03.05.2013 Views

Bylaag - May 2009 - 24.com

Bylaag - May 2009 - 24.com

Bylaag - May 2009 - 24.com

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

WEN! WEN! WEN!

Die skool wat 2009 die beste aan

Beeld in Onderwys programme

deelneem, kan ‘n skootrekenaar

van Dell ter waarde van

R9 000 wen!

Laerskool Horison

011 763 5630

Natuurwetenskappe

Die Gautrein is ‘n groen trein

Die konstruksiewerk aan die Gautrein het in September 2006 begin. Die eerste

fase van die projek wat die O.R Tambo Internasionale lughawe met Sandton sal

verbind, behoort voor die Wêreldbeker-sokkertoernooi in 2010 gereed te wees.

Die ander spoor strek van Marlboro in Johannesburg tot by Hatfield in Pretoria en

behoort in 2011 klaar te wees. Die hele spoorstelsel is byna 80 kilometer lank. Die

Gautrein-spoorstelsel is een van die grootste projekte van sy soort wat tans in die

wêreld gebou word.

Enige bouprojek en veral ‘n projek so groot soos die Gautrein-projek sal natuurlik

‘n invloed op die natuulike omgewing hê. Voordat die Gautrein-projek kon

begin, is daar baie navorsing gedoen om te sien wat die invloed van hierdie projek

op die omgewing sou wees. Hierdie navorsing word ‘n omgewingsimpakstudie

genoem en dit is tussen 2000 en 2002 gedoen. Die navorsers het toe ‘n

omgewingsbestuursplan opgestel. Hierdie plan is ‘n wettige dokument wat

deur die Gautengse Departement van Landbou, Bewaring en Omgewing

goedgekeur is. Hierdie plan maak voorsiening daarvoor dat al die konstruksiewerk

aan die Gautrein-projek plaasvind, sodat die natuurlike omgewing so min as

moontlik beïnvloed word. Daar is omgewingspesialiste wat elke maand al die

Gautrein boupersele besoek om seker te maak dat al die riglyne soos dit in die

plan uiteengesit is, nagekom word.

Jy weet reeds dat menslike aktiwiteite ‘n nadelige invloed op ons omgewing

kan hê. Ons gaan nou na ‘n paar van hierdie tipes besoedeling kyk. Daarna gaan

ons kyk op watter manier die omgewingsbestuurplan van die Gautrein-projek die

invloed op die omgewing tot die minimum beperk.

Ons kan omgewingsbesoedeling in die onderstaande groepe verdeel. Daar is

nog ander tipes besoedeling ook, maar hierdie soorte het die meeste betrekking

op die Gautrein-projek

• Lugbesoedeling • Grondbesoedeling

• Waterbesoedeling • Vernietiging van vleilande

• Geraasbesoedeling • Indringerplante

Kom ons kyk nou na elk van hierdie tipes besoedeling van naderby

Lugbesoedeling: Die verbranding van fossielbrandstowwe

soos steenkool, olie, paraffien en gas stel koolstofdioksiedgas

(CO 2) in die lug vry. Hierdie hoër vlakke van CO 2 vorm ‘n

“kombers” om die aarde. Net soos ‘n kombers jou

liggaamshitte binne hou, sodat jy lekker warm bly, hou die

CO 2 in die lug die hitte-energie van die son in die atmosfeer.

Dit veroorsaak dat die temperature op aarde styg. Die hoër

temperature maak dat die weerpatrone op aarde verander

en dat die ys by die pole smelt en seevlakke styg. Hierdie

natuurverskynsel word die kweekhuis-effek genoem en dit

veroorsaak dan aardverwarming.

Grondbesoedeling:

Baie van die giftige spuitstowwe wat in landbou gebruik word

om insekte en onkruid dood te maak, kan in die grond beland.

Hierdie spuitstowwe los op in die reënwater en sypel dan in

die grond in. Die plante wat die produsente van ‘n ekostelsel is, neem dan

hierdie opgeloste gifstowwe deur hul wortels in. Herbivore eet nou van hierdie

plante en so gaan die gifstowwe ook hulle liggame binne. Wanneer die

karnivore of die aasdiere nou die herbivore eet, kry hulle ook die gifstowwe in.

So kan die gifstowwe ‘n hele voedselketting en selfs ‘n omgewing se

voedselweb beskadig. Die gifstowwe kan selfs deur die grond sypel en die

ondergrondse waterbronne besoedel.

Waterbesoedeling

Geen lewe op aarde is

moontlik sonder water

nie. Suid-Afrika is ‘n

redelike droë land. Daar

word gereken dat Suid-

Afrika die 30ste droogste land in die wêreld is. Ons het ‘n jaarlikse reënval van

ongeveer 500 mm, terwyl die wêreld se gemiddelde reënval omtrent 800 mm is.

Dit is dus baie belangrik dat ons al ons waterbronne baie goed moet bewaar. ‘n

Paar van die maniere waarop water besoedel kan word, is die volgende:

• Landbou: Kunsmis en spuitstowwe los op in rëenwater en spoel af na

riviere. Swak boerderymetodes kan ook veroorsaak dat gronderosie

plaasvind. Gronderosie gebeur wanneer al die plante uit ‘n omgewing

verwyder word. Nou is daar nie meer plantwortels wat die vrugbare bogrond

kan vashou nie. Wanneer dit nou reën, spoel hierdie bogrond saam

met die reënwater weg na die riviere. Dit veroorsaak slikbesoedeling in

riviere. Slik is baie klein kleideeltjies wat in die water voorkom. Dit keer dat

sonlig die water kan binnedring, sodat die waterplante kan fotosinteer en vir

die visse suurstof kan vervaardig. Ook verstop die slik die visse se kieue en

hulle versmoor dan.

• Riool: Wanneer rioolafval in damme of riviere beland, is dit baie gevaarlik.

Die bakterie Vibrio cholerae kom in menslike ontlasting voor. Wanneer

mense water drink of selfs kos eet wat met water gewas is waarin hierdie

bakterie voorkom, kry hulle cholera. Cholera is ‘n ernstige siekte wat lei tot

braking en diaree en wat dan veroorsaak dat ‘n mens dehidreer. Die siekte

kan met antibiotika behandel word, maar mense kan doodgaan hiervan,

indien hulle nie betyds behandeling kry nie. Julle het seker in die afgelope

paar maande in die koerante gesien dat daar mense is wat cholera

opgedoen het in veral Limpopo en KwaZulu-Natal, maar selfs in Gauteng.

Om te voorkom dat jy die siekte kry, is dit belangrik om nooit water direk uit

‘n stroom of ‘n rivier te drink nie.

• Verstedeliking: Die groot hoeveelhede mense wat in dorpe en stede

woon, veroorsaak dat daar groot hoeveelhede rommel geproduseer

word. Ook die fabrieke en nywerhede produseer baie rommel. As

hierdie rommel nie behoorlik verwyder en verwerk word nie, kan dit in

riviere en damme beland en die waterlewe benadeel.

Vernietiging van vleilande

Vleilande is die natuurlike filters van die omgewing.

Wanneer water deur vleilande vloei, word baie van die

onsuiwerhede uit die water verwyder. Vleilande is ook die

“sponse” van die omgewing. Hulle stoor groot hoeveelhede water.

Vleilande is ook baie ryk aan plant- en dierelewe. Ons sê hulle het ‘n groot

biodiversiteit. Dit is veral die amfibieë soos paddas wat bedreig word deur die

vernietiging van vleilande. Soms word vleilande drooggelê, sodat nuwe

woonbuurte of nywerhede aangebou kan word. Gelukkig besef ontwikkelaars

nou hoe belangrik vleilande vir ons omgewing is en daar word so ver moontlik

gepoog om ons vleilande te bewaar. Daar is nou selfs ‘n wêreld vleilanddag

(2 Februarie) ingestel om mense wêrelwyd bewus te maak van die belang van

vleilande vir ons omgewings.

Geraasbesoedeling:

Geraasbesoedeling vind plaas wanneer die volume van

‘n geluid so hard is dat dit die mense en diere in ‘n

omgewing nadelig beïnvloed. Die volume van ‘n klank

word gemeet in desibels (dB) en dit sê hoe hard of sag

‘n geluid is. Hieronder is ‘n tabel wat vir jou wys hoe

hard sommige geluide is.

Beskrywing van die geluid Aantal dB

‘n Baie sagte geluid soos die geritsel van ‘n boek se bladsye. 10 dB

‘n Gewone gesprek. 50 dB

Die geluid van ‘n grassnyer. As jy vir 8 uur aanmekaar aan

hierdie geluid blootgestel word, kan jou ore beskadig word. 90 dB

‘n Donderslag is baie steurend vir ‘n mens. 100 dB

Lewende rockmusiek. 125 dB

‘n Geluid wat permanente skade aan ‘n mens se ore

sal veroorsaak. 140 dB

Indringerplante

Plante wat natuurlik in Suid-Afrika voorkom, word inheemse plante genoem.

Plante wat van ander lande af ingebring en dan hier aangeplant is, word

uitheemse plante genoem. Uitheemse plante het geen natuurlike vyande

(insekte, diere, swamme, bakterieë of virusse) in Suid-Afrika wat hulle getalle in

toom kan hou nie. Daarom versprei hulle baie vinnig. Dan begin hulle die

habitatte van ons natuurlike plante oorneem. Ons natuurlike plante word dan al

hoe minder en die uitheemse spesies word al hoe meer. Wanneer dit gebeur sê

ons die uitheemse plantspesie het ‘n indringerplant geword. Indringerplante

neem ook baie meer water per dag deur hul wortels op as wat ons inheemse

plante opneem. Dan is die hoeveelheid grondwater wat vir ander plante

beskikbaar is soveel minder. Baie uitheemse bome kom oorspronklik van

Australië af, voorbeelde van uitheemse spesies wat in Suid-Afrika groei, is die

Port Jackson, die bloekomspesies, Bailey se wattel en die Jakaranda. Die

plaaslike regerings doen baie om die aantal indringer plante in ons omgewings

te verminder. Jy het dalk al in julle omgewing gesien hoe werkers van julle stad

se parkeraad sekere indringerbome afkap.

Port Jackson

Acacia saligna

Bloekom

Eucalyptus sp.

Bailey se wattel

Acacia baileyana

Jakaranda

Jacaranda mimosifolia

Die Gautrein-projek gee om vir die omgewing

Kom ons kyk nou na die stappe wat die ontwikkelaars van die Gautrein-projek geneem

het om die impak van die projek op die omgewing so laag as moontlik te hou.

Vermindering van motoruitlaatgasse soos CO2 in die lug

Dit word verwag dat die Gautrein die 200 000 motors op die N1-deurweg van

Johannesburg na Pretoria met sowat 20% sal verminder. Dit beteken dat daar

sowat 40 000 motors minder op die N1 sal wees. Daar sal dus baie minder

motoruitlaatgasse vrygestel word. Dit beteken minder lugbesoedeling en minder

kweekhuisgasse in die atmosfeer.

Verwydering en aanplant van bome

Vir elke boom wat verwyder is vir die konstruksie van die Gautrein, is daar drie

inheemse bome aangeplant. Sommige van die bome wat verwyder is, is op

ander plekke oorgeplant. Die Jakarandas wat verwyder is, is indringerplante wat

oorspronklik van Argentinië na Suid-Afrika gebring is. Die Jakarandas is daarom

nie oorgeplant nie, maar ander inheemse bome is in hulle plek geplant. Onthou jy

dat bome CO2 opneem tydens fotosintese? Al hierdie nuwe bome help dus om die

hoeveelheid CO2 in die atmosfeer laag te hou en aardverwarming te voorkom.

Bewaring van inheemse plante en diere

Dele van die Gautreinspoor word gebou in onontwikkelde gebiede waar plante en

diere nog wild voorkom. Voordat daar met die bouwerk begin is, het navorsers ‘n

opname van die omgewing gedoen om te sien of daar enige bedreigde plant of

dierspesies in die omgewing voorkom. Die hulp van verskeie nie-winsgewende

organisasies wat help met die bewaring van plante en diere is ingeroep om hierdie

plante en diere te verwyder. Plante is oorgeplant in botaniese tuine, private tuine

en kwekerye. Reptiele en ander diere is na ander natuurlike omgewings geneem

en daar vrygelaat.

Beheer van stof

Die hoeveelheid stof en geraas word op die volgende maniere beheer:

• Spesiale stofmeters is op elke bouperseel geïnstalleer. Hierdie meters bepaal

hoeveel stof daar in die lug is. Op hierdie manier kan die bouers sorg dat die

hoeveelheid stof nie te veel is nie.

• Die wiele van groot vragmotors word afgewas, voordat dit die bouperseel mag

verlaat. Doen navorsing.

6 Leer en Presteer graad 4 - 6, bylaag tot Beeld, Dinsdag 5 Mei 2009

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!