03.05.2013 Views

Download File - NG Wierda Park Pinkster 2011 - Home - Weebly

Download File - NG Wierda Park Pinkster 2011 - Home - Weebly

Download File - NG Wierda Park Pinkster 2011 - Home - Weebly

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Wanneer n mens n lang pad met die Here gestap het, weet jy dat sy hand orals om jou sigbaar is. Jy

hoef nie te wag vir spesifieke wondertekens om te weet Hy is daar nie. Iets wat my uit my kinderjare

bybly is die volgende: n Familievriend se pa was erntig siek in die hospitaal. Ons het gereeld gaan kuier.

Daar was iets fout met sy been en sy knie was dik opgeswel. Die dokters sou die volgende dag sy been

amputeer. Die dag is daar weer eens ernstig vir die oom gebid. Die volgende dag het n ongelooflike

gesig die dokters begroet. Die knie se swelsel het gesak en dit was nie nodig vir die amputasie nie. Wat

gebeur het, was net n wonderwerk. Die oom is ontslaan en terug plaas toe. Hy het sy vrou oorleef en het

selfs vir nog n huwelik kans gesien - met altwee bene! Lank terug het die wonderwerke van die Here al n

blywende indruk op my gemaak. Glo net en wees ontvanklik.

Ek kan getuig van God se voorsiening! Ek het vir jare gebid vir „n man wat my sal kansel toe neem.

Soms was dit lekker om alleen te wees en die wêreld te sien en “my ding te doen”! Maar soos ek ouer

geword het, het dit baie moeiliker geraak om te aanvaar dat God nog nie vir my iemand gestuur het nie.

Veral as mense jou begin jammer kry of spottenderwys van jou sê dat jy net vol fiemies is. Ek het op „n

dag gaan fietsry en het dit baie sterk oorweeg om voor „n trok in te ry, want niemand sal weet as daar

iets met my gebeur het nie. Sal iemand ooit omgee – behalwe my ouers en my susters? Ek het werklik

gesukkel om die situasie te hanteer en het op die ou einde by „n berader geeindig. „n Kollega het my na

hom verwys. (Deel van God se voorsiening!) Die proses van genesing het begin. Gedurende hierdie tyd

is ek uit „n heel ander oord gevra om by „n kamp vir jong meisies te praat oor “Single Life” en dat God se

tyd perfek is. (Deel van God se voorsiening! – Hy was besig om my getuienis voor te berei!) Dit het „n

wonderlike ervaring geraak en op die ou einde is die praatjie gepubliseer wat weer ander enkellopende

vroue motiveer en inspireer het. Ek het steeds nie „n man raakgeloop wat God vir my gestuur het nie,

maar God het my roeping gevorm in hierdie proses en my werklik gelukkig gemaak – al was ek steeds

alleen. Ek was bereid om my loopbaan en besittings op te gee en vir die Here „n voltydse sendeling te

word. „n Maand na my besluit het „n ou skoolvriend met my kontak gemaak. Ons is 7 maande later

getroud! God het ook die sendeling-visie aangepas deur die opsies wat daar destyds vir my beskikbaar

was, heeltemal te verwyder. Ek weet vandag dat swaarkry op jou pad is omdat God „n baie groter plan

daarmee het. En ek is steeds bereid om Sy getuie te wees – waar Hy my ook al nodig he

Stuur ASB jou persoonlike getuienis na mkuyler@mweb.co.za

Ons kan nie genoeg getuig nie, want dit gaan nie oor ons nie, maar oor die

verheerliking van God!

Gee asb vir ons terugvoer oor jou ervaring van Pinkster 2011

in NG Wierda Park

Pinkster Vlam: 5e Uitgawe 29 Mei 2011 Bladsy 6 van 8

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!