03.05.2013 Views

Download File - NG Wierda Park Pinkster 2011 - Home - Weebly

Download File - NG Wierda Park Pinkster 2011 - Home - Weebly

Download File - NG Wierda Park Pinkster 2011 - Home - Weebly

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Joh 16:1-15 “Jesus is nie weg nie”

Wanneer ons van die Heilige Gees praat voel baie gelowiges bedreig omdat daar so klem gelê word

op die uitsonderlike dat gewone gelowiges net voel dat hulle nooit daar kan bykom nie.

In die gedeelte wat gelees is sien ons hoedat Johannes vir sy gemeente probeer verduidelik wat die

Heilige Gees doen. Hy plaas sy verduideliking in Jesus se afskeidsgessprek met sy dissipels. Mens

sien dadelik hoe hierdie gesprek wemel van ingroep en uitgroep taal. As Jesus sê dat hulle nie vra

waar hy heengaan nie lyk dit vir ons asof dit kan bots met 13:6 en 14:5. Wat hier deurskemer is egter

nie die posisie van die dissipels voor die paasgebeure nie maar van die gemeente na pase. Die

gemeente vir wie Johannes skryf hoef nie te vra waarheen Jesus gaan nie, hulle weet waar Hy is.

Jesus verduidelik dat dit goed is dat hy nie meer fisies teenwoordig is nie. Sy teenwoordigheid is nou

deur die Heilige Gees. Die woordjie wat hier gebruik word is die parakleet wat ons die beste kan

vertaal as „‟die een wat by jou is „‟ . Dit vertel presies wat die Heilige Gees doen. Hy is God wat altyd

by ons is. Hy stel ons instaat om die wê reld die regte insig oor sonde geregtigheid en oordeel te gee.

Sonde is om nie in Jesus te glo nie. Geregtigheid is dat Jesus God na ons gebring het en daarom weer

na God terugkeer. Oordeel is dat Gelowiges die wê reld voor „n keuse stel , om of soos die wê reld, of

soos God dit will te leef.

Die Heilige Gees is dus Christus in ons.Hy laat ons in Christus glo, Hy laat ons sien dat God by ons is,

Hy laat ons die wê reld uitdaag om vir God te kies.

Meditasie

Is jy so gewoond daaran om Christen te wees dat jy die wonder van God se teenwoordigheid in jou

miskyk?

Gal 5:22 Die vrug van die Gees, daarteenoor, is liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedhartigheid,

getrouheid, nederigheid en selfbeheersing.

Teen sulke dinge het die wet niks nie. Dié wat aan Christus Jesus behoort, het hulle sondige natuur met al

sy hartstogte en begeertes gekruisig. Ons lewe deur die Gees; laat die Gees nou ook ons gedrag bepaal.

Maak GOEDHARTIGHEID prakties en skryf neer hoe jy dit in jou gesin en jou werkplek kan uitleef:

Pinkster Vlam: 5e Uitgawe 29 Mei 2011 Bladsy 3 van 8

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!