03.05.2013 Views

Download File - NG Wierda Park Pinkster 2011 - Home - Weebly

Download File - NG Wierda Park Pinkster 2011 - Home - Weebly

Download File - NG Wierda Park Pinkster 2011 - Home - Weebly

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Uitgawe No 5

Heb 12:1 Terwyl ons dan so 'n groot skare geloofsgetuies rondom ons het, laat ons elke las van ons

afgooi, ook die sonde wat ons so maklik verstrik, en laat ons die wedloop wat vir ons voorlê, met

volharding hardloop, die oog gevestig op Jesus.

Die "skare geloofsgetuies" is diegeloofshelde wat in Hebreërs 11 genoem word: Abel, Henog, Noag, Abraham,

Moses, Dawid, Ragab - en baie ander. Wat hierdie geloofshelde gedoen het, was dit: Hulle het in die Here geglo. En

hulle geloof in God het hulle laat vorentoe kyk en laat vorentoe hardloop. Hulle het hulle nie van stryk af laat bring

deur gevare en teëspoed en die onbekendheid van die toekoms nie. Hulle het oor gevare en deur gevare heen

gehardloop, want hulle het geweet: daar wag 'n wenstreep. En hier sit hulle nou figuurlik op die pawiljoen sodat ons

na hulle kan kyk en ons uit hulle voorbeeld van geloofsvolharding inspirasie kan put.

Om die eerste 10 meter van 'n wedloop voluit te hardloop, is maklik. Maar om tot by die wenstreep alles in te sit, om

enduit te volhard, is heeltemal 'n ander saak. Baie mense kry lam knieë, blase op hulle voete, moeë bene, etc. Netso

verval ons geloofslewe ook: woon nie eredienste by nie, is nie ywerig betrokke nie, klein sondes is nie meer verkeerd

nie, Jesus is nie meer prioriteit nie, jy bid nie meer nie, etc.

Neem „n slag jou wedloop van geloof in perspektief: hardloop jou vriende saam met jou, moedig jy hulle aan, wat

verhinder jou om te hardloop, wat neem jou fokus weg? Onthou: al stap jy, is jy steeds „n deelnemer in die

wedloop!”Don‟t quit”!

“Hou bene, hou!” “Looking good!”

„n Paar aanhalings uit die film Chariots of Fire (1981), wat Eric Liddell se deelname aan die wedloop

van die geloof beskryf:

“You came to see a race today, to see someone win. It happened to be me. But I want you to do

more than just watch a race. I want you to take part in it. I want to compare faith to running in a

race. It‟s hard. It requires concentration of will, energy of soul. You experience elation when the

winner breaks the tape – especially if you‟ve got a bet on it. But how long does that last? You go

home. Maybe you‟re dinner‟s burnt. Maybe you haven‟t got a job. So who am I to say, “Believe,

have faith,” in the face of life‟s realities? I would like to give you something more permanent, but I

can only point the way. I have no formula for winning the race. Everyone runs in her own way, or his

own way. And where does the power come from, to see the race to its end?

From within. Jesus said, “Behold, the Kingdom of God is within you. If with all your

hearts, you truly seek me, you shall ever surely find me.”If you commit yourself to

the love of Christ, then that is how you run a straight race.”

In die wedloop van geloof is ons nie net hardlopers nie, maar ook die mense wat

langs die pad staan en ondersteun. In „n sekere sin is ons almal wel deelnemers!

Ons moedig mekaar aan om geloof te behou, om sterk te wees, om gefokus te

bly, om die wedloop enduit te voltooi! “Do it from within!”

1 Sam 2

Die rooi lappe om die bome is om ons te herhinner dat ons met ons lewens

die Here moet verheerlik - waar ons ook al is.

Die bome simboliseer dat ons ook êrens geplant is.

Die rooi lappe simboliseer pinkstertyd (Die kleur van Pinkster is “vuurrooi”)

waarin ons die feit herdenk dat God in ons woon deur Sy Gees wat ons in

staat stel om Hom in die wêreld te vertoon en Sy getuie te wees.

In Israel is daar tye van groot veranderinge aan die kom. Terwyl die Israeliete gedurig deur die Filistyne

geteister word, is die rigterstyd aan die verbygaan, en staan Israel op die punt om „n monargie te kry. In al

hierdie onsekerheid, bied die godsdiens nie veel troos nie. Korrupsie en verval is aan die orde van die

dag by die heiligdom in Silo (onthou, die tempel in Jerusalem is eers deur koning Samuel gebou). Eli se

twee seuns, Hofni en Pínehas, veroorsaak deur die misbruik van hulle mag dat mense hul respek vir die

diens aan die Here verloor.

Dit is te midde van hierdie groter omwentelinge dat Hanna by die heiligdom in Silo tot die Here bid vir „n

seuntjie. Sy is kinderloos en word eindeloos verneder omdat sy, volgens die gebruike van haar tyd, misluk

in haar rol as vrou. Sy stort haar hart uit, en die Here verhoor haar gebed. Die seuntjie wat sy in die

wêreld bring, noem sy Samuel, en sy wy hom toe aan die diens van die Here. In 1 Samuel 2:1-10 sing sy

„n loflied oor hoe die Here haar herstel het. Maar die lied kyk ook vorentoe, na hoe Samuel uiteindelik die

plek van Hofni en Pínehas sal inneem, en as betroubare godsdienstige leier die volk deur die tye van

groot veranderinge sal begelei.

Uiteindelik het dit alles begin by iets so “alledaags” soos „n vrou wat „n kind grootmaak, maar het die Here

dit uiteindelik gebruik om „n baie groot ding in Israel te doen. Miskien moet ons weer dink oor die

dingetjies van ons lewe wat ons as alledaags en klein beskou, dit wat roetine geword het, want ons weet

nie of die Here dalk besig is om iets groters daaruit voort te bring nie. Laat ons die klein dingetjies in ons

lewens nie minag nie. Kom ons leef bewustelik en doen dit asof vir die Here, want Hy het dalk iets groters

in gedagte as wat ons kan sien.

Meditasie:

Oor watter alledaagse dingetjies kan jy reeds getuig? .

God se Woord leer ons dat dit nie oor ons gaan nie, maar oor die

verheerliking van Ons Vader!

Ons tree op as Sy gesant – om Sy hande en voete in hierdie wêreld te

wees.

Deur ons beskikbaarheid as getuie word die evangelie verkondig en word

Jesus vir die wêreld sigbaar

Pinkster Vlam: 5e Uitgawe 29 Mei 2011 Bladsy 2 van 8

Joh 16:1-15 “Jesus is nie weg nie”

Wanneer ons van die Heilige Gees praat voel baie gelowiges bedreig omdat daar so klem gelê word

op die uitsonderlike dat gewone gelowiges net voel dat hulle nooit daar kan bykom nie.

In die gedeelte wat gelees is sien ons hoedat Johannes vir sy gemeente probeer verduidelik wat die

Heilige Gees doen. Hy plaas sy verduideliking in Jesus se afskeidsgessprek met sy dissipels. Mens

sien dadelik hoe hierdie gesprek wemel van ingroep en uitgroep taal. As Jesus sê dat hulle nie vra

waar hy heengaan nie lyk dit vir ons asof dit kan bots met 13:6 en 14:5. Wat hier deurskemer is egter

nie die posisie van die dissipels voor die paasgebeure nie maar van die gemeente na pase. Die

gemeente vir wie Johannes skryf hoef nie te vra waarheen Jesus gaan nie, hulle weet waar Hy is.

Jesus verduidelik dat dit goed is dat hy nie meer fisies teenwoordig is nie. Sy teenwoordigheid is nou

deur die Heilige Gees. Die woordjie wat hier gebruik word is die parakleet wat ons die beste kan

vertaal as „‟die een wat by jou is „‟ . Dit vertel presies wat die Heilige Gees doen. Hy is God wat altyd

by ons is. Hy stel ons instaat om die wê reld die regte insig oor sonde geregtigheid en oordeel te gee.

Sonde is om nie in Jesus te glo nie. Geregtigheid is dat Jesus God na ons gebring het en daarom weer

na God terugkeer. Oordeel is dat Gelowiges die wê reld voor „n keuse stel , om of soos die wê reld, of

soos God dit will te leef.

Die Heilige Gees is dus Christus in ons.Hy laat ons in Christus glo, Hy laat ons sien dat God by ons is,

Hy laat ons die wê reld uitdaag om vir God te kies.

Meditasie

Is jy so gewoond daaran om Christen te wees dat jy die wonder van God se teenwoordigheid in jou

miskyk?

Gal 5:22 Die vrug van die Gees, daarteenoor, is liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedhartigheid,

getrouheid, nederigheid en selfbeheersing.

Teen sulke dinge het die wet niks nie. Dié wat aan Christus Jesus behoort, het hulle sondige natuur met al

sy hartstogte en begeertes gekruisig. Ons lewe deur die Gees; laat die Gees nou ook ons gedrag bepaal.

Maak GOEDHARTIGHEID prakties en skryf neer hoe jy dit in jou gesin en jou werkplek kan uitleef:

Pinkster Vlam: 5e Uitgawe 29 Mei 2011 Bladsy 3 van 8

In (1 af) 6 lees ons hoe dat die Here vir Moses sê (om vir Aäron en sy seuns te sê): „So moet julle sê

wanneer julle die Israeliete seën: Die Here sal julle seën en julle beskerm; die Here sal tot julle redding

verskyn en julle genadig wees; die Here sal julle gebede verhoor en aan julle vrede gee!‟ Die vrede wat

van God kom is „n seën.

Ons dink ook aan die seënbede in Paulus se briewe in die Nuwe Testament. „Genade en vrede vir julle

van God ons Vader en die Here Jesus Christus‟ ((6 af) 1:7, 1 (2 af) 1:2, 2 Korintiers 1:2, (5 af) 1:3, (7

dwars) 1:2 ens.) Ook aan die seënbede in (4 dwars) 1:4 en verder: „Genade en vrede vir julle van

Hom wat is en wat was en wat kom, en van die sewe Geeste voor sy troon, en van Jesus Christus, die

geloofwaardige getuie, die eerste wat uit die dood opgestaan het, die heerser oor die konings van die

aarde.‟

God gee aan ons vrede (wat nie dieselfde as die afwesigheid van konflik is nie) en wek ook in ons

vrede.

Ons lees in (3 af) dat Jesus sê: „Geseënd is die vredemakers, want hulle sal kinders van God genoem

word.‟ (Matteus 5:9) In „n wêreld waar mense so gesteld is op hulle eie eer, sê Matteus dat daardie

mense wat die bose kringloop van wraak en weerwraak verbreek, mense wat vrede maak, deur God

geag word. Daardie ingesteldheid mag deur mense as swakheid gesien word, maar nie deur God nie.

Hy noem sulke mense Sy kinders.

Pinkster Vlam: 5e Uitgawe 29 Mei 2011 Bladsy 4 van 8

SIMBOLE UITBEELDING

Rooi Strikke om Bome Simbool van ons as Geesvervulde getuies in die wêreld waar ons wortel

geskiet het

Kerse Simbool van die tonge van vuur wat met die uitstorting van die Heilige

Gees op elkeen gekom het

Simbool van ons as lig vir die wêreld

Duiwe Simbool van die Heilige Gees

Getuienisse in

Koerantjie

Vlae en/of

Besigheidskaartjies

Simbool van ons as Geesvervulde getuies in die wêreld.

Simbool van ons wat vrug dra!

Simbool van ons as Geesvervulde getuies in die wêreld waar ons leef

en werksaam is

Wind Instrumente Simbool van die stormwind wat met die uitstorting van die Heilige Gees

gepaard gegaan het

Kore SImbool van ons blydskap en vreugde wat ons in God vind!

Daar is verskeie tydskrifte op die mark wat oefenprogramme vir Comrades Deelnemers, 2Oceans

deelnemers etc voorkskryf. Die redaksie van Pinkster Vlam het hierdie oefenprogramme geneem en

dit “verwerk” in die lig van die tema van hierdie week se uitgawe volgens Heb 12.

Padwedloop 101 Geestelike wedloop 101

Oefen met „n doel voor oë Netso is dit in ons geestelike wedloop: Ons hardloop om die

prys van die ewige lewe te behaal (1 Tim 6:12)

Werk „n Oefenprogram uit - dissipline is

krities!

„n Vaste roetine werk baie goed! Elke week

moet jy geleidelik meer oefen. Bulte is nie

lekker nie, maar noodsaaklik. Wissel dit af

met intervalle en “long runs”

As jy moeg is, stap vir „n rukkie! Maar onthou

“runners never quit!”

Dis net makliker om saam met ander

“running partners” – hulle ondersteun jou en

praat jou moed in (en lyk net so sleg soos jy

na 10km se inspanning!!)

Onthou om gereeld te strek! Anders word die

spiere styf en seer.

Dra die regte klere. Jy kan onmoontlik met

gholf skoene gaan hardloop, of met jou

kamerjas! Trek lig en reg aan.

Jy gaan die dissipline van „n kind van God moet aanleer.

(Deut 8:5)

Skryf jou plan vir elke week neer met geleidelik meer en dieper

betrokkenheid. Weeklikse Bybelstudie, „n wegnaweek, „n

geestelike konferensie, „n spesifiek boek, etc

Geloof is nie altyd maklik nie en ons word baie keer

gekonfronteer daaroor. Dink, gesels, soek, luister… Maar moet

nooit aan die Here twyfel nie! GLO altyd!! (Matt 14:31)

Kies die mense saam met wie jy hierdie wedloop van geloof

kan aanpak. Dis belangrik om „n groep te kry waar jy veilig

voel. Kies mense wat jou in die wedloop sal hou en jou nie sal

veroordeel nie, maar eerder sal moed inpraat! (Eks 17:!2)

Doen soms „n paar lekker dinge wat jou weer naby aan God

laat voel – wat nie inspanning verg nie! Bv Gaan hou piekniek

in die natuur en fokus op God se grootheid! (Ps 145:3)

Identifiseer die dinge wat jou terughou: drank, vloek, werk

onvergifnis, dobbel, vrees etc Raak daarvan ontslae! Mense

herken jou as Kind van God aan die vrugte wat jy dra. (Gal

5:16)

Moenie moed opgee en uitsak nie! Hou aan om aan die wedloop van geloof deel te neem!

Pinkster Vlam: 5e Uitgawe 29 Mei 2011 Bladsy 5 van 8

Wanneer n mens n lang pad met die Here gestap het, weet jy dat sy hand orals om jou sigbaar is. Jy

hoef nie te wag vir spesifieke wondertekens om te weet Hy is daar nie. Iets wat my uit my kinderjare

bybly is die volgende: n Familievriend se pa was erntig siek in die hospitaal. Ons het gereeld gaan kuier.

Daar was iets fout met sy been en sy knie was dik opgeswel. Die dokters sou die volgende dag sy been

amputeer. Die dag is daar weer eens ernstig vir die oom gebid. Die volgende dag het n ongelooflike

gesig die dokters begroet. Die knie se swelsel het gesak en dit was nie nodig vir die amputasie nie. Wat

gebeur het, was net n wonderwerk. Die oom is ontslaan en terug plaas toe. Hy het sy vrou oorleef en het

selfs vir nog n huwelik kans gesien - met altwee bene! Lank terug het die wonderwerke van die Here al n

blywende indruk op my gemaak. Glo net en wees ontvanklik.

Ek kan getuig van God se voorsiening! Ek het vir jare gebid vir „n man wat my sal kansel toe neem.

Soms was dit lekker om alleen te wees en die wêreld te sien en “my ding te doen”! Maar soos ek ouer

geword het, het dit baie moeiliker geraak om te aanvaar dat God nog nie vir my iemand gestuur het nie.

Veral as mense jou begin jammer kry of spottenderwys van jou sê dat jy net vol fiemies is. Ek het op „n

dag gaan fietsry en het dit baie sterk oorweeg om voor „n trok in te ry, want niemand sal weet as daar

iets met my gebeur het nie. Sal iemand ooit omgee – behalwe my ouers en my susters? Ek het werklik

gesukkel om die situasie te hanteer en het op die ou einde by „n berader geeindig. „n Kollega het my na

hom verwys. (Deel van God se voorsiening!) Die proses van genesing het begin. Gedurende hierdie tyd

is ek uit „n heel ander oord gevra om by „n kamp vir jong meisies te praat oor “Single Life” en dat God se

tyd perfek is. (Deel van God se voorsiening! – Hy was besig om my getuienis voor te berei!) Dit het „n

wonderlike ervaring geraak en op die ou einde is die praatjie gepubliseer wat weer ander enkellopende

vroue motiveer en inspireer het. Ek het steeds nie „n man raakgeloop wat God vir my gestuur het nie,

maar God het my roeping gevorm in hierdie proses en my werklik gelukkig gemaak – al was ek steeds

alleen. Ek was bereid om my loopbaan en besittings op te gee en vir die Here „n voltydse sendeling te

word. „n Maand na my besluit het „n ou skoolvriend met my kontak gemaak. Ons is 7 maande later

getroud! God het ook die sendeling-visie aangepas deur die opsies wat daar destyds vir my beskikbaar

was, heeltemal te verwyder. Ek weet vandag dat swaarkry op jou pad is omdat God „n baie groter plan

daarmee het. En ek is steeds bereid om Sy getuie te wees – waar Hy my ook al nodig he

Stuur ASB jou persoonlike getuienis na mkuyler@mweb.co.za

Ons kan nie genoeg getuig nie, want dit gaan nie oor ons nie, maar oor die

verheerliking van God!

Gee asb vir ons terugvoer oor jou ervaring van Pinkster 2011

in NG Wierda Park

Pinkster Vlam: 5e Uitgawe 29 Mei 2011 Bladsy 6 van 8

Datum Aktiwiteit Betrokkenes Versoek

29 Mei 2011 Uitdeel van Pinkster

Vlam voor die 9h00

erediens

2 Junie

2011

4 Junie

2011

5 Junie

2011

5 – 9 Junie

2011

12 Junie

2011

12 Junie

2011

Graad 6‟e Dat ouers saam met kinders sal

uitdeel @ 8h30

Dat Ouers sal help na die

erediens om die rooi strike af te

haal en op te vou.

Hemelvaart ALMAL Kom herdenk die wonderlike

gebeurtenis

Voorbereiding van

Kerse vir

Pinksterfees

Uitdeel van Pinkster

Vlam voor die 9h00

erediens

Pinksterweek met

“Kuier-Vure” elke

oggend en aand

Uitdeel van Pinkster

Vlam voor die 9h00

erediens

HULLE Dat Hulle om 14h00 by die kerk

sal wees

Graad 7‟s Dat ouers saam met kinders sal

uitdeel @ 8h30

Dat Ouers sal help na die

erediens om die rooi strike af te

haal en op te vou.

ALMAL – so

veel as

moontlik!

Trotseer die koue en kom vier en

kuier saam rondom die vure!

Maak erns met jou roeping!

Graad 1-3‟s Dat ouers saam met kinders sal

uitdeel @ 8h30

Dat Ouers sal help na die

erediens om die rooi strike af te

haal en op te vou.

Pinksterfees ALMAL Kom geniet en vier Pinksterfees!

Enige insette of bydraes tot die Pinkster Vlam word verwelkom! Stuur e-pos na mkuyler@mweb.co.za.

Besoek ook die Pinkster blog by NG WierdaPark Blog op Facebook.

Ons het ook ‘n Website net vir Pinkster! Daarop kan jy foto’s sien, al die Pinkster Vlam uitgawes, etc. Die

website is http://ngwierdapark.weebly.com/

Jy kan ook blog en kommentaar lewer op die website, oor Pinkster en al ons bedrywighede. Jy kan dit ook

onder ‘n skuilnaam doen as jy sou wou. Dit sal heerlik wees om ook julle opinie oor Pinkster 2011 te lees.

Pinkster Vlam: 5e Uitgawe 29 Mei 2011 Bladsy 7 van 8

Pinksterweek is een van die aktiwiteite wat jy in jou oefenprogram moet inskryf!

Dit is soos om bulte te oefen – dis moeite, nie altyd „n plesier nie, neem baie inspanning! MAAR as jy eers bo is, besef jy

hoe lekker dit voel! Hoe goed dit voel dat jy hierdie deel van jou oefenprogram bygebring het.

Pinksterweek het ten doel om ons opgewondenheid en vooruitsig na die uitstorting van die Heilige Gees, soos dit op

Pinksterfees gebeur het, aan te wakker. Ons bid saam, sing saam en leer saam!

Diè Pinksterreeks hou ons in „n lewende verhouding met Jesus – met verskillende aspekte van „n Geesvervulde lewe!

Die Gees moedig ons aan en inspireer ons om Jesus vir die wêreld te wys.

Ons kan nie „n getuie vir God wees sonder die Gees nie. Dit is deur die vervulling met die Heilige Gees en die krag van

die Heilige Gees dat ons as getuies kan optree! Stel jouself dus beskikbaar deur Pinksterweek by te woon.

En dit is ons voorreg! Nie iets wat ons moet doen nie, maar iets wat ons nie anders kan as om te doen nie. Jesus lewe

en die Gees lewe deur en in ons in hierdie wêreld.

Dis „n ontsaglike groot voorreg! Moet dit nie minderwaardig ag nie. Woon Pinksterweek met opgewondenheid en

verwagting by en laat die Gees jou vervul!

---oo0oo---

Pinkster Vlam: 5e Uitgawe 29 Mei 2011 Bladsy 8 van 8

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!