Natuurbewaring en Ordonansie - Bosveld Jagters en ...

Natuurbewaring en Ordonansie - Bosveld Jagters en ... Natuurbewaring en Ordonansie - Bosveld Jagters en ...

bosveldjagters.co.za
from bosveldjagters.co.za More from this publisher
03.05.2013 Views

Daar bestaan ‘n Natuurbewaringsordonnansie vir elkeen van die provinsies in ons land wat bepaal wat ek mag jag en waar en watter dokumentasie ek benodig. Die onus rus op die jagter om homself te vergewis van die reëls van die gebied waar hy gaan jag. Wat is jag? Jag in die Ordonnansie beteken die soek, navolg of voorsit van ‘n gegewe dier met die doel om die dier te dood. Hieronder volg ‘n paar definisies wat elke jagter moet ken : BEROEPSJAGTER ‘n Persoon wat buitelandse jagters vir vergoeding neem om te jag. So ‘n persoon moet ‘n voorgeskrewe eksamen slaag met die nodige bewys van sy kwalifikasie en daarvoor registreer. JAGONDERNEMER ‘n Jagondernemer is ‘n persoon wat onder die wet geregistreer is om buitelandse jagters te werf en hulle dan in Suid Afrika te kom laat jag onder toesig van ‘n beroepsjagter. Geen persoon wat nie ‘n jagondernemer is nie, mag met buitelandse jagters onderhandel om in S.A te kom jag nie. AMATEUR JAGTER ‘n Persoon wat op sy eie ‘n jag reël, vir homself jag, en al die kostes van die jag self dra. GRONDEIENAAR Die geregistreerde eienaar of bona-fide koper na ondertekening van koopkontrak, van die grond. Sy familie kan sekere wild op sy plaas jag onder die bepalings van die ordonnansie. SOORTE WILD ONDER DIE ORDONNANSIE Wild word deur die Ordonnansie in verskillende kategorieë verdeel vir jagdoeleindes. Die kategorieë is soos volg : Wild, Beskermde wild, Spesiaal beskermde wilde diere, Nie-Endemiese wilde diere en Wilde diere wat nie nie een van bostaande kategorieë is nie. Onder volg die omstandighede waaronder jy elke kategorie mag jag en wat se dokumentasie jy benodig. WETTIGE JAG Daar bestaan meer as een manier waarvolgens wettig gejag kan word. Elkeen daarvan word hieronder bespreek.

Daar bestaan ‘n Natuurbewaringsordonnansie vir elkeen van die provinsies in ons land wat bepaal

wat ek mag jag en waar en watter dokumentasie ek benodig. Die onus rus op die jagter om homself

te vergewis van die reëls van die gebied waar hy gaan jag.

Wat is jag?

Jag in die Ordonnansie beteken die soek, navolg of voorsit van ‘n gegewe dier met die doel om die

dier te dood.

Hieronder volg ‘n paar definisies wat elke jagter moet ken :

BEROEPSJAGTER

‘n Persoon wat buitelandse jagters vir vergoeding neem om te jag. So ‘n persoon moet ‘n

voorgeskrewe eksamen slaag met die nodige bewys van sy kwalifikasie en daarvoor registreer.

JAGONDERNEMER

‘n Jagondernemer is ‘n persoon wat onder die wet geregistreer is om buitelandse jagters te werf en

hulle dan in Suid Afrika te kom laat jag onder toesig van ‘n beroepsjagter. Geen persoon wat nie ‘n

jagondernemer is nie, mag met buitelandse jagters onderhandel om in S.A te kom jag nie.

AMATEUR JAGTER

‘n Persoon wat op sy eie ‘n jag reël, vir homself jag, en al die kostes van die jag self dra.

GRONDEIENAAR

Die geregistreerde eienaar of bona-fide koper na ondertekening van koopkontrak, van die grond. Sy

familie kan sekere wild op sy plaas jag onder die bepalings van die ordonnansie.

SOORTE WILD ONDER DIE ORDONNANSIE

Wild word deur die Ordonnansie in verskillende kategorieë verdeel vir jagdoeleindes. Die

kategorieë is soos volg :

Wild, Beskermde wild, Spesiaal beskermde wilde diere, Nie-Endemiese wilde diere en Wilde

diere wat nie nie een van bostaande kategorieë is nie. Onder volg die omstandighede waaronder jy

elke kategorie mag jag en wat se dokumentasie jy benodig.

WETTIGE JAG

Daar bestaan meer as een manier waarvolgens wettig gejag kan word. Elkeen daarvan word

hieronder bespreek.

KORT SAMEVATTING VAN DIE ORDONNANSIE VIR DIE LIMPOPO PROVINSIE

(Opgestel vir BJV deur Johan van Wyk van Blouberg Natuurreservaat)

1. Wilde diere in die Limpopo Provinsie is in vyf (5) kategoriëe verdeel nl;

Spesiaal Beskermde wilde diere, Beskermde wilde diere, Wild, Wilde diere en Nie-

Endemiese wilde diere.

Dit is dus vir my as jagter belangrik om te weet in watter kategorie die spesie val wat ek wil

jag.

2. Het die plaas waarop ek gaan jag vrystelling vir die spesie wat ek wil jag?

Vrystelling word aan ‘n plaas verleen waarvan die omheining sodanig is dat dit sekere wilde

diere wat op daardie plaas voorkom suksesvol kan binne hou. Die grondeienaar moet in besit

wees van ‘n Vrystellings permit wat hy elke drie jaar moet hernu. Op die permit sal die

spesies gelys wees waarvoor vrystelling verleen word.

3. As die plaas nie vrystelling het nie, wat dan?

Dit word van jou verlang om ‘n permit te bekom as jy spesies wil jag wat Spesiaal

Beskermde wilde diere, Beskermde wilde diere of Wild (gedurende toe seisoen) is.

4. Jag van spesies in die Wild kategorie

Spesies in hierdie kategorie gelys is wilde diere wat volop in die provinsie voorkom en die

meeste gejag word. In die oop seisoen word ‘n jaglisensie benodig, en in die toe seisoen ‘n

jagpermit soos by punt 3 hierbo.

Die grondeienaar of sy direkte familie mag spesies in hierdie kategorie jag sonder ‘n lisensie

gedurende die oop seisoen.

5. Oop- en toe seisoen, wanneer is dit en hoe werk dit?

‘n Oop seisoen vir jagdoeleindes word vasgestel deur die departement en word bekend

gemaak in die Provinsiale Gazette. Dit bevat inligting tot die persone of kategorie van

persone op wie die seisoen van toepassing is, spesie en geslag van Wild-kategorie wilde

diere wat gejag mag word en die area of kategorie van areas/distrikte.

6. Jag van wilde diere wat nie Spesiaal Beskermde wilde diere, Beskermde wilde diere of

Wild is nie (dus kategorie Wilde diere)

Die jag van spesies in hierdie kategorie kan geskied enige tyd van die dag of nag en ook

enige tyd van die jaar. Die jagter benodig slegs die skriftelike toestemming van die

grondeienaar.

7. Skriftelike toestemming om te jag

Skriftelike toestemming word altyd verlang ongeag die kategorie wilde diere wat gejag word

en of die plaas vrystelling het of nie.

8. Jag gedurende die nag

Hierdie periode strek van ‘n halfuur na sononder tot ‘n halfuur voor sonop die volgende dag.

‘n Permit word benodig vir die jag van Spesiaal Beskermde wilde diere, Beskermde wilde

diere, Wild of Nie-Endemiese wilde diere tydens hierdie periode, ongeag die seisoen. (kyk

ook punt 6 hierbo vir kategorie Wilde diere)

9. Die jag van Nie-Endemiese wilde diere.

Die jag van spesies in hierdie kategorie kan geskied enige tyd van die dag (maar nie in die

nag) en ook enige tyd van die jaar. Die jagter benodig slegs die skriftelike toestemming van

die grondeienaar.

10. Jag in natuurreservate

‘n Permit word ten alle tye benodig vir alle kategorië wilde diere.

11. Jag van roofdiere onder sekere omstandighede

(jagluiperd, bruin- en gevlekte hiëna, luiperd en leeu)

‘n Permit word benodig om hierdie spesies te jag met lokaas of die nabootsing van die dier

se geluid.

12. Watter vuurwapens is verbode vir jagdoeleindes?

Vir die jag van Spesiaal Beskermde wilde diere, Beskermde wilde diere, Wild of Nie-

Endemiese wilde diere mag jy nie gebruik:

• ‘n outomatiese of semi outomatiese vuurwapen nie

• ‘n vuurwapen met ‘n randonsteking rondte en kaliber van 5,6mm nie.

• ‘n haelgeweer nie

• ‘n luggeweer nie

Die wet maak ‘n uitsluiting vir grondeienaars of hul direkte familie wat Spesiaal Beskermde

wilde diere, Beskermde wilde diere, Wild of Nie-Endemiese wilde diere met enige

vuurwapen mag jag op daardie eienaar se grond.

13. Mag ek dan glad nie my haelgeweer gebruik nie?

Die wet maak ‘n uitsluiting met betrekking tot ‘n haelgeweer deur dat dit gebruik kan word

slegs vir die jag van voëls en hase.

14. Die besit en vervoer van vuurwapens in ‘n gebied waar wilde diere voorkom

As jy op die plaas is met ‘n vuurwapen in jou besit, moet jy die skriftelike toestemming van

die grondeienaar in jou besit hê.

As jy die vuurwapen vervoer moet dit ontlaai wees en toe wees in ‘n geweersak of –tas of

ander houer ontwerp vir daardie doel. Die wet maak ‘n uitsluitsel vir handwapens waarvan

die looplengte nie langer as 102mm is nie.

15. Wat van ‘n boog?

‘n Boog mag slegs gebruik word as jy die houer is van ‘n boogjag permit. Sommige jagplase

het reeds boogjag vrystelling en dan word slegs die grondeienaar se skriftelike toestemming

benodig.

16. Mag ‘n hond gebruik word vir jagdoeleindes?

‘n Hond mag slegs gebruik word vir die jag van voëls en die opvolg van ‘n wilde dier wat

gewond was tydens ‘n wettige jag.

17. Hoekom word ek as ‘n amateurjagter geklassifiseer en nie as ‘n beroepsjagter nie?

‘n Beroepsjagter jag of vergesel ‘n ander jagter teen vergoeding en is die houer van sodanige

permit.

18. Vevoer van wildkarkasse

Verkry ‘n brief van die grondeienaar met sy besonderhede asook karkas beskrywings

BELANGRIK:

Daar is tans voorgestelde nuwe wetgewing wat in die proses is om deur die parlement goedgekeur

te word wat baie van bogenoemde wetgewing mag verander. (Kyk op die Internet by

http://www.chasa.co.za/huntinglegis.htm vir die voorgestelde wysigings). Dit is elke jagter se plig

om op hoogte te bly van enige nuwe jagwetgewing – die wet sê onkunde is geen verskoning nie!

SPESIAAL BESKERMDE WILDE DIERE

Olifant

Erdvark

Kleingekoldekat

Lichtensteinse hartbees

Ietermagog

Rooiduiker

Swartrenoster

Witrenoster

Bastergemsbok (Roan)

Tropiese grysbok (Sharpe’s)

Soenie

Wildehond

Krokodil

• Benodig permit en grondeienaar se skriftelike

toestemming

BESKERMDE WILDE DIERE

Aardwolf (geen vrystelling)

Siwet (geen vrystelling)

Vaalboskat (geen vrystelling)

Buffel

Nagaap (geen vrystelling)

Bosnagaap (geen vrystelling)

Kaapse otter (geen vrystelling)

Bakoor jakkals (geen vrystelling)

Bruin hyena (geen vrystelling)

Gevlekte hiëna (geen vrystelling)

Oorbiedjie

Gewone rietbok

Rooiribbok

Vaalribbok

Swartwitpens

Tierboskat (geen vrystelling)

Steenbok

Basterhartbees (tsessebe)

Jagluiperd (geen vrystelling)

Luiperd (geen vrystelling)

Leeu (geen vrystelling)

Klipspringer

Silwervos (geen vrystelling)

Kameelperd

Volstruis

Gewone tortelduif

Grootringduif

Rooiborsduif

Luislang (geen vrystelling)

• Benodig permit en grondeienaar se skriftelike

toestemming op plase sonder vrystelling. Plase met

vrystelling is slegs grondeienaar se skriftelike

toestemming nodig

NIE-ENDEMIESE WILDE DIERE

Swartwildebees

Blesbok

Blouduiker

Bontebok

Kaapse grysbok

Bergsebra

• Benodig slegs die groneienaars se skriftelike

toestemming

WILD

Rooikat (geen vrystelling)

Bobbejaan (geen vrystelling)

Blouaap (geen vrystelling)

Eland

Gemsbok

Gewone duiker

Rooibok

Koedoe

Njala

Rooihartbees

Springbok

Waterbok

Nonnetjies eend (geen vrystelling)

Geelbekeend (geen vrystelling)

Bospatrys (geen vrystelling)

Natalse fisant (geen vrystelling)

Rooivlerkpatrys (geen vrystelling)

Laeveldpatrys (geen vrystelling)

Bosveldfisant (geen vrystelling)

Kolgaans (geen vrystelling)

Wildemakou (geen vrystelling)

Gewone tarentaal (geen vrystelling)

Rooibekeend (geen vrystelling)

Bleshoender (geen vrystelling)

Kransduif (geen vrystelling)

• Benodig ‘n permit in toe seisoen en jaglisensie in oop

seisoen asook grondeienaar se skriftelike toestemming.

• Op Vrystellingsplase word slegs die grondeienaar se

skriftelike toestemming benodig

WILDE DIERE - enige wilde dier wat nie onder die bo-

genoemde kategoriëe gelys is nie soos o.a.;

Vlakvark

Bosvark

Ystervark

Rooijakkals

• Benodig slegs die groneienaars se skriftelike

toestemming

• Die inhoud van hierdie lys is nie volledig nie, dit sluit slegs spesies in met ‘n moontlike

jagwaarde. Indien ‘n teiken spesie nie gelys is nie, maak seker van die spesie se status.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!