Graad 5
Graad 5 Graad 5
Let wel: Die nomerering van die paragrawe in dié dokument is in ooreenstemming met die WKOD-tabelle vir Beplanning, bv. 5.5.2 verwys na Graad 5, Leeruitkoms 5, Assesseringstandaard 2 Graad 5 Leeruitkoms VYF Assesseringstandaarde en voorbeelde Die leeruitkoms is bereik wanneer die leerder die volgende doen:
- Page 2 and 3: 5.5.1 Stel eenvoudige vrae oor eie
- Page 4 and 5: 5.5.2(b) Op hierdie vlak kan daar v
- Page 6 and 7: 5.5.4 Organiseer en teken data aan
- Page 8 and 9: 5.5.6 Teken ‘n verskeidenheid gra
- Page 10 and 11: 5.5.7 Lees data wat op ‘n verskei
- Page 12 and 13: 5.5.9 Stel ‘n lys moontlike uitko
Let wel:

Die nomerering van die paragrawe in dié dokument is in ooreenstemming met die

WKOD-tabelle vir Beplanning, bv.

5.5.2 verwys na Graad 5, Leeruitkoms 5, Assesseringstandaard 2

Graad 5 Leeruitkoms VYF

Assesseringstandaarde en voorbeelde

Die leeruitkoms is bereik wanneer die leerder die volgende doen:
5.5.1 Stel eenvoudige vrae oor eie skool- en gesinsomgewing, en identifiseer geskikte

databronne om menseregte-, sosiale, politieke, kulturele, omgewings- en ekonomiese

vraagstukke in daardie omgewing die hoof te bied

NOTA: Opvoeders kan die onderwerpe en kontekste gebruik wat in 55.7. genoem word.

Dit is ‘n goeie idee om tydens data-insameling vrae te vra wat in werklike situasies toepaslik

is. Dit verskaf ‘n goeie rede vir die insameling van die data. Die data kan bv. gebruik word vir

die reël van die eindjaar-partytjie of motivering vir die bou van ‘n voetbrug oor ‘n besige

hoofweg. Probeer om vrae te vermy wat nuttelose/onrealistiese inligting sal oplewer.

5.5.1(a) Moontlike voorbeelde van toepaslike (relevante) en bruikbare vrae:

• Wat is die gewildste koeldrank onder die kinders in my klas?

• Hoeveel kinders kruis die besige pad in die oggend en in die namiddag?

Probeer ook om vrae te vra wat gepaste vlakke van dataversameling tot gevolg sal hê. Sal

die leerders hierdie informasie kan insamel?
5.5.2 Maak en gebruik eenvoudige dataversamelingsvelle wat behels dat voorwerpe

getel word om data te versamel (alleen en/of as lid van ‘n groep of span) ten einde

vrae wat deur die onderwyser en die klas gestel word, te beantwoord

5.5.2(a) Soos genoem in 5.5.1, moet die aard van die vrae so wees dat dit die praktiese

insameling van informasie fasiliteer en aanmoedig.

Bv.die eerste vraag in 4.5.1(a) “Wat is die gewildste smaak…?”. Dit kan in die

klaskamer gedoen word, terwyl die tweede vraag: “Hoeveel kinders kruis die besige

pad…?” ondersoek kan gedoen word terwyl leerders op die skoolgrond by die heining

sit.

Op hierdie stadium is die informasie ongeorganiseerd en word dit rou data genoem.

Gunstelingsmake in 4D

Esme – Kola Mariam – Suurlemoen Sally – Kola

Donny - Lemoen Akbar - Kola Esmeralda – Kola

Marion – Suurlemoen Donald - Lemoen Anwar - Kola

Lorna – Kola Moosa – Granadilla Edna - Suurlemoen

Themba – Kola Piet – Lemoen Brian – Kola

Zolwani – Granadilla Jenna – Sodacrème Callie – Lemoen

Hawa – Pynappel Liesl – Lemoen Newton – Kola

Thandi – Suurlemoen Shaheeda – Suurlemoen Loni – Kola

Alison – Suurlemoen Thanda – Kola Koos – Suurlemoen

Bruce – Kola Arthur – Kola Earl - Lemoen

Kallie – Lemoen Zola – Pynappel Newt – Kola

Tando – Suurlemoen Harry - Suurlemoen
5.5.2(b) Op hierdie vlak kan daar van leerders verwag word om die versameling van die data

te beplan. Vrae moet vooraf gevra word om uit te vind wat die gunsteling

koeldrankgeure van die leerders is. Dit kan so lyk:

Populêre geure in 5D

Kola Suurlemoen Lemoen Granadilla Sodacrème Pynappel

Noudat die leerders die verskillende geure vasgestel het, kan hulle eenvoudig hul klasmaats

se name in die korrekte kolom invul.
5.5.3 [Geen assesseringstandaard. Sien die vlg. graad]
5.5.4 Organiseer en teken data aan deur tellings en tabelle te gebruik

5.5.4(a) Kyk of die leerders hul eie tabel kan optrek om hul data te organiseer. As hulle nie

tellings en tabelle gebruik nie, neem hulle metode in ag. Met ander woorde, moenie

die tabel op hulle afdwing nie.

Tabel van die gunstellinggeure in 5D

Soort koeldrank Aantal kinders wat van die geur

hou

Aantal

Kola | | | | | | | | | | | | 14

Lemoen | | | | | | 7

Sodacrème | 1

Granadilla | | 2

Pynappel | | 2

Suurlemoen | | | | | | | | 9
5.5.5 Ondersoek ongegroepeerde numeriese data om die telling wat die meeste

voorkom (modus) van die datastel te bepaal sodat sentrale neigings beskryf kan word

Hierdie assesseringstandaard skakel nou met 5.5.1, 5.5.2 en 5.5.4.

5.5.5(a) Die leerders behoort rou data te organiseer en behoort dus 'n begrip te ontwikkel

waarom hierdie stap nodig is. Deur leerders bekend te stel aan probleemscenario’s

in die vorm van ongegroepeerde of rou data, word hulle gedwing om ook hul eie

metode van groepering en organisering te ontwikkel. Dit sal hulle help om te begryp

waarom hulle ‘n bepaalde metode gebruik.

Leerders moet toegelaat word om self met die data wat hulle versamel het, te werk.

Hulle moet toegelaat word om self data op verskillende vlakke en in verskillende

groepe te organiseer.

Sommige leerders mag op die vlak wees waar hulle besef dat hulle `n

gestruktureerde dataversamelingsmetode benodig soos in 5.5.2 of selfs 5.5.4

(tellingstabelle).

Die proses om die data oor gunsteling koeldrankgeure te struktureer, stel ons

onmiddellik in staat om die modus (gunsteling geur) te identifiseer. Die modus is baie

nuttig binne hierdie konteks, omdat die data ons help om te bepaal hoeveel van elke

geur gekoop moet word.
5.5.6 Teken ‘n verskeidenheid grafieke om data (ongegroepeer) voor te stel en te

interpreteer insluitend:

• prentdiagramme (piktogramme) met ‘n veel-tot-een-ooreenstemming en ‘n

geskikte sleutel (bv. een prent = tien persone)

5.5.6(a) Grafiek wat die aantal voertuie aandui wat gedurende een week tussen 07:30 en

08:00 verby ons skool ry.

= 10 voertuie

Maandag Dinsdag Woensdag Donderdag Vrydag
• staafgrafieke

5.5.6(b) Staafgrafiek wat die aantal voertuie aandui wat gedurende een week tussen 07:30 en

08:00 verby ons skool ry.

Aantal voertuie

Volume vervoer gedurende een week

100

90

80

70

60

50

40

30

20

10

0

Ma

Mon Di Tue Wo Wed Do Thur Vr Fri

Dae van die week

Die grafiek kan op grafiekpapier of ruitpapier geteken word.

Sommige leerders mag vertroud wees met Microsoft Excel.
5.5.7 Lees data wat op ‘n verskeidenheid maniere voorgestel word (insluitend eie

voorstellings en voorstellings in die media – in woorde en grafieke) krities en

interpreteer dit om gevolgtrekkings en voorspellings te maak wat sensitief is ten

opsigte van die rol van:

NOTA: Opvoeders kan hierdie uitgangspunte, kategorieë en kontekste gebruik vir aktiwiteite

wat in 5.5.1 en 5.5.2 bespreek word.

• konteks (bv. landelik of stedelik)

5.5.7(a) `n Mens kan dit onder die leerders se aandag bring dat ‘n hoë vervoervolume vir

hulle `n probleem skep met betrekking tot padveiligheid, terwyl leerders in

plattelandse omgewings nie in hierdie opsig probleme ondervind nie. Hulle probleem

sal eerder ongereelde motorvervoer en ongenoegsame vervoer wees. `n Ideale

opname om in plattelandse omgewings aan te pak, is bv. om uit te vind watter

afstande leerders skool toe moet aflê, en wat hul vervoermiddels is. Die motief vir

hierdie tipe informasie-versameling sal bv. wees om befondsing vir vervoer van

provinsiale owerhede of van plaaslike besighede te probeer bekom.

Kyk gereeld na koerantberigte wat met grafieke aangevul is en bevraagteken die

data. Probeer bepaal of die data tot enigiemand se voordeel gebruik is.

• kategorieë binne die data (bv. geslag en ras)

5.5.7(b) Ons moet koeldrank koop vir die skool se interklas-netbalkompetisie. Wat was die

populêre geure onder die meisies? Hierdie aktiwiteit noop nou die sortering van

inligting van die reeds ingesamelde data.

• ander menseregtesake

5.5.7(c) Moet ons steeds sodacrème aankoop? Sal dit regverdig wees? Net een kind drink dit

. Is dit daardie kind se reg om sy/haar gunstelingkoeldrank op die partytjie te drink?

5.5.7(d) Wie ken iemand wat MIV-positief is?

5.5.7(e) Wat is jou gunstelingkos vir aandete? (Die vraag behoort gevalle van armoede en/of

wanvoeding uit te lig.)
5.5.8 Vergelyk, klassifiseer en orden gebeurtenisse uit die daaglikse lewe op ‘n skaal

van “seker dat dit sal plaasvind” tot “seker dat dit nie sal plaasvind nie”

5.5.8(a) Rangskik die volgende gebeurtenisse volgens skaal deur gebruik te maak van:

• Seker (S)

• Moontlik (M)

• Ontmoontlik (O)

o Dit sal more reën

o Jy sal lug inasem

o Jy sal met iemand praat vanmiddag

o Jou opvoeder sal jou skoolwerk prys

o Jy sal jou arms klap en huis toe vlieg

o Jy gaan met iemand in jou klas trou
5.5.9 Stel ‘n lys moontlike uitkomste vir eenvoudige eksperimente op (insluitend die

gooi van ‘n muntstuk, rol van ‘n dobbelsteentjie en die spin van ‘n draaibord)

5.5.9(a) Toets die moontlike uitkomste deur ‘n dobbelsteen te gebruik.

Besluit op die aantal gooie. Wees realisties. As ‘n steen ses kante het, moet die

steentjie genoeg keer gegooi word sodat elke syfer kans het om te verskyn .

Veronderstel ons besluit op 42 uit 60 gooie (kies ‘n groterige veelvoud van 6 – elke

syfer het gelyke kans om te verskyn ). Laat een leerder gooi en ‘n ander aanteken

wat elke keer verskyn .

As die voorafbepaalde aantal gooie bereik is, hou op met die aantekening en tel die

kere wat elke syfer gegooi is. Teoreties het elke nommer een in ses kanse om te

verskyn .

Elke leerder kan sy eie metode ontwerp om uit te werk watter syfers die meeste

gegooi is.

Verskillende groepe kan resultate vergelyk. Dit is ook belangrik dat groepe ‘n tweede

eksperiment uitvoer en dieselfde dobbelsteen, dieselfde aantal gooie en dieselfde

gooiers gebruik. Die resultaat moet dan vergelyk word met dié van die eerste rondte.

5.5.9(b) ‘n Soortgelyke eksperiment kan ook met die opskiet van ‘n muntstuk gedoen word.
5.5.10 Tel die frekwensie van werklike uitkomste vir ‘n reeks toetse

5.5.10(a) Leerders maak opnames van die eksperimente in 5.5.9. Die resultate kan dan

vergelyk word met voorspelde uitkomste. Elke sy van die dobbelsteen het dieselfde

kans om te verskyn as enige ander sy. Die kans is 1 in 6 om gegooi te word, maar

reflekteer die opnames dit?