03.05.2013 Views

Bylaag - May 2009 - 24.com

Bylaag - May 2009 - 24.com

Bylaag - May 2009 - 24.com

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Kantoor – Lizelle

011 713 9147

Elize: 083 380 1800

Riana: 082 852 8814

Laerskool Horison

011 763 5630

Antwoorde van

werkkaarte:

www.beeld.com

onder afdeling spesiaal

kliek op skool toe

Opvolg bylae

vir graad 4-6

4 Aug

Afrikaans Huistaal

Graad 4: Van stoomtrein na Gautrein

Die naam “Gautrein” is deesdae op almal se lippe! Waarom is hierdie trein dan so

nuuswaardig? Dit sal Suid-Afrika se eerste moltrein wees! Ja, ‘n trein wat soos ‘n

mol in ‘n tonnel onder die grond en onder geboue deur beweeg. Wanneer hierdie

trein in werking gestel word, sal dit beteken dat ons land ook soos ander

ontwikkelde lande kan spog met ‘n trein wat baie vinnig kan voortsnel en besonder

weelderig is.

Die Gautrein sal natuurlik nie net uit een enkele passasierstrein bestaan nie, maar uit

’ n aantal verskillende weelderige treine wat deurlopend teen ongeveer 160 km/h of

vinniger heen en weer tussen Johannesburg en Pretoria sal beweeg. Hierdie treine

behoort in staat te wees om elke dag meer as 100 000 passasiers te vervoer op die

spesiale spoorlyn van 80 km met sy altesaam tien stasies.

Die Gautrein moet ’n “GOU- trein” wees!

Wanneer hy uiteindelik in bedryf kom, sal hy die afstand tussen Johannesburg en

Pretoria in minder as 40 minute afblits. Die rit tussen die O.R. Tambo Internasionale

lughawe en Sandtonstasie (die hoofstasie) sal minder as ’n kwartier duur. Enige

haastige reisiger se droom!

Plek-plek sal die trein soos ’n mol onder die aarde induik om dan weer ywerig en

met volharding sy kop uit te steek en soos ’n koeël oor die landskap te pyl. Vervoer

in Gauteng—só glo die Gautrein se inisieerders— sal nooit weer dieselfde wees nie!

Aktiwiteit:

LU 3 en 5

1. Watter stasie is die hoofstasie op die Gautreinroete?

2. By hoeveel stasies sal die trein kan stop, nadat dit

vanaf Parkstasie vertrek het voordat dit by die

lughawe aankom?

3. Hoeveel stasies is daar tussen Pretoria en die

lughawe?

4. Lees die volgende denkbeeldige rooster van die

Gautrein se aankoms- en vertrektye soos wat dit op

die stasie se inligtingsborde kan verskyn en

beantwoord dan die vrae.

Treinnommer Vertrekpunt Vertrektyd Bestemming Aankomstyd

GT 1 NO Parkstasie 07:00 Midrand 07:20

GT 2 N Marlboro O8:15 Centurion O8:25

GT 2 S Midrand 14:00 Sandton 14:10

GT 3 N Pretoria 17:15 Hatfield 17:25

GT 1 SO Centurion 10:00 Lughawe 10:18

GT 2 S Hatfield 12:00 Parkstasie 12:50

GT 2 NO Sandton 14:00 Lughawe 14:15

5. Waar dink jy sal hierdie roosters op die stasies aangebring word?

6. Vir wie is hierdie inligting belangrik?

7. Wat is die vertrektyd van trein GT 3N?

8. Hoe laat kom trein GT 2 NO op die lughawe aan?

9. Hoe laat kom trein GT 2 N in Centurion aan?

10. Hoe laat moet jy op Parkstasie wees as jy in die oggend na Midrand wil reis?

Graad 5: Die ontwikkeling van die

spoorlynnetwerk en lokomotiewe in Suid-Afrika

Vandat die eerste spoorlyne in die 19de eeu in die Kaapprovinsie gebou is, totdat

daar vandag gereed gemaak word vir die voltooiing van die Gautreinprojek, het

ons land goed gevorder om die treinvervoerstelsel in Suid-Afrika te ontwikkel.

Hoewel daar op 31 Maart 1859 amptelik met die bou van die eerste spoorlyn in

Suid-Afrika by Woodstock naby Kaapstad begin is, is hierdie spoorlyn wat tussen

Kaapstad en Wellington loop eers in 1863 voltooi. Terwyl die bouwerk daarvan aan

die gang was, is daar ook in Natal tussen Durban en die Punt (Hawe) begin met

die bou van ‘n spoorlyn. Dit was op hierdie driekilometerlange Natalse spoor waar

die eerste stoomtrein in Suid-Afrika in 1860 geloop het.

Verskillende spoorlyne is tussen 1862 en 1864 in die Wes-Kaap gebou, maar daar

was weinig vordering met die bou daarvan. Eers na die ontdekking van diamante in

1867 en goud in 1886 in die binneland en na die ontwikkeling van daardie

bedrywe in SA, is daar vinniger gevorder met die lê van spoorlyne in die binneland.

In 1876 is die Kaapse spoorlyn na die noordelike dele van die land tot by

Worcester verleng; in 1884 tot by De Aar en in 1885 tot by Kimberley in die Noord-

Kaap. In 1890 is hierdie spoorlyn tot by Bloemfontein voltooi en ongeveer twee jaar

later het dit by die destydse Transvaalse spoornetwerk aangesluit.

Die nasionale spoorlynnetwerk is eers in 1910 met die stigting van die Unie van

Suid-Afrika voltooi en verenig onder die naam “Suid-Afrikaanse Spoorweë en

Hawens”.

Cecil John Rhodes, wat ‘n eerste minister van die Kaapprovinsie was, het ‘n droom

gehad om ‘n spoorlyn van die Kaap tot in Kaïro te lê. Hierdie droom is egter tot

vandag toe nooit verwesenlik nie.

Die eerste treine is deur stoomlokomotiewe getrek, maar sedert 1925 is die

stoomtreine geleidelik deur elektriese treine vervang.

In 1980 is die Suid-Afrikaanse vervoerstelsel herorganiseer en het Transnet tot

stand gekom.

Die spoorlynnetwerk in SA vorm ‘n belangrike deel van die land se infrastruktuur.

Alle belangrike stede in ons land is per spoor met mekaar verbind. Daarby word die

Suid-Afrikaanse spoornetwerk as die beste spoorlynstelsel in Afrika beskou.

Daagliks word baie voorstedelike treine (metrotreine) gebruik om pendelaars van

die huis na die werkplekke en terug te vervoer. Daar is egter steeds duisende

mense wat verkies om hulle motors te gebruik om van en na hulle werkplekke

te ry.

Hoewel baie reisigers vroeër jare hoofsaaklik die trein as vervoermiddel gebruik

het, word treine deesdae eerder vir die vervoer van goedere as vir die vervoer van

passasiers oor lang afstande gebruik. Die Bloutrein, een van die tien bekendste

treine ter wêreld, is die uitsondering op die hierdie reël. Hierdie trein is ‘n baie

weelderige passasierstrein wat tussen Pretoria en Johannesburg loop. Mense kom

vanoor die hele wêreld om ’n rit op hierdie weeldetrein mee te maak!

Aangesien slegs ongeveer die helfte van die land se 20 000 kilometer

spoorlynnetwerk ten volle benut word, konsentreer Transnet op die vervoer van

goedere eerder as op die vervoer van passasiers om te verseker dat die

spoorstelsel winsgewend bedryf word.

Na die ingebruikneming van die Gautrein word gehoop dat die publiek daagliks

eerder weer meer van treinvervoer as van motors gebruik sal maak om by die werk

en terug by die huis te kom, sodat die verkeer op die paaie tussen Johannesburg

en Pretoria verminder kan word.

Aktiwiteit: LU 3

Lees die leesstuk self of met die hulp van die onderwyser deur en beantwoord dan

die vrae.

1. Voltooi die tabel om die ontwikkeling van die spoorweë in Suid-Afrika aan te

toon.

Datum voltooi Beginpunt Eindbestemming Afstand of snelheid

(waar bekend)

1860 Durban Punt

1876

Kaapstad Wellington

De Aar

1885 Kaapstad

Bloemfontein

Johannesburg Pretoria 80 km

2. Wanneer het die elektriese treine die stoomtreine begin vervang?

3. Wie het gedroom om een spoorlyn vanaf Kaapstad tot in Kaïro te laat aanlê?

4. Waarom dink jy het die spoorlynnetwerk eers na die ontdekking van

diamante en goud so vinnig ontwikkel?

5. Hoeveel kilometer beslaan ons land se spoorlyne?

6. Watter land in Afrika spog met die beste spoorlynstelsel?

7. In watter jaar is die spoorlynnetwerk in Suid-Afrika eers verenig?

8. Word ons land se spoorlynnetwerk ten volle benut? Motiveer jou antwoord.

9. Waarom dink jy gebruik mense deesdae nie meer so graag die trein as

vervoermiddel nie? Motiveer jou antwoord.

10.Hoekom het dit nodig geword om die Gautrein te begin bou?

Graad 6: Die bouwerk aan die Gautreinprojek

In die middel van die jaar 2000 het Sam Shilowa, die destydse Premier van die

Gauteng Provinsie, die implementering van die Gautreinprojek aangekondig en kon

daar met die beplanning van die bouwerk aan die Gautrein begin word.

Hierdie blitstrein wat teen ongeveer 160 km/h tussen Johannesburg en Pretoria sal

beweeg, behoort die hele vervoerpatroon van Gauteng te verander en die huidige

druk verkeer op die paaie tussen die twee stede te verlig. Sowat 300 000

motorvoertuie ry daagliks op die snelweë tussen dié twee stede. Om verligting aan

die verkeersdruk te gee, het die provinsiale owerheid besluit dat hierdie

multimiljoenrand-projek beslis noodsaaklik is.

Die Gautrein is 'n 80 km-lange beplande treinroete en sal nie net uit een enkele

passasierstrein bestaan nie, maar uit ’n hele aantal verskillende treine.

Vanaf 2010 behoort dit Johannesburg via Sandton met die OR Tambo Internasionale

Lughawe en ook met Pretoria te verbind en by altesaam 10 stasies te kan stilhou.

Daarby sal 125 busse die nagenoeg 120 000 passasiers wat daagliks van die trein

gebruik sal maak, op 36 roetes wat oor altesaam 26 000 km loop, vervoer.

Die bou van die Gautrein is eerstens aangepak om die druk padverkeer tussen

Pretoria en Johannesburg te verbeter, maar die feit dat die FIFA Sokker-

Wêreldbekertoernooi in 2010 in Suid-Afrika aangebied word, het die deurslag gegee

vir die bou van dié trein.

Die boukontrak is aan die Bombela-konsortium toegeken. In 2006 toe daar met die

bou van die Gautrein begin is, sou die boukoste vir voltooiing van die projek

R7,2 miljard beloop het, maar tans word die boukoste al op R23 miljard beraam!

Sandtonstasie sal die Gautreinprojek se hoofstasie wees en sal meer as drie jaar

neem om gebou te word. Die stasie en sy drie platforms sal 40 m onder die

grondvlak wees en meer as 40 000 vierkante meter beslaan. Daarom is 'n diep gat

van 40 m diep, 30 m wyd en 200 m lank gegrawe. Daar sal 'n pawiljoen en

openbare vervoergeriewe op die grondvlak wees, asook drie vlakke met parkeerplek

vir 4 000 voertuie.

Die trein sal ’n statusvervoermiddel wees wat vir min ander vervoermiddels hoef

terug te staan. Die feit dat die rit tussen Sandtonstasie en die lughawe minder as ‘n

kwartier sal duur, maak hierdie projek des te meer lewensvatbaar.

Die treine behoort elke dag meer as 100 000 passasiers op die 80 km lange spoorlyn

met sy tien stasies te vervoer.

Kritiek op die bou van die trein was dat dit nie die townships in Gauteng (soos

Soweto in Johannesburg en Mamelodi in Pretoria) in die projek gebind het nie.

Die eerste rit van die Gautrein het reeds op 3 Februarie 2009 plaasgevind. Tydens dié

geleentheid het 150 genooide gaste die geskiedkundige rit in die eerste voltooide

goud-en-blou treinstel op ‘n 3 km-lange toetsspoorlyn meegemaak.

Voordat die Gautrein finaal in bedryf gestel word, sal dit eers deeglik getoets word.

Die trein sal eers 3 000 km op die toetsspoor moet aflê om te verseker dat dit veilig

is om daarmee te ry.

Aktiwiteit

Beantwoord die volgende vrae nadat jy die leesstuk noukeurig deurgelees het.

1. Slaan die betekenis van die volgende woorde in ‘n verklarende

woordeboek na; implementering, lewensvatbaar,

statusvervoermiddel.

2. Wat was die belangrikste kritiek teen die bou van die Gautrein?

3. Watter veiligheidsmaatreëls is in plek gestel om die veiligheid van die

treinritte te verseker?

4. Skryf ‘n nuusberig oor die eerste rit wat die Gautrein onderneem het.

Verbeel jou dat jy een van die gaste of joernaliste op die geskiedkundige rit

was.

2 Leer en Presteer graad 4 - 6, bylaag tot Beeld, Dinsdag 5 Mei 2009

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!