03.05.2013 Views

Bylaag - May 2009 - 24.com

Bylaag - May 2009 - 24.com

Bylaag - May 2009 - 24.com

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Kantoor – Lizelle

011 713 9147

Elize: 083 380 1800

Riana: 082 852 8814

Laerskool Horison

011 763 5630

Antwoorde van

werkkaarte:

www.beeld.com

onder afdeling spesiaal

kliek op skool toe

Opvolg bylae

vir graad 4-6

4 Aug

Afrikaans Huistaal

Graad 4: Van stoomtrein na Gautrein

Die naam “Gautrein” is deesdae op almal se lippe! Waarom is hierdie trein dan so

nuuswaardig? Dit sal Suid-Afrika se eerste moltrein wees! Ja, ‘n trein wat soos ‘n

mol in ‘n tonnel onder die grond en onder geboue deur beweeg. Wanneer hierdie

trein in werking gestel word, sal dit beteken dat ons land ook soos ander

ontwikkelde lande kan spog met ‘n trein wat baie vinnig kan voortsnel en besonder

weelderig is.

Die Gautrein sal natuurlik nie net uit een enkele passasierstrein bestaan nie, maar uit

’ n aantal verskillende weelderige treine wat deurlopend teen ongeveer 160 km/h of

vinniger heen en weer tussen Johannesburg en Pretoria sal beweeg. Hierdie treine

behoort in staat te wees om elke dag meer as 100 000 passasiers te vervoer op die

spesiale spoorlyn van 80 km met sy altesaam tien stasies.

Die Gautrein moet ’n “GOU- trein” wees!

Wanneer hy uiteindelik in bedryf kom, sal hy die afstand tussen Johannesburg en

Pretoria in minder as 40 minute afblits. Die rit tussen die O.R. Tambo Internasionale

lughawe en Sandtonstasie (die hoofstasie) sal minder as ’n kwartier duur. Enige

haastige reisiger se droom!

Plek-plek sal die trein soos ’n mol onder die aarde induik om dan weer ywerig en

met volharding sy kop uit te steek en soos ’n koeël oor die landskap te pyl. Vervoer

in Gauteng—só glo die Gautrein se inisieerders— sal nooit weer dieselfde wees nie!

Aktiwiteit:

LU 3 en 5

1. Watter stasie is die hoofstasie op die Gautreinroete?

2. By hoeveel stasies sal die trein kan stop, nadat dit

vanaf Parkstasie vertrek het voordat dit by die

lughawe aankom?

3. Hoeveel stasies is daar tussen Pretoria en die

lughawe?

4. Lees die volgende denkbeeldige rooster van die

Gautrein se aankoms- en vertrektye soos wat dit op

die stasie se inligtingsborde kan verskyn en

beantwoord dan die vrae.

Treinnommer Vertrekpunt Vertrektyd Bestemming Aankomstyd

GT 1 NO Parkstasie 07:00 Midrand 07:20

GT 2 N Marlboro O8:15 Centurion O8:25

GT 2 S Midrand 14:00 Sandton 14:10

GT 3 N Pretoria 17:15 Hatfield 17:25

GT 1 SO Centurion 10:00 Lughawe 10:18

GT 2 S Hatfield 12:00 Parkstasie 12:50

GT 2 NO Sandton 14:00 Lughawe 14:15

5. Waar dink jy sal hierdie roosters op die stasies aangebring word?

6. Vir wie is hierdie inligting belangrik?

7. Wat is die vertrektyd van trein GT 3N?

8. Hoe laat kom trein GT 2 NO op die lughawe aan?

9. Hoe laat kom trein GT 2 N in Centurion aan?

10. Hoe laat moet jy op Parkstasie wees as jy in die oggend na Midrand wil reis?

Graad 5: Die ontwikkeling van die

spoorlynnetwerk en lokomotiewe in Suid-Afrika

Vandat die eerste spoorlyne in die 19de eeu in die Kaapprovinsie gebou is, totdat

daar vandag gereed gemaak word vir die voltooiing van die Gautreinprojek, het

ons land goed gevorder om die treinvervoerstelsel in Suid-Afrika te ontwikkel.

Hoewel daar op 31 Maart 1859 amptelik met die bou van die eerste spoorlyn in

Suid-Afrika by Woodstock naby Kaapstad begin is, is hierdie spoorlyn wat tussen

Kaapstad en Wellington loop eers in 1863 voltooi. Terwyl die bouwerk daarvan aan

die gang was, is daar ook in Natal tussen Durban en die Punt (Hawe) begin met

die bou van ‘n spoorlyn. Dit was op hierdie driekilometerlange Natalse spoor waar

die eerste stoomtrein in Suid-Afrika in 1860 geloop het.

Verskillende spoorlyne is tussen 1862 en 1864 in die Wes-Kaap gebou, maar daar

was weinig vordering met die bou daarvan. Eers na die ontdekking van diamante in

1867 en goud in 1886 in die binneland en na die ontwikkeling van daardie

bedrywe in SA, is daar vinniger gevorder met die lê van spoorlyne in die binneland.

In 1876 is die Kaapse spoorlyn na die noordelike dele van die land tot by

Worcester verleng; in 1884 tot by De Aar en in 1885 tot by Kimberley in die Noord-

Kaap. In 1890 is hierdie spoorlyn tot by Bloemfontein voltooi en ongeveer twee jaar

later het dit by die destydse Transvaalse spoornetwerk aangesluit.

Die nasionale spoorlynnetwerk is eers in 1910 met die stigting van die Unie van

Suid-Afrika voltooi en verenig onder die naam “Suid-Afrikaanse Spoorweë en

Hawens”.

Cecil John Rhodes, wat ‘n eerste minister van die Kaapprovinsie was, het ‘n droom

gehad om ‘n spoorlyn van die Kaap tot in Kaïro te lê. Hierdie droom is egter tot

vandag toe nooit verwesenlik nie.

Die eerste treine is deur stoomlokomotiewe getrek, maar sedert 1925 is die

stoomtreine geleidelik deur elektriese treine vervang.

In 1980 is die Suid-Afrikaanse vervoerstelsel herorganiseer en het Transnet tot

stand gekom.

Die spoorlynnetwerk in SA vorm ‘n belangrike deel van die land se infrastruktuur.

Alle belangrike stede in ons land is per spoor met mekaar verbind. Daarby word die

Suid-Afrikaanse spoornetwerk as die beste spoorlynstelsel in Afrika beskou.

Daagliks word baie voorstedelike treine (metrotreine) gebruik om pendelaars van

die huis na die werkplekke en terug te vervoer. Daar is egter steeds duisende

mense wat verkies om hulle motors te gebruik om van en na hulle werkplekke

te ry.

Hoewel baie reisigers vroeër jare hoofsaaklik die trein as vervoermiddel gebruik

het, word treine deesdae eerder vir die vervoer van goedere as vir die vervoer van

passasiers oor lang afstande gebruik. Die Bloutrein, een van die tien bekendste

treine ter wêreld, is die uitsondering op die hierdie reël. Hierdie trein is ‘n baie

weelderige passasierstrein wat tussen Pretoria en Johannesburg loop. Mense kom

vanoor die hele wêreld om ’n rit op hierdie weeldetrein mee te maak!

Aangesien slegs ongeveer die helfte van die land se 20 000 kilometer

spoorlynnetwerk ten volle benut word, konsentreer Transnet op die vervoer van

goedere eerder as op die vervoer van passasiers om te verseker dat die

spoorstelsel winsgewend bedryf word.

Na die ingebruikneming van die Gautrein word gehoop dat die publiek daagliks

eerder weer meer van treinvervoer as van motors gebruik sal maak om by die werk

en terug by die huis te kom, sodat die verkeer op die paaie tussen Johannesburg

en Pretoria verminder kan word.

Aktiwiteit: LU 3

Lees die leesstuk self of met die hulp van die onderwyser deur en beantwoord dan

die vrae.

1. Voltooi die tabel om die ontwikkeling van die spoorweë in Suid-Afrika aan te

toon.

Datum voltooi Beginpunt Eindbestemming Afstand of snelheid

(waar bekend)

1860 Durban Punt

1876

Kaapstad Wellington

De Aar

1885 Kaapstad

Bloemfontein

Johannesburg Pretoria 80 km

2. Wanneer het die elektriese treine die stoomtreine begin vervang?

3. Wie het gedroom om een spoorlyn vanaf Kaapstad tot in Kaïro te laat aanlê?

4. Waarom dink jy het die spoorlynnetwerk eers na die ontdekking van

diamante en goud so vinnig ontwikkel?

5. Hoeveel kilometer beslaan ons land se spoorlyne?

6. Watter land in Afrika spog met die beste spoorlynstelsel?

7. In watter jaar is die spoorlynnetwerk in Suid-Afrika eers verenig?

8. Word ons land se spoorlynnetwerk ten volle benut? Motiveer jou antwoord.

9. Waarom dink jy gebruik mense deesdae nie meer so graag die trein as

vervoermiddel nie? Motiveer jou antwoord.

10.Hoekom het dit nodig geword om die Gautrein te begin bou?

Graad 6: Die bouwerk aan die Gautreinprojek

In die middel van die jaar 2000 het Sam Shilowa, die destydse Premier van die

Gauteng Provinsie, die implementering van die Gautreinprojek aangekondig en kon

daar met die beplanning van die bouwerk aan die Gautrein begin word.

Hierdie blitstrein wat teen ongeveer 160 km/h tussen Johannesburg en Pretoria sal

beweeg, behoort die hele vervoerpatroon van Gauteng te verander en die huidige

druk verkeer op die paaie tussen die twee stede te verlig. Sowat 300 000

motorvoertuie ry daagliks op die snelweë tussen dié twee stede. Om verligting aan

die verkeersdruk te gee, het die provinsiale owerheid besluit dat hierdie

multimiljoenrand-projek beslis noodsaaklik is.

Die Gautrein is 'n 80 km-lange beplande treinroete en sal nie net uit een enkele

passasierstrein bestaan nie, maar uit ’n hele aantal verskillende treine.

Vanaf 2010 behoort dit Johannesburg via Sandton met die OR Tambo Internasionale

Lughawe en ook met Pretoria te verbind en by altesaam 10 stasies te kan stilhou.

Daarby sal 125 busse die nagenoeg 120 000 passasiers wat daagliks van die trein

gebruik sal maak, op 36 roetes wat oor altesaam 26 000 km loop, vervoer.

Die bou van die Gautrein is eerstens aangepak om die druk padverkeer tussen

Pretoria en Johannesburg te verbeter, maar die feit dat die FIFA Sokker-

Wêreldbekertoernooi in 2010 in Suid-Afrika aangebied word, het die deurslag gegee

vir die bou van dié trein.

Die boukontrak is aan die Bombela-konsortium toegeken. In 2006 toe daar met die

bou van die Gautrein begin is, sou die boukoste vir voltooiing van die projek

R7,2 miljard beloop het, maar tans word die boukoste al op R23 miljard beraam!

Sandtonstasie sal die Gautreinprojek se hoofstasie wees en sal meer as drie jaar

neem om gebou te word. Die stasie en sy drie platforms sal 40 m onder die

grondvlak wees en meer as 40 000 vierkante meter beslaan. Daarom is 'n diep gat

van 40 m diep, 30 m wyd en 200 m lank gegrawe. Daar sal 'n pawiljoen en

openbare vervoergeriewe op die grondvlak wees, asook drie vlakke met parkeerplek

vir 4 000 voertuie.

Die trein sal ’n statusvervoermiddel wees wat vir min ander vervoermiddels hoef

terug te staan. Die feit dat die rit tussen Sandtonstasie en die lughawe minder as ‘n

kwartier sal duur, maak hierdie projek des te meer lewensvatbaar.

Die treine behoort elke dag meer as 100 000 passasiers op die 80 km lange spoorlyn

met sy tien stasies te vervoer.

Kritiek op die bou van die trein was dat dit nie die townships in Gauteng (soos

Soweto in Johannesburg en Mamelodi in Pretoria) in die projek gebind het nie.

Die eerste rit van die Gautrein het reeds op 3 Februarie 2009 plaasgevind. Tydens dié

geleentheid het 150 genooide gaste die geskiedkundige rit in die eerste voltooide

goud-en-blou treinstel op ‘n 3 km-lange toetsspoorlyn meegemaak.

Voordat die Gautrein finaal in bedryf gestel word, sal dit eers deeglik getoets word.

Die trein sal eers 3 000 km op die toetsspoor moet aflê om te verseker dat dit veilig

is om daarmee te ry.

Aktiwiteit

Beantwoord die volgende vrae nadat jy die leesstuk noukeurig deurgelees het.

1. Slaan die betekenis van die volgende woorde in ‘n verklarende

woordeboek na; implementering, lewensvatbaar,

statusvervoermiddel.

2. Wat was die belangrikste kritiek teen die bou van die Gautrein?

3. Watter veiligheidsmaatreëls is in plek gestel om die veiligheid van die

treinritte te verseker?

4. Skryf ‘n nuusberig oor die eerste rit wat die Gautrein onderneem het.

Verbeel jou dat jy een van die gaste of joernaliste op die geskiedkundige rit

was.

2 Leer en Presteer graad 4 - 6, bylaag tot Beeld, Dinsdag 5 Mei 2009

Kuns en Kultuur

Gautrein

Vir alle grade

• Sê die woorde hardop met die regte aksente.

• Luister na die melodie wat deur jou onderwyser/onderwyseres voorgesing

of voorgespeel word.

• Sing nou die liedjie saam.

• Wat kan jy vir ‘n maat vertel van die Gautrein?

• Het jy al meer opgelees van die Gautrein? Kyk op die webwerf van die

Gautrein na “Gautrain.Kids” (http://kids.gautrain.co.za). Daar is allerhande

interessante inligting wat spesiaal vir kinders aangebied word. Ontmoet al

die diertjies wat vir jou die inligting gee. Daar is ook speletjies en ‘n

legkaart om te bou.

• Watter kleur is die Gautrein?

• Watter roete gaan dit volg en vir wie is dit bedoel?

• Wat beteken die woorde “luuks” en “truuks”?

Graad 4

• Is die liedjie ‘n mars of ‘n wals?

• Sing die liedjie stadig/vinnig/hard/sag.

• Vorm ‘n lang ry soos ‘n trein en beweeg saam op die maat van die musiek, terwyl

julle die liedjie sing.

• Beweeg op en af soos wat die trein teen die opdraandes en afdraandes ry.

• Maak ‘n voorstelling van hoe jy jou die trein voorstel.

• Kleur dit mooi in en maak seker jy het ‘n raampie om jou tekening, asook ‘n

agtergrond.

Sosiale Wetenskappe

Topspoedtreine

Leer die Gautreinliedjie aan.

Die Gau-trein is ‘n bai-e lek-ker trein

Wil jy saam ry of wil jy bly?

Die Gau-trein is bai-e, bai-e luuks

Om saam te ry is daar geen truuks!

Gautreinliedjie

Oosterse oorsprong

Die Japanese noem dit ‘Shinkansen’ – die trein met ‘n neus so skerp soos ‘n

speld, en ‘n lyf wat lyk soos ‘n vegvliegtuig sonder vlerke. Díe elektriesaangedrewe

trein vlieg oor Japan soos ‘n koeël, ‘n verwysing wat die Japannese

gemaak het toe dit in 1964 teen 210 km/h oor die land gesny het. Deesdae is die

trein se gewone spoed egter 300km/h, en het nog nooit meer as 6 sekondes laat

gekom nie. Tydens die 44 jaar van die trein se bestaan, het dit al 4 biljoen

passasiers betyds by hul bestemming gebring en nog nie een passasier is dood in

‘n ongeluk nie – nie eers in aardbewings nie.

Die Shinkansen loop op ‘n spesiale spoorweg wat aanmekaar vasgesweis is. Dit

beteken dat daar geen obstruksies op die spoor is wat die wiele laat klieketie-klak

maak soos wat met gewone treine gebeur nie. Hierdie gladde spoorweg strek vir

omtrent 2 000 km oor Japan. Nog sulke treine word beplan vir Taiwan, Brasillië,

Vietnam en die V.S.A.

China se eerste 300 km/h koeëltrein loop tussen Beijing en Tianjin op ‘n spoor

sowat 115 km lank. China se volgende sneltrein word beplan om passasiers tussen

Beijing en Sjanghai te vervoer teen ‘n spoed van 350 km/h. Dit beteken die nuwe

trein sal ‘n afstand van 1 300 km onder 5 uur kan aflê.

Westerse weergawe

Die Franse was so beïndruk met die Shinkansen dat hulle hul eie weergawe

ontwikkel het. Die Train Grand Vitesse, of TGV, bereik ‘n spoed van 300 km/h al

van 1981 af en het so gewild geword onder die Franse besigheidsklas dat dit

Frankryk se nasionale lugvervoer vervang het. Omdat die treine hul teen dieselfde

tyd by ‘n ander stad kon bring in vergelyking met vliegtuie, en boonop die hoofpyn

van verkeer na en van ‘n lughawe uitgeskakel het, het die dienste van die nasionale

lugredery onnodig geword. Die TGV-tegnologie word tans gebruik op soortgelyke

treinnetwerke in Italië, Spanje en Argentinië.

‘n Groep ingenieurs het ‘n spesiale weergawe van die TGV gemaak met die doel

om te bewys dat treine net so veilig en vinnig as vliegtuie kan wees. Hierdie

spesiale model was van ligter materiaal gemaak, dit het groter wiele gehad en het

hoë vlakke van elektrisiteit gebruik. In 2007 het hulle hul doel bereik en die wêreldrekord

vir treinspoed gebreek toe hierdie spesiale weergawe van die TGV ‘n

asemrowende spoed van 574.8 km per uur bereik het.

Meer van hierdie luukse hoëspoedtreine word beplan vir die Westerse wêreld. Die

Britte is besig met ‘n trein wat dit moontlik sal maak vir inwoners van Birmingham

Graad 5

• Nommer die mate. Hoeveel mate is daar in die liedjie?

• Wat is die maatsoort van die liedjie? Hoeveel kwartnote (taa-note) tel ons in

elke maat?

• Skryf die nootname onder die notebalk in.

• Kleur die lynnote met een kleur en die spasienote met ‘n ander kleur in.

• Merk waar ons ‘n opgaande lyn in die melodie kry asook waar ‘n afgaande

lyn is.

• Beweeg op die maat van die musiek.

• Wat is die tydsoort van ‘n mars en ‘n wals?

• Speel op melodiese musiekinstrumente ‘n gedeelte uit die liedjie of skep met

die hulp van jou onderwyser/es ‘n begeleidingspatroon.

• Ontwerp ‘n uitnodigingskaartjie wat gebruik kan word vir die opening

seremonie van die trein. Die uitnodiging word aan belangrike gaste

uitgestuur.

• Die uitnodiging moet ‘n mooi buiteblad hê, asook inligting aan die binnekant

wat die tyd van die funksie aandui, die “venue” (plek waar dit plaasvind), die

kleredrag, asook parkeerreëlings.

Graad 6

Musiek

• Nommer die mate.

• Skryf die nootname van die note onder die notebalk in.

• Die doh van die liedjie is die noot C.

• Sing die solfaleer op- en afgaande. Wys die handtekens, terwyl julle dit sing.

• Sing maat 5-8 volgens die solfaname. Wys ook die handtekens, terwyl julle dit

sing.

• Wat beteken ‘n ”maat” in musiek?

• Hoeveel mate is daar in die liedjie?

• Begin die liedjie met ‘n opmaat? Verduidelik wat ‘n opmaat is.

Drama

Skryf ‘n toneel oor gebeure wat op ‘n trein afspeel. Onthou dat elke storie of

opvoering uit die volgende bestaan:

• Begin (eksposisie) – in hierdie deel word die karakters voorgestel.

• Middel (ontwikkeling) - in hierdie deel ontstaan die krisis en die klimaks.

• Einde (ontknoping van die storie).

Stappe om die toneel op te voer

• Kies ‘n regisseur (‘n persoon wat aan die hoof is).

• Kies karakters vir die verskillende rolle.

• Die karakters moet die woorde (dialoog) baie goed leer en bewegings uitwerk

wat daarby pas.

• Dink aan rekwisiete wat gebruik kan word.

• Bespreek die kostuums.

• Oefen saam met die groep (repeteer).

• Voer jul toneel voor die klas op.

Kuns

Maak ‘n plakkaat om jul opvoering te adverteer.

Dans

Julle word gevra om met die openingseremonie van die Gautrein ‘n dansie uit te

voer. Besluit op musiek wat julle wil gebruik en werk choreografiese bewegings, wat

by die musiek pas, uit.

om in Londen te werk, omdat dit hul slegs 30 minute sal neem om tussen die

twee stede te beweeg. Dis net jammer dat dit nog 10 jaar gaan neem om hierdie

trein klaar te bou.

Die wêreld se vinnigste kommersiële trein is in Duitsland gebou, en loop van die

Sjinese stad Sjanghai na die stad se lughawe sowat 30 km daarvandaan. Die trein

kan ‘n spoed van 300km/h binne twee minute bereik en loop teen ‘n gewone

spoed van 430 km per uur. Hierdie sneltrein sweef 10 mm bo sy leipad op ‘n

magnetiese veld - sonder wiele of spore. ‘Magnetic Levitation’ of ‘Maglev’ soos dit

genoem word, is 70 jaar gelede ontdek. Hierdie tegnologie is egter nie goedkoop

nie en nie veel lande kan dit bekostig nie. Japan sal omtrent $44 biljoen moet

opdok vir so ‘n spoor tussen Tokio en Nagoya. Hierdie spoor sal ‘n trein dra wat

teen 500 km/h loop en word beplan om teen 2025 in werking te wees.

Suid-Afrikaanse sneltrein

Binnekort sal Suid-Afrika sy eie moderne treinnetwerk besit. Die kontroversiële

Gautreinprojek sou die staat oorspronklik R7 biljoen gekos het, maar die 80 km

treinnetwerk trek nou al verby die R24 biljoen merk. Die Gautrein sal teen 2010 in

werking tree, net betyds vir die Sokkerwêreldbeker. Teen 2011 sal die

spoornetwerk voltooid wees, en Pretoria, Johannesburg en O.R. Tambo

Internasionale Lughawe met mekaar verbind. Die netwerk sal ‘n verskeidenheid van

stasies tussen hierdie punte insluit en ‘n vloot van 125 busse sal passasiers heen

en weer van die treinstasies vervoer.

Electrostar treine van Engeland sal op die spoor loop teen ‘n spoed van sowat

160 km/h, en sal sorg dat pendelaars tussen Parkstasie in Johannesburg en

Pretoria binne 40 minute by hul bestemming aankom. Treinkaartjies sal elektronies

werk, en ‘n rit op die Gautrein sal motoriste heelwat tyd en geld spaar.

Vrae:

1. Teen watter spoed loop die moderne Shinkansen?

2. Watter trein is tans die vinnigste openbare trein?

3. Maak Frankryk nog steeds gebruik van vliegtuie? Waarom sê jy so?

4. Noem twee plekke waar Maglev-tegnologie te vinde sal wees teen 2025.

5. Teen watter jaar sal die Gautrein klaar wees?

6. Hoekom word Suid-Afrika se nuwe spoorweg stelsel ‘Gautrein’ genoem?

Leer en Presteer graad 4 - 6, bylaag tot Beeld, Dinsdag 5 Mei 2009 3

Skoolkoerantkursus

9 Mei

Hoërskool Riebeeckrand

Randfontein

Skoolkoerantkompetisie

Skakel

011 713 9147 vir

inskryfvorms

‘n Groot verskeidenheid

werkboeke vir die

Afrikaanse klas

Skakel die kantoor – Lizelle

011 713 9147

Elize: 083 380 1800

Riana: 082 852 8814

om te bestel

Laerskool Horison

011 763 5630

WEN! WEN! WEN!

Die skool wat 2009 die beste aan

Beeld in Onderwys programme

deelneem, kan ‘n skootrekenaar

van Dell ter waarde van

R9 000 wen!

Laerskool Horison

011 763 5630

WEN! WEN! WEN!

Die skool wat 2009 die beste aan

Beeld in Onderwys programme

deelneem, kan ‘n skootrekenaar

van Dell ter waarde van

R9 000 wen!

Skole, bestel Leer

en Presteer en wen

vakansies as pryse

vir fondsinsameling

Skakel:

011 713 9147

Lewensoriëntering

Die Gautrein

Wanneer die Gautrein in 2010 in bedryf gestel word, sal nie net Suid-Afrikaners

met die trein ry nie, maar ook mense uit verskillende lande. Op die lughawe en die

onderskeie stasies sal hierdie mense verversings wil geniet.

Aangesien die Gautrein ‘n statustrein en ook ‘n advertensie vir ons land is, wil ons

graag spog met gebalanseerde spyskaarte in die verskillende restaurante en

eetplekke op die stasies.

Verskillende kultuurgroepe eet verskillende tipes kos, eet op verskillende maniere

en met verskillende eetgerei. Sommige eet met hulle hande, ander met ‘n mes en

vurk, soms net met ‘n lepel of eet selfs met stokkies! Een ding is verseker; almal

moet gebalanseerd eet om gesond te kan bly.

Voordat jy met die aktiwiteit begin, moet jy eers die volgende

deurlees:

Mense het voedsel nodig vir

• energie;

• om gesond te bly;

• om te groei en beskadigde weefsel te herstel.

Voedingstowwe

Die voedsel wat ons eet, bevat verskillende voedingstowwe. Elk van hierdie

voedingstowwe is nodig vir die liggaam om gesond te wees. Daar is 7

verskillende voedingstowwe en elkeen verrig ‘n spesifieke funksie in ons

liggaam:

1. Koolhidrate: verskaf energie vir die liggaam

2. Proteïene: is nodig om nuwe selle te bou en die liggaam te laat groei.

3. Ruvesel: is goed vir spysvertering.

4. Vitamine: bou weerstand teen siektes en is verantwoordelik vir die

instandhouding van al ons liggaam se funksies

• Vitamien A - Is goed vir jou vel en oë.

• Vitamien B1 - Is goed vir spysvertering.

• Vitamien B2 - Is goed vir jou vel.

• Vitamien C - Is goed vir jou tande en tandvleis.

• Vitamien D - Is goed vir jou bene en tande.

• Vitamien E - Is goed vir jou velweefsel.

• Vitamien K - Is goed vir die stolling van jou bloed.

5. Vette: Verskaf energie aan die liggaam.

6. Minerale: Het elkeen hul eie funksie. Kalsium help bv. om jou bene en tande

sterk te hou en yster help die bloed om suurstof te vervoer.

7. Water: Help met die oplosprosesse in die liggaam en met spysvertering.

Voedselgroepe

Ons kan voedselsoorte volgens hulle voedingsinhoud in verskillende groepe

klassifiseer. ‘n Gebalanseerde dieet bestaan uit voedsel uit elke voedselgroep

in die regte hoeveelhede. Die vyf belangrikste voedselgroepe is die volgende:

1. Melk en melkprodukte: Voedsel soos

melk, kaas, joghurt, room en botter bevat

kalsium, proteïene, koolhidrate, vitamiene

A, B2, D en water.

2. Vleis en vleis-alternatiewe: Voedsel

soos hoender, vis, peulplante, vleis, eiers,

en grondboontjies bevat proteïene, vet,

yster, jodium en vitamiene B2, B3, B12. 4. Graan en graanprodukte:

Voedsel soos brood,

hawermout, bruinrys,

graanprodukte en pasta bevat

koolhidrate, vitamine B1, B2, vesel en yster.

5. Vet en olie: Word verkry uit

margarien, sonneblomolie,

mayonnaise, room en diervet.

Dit bevat vet en vitamiene A, D

en E.

3. Vrugte en groente: Vrugte en

groente in enige vorm bv. vars,

bevrore, gedroog en versap, bevat

vitamiene A en C, koolhidrate, yster,

kalsium, vesel en water.

Aktiwiteit 1

Vul die nommer van elke land op die regte plek op die wêreldkaart in.

Aktiwiteit 2. Wat eet die wêreld?

Bestudeer die onderstaande prentjies in groepe en skryf dan een voedselsoort

wat eie is aan elke spesifieke land op die regte plek in die kolom neer. Skryf ook

die naam van die land wat deur die prentjiie voorgestel word, neer.

Illustrasie Nr. Naam van land Kossoort eie aan hierdie land

4 Leer en Presteer graad 4 - 6, bylaag tot Beeld, Dinsdag 5 Mei 2009

1

2

3

4

5

6

7

8

9

Aktiwiteit 3

Verdeel in groepe.

Elke groep moet ‘n gebalanseerde spyskaart opstel wat eie is aan ‘n spesifieke

landsburger se smaak en wat ook aan die vereistes vir ‘n gebalanseerde

voedsame maaltyd voldoen (bly liefs weg van kitskosse).

LW: Dink ‘n bietjie wyer as die gewone wegneemetes en kitskosrestaurante

Groep 1: Stel 3 spyskaarte op wat die uiteenlopende smake van drie

verskillende inheemse bevolkingsgroepe in Suid-Afrika sal

weerspieël.

Groep 1: Stel 3 verskillende spyskaarte saam wat aan die Oosterse

bevolkingsgroepe se smaak sal voldoen (Sjinese, Japannese, Indiërs).

Groep 1: Stel ‘n spyskaart op wat die Amerikaners sal laat voel dat hulle terug

in Amerika is.

Groep 1: Stel 3 verskillende spyskaarte op wat in verskillende Europese

bevolkingsgroepe se smaak sal val. (Kies 3 uit die volgende: Duitse,

Franse, Italiaanse, Griekse of Engelse geregte).

LW: Jy kan óf uit die geregte in die blokkie hieronder kies óf jy kan jou eie

geregte kies om die spyskaarte saam te stel.

ONTHOU: Ons moet die volgende eet:

Kosse wat ons energie gee: (koolhidrate, vette, olies wat in brood pasta,

mieliemeel en graanprodukte verkry word).

Kosse wat ons help groei (proteïene wat in vis, vleis, pluimvee, eiers, neute en

melkprodukte verkry word).

Kosse wat ons teen siektes beskerm (vitamiene en minerale wat in groente en

vrugte verkry word).

• Hamburger en skyfies, koolslaai/mengelslaai.

• Lamskerrie met rys en eiervrug.

• Moussaka, olywe en slaai.

• Pizza met tamatie, kaas en ansjovis

• Marog, brood, stampmielies, vleis en sous.

• Bobotie, rys, groente, melktert, koeksisters

• Braaivleis, pap, tamatiesous en groenslaai.

• Stampmielies en bone, kool en wortels.

• Pap, kool, pampoen en Amasi.

• Eend, soetsuur sous en noedels.

• Cha Chiang Mein (noedels in vleissous met fyngekapte groente).

• Hoenderkasserol en kapokaartappels met groente.

• Varktjops, aartappels, wortels, boontjies en slaai.

• Soesji, Soesjirys, Sasjimi en sojaboonsous.

• Water, vrugtesap, tee, koffie en melkskommel.

• Die spyskaarte kan ook’n kombinasie van bg. bevat.

• Kosse wat vesel verskaf om ons met ons spysvertering te help

(graanprodukte).

Ekonomiese en Bestuurswetenskappe

Gautrein

Die Gautrein is deesdae op almal se lippe. Een van die doelwitte van die Gautrein

is om ekonomiese groei te stimuleer en werkskepping te bevorder. Ongeveer

93 000 direkte en indirekte werksgeleenthede word geskep deur middel van

ontwerpe, konstruksie en vele ander. Naastenby 2 700 poste kan jaarliks geskep

word. Verkeersopeenhopings is ‘n groot probleem in ons land, veral tydens langnaweke

en vakansies. Die tolhekke veroorsaak groot opeenhopings, aangesien

motoriste in lang toue moet staan om tolgeld te betaal. Die Gautrein sal beslis die

probleem hokslaan. Die gebruik van die Gautrein sal verseker dat openbare

vervoer benut word en klein sake sal bevorder word. Die gebruik van die Gautrein

sal ook verseker dat besigheidstoeriste ook hul tyd beter kan benut, aangesien hul

vervoerprobleme iets van die verlede behoort te wees.

Die voordele van die Gautrein

• Dit is meer ontspannend – gebruikers van die Gautrein sal minder stres

ervaar.

• Dit sal ‘n verbetering in produksie tot gevolg hê – tyd sal beter benut kan

word, aangesien tyd wat in motors spandeer sou word, nou gebruik kan

word om te werk.

• Dit is meer betroubaar – vasgestelde roosters sal verseker dat die Gautrein

betyds is.

• Dit is veiliger en meer ekonomies – minder motors op die pad sal minder

ongelukke tot gevolg hê.

• Motoriste sal meer geduld aan die dag lê, aangesien daar minder

opeenhopings sal wees.

• Dit is meer omgewingsvriendelik as gevolg van die minder uitlaatgasse.

• Voorheen benadeelde persone sal voorkeur kry by die toekenning van

kontrakte en by indiensneming van personeel.

Watter beroepe word deur die Gautrein geraak?

Poste kan in die volgende beroepe gevul word naamlik, sekretaresses, ekonome,

navorsers, tegnici, rekenmeesters, advokate, ingenieurs en vele ander.

GR. 5 ( LU 1 AS 2 )

1. Noem die Staatsdepartement wat verantwoordelik is vir die bou van die

Gautrein.

2. Noem ‘n soort werk (beroep) wat deur die volgende staatsdepartemente

gebied word.

a. Departement van Gesondheid -

b. Departement van Onderwys-

c. Departement van Openbare Werke -

3. Watter reëls dink jy moet die regering maak by die gebruik van die Gautrein?

Noem ten minste 4 reëls.

4. Watter hulpbronne dink jy word benodig tydens die konstruksie van die

Gautrein? (byvoorbeeld plaveiselblokke, kabels ens.)

5. Dink jy die treinkaartjie gaan met BTW belas word?

6. Watter voordele sal die Gautrein vir die ekonomie van SA hê?

Opdrag. GR. 4 ( LU 1 AS 4 )

1. Is die Gautrein ‘n voorbeeld van ‘n privaatsektor of ‘n openbare sektor, met

ander woorde’n formele of informele onderneming?

2. Motiveer jou antwoord.

3. Dink jy die Gautrein is ‘n goeie voorbeeld van hoe belasting aangewend

behoort te word? Motiveer.

4. Waarheen gaan die belasting wat deur die werkers betaal word?

5. Gaan die passassiers wat gebruik gaan maak van die Gautrein, ook

belasting betaal?

6. Indien wel, wat word die belasting genoem?

GR. 6 ( LU 1 AS 3 )

1. Maak gebruik van vloeidiagramme om die ekonomiese siklus voor te stel:

a. Tussen die Gautrein en sy werknemers.

b. Tussen die Gautrein en passassiers.

2. Wie is die minister van vervoer?

3. Watter beroepe kan nog van toepassing wees op die Gautrein, behalwe dié

wat reeds genoem is?

4. Noem ‘n beroep asook 4 eienskappe wat by die spesifieke beroep pas wat

van toepassing is op die Gautrein.

5. Die 4 take van bestuur is die volgende: beplanning, organisasie, leiding en

beheer. Beskryf wat elkeen behels, maar onthou om dit van toepassing op die

Gautrein te maak.

Leer en Presteer graad 4 - 6, bylaag tot Beeld, Dinsdag 5 Mei 2009 5

WEN! WEN! WEN!

Die skool wat 2009 die beste aan

Beeld in Onderwys programme

deelneem, kan ‘n skootrekenaar

van Dell ter waarde van

R9 000 wen!

Skole, bestel Leer

en Presteer en wen

vakansies as pryse

vir fondsinsameling

Skakel:

011 713 9147

WEN! WEN! WEN!

Die skool wat 2009 die beste aan

Beeld in Onderwys programme

deelneem, kan ‘n skootrekenaar

van Dell ter waarde van

R9 000 wen!

Laerskool Horison

011 763 5630

Natuurwetenskappe

Die Gautrein is ‘n groen trein

Die konstruksiewerk aan die Gautrein het in September 2006 begin. Die eerste

fase van die projek wat die O.R Tambo Internasionale lughawe met Sandton sal

verbind, behoort voor die Wêreldbeker-sokkertoernooi in 2010 gereed te wees.

Die ander spoor strek van Marlboro in Johannesburg tot by Hatfield in Pretoria en

behoort in 2011 klaar te wees. Die hele spoorstelsel is byna 80 kilometer lank. Die

Gautrein-spoorstelsel is een van die grootste projekte van sy soort wat tans in die

wêreld gebou word.

Enige bouprojek en veral ‘n projek so groot soos die Gautrein-projek sal natuurlik

‘n invloed op die natuulike omgewing hê. Voordat die Gautrein-projek kon

begin, is daar baie navorsing gedoen om te sien wat die invloed van hierdie projek

op die omgewing sou wees. Hierdie navorsing word ‘n omgewingsimpakstudie

genoem en dit is tussen 2000 en 2002 gedoen. Die navorsers het toe ‘n

omgewingsbestuursplan opgestel. Hierdie plan is ‘n wettige dokument wat

deur die Gautengse Departement van Landbou, Bewaring en Omgewing

goedgekeur is. Hierdie plan maak voorsiening daarvoor dat al die konstruksiewerk

aan die Gautrein-projek plaasvind, sodat die natuurlike omgewing so min as

moontlik beïnvloed word. Daar is omgewingspesialiste wat elke maand al die

Gautrein boupersele besoek om seker te maak dat al die riglyne soos dit in die

plan uiteengesit is, nagekom word.

Jy weet reeds dat menslike aktiwiteite ‘n nadelige invloed op ons omgewing

kan hê. Ons gaan nou na ‘n paar van hierdie tipes besoedeling kyk. Daarna gaan

ons kyk op watter manier die omgewingsbestuurplan van die Gautrein-projek die

invloed op die omgewing tot die minimum beperk.

Ons kan omgewingsbesoedeling in die onderstaande groepe verdeel. Daar is

nog ander tipes besoedeling ook, maar hierdie soorte het die meeste betrekking

op die Gautrein-projek

• Lugbesoedeling • Grondbesoedeling

• Waterbesoedeling • Vernietiging van vleilande

• Geraasbesoedeling • Indringerplante

Kom ons kyk nou na elk van hierdie tipes besoedeling van naderby

Lugbesoedeling: Die verbranding van fossielbrandstowwe

soos steenkool, olie, paraffien en gas stel koolstofdioksiedgas

(CO 2) in die lug vry. Hierdie hoër vlakke van CO 2 vorm ‘n

“kombers” om die aarde. Net soos ‘n kombers jou

liggaamshitte binne hou, sodat jy lekker warm bly, hou die

CO 2 in die lug die hitte-energie van die son in die atmosfeer.

Dit veroorsaak dat die temperature op aarde styg. Die hoër

temperature maak dat die weerpatrone op aarde verander

en dat die ys by die pole smelt en seevlakke styg. Hierdie

natuurverskynsel word die kweekhuis-effek genoem en dit

veroorsaak dan aardverwarming.

Grondbesoedeling:

Baie van die giftige spuitstowwe wat in landbou gebruik word

om insekte en onkruid dood te maak, kan in die grond beland.

Hierdie spuitstowwe los op in die reënwater en sypel dan in

die grond in. Die plante wat die produsente van ‘n ekostelsel is, neem dan

hierdie opgeloste gifstowwe deur hul wortels in. Herbivore eet nou van hierdie

plante en so gaan die gifstowwe ook hulle liggame binne. Wanneer die

karnivore of die aasdiere nou die herbivore eet, kry hulle ook die gifstowwe in.

So kan die gifstowwe ‘n hele voedselketting en selfs ‘n omgewing se

voedselweb beskadig. Die gifstowwe kan selfs deur die grond sypel en die

ondergrondse waterbronne besoedel.

Waterbesoedeling

Geen lewe op aarde is

moontlik sonder water

nie. Suid-Afrika is ‘n

redelike droë land. Daar

word gereken dat Suid-

Afrika die 30ste droogste land in die wêreld is. Ons het ‘n jaarlikse reënval van

ongeveer 500 mm, terwyl die wêreld se gemiddelde reënval omtrent 800 mm is.

Dit is dus baie belangrik dat ons al ons waterbronne baie goed moet bewaar. ‘n

Paar van die maniere waarop water besoedel kan word, is die volgende:

• Landbou: Kunsmis en spuitstowwe los op in rëenwater en spoel af na

riviere. Swak boerderymetodes kan ook veroorsaak dat gronderosie

plaasvind. Gronderosie gebeur wanneer al die plante uit ‘n omgewing

verwyder word. Nou is daar nie meer plantwortels wat die vrugbare bogrond

kan vashou nie. Wanneer dit nou reën, spoel hierdie bogrond saam

met die reënwater weg na die riviere. Dit veroorsaak slikbesoedeling in

riviere. Slik is baie klein kleideeltjies wat in die water voorkom. Dit keer dat

sonlig die water kan binnedring, sodat die waterplante kan fotosinteer en vir

die visse suurstof kan vervaardig. Ook verstop die slik die visse se kieue en

hulle versmoor dan.

• Riool: Wanneer rioolafval in damme of riviere beland, is dit baie gevaarlik.

Die bakterie Vibrio cholerae kom in menslike ontlasting voor. Wanneer

mense water drink of selfs kos eet wat met water gewas is waarin hierdie

bakterie voorkom, kry hulle cholera. Cholera is ‘n ernstige siekte wat lei tot

braking en diaree en wat dan veroorsaak dat ‘n mens dehidreer. Die siekte

kan met antibiotika behandel word, maar mense kan doodgaan hiervan,

indien hulle nie betyds behandeling kry nie. Julle het seker in die afgelope

paar maande in die koerante gesien dat daar mense is wat cholera

opgedoen het in veral Limpopo en KwaZulu-Natal, maar selfs in Gauteng.

Om te voorkom dat jy die siekte kry, is dit belangrik om nooit water direk uit

‘n stroom of ‘n rivier te drink nie.

• Verstedeliking: Die groot hoeveelhede mense wat in dorpe en stede

woon, veroorsaak dat daar groot hoeveelhede rommel geproduseer

word. Ook die fabrieke en nywerhede produseer baie rommel. As

hierdie rommel nie behoorlik verwyder en verwerk word nie, kan dit in

riviere en damme beland en die waterlewe benadeel.

Vernietiging van vleilande

Vleilande is die natuurlike filters van die omgewing.

Wanneer water deur vleilande vloei, word baie van die

onsuiwerhede uit die water verwyder. Vleilande is ook die

“sponse” van die omgewing. Hulle stoor groot hoeveelhede water.

Vleilande is ook baie ryk aan plant- en dierelewe. Ons sê hulle het ‘n groot

biodiversiteit. Dit is veral die amfibieë soos paddas wat bedreig word deur die

vernietiging van vleilande. Soms word vleilande drooggelê, sodat nuwe

woonbuurte of nywerhede aangebou kan word. Gelukkig besef ontwikkelaars

nou hoe belangrik vleilande vir ons omgewing is en daar word so ver moontlik

gepoog om ons vleilande te bewaar. Daar is nou selfs ‘n wêreld vleilanddag

(2 Februarie) ingestel om mense wêrelwyd bewus te maak van die belang van

vleilande vir ons omgewings.

Geraasbesoedeling:

Geraasbesoedeling vind plaas wanneer die volume van

‘n geluid so hard is dat dit die mense en diere in ‘n

omgewing nadelig beïnvloed. Die volume van ‘n klank

word gemeet in desibels (dB) en dit sê hoe hard of sag

‘n geluid is. Hieronder is ‘n tabel wat vir jou wys hoe

hard sommige geluide is.

Beskrywing van die geluid Aantal dB

‘n Baie sagte geluid soos die geritsel van ‘n boek se bladsye. 10 dB

‘n Gewone gesprek. 50 dB

Die geluid van ‘n grassnyer. As jy vir 8 uur aanmekaar aan

hierdie geluid blootgestel word, kan jou ore beskadig word. 90 dB

‘n Donderslag is baie steurend vir ‘n mens. 100 dB

Lewende rockmusiek. 125 dB

‘n Geluid wat permanente skade aan ‘n mens se ore

sal veroorsaak. 140 dB

Indringerplante

Plante wat natuurlik in Suid-Afrika voorkom, word inheemse plante genoem.

Plante wat van ander lande af ingebring en dan hier aangeplant is, word

uitheemse plante genoem. Uitheemse plante het geen natuurlike vyande

(insekte, diere, swamme, bakterieë of virusse) in Suid-Afrika wat hulle getalle in

toom kan hou nie. Daarom versprei hulle baie vinnig. Dan begin hulle die

habitatte van ons natuurlike plante oorneem. Ons natuurlike plante word dan al

hoe minder en die uitheemse spesies word al hoe meer. Wanneer dit gebeur sê

ons die uitheemse plantspesie het ‘n indringerplant geword. Indringerplante

neem ook baie meer water per dag deur hul wortels op as wat ons inheemse

plante opneem. Dan is die hoeveelheid grondwater wat vir ander plante

beskikbaar is soveel minder. Baie uitheemse bome kom oorspronklik van

Australië af, voorbeelde van uitheemse spesies wat in Suid-Afrika groei, is die

Port Jackson, die bloekomspesies, Bailey se wattel en die Jakaranda. Die

plaaslike regerings doen baie om die aantal indringer plante in ons omgewings

te verminder. Jy het dalk al in julle omgewing gesien hoe werkers van julle stad

se parkeraad sekere indringerbome afkap.

Port Jackson

Acacia saligna

Bloekom

Eucalyptus sp.

Bailey se wattel

Acacia baileyana

Jakaranda

Jacaranda mimosifolia

Die Gautrein-projek gee om vir die omgewing

Kom ons kyk nou na die stappe wat die ontwikkelaars van die Gautrein-projek geneem

het om die impak van die projek op die omgewing so laag as moontlik te hou.

Vermindering van motoruitlaatgasse soos CO2 in die lug

Dit word verwag dat die Gautrein die 200 000 motors op die N1-deurweg van

Johannesburg na Pretoria met sowat 20% sal verminder. Dit beteken dat daar

sowat 40 000 motors minder op die N1 sal wees. Daar sal dus baie minder

motoruitlaatgasse vrygestel word. Dit beteken minder lugbesoedeling en minder

kweekhuisgasse in die atmosfeer.

Verwydering en aanplant van bome

Vir elke boom wat verwyder is vir die konstruksie van die Gautrein, is daar drie

inheemse bome aangeplant. Sommige van die bome wat verwyder is, is op

ander plekke oorgeplant. Die Jakarandas wat verwyder is, is indringerplante wat

oorspronklik van Argentinië na Suid-Afrika gebring is. Die Jakarandas is daarom

nie oorgeplant nie, maar ander inheemse bome is in hulle plek geplant. Onthou jy

dat bome CO2 opneem tydens fotosintese? Al hierdie nuwe bome help dus om die

hoeveelheid CO2 in die atmosfeer laag te hou en aardverwarming te voorkom.

Bewaring van inheemse plante en diere

Dele van die Gautreinspoor word gebou in onontwikkelde gebiede waar plante en

diere nog wild voorkom. Voordat daar met die bouwerk begin is, het navorsers ‘n

opname van die omgewing gedoen om te sien of daar enige bedreigde plant of

dierspesies in die omgewing voorkom. Die hulp van verskeie nie-winsgewende

organisasies wat help met die bewaring van plante en diere is ingeroep om hierdie

plante en diere te verwyder. Plante is oorgeplant in botaniese tuine, private tuine

en kwekerye. Reptiele en ander diere is na ander natuurlike omgewings geneem

en daar vrygelaat.

Beheer van stof

Die hoeveelheid stof en geraas word op die volgende maniere beheer:

• Spesiale stofmeters is op elke bouperseel geïnstalleer. Hierdie meters bepaal

hoeveel stof daar in die lug is. Op hierdie manier kan die bouers sorg dat die

hoeveelheid stof nie te veel is nie.

• Die wiele van groot vragmotors word afgewas, voordat dit die bouperseel mag

verlaat. Doen navorsing.

6 Leer en Presteer graad 4 - 6, bylaag tot Beeld, Dinsdag 5 Mei 2009

Wiskunde

Graad 4 en 5. Die Gautrein

Ons almal het al gehoor van die Gautrein. Julle wonder, net soos ek,

wanneer ons dié wonderlike reus in aksie gaan sien. Wel … die goeie nuus is

dat ons nie meer so lank hoef te wag nie. Die organiseerders van die

Gautreinprojek reken dat dit ongeveer 41 /2 jaar sal duur. Dit is reeds in 2006

begin bou. Ons sien uit na 2010. Mense wat naby die beplande roete of

stasies werk of bly, asook mense wat na die O.R. Tambolughawe toe wil

gaan, kan hiervan gebruik maak. Die trein sal hulle beslis baie vinnig by hulle

bestemming bring.

Hier volg ‘n paar interessante feite i.v.m. die Gautrein:

1. Die beraamde koste vir die bou van die Gautrein is ongeveer R25 biljoen.

2. Die strek oor 80 km en verbind Johannesburg, Pretoria en die

O.R. Tambolughawe.

3. Die projek verskaf werk aan ongeveer 148 000 mense.

4. Op dié roete is 10 stasies; 3 stasies gaan ondergronds wees.

5. Sandtonstasie, Rosebankstasie en Parkstasie is ondergronds.

6. Die 10 stasies is: • Parkstasie • Rosebankstasie • Sandtonstasie

• Marlborostasie • Midrandstasie • Centurionstasie • Pretoriastasie

• Hatfieldstasie • Rhodesfieldstasie • O.R. Tambolughawe

7. Die tonnel is 20 km lank.

8. Die Gautrein sal met veiligheid 'n spoed van 160 km per uur kan ry.

9. Op 24 Oktober 2008 is die tonnel deurgebreek. Daar is van twee kante af

begin grawe aan die tonnel.

10.Parkstasie is die diepste stasie onder die grond.

Toepassing:

Lees en beantwoord die volgende

vrae. Jy kan die berekeninge met

jou sakrekenaartjie doen as jy wil.

1. Jy is nou 10 jaar oud. Hoe oud

sal jy wees as die Gautrein 10

jaar oud is?

2. By die O.R. Tambolughawe klim

200 passasiers op. By

Midrandstasie klim nog 50

persone op. By Parkstasie klim

die eerste groep van 100

persone af. Hoeveel passasiers

bly op die trein agter?

3. Daar is 4 passasierswaens aan

die trein, waarin daar 20 mense

in elke wa is. Ons haak nog 4

waens aan. Hoeveel passasiers

is daar nou op die trein?

4. Dit neem die Gautrein ongeveer 30 minute om 80 km teen 160 km per uur af te

lê. Hoe lank sal dit die trein neem om twee keer so ver te ry?

5. Werk uit wat die woord GAUTREIN se waarde is, as elke letter 'n verskillende

waarde het.

Letterwaardes:

G = 10 A = 50

R = 1 000 E = 300

U = 60 I = 100

T = 290 N = 200

Wat is jou antwoord?

Lyk die getal vir jou bekend?

Wat gebeur in hierdie jaar op sportgebied in ons land?

6. As daar in die Gautrein se depot 96 passasierswaens staan, hoeveel treine kan

gemaak word as een trein net 4 waens kan aanhaak?

7. As die trein 'n snelheid van 160 km/h kan ry, hoeveel meter is dit?

8. Een passasier betaal R36 vir sy kaartjie na 'n sekere stasie. Hoeveel sal 20

mense moet betaal om na dieselfde stasie te ry?

9. Skryf vyf en twintigbiljoen as 'n getal.

10.Die tonnel van die Gautrein is 20 km lank. Hoeveel meter is dit wat die trein

ondergronds moet ry?

11.148 000 mense word maandeliks R6 000 salaris betaal. Wat is die bedrag 'n

maand? 'n Jaar?

12.Hoeveel km het ek gery as ek Maandag een keer Pretoria toe ry en Vrydag

weer drie keer Pretoria toe ry met die trein?

13.As ek 'n blink, nuwe sportmotor koop wat net so vinnig soos die Gautrein kan

ry en ek daag die Gautrein uit om te sien wie eerste by die Hatfieldstasie sal

wees, wie dink jy gaan wen? Hoekom dink jy so?

14.Die volgende grafiek toon aan hoeveel mense elke dag met die trein gery het.

Aantal persone

400

300

200

100

Maan Dins Woens Don Vry Sat Son

Dae van die week

a) Hoeveel mense het Maandag, Saterdag en Sondag met die trein gery?

b) Wat is die verskil in passasiers tussen Sondag en Dinsdag?

c) Op watter dag het die meeste passasiers met die trein gery?

d) Hoeveel mense het die hele week met die trein gery?

15.As die elektriese eenheid (enjin) 75 ton weeg, hoeveel kg. is dit? Wat is jou

massa in kg? Vergelyk dit met die groot elektriese eenheid.

Graad 6. Die Gautrein

Woordsomme (Skryf die getalsin neer)

1. Die Gautrein vertrek met 157 passasiers by Johannesburg Parkstasie. By

Rosebank klim 29 passasiers af en 86 klim op. Hoeveel passasiers bly oor?

2. Mnr Botha wil graag van die Gautrein gebruik maak. Veronderstel die koste

beloop R15 per rit. Hoeveel sal dit hom per maand kos as hy vir 20 dae van die

trein gebruik maak werk toe en terug?

3. Mnr Botha sal 6:45 opklim by die Johannesburg Parkstasie en ongeveer 7:27

afklim by Hatfieldstasie. Hoeveel minute duur die rit?

4. Op die spoor vanaf Pretoria na Johannesburg sal ‘n trein oor naweke elke

halfuur beskikbaar wees. Hoeveel keer sal ‘n trein beskikbaar wees in 18 uur?

5. Beraamde koste vir die Gautrein in 2005 was drie en twintig miljard rand. Skryf

die bedrag as ‘n getal.

Datahantering

Die leerders in ‘n Gr 6-klas het ‘n lys gemaak van hoe lank elkeen se ma of pa elke

dag neem om werk toe te ry. Tyd in minute: 35; 56; 96; 44; 102; 88; 47; 86; 30; 53;

84; 68; 63; 47; 65; 42; 37; 109; 39; 48; 53; 32; 65; 78; 80; 72; 68; 41; 39; 40

1. Maak ‘n stingel-en-blaarvoorstelling

van hierdie

versamelde data:

Stingel-en-blaarvoorstelling

Tiene Ene

3

4

5

6

7

8

9

10

Breuke

Bereken die volgende:

1. 3 van 80 km 2. 3 1 – 1 3 + 3

4 2 8 4

3. Voltooi die volgende tabel:

2. Teken ‘n staafgrafiek om die frekwensie

van die tydsintervalle aan te dui.

Stingel-en-blaarvoorstelling

8

7

6

5

4

3

2

1

30- 40- 50- 60- 70- 80- 90- 100-

39 49 59 69 79 89 99 109

Frekwensie Staafgrafiek

3. Bepaal die modus van die tydsintervalle.

4. Bepaal die gemiddelde tyd in minute wat bestee word om werk toe te ry.

Gewone breuk Desimale breuk Persentasie

Bv.

Meting

1. Voltooi die volgende tabel:

1

4

2

5

0,25

0,5

0,375

25%

75%

14%

Bv. 4567mm 4 m 567 mm 4,567m

1234 m km m km

163 m km m km

m km m 1,26 km

456 cm m cm m

367mm cm mm cm

2323 g kg g kg

g kg g 5,87 kg

7954 ml l ml l

ml 4 l 532ml l

ml l ml 4,167 l

Leer en Presteer graad 4 - 6, bylaag tot Beeld, Dinsdag 5 Mei 2009 7

Skole bestel

Leer en

Presteer

en WEN ’n

Elektroniese

wiskunde bord

vir klasgebruik

Skakel die kantoor –

Lizelle

011 713 9147

Elize: 083 380 1800

Riana: 082 852 8814

om te bestel

Skole, bestel Leer

en Presteer en wen

vakansies as pryse

vir fondsinsameling

Skakel:

011 713 9147

Laerskool Horison

011 763 5630

WEN! WEN! WEN!

Die skool wat 2009 die beste aan

Beeld in Onderwys programme

deelneem, kan ‘n skootrekenaar

van Dell ter waarde van

R9 000 wen!

Skole, bestel Leer

en Presteer en wen

vakansies as pryse

vir fondsinsameling

Skakel:

011 713 9147

Tegnologie

Die Gautreinprojek – ‘n tegnologiese wonder

Hierdie is ‘n kaart van die voorgestelde roete

Ongeveer 15 kilometer van die roete

gaan in ‘n tonnel ondergronds wees.

Naastenby 50 km gaan ‘n bogrondse

spoorlyn wees en 10,5 km gaan uit brûe

bestaan.

Die konstruksiewerk aan die Gautrein het in

September 2006 begin. Die eerste fase van die

projek wat die lughawe met Sandton sal

verbind, behoort voor die Wêreldbeker-

sokkertoernooi in 2010 gereed te wees. Die hele netwerk behoort in 2011 klaar

te wees.

Ongeveer 12 km van die tonnel word met boor- en plofmetodes gegrawe en die

ander 3 km van die 15 km lange tonnel word met ‘n tonnelboormasjien gegrawe.

Die Imbokodo eet ‘n pad deur rots

Die naam van die reuse tonnelboormasjien wat van Duitsland af ingevoer is, is

Imbokodo. Dit is ‘n vrouenaam wat in Zoeloe rots beteken. Dit gaan Imbokodo

ongeveer ‘n jaar neem om die 3 km lange gedeelte van die tonnel vanaf

Rosebank te voltooi. Hierdie tonnelboormasjien weeg 885 ton en boor ‘n tonnel

met ‘n deursnee van 6,8 m. Die boorkop het ‘n snywiel wat in die rondte draai.

Die grond en rots wat weggeboor word, word deur ‘n vervoerband uit die tonnel

verwyder. Hierna word dit met vragmotors weggery.

Terwyl die masjien boor, word ‘n permanente tonnelwand van betonsegmente in

die vorm van ‘n sirkel agter die boorpunt gebou. Nadat die tonnel voltooi is, gaan

die 12 m lange buitenste staalgedeelte van die boorpunt vir altyd onder die grond

bly. Die ander dele van die boor sal dan weer uit die tonnel verwyder word.

Nog interessante Gautrein-feite

• Die Gautrein is natuurlik nie net een trein nie. Daar sal altesaam 24 treine

wees wat elkeen 4 waens sal hê. Elk van die 24 treine kan 320 passasiers

op ‘n slag vervoer. Daar word geskat dat 104 000 mense elke dag op die

Gautrein sal ry.

• Die trein sal teen 160 km/h ry. Dit beteken dat dit 40 minute sal neem om

van Johannesburg tot in Pretoria te ry en tussen 10 en 20 minute van

Sandton tot by O. R. Tambo Internasionale lughawe. ‘n Treinkaartjie van

Johannesburg na Pretoria behoort net onder R40 te kos.

• Daar gaan 10 treinstasies gebou word waarvan Park-, Rosebank- en

Sandtonstasies ondergronds sal wees. Verder sal daar elke 10 minute ‘n

trein by die stasies tussen Johannesburg en Pretoria wees tydens spitstye.

As ‘n mens na al hierdie ongelooflike feite oor die Gautrein kyk, is dit duidelik

dat baie deeglike beplanning nodig is om van hierdie projek ‘n sukses te maak.

Ons kan baie van die beginsels waarvan jy in Tegnologie geleer het op die

Gautrein-projek toepas. Kom ons kyk na ‘n paar hiervan.

1. Die ontwerp van ‘n struktuur

Die Gautrein is ‘n vinnige

treinspoorstelsel wat tans in

Gauteng gebou word. Hierdie

spoorstelsel is byna

80 kilometer lank. Die roete

strek vanaf Johannesburg se

Parkstasie en gaan dan

ondergronds deur Rosebank

en Sandton tot by Marlboro.

Van hier verdeel die spoor in

twee. Die een spoor vertak in

‘n Noordelike rigting en gaan

via Midrand en Centurion tot in

Hatfield in Pretoria. Die ander

spoor gaan na Kempton Park

en eindig by die O.R. Tambolughawe.

Konstruksiewerk is aan die gang

in ‘n gedeelte van die tonnel.

‘n Struktuur is iets wat uit verskillende dele bestaan wat aanmekaar gelas is.

Strukture kan mensgemaak of natuurlik wees. ‘n Struktuur word gebou om een

of meer van die volgende funksies te verrig:

• Om iets te hou of te beskerm.

• Om oor ‘n afstand te strek.

• Om sekere dele in posisie te hou.

• Om ‘n las te ondersteun of te dra.

Aktiwiteit 1

Hier is ‘n paar voorbeelde van strukture. Kyk of jy kan sê of elkeen ‘n

mensgemaakte- of ‘n natuurlike struktuur is.

A B C D E

F G H I J

Verder het jy geleer dat strukture in twee groepe verdeel kan word afhangend

van hoe die strukture ondersteuning bied. Hierdie twee groepe is:

• Dopstrukture

Dit is strukture wat voorwerpe beskerm of binnehou, deurdat dit ‘n dop

rondom die voorwerpe vorm.

• Raamstrukture

Hierdie strukture vorm ‘n raam om voorwerpe te ondersteun of bo te hou.

Raamstrukture het vertikale dele wat regop is en dit word pilare of stutte

genoem. Dit het ook horisontale dele wat dwars loop en dit word balke

genoem. Die stutte ondersteun gewoonlik die balke aan beide kante. Sommige

balke word vrydraende balke genoem. Hierdie balke word slegs aan een ent

deur ‘n stut ondersteun. Die hyskraan wat in foto 2 hieronder gesien kan word,

is ‘n voorbeeld van ‘n vrydraende balk. Die balk is slegs op een punt aan die

lang stut van die hyskraan vas, terwyl die ander punt los is.

Aktiwiteit 2

Kyk nou of jy die strukture wat in aktiwiteit 1 genoem is, kan groepeer as

dopstrukture of raamstrukture.

Strukture van die Gautrein-projek.

Daar is talle verskillende soorte strukture wat gebruik word in die bou van die

Gautrein. Kom ons kyk na ‘n paar voorbeelde.

Foto 1: ‘n Steunpilaar van

een van die brûe.

Foto 2: Een van die hyskrane wat

gebruik word om betonblokke op te lig.

2. Die Gautrein “oorbrug” vervoerprobleme in Gauteng

Een van die belangrike komponente waarvan jy in

Tegnologie leer, is die verskillende soorte brûe wat ‘n mens

kry. Kom ons verfris net weer ons geheue, voordat ons meer

spesifiek na die brûe van die Gautrein-projek gaan kyk.

‘n Brug is ‘n struktuur wat van een punt oor ‘n opening

tot by ‘n ander punt strek. Deur middel van brûe kan ons

riviere, paaie en klowe oorsteek. Ons kan brûe in die

volgende drie groepe verdeel:

A. Balkbrûe

Dit is een van die eenvoudigte brugvorms. Dit is waarskynlik hoe die eerste mense

riviere oorgesteek het, nadat ‘n boom dalk per ongeluk oor die rivier veval het. Die

balkbrug bestaan uit ‘n reguit balk van hout, metaal of beton wat aan weerskante

deur twee pilare (die landhoofde) gestut word. Soms word die balk ook nog deur

steunpilare aan die onderkant gesteun. Baie hoofpadbrûe is balkbrûe. Die gewig

van die balk druk reguit af ondertoe. Daarom moet die balk baie sterk wees of

anders sal dit na onder buig.

B. Boogbrûe

By ‘n boogbrug druk die gewig nie ondertoe soos by ‘n

balkbrug nie. Die gewig word gelyk om die boog langs

versprei tot by sy ente. Die eerste boogbrûe is van klip

gemaak. Hier is ‘n foto van die Rialto brug in Venisië.

Hierdie brug is aan die einde van die 16de eeu uit klip bebou

en word vandag nog gebruik. Daar is talle winkeltjies bo-op die brug. Die klipblokke is

so gebeitel dat dit volmaak inmekaar pas. Wanneer die

brug gebou is, is die klippe deur middel van ‘n

houtsteier bymekaar gehou. Nadat die laaste steen (die

sluitsteen) bo in die boog geplaas is, is die houtsteiers

verwyder. So het die stene sonder enige sement in

posisie gebly!

Aktiwiteit 3

Foto 3: ‘n

Voltooide

gedeelte van die

ondergrondse

tonnel.

Voorbeelde van raamstrukture:

• Foto 1: Die steiers wat aan die linkerkant van die foto gesien kan word.

Die steunpilaar en balk van die brug.

Die staal stawe wat die betonbalk van binne versterk.

• Foto 2: Die raamwerk van die hyskraan wat gebruik word om die swaar

betonblokke op te tel.

‘n Voorbeeld van ‘n dopstruktuur:

• Foto 3: Die tonnel waardeur die Gautrein gaan ry, is ‘n voorbeeld van ‘n

dopstruktuur. Die beton segmente wat die binnekant van die tonnel

uitvoer, vorm ‘n stewige “dop” rondom die tonnel.

‘n Voetgangerbrug oor

een van die kanale in

Venisïe

Hier is ‘n voorstelling van ‘n

boogbrug.

Gebruik twee bakstene en twee liniale en bou nou modelle van jou eie balk- en

boogbrûe. Kyk nou watter een van die twee ontwerpe kan die meeste gewig dra,

voordat dit na onder buig. Jy kan boeke gebruik om te bepaal hoe sterk jou “brug” is.

Bou jou modelle soos volg:

8 Leer en Presteer graad 4 - 6, bylaag tot Beeld, Dinsdag 5 Mei 2009

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!