SECTION B
SECTION B SECTION B
PUNTE: 70 TYD: 1uur 10 minute GRAAD 12 LEWENSWETENSKAPPE (nuwe inhoudsraamwerk) Model Werkopdrag: Evolusie - bewyse MEI 2011 Die werkopdrag bestaan uit 10 bladsye. Copyright reserved Please turn over
- Page 2 and 3: INSTRUKSIES EN INLIGTING Lees die v
- Page 4 and 5: Life Sciences/Assignment 4 Grade 12
- Page 6 and 7: Life Sciences/Assignment 6 Grade 12
- Page 8 and 9: Life Sciences/Assignment 8 Grade 12
- Page 10: Life Sciences/Assignment 10 Grade 1
PUNTE: 70

TYD: 1uur 10 minute

GRAAD 12

LEWENSWETENSKAPPE (nuwe inhoudsraamwerk)

Model Werkopdrag: Evolusie - bewyse

MEI 2011

Die werkopdrag bestaan uit 10 bladsye.

Copyright reserved Please turn over
INSTRUKSIES EN INLIGTING

Lees die volgende instruksies sorgvuldig deur voordat die vrae beantwoord word.

1.

2.

3.

4.

5.

6.

7.

8.

9.

10.

Beantwoord AL die vrae.

Skryf AL die antwoorde op jou ANTWOORDBLAD.

Begin die antwoord op ELKE vraag bo-aan „n NUWE bladsy.

Nommer die antwoorde volgens die nommereingstelsel wat in die vraestel

gebruik is.

Indien antwoorde nie aangebied word volgens die instruksies van elke vraag

nie, sal kandidate punte verbeur.

Teken diagramme en vloeidiagramme slegs wanneer dit gevra word..

Die diagramme in hierdie vraestel is nie noodwendig volgens skaal geteken

nie.

Die gebruik van grafiekpapier word nie toegelaat nie.

Nie-programmeerbare sakrekenaars, gradeboë en passers mag gebruik

word..

Skryf netjies en leesbaar.

2
BEWYSE VIR EVOLUSIE

1.1 Die diagramme hieronder stel die evolusie van die perd voor, saamgestel uit

fossielverslae.

Spesies van

perd

Moderne perd

(Equus)

Merychippus

Mesohippus

Hyracotherium

Hoogte

1,6 m

1,0 m

0,6 m

0,4 m

3

Voorbeen

Evolusie van die perd, saamgestel uit fossielverslae

Toon

Tone

Tone

Tone
Life Sciences/Assignment 4

Grade 12/NSC

WCED/Exemplar 2011

1.1.1 Bereken hoeveel keer die modern perd langer is as sy voorouer.

Toon jou berekeninge. (2)

1.1.2 Wat het met verloop van tyd met die voorkoms van die perd se pote gebeur? (2)

1.1.3 Paleontoloë stel voor dat antieke perde in woude geleef het, maar modern perde leef in

graslande. Verduidelik TWEE maniere waarop die modern perd aangepas is om in

graslande te leef. (4)

1.1.4 Verduidelik EEN manier hoedat die hoef van die modern perd nadelig kan wees in

grasland omgewings. (2)

1.1.5 Die fossielrekord is een bron van bewyse wat gebruik kan word om die evolusie-teorie te

verduidelik. Noem TWEE ander bronne wat kan dien as bewys vir evolusie. (2)

(12)

1.2 Bestudeer die leesstuk en diagramme hieronder en beantwoord die vrae.

SOOGDIERE VANAF REPTIELE

Evolusionêre teorie stel voor dat alle lewende organismes „n gemeenskaplike voorouer op een

of ander tydstip in die verlede deel en dat nuwe spesies gevorm word van bestaande spesies. „n

Voorbeeld van „n lyn van afkoms in die fossielrekord in Suid-Afrika is die gefossileerde

soogdieragtige reptiele (terapsiede) wat beide kenmerke van reptiele en soogdiere toon.

Terapsied fossiele van die Karoo beeld die evolusionêre ontwikkeling uit van soogdiere vanaf

reptiele .

Die onderkaak van „n reptiel bestaan uit sewe bene, terwyl dié van „n soogdier slegs uit een

been bestaan. „n Reptiel het slegs een gehoorbeen terwyl „n soodier drie gehoorbene het. Deur

die kaakstruktuur van „n opeenvolging van terapsiede van die Karoo te bestudeer het

paleontoloë ontdek dat die twee ekstra gehoorbene van soogdiere (hamer en aambeeld)

ontwikkel het van die twee bene wat die kaakgewrig (kwadraatbene en artikulêr) in reptiele

vorm. Dit toon duidelik hoedat die soogdier se gehoorsisteem geëvolueer of ontwikkel het.

Reptiele het ook nie „n benige verhemelte wat die neusgange skei van die mondholte nie maar

soogdiere het „n volledige benige verhemelte wat hulle in staat stel om hul voedsel te kou

sonder dat gehoor benadeel word. Fossielbewyse toon aan dat die oudste en mees primitiewe

terapsiede geen benige verhemelte gehad het nie terwyl die mees onlangse terapsiede in die

rotse van die boonste Karoo „n ten volle ontwikkelde benige verhemelte besit het soos dié wat in

soogdiere gevind word.

Aangepas vanuit The Story f Earth and Life –

A southern African perspective on a 4.6 billion-year journey

„n Vergelyking tussen die skedel van „n terapsied en soogdier, wat die ontwikkeling van

die oor en kaak aantoon

Kopiereg voorbehou Saamgestel deur T. Botha & J. Goliath
Life Sciences/Assignment 5

Grade 12/NSC

WCED/Exemplar 2011

1.2.1 Na aanleiding van die leesstuk is die evolusionêre teorie gebaseer op twee aannames.

Noem die TWEE aannames. (2)

1.2.2 Na aanleiding van die leesstuk noem die oorgangsfossiel tussen reptiele en soogdiere.

(1)

1.2.3 Gee „n rede vir jou antwoord in Vraag 1.2.2 (2)

1.2.4 Noem TWEE belangrike strukturele veanderinge wat plaasgevind het in die evolusie van

soogdiere wat gesien kan word in die skedels van terapsiede van SA. (2)

1.2.5 Verduidelik die voordeel van die besit van „n benige verhemelte soos in soogdiere.

(2)

(9)

1.3 Bestudeer die basiese planne van die verskillende vertebraatledemate soos hieronder

getoon.

1.3.1 Verduidelik die volgende stelling: “Darwin het beweer dat die gebruik van

„n enkele patroon deur verskeidenheid diere soos getoon in die diagram „n bewys is van

modifikasie deur afstammeling” (4)

1.3.2 Verduidelik die ooreenkomste tussen die voorste ledemate van die vertebrate wat getoon

word in die diagram. (2)

1.3.3 Noem EEN manier waarop die voorste ledemate van die

(a) vlermuis en (1)

(b) die rob aangepas is vir hul funksies (1)

(8)

Kopiereg voorbehou Saamgestel deur T. Botha & J. Goliath
Life Sciences/Assignment 6

Grade 12/NSC

WCED/Exemplar 2011

1.4 Die kaart hieronder illustreer die verspreiding van vier groepe van groot landgebonde

voëls. Volgens wetenskaplikes is hierdie voëls afstammelinge van „n voorouer voëlspesie

wat miljoene jare gelede op „n groot landmassa, naamlik Gondwanaland, gelewe het.

1.4.1 Met verwysing na die huidige verspreiding van landgebonde voëls, noem waarom dit

moontlik is vir wetenskaplikes om af te lei dat die voëls se voorouer op een landmassa,

naamlik Gondwanaland, gelewe het. (2)

1.4.2 Noem die verskynsel wat gebruik word om die geografiese verspreiding van landgebonde

voëls te verduidelik soos aangedui op die kaart. (1)

1.4.3 Verduidelik waarom daar nie soortgelyke spesies in Indië en Antartika gevind word nie

indien die landgebonde voëls hul oorsprong in Gondwanaland gehad het. (2)

1.4.4 Die landgebonde voëls is in baie opsigte soortgelyk maar hulle is verskillende spesies wat

in verskillende wêrelddele leef of geleef het. Gebruik die evolusie-teorie om die verskille

tussen die landgebonde voëls te verduidelik. (4)

Kopiereg voorbehou Saamgestel deur T. Botha & J. Goliath

(9)
Life Sciences/Assignment 7

Grade 12/NSC

WCED/Exemplar 2011

1.5 Sitochroom C en sekere ensieme was geïsoleer van die mitochondria van baie tipes selle.

Die aantal verskille in die aminosuurvolgorde van Sitochroom C van verskillende spesies

is met menslike Sitochroom C vergelyk. Die volgende tabel toon die resultate van die

ondersoek aan.

Verskil in Aminosuurvolgorde

Organisme Aantal verskille in

aminosuurvolgorde

vanSitochroom C in vergelyking

met mense

Tuna 21

Muf 48

Mot 31

Hond 11

Perd 12

Hoender 13

Aap 1

1.5.1 Watter EEN van die organismes in die tabel genoem, se DNS-kode vir Sitochroom C stem

die meeste ooreen met dié van die mens. (1)

1.5.2 Watter afleiding maak evolusioniste uit hierdie ooreenkoms genoem

in VRAAG 1.5.1 (2)

1.5.3 Watter EEN van die organismes wat in die tabel genoem is, se DNS kode vir Sitochroom

C stem die minste ooreen met dié van die mens? (1)

1.5.4 Gee EEN rede vir jou antwoord in VRAAG 1.5.4 (1)

1.5.5 Teken „n kolomgrafiek om die veskil in aminosuurvolgorde van Sitochroom C in die tuna,

muf, hond en perd aan te toon. (11)

Kopiereg voorbehou Saamgestel deur T. Botha & J. Goliath

(16)
Life Sciences/Assignment 8

Grade 12/NSC

WCED/Exemplar 2011

1.6 In 'n ondersoek het 'n biotegnoloog sjimpanseebloed in 'n konyn ingespuit.

Die immuunstelsel van die konyn het die sjimpanseebloedproteïene as 'n

vreemde stof herken en teenliggame geproduseer. Die konyn se teen-

liggaampies is daarna onttrek om 'n serum te ontwikkel.

Wanneer die serum by die bloedmonsters van 'n verskeidenheid ander diere

se bloedmonsters in verskillende proefbuise gevoeg word, vorm daar 'n

presipitaat (neerslag). Hoe meer presipitaat vorm, hoe meer is daardie dier aan die

sjimpansee verwant. Bestudeer die tabel hieronder wat die persentasie presipitaat

wat in hierdie ondersoek gevorm het, aandui, en beantwoord die vrae wat volg.

Dierespesie Persentasie presipitaat

gevorm

Gorilla Baie hoog

Bobbejaan Hoog

Aap Matig

Vark Baie laag

1.6.1 Formuleer 'n hipotese vir die bostaande ondersoek. (2)

1.6.2 Noem TWEE veranderlikes wat tydens hierdie eksperiment konstant gehou moes

word. (2)

Kopiereg voorbehou Saamgestel deur T. Botha & J. Goliath

(4)
Life Sciences/Assignment 9

Grade 12/NSC

WCED/Exemplar 2011

1.7 „n Groep wetenskaplikes by verskillende universiteite het „n ondersoek uitgevoer deur

fossielrekords te analiseer om aan te toon wanneer sekere groepe organismes verskyn en

in ander gevalle weer verdwyn het. Die doel van die navorsingsprojek was om een van die

vele oorkoepelende verduidelikings wat gegee word as bewys van evolusie, te

verifieer/toets. Evolusie is ‟n baie ingewikkelde verskynsel en kan slegs geverifieer

word deur ‟n reeks verwante verduidelikings.

Die wetenskaplikes het die onderstaande hipotese vir die ondersoek geformuleer.

“Die eenvoudigste organismes word in die baie ouer strata gevind”

Bestudeer die resultate hieronder en beantwoord die vrae wat volg. Die diagram

verteenwoordig ‟n geologiese tydskaal met die verspreiding van verskillende organismes.

Die tydskaal is NIE volgens skaal geteken nie.

Blomplante

Vaskulêre plante

Voëls

Soogdiere

Dinosourusse

Reptiele

Amfibieë

Beenvisse

Meersellige

organismes

Groen alge

Fotosinterende

bakterieë

Anaërobiese

bakterieë

Miljoen jaar

gelede

Periode

Era

4500

Argeozoikum

Pre- Kambrium

700

570

kambrium

500

Ordovisium

430

Siluur

Kopiereg voorbehou Saamgestel deur T. Botha & J. Goliath

400

Paleosoïkum

Devoon

350

270

Karboon

Permies

230

Trias

180

Jura

Mesosoïkum

135

Kryt

65

Tersiêr

1.5

Senosoïkum

Kwartêr
Life Sciences/Assignment 10

Grade 12/NSC

WCED/Exemplar 2011

1.7.1 Na aanleiding van bostaande data sal die wetenskaplikes in staat wees om die hipotese

te verwerp of aanvaar? (1)

1.7.2 Verduidelik jou antwoord in Vraag 1.7.1 (4)

1.7.3 Beskryf die patroon, voorkoms, uitwissings van organismes in verhouding tot die

verskillende periodes soos getoon in die bostaande resultate. (4)

1.7.4 Wat sal die implikasies wees indien wetenskaplikes voorbeelde sou vind van

dinosourusse in die Kambrium periode? (3)

Kopiereg voorbehou Saamgestel deur T. Botha & J. Goliath

(12)

TOTAAL [70]