03.05.2013 Views

Om 'n groen dominee te wees ... - Bybel-Media

Om 'n groen dominee te wees ... - Bybel-Media

Om 'n groen dominee te wees ... - Bybel-Media

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Om ’n groen

dominee te wees ...

André van Niekerk is ‘n

gemeentedominee in Pretoria. Hy

is getroud met Janetta en hulle het

vier kinders en een kleinkind. André

verwonder hom dikwels aan God in die

natuur en sou graag bio-wetenskaplikes

en gelowiges laat hande vat.

die dolfyne in die

baai ingejaag word, skreeu

‘Wanneer

hulle soos klein katjies wat

doodgemartel word”, vertel Nikki Botha

(Buite, bylaag tot Beeld, 31 Januarie

2012).

Nikki en ander aktiviste van Sea

Shepherd voer ’n bewussynsveldtog teen

die tradisionele jaarlikse jag van sowat

20 000 dolfyne in die Japannese

hawedorp, Taidji.

Wanneer die dolfyne op hulle jaarlikse

migrasie verbykom, jaag honderde motorbote

hulle die hawe in. Dis ’n verskrikking

en een van die lafhartigste dade van

die mensdom teen diere wat hulle hoegenaamd

nie bedreig of gevaarlik is nie.

Trouens, talle gevalle is beskrywe waar

juis dolfyne mense in nood gered het.

Van hierdie gebeure was die wêreld tot

onlangs toe nog onbewus. Aktiviste het in

2009 die slagting wat die baai bloedrooi

gekleur het, in die geheim verfilm. Dit is

as ’n dokumentere rolprent, The Cove,

verpak en het selfs ’n Oscar-toekenning

ontvang.

Dit is wat aktiviste doen om God se

skepping te red. Wat kan ons as gemeentes

doen?

Moet ons nie iets méér van so ’n

beweging vertoon nie as ’n handjievol

passie-gedrewe, moedige mense wat

spesifieke doelwitte nastreef? Kan ons

God help as ’n instituut met massalidmate?

Of is ons mense wat maar net

self wil voortbestaan, almal gelukkig en

tevrede hou en die sondes van versuim

onder die mantel van vroomheid pleeg?

Hoe help ons as dominees God se

gemeentes om soos ’n beweging van God

self op te tree?

Ek hoef geloof nie in te kleur nie –

dit is groen

Om sensitief vir die natuur te wees, is

deel van ons geloof in God. Gelowiges

glo immers dat die bedreigde aarde aan

God behoort. Ook dat ons die beelddraers

van God is, rentmeesters op die aarde en

versorgers van alles wat lewe.

Ons bely selfs dat ons God deur die

natuur en die Skriftuur ken (artikel twee

van die Nederlandse Geloofsbelydenis).

As jy net na Die Bybel luister, is dit

asof jy slegs die linkerbladsye van ’n

boek lees. Jy leer die karakters ken en

volg die draad van die verhaal. Maar as

die vertelling na die regterbladsy oorgaan,

ignoreer jy dit. Só ’n gewoonte kan maak

dat jy uit frustrasie die hele boek eenkant

wil sit.

Ons bely dat “alle skepsels, groot en

klein, net soos letters” in “’n mooi boek”

is wat ons “God se krag en goddelikheid

duidelik laat sien”.

Lees ons albei bladsye van God se

open baring, is dit duidelik dat ons nie net

enkele uitverkore spesies soos die dolfyne

of renosters moet red nie, maar die hele

skepping.

Onlangs is vertel hoe ’n krisis in kospro

duksie gaan ontstaan as die bye nie van

gifstowwe en gasse gered kan word nie.

Ons durf ook nie die sug (vergelyk

Romeine 8) van miljoene diere en pluimvee

wat in klein staalhokkies leef, waar

hulle nooit kan omdraai of volgens hulle

geskape natuur leef, ignoreer nie.

Ek nooi mense uit na ’n gelowige groen

leefstyl

Moenie probeer om menslike gedrag

met vrees en dreigemente te probeer verander

nie. Om die uitdagings op ’n hoop-

Blaai om

volle wyse te stel, is méér volhou baar.

Die groen leefwyse vra opoffering,

maar dit bied lewensbetekenis waarna

mense verlang.

Fokus jou eie lewensboodskap deur:

• Op nuwe wyses te lewe en nie om nog

méér dinge te doen nie.

Deur die warmwatertoestel laer en die

lugverkoeling hoër te stel, maak jy ’n

geringe aanpassing met ’n gróót uitwerking.

Deur kinders groot te maak om die

huisafval vir herwinning te verdeel, ontwikkel

’n karakterverrykende gewoonte.

• Energiebronne op ’n ekonomiese wyse

te benut.

Omgewingsvriendeliker huise, motors en

huishoudelike toestelle kan aanvanklik

duurder kos. Verantwoordelike rent meesters

druk egter nie alles net in Rand en

sent uit nie, maar bereken ook die gram

koolsuurgas per kilometer wat jou motor-

of vliegtuigreis die aarde kos en die kilowatt

per uur waarmee jou toestelle werk.

• Om op te hou om insekte ondeurdag

uit te roei omdat hulle lastig is of

gevaarlik lyk.

Staak die gebruik van gifstowwe wat ons

grondwater besoedel. Ons kan dit nie

preek as ons dit nie self leef nie, of as

daar blikke “Doom” en ander gif in die

kerk kombuis se kaste is nie!

• Voor God met verantwoordelikheid te

leef.

Dit vra ’n kritiese ingesteldheid teenoor

die verbruikersamelewing met sy meesleu

rende advertensies wat miljoene laat

10

glo dat hulle identiteit van “wat jy kry,

waar jy bly en waarmee jy ry” afhang.

Om hiervan vry te raak, moet ons sterk

karakters kweek.

Ek kies vanuit ons geloof die lang

groen pad

Die besef groei dat ons nie net moed

nodig het vir ’n alternatiewe lewenswyse

nie, maar die lewenswyse ook suksesvol

moet propageer. Die syfers en scenario’s

oor besoedeling, verwarming, uitsterwing,

ontbossing en waterskaarste is

immers skrikwekkend!

’n Indringende langtermyn bewus synsveldtog

is nodig. Die minste wat ’n

gemeente kan doen, is om ’n nuwe kultuur

te help vorm deur:

• ’n Herwinningsterrein te skep of te

ondersteun met ’n embleem wat byvoorbeeld

sê: “Ons bewaar God se

aarde”. Daar moet veral plan gemaak

word met ou batterye, elektroniese

afval en buisligte.

• Plaas die name van bome só dat gemeentekinders

dit kan ken en lief kry.

Hulle sal later twee keer dink om ’n

boom met ’n naam net uit te kap.

• Raam ’n plakkaat met die voëls wat

voorkom en sorg dat hulle genoeg

drink- en badwater het. Ook plakkate

van die veldblomme en -diertjies van

die omgewing. Sit die embleem met

“Ons bewaar God se aarde …” by. Dié

woorde sal waarskynlik nie op dowe

ore val nie …

KRuISGEwyS Maart 2012

• Plaas uil- en/of vlermuiskaste op die

kerkgebou se mure.

• Neem die belydenisklas na Maropeng

en verduidelik Genesis 1 en 2 daar.

Nóg beter: Nooi die VGK se klas saam.

Maropeng verduidelik nie net die wonderlike

totstandkoming van die aarde en

die lewe op aarde nie, maar ook die wesenlike

gevaar as ons dit nie sou regkry

om nuut te begin lewe nie.

Groen as modegier

Wie “groen” kies om relevant en “in”

te wees, maar wegskram van kwessies

soos kerkeenheid, gesprekke tussen godsdienste

en die spanning tussen natuurwetenskap

en sekere wyses van Bybelverstaan,

maak egter ’n fout.

As ons nie sáám met alle mense op

hierdie aarde nuut gaan leef nie, sal ons

eie poginkies min werd wees.

• Hoe sal ons dolfyne kan red sonder

om met die Japannese se Sjintoeïste

en Boeddhiste oor hulle en ons oergeloofsinhoude

sáám te praat?

• Hoe heerlik sal dit nie wees as

verskillende gemeentes saamspan vir

natuurbewaring nie?

• Hoe goed sal dit nie wees as alle

gelowiges die nuwe verstaan oor die

ontstaan van die skepping omarm, en

hulle in die geloof daaroor ver won der

dat God véél groter bly as ál ons

voorstellings en verklarings deur die

eeue heen nie?

Direkte bestellings: bestel@bmedia.co.za

Deeloproepe: 0860 26 33 42 of 0860 BMEDIA

E-aankope: www.bybelmedia.co.za

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!