03.05.2013 Views

13 Feb 2013 - Ngnelspruitsuid.co.za

13 Feb 2013 - Ngnelspruitsuid.co.za

13 Feb 2013 - Ngnelspruitsuid.co.za

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Goeie dag Carel!

Hoe gaan dit sover hierdie week?! Ek hoop jy staan sterk en het al 'n paar

lekker dinge ook beleef!

Dit lyk my hoe besiger 'n mens raak, hoe minder is die pret. Ek is net bang

dat ons almal so besig raak dat ons vergeet om pret ook te hê. My skoonpa

sou gesê het: "Dit is 'n verkeerde fout!"

Een van die lekker dinge wat ons kan doen om pret te hê is verrassings.

Die lekkerste is om dit te beplan - soos 'n verrassings besoek - die

afwagting van die gesig as die persoon die deur oop!

Toe Prof Attie ons klas vertel van oa die huweliksgebruike van die Oosterse

volke, toe vertel hy dat hulle rys gebruik in die plek waar ons confetti

gebruik. Dit simboliseer geluk, voorspoed en vrugbaarheid. Dis toe dat een

van die studente met dié kwinkslag kom dat as daar

skielik 'n baba deel van die storie is, dan noem 'n mens dit "Surprise Rice!"

Ons hemelse Vader hou ook van verrassings! Vat nou maar gister se

verrassings bui reën. Talle is onkant gevang sonder 'n sambreel! Talle

skoolkinders met hul motorfietse pap sop nat gereën! Maar was dit nie

heerlik nie!!!

Bring weer pret in 'n te besige lewe. Carel, kyk gerus of jy vandag iemand

kan verras met iets.

Mooi dag en geniet hierdie week se aflewering van die Midweek boodskap!

TEMA: Watter trui dra jy?

TEKS: Jakobus 2:15-26

Wanneer jy 'n bepaalde rugby span ondersteun, doen jy gewoonlik dit

nie net met jou mond nie

maar trek mens baie keer ook 'n trui aan van die span om seker te maak

almal weet vir wie jy ondersteun.

Baie gaan selfs verder en laat tot hulle gesigte verf in hulle span se

kleure.

Jy trek mos nie die opposisie se trui aan terwyl jy jou span ondersteun nie.

Niemand gaan jou byvoorbeeld glo as jy 'n WP aantrek maar sê jy

ondersteun die Blou Bulle nie.

Dit wat mense sien, weeg meestal swaarder as dit wat hulle hoor.

Dit help dus nie om te sê ek ondersteun ‘n spesifieke span nie, maar dit wat

mense sien, my optrede, my dade spreek van die teenoorgestelde.

Dieselfde is waar van ons wat onsself Christene, kinders van God noem.

Jakobus draai nie doekies om as hy dit duidelik stel dat geloof wat net

lippetaal is, geloof is wat dood is. Vir Jakobus is daar geen twyfel dat as jou

dade, jou optrede, nie jou geloof bevestig nie, is jou geloof nie ware geloof

nie.

As jou dade,jou woorde, jou optrede nie getuig van Kind van God wees nie,

dan is jy soos iemand wat sê jy ondersteun ‘n bepaalde rugbyspan terwyl jy

hulle teenstaanders se trui aan het.

Mens word deur geloof, uit genade alleen gered. Maar as jy werklik begryp

wat dit beteken om te glo, kan dit nie anders dat jou optrede sal getuig van

jou Christenskap nie.

Ongeag of jy by die kerk, by jou werk, by die skool, tussen vriende of by jou

huis is.

Oral sal dit vir ander duidelik wees uit jou optrede, dat jy ‘n ware kind van

God is.

Kom ons maak seker ons trek elke dag die “trui” aan van die span wat ons

ondersteun.

Die span van ons Drie-enige God, Vader, Seun en Heilige Gees.

GEBED:

Dankie Here vir die wonderlike voorreg wat ons het dat ons kinders van U

mag wees.

Dankie dat ons deel kan wees van U span. Help ons om so te leef dat

ander duidelik uit my optrede kan sien dat ek kind van U is. Help my dat

ek nie so sal leef dat mense nie sal twyfel oor my Christenskap nie.

AMEN

SONDAG EREDIENSTE

o 08:30 – Erediens

o 16:30 – Jeugdiens

o 18:30 – Erediens

PIK EN PROE AAND

U word uitgenooi na ‘n heerlike kuier aand vir die hele gesin. Bring jou

gunsteling gereg vir pik en proe en kom deel jou geheim met ons.

Wanneer: 1 Maart

Waar: Kerksaal

Tyd: 18:00

Toegang: Gereg en Resep

Vir meer inligting skakel vir Michelle 082 474 2524

Skakel die Kerkkantoor om jou naam en gereg op ‘n lys te sit.

Johan nooi alle belangstellendes om die eerste rit mee te maak:

Saterdag 9 Maart

Venue is in Schoemanskloof

verdere detail volg later

Daar is 'n 4x4 roete, maar 'n 2x4 voertuie met goeie grondvry hoogte, is

welkom. Daar is ook staproetes, geleentheid vir voëlkyk, bergfietstoere,

"Bass" visvang en 'n heerlike piekniek plek. Kontak Johan by sel:

0824117132

VERTOON SPIERE

Na die aankondiging dat ons gemeente 'n nuwe groep vir veldryers het, het

sommige kandidate dadelik op die kerkterrein begin wys wat hul voertuie

kan doen. Hier is 'n paar foto's van die afgelope Sondag!

Die eienaar van dié Vrystaatkar word genooi om ds Carel te kontak vir 'n

biltongprys.

** Baie dankie aan die Eiendommebediening en 'n vrywilliger uit die

gemeente, wat baie moeite doen om die terrein mooi netjies te hou.

Alle belangstellendes word genooi om saam met Homer te gaan visvang

Die naweek van 22 Februarie te Kwena dam.

Kontak Homer Neethling vir meer besonderhede by sel: 083 298 7225

NUUSKIERIGE AGIE!

Skielik iets onthou om te vra, te reël?

Kontak per epos:

Kerkkantoor, Jean, Louis, Carel.

Groete,

Louis, Jean & Carel

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!