AFDELING A: Vraag 1:
AFDELING A: Vraag 1:
AFDELING A: Vraag 1:
Create successful ePaper yourself
Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.
Lewenswetenskappe – Vraestel 1 September 2007 Graad 11

Tyd: 2½ure Totaal: 150

AFDELING A:

Vraag 1:

1.1 Verskeie moontlike opsies word as antwoorde vir die vrae verskaf. Kies die korrekte

antwoord en skryf slegs letter (A – D) langs die vraagnommer neer.

1.1.1 Watter EEN van die volgende is die korrekte volgorde vir die vloei van urien?

A. Nierpelvis ureter blaas uretra

B. Blaas Nierpelvis uretra ureter

C. Ureter blaas Nierpelvis uretra

D. Uretra Nierpelvis ureter blaas

VRAE 1.1.2 en 1.1.3 is op die volgende diagram wat die verbinding tussen twee

neurone aandui, gebaseer. Bestudeer die diagram en beantwoord die vrae:

1.1.2 Die verbinding tussen die neurone word ’n ........ genoem.

A. sinaps

B. akson

C. miëlienskede

D. ganglion

1.1.3 Die mitochondrion wat in die diagram getoon word, ............

A. vervoer impulse

B. verhoog die tempo van respirasie in neurone

C. berg neurotransmitters totdat hulle benodig word

D. voorsien ATP vir die produksie van neurotransmitters

1.1.4 Bakterieë is ...........

A. eensellig en parasities in plante en diere

B. eensellig en kernloos

C. mikroskopiese plante met ’n saprofitiese voedings wyse

D. eensellig met ’n kern en parasities in plante en diere

Afrikaanse Skoolprojekte
1.3 Virusse het ’n ............

A. DNA wat ’n selkern bevat en ’n vet-omhulsel

B. nukleïensuur kern en ’n plasmamembraan

C. DNA-kern en ’n proteïen-omhulsel

D. nukleïensuur-kern en ’n proteïen-omhulsel 5 x 2 =(10)

1.2 Gee die korrekte biologiese term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die term

langs die vraagnommer neer.

1.2.1 Plekke waar twee of meer bene bymekaarkom

1.2.2 Spiere wat teen mekaar werk

1.2.3 Die verwydering van metaboliese afval uit die liggaam uit

1.2.4 ’n Organisme wat siektes veroorsaak

1.2.5 Die vegetatiewe deel van ’n fungus

1.2.6 ’n Dier, gewoonlik ’n insek, wat siekte veroorsakende mikroörganismes van een gasheer na ’n

ander oordra. (6)

1.3 Kies ’n item uit Kolom b om by ’n stelling in Kolom A te pas. Skryf slegs die letter (A – K)

langs die vraagnommer neer.

Kolom A Kolom B

1.3.1 Neurone wat impulse na die

sentrale senuweestelsel vervoer.

1.3.2 Die hoof-arterie wat suurstofryke

bloed weg vanaf die hart na ander

dele van die liggaam vervoer.

1.3.3 Weefsel wat water in ’n plant

vervoer.

1.3.4 Selle wat die teenwoordigheid van

vreemde organismes identifiseer en

dit vernietig.

1.3.5 ’n Siekte wat deur ’n virus

veroorsaak word.

1.3.6 Klein stukkies DNA in bakterieë.

A floëem

B motoriese

C limfosiete

D eritrosiete

E tuberkulose

F aorta

H pulmonêre arterie

I masels

J plas-miede

K Xileem

1.4 Die onderstaande grafiek toon die geskatte getal MIV-infeksies geprojekteer tot

die jaar 2010 in Suid-Afrika. Bestudeer die grafiek en beantwoord die vrae:

Afrikaanse Skoolprojekte

(6)
1.4.1 Hoeveel miljoen mense na raming, was in 2003 met MIV besmet? (1)

1.4.2 Beskryf die tendense wat in die bostaande grafiek getoon word. (3)

1.4.3 Gee ’n moontlike verduideliking vir die geskatte getal MIV-infeksies

wat van 2008 tot 2010 waargeneem word. (2)

1.5 Bestudeer die volgende diagram en beantwoord die vrae:

1.5.1 Identifiseer die orgaan wat in die diagram voorgestel word. (1)

1.5.2 Benoem die dele wat A en C onderskeidelik gemerk is. (2)

1.5.3 Noem TWEE funksies van deel B. (2)

1.5.4 Benoem die benerige struktuur wat die orgaan wat in die diagram getoon word, omsluit. (1)

Afrikaanse Skoolprojekte
1.5.5 Verduidelik hoe die verbruik van ’n groot hoeveelheid alkohol die funksionering van die

deel wat C gemerk is, kan beïnvloed. (2)

1.5.6 Die wettige perk van alkoholkonsentrasie in die bloed in Suid-Afrika is 0,05 g/100 mℓ.

Die alkoholkonsentrasie van Ronel se bloed is 1,00 g/100 mℓ. Sy dring egter daarop aan dat

sy na ’n partytjie veilig huis toe kan bestuur. Moet Ronel toegelaat word om huis toe te

bestuur? (1)

1.5.7 Verduidelik jou antwoord op Vraag 1.5.6. (2)

1.6 Lees die volgende gedeelte oor malaria en bestudeer die temperatuurkaart

van ’n pasiënt wat met malaria besmet is.

Malaria is endemies (altyd teenwoordig) in Afrika en Asië. Elke jaar word 200 miljoen tot 300

miljoen mense met malaria besmet, meestal in die warm tropiese en subtropiese streke en elke

jaar sterf meer as 1 miljoen mense as gevolg daarvan.

Die malariaparasiet is ’n eensellige spoorvormende organisme wat Plasmodium genoem word.

In mense produseer Plasmodium spore wat merosoïete genoem word wat rooibloedliggaampies

oor en oor besmet en veroorsaak dat hulle bars. Dit het die koors wat kenmerkend by malaria

pasiënte is, tot gevolg.

Die wyfiemuskiet, Anopheles, versprei ’n algemene soort malaria wat deur Plasmodium vivax

veroorsaak word. Plasmodium word in die mens

vrygestel wanneer ’n muskiet bloed suig.

Die onderstaande grafiek toon die temperatuurkaart van ’n persoon wat aan malaria ly.

Die eerste koorsaanval vind gewoonlik 10 dae na infeksie plaas. So ’n aanval word deur drie

fases gekenmerk: koue-, warm- en sweet fases. Veronderstel dag 1 op die kaart was 22 Maart

2006.

Afrikaanse Skoolprojekte
1.6.1 Vanaf die kaart, bepaal:

a) Die normale liggaamstemperatuur (in °C) van ’n gesonde persoon. (1)

b) Die getal koorsaanvalle wat aangeteken is. (1)

1.6.2 Bereken die volgende:

a) Die datum waarop die pasiënt aanvanklik deur die muskiet besmet is. (1)

b) Die dag waarop jy die begin van die volgende koorsaanval sal verwag. (1)

1.6.3 Bepaal vanaf die kaart, die pasiënt sê:

a) Laagste temperatuur (in °C) op Dag 2. (1)

b) Hoogste temperatuur (in °C) op Dag 2. (1)

1.6.4 Verwys na Dag 5 om die volgende te beantwoord:

a) Stel ’n rede voor vir die skerp toename in temperatuur tydens die warm fase. (1)

b) Stel EEN simptoom voor wat die pasiënt moontlik tydens die koue fase kan ervaar.(1)

1.6.5 Noem DRIE maniere waarop jy jouself teen malaria-besmetting kan beskerm. (3)

Afdeling A: 50

AFDELING B:

Vraag 2:

2.1 ’n Wetenskaplike het ’n ondersoek ontwerp om te bepaal of mikrobes op menslike hare

voorkom. ’n Steriele petribakkie (ronde, plat houer) wat steriele voedings-agar (stof waarop

mikrobes voed en groei) bevat, is gebruik. Die deksel van die petribakkie is versigtig verwyder

en ’n menslike haar is op die oppervlak van die agar geplaas. Die deksel is toe teruggeplaas en

die petribakkie is vir 48 uur in ’n broeikas (apparaat waarvan die temperatuur beheer kan word)

geplaas. Die bakkie is toe ondersoek.

2.1.1 Wat word met ’n steriele petribakkie bedoel? (1)

2.1.2 Gee ’n hipotese waarvoor in bogenoemde ondersoek getoets is. (2)

2.1.3 By watter EEN van die volgende temperature (0 °C, 30 °C, 80 °C, 100 °C) moes die

broeikas gestel gewees het? (1)

2.1.4 Verduidelik jou antwoord op Vraag 2.1.3. (2)

2.1.5 Beskryf ’n geskikte kontrole vir hierdie ondersoek. (2)

2.1.6 Verduidelik waarom ’n kontrole vir hierdie ondersoek noodsaaklik is. (2)

2.2 ’n Monster is geneem van ’n pasiënt wat aan ’n keelinfeksie ly. Die bakterieë op die

wattepluisie is op ’n voedings-agar in ’n petribakkie gekweek. ’n Skyf met meervoudige arms,

met verskillende tipes antibiotikum op die punte van elk van die ses arms, is toe bo-op die

bakterieë geplaas. Die twee helftes van die petribakkie is toe saam geseël en in ’n broeikas teen

30 °C geplaas. Die volgende diagram toon die resultaat van die ondersoek na 48 uur.

Afrikaanse Skoolprojekte
2.2.1 Noem EEN verskil in die werking van antibiotika B en F. (2)

2.2.2 Dit was bekend dat die pasiënt vir antibiotika B allergies was.

a) Watter antibiotikum moet aan die pasiënt gegee word? (1)

b) Verduidelik jou antwoord op Vraag 2.2.2 (a). (2)

2.2.3 Dit lyk asof die organisme wat hierdie infeksie veroorsaak, bestand is

teen twee van die antibiotika.

a) Na watter TWEE antibiotika word in die bostaande bewering verwys? (2)

b) Verduidelik jou antwoord op Vraag 2.2.3 (a). (2)

2.2.4 Die pasiënt is ’n 5-dag-kursus van die geskikte antibiotikum gegee. Verduidelik waarom dit

belangrik is om die kursus antibiotikum te voltooi, selfs al voel jy beter. (3)

2.2.5 In die eerste gedeelte van die twintigste eeu, is spinnekoppe se webbe (waarin baie fungi

-spore vasgevang word) op klein snye en wonde geplaas. Stel EEN rede voor vir die volgende:

a) Waarom dit waarskynlik ’n nuttige prosedure was. (2)

b) Waarom dit gevaarlik kon gewees het. (2)

2.2.6 Antibiotika is ondoeltreffend teen virusinfeksies. Waarom dan, word antibiotika soms aan

mense gegee wat aan virusinfeksies soos griep, ly? (2)

2.2.7 Noem TWEE maniere waarop ’n ontsmetmiddel of antiseptiese middel van ’n antibiotikum

verskil. (2)

[30]

Afrikaanse Skoolprojekte
Vraag 3:

3.1 Te veel of te min water kan selle beskadig. Om gesond te bly, moet die totale hoeveelheid

water wat deur die liggaam ingeneem word, dieselfde wees as dit wat deur die liggaam uitgeskei

word. Ons liggame hou die waterinhoud in die liggaam met groot sorg konstant. Die

bygaande tabel toon die totale volume water wat op een dag deur ’’n Graad 11-leerder

ingeneem en verloor is. Bestudeer die tabel en beantwoord die vrae:

Daaglikse

aktiwiteite

Normale dag

(binnenshuis by ’n

gemaklike temperatuur

en humiditeit)

Dag buite in koue

weer

Dag buite in baie

warm weer

Volume water wat op een dag ingeneem en verloor word (cm³)

Water ingeneem Water verloor

Drink Voedsel Respirasie Totaal Urien Sweet Uitaseming Ontlasting Totaal

1400 800 200 2400 950 950 400 100 2400

1100 800 400 2400 1800 200 300 100 2400

X 800 200 3000 700 1400 750 150 3000

3.1.1 Bereken die hoeveelheid water wat die leerder ingeneem het deur water te drink op ’n dag

buite in warm weer, wat deur X op die tabel aangetoon is. (Toon ALLE berekenings.) (3)

3.1.2 Teken ’n kolom grafiek om die verskillende maniere waarop die leerder water op ’n normale

dag en op ’n dag buite in koue weer verloor het, te vergelyk. Gebruik dieselfde asse om beide

stelle kolomme te teken. (11)

3.1.3 Wat dink jy moes die leerder op die dag buite in baie warm weer gedoen het om te verseker

dat die hoeveelheid water wat deur die liggaam ingeneem en verloor is , dieselfde is? (1)

3.1.4 Beskryf die rol wat antidiuretiese hormoon (ADH) tydens die behoud van water in die

liggaam, op ’n warm dag buite, speel. (5)

3.2 Die onderstaande diagram toon die bene van ’n atleet terwyl hy wag vir ’n wedloop om te

begin. Die letters A tot F toon sommige van die spiere asook die gewrigte wat tydens die

wedloop gebruik sal word.

Afrikaanse Skoolprojekte
3.2.1 As die Afsetter se rewolwer afgaan, sal die atleet se regterbeen reguit gemaak word, wat die

atleet opwaarts en vorentoe sal stoot.

Watter van die letters (A tot F) dui die spiere aan wat sal:

a) Ontspan (1)

b) Saamtrek (3)

3.2.2 Die been wat in die diagram getoon word, het verskillende tipes gewrigte.

Watter van die volgende letters (A tot F) toon.

a) ’n Skarniergewrig (1)

b) ’n Koeëlgewrig (1)

3.2.3 Tydens die wedloop het die atleet ’n besering aan sy regterknie opgedoen wat geskeurde

ligamente tot gevolg gehad het. As gevolg hiervan, is hy vir ses weke nie toegelaat om aan

kompetisies deel te neem nie. Gedurende hierdie periode is hy slegs een derde van sy

maandelikse inkomste betaal.

a) Wat is ligamente? (1)

b) Dink jy dat atlete wat nie in staat is om weens beserings aan kompetisies deel te

neem nie, op hul volle inkomste geregtig is? (1)

c) Gee ’n rede vir jou antwoord op Vraag 3.2.3(b) (1)

d) Na ses weke het die atleet uitgevind dat die kniebesering permanent is. Hy het

chirurgie ondergaan om ’n kunsmatige knie te laat insit, wat beter as sy oorspronklike

knie kon presteer. Waarom behoort hy NIE toegelaat te word om aan kompetisies,

waaraan hy voorheen deelgeneem het, deel te neem nie? (1)

[30]

Afdeling B: 60

AFDELING C:

Vraag 4:

4.1 Die onderstaande diagramme toon twee stadiums van die verandering in die vorm van die lens

wanneer ’n menslike oog op ’n voorwerp gefokus is:

4.1.1 Watter lens (Diagram 1 of Diagram 2 is) is meer vir afstand visie geskik? (1)

4.1.2 Verduidelik hoe die verandering van Diagram 1 na Diagram 2 teweeggebring is. (6)

4.1.3 Watter deel (gemerk A, B of C) reguleer die hoeveelheid lig wat die oog binnekom? (1)

4.1.4 Verduidelik wat sou gebeur het as die lens nie sy vorm kon verander het nie. (2)

Afrikaanse Skoolprojekte
4.2 Lees die onderstaande gedeelte en beantwoord die vrae:

Wanneer die ventrikels van die hart bloed na die arteries pomp, is die

druk van die bloed in die arteries hoog. Dit word sistoliese druk genoem

(gemiddeld 120 mm Hg). Wanneer die hartspiere ontspan, is die druk in

die arteries baie laer. Dit word diastoliese druk genoem (gemiddeld 80 mm

Hg). Die gemiddelde bloeddruk van ’n gesonde persoon is 120 oor 80.

Dit is normaal as ’n persoon se bloeddruk effens van die gemiddeld verskil.

As bloeddruk te hoog of te laag is, kan medikasie gebruik word om dit te

beheer. Hoë bloeddruk word ‘hipertensie’ genoem en lae bloeddruk word

‘hipotensie’ genoem.

Daar is verskeie faktore wat tot hartsiektes bydra, naamlik hipertensie,

beroerte, gebrek aan oefening, rook, ’n dieet ryk aan vette, vetsug en

diabetes. Navorsing het getoon dat 25% van die Suid-Afrikaanse bevolking

aan hipertensie ly en dat dit besig is om toe te neem.

Die behandeling van hipertensie is duur en het ’n groot invloed op die

gesondheidstelsel en op die ekonomie.

4.2.1 Verduidelik wat veroorsaak dat die druk in die arteries verhoog of verlaag. (4)

4.2.2 Waarom is dit noodsaaklik dat die bloeddruk in die kapillêre vate baie laer as dié in die

arterie moet wees? (4)

4.2.3 Maak ’n lys van DRIE redes waarom hartsiektes in Suid-Afrika aan die toeneem is. (3)

4.2.4 Stel EEN manier voor waarop die regering die aantal mense met hartsiektes kan

verminder. (2)

4.2.5 ’n Groep Graad 11-leerders het besluit om ’n opname te maak om te bepaal hoeveel mense

in hulle gemeenskap aan hipertensie ly. Onderstaande lys toon die stappe (nie in volgorde nie)

wat hulle tydens hul opname gevolg het:

1. Hulle het na die kliniek toe gegaan om inligting te kry in verband met die aantal mense

wat maandeliks vir hipertensie behandel word.

2. Hulle het ’n paar gevolgtrekkings op grond van hulle resultate gemaak.

3. Hulle het state opgestel om hulle resultate aan te teken.

4. Hulle het hul resultate ontleed en die inligting in grafieke voorgestel.

5. Hulle het beplan hoe hulle die opname sou uitvoer.

Skryf slegs die letter neer, wat die korrekte volgorde van die stappe wat by die opname

betrokke was, aandui:

A. 1 2 3 4 5

B. 4 5 2 3 1

C. 5 3 1 4 2

D. 5 3 1 2 4 (2)

Afrikaanse Skoolprojekte
4.3 Lees die volgende artikel in verband met orgaanoorplantings:

Orgaanoorplantings en etiek

Menslike orgaanoorplantings het ’n nuwe lewe aan duisende mense in

Suid-Afrika gegee. Daar is egter baie etiese kwessies en menings wat die

hele praktyk van orgaanoorplantings negatief kan beïnvloed.

As middelpunt van die etiese debatte is twee baie belangrike vrae:

• Hoe kry ons organe? (beskikbaarheid)

• Hoe besluit ons wie die organe sal ontvang? (verspreiding)

Daar is altyd minder skenkers as wat daar potensiële ontvangers is.

Dit is die rede waarom duisende jaarliks sterf terwyl hulle vir organe wat

oorgeplant kan word, wag.

Dan is daar die probleem van toestemming. Iemand moet vir oorplanting

toestemming gee sodat die organe verwyder kan word.

Die verspreiding van organe laat ook baie vrae ontstaan. Moet organe

aan pasiënte gegee word wat die duur operasies kan bekostig of moet

elkeen ’n billike kans hê om die organe te ontvang?

Skryf ’n opstel wat die strategieë beskryf wat die Departement van Gesondheid kan gebruik om die

beskikbaarheid van organe wat oorgeplant kan word, te verhoog, asook die strategieë wat ’n billike

verspreiding daarvan verseker. Sluit ook jou eie mening oor orgaanoorplantings in en noem of jy

toestemming sal gee om jou organe te skenk of nie, met redes vir jou antwoord. (15)

Afdeling C: (40)

Die volgende assessering skaal sal gebruik word om jou opstel te assesseer:

KRITERIA PUNTE

1 2 3

Strategieë vir Een geskikte Twee geskikte Drie of meer

beskikbaarheid strategie gegee strategieë gegee geskikte

strategieë gegee

Strategieë om billike Een geskikte Twee geskikte Drie of meer

verspreiding te strategie gegee strategieë gegee geskikte

verseker

strategieë gegee

Eie mening oor oor- Ondersteun/ Ondersteun/ Ondersteun/

planting van organe Ondersteun nie, Ondersteun nie, Ondersteun nie.

sonder geskikte met een geskikte met twee

redes

rede

geskikte redes

Skenker/Nie-skenker Ja/Nee met geen Ja/Nee met een Ja/Nee met

met redes

geskikte rede nie geskikte rede twee/meer

geskikte redes

Sintese Betekenisvolle Klein gapings in Goed gestruktureerdgapings

in logika die logika en vloei demonstreer insig en

en vloei van die van die antwoord begrip van die

antwoord

vraag

Groot Totaal: 150

Afrikaanse Skoolprojekte
Memorandum

AFDELING A:

Vraag 1:

1.1.1 A

1.1.2 A

1.1.3 D

1.1.4 B

1.1.5 D

1.2.1 Gewrigte

1.2.2 Antagonistiese spiere

1.2.3 Ekskresie

1.2.4 Patogeen

1.2.5 Miselium

1.2.6 Vektor

1.3.1 F

1.3.2 G

1.3.3 K

1.3.4 C

1.3.5 I

1.3.6 J

1.4.1 Aanvaar tot by 5.1 miljoen

1.4.2 Die aantal mense wa met MIV besmet is neem toe vanaf 1998 tot 2008 daarna/ vanaf 2008 tot

2010 bly die aantal mense wat met MIV besmet is konstant.

1.4.3 ’n Entstof kon ontwikkel word om enige vêrdere infeksies te voorkom / besmette mense gebruik

kondome / baie min mense gee toe aan gewaagde seksuele gedrag

1.5.1 Brein

1.5.2 A - medulla oblongata

C - Serebellum

1.5.3 Die setel van oordeelsvermoë / redevoering / intelligensie / setel vir die interpretasie van

sensasies - noem enige TWEE

1.5.4 Skedel / kranium

1.5.5 Verlies van koördinasie / balans

1.5.6 Nee

1.5.7 Sy sal die wet oortree omdat die vlak van alkohol in haar bloed bo die wettige perk is.

OF

Sy kan ’n ongeluk veroorsaak omdat haar sintuie afgestomp is (enige 1 x 2)

Afrikaanse Skoolprojekte
1.6.1 a) 36.8 – 36.9 °C

b) 3 (drie)

1.6.2 a) 12 de Maart 2006

b) Dag 7

1.6.3 a) 35.7 °C (aanvaar speling 35.6 tot 35.8)

b) 37.3 °C (aanvaar speling 37.2 tot 37.4)

1.6.4 a) Dit is die warm fase waartydens die vrygestelde merosoïete vinnig rooibloedselle/

bloed binnedring

Dit veroorsaak ’n styging in temperatuur en die pasiënt kry warm

b) Bewerasie / tande wat op mekaar klap

1.6.5 • Slaap onder muskietnette

• Spuit insek afwerende chemiese middels op die vel

• Dra saans langmouklere (dit is die tyd wanneer jy die waarskynlikste gebyt gaan word)

• Spuit gifstowwe bv. DDT op die muskiete se rusplekke

• Neem voorkomende geneesmiddels/medikasie in wat die indringing van die parasiete in

die lewer voorkom en gevolglik vermenigvuldiging voorkom.

• Spuit olie op die oppervlak van staande water bv. afvoerpype om die asemhalings buise

van die muskietlarwes te blokkeer

• Moenie staande water in emmers, ou buitebande, ens. laat nie (enige 3)

AFDELING B:

Vraag 2:

2.1.1 Steriel beteken dat geen mikro-organismes teenwoordig is nie/Mikro-organismes is

doodgemaak

2.1.2 Mikrobes is teenwoordig op menslike hare OF Mikrobes is afwesig op menslike hare

2.1.3 30 °C

2.1.4 Dit is die naaste aan die optimum temperatuur vir die groei van bakterieë

2.1.5 Gebruik ’n steriele petribakkie wat steriele voedings-agar bevat, maar moenie ’n menslike haar

daarin sit nie

2.1.6 Die kontrole is noodsaaklik sodat dit met die eksperiment vergelyk kan word

2.2.1 Antibiotikum B is meer effektief om bakterieë te dood as antibiotikum F

OF

Antibiotikum B het ’n groter area waar geen bakterieë gegroei het nie in vergelyking met

antibiotikum F

2.2.2 a) E

b) Antibiotikum E is die volgende effektiefste antibiotikum na antibiotikum B

Soos getoon word deur die tweede grootste area waar geen bakterieë gegroei het nie

Afrikaanse Skoolprojekte
2.2.3 a) A en C

b) Beide antibiotikums A en C vernietig nie bakterieë nie omdat daar nie ’n duidelike area

is wat bakteriële groei aandui nie

2.2.4 Baie bakterieë het die vermoë om te muteer,

in soorte wat weerstand teen bakterieë bied.

As die kursus antibiotika nie voltooi word nie,

kan dit lei tot die opbou van ’n weerstandbiedende bevolking bakterieë.

Hierdie weerstand teen die medikasie kan oorgedra word vanaf skadelose bakterieë na

patogene

2.2.5 a) Fungus-spore kan soos ’n antibiotikum optree

b) Fungus-spore kan swamsiektes veroorsaak

2.2.6 Tydens ’n virusinfeksie, neem die werking van die immuunstelsel af. Opportunistiese siekte wat

deur bakterieë veroorsaak word (soos longontsteking en TB) val dan die persoon in sy

verswakte toestand aan

Antibiotika word toegedien om hierdie bakterieë te vernietig voordat dit veroorsaak dat ’n

persoon ernstiger siek word. (enige 2)

2.2.7 Ontsmettingsmiddels word nie mondelings of binneaars ingeneem nie.

Dit word op die oppervlak van die menslike liggaam gebruik (sny/wond)

Vraag 3:

3.1.1 3000 – 1000 = 2000 cm³ OF 3000 – (800 + 200) = 2000 cm³

3.1.2

Afrikaanse Skoolprojekte
Korrekte soort grafiek

Rubriek vir die toekenning van punte van die grafiek

1

Opskrif van grafiek 1

Korrekte byskrif vir X – as/

Korrekte byskrif vir kolomme

1

Korrekte byskrif vir Y – as 1

Duidelike onderskeid tussen die

Normale dag en koue dag/sleutel

1

Korrekte wydte van kolomme 1

Geskikte skaal vir die Y- as 1

Plot van punte 4: trek 7 of 8

kolomme korrek

3.1.3 Drink meer water / verhoog vloeistofinname

3: trek 5 of 6

kolomme korrek

2: trek 3 of 4

kolomme korrek

1: trek 1 of 2

kolomme korrek

3.1.4 • Weens dehidrasie as gevolg van die oormatige verlies van water weens sweet ens.

• is daar ’n toename in die osmotiese konsentrasie van die bloed/ tekort aan water in die

bloed

• wat die osmoreseptore in die hipotalamus stimuleer

• Impulse word gevorm wat die hipofise stimuleer

• om meer ADH vry te stel

• wat veroorsaak dat die wande van die distale- en versamel buise

• meer deurlaatbaar vir water word

• dit veroorsaak dat meer water as normaalweg ge-herabsorbeer word

• vanuit die filtraat terug na die bloed

• wat die volume en samestelling van die bloed na normaal laat terugkeer.

• Urien wat vorm is meer gekonsentreerd

• Minder urien word gevorm

3.2.1 a) F

b) B C en E

3.2.2 a) D

b) A

3.2.3 a) Ligamente is verbindings weefsel wat bene aan bene verbind

(b) Ja, (b) Nee

(c) Die besering mag dalk nie die atleet

se skuld wees nie/

onopsetlik

OF

Net soos om vir siekteverlof betaal te word

(c) Deur nie aan die kompetisie deel te neem

nie kan veroorsaak dat hulle span verloor

OF

Dit verhoed dat die atlete vrywilliglik onder

die dekmantel van beserings uit kompetisies

onttrek

OF

Enige ander logiese antwoord

d) Hy sal ’n onregverdige voordeel teenoor die ander deelnemers met

normale knieë hê.

Afrikaanse Skoolprojekte
AFDELING C:

Vraag 4:

4.1.1 Diagram 1

4.1.2 Siliêre spiere trek saam

Die siliêre liggaam beweeg nader aan die lens

Trekkrag op die suspensoriese ligamente neem af

Trekkrag op die lens word verminder

Elastiese lens word meer bolvormig / lens word meer konveks wat die brekingsvermoë van die

lens laat toeneem (enige 6)

4.1.3 A

4.1.4 Die persoon sal nie in staat wees om vir vêr of naby visie te akkommodeer nie

Die persoon sal nie in staat wees om goed te sien nie

4.2.1 Sametrekkings van die ventrikels verhoog druk en verslapping van die hartspier verlaag druk

OF

diastolies en sistolies

4.2.2 Kapillêres het dun wande / endoteel

Hulle sou onder hoë druk bars

’n Laer druk laat die bloed stadiger beweeg om meer tyd vir diffusie toe te laat (enige 4)

4.2.3 Gebrek aan oefening

Meer mense rook

Vetryke dieet

Vetsug (enige 3)

4.2.4 Opvoeding van mense oor die gevare van hoë bloeddruk / rook / vetsug / swak eetgewoontes

4.2.5 C

4.3 Voorgestelde / moontlike antwoord

BESKIKBAARHEID

Bemarking kan aangevuur word om potensiële orgaanskenkers aan te moedig.

Daar kan ’n orgaanskenking stigting wees / departementele opset om potensiële skenkers op

skool-/tersiêre vlak aan te moedig.

’n Lys/ data bank van potensiële skenkers kan nasionaal / provinsiaal opgestel word.

Daar moet gepoog word om toestemmings vorms van potensiële skenkers te kry terwyl hulle

nog lewe.

Positiewe publisiteit in die media kan aan potensiële- en vorige skenkers gegee word sodat

mense kan sien dat hulle lewens red as hulle skenkers is.

Families van die skenker kan vir die organe wat geskenk is, vergoed word.

BILLIKE VERSPREIDING

’n Prioriteitslys moet opgestel word / die wat dit die meeste nodig het, moet ongeag hulle

sosiale status, voorkeur kry.

Afrikaanse Skoolprojekte
Die sosiale waarde van die ontvanger moet op die prioriteitslys aangedui word bv. ’n dokter

moet ’n nuwe orgaan voor ’n gevangene kry.

Die leefwyse van die persoon kan in ag geneem word bv. ’n alkoholis /roker moet nie vir ’’n

lewer / longoorplanting oorweeg word nie.

Die wat kan bekostig om vir hulle eie onkoste te betaal moet / moet nie voorkeur kry nie.

EIE MENING / SKENKER / NIE-SKENKER

Ondersteun of ondersteun nie orgaanskenking.

ONDERSTEUN

’n Langer lewensduur word aan iemand gegee.

’n Dooie sal geen nut van die organe hê nie.

Jy of ’n familielid mag ’n potensiële ontvanger van ’n orgaan wees.

Sommige godsdienstige / kulturele mening kan orgaanskenking ondersteun.

ONDERSTEUN NIE

Godsdienstige besware

Kulturele besware

Persoonlike keuses gemeld as besware

Sommige mense kan die stelsel misbruik

Totaal: 150

Afrikaanse Skoolprojekte