Bylaag - May 2009 - 24.com

Bylaag - May 2009 - 24.com Bylaag - May 2009 - 24.com

03.05.2013 Views

Kantoor – Lizelle 011 713 9147 Elize: 083 380 1800 Riana: 082 852 8814 Laerskool Horison 011 763 5630 Antwoorde van werkkaarte: www.beeld.com onder afdeling spesiaal kliek op skool toe Opvolg bylae vir graad 4-6 4 Aug Afrikaans Huistaal Graad 4: Van stoomtrein na Gautrein Die naam “Gautrein” is deesdae op almal se lippe! Waarom is hierdie trein dan so nuuswaardig? Dit sal Suid-Afrika se eerste moltrein wees! Ja, ‘n trein wat soos ‘n mol in ‘n tonnel onder die grond en onder geboue deur beweeg. Wanneer hierdie trein in werking gestel word, sal dit beteken dat ons land ook soos ander ontwikkelde lande kan spog met ‘n trein wat baie vinnig kan voortsnel en besonder weelderig is. Die Gautrein sal natuurlik nie net uit een enkele passasierstrein bestaan nie, maar uit ’ n aantal verskillende weelderige treine wat deurlopend teen ongeveer 160 km/h of vinniger heen en weer tussen Johannesburg en Pretoria sal beweeg. Hierdie treine behoort in staat te wees om elke dag meer as 100 000 passasiers te vervoer op die spesiale spoorlyn van 80 km met sy altesaam tien stasies. Die Gautrein moet ’n “GOU- trein” wees! Wanneer hy uiteindelik in bedryf kom, sal hy die afstand tussen Johannesburg en Pretoria in minder as 40 minute afblits. Die rit tussen die O.R. Tambo Internasionale lughawe en Sandtonstasie (die hoofstasie) sal minder as ’n kwartier duur. Enige haastige reisiger se droom! Plek-plek sal die trein soos ’n mol onder die aarde induik om dan weer ywerig en met volharding sy kop uit te steek en soos ’n koeël oor die landskap te pyl. Vervoer in Gauteng—só glo die Gautrein se inisieerders— sal nooit weer dieselfde wees nie! Aktiwiteit: LU 3 en 5 1. Watter stasie is die hoofstasie op die Gautreinroete? 2. By hoeveel stasies sal die trein kan stop, nadat dit vanaf Parkstasie vertrek het voordat dit by die lughawe aankom? 3. Hoeveel stasies is daar tussen Pretoria en die lughawe? 4. Lees die volgende denkbeeldige rooster van die Gautrein se aankoms- en vertrektye soos wat dit op die stasie se inligtingsborde kan verskyn en beantwoord dan die vrae. Treinnommer Vertrekpunt Vertrektyd Bestemming Aankomstyd GT 1 NO Parkstasie 07:00 Midrand 07:20 GT 2 N Marlboro O8:15 Centurion O8:25 GT 2 S Midrand 14:00 Sandton 14:10 GT 3 N Pretoria 17:15 Hatfield 17:25 GT 1 SO Centurion 10:00 Lughawe 10:18 GT 2 S Hatfield 12:00 Parkstasie 12:50 GT 2 NO Sandton 14:00 Lughawe 14:15 5. Waar dink jy sal hierdie roosters op die stasies aangebring word? 6. Vir wie is hierdie inligting belangrik? 7. Wat is die vertrektyd van trein GT 3N? 8. Hoe laat kom trein GT 2 NO op die lughawe aan? 9. Hoe laat kom trein GT 2 N in Centurion aan? 10. Hoe laat moet jy op Parkstasie wees as jy in die oggend na Midrand wil reis? Graad 5: Die ontwikkeling van die spoorlynnetwerk en lokomotiewe in Suid-Afrika Vandat die eerste spoorlyne in die 19de eeu in die Kaapprovinsie gebou is, totdat daar vandag gereed gemaak word vir die voltooiing van die Gautreinprojek, het ons land goed gevorder om die treinvervoerstelsel in Suid-Afrika te ontwikkel. Hoewel daar op 31 Maart 1859 amptelik met die bou van die eerste spoorlyn in Suid-Afrika by Woodstock naby Kaapstad begin is, is hierdie spoorlyn wat tussen Kaapstad en Wellington loop eers in 1863 voltooi. Terwyl die bouwerk daarvan aan die gang was, is daar ook in Natal tussen Durban en die Punt (Hawe) begin met die bou van ‘n spoorlyn. Dit was op hierdie driekilometerlange Natalse spoor waar die eerste stoomtrein in Suid-Afrika in 1860 geloop het. Verskillende spoorlyne is tussen 1862 en 1864 in die Wes-Kaap gebou, maar daar was weinig vordering met die bou daarvan. Eers na die ontdekking van diamante in 1867 en goud in 1886 in die binneland en na die ontwikkeling van daardie bedrywe in SA, is daar vinniger gevorder met die lê van spoorlyne in die binneland. In 1876 is die Kaapse spoorlyn na die noordelike dele van die land tot by Worcester verleng; in 1884 tot by De Aar en in 1885 tot by Kimberley in die Noord- Kaap. In 1890 is hierdie spoorlyn tot by Bloemfontein voltooi en ongeveer twee jaar later het dit by die destydse Transvaalse spoornetwerk aangesluit. Die nasionale spoorlynnetwerk is eers in 1910 met die stigting van die Unie van Suid-Afrika voltooi en verenig onder die naam “Suid-Afrikaanse Spoorweë en Hawens”. Cecil John Rhodes, wat ‘n eerste minister van die Kaapprovinsie was, het ‘n droom gehad om ‘n spoorlyn van die Kaap tot in Kaïro te lê. Hierdie droom is egter tot vandag toe nooit verwesenlik nie. Die eerste treine is deur stoomlokomotiewe getrek, maar sedert 1925 is die stoomtreine geleidelik deur elektriese treine vervang. In 1980 is die Suid-Afrikaanse vervoerstelsel herorganiseer en het Transnet tot stand gekom. Die spoorlynnetwerk in SA vorm ‘n belangrike deel van die land se infrastruktuur. Alle belangrike stede in ons land is per spoor met mekaar verbind. Daarby word die Suid-Afrikaanse spoornetwerk as die beste spoorlynstelsel in Afrika beskou. Daagliks word baie voorstedelike treine (metrotreine) gebruik om pendelaars van die huis na die werkplekke en terug te vervoer. Daar is egter steeds duisende mense wat verkies om hulle motors te gebruik om van en na hulle werkplekke te ry. Hoewel baie reisigers vroeër jare hoofsaaklik die trein as vervoermiddel gebruik het, word treine deesdae eerder vir die vervoer van goedere as vir die vervoer van passasiers oor lang afstande gebruik. Die Bloutrein, een van die tien bekendste treine ter wêreld, is die uitsondering op die hierdie reël. Hierdie trein is ‘n baie weelderige passasierstrein wat tussen Pretoria en Johannesburg loop. Mense kom vanoor die hele wêreld om ’n rit op hierdie weeldetrein mee te maak! Aangesien slegs ongeveer die helfte van die land se 20 000 kilometer spoorlynnetwerk ten volle benut word, konsentreer Transnet op die vervoer van goedere eerder as op die vervoer van passasiers om te verseker dat die spoorstelsel winsgewend bedryf word. Na die ingebruikneming van die Gautrein word gehoop dat die publiek daagliks eerder weer meer van treinvervoer as van motors gebruik sal maak om by die werk en terug by die huis te kom, sodat die verkeer op die paaie tussen Johannesburg en Pretoria verminder kan word. Aktiwiteit: LU 3 Lees die leesstuk self of met die hulp van die onderwyser deur en beantwoord dan die vrae. 1. Voltooi die tabel om die ontwikkeling van die spoorweë in Suid-Afrika aan te toon. Datum voltooi Beginpunt Eindbestemming Afstand of snelheid (waar bekend) 1860 Durban Punt 1876 Kaapstad Wellington De Aar 1885 Kaapstad Bloemfontein Johannesburg Pretoria 80 km 2. Wanneer het die elektriese treine die stoomtreine begin vervang? 3. Wie het gedroom om een spoorlyn vanaf Kaapstad tot in Kaïro te laat aanlê? 4. Waarom dink jy het die spoorlynnetwerk eers na die ontdekking van diamante en goud so vinnig ontwikkel? 5. Hoeveel kilometer beslaan ons land se spoorlyne? 6. Watter land in Afrika spog met die beste spoorlynstelsel? 7. In watter jaar is die spoorlynnetwerk in Suid-Afrika eers verenig? 8. Word ons land se spoorlynnetwerk ten volle benut? Motiveer jou antwoord. 9. Waarom dink jy gebruik mense deesdae nie meer so graag die trein as vervoermiddel nie? Motiveer jou antwoord. 10.Hoekom het dit nodig geword om die Gautrein te begin bou? Graad 6: Die bouwerk aan die Gautreinprojek In die middel van die jaar 2000 het Sam Shilowa, die destydse Premier van die Gauteng Provinsie, die implementering van die Gautreinprojek aangekondig en kon daar met die beplanning van die bouwerk aan die Gautrein begin word. Hierdie blitstrein wat teen ongeveer 160 km/h tussen Johannesburg en Pretoria sal beweeg, behoort die hele vervoerpatroon van Gauteng te verander en die huidige druk verkeer op die paaie tussen die twee stede te verlig. Sowat 300 000 motorvoertuie ry daagliks op die snelweë tussen dié twee stede. Om verligting aan die verkeersdruk te gee, het die provinsiale owerheid besluit dat hierdie multimiljoenrand-projek beslis noodsaaklik is. Die Gautrein is 'n 80 km-lange beplande treinroete en sal nie net uit een enkele passasierstrein bestaan nie, maar uit ’n hele aantal verskillende treine. Vanaf 2010 behoort dit Johannesburg via Sandton met die OR Tambo Internasionale Lughawe en ook met Pretoria te verbind en by altesaam 10 stasies te kan stilhou. Daarby sal 125 busse die nagenoeg 120 000 passasiers wat daagliks van die trein gebruik sal maak, op 36 roetes wat oor altesaam 26 000 km loop, vervoer. Die bou van die Gautrein is eerstens aangepak om die druk padverkeer tussen Pretoria en Johannesburg te verbeter, maar die feit dat die FIFA Sokker- Wêreldbekertoernooi in 2010 in Suid-Afrika aangebied word, het die deurslag gegee vir die bou van dié trein. Die boukontrak is aan die Bombela-konsortium toegeken. In 2006 toe daar met die bou van die Gautrein begin is, sou die boukoste vir voltooiing van die projek R7,2 miljard beloop het, maar tans word die boukoste al op R23 miljard beraam! Sandtonstasie sal die Gautreinprojek se hoofstasie wees en sal meer as drie jaar neem om gebou te word. Die stasie en sy drie platforms sal 40 m onder die grondvlak wees en meer as 40 000 vierkante meter beslaan. Daarom is 'n diep gat van 40 m diep, 30 m wyd en 200 m lank gegrawe. Daar sal 'n pawiljoen en openbare vervoergeriewe op die grondvlak wees, asook drie vlakke met parkeerplek vir 4 000 voertuie. Die trein sal ’n statusvervoermiddel wees wat vir min ander vervoermiddels hoef terug te staan. Die feit dat die rit tussen Sandtonstasie en die lughawe minder as ‘n kwartier sal duur, maak hierdie projek des te meer lewensvatbaar. Die treine behoort elke dag meer as 100 000 passasiers op die 80 km lange spoorlyn met sy tien stasies te vervoer. Kritiek op die bou van die trein was dat dit nie die townships in Gauteng (soos Soweto in Johannesburg en Mamelodi in Pretoria) in die projek gebind het nie. Die eerste rit van die Gautrein het reeds op 3 Februarie 2009 plaasgevind. Tydens dié geleentheid het 150 genooide gaste die geskiedkundige rit in die eerste voltooide goud-en-blou treinstel op ‘n 3 km-lange toetsspoorlyn meegemaak. Voordat die Gautrein finaal in bedryf gestel word, sal dit eers deeglik getoets word. Die trein sal eers 3 000 km op die toetsspoor moet aflê om te verseker dat dit veilig is om daarmee te ry. Aktiwiteit Beantwoord die volgende vrae nadat jy die leesstuk noukeurig deurgelees het. 1. Slaan die betekenis van die volgende woorde in ‘n verklarende woordeboek na; implementering, lewensvatbaar, statusvervoermiddel. 2. Wat was die belangrikste kritiek teen die bou van die Gautrein? 3. Watter veiligheidsmaatreëls is in plek gestel om die veiligheid van die treinritte te verseker? 4. Skryf ‘n nuusberig oor die eerste rit wat die Gautrein onderneem het. Verbeel jou dat jy een van die gaste of joernaliste op die geskiedkundige rit was. 2 Leer en Presteer graad 4 - 6, bylaag tot Beeld, Dinsdag 5 Mei 2009

Kuns en Kultuur Gautrein Vir alle grade • Sê die woorde hardop met die regte aksente. • Luister na die melodie wat deur jou onderwyser/onderwyseres voorgesing of voorgespeel word. • Sing nou die liedjie saam. • Wat kan jy vir ‘n maat vertel van die Gautrein? • Het jy al meer opgelees van die Gautrein? Kyk op die webwerf van die Gautrein na “Gautrain.Kids” (http://kids.gautrain.co.za). Daar is allerhande interessante inligting wat spesiaal vir kinders aangebied word. Ontmoet al die diertjies wat vir jou die inligting gee. Daar is ook speletjies en ‘n legkaart om te bou. • Watter kleur is die Gautrein? • Watter roete gaan dit volg en vir wie is dit bedoel? • Wat beteken die woorde “luuks” en “truuks”? Graad 4 • Is die liedjie ‘n mars of ‘n wals? • Sing die liedjie stadig/vinnig/hard/sag. • Vorm ‘n lang ry soos ‘n trein en beweeg saam op die maat van die musiek, terwyl julle die liedjie sing. • Beweeg op en af soos wat die trein teen die opdraandes en afdraandes ry. • Maak ‘n voorstelling van hoe jy jou die trein voorstel. • Kleur dit mooi in en maak seker jy het ‘n raampie om jou tekening, asook ‘n agtergrond. Sosiale Wetenskappe Topspoedtreine Leer die Gautreinliedjie aan. Die Gau-trein is ‘n bai-e lek-ker trein Wil jy saam ry of wil jy bly? Die Gau-trein is bai-e, bai-e luuks Om saam te ry is daar geen truuks! Gautreinliedjie Oosterse oorsprong Die Japanese noem dit ‘Shinkansen’ – die trein met ‘n neus so skerp soos ‘n speld, en ‘n lyf wat lyk soos ‘n vegvliegtuig sonder vlerke. Díe elektriesaangedrewe trein vlieg oor Japan soos ‘n koeël, ‘n verwysing wat die Japannese gemaak het toe dit in 1964 teen 210 km/h oor die land gesny het. Deesdae is die trein se gewone spoed egter 300km/h, en het nog nooit meer as 6 sekondes laat gekom nie. Tydens die 44 jaar van die trein se bestaan, het dit al 4 biljoen passasiers betyds by hul bestemming gebring en nog nie een passasier is dood in ‘n ongeluk nie – nie eers in aardbewings nie. Die Shinkansen loop op ‘n spesiale spoorweg wat aanmekaar vasgesweis is. Dit beteken dat daar geen obstruksies op die spoor is wat die wiele laat klieketie-klak maak soos wat met gewone treine gebeur nie. Hierdie gladde spoorweg strek vir omtrent 2 000 km oor Japan. Nog sulke treine word beplan vir Taiwan, Brasillië, Vietnam en die V.S.A. China se eerste 300 km/h koeëltrein loop tussen Beijing en Tianjin op ‘n spoor sowat 115 km lank. China se volgende sneltrein word beplan om passasiers tussen Beijing en Sjanghai te vervoer teen ‘n spoed van 350 km/h. Dit beteken die nuwe trein sal ‘n afstand van 1 300 km onder 5 uur kan aflê. Westerse weergawe Die Franse was so beïndruk met die Shinkansen dat hulle hul eie weergawe ontwikkel het. Die Train Grand Vitesse, of TGV, bereik ‘n spoed van 300 km/h al van 1981 af en het so gewild geword onder die Franse besigheidsklas dat dit Frankryk se nasionale lugvervoer vervang het. Omdat die treine hul teen dieselfde tyd by ‘n ander stad kon bring in vergelyking met vliegtuie, en boonop die hoofpyn van verkeer na en van ‘n lughawe uitgeskakel het, het die dienste van die nasionale lugredery onnodig geword. Die TGV-tegnologie word tans gebruik op soortgelyke treinnetwerke in Italië, Spanje en Argentinië. ‘n Groep ingenieurs het ‘n spesiale weergawe van die TGV gemaak met die doel om te bewys dat treine net so veilig en vinnig as vliegtuie kan wees. Hierdie spesiale model was van ligter materiaal gemaak, dit het groter wiele gehad en het hoë vlakke van elektrisiteit gebruik. In 2007 het hulle hul doel bereik en die wêreldrekord vir treinspoed gebreek toe hierdie spesiale weergawe van die TGV ‘n asemrowende spoed van 574.8 km per uur bereik het. Meer van hierdie luukse hoëspoedtreine word beplan vir die Westerse wêreld. Die Britte is besig met ‘n trein wat dit moontlik sal maak vir inwoners van Birmingham Graad 5 • Nommer die mate. Hoeveel mate is daar in die liedjie? • Wat is die maatsoort van die liedjie? Hoeveel kwartnote (taa-note) tel ons in elke maat? • Skryf die nootname onder die notebalk in. • Kleur die lynnote met een kleur en die spasienote met ‘n ander kleur in. • Merk waar ons ‘n opgaande lyn in die melodie kry asook waar ‘n afgaande lyn is. • Beweeg op die maat van die musiek. • Wat is die tydsoort van ‘n mars en ‘n wals? • Speel op melodiese musiekinstrumente ‘n gedeelte uit die liedjie of skep met die hulp van jou onderwyser/es ‘n begeleidingspatroon. • Ontwerp ‘n uitnodigingskaartjie wat gebruik kan word vir die opening seremonie van die trein. Die uitnodiging word aan belangrike gaste uitgestuur. • Die uitnodiging moet ‘n mooi buiteblad hê, asook inligting aan die binnekant wat die tyd van die funksie aandui, die “venue” (plek waar dit plaasvind), die kleredrag, asook parkeerreëlings. Graad 6 Musiek • Nommer die mate. • Skryf die nootname van die note onder die notebalk in. • Die doh van die liedjie is die noot C. • Sing die solfaleer op- en afgaande. Wys die handtekens, terwyl julle dit sing. • Sing maat 5-8 volgens die solfaname. Wys ook die handtekens, terwyl julle dit sing. • Wat beteken ‘n ”maat” in musiek? • Hoeveel mate is daar in die liedjie? • Begin die liedjie met ‘n opmaat? Verduidelik wat ‘n opmaat is. Drama Skryf ‘n toneel oor gebeure wat op ‘n trein afspeel. Onthou dat elke storie of opvoering uit die volgende bestaan: • Begin (eksposisie) – in hierdie deel word die karakters voorgestel. • Middel (ontwikkeling) - in hierdie deel ontstaan die krisis en die klimaks. • Einde (ontknoping van die storie). Stappe om die toneel op te voer • Kies ‘n regisseur (‘n persoon wat aan die hoof is). • Kies karakters vir die verskillende rolle. • Die karakters moet die woorde (dialoog) baie goed leer en bewegings uitwerk wat daarby pas. • Dink aan rekwisiete wat gebruik kan word. • Bespreek die kostuums. • Oefen saam met die groep (repeteer). • Voer jul toneel voor die klas op. Kuns Maak ‘n plakkaat om jul opvoering te adverteer. Dans Julle word gevra om met die openingseremonie van die Gautrein ‘n dansie uit te voer. Besluit op musiek wat julle wil gebruik en werk choreografiese bewegings, wat by die musiek pas, uit. om in Londen te werk, omdat dit hul slegs 30 minute sal neem om tussen die twee stede te beweeg. Dis net jammer dat dit nog 10 jaar gaan neem om hierdie trein klaar te bou. Die wêreld se vinnigste kommersiële trein is in Duitsland gebou, en loop van die Sjinese stad Sjanghai na die stad se lughawe sowat 30 km daarvandaan. Die trein kan ‘n spoed van 300km/h binne twee minute bereik en loop teen ‘n gewone spoed van 430 km per uur. Hierdie sneltrein sweef 10 mm bo sy leipad op ‘n magnetiese veld - sonder wiele of spore. ‘Magnetic Levitation’ of ‘Maglev’ soos dit genoem word, is 70 jaar gelede ontdek. Hierdie tegnologie is egter nie goedkoop nie en nie veel lande kan dit bekostig nie. Japan sal omtrent $44 biljoen moet opdok vir so ‘n spoor tussen Tokio en Nagoya. Hierdie spoor sal ‘n trein dra wat teen 500 km/h loop en word beplan om teen 2025 in werking te wees. Suid-Afrikaanse sneltrein Binnekort sal Suid-Afrika sy eie moderne treinnetwerk besit. Die kontroversiële Gautreinprojek sou die staat oorspronklik R7 biljoen gekos het, maar die 80 km treinnetwerk trek nou al verby die R24 biljoen merk. Die Gautrein sal teen 2010 in werking tree, net betyds vir die Sokkerwêreldbeker. Teen 2011 sal die spoornetwerk voltooid wees, en Pretoria, Johannesburg en O.R. Tambo Internasionale Lughawe met mekaar verbind. Die netwerk sal ‘n verskeidenheid van stasies tussen hierdie punte insluit en ‘n vloot van 125 busse sal passasiers heen en weer van die treinstasies vervoer. Electrostar treine van Engeland sal op die spoor loop teen ‘n spoed van sowat 160 km/h, en sal sorg dat pendelaars tussen Parkstasie in Johannesburg en Pretoria binne 40 minute by hul bestemming aankom. Treinkaartjies sal elektronies werk, en ‘n rit op die Gautrein sal motoriste heelwat tyd en geld spaar. Vrae: 1. Teen watter spoed loop die moderne Shinkansen? 2. Watter trein is tans die vinnigste openbare trein? 3. Maak Frankryk nog steeds gebruik van vliegtuie? Waarom sê jy so? 4. Noem twee plekke waar Maglev-tegnologie te vinde sal wees teen 2025. 5. Teen watter jaar sal die Gautrein klaar wees? 6. Hoekom word Suid-Afrika se nuwe spoorweg stelsel ‘Gautrein’ genoem? Leer en Presteer graad 4 - 6, bylaag tot Beeld, Dinsdag 5 Mei 2009 3 Skoolkoerantkursus 9 Mei Hoërskool Riebeeckrand Randfontein Skoolkoerantkompetisie Skakel 011 713 9147 vir inskryfvorms ‘n Groot verskeidenheid werkboeke vir die Afrikaanse klas Skakel die kantoor – Lizelle 011 713 9147 Elize: 083 380 1800 Riana: 082 852 8814 om te bestel Laerskool Horison 011 763 5630 WEN! WEN! WEN! Die skool wat 2009 die beste aan Beeld in Onderwys programme deelneem, kan ‘n skootrekenaar van Dell ter waarde van R9 000 wen!

Kuns en Kultuur<br />

Gautrein<br />

Vir alle grade<br />

• Sê die woorde hardop met die regte aksente.<br />

• Luister na die melodie wat deur jou onderwyser/onderwyseres voorgesing<br />

of voorgespeel word.<br />

• Sing nou die liedjie saam.<br />

• Wat kan jy vir ‘n maat vertel van die Gautrein?<br />

• Het jy al meer opgelees van die Gautrein? Kyk op die webwerf van die<br />

Gautrein na “Gautrain.Kids” (http://kids.gautrain.co.za). Daar is allerhande<br />

interessante inligting wat spesiaal vir kinders aangebied word. Ontmoet al<br />

die diertjies wat vir jou die inligting gee. Daar is ook speletjies en ‘n<br />

legkaart om te bou.<br />

• Watter kleur is die Gautrein?<br />

• Watter roete gaan dit volg en vir wie is dit bedoel?<br />

• Wat beteken die woorde “luuks” en “truuks”?<br />

Graad 4<br />

• Is die liedjie ‘n mars of ‘n wals?<br />

• Sing die liedjie stadig/vinnig/hard/sag.<br />

• Vorm ‘n lang ry soos ‘n trein en beweeg saam op die maat van die musiek, terwyl<br />

julle die liedjie sing.<br />

• Beweeg op en af soos wat die trein teen die opdraandes en afdraandes ry.<br />

• Maak ‘n voorstelling van hoe jy jou die trein voorstel.<br />

• Kleur dit mooi in en maak seker jy het ‘n raampie om jou tekening, asook ‘n<br />

agtergrond.<br />

Sosiale Wetenskappe<br />

Topspoedtreine<br />

Leer die Gautreinliedjie aan.<br />

Die Gau-trein is ‘n bai-e lek-ker trein<br />

Wil jy saam ry of wil jy bly?<br />

Die Gau-trein is bai-e, bai-e luuks<br />

Om saam te ry is daar geen truuks!<br />

Gautreinliedjie<br />

Oosterse oorsprong<br />

Die Japanese noem dit ‘Shinkansen’ – die trein met ‘n neus so skerp soos ‘n<br />

speld, en ‘n lyf wat lyk soos ‘n vegvliegtuig sonder vlerke. Díe elektriesaangedrewe<br />

trein vlieg oor Japan soos ‘n koeël, ‘n verwysing wat die Japannese<br />

gemaak het toe dit in 1964 teen 210 km/h oor die land gesny het. Deesdae is die<br />

trein se gewone spoed egter 300km/h, en het nog nooit meer as 6 sekondes laat<br />

gekom nie. Tydens die 44 jaar van die trein se bestaan, het dit al 4 biljoen<br />

passasiers betyds by hul bestemming gebring en nog nie een passasier is dood in<br />

‘n ongeluk nie – nie eers in aardbewings nie.<br />

Die Shinkansen loop op ‘n spesiale spoorweg wat aanmekaar vasgesweis is. Dit<br />

beteken dat daar geen obstruksies op die spoor is wat die wiele laat klieketie-klak<br />

maak soos wat met gewone treine gebeur nie. Hierdie gladde spoorweg strek vir<br />

omtrent 2 000 km oor Japan. Nog sulke treine word beplan vir Taiwan, Brasillië,<br />

Vietnam en die V.S.A.<br />

China se eerste 300 km/h koeëltrein loop tussen Beijing en Tianjin op ‘n spoor<br />

sowat 115 km lank. China se volgende sneltrein word beplan om passasiers tussen<br />

Beijing en Sjanghai te vervoer teen ‘n spoed van 350 km/h. Dit beteken die nuwe<br />

trein sal ‘n afstand van 1 300 km onder 5 uur kan aflê.<br />

Westerse weergawe<br />

Die Franse was so beïndruk met die Shinkansen dat hulle hul eie weergawe<br />

ontwikkel het. Die Train Grand Vitesse, of TGV, bereik ‘n spoed van 300 km/h al<br />

van 1981 af en het so gewild geword onder die Franse besigheidsklas dat dit<br />

Frankryk se nasionale lugvervoer vervang het. Omdat die treine hul teen dieselfde<br />

tyd by ‘n ander stad kon bring in vergelyking met vliegtuie, en boonop die hoofpyn<br />

van verkeer na en van ‘n lughawe uitgeskakel het, het die dienste van die nasionale<br />

lugredery onnodig geword. Die TGV-tegnologie word tans gebruik op soortgelyke<br />

treinnetwerke in Italië, Spanje en Argentinië.<br />

‘n Groep ingenieurs het ‘n spesiale weergawe van die TGV gemaak met die doel<br />

om te bewys dat treine net so veilig en vinnig as vliegtuie kan wees. Hierdie<br />

spesiale model was van ligter materiaal gemaak, dit het groter wiele gehad en het<br />

hoë vlakke van elektrisiteit gebruik. In 2007 het hulle hul doel bereik en die wêreldrekord<br />

vir treinspoed gebreek toe hierdie spesiale weergawe van die TGV ‘n<br />

asemrowende spoed van 574.8 km per uur bereik het.<br />

Meer van hierdie luukse hoëspoedtreine word beplan vir die Westerse wêreld. Die<br />

Britte is besig met ‘n trein wat dit moontlik sal maak vir inwoners van Birmingham<br />

Graad 5<br />

• Nommer die mate. Hoeveel mate is daar in die liedjie?<br />

• Wat is die maatsoort van die liedjie? Hoeveel kwartnote (taa-note) tel ons in<br />

elke maat?<br />

• Skryf die nootname onder die notebalk in.<br />

• Kleur die lynnote met een kleur en die spasienote met ‘n ander kleur in.<br />

• Merk waar ons ‘n opgaande lyn in die melodie kry asook waar ‘n afgaande<br />

lyn is.<br />

• Beweeg op die maat van die musiek.<br />

• Wat is die tydsoort van ‘n mars en ‘n wals?<br />

• Speel op melodiese musiekinstrumente ‘n gedeelte uit die liedjie of skep met<br />

die hulp van jou onderwyser/es ‘n begeleidingspatroon.<br />

• Ontwerp ‘n uitnodigingskaartjie wat gebruik kan word vir die opening<br />

seremonie van die trein. Die uitnodiging word aan belangrike gaste<br />

uitgestuur.<br />

• Die uitnodiging moet ‘n mooi buiteblad hê, asook inligting aan die binnekant<br />

wat die tyd van die funksie aandui, die “venue” (plek waar dit plaasvind), die<br />

kleredrag, asook parkeerreëlings.<br />

Graad 6<br />

Musiek<br />

• Nommer die mate.<br />

• Skryf die nootname van die note onder die notebalk in.<br />

• Die doh van die liedjie is die noot C.<br />

• Sing die solfaleer op- en afgaande. Wys die handtekens, terwyl julle dit sing.<br />

• Sing maat 5-8 volgens die solfaname. Wys ook die handtekens, terwyl julle dit<br />

sing.<br />

• Wat beteken ‘n ”maat” in musiek?<br />

• Hoeveel mate is daar in die liedjie?<br />

• Begin die liedjie met ‘n opmaat? Verduidelik wat ‘n opmaat is.<br />

Drama<br />

Skryf ‘n toneel oor gebeure wat op ‘n trein afspeel. Onthou dat elke storie of<br />

opvoering uit die volgende bestaan:<br />

• Begin (eksposisie) – in hierdie deel word die karakters voorgestel.<br />

• Middel (ontwikkeling) - in hierdie deel ontstaan die krisis en die klimaks.<br />

• Einde (ontknoping van die storie).<br />

Stappe om die toneel op te voer<br />

• Kies ‘n regisseur (‘n persoon wat aan die hoof is).<br />

• Kies karakters vir die verskillende rolle.<br />

• Die karakters moet die woorde (dialoog) baie goed leer en bewegings uitwerk<br />

wat daarby pas.<br />

• Dink aan rekwisiete wat gebruik kan word.<br />

• Bespreek die kostuums.<br />

• Oefen saam met die groep (repeteer).<br />

• Voer jul toneel voor die klas op.<br />

Kuns<br />

Maak ‘n plakkaat om jul opvoering te adverteer.<br />

Dans<br />

Julle word gevra om met die openingseremonie van die Gautrein ‘n dansie uit te<br />

voer. Besluit op musiek wat julle wil gebruik en werk choreografiese bewegings, wat<br />

by die musiek pas, uit.<br />

om in Londen te werk, omdat dit hul slegs 30 minute sal neem om tussen die<br />

twee stede te beweeg. Dis net jammer dat dit nog 10 jaar gaan neem om hierdie<br />

trein klaar te bou.<br />

Die wêreld se vinnigste kommersiële trein is in Duitsland gebou, en loop van die<br />

Sjinese stad Sjanghai na die stad se lughawe sowat 30 km daarvandaan. Die trein<br />

kan ‘n spoed van 300km/h binne twee minute bereik en loop teen ‘n gewone<br />

spoed van 430 km per uur. Hierdie sneltrein sweef 10 mm bo sy leipad op ‘n<br />

magnetiese veld - sonder wiele of spore. ‘Magnetic Levitation’ of ‘Maglev’ soos dit<br />

genoem word, is 70 jaar gelede ontdek. Hierdie tegnologie is egter nie goedkoop<br />

nie en nie veel lande kan dit bekostig nie. Japan sal omtrent $44 biljoen moet<br />

opdok vir so ‘n spoor tussen Tokio en Nagoya. Hierdie spoor sal ‘n trein dra wat<br />

teen 500 km/h loop en word beplan om teen 2025 in werking te wees.<br />

Suid-Afrikaanse sneltrein<br />

Binnekort sal Suid-Afrika sy eie moderne treinnetwerk besit. Die kontroversiële<br />

Gautreinprojek sou die staat oorspronklik R7 biljoen gekos het, maar die 80 km<br />

treinnetwerk trek nou al verby die R24 biljoen merk. Die Gautrein sal teen 2010 in<br />

werking tree, net betyds vir die Sokkerwêreldbeker. Teen 2011 sal die<br />

spoornetwerk voltooid wees, en Pretoria, Johannesburg en O.R. Tambo<br />

Internasionale Lughawe met mekaar verbind. Die netwerk sal ‘n verskeidenheid van<br />

stasies tussen hierdie punte insluit en ‘n vloot van 125 busse sal passasiers heen<br />

en weer van die treinstasies vervoer.<br />

Electrostar treine van Engeland sal op die spoor loop teen ‘n spoed van sowat<br />

160 km/h, en sal sorg dat pendelaars tussen Parkstasie in Johannesburg en<br />

Pretoria binne 40 minute by hul bestemming aankom. Treinkaartjies sal elektronies<br />

werk, en ‘n rit op die Gautrein sal motoriste heelwat tyd en geld spaar.<br />

Vrae:<br />

1. Teen watter spoed loop die moderne Shinkansen?<br />

2. Watter trein is tans die vinnigste openbare trein?<br />

3. Maak Frankryk nog steeds gebruik van vliegtuie? Waarom sê jy so?<br />

4. Noem twee plekke waar Maglev-tegnologie te vinde sal wees teen 2025.<br />

5. Teen watter jaar sal die Gautrein klaar wees?<br />

6. Hoekom word Suid-Afrika se nuwe spoorweg stelsel ‘Gautrein’ genoem?<br />

Leer en Presteer graad 4 - 6, bylaag tot Beeld, Dinsdag 5 Mei <strong>2009</strong> 3<br />

Skoolkoerantkursus<br />

9 Mei<br />

Hoërskool Riebeeckrand<br />

Randfontein<br />

Skoolkoerantkompetisie<br />

Skakel<br />

011 713 9147 vir<br />

inskryfvorms<br />

‘n Groot verskeidenheid<br />

werkboeke vir die<br />

Afrikaanse klas<br />

Skakel die kantoor – Lizelle<br />

011 713 9147<br />

Elize: 083 380 1800<br />

Riana: 082 852 8814<br />

om te bestel<br />

Laerskool Horison<br />

011 763 5630<br />

WEN! WEN! WEN!<br />

Die skool wat <strong>2009</strong> die beste aan<br />

Beeld in Onderwys programme<br />

deelneem, kan ‘n skootrekenaar<br />

van Dell ter waarde van<br />

R9 000 wen!

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!