stap of aanjaag - ± 1 km, een

of twee maal per week.

Gaan koggels na en maak nuwes

indien nodig.

Navorsing deur dr. Jasper Coetzee het

bewys dat konsepsie by jong ooie beter

is as hulle vir 2 maande geprikkel word in

plaas van 3 weke soos in ouer ooie.

iii) Prikkelvoeding:

3 weke voor paartyd.

Doseer ooie (vul spoorelemente aan en

gee Vit. A.

Ent teen Klostridiale siektes. plus

Pasteurella

Begin met prikkelvoeding by groot

ooie en gee veral aandag aan energie en

proteïenvlakke.

Gee verbyvloeiproteïen soos Maxiwol

vanaf een week voor paar.

Sorg dat ooie op ’n stygende

voedingsvlak is. (WEEG !!!)

Die nuutste inligting dui daarop dat

slegs ooie wat in ’n swakker kondisie is

wel hierop reageer.

Ooie kan in groepe geklas word

en slegs die wat dit nodig het, kan

byvoeding kry. Wees egter baie versigtig

by jou beoordeling, aangesien ’n klein

besparing in voerkoste soms groot skade

aan jou konsepsie doen!!

Vra jouself die vraag voor die tyd of jy

ALLES in jou vermoë doen om te sorg dat

al jou ooie of die meeste beset kan raak.

Tree dus voorkomend op!!!

Maak seker jou ramme is reg. Hertoets

dié waaroor jy twyfel en ramme wat

intussen siek was.

Ent teen Ensoötiese aborsie.

iv) Koggels:

Sit koggelramme vir 9 dae by.

Die vrugbaarste ooie kom reeds vanaf

dag 10 op hitte.

Gebruik 2 % koggels wat werk!!!

Inheemse rasse soos die Ronderib

Afrikaner gee beter resultate.

Dormer2010 49

50

Dormer2010

Sit koggels die oggend by, maar haal

hulle die laatmiddag/vroegaand van

dag 9 uit. Sit dan die ramme of gemerkte

koggels vir KI by.

v) Ramme in en Ramme uit:

Alle ander tye word hiervolgens

uitgewerk.

’n Ooi kom ± elke 17 dae op hitte.

Ons beveel dus gewoonlik ’n 34 dae

teeltydperk aan om elke ooi 2 kanse te

gee.

Indien jy nie koggelramme gebruik nie,

beveel ons ’n effens langer paartyd aan

(42 dae / 6 weke).

vi) Middragtigheid: (Middel trimester)

50 - 100 dae dragtigheid. Ons is nou

in ’n kritiese ontwikkelingstaduim

van die plasenta, wat weer ’n direkte

invloed op geboortemassa van die

lam (lamoorlewing), aborsie%, asook

melkproduksie het.

Voeding moet reg wees - ooie moet

matig toeneem in gewig en nie gewig

handhaaf of verloor soos in die verlede

geglo is nie.

Veral belangrik by tweeling ooie.

Gebruik jou skaal.

Siektes, soos Corynebakterium en

“stres” soos ver aanjaag op ’n warm dag

en/of onnodige hantering met “scan”

kan aborsies veroorsaak.

vii) Sonar ondersoeke:

Dit bly seker die mees kostedoeltreffende

bestuursmiddel.

Met die nuwe sterker masjiene kan

dragtigheid selfs so vroeg as 13 dae

opgetel word - Met redelike sekerheid

vanaf dag 20.

Omdat inplantasie van die embrio

egter eers na 35 dae volledig is, beveel ek

nie onnodige hantering voor hierdie tyd

aan nie.

Werk mooi en hanteer versigtig - stres

veroorsaak aborsies!!!

Verskeie operateurs skandeer staande

m.b.v. ’n krat. Ek het verkies om met

krag in ’n skuur te werk, maar kon met ’n

“scanwa” selfs in ’n kraal sonder krag, van

my motor se battery af werk.

Skandeer vir meerlinge.

Skei jou troppe en bestuur jou

meerlingooie vir lamoorlewing en

herkonsepsie.

viii) Voorlam:

6 weke voor lam.

72% van die lam se groei en

ontwikkeling vind nou plaas, sowel as

primêre wolfollikelontwikkeling.

Verder vind uierontwikkeling in

die ooi nou plaas, wat weer ’n invloed

op die kwaliteit van die bies en

hoeveelheid melk het.

Dit is ook die tyd van voor lam

weerstandsverslapping (PPRR).

Ooie moet nou gedoseer word.

Ek verkies ’n middel met ’n langer

nawerking wat ook Neuswurm insluit.

Ent dragtige ooie met Glanvac 3

of Glanvac 6.

Vit.A en spoorelemente word ook

nou toegedien.

Spoorelement toediening bly ook

’n kontroversiële punt.

Stel vas watter tekorte jy het en

hoe erg hulle is.

Ek kan nie glo dat een middel

soos bv. Embamin of Multimin

dwarsdeur die land aan alle skape

teen dieselfde dosis gegee kan word

nie.

Selfs die interpretasie van die

toetse is ’n knelpunt aangesien die

bloedtoets net sê wat die laaste week

in die dier gebeur en die lewertoets

die laaste maand.

Gebruik egter die uitslag van

die toetse as ’n beginpunt in jou

aanvulling-strategie!

Slegs sekere plase het

byvoorbeeld op sekere tye ’n

kopertekort.

Moet ons dan altyd voor paar of

voor lam koper gee?

In sekere dele van die land

kan koperaanvulling vrektes a.g.v.

oordosering gee.

ix) Lamtyd:

146 dae vanaf ramme in. Ons werk

met die natuur en die ooie kan ’n dag

of twee vroeër of later begin lam.

x) Een maand na lam:

Lammers kan reeds hier

hulle eerste dosering, Vit. A en

spoorelementaanvulling kry. Doseer

vir Ronde- sowel as Lintwurm.

Moenie nou inent nie.

Doen die “soog en droog” tegniek.

(“wet - dry”)

xi) Twee maande en Drie maande

na lam:

Gee Vit. A, spoorelemente, ontwurm

en gee die eerste inentings.

Glanvac 6 of Ultrachoice 7plus

Glanvac 3 of One Shot Ultra 7 plus

Glanvac 3.

xii) Speen:

By die meeste programme is dit

± 100 dae na lam. Die oudste lammers

is dus ± 41/2 maande en die jongstes

31/2 (Gewig gee egter ’n beter

aanduiding - speen as ooilammers

oor 20 kg weeg en die ramlammers

oor 25 kg.) In meerpaarstelsels is

ons ’n voorstander van vroegspeen

- speen lammers voor ooie weer

gepaar word.

Spuit vervangingsooie nou

Ensoötiese aborsie en weer nadat

hulle vir paar uitgeklas is.

Ent ramlammers teen Ramsiekte

(B. ovis)

Samevatting/Praktiese illustrasie

van die program:

Ooie wat in Maart gepaar is, gaan

in Augustus lam. Middel Junie is dit 6

weke voor lam!

Skaapbrandsiekte is meer aktief

in die winter en reën en koue

veroorsaak dat inspuit dan bv. ’n beter

opsie as dip is!

Aanbeveling:

1. Spuit ooie ‘n breë-spektrum

antiparasietiese middel.

2. Ent teen Pasteurella met ’n entstof

wat werk teen die gevolg van

die siekte soos One Shot Ultra 7.

Terselftertyd kry jy beskerming

teen die belangrike enteriese

groep Clostridiums wat onder

andere - Bloednier veroorsaak,

Rooiderm, Hemoragiese enteritis,

Enterotoksieme, asook die

kieme wat Sponssiekte in skape

veroorsaak.

3. Onthou dat Corynebakterium een

van die kieme is wat blou-uier

veroorsaak. Glanvac 3 behoort dus

ook nou saam met die One Shot

Ultra 7 toegedien te word.

4. Gee Vit A en Spoorelemente.

Bespreek asseblief die program met

jou plaaslike veearts en / of Pfizer

verteenwoordiger, veral waar meer as

een produk genoem word.

“A commitment to EXCELLENCE is

a commitment to the process of

becoming the best” (Anon)

Opgestel deur: Dr. Dave Midgley

(082 493 3423)

Dormer2010 51

52

Tegnologie:

Dormer2010

‘n Webwerf en teenwoordigheid op die internet hou

legio voordele in, soos byvoorbeeld:

• ‘n Goedkoop manier om jou boodskap aan

duisende beskikbaar te stel. Dit beteken jou

inligting is letterlik 24 uur, dag of nag beskikbaar.

Dis is nie gebind aan tyd of plek nie. Die inligting

wat op jou webwerf kommunikeer word

is dus beskikbaar aan enige iemand met ‘n

internetkonneksie reg oor die wêreld.

• ‘n Geleentheid om meer inligting te kommunikeer

as wat byvoorbeeld moontlik is in ‘n gedrukte

advertensie, ‘n brosjure of selfs ‘n artikel in ‘n

tydskrif. Dit bied ‘n platform om teks, foto’s, klank

en selfs audio-visuele materiaal te verskaf.

• Die kans om ‘n spesifieke en geteikende mark te

bereik.

• Om kliëntediens te verbeter.

• Om te netwerk en internasionale markte te bereik

en te open.

• Om te bemark! Om te bemark! Om te bemark!

Vir diegene wat nog nie vertroud is met die internet en

die rekenaarwêreld nie, lyk ‘n webwerf na ‘n moeilike

en duur ekspedisie om aan te pak. Natuurlik is daar

goeie beplanning en werk aan verbonde om ‘n goeie

funksionele webwerf op die been te kry, maar dit is

Boer jy vooruit?

Die internet as kommunikasie medium kan vandag

nie meer misgekyk word nie. Toegang tot die

internet neem daagliks toe soos wat daar vinniger

en makliker metodes ontstaan om aan die internet

te konnekteer. Die koms van draadlose konneksie

en veral 3G en selfone het die deur vir baie nuwe

internet gebruikers geopen. Heelwat meer boere en stoettelers

is vandag ook nie net internet gebruikers nie, maar besit

ook eie webtuistes. Die feit dat dit ‘n

nuttige en koste effektiewe rol

kan speel as deel van bemarking

prikkel veral belangstelling

onder stoettelers.

deesdae in enige iemand met ‘n internetkonneksie se

bereik. Dit kos ook nie ‘n fortuin nie. Hetsy om dit self,

alleen aan te pak of om van ‘n professionele diens in die

bedryf gebruik te maak.

Onthou dat die inhoud van ‘n webwerf baie

belangrik is. Die inligting wat jy met die wêreld en jou

teikengehoor deel moet goed gestruktureer wees. Taal

moet goed versorg wees. Vir stoettelers is die kwaliteit

en keuse van die fotomateriaal veral baie belangrik. Moet

dus nie skroom om bietjie meer tyd hieraan te bestee

nie. Dit is natuurlik altyd makliker om eerder ‘n pad

met ‘n professionele webwerf ontwerper te stap om te

verseker dat ‘n goeie funksionele webtuiste ontwikkel

word. Doen egter jou huiswerk vooraf en maak dan seker

dat jou webwerf volgens bedryfs standaarde ontwikkel

word. Jou beginpunt is altyd om ‘n oorhoofse doelwit vir

jou webwerf te stel en om te weet wat jy wil bereik.

Alhoewel boere aan die agterste speen gesuig het

wat internetkonneksie en dus toegang aanbetref is dit

besig om te verander. Dit beteken dat dit nou moontlik

is om die krag van die medium te begin ondersoek

en in te span. Dit is ‘n feit soos ‘n koei, vooruitgang in

kommunikasietegnologie vergemaklik die taak om

mense vinniger en makliker bymekaar uit te bring. Maak

seker dat jou stoet ook gevind kan word.

Vir meer inligting oor webwerf ontwikkeling skakel Jeré

Möller 051 821 1856.

54

Dormer2010

Dormer

Veilings

deur Rodney Rayner

Enige veiling het voor en nadele, en met die huidige kostes

wat rondom veilings gaan het ons die volgende uiteensetting

gemaak oor die voor en nadele.

Eerstens is daar verskeie soorte veilings om aan deel te neem naamlik:

1. Amptelike Nasionale Veilings – gereël en onder beskerming van Telersgenootskap.

2. Amptelike Streeks Veilings – gereël deur ‘n klub of groep telers in ‘n sekere area en is

onder beskerming van die Telersgenoogtskap.

3. Amptelike Privaat Veilings – gereël deur teler wat alleenlik sy eie diere aanbied en is ook

onder die beskerming van die Telersgenootskap.

4. Nie Amptelike Gesamentlike Veilings – gereël deur ‘n groep telers in ‘n sekere area. Geen

verpligte klassering van diere is nodig nie.

5. Nie Amptelike Privaat Veilings – gereël deur die teler self en wat alleenlik net sy eie diere

op die veiling aanbied. Geen verpligte klassering van diere is nodig nie.

Voordele van veilings vir die koper

1. Op veilings wat onder die beskerming van die Genootskap aangebied word verskaf dit

vir voornemende kopers die ideale geleentheid om die verskillende telers se diere met

mekaar te vergelyk – fenotipes en ook die diere se prestasies – op die veilings is die

telers verplig om alle stamboom en prestasies gegewens te voorsien.

2. Kopers kan besluit volgens areas van waar die telers afkomstig is, watter diere die beste

kans staan om goed in sy eie area aan te pas.

3. Op die amptelike veilings word die diere vooraf geklas deur Inspekteurs van die Dormer

Telersgenootskap – daardeur word die koper beskerm omdat die nie-veilingswaardige,

ongewenste, swak en prul diere nie op die veiling aangebied mag word nie.

Voordele van veilings vir die koper / teler

1. Amptelike veilings verskaf vir die telers / verkopers die geleentheid om sy diere met die

van sy mede telers te vergelyk – in alle opsigte. Sodoende kan hy bepaal presies watter

aanpassings / veranderings hy benodig om sy diere se gehalte te verbeter.

2. Dit is vir telers uiters belangrik om deel te neem en om

diere aan te bied op die amptelike Veiling - daardeur kan hy

presies bepaal waar in die bedryf hy staan. As ‘n teler altyd

net sy diere vir verkoop op die plaas aanbied , is hy geneig

of om te glo hy het die beste in die land, of sy diere is van lae

gehalte. Dit is dus uiters belangrik om jou diere met ander

sin te vergelyk.

3. Deelname op amptelike veilings is ‘n wonderlike manier om

jou stoetery te adverteer. Jy stel aan die kopers en publiek

dat jy wel ‘n stoetteler is, dat jou diere kompeterend is en

hulle kan jou gehalte van diere vergelyk met die van die

ander telers. As jou diere nog daarby goeie pryse behaal, is

dit ‘n wonderlike advertensie. Daar is geen beter manier om

te adverteer nie, want hier betaal die kopers vir hul opinie

van die diere en op ‘n skou , byvoorbeeld is dit ‘n ander

persoon se mening.

Nadele van Veilings vir die kopers

Die diere wat aangebied word op Nasionale, Streeks en

Gesamentlike Veilings is dikwels so oorvoer dat ‘n koper nie altyd

seker is van die dier se eintlike gehalte nie, so baie foute word

“weggevoer” dat dit soms feitlik onmoontlik is om foute raak te

sien.

1. Die oorvoerdediere is nie altyd dadelik geskik vir gebruik nie

en moet soms eers ‘n rukkie aanpas by die nuwe omgewing.

2. Op Amptelike Privaat Veilings is daar net die spesifieke teler

se diere om met mekaar te vergelyk, maar al die stamboom

en prestasie syfers sal beskikbaar wees om met die uitsoek

daarvan te help.

3. Voornemende kopers behoort baie versigtig te wees indien

hulle diere wil aankoop op enige nie-amptelike veilings.

Ongelukkig is daar by die veilings geen kontrole nie. Daar is

dikwels geen amptelike syfers vir prestasie en /of agtergrond

van die diere nie en die diere is soms nie eers geklas deur

gekwalifiseerde Inspekteurs nie.

Nadele van Veilings vir die verkoper / teler

1. Om wel te kompeteer op Nasionale-, Steeks-en Gesamentlike

Veilings is jy as teler eintlik verplig om baie geld te belê in die

voer en oppas van jou veilings diere om hulle in soortgelyke

kondisie te kry om nie af te steek teenoor die diere van

ander telers nie. ( Dit is ongelukkig ‘n feit dat baie telers se

diere totaal oorvoer word vir veilings. Solank as wat die

kopers bereid is om te betaal vir die “wanpraktyk” sal die

oorvoerdery voortduur.)

“Graag wil ons u uitnooi om deel te neem aan ons veilings en geregistreerde diere te koop van

geregistreerde telers, dit is jou waarborg tot beter Dormers “

56

Blup en

genetiese

v o r d e r i n g

deur MJ Swart

Dormer2010

Daar is drie belangrike faktore wat die

tempo van genetiese vordering bepaal,

die oorerflikheid van ‘n eienskap

(eienskappe met hoër oorerflikheid is

makliker om voor te selekteer) generasie

interval (die tydsverloop tussen twee

generasies, gedefineer as die gemiddelde

ouderdom van die ouers wanneer hul

nageslag gebore word) en die seleksie

differensiaal (die gemiddeld van die

genetiese potensiaal van diere wat ons

selekteer teen oor die gemiddeld van die

diere waaruit hul kom)

D

Telers kan nie die oorerflikheid van ‘n eienskap verander nie ,

hul kan egter die generasie interval net tot op ‘n sekere punt

verkort. Daarom is Seleksie diferensiaal die belangrikste dryfveer

tot genetiese vordering. (m.a.w. hoe akkuraat jy k an selekteer)

Vordering = seleksie diferensiaal x seleksie akuraatheid.

generasie interval

Prestasie = Gene + Omgewing

Die genetiese vordering wat ‘n teler verkry met die aankoop van

‘n nuwe ram is totaal afhanklik van die ram se gene. Met die aan

koop van beter genetika moet ons die impak van bestuur en

omgewing in gedagte hou, ‘n goeie omgewing kan swak gene

wegsteek, ter w yl ‘n swak omgewing goeie gene k an wegsteek.

Dormertelers is eintlik populasie genetikuste, maar dit is

onwaarskynlik dat ons so na ons self sal kyk, tog is dit ons taak

om gene in ons ras so te manipuleer sodat ons top genetika

aan die kommersiële boere van Suid Afrika kan lewer. Dit is ‘n

komplekse taak wat nog meer bemoeilik word deur verskillende

eksterne faktore bv. omgewing. ‘n Populasie normaalkurwe

bestaan vir elke groep diere (vir ‘n eienskap) die meerderheid

van ‘n populasie lê op die gemiddeld

klein hoeveelheid diere lê onder en bo die gemiddeld

Genetiese vordering is om die kurwe te verskuif na ‘n kant

toe + of - vir ‘n spesifieke eienskap bv. Positief vir Naspeen

of bv. Negatief vir geboorte massa

Voor ons die kurwe begin skuif moet ons vir ons sekere

teeldoelwitte opstel en sekere eienskappe identifseer waar in

ons vordering wil maak, maar daar is ‘n paar belangrike dinge

wat ons ingedagte moet hou.

1. Is die eienskap waarvoor jy wil selekteer ekonomies

belangrik vir jou en vir jou kliente?

ormer

2. Is die eienskap oorerflik?

3. Kan die eienskap akkuraat gemeet word en binne redelike

koste?

Dormertelers meet reeds ekonomiese eienskappe en het reeds

uitgebreide stambome ons doen al lank prestasiemeting en

het dus baie van die belangrike inligting versamel dit is reeds

verwerk in teelwaardes en moet net gebruik word deur die

telers. As stoetteler moet ons produseer wat die kuddeboer,

kliënt van ons verwag en ons moet produseer wat die

eindverbruiker van die kuddeboer verwag. Die kuddeboer

moet die rigting van jou stoet aandui en nie anders om nie,

as stoettelers modes en giere skep wat vir hulle belanrik is

maar nie vir die kuddeboer geld in die sak bring nie verloor hul

die kuddeboer. ‘n Volhoubare stoetbedryf is afhanklik van ‘n

gesonde komersiële bedryf. Dormertelers moet gefokus bly op

die kommersiële bedryf.

Hoekom blup gebruik

1. Om akkuraat te voorspel watter diere geneties

voordelig is vir my stoet ek wil so vinnig moontlik

vorder.

2. Diere tussen verskillende lamseisoene en jare met

mekaar te kan vergelyk

3. Jou self met ander kuddes kan vergelyk

4. Diere in ander kuddes te kan identifiseer wat vir jou

geneties voordelig kan wees

5. Die genetiese verandering in jou kudde van jaar tot

jaar te monitor want so word teeldoelwitte bereik.

6. Aan my kliënte akkurate inligting rondom ‘n dier se

genetiese potensiaal verskaf

Voordat ‘n teler begin selekteer vir sekere doelwitte moet hy ‘n

genetiese oudit van sy kudde doen. Hy moet gaan bepaal waar

is sy kudde huidig, waar lê sy kudde teenoor die ras en waar lê

sy doelwit, waar wil hy wees teen oor die ras. Kyk eerstens na jou

eie ramme, wat het jy beskikbaar om jou doelwit te bereik. Stel

‘n ramportefeulje saam en kyk watter ramme sal geskik wees om

die gewenste resultaat te lewer. Indien eie ramme alleen nie die

gewenste resultate lewer nie identifseer ander ramme in die ras

wat dalk kan help om sekere eienskappe te verbeter.

Stel ‘n eenvoudige doelwit saam wat binne bereik is. Bly

gefokus op jou doelwit moenie rondspring nie dit neem tyd om

jou doelwit te bereik. Rekordhouding moet eenvoudig maar

akkuraat wees, hou die aantal eienskappe waarvoor jy selekteer

so laag as moontlik, om dit volhoubaar te maak. Dit help nie as

ons elke jaar vir ander eienskappe meet en weeg nie, moenie

rondspring nie.

Blup is die kragtigste seleksie middel wat ons het en lewer

vinnig resultate vir meetbare eienskappe, ons moet dit egter

verantwoordelik gebruik en aanwend saam met die ander

eienskappe tot voordeel van ons ras.

Dormer2010 57

58

Dormers

voorlopers

soos gesien deur ons

deur Kobus Beyers

Deur die jare is daar verskeie mense wat diep spore in

die Dormer bedryf getrap het. Telers en ook nie-telers vir

wie die ras na aan die hart lê en ‘n passie is.

Ek het van hul ‘n paar vrae gaan vra.

Dormer2010

Erika Hanekom- Gebore Basson het

grootgeword op ‘n wingerdplaas in

die Malmesbury Distrik. Na matriek

verwerf sy ‘n Landboudiploma te

Grootfontein Landboukollege in

1963. Op daardie stadium was daar

nie geleenthede vir ‘n dame in die

boerdery nie en het sy vir haar pa as

plaasbestuurder begin werk. Gou het

sy met ‘n Vleismerino kudde begin,

maar toe haar aanstaande skoonpa in

1965 die plaas Renosterbosrug koop

was daar reeds Dormers. In 1968 trou

sy met Pieter Hanekom en gou het

sy haar vergewis van die besondere

eienskappe van die Dormers en is

sederdien verantwoordelik vir die

Dormerstoet.

Charl van Rooyen- Gebore te Lindley

in die Vrystaat, en daar grootgeword.

Na matriek verwerf hy sy

landbougraad aan die universiteit

van Pretoria. Daarna werk hy as

veekundige vir verskeie instansies

onder andere die Wolraad,

Vleissentraal en die Bonsmara

Genootskap. Sedert 1971 is hy

betrokke by die Dormerras en het

hy sedert 1978 tot 1998 gedien as

president van die genootskap.

Lettie Kruger – Gebore Boardman in

1933 te Mount Fletcher Transkei. Haar

pa is in 1941 gedurende die Tweede

Wêreldoorlog oorlede waarna haar

ma die boerdery verder behartig het.

Na matriek te Rocklands Meisieskool

te Cradock het sy haar Primêre

Onderwys Diploma te Graaff – Reinet

Onderwyskollage behaal. Haar

eerste onderwyspos was in 1953 te

Umtata waar sy haar man ontmoet

het. Teen die einde van 1962 het hulle

Bloemfontein toe verhuis weens haar

man se asma-probleme. Op 6 Maart

1963 het sy as ‘n klerk by SA Stamboek

Sekretariële Dienste begin werk en

werk nog steeds daar.

Wat u dink van die Dormerras en hoe dit verander het?

Charl – Van ‘n baie klein ras en Genootskap in die 1940’s tot waar ons vandag

staan het baie verander ten opsigte van ‘n hele paar eienskappe. Dit bly egter ‘n

uitstekende ras wat ideaal is vir slaglamproduksie.

Erika – Die Dormerras is my passie, liefde en lewe. Dis die mees fantastiese skaapras

en ek is baie trots daarop dat dit eg Suid–Afrikaans is. Ek glo die ras beskik oor al die

ekonomiese eienskappe van ‘n ideale vleisras. Finansieel glo ek dis die ras wat die

grootste inkomste in die kortste tydperk moontlik verseker, ook vir kuddetelers.

Vroeër was daar meer kompetisie in terme van skoue. Uitstallings het dit tot ‘n

mate vervang. Die ras het verskeie hoogte en laagte punte ervaar. As gevolg van

veediefstal en die ekonomie het heelwat lede in die negentiger jare bedank. Danksy

die besondere ras eienskappe en goeie reklame het die ledetal die afgelope paar jaar

weer vinnig toegeneem.

Watter veranderinge het die Dormer kantoor

ondergaan deur die jare?

Lettie – Gedurende Mei 1964 het die Sekretariaat te groot geword om verder onder

SA Stamboek se bestuur en gebou gehuisves te word en word Stoetvee Dienste

(Pedstock) in die lewe geroep. Bestuur deur ‘n “Board of Mangagement” gekies uit

verteenwoordigers van telersgenootskappe wat van ons dienste gebruik gemaak

het.

Die Dormers het in 1975 erkening gekry as ‘n ras en het by stoetvee aangesluit.

In 1986 kon die nuut aangestelde bestuurder nie die pyp rook nie en het die

20 Genootskappe van die dienste gebruik gemaak het elkeen sy eie heil gaan soek.

3 Genootskappe nl. die Dormers, Varktelers en Gelbvieh het gevra dat ek en ‘n ander

dame hul kantoor sal beman. Stoet Buro is in 1990 in die lewe geroep, later het die

Sussex en Ile de France genootskappe ook by ons aangesluit. In 1997 het Stamboek

ons genader om weer aan te sluit en die Stamboek Sekretariaat uit te brei.

Wat dink u van die Stoetbedryf in Suid–Afrika?

Erika – Stoeterye is noodsaaklik waar telers meerderwaardige, prestasiegetoetste

diere met spesifieke vasgeteelde eienskappe kan bekom. Ek glo dat ‘n koper veral

op die Nasionale Veiling duidelik moet kan sien wat hy koop en nie om die bos gelei

word deur veral oorvoerde diere nie.

Charl – Geweldig kompeterend, wat baie kapitaal en fisiese insette verg. Die mark is

tans ook baie selektief en daarom is die uiters belangrik om met die beste kwaliteit

te boer.

Enige raad vir ander / nuwe telers?

Lettie – Nuwe idees en bloed is goed solank as wat die goeie en beproefde

maatstawwe behoue bly. Daar moet gewaak word om nie weg te beweeg van dit

waarvoor die ras geteel is nie en dit is om ‘n suiwer witwol produserende ras wat

slaglammers van die veld af kan produseer.

Charl – Jy moet ‘n passie, liefde en geloof hê in wat jy doen.

Erika – Maak seker of jy stoet of komersieel wil boer. Hê ‘n voorkeur of liefde vir

die Dormerras. Eerlikheid en integriteit is prioriteit nommer een. Skaf diere aan

van iemand met wie jy ‘n pad kan stap en kan vertrou, wie jou sal help en die ras se

belange op die hart dra en nie net vir finansiële gewin nie.

Dormer2010 59

Dormer Aktiewe lede soos op 14-04-2010

Dormer2010 61

62

Dormer2010

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!