03.05.2013 Views

VOORGROND - Orania

VOORGROND - Orania

VOORGROND - Orania

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

VOORGROND

Februarie 2009 1/4

Politieke

punte vir

Orania

Orania het

‘n ryk

geskiedenis

Orania stil-stil

nommer een

Wat beteken

vryheid?

Woestynsardyn

vreet

paaie deur

landerye

REDAKSIONELEINLIGTING

Redakteur:

Lida Strydom

Medewerkers:

Dr. Manie Opperman

Christiaan van Zyl

Willie Spies

Prof. WJ Verwoerd

Dr. John Strydom

Carel Boshoff(iv)

Foto’s

Francois de Vos

Lida Strydom

Coraine Oosthuizen

Janneke Wiid

Taalversorging:

Francois de Vos

Posadres:

Posbus 27, Orania, 8752

KULTURELE VAKANSIEDAE

IN ORANIA

27 Februarie - Majubadag

6 April - Stigtingsdag

31 Mei - Bittereinderdag

14 Augustus - Taaldag

10 Oktober - Heldedag

16 Desember - Geloftedag

BELANGRIKE

TELEFOONNOMMERS

Inligtingskantoor: .......... 053 207 0062

Orania Dorpskantoor: ... 053 207 0063/4

CVO-skool Orania: ...... 053 207 0177

Volkskool Orania: ......... 053 207 0161

Orania Groeifonds: ....... 053 207 0082

Helpsaamfonds: ............ 053 207 0062

GRATIS BEGELEIDE TOERE

PER AFSPRAAK

Reël by 053 2070057 Kantoorure

082 975 8132 na ure

Kantoornommer:

053 207 0062

Sluit aan by die Orania Beweging:

Tel: 086 111 2520

Vonkpos:

inligting@orania.co.za of

oraniabeweging@orania.co.za

Webwerf:

www.orania.co.za

Internetgespreksgroep:

Word deel van die Oraniagesprek:

oraniagesprek-subscribe@yahoogroups.com

VOORGROND word uitgegee deur die

Orania Beweging

VERBLYF IN ORANIA

1. Saffier Gastehuis

079 713 7100

2. Herberg Oranje (gastehuis)

053 207 0070

3. Boskamp (chalet)

083 388 1433

4. Sagte Tye (luukse selfsorgakkommodasie)

082 975 8132

5. Die Geweltjie (selfsorgakkommodasie)

084 816 4932

6. Juckers-Hoff Selfsorgakkommodasie

083 600 1780

7. Hayes Tuishuis (oornagwoonstel)

053 207 0038

8. Afsaal (oornagkamers)

053 207 0199

9. Die Ou Melkplaas (gastehuis)

084 491 1947

10. Aan die Oewer-woonwapark (woonwa-

en tentstaanplekke asook chalets)

053 207 0118

REDAKTEURSPERSPEKTIEF

Die vraag “Wat is vryheid?” blyk toe ‘n moeilike vraag vir

die meeste mense te wees. Almal wil dit hê, maar min mense kan

dit definieer. Die meerderheid van die antwoorde dui daarop

dat menseregte ‘n stewige greep op selfs Afrikaners het. Hulle

dink eerstens aan hulleself as hulle antwoord, aan individuele

vryheid, aan regte wat hulle vir hulleself wil toe-eien.

Wyle Andries Alberts, agterkleinkind van die Dorslandtrekker, Gert Alberts

en outeur van verskeie boeke, het diep nagedink oor vryheid. Hy

kon dit nooit sterk genoeg beklemtoon dat die Afrikaner nooit

werklik onafhanklik kan wees as hy nie ook ekonomies sterk

en doeltreffend is nie. Dit is die vryheid wat die Tweede

Afrikaner* doelgerig nagestreef het. Hy het inderdaad

uitstekend daarin geslaag om ekonomies uit te styg. Vir

‘n kort tydjie kon hy vryheid koop. Daardie vryheid het

egter nie lank gehou nie en die Afrikaner was in sy ganse

geskiedenis nog nie minder vry as in die huidige situasie

nie.

Die brandende drang na vryheid wat in ons voorgeslagte

se are gevloei het, is stelselmatig verander na ‘n

brandende drang na verbruikersitems soos selfone en

luukse motors.

Daar is verskillende vorme van vryheid. Ons word

gebombardeer met die idee dat menseregte bo-aan die

Ons kan nie vryheid in die

buiteland verdedig as ons dit

tuis versaak nie.

Edward R Murrow

lys staan. Groepsregte word selektief erken. Gay- en lesbiërgemeenskappe mag op groepsregte aanspraak

maak. Die Palestyne mag op ‘n eie gebied aanspraak maak. Mag die Afrikaner ook vryheid hê?

Slegs deur gebonde te wees aan ander mense kan ‘n mens vry wees. Volgens Aristoteles kan geen mens

sonder sy medemens klaarkom nie: Van sy geboorte tot sy dood het elke mens sy medemens nodig. Die

mens is dus van nature ‘n gemeenskapswese. As die mens tot ‘n gemeenskap behoort, behoort hy ook sy

vryheid in die geborgenheid van die gemeenskap te vind en moet die vryheid van die gemeenskap beskerm

word.

Later skryf Alberts: Ware en volledige vryheid is ‘n onafhanklike staat, ekonomiese doeltreffendheid en

geestelike selfstandigheid.

Daar is ‘n spreuk wat lui: As jy nie weet waarheen jy op pad is nie, sal enige pad jou daar kry. Dalk moet ons

begin deur te besin oor wat vryheid vir óns beteken. Net as ons seker weet wat dit is wat ons wil hê, kan

ons die roete daarheen beplan.

Gegroet!

Lida Strydom

Redakteur

*Orania en die Derde Afrikaner deur Carel Boshoff (iv)

Voorbladfoto

Oewerpark, Orania

Afrikaner dogtertjies veilig, vry en vrolik in Orania waar inwoners deur selfwerksaamheid vir hulle ‘n nuwe

toekoms skep.

SKAKELING

Politieke punte vir Orania

Orania is ‘n werklikheid waarvan die einddoel vryheid vir die Afrikaner is. Orania

het nie vanself gebeur nie. Baie breinkrag is belê om te kon vorder tot waar Orania

vandag staan.

Orania moet telkens sy strategiese posisie in

oorweging neem en daarvolgens beplan en optree.

Orania moet, ter wille van vordering, in gesprek tree

en blý met die leierskap in Suid-Afrika. Ten spyte van

sy morele integriteit wat tans in dispuut is, is mnr.

Jacob Zuma die leier wat die meerderheid Suid-

Afrikaners gekies het. Hy het veral op grondvlak baie

groot steun. Hy is dus die aangewese persoon met

wie Oraniërs moet praat. ‘n Ontmoeting met mnr.

Zuma, president van die ANC, was dus ‘n logiese

volgende tree op hierdie lang pad na vryheid wat

voor ons lê.

‘n Afvaardiging van Orania bestaande uit Carel

Boshoff(iv) (president van die Orania Beweging),

Frans de Klerk (Uitvoerende Hoof van die Orania

Beweging en die een wat die bal aan die rol gesit het)

en John en Lida Strydom, het mnr. Jacob Zuma op

27 Januarie by sy huis in Forest Town, Johannesburg,

ontmoet. ‘n Onafhanklike skakelpersoon, mev. Liesl

Göttert, het die ontmoeting gefasiliteer.

Die doel van die gesprek met mnr. Zuma was om die

pad te open vir vele geprekke wat nog moet volg en

die afgevaardigdes is positief dat hulle hierdie mikpunt

bereik het. Verder is Orania as ‘n legitieme, politieke

realititeit voorgestel en is Orania se ekonomiese

ontwikkelingsmodel breedvoerig aan mnr. Zuma

verduidelik. Hy het groot belangstelling getoon in

die volhoubare ekonomiese ontwikkelingspad wat

Orania loop, veral omdat dit ‘n moontlike oplossing

kan bied vir die probleme ten opsigte van die

Van links:

Frans de Klerk,

Liesel Göttert

(onafhanklike

skakelbeampte),

mnr. Jacob Zuma,

Carel Boshoff(iv),

John Strydom

ontwikkeling van die Suid-Afrikaanse ekonomie.

Orania is verder aangebied as een van die rolspelers

in Suid-Afrika wat ook in aanmerking geneem moet

word en wat ook kan bydra tot die oplossing van

krisisse wat Suid-Afrika tans beleef.

Dit is insiggewend dat mnr. Zuma, anders as sy

voorganger, mnr. Thabo Mbeki, Afrikaners beskou as

die “only white tribe of Africa”. Uit die gesprek het

dit duidelik geblyk dat hy etnisiteit verstaan en het

hy Afrikaners se inheemse etniese status bevestig.

Hy weet waar hy vandaan kom en wat ‘n Zoeloe

is en daarom weet hy ook wat ‘n Afrikaner is en

hoef hy nie soos vele Afrikaners en joernaliste te vra

“wat is ‘n Afrikaner?”nie. Hy verstaan dat Zoeloes ‘n

gebied nodig het om hulle unieke kultuur uit te leef

en hy misgun nie so ‘n plek vir die Afrikaner nie. Hy

verstaan dat Orania die tuiskomplek vir Afrikaners

kan wees.

In sy repliek het mnr. Zuma beklemtoon hoe

belangrik dialoog is en dat in die afwesigheid van

goeie kommunikasie mense aannames maak en dan

die ander party begin wantrou.

Mnr. Zuma is genooi om Orania te besoek. Hy

het die uitnodiging aanvaar en gesê dat hy nie wil

kom soos ‘n joernalis nie, maar dat hy wil kom om

homself werklik van Orania te vergewis.

So ‘n besoek sal nog ‘n tree wees op die opwindende

en seker pad van vryheid wat Oraniërs doelgerig

stap.

GESKIEDENIS

ORANIA HET ‘N RYK GESKIEDENIS

Duisende jare voor die koms van die eerste witmense is die terrein van die huidige

Orania besoek deur rondswerwende jagter-versamelaarbendes. Bewyse van hulle

verblyf is klipartefakte en gravures van die wild wat hulle gejag het. Laasgenoemde

kom voor op die dolerietgesteentes van Orania se koppies.

In navolging van die steentydperkkunstenaars het

wit besoekers sedert 1762 begin om datums, name

en interessante gesegdes op die klippe uit te krap.

Belangrike graffiti vir Oraniërs is die rekord van

Stephanus Ockert Vermeulen se koop van die plaas

Vluytjeskraal in 1882. Hy was lief vir die plaas en het

elke tiende jaar teruggekeer en ‘n datum bygevoeg

om te bevestig dat hy nog hier is. Hy het dit gedoen

tot sy dood op 12 April 1925. Die terrein van sy

graf is sigbaar vanaf die klip waarop hy geskryf

het. Na SO Vermeulen se dood is sy plaas

verdeel tussen sy vier kinders. Die dorp

Orania is geleë op die gedeelte wat

Philippus Vermeulen (gebore 1881)

ontvang het.

In 1964 is Vluytjeskraal deur die

Departement Waterwese gekoop

vir die oprig van huisvesting vir

werkers vir die bou van die suidelike

kanaalstelsel van die Oranjerivierskema.

In 1965 word Orania gebou op

SO Vermeulen

Vluytjeskraal as ‘n volledige dorp, tesame met vyf

ander konstruksiedorpe elders. Einde 1965 woon 65

gesinne in Orania. Gedurende die 25 jaar wat Orania

deur die Departement Waterwese bestuur is, het

werknemers en hulle families, volgens hulle eie

vertellings, ‘n goeie kwaliteit lewe gehad. Daar was

‘n kerk, ‘n wit en ‘n kleurlingskool, ‘n kliniek, winkel,

kommandoskietbaan en kadette, ‘n rugbyveld en

korfbalbaan. Daar was ook voorsiening vir jukskei,

muurbal en tennis, asook ‘n mooi swembad.

Konserte is gereeld gehou en daar was

‘n bioskoop in die gemeenskapsaal.

Stoeipromoter Bull Hefer het ‘n

toernooi met stoeier Jan Wilkens op

die rugbyveld aangebied. Werkers

het tussen 6- en 7-uur soggens

met busse na die kanaalkonstruksie

vertrek. Vrouens het huiswerk

gedoen en daarna onder priële

gesit en gesels totdat dit tyd was vir

aandete voorberei. Volgens wetgewing

SO Vermeulen se rekord van die aankoop van Vluytjeskraal in 1892 op ‘n dolerietklip

GESKIEDENIS

van die tyd was wit, kleurling- en swart werkers

afsonderlik gehuisves. Elke aand het ‘n sirene om 9uur

aangekondig dat die hek by die waghuis op pad

na die kleurlingwoonbuurt, Groot Gewaag, en die

swart kampong gesluit word en inwoners moes dan

terug wees. Die huidige Orania, oos en wes, het as

Oos- en Wes-Berlyn bekend gestaan.

Die Oranjerivierskema se kanaalstelsel is afgehandel

en die Departement Waterwese het na 30 Mei

1989 begin met ontruiming van Orania. Orania sou

verkoop word nadat ander staatsdepartmente nie

belanggestel het om die dorp te benut nie.

Die skrif was in die tagtigerjare al aan die muur

vir Afrikanerbeheer in Suid-Afrika. Die enigste

hoop vir oorlewing vir die Afrikanervolk was ‘n eie

grondgebied. Die Noord-Kaap met sy lae demografie

en groot ruimtes was, volgens navorsers van SABRA,

geskik hiervoor. Nogtans was die geboorte van

Orania as Afrikanertuiste, soos geboortes soms

is, nie vooraf beplan nie, maar die resultaat van ‘n

sameloop van omstandighede waar geleenthede

Prof. Carel Boshoff in 2000 saam met

jong Oraniërs voor die hooggeregshof in

Kimberley

telkens weer na vore gekom het nadat dit gelyk het

of die proses misluk het. Prof. Carel Boshoff stel dit

droogweg dat die geboorte amper ‘n misgeboorte

was. Vir ons as Oraniërs is dit vandag duidelik dat

die Allerhoogste aan die stuur was en dat dit daartoe

gelei het dat prof. Boshoff, as voorsitter van Orania

Bestuursdienste (OBD), Orania op 31 Januarie 1990,

kon koop vir die totale bedrag van R1.6 miljoen. Die

emosionele impak, dat met hierdie daad die eerste

tree gegee is na die ideaal van ‘n Afrikanervolkstaat,

was volgens prof. Boshoff groot. Op 13 April

1991 word Orania amptelik geopen as Afrikanerdorp

en Volkstaatgroeipunt. Alhoewel gedeeltelik

afgebreek en verwaarloos, het die oorspronklike

infrastruktuur behoue gebly en kon die nuwe

intrekkers onmiddellik begin met die vestiging van ‘n

Afrikanergemeenskap.

Daar is twee hooftydperke in Orania se ontwikkeling,

nl. ‘n vestigingsfase tot ongeveer 2000, toe die

Hooggeregshof op 4 Desember gelas het dat

Orania se Verteenwoordigende Oorgangsraad met

al sy bevoegdhede sal voortbestaan met die oog

op onderhandeling t.o.v. selfbestuur. Hierna het

versnelde groei op alle terreine van gemeenskapslewe

ingetree, wat tot vandag toe voortduur.

Oorsigtelik het die eerste tien jaar van Orania soos

volg verloop: Die eerste dorpsraad is saamgestel uit

aandeelhouers van OBD, maar is gou opgevolg deur

‘n verkose dorpsraad bestaande uit direksielede van

Vluytjeskraal Aandeleblokmaatskappy Bpk.(VAB) en

‘n verteenwoordiger van OBD. Twee skole is opgerig

en ‘n aantal kerkgemeentes is gestig. Daar is begin om

onderhoude te voer met voornemende inwoners.

Hulle moes hulle vereenselwig met die gemeenskap

se vryheidsideaal en die grondwet onderteken.

Elkeen moes die betekenis van die begrip “ volkseie

arbeid “ verstaan en uitvoer. Plaas 272 is aangekoop

en ‘n 9km-pypleiding vir ‘n besproeiingskema is

aangelê. Daar is begin met groenteverbouing en

grootskaalse pekanneutaanplantings. In April 2000 is

die eerste Volkstaatskou gehou, met ‘n omset van

R60 000.

Bogenoemde is enkele gebeurtenisse van Orania

se eerste treë in ons strewe na vryheid.

Doemprofete en nydigheid was daar baie, maar

geleidelik het meer begrip en selfs bewondering

vir Orania as pioniersgemeenskap ontstaan. Na

2000 het Orania se instellings vermeerder en ‘n

volhoubaarheid begin toon wat opgemerk is deur

GESKIEDENIS

die media en veral akademiese navorsers. Orania

Spaar en Krediet Koöperatief (OSK) is gestig om

te help met die finansiering van eiendomme en as

‘n “spaarbank”. Die Ora-betaalstelstel is ‘n simbool

van plaaslike ekonomiese vitaliteit en kreatiwiteit.

Kambro-koöperatief het ‘n groot rol gespeel in

die aankoop van grondgebied en die inwonertal

het gegroei tot byna 700 met ‘n gepaardgaande

styging in eiendomspryse. Daar is tans ongeveer

100 ekonomiese bedrywe van verskillende groottes

werksaam in ons dorp. Orania het sy eie vlag as

simbool van ‘n eie identiteit en op staatkundige

vlak het die Orania Verteenwoordigende Raad

samesprekings met die Noord-Kaapse regering

gevoer oor ons munisipale status. Die dorpsraad

se administratiewe en tegniese personeel is ook

vergroot.

“Wanneer jy na ‘n boer se perde gaan kyk,

is dit jou keuse of jy die sierlike diere raak-

sien en of jy jouself blind staar teen die

mis in die perdestal.” Dié wyse woorde

van Oom Prinsloo is maar een van die

waarhede waarvoor ons hom sal onthou.

Die opmerking is gemaak na aanleiding van

besoekers wat soms net die onvolmaakte

dinge in Orania kon raaksien, eerder as dit

wat mooi is en dit wat reeds vermag is.

Oom Prinsloo het die afgelope tien jaar op Orania

diep spore gelaat wat min hom sal kan nadoen. Hy

het nege jaar gedien op die direksie van VAB (Orania

Dorpsraad) waar hy drie jaar ”burgemeester”

van Orania was en daarna as ondervoorsitter

gedien het. Hy was ook voorsitter van die Orania

Verteenwoordigende Raad, oprigterslid van AVSTIG

en die Orania Beweging, direkteur van OBD, OSK

en Vluytjieskraal 272 (Edms) Bpk en lid van Orania

Ontwikkelingsforum waaruit Groeikrag ontstaan

het en waarvan hy uitvoerende beampte was. Hy

was lid van die Orania Sakekamer, Orania Beweging

Die dorpsraad werk saam met ander instellings

soos OBD, Orania Beweging, Helpsaamfonds en

die Ontwikkelingskomitee in ‘n komplekse sisteem

om Orania selfstandig te maak. Deur konferensies

te hou oor temas wat Afrikanervryheid raak en

kundige gebruik van die media, word Orania se

resep vir Afrikaneroorlewing in Suid-Afrika al hoe

meer aanvaarbaar. Alhoewel Orania se vordering

skouspelagtig vertoon as dit teenoor ander dorpe van

vergelykbare grootte gestel word, lê die verkryging

van ‘n Afrikanervolkstaat ‘n kwantumsprong die

toekoms in.

Ons bring hulde aan die pioniers wat met groot

opoffering en geloof Orania gevestig het.

Oraniërs is hier om te bly.

Dr. Manie Opperman

Manie Opperman is ’n afgetrede argeoloog

‘n Huldeblyk aan

Petrus Renier Prinsloo Potgieter

04/01/1940 – 17/01/2009

Helpsaamfonds, Elimprojek, Orania Landbouvereniging,

Henning Klopper Trust

en die Onderwystrust. Sy groot ywer

vir gronduitbreiding vir die Volkstaat

het die komitee vir die uitbreiding van

Afrikanergrond tot stand laat kom,

waarvan hy voorsitter was. Hy was lid

van Vryheidsfront Plus, ondervoorsitter

van die Noord-Kaapse Partyraad en lid

van die Dagbestuur van die Federale Raad as

voorsitter van die administrasiekomitee van die

Federale Raad. Om op te som: volbloed Oraniër!

Hy was geseënd as mens. In sy lewe het hy wysheid,

rustigheid, standvastigheid en deursettingsvermoë

in buitengewone mate gehad. Ons wat met hom

in aanraking was, het daarin gedeel en sal steeds

daaruit inspirasie put. Ons lewens is deur hom ryker

en ruimer gemaak. Orania se groei en strewe is

versterk deur sy insette en al die Orania-instansies

se notules van die afgelope tien jaar is ‘n stille getuie

daarvan.

Christiaan van Zyl

NUUS

Orania stil-stil nommer een

Tussen die gezoem van sonbesies, die suising van die Karoowind en die ruising

van die magtige Oranje het die vrolike stemme van vele vriendelike vakansiegangers

Orania die afgelope feestyd gevul.

Orania het uit sy nate gebars en daar was letterlik

nie ‘n gaatjie oop vir enige iemand wat op die laaste

nippertjie wou bespreek nie. Ondernemings is

dankbaar oor die ekstra inspuiting in die plaaslike

ekonomie en maatskaplike organisasies is in die

wolke oor ruim skenkings wat uitwoners aangedra

het.

Die Orania Beweging bied jaarliks tydens die

Desembervakansie ‘n kreatiewe vakansieprogram

aan. Studente het vakansiewerk op Orania kom

verrig en terselfdertyd met geesdrif deelgeneem aan

die vet pret wat vir die jongklomp gereël is.

Vir die kleinvolk is uitbundige kinderpret gereël

sodat ouers hulle eie ding kon doen.

Een van die hoogtepunte van die vakansieprogram

was ritte deur die pekanboorde teen sononder met

‘n trekker en sleepwa. Van slapende babatjies tot

negentigjariges het meegedoen. Tot 66 steenbokkies

is per rit getel. Tienerseuns het soms verkies om

agter die sleepwa te stap, amper soos Afrikanerseuns

lank gelede agter ‘n ossewa gestap het.

‘n Heerlike, vrolike, lawwe Cantus was een van die

vroeë items op die program wat besoekers gou in

‘n ontspanne vakansiegees gebring het. Die vaarte

op die Oranjerivier, hetsy per kajak of per vlot, was

dikwels vol bespreek en deelnemers se lyftaal voor

en na die vaart het ‘n duidelike verandering getoon!

Die nagmars was een van die items waaraan van

speenoud tot beenoud deelgeneem het. Avontuur

het geroep! Deelnemers het in die nagdonkerte op

die oewer langs die rivier tot by ‘n punt gestap en

moes hulleself aan ‘n tou deur die rivier trek tot by

‘n eiland. As gevolg van die groot aantal deelnemers

is sommige per kajak oorgeroei. Op die eiland is

heerlik vleis gebraai en gekuier voordat die terugtog

aangepak is.

Vir die fikses was die jaarlikse vierkamp ‘n groot

aanloklikheid. Lede van die span van vier moes

hardloop vanaf die ingang van die dorp tot by die

swembad, waar die volgende lid dan ‘n lengte in die

swembad moes swem. Die derde lid het fietsgery

tot by die Oewerpark en die laaste deelnemer moes

oor die rivier roei.

Vir diegene wat vermaak met minder fisiese uitdagings

verkies het, was filmvertonings die ideale oplossing.

Die piekniekflieks was ideale gesinsvermaak, terwyl

die kunsfilms die kykers lank in verwondering gelaat

het.

NUUS / PERSONEEL

Daar is groot moeite gedoen

om klante by die

Orania Rivier Spa behoorlik

te bederf. Veral die eilandervaring,

met blomme en

tropiese vrugte op die eiland,

het deelnemers dromerig

gelaat.

Vakansiegangers borrel oor

van die wonderlike belewenisse

wat hulle hier gehad

het.

Orania het stil-stil die nom-

mer een vakansiebestemming

vir Afrikaners geword.

Vyftien goeie jare!

“Donderdag moet julle koek bring want ons het iets om te vier,” sê tannie Elize

vrolik vir almal in die teekamer. “Donderdag is ek vyftien jaar in die kantoor.”

Die dorp was nog woes en leeg toe tannie Elize

en oom Jack Ungerer op 15 Januarie 1994 hier

aangeland het. Die Volkswag het kantoor nommer 13

by die Volkskool betrek. Die Vryheidsgebou, waar

die Orania Beweging tans gehuisves word, is in 1994

aangekoop en op ‘n vragmotor na Orania

vervoer. Dit was ‘n skoolgebou met net

een groot oop ruimte. Tannie Elize

wat die lede-administrasie behartig

het, vertel hoe sy aanvanklik vir haar

‘n kantoormuur van leë kartonne

gebou het. Dit was eers later dat die

binnemure van die gebou opgerig is.

Tannie Elize was met tye die enigste

personeellid en sy het vir Volkswag,

die Afrikanervryheidstigting (AVSTIG)

en SABRA gewerk. Later het die drie

organisasies onder die sambreel van

Spansaam gefunksioneer. AVSTIG het

intussen as die Orania Beweging in ‘n

dinamiese organisasie ontwikkel en SABRA

het EPOG geword.

Sy vertel van die dae toe die ouditorium

gebou is en die bouers die reuse plank

Tannie Elize

Ungerer

personeellid

met die langste

dienstydperk

by Orania

Beweging.

wat die gekurfde muur moes vorm, oornag in die

swembad gegooi het sodat dit in die regte vorm

gebuig kon word. Tannie Elize het die Possak geken,

wat later Voorgrond geword het, sy het personeellede

sien kom en gaan, sy het Orania sien groei en

ontwikkel. Sy het ook haar geliefde eggenoot

hier in Orania aan die dood afgestaan.

Hoewel sy reeds baie jare by die

drukwerk in die kantoor betrokke

is, het sy nou die drukkery van die

Orania Beweging heeltemal op haar

skouers geneem en druk talle boeke

vir Kenweb. Sy hanteer die finale fase

van die Ora, wanneer die note elkeen

individueel met die hand geteken

word. Sy is ook verantwoordelik vir

die kontrole en oordra van die note na

Orania Spaar en Krediet Koöperatief

Beperk (OSK).

Tannie Elize het baie talente, maar een

van dié wat haar mede personeellede die

meeste waardeer, is as sy met teetyd haar

spesiale appeltert neersit. Dan kan die

werk maar ‘n oomblik wag!

VRYHEID

Wat bedoel ons met

“vryheid”?

Willie Spies

Die sosiale aktivis en skrywer Ashwin Desai verwys in ‘n onlangse internetartikel

na die Vryheidsfront Plus se naam as “incongruous”.

Ek moes onmiddellik na my verklarende woordeboek gryp om vas te stel wat die woord beteken.

in•con•gru•ous adj.

1. Lacking in harmony; incompatible: a joke that was incongruous with polite conversation.

2. Not in agreement, as with principles; inconsistent: a plan incongruous with reason.

3. Not in keeping with what is correct, proper, or logical; inappropriate: incongruous behaviour

Die vraag ontstaan dadelik: waarom is die verwysing na “vryheid” in die naam van die Vryheidsfront Plus dan

vir buitestaanders so onvanpas of onbehoorlik? Dis tog dieselfde vryheid waarna verwys word in die naam

van die Afrikanervryheidstigting, of in die leuse “Vryheid met Geregtigheid”. Dit is dieselfde vryheid waarna

verwys word in die Eerste en Tweede Vryheidsoorlog.

Aan die ander kant is dit dalk nie dieselfde “vryheid” as wat die ANC en COPE in hulle Vryheidsmanifes

besing nie. En wat van die “vryheid” wat in die grondwet uitgespel word? Liberale kritici van die Afrikaner

verwyt ons dikwels vir die feit dat ons nie kan raaksien dat die Afrikaner “vryer” is as ooit in die verlede nie.

Die grondwet waarborg mos al die fundamentele vryhede: Vryheid van geloof, vryheid van spraak, vryheid

van keuse, vryheid van gewete, vryheid van onmenslike behandeling en wat nog alles word in die grondwet

as vryhede gewaarborg.

Dit lyk dus of die woordjie vryheid baie dinge vir baie mense beteken.

Ook in die Bybel het die woord nie ‘n politieke betekenis nie. Die woord vryheid kom net een keer in die Ou

Testament voor. Interessant genoeg word nêrens in die Ou Testament, waar die volk Israel se epiese uittog

uit Egipte beskryf word, na “vryheid” as die doel van die uittog gepraat nie.

In die Nuwe Testament kom die woord 15 keer voor, maar weer eens sonder enige politieke betekenis. Die

Nuwe Testament praat konsekwent van christelike vryheid as die vryheid van die bande van die sonde en die

wet, wat deur Jesus Christus se kruisdood vir ons moontlik gemaak is.

Die ander belangrike woord in ons politieke woordeskat, “geregtigheid” kom daarenteen baie meer voor:

210 keer in die Ou Testament en 93 keer in die Nuwe Testament.

Geregtigheid omvat ook baie meer. Dit word gebruik as een van God se karaktereienskappe, maar ook

as norm vir die optrede van konings, soos Dawid en andere. Polities word dit gebruik om die norme vir

saambestaan van Israel en sy bure neer te lê. En as riglyn vir die gelowige lewe, word dit by herhaling as ‘n

vrug en gawe van die geloof beskryf.

NP van Wyk Louw skryf jare gelede: “Ek sal liewer ondergaan as deur ongeregtigheid bly voortbestaan.”

10

VRYHEID

Prof. Herman Gilliomee skryf die Afrikaner se

gewillige prysgee van politieke mag in 1994 juis toe

aan hierdie kerneienskap van Afrikaners, naamlik

hulle soeke na geregtigheid.

Dit blyk dus dat die “vryheid” van die Vryheidsfront,

die Vryheidstigting, en die Vryheidsoorloë, ‘n

gekwalifiseerde vryheid is. Dis ‘n vryheid wat

gekwalifiseer word deur die universele kernwaarde

van “geregtigheid”.

Die vraag is dus of die vryheid van die grondwet

werklik geregtigheid laat geskied. Inderdaad is

Afrikaners as enkelinge vry om te praat soos hulle

wil, te dink soos hulle wil, te leef soos hulle wil, te

stem soos hulle wil, selfs van die stembus weg te bly

soos hulle wil, te trek soos hulle wil, te werk soos

hulle wil en selfs te emigreer soos hulle wil.

Het hierdie “vryheid” egter geregtigheid teenoor die

Afrikaner as volk laat geskied?

“Heft Burgers, ‘t lied der vrijheid aan

En zingt ons eigen volksbestaan!

Van vreemde banden vrij

Bekleedt ons klein gemenebest

Op orde, wet en recht gevest,

Rang in der Statenrij

Rang in der Statenrij.”

So lui die ou Vrystaatse volkslied, uit volle bors

gesing, later gevolg deur Langenhoven se Die Stem

van Suid-Afrika: “... knegte van die Allerhoogste,

teen die hele wêreld vry.”

Hoegenaamd nie. Deur regstellende aksie word

veral Afrikaners tot tweedeklasburgers in die

werksplek verlaag. As gevolg van die vryhede van

misdadigers is alle wetsgehoorsame Suid-Afrikaners

vandag gyselaars in hulle eie huise. In openbare skole

word die Afrikaner se geskiedenis gereduseer tot

“40 jaar van onreg deur apartheid”. Die vryheid van

die meerderheid het as’t ware geregtigheid aan die

minderheid ontsê.

Van Wyk Louw skryf dat in ‘n totalitêre bestel dit

daardie een enkele andersdenkende munisipaliteit of

provinsie kan wees wat as teengif vir die totalitêre

kan dien. Orania bied ‘n ruimte vanwaar hierdie

realiteit daadwerklik gekonfronteer kan word.

Laat ons dit met mening doen en laat ons vryheid

najaag met ‘n versugting om in geregtigheid te bly

voortbestaan.

Willie Spies

VF Plus Parlementslid

HEIDVRYHEIDVRYHEIDVRYHEIDVRYH

Daar was ‘n tyd toe geen Afrikaner getwyfel het

wat vryheid beteken nie. Vandag bestaan daar

egter verwarring oor die begrip. Ons word vertel

van verskillende soorte vryheid: gewetensvryheid,

geloofsvryheid, persvryheid, bewegingsvryheid, vryheid

van assosiasie. Waar hierdie vryhede bestaan (al

is dit soms relatief), word ‘n land as deel van die vrye

wêreld beskou, ook die nuwe Suid-Afrika. Dit geld

nie vir Islamitiese of Kommunistiese lande soos Iran,

Saoedi-Arabië, Kuba, Noord-Korea of China nie.

En tog voel baie Afrikaners ‘n verlies van die vryheid

waarvoor hul voorouers goed en bloed geoffer het.

Dit is omdat daar eintlik net twee vryhede bestaan:

persoonlike vryheid en staatkundige vryheid.

Mense wat net in materiële behoeftes belangstel,

wat vervreemd geraak het van hul geskiedenis en

tradisies, is doodtevrede met hul individuele vryheid,

solank die owerhede, wie dit ook al mag wees, nie

te veel inmeng nie. Aan die ander kant streef elke

groep mense wat ‘n gemeenskaplike taal praat, ‘n

gemeenskaplike gebied bewoon en aan mekaar

11

VRYHEID

gebind is deur afkoms en geskiedenis, na een

of ander vorm van staatkundige vryheid. So ‘n

volk wil nie deur ‘n ander volk gedomineer of

geregeer word nie.

Daar is baie volke wat al eeue lank stry, of

gestry het, om selfbeskikking te verkry. Dink

aan die Hollanders, Finne, Pole, Tsjegge,

Hongare, Iere, Vlaminge, Baske, Koerde,

Tamils, Israeli’s en Palestyne. Waarom dan nie

ook die Afrikaners nie? In die meeste groot

lande van Afrika (Kongo, Nigerië, Kenia) sal

daar nooit werklik vrede wees nie omdat

verskillende etniese groepe voortdurend

in konflik verkeer. Die suksesverhale in die

wêreld is meestal van lande met ‘n min of

meer homogene bevolking. In sulke lande is

dit maklik om meningsverskille ondergeskik

te maak aan die algemene belang, En almal

stem saam oor vryheid.

Staatkundige vryheid is natuurlik geen

waarborg vir individuele vryheid nie.

‘n Despoot kan vryhede vertrap en

daarom is die demokrasie onder normale

omstandighede die beste regeringstelsel.

Maar Suid-Afrika is ‘n goeie voorbeeld van ‘n

multikulturele samelewing van verskillende

volke waar ‘n bepaalde demokratiese model

van een-man-een-stem nie werk nie, want

wat tot voordeel van een groep is, is tot

nadeel van die ander. Die swartmense kan

met reg praat van bevryding, die witmense

nie. Dit was bevryding uit ‘n patriargale

stelsel eerder as uit onderdrukking soos dikwels te

kenne gegee word.

Die voorouers van die Afrikanervolk het presies

geweet wat onderdrukking is. Met Van Riebeeck

se koms na die Kaap in 1652 was die Tagtigjarige

oorlog teen die Spaanse oorheersing en die Spaanse

Inkwisisie so pas met die vredesverdrag van Munster

(1648) beëindig. Een van die merkwaardigste

episodes van hierdie stryd was die sewe maandelange

beleg van Haarlem (1572-73), waarin die

ongeoefende burgers, vaders, moeders en dogters

van die stad elke aanslag van die sterkste leër in

Europa met die pistool en swaard in die hand

afgeslaan het, maar uiteindelik weens hongersnood

moes swig. Ek lees toevallig die woorde wat die

moderne Nederlandse skrywer, Theun de Vries, vir

1

die heldin Kenau in die mond lê:

“Vrijheid is iets wat de mensen moeten

maken met hun eigen handen. De vrijheid

is in elk van ons, denkt Kenau, en als

wij sterven leeft ze verder in anderen. Al

verbrandt men de schepen van de Geuzen

en al schiet men de daken van Haarlem in

brand, ja, al neemt men deze stad en maakt

haar met de grond gelijk, de vrijheid was

hierbinnen en zij gaat niet te gronde met

ons ...”

Vir die mense van Orania is dit ‘n riem onder die

hart: Vryheid word met eie hande gemaak. Dit is

binne-in ons, dit sterf nie.

Prof. W.J. Verwoerd

LEDE

Terugvoer op Voorgrond-vraelyste

Voorgrond is ‘n naelstring vir baie uitwoners van Orania en hulle sien hartstogtelik

uit na elke uitgawe wat moet kom. Dit is in kort die terugvoer wat ons op die vraelyste

gekry het wat aan lesers gestuur is. Baie dankie vir al die positiewe terugvoer,

aanprysings, voorstelle en opbouende kritiek wat ons ontvang het. Dit het ons net laat

besef dat ons nog harder moet werk om in ons kosbare uitwoners se behoefte aan ‘n

nouer band met Orania te voorsien.

Ons lesers het laat blyk dat hulle besige programme

het en daarom nie tyd het om lang artikels te lees

nie. Hulle wil gou tot die kern van nuus kom. Hulle

verkies dus korter artikels, hoewel hulle verstaan

dat sommige artikels vanuit hulle aard langer moet

wees.

Lesers is veral honger vir ‘n visuele beeld van

Orania en ons sal poog om telkens met foto’s ietsie

van die daaglikse belewenisse van Orania te vertel.

Hulle wil ook meer weet van die daaglikse doen

van dingetjies en inwoners leer ken. Terselfdertyd

wil lesers op die hoogte bly met die filosofiese

onderbou en stel hulle veral belang in die geskiedenis

en totstandkoming van Orania. Hulle wil saam met

ons die grondgebied van Orania deurloop en weet

watter geleenthede vir ondernemings bestaan.

Verder geniet hulle die vryheidsimbole soos ons

vlag, die Klein Reus en die Ora.

Baie lesers het gevra dat hulle meer bladsye in

Voorgrond wil sien en dat ons Voorgrond meer gereeld

moet laat verskyn. Om aan hierdie behoefte te

voldoen, het ons In Diepte uit Voorgrond verwyder

en sal dit as ‘n afsonderlike bylaag uitgee. Voorgrond

bied dus nou ses bladsye meer aan nuusartikels.

Van ons kant af wil ons sê dat ons uitwoners vir

ons waardevol is en dat ons waardering het vir

die belangrike rol wat hulle speel in die opbou van

Orania. Ons sal graag ook meer wil hoor van ons

lesers en voorstelle en kritiek bly welkom.

Sonder die volgehoue ondersteuning van Afrikaners

dwarsoor die wêreld sal Orania nie volhoubaar

wees nie. Ons wil die band met julle versterk

sodat julle kan weet dat Orania ook julle kosbare

tuiskomplek is!

1

EIE ARBEID

Die Klein Reus het vriende

“Die eerste jaar was chaos, maar in die tweede jaar het die lig deurgebreek. Ek

is nou al vir my derde jaar hier.” Aan die woord is die “pa” van die Elim Arbeidsentrum,

Willie du Plessis, ‘n besondere man in ‘n besondere pos.

Die Elim Arbeidsentrum bestaan reeds

etlike jare en het deur verskillende

fases van ontwikkeling gegaan.

Oom Danie van Rensburg en

dr. Ben de Klerk het elk reuse

bydraes gelewer om Elim te

kon bring tot op die vlak

waar Willie kon oorneem.

Met Willie du Plessis aan

stuur van sake het Elim nou

‘n volgende fase betree. Die

besluit om Elim onder die

beskerming van die Orania

Beweging Helpsaamfonds te

plaas, dra by tot die suksesse

wat tans behaal word en die

volhoubare ontwikkeling van die

hele projek.

Die vraag oor Orania en ‘n eie gebied is ten

diepste ‘n vraag oor arbeid en selfwerksaamheid.

Dit is die sweet van ‘n volk wat ‘n land opbou en

dit is die stemme van die werkers in ‘n land wat die

politieke rigting daarvan bepaal. Daarom is arbeid

en die arbeidsentrum van wesenlike belang vir

Orania. Dit is ongelukkig ‘n realiteit dat Afrikaners

verleer het om harde fisiese werk te doen. Dit is

deur hierdie selfde proses waardeur Afrikaners hulle

vryheid verloor het. Om weer ‘n selfstandige volk

op te bou, wat ook in staat is om hard te werk, is

‘n kultuurproses wat ongelukkig nie oornag gebeur

nie.

Daar is baie lof vir die manne wat in Orania aanland

en wel bereid is om hierdie offer te bring. Die

realiteit is dat dit nie ‘n maklike pad is nie, dat daar

op hierdie pad baie teleurstellings is, dat baie manne

nie lank hou nie. Tog kan ons met dankbaarheid sê

dat daar wel suksesse is en dit maak die hele projek

die moeite werd. Die Elimmanne is die reuse wat

met hulle sweet en spiere bou aan Orania, aan

vorentoe, aan vryheid.

1

‘n Kuier by Elim laat ‘n mens gou besef

dat die sentrum ‘n baie spesiale

tuiste vir die Elimmanne is.

Dit is nie net ‘n woonplek

vir diegene wat daaglikse

arbeid verrig nie, dit is

ook ‘n omgewing waar

die manne erkenning kry,

waar hulle menswaardig

behandel word, waar hulle

opgebou word en waar

hulle geïntegreer word

in die gemeenskap en die

filosofie van Orania.

Willie het met streng vaderlike

dissipline ‘n goeie greep

op Elim. Daar word bv. geen

alkohol toegelaat nie, die manne

moet werk en hulle losies betaal. Elim is

die huis waarheen hulle saans terugkeer na ‘n lang

dag van harde werk. Willie stel dit duidelik dat hy

geen arbeidsmakelaar is nie; tog is dit noodsaaklik

dat hy vir die manne intree sodat werkgewers

hulle regverdig behandel. Hy gee leiding oor billike

werkspraktyke.

Met volle reg word Willie beskou as die vaderfiguur

van Elim. Die manne het vrymoedigheid om hulle

probleme met hom te bespreek, selfs al is dit

probleme by die huis, honderde kilometer ver. Hy

kan nie al die probleme oplos nie, maar hy luister en

probeer raad gee. Dikwels word sy “kinders” verwys

na die gemeenskapswerker, Frans Koekemoer, wat

deur berading leiding gee en so by ‘n oplossing

uitkom.

Dit is verstaanbaar dat die taak wat hy verrig,

emosioneel uitputtend is en daarom is Willie vol

lof vir die ondersteuning van die Orania Beweging

waar hy ‘n oop deur het na Frans de Klerk. Orania

Beweging is nóú betrokke by die administrasie

van Elim en deur die Helpsaamfonds word fondse

EIE ARBEID

gegenereer om die geboue op te gradeer en maatskaplike

hulp te verleen indien dit nodig is.

As hy oor sy manne praat, blink Willie se oë. ‘n Mens kan sien

hy dink aan baie gebeurtenisse en aan hartseer en vreugde.

“Baie ma’s sê hulle stuur hulle seuns Elim toe omdat daar

nie meer ‘n weermag is nie. Ek moet hulle opvoed en

hulle dissiplineer, maar ek moet hulle leiding gee en van

hulle manne maak. Soms is dit hartseer as ‘n outjie so goed

reggekom het en dan skielik wegloop of in drankmisbruik

verval. Maar gelukkig is die suksesse meer. Daar is manne

wat harde alkoholiste was, wat volkome gerehabiliteer is, Willie du Plessis dra Elim in sy hart

manne wat geweet het hoe om te baklei, wat nou vir Elim

en Orania sal baklei. Daar is al vyf manne uit Elim getroud. Die manne sorg vir mekaar: Hannes Olivier tel

geraamtes van rekenaars op die herwinningsterrein op en bou dit om in bruikbare rekenaars vir die ander

Elimmanne. Walter bou uit stukke optelgoed radio’s vir sy makkers. Byna almal in blok C het nou al ‘n radio

en hulle kan elke aand na Radio Orania luister. ‘n Kareoke-sisteem is op dieselfde wyse opgebou en dit sorg

vir prettige aande vir die manne. Een het gevra of hy nou kan begin groente plant in die vierkant, ander het

onderneem om die tuin oor te neem sodat hulle plek mooi kan lyk. Hulle is daar vir mekaar. Dit is wat my

hier laat bly...”

Hennie Pelzer

by die eerste

komposterende

toilet wat op Orania

afgelaai is.

Komposterende toilette

Een van Orania se beginsels is: moenie net kla nie,

maak dit (self, indien nodig) reg!

Suid-Afrika is ‘n waterarm land, geen twyfel nie. Ongelukkig word hierdie

probleem vererger deur die wanbestuur van riool. Is dit moontlik om

nie net die situasie te verbeter nie, maar inderdaad daaruit voordeel

te trek? Ja, beslis! Dit kos egter ‘n kopskuif en Orania het reeds

begin.

Daar is reeds ‘n stuk of ses droë stelsels in Orania verkoop en die

eerstes word reeds ingebou. Die voorkeurstelsel is na ons mening

die sg. urienskeidingsisteem waar ‘n toilet ‘n fisiese skeiding het

sodat vaste en vloeibare riool apart gehanteer word. Die vloeibare

gedeelte kan gebruik word as ‘n uitstekende bemesting en die

vaste stowwe word waterloos hanteer en gedroog en kan na

sowat ses maande veilig as grondkondisioneerder gebruik

word.

Onthou: jy het dit eerste op Orania gehoor!

John Strydom

1

GELOFTEFEES, ORANIA, 16 DESEMBER 2008

Flip Buys, Uitvoerende Hoof van

Solidariteit, het die feesrede gelewer

Voor: Annali Boshoff,

Middel: Elsabé Boshoff, Nikke Strydom en Anneke Boshoff

Agter: Corianca Oosthuizen

1

V.l.n.r: Carel Boshoff(iv), prof. Carel Boshoff,

dr. Ben de Klerk en sy seun Jan

Hester en Christiaan van Zyl

GELOFTEFEES, ORANIA, 16 DESEMBER 2008

Hennie Conradie het die samesang gelei.

By hom is sy seun Johan, ds. Adam Boshoff

en sy vrou, Adelaide

Die vader van Orania, prof.Carel Boshoff

Anje en Carel Boshoff (iv)

Elize Ungerer en Adelaide Boshoff

Flip Buys en Bertus Steenkamp

1

OMGEWING

Woestynsardyn vreet paaie deur landerye.

‘n Boer in die Orania-omgewing het onlangs vir die tweede keer in die afgelope

paar jaar toegekyk watter minagting die natuur vir menslike pogings het. Nadat groot

oppervlaktes landerye sowat twee jaar gelede eenvoudig deur ontelbare sprinkane

afgemaai is, moes die boer ‘n paar weke gelede weer magteloos toekyk hoe die

geskiedenis homself herhaal.

Die werklike redes vir die uitbroei van reuseswerms

sprinkane (tot so groot soos 60 kilometer by 15

kilometer) word nie volledig verstaan nie. Ons weet

dat vlieërs in ideale omstandighede tot 3 geslagte

per seisoen kan nalaat, maar hoekom groot swerms

slegs elke paar jaar uitbroei, is onduidelik. Daar word

beweer dat eiers selfs dekades lank dormant kan lê

voor hulle uitbroei.

Na bewering is daar in 1806 vir die eerste keer

melding gemaak van groot swerms sprinkane in Suid-

Afrika. In 1906 is die eerste sprinkaanbeheerbeampte

deur die staat aangestel. Hoewel net enkele groot

swerms tussen 1806 en 1906 uitgebroei het, is meer

gereelde uitbrake aangemeld nadat begin is om die

1

insekte aktief te bestry. Daar is in die vorige eeu

uiters toksiese stowwe gebruik vir bestryding, en

die vermoede bestaan dat die insekte aangepas het.

Maar hulle natuurlike predatore is erg uitgedun, met

gevolglike groter uitbrake. Volgens prof. Gerhard

Verdoorn is die gif wat deesdae gebruik word,

baie sagter op predatore, en kan boere met groter

vrymoedigheid swerms aanmeld (verkieslik in die

voetgangerstadium) vir bestryding.

’n Interessante verskynsel wat deur boere in die

Orania-omgewing aangemeld is, is dat die lande

waarop minimum-bewerkingspraktyke toegepas

is, nie vir die sprinkane aanloklik was nie en dat

daar byna geen skade aangerig is nie. Blykbaar het

die sprinkane ook nie gehou van die lande waar

natuurlike grondgesondheid tot ’n hoë peil herstel

is nie.

Mnr. Abré Steyn (’n afgetrede ekoloog) het ‘n paar

interessante feite oor sprinkane:

1. Die insekte bevat van die hoogste proteïeninhoud

van alle skepsels.

2. Die koste (vir die staat) om sprinkane te bestry

is meer as die totale skade wat die insekte aan

aangeplante gewasse aanrig. Dit sou dus sinvol

wees om eerder die boere vir die skade uit te

betaal, as om die sprinkane te bespuit.

3. Dit is bewys dat sprinkane baie maklik geoes kan

word, en dat hulle gebruik kan word in veevoer

in plaas van vis, waarvan daar ‘n al hoe groter

tekort ontwikkel.

Is dit moontlik dat iemand tyd en geld wil afstaan

om te probeer om ook hierdie plaag in ‘n ryke oes

te omskep?

Met moderne GPS- en inligtingstegnologie kan ons

woestynsardyne selfs as toerisme-aantreklikheid

bemark!

John Strydom

VRYHEID

Een ding

waaroor

Afrikaners

teen hierdie

tyd kan

saamstem,

is die ou

waarheid

dat die

wenner die

geskiedenis

skryf.

Agtergrond:

Oor Vryheid

Wie die woord “vryheid” met

selfvertroue kan gebruik, beskik daarmee

oor ’n belangrike wapen in sy stryd om

selfbehoud. Wie daarenteen huiwer om

dié “woord van alle woorde” op sy lippe te

neem, beskik eenvoudig nie oor wat dit vat om aan onderhorigheid

te ontsnap nie en word maklik die slagoffer van ander se besluite.

Daarom dat strydende partye soveel moeite doen om mekaar

se optrede in die naam van vryheid swart te smeer en hulle eie

optrede met die oog daarop, op te hemel.

Hiervan het Afrikaners die afgelope tyd

’n oordosis gehad: Alles wat ons gedoen

het om in Suid-Afrika met sy veelheid

van volke en botsende belange, vryheid

te behou, word as boos uitgebeeld; alles

wat die anti-apartheidstryders daarteen

gedoen het, as suiwer en edelmoedig.

Enige misstap aan apartheid se kant,

hoort tot die wese daarvan; enige misstap

aan die ander kant is ’n ongewenste byverskynsel

wat eintlik ook aan apartheid

toegeskryf kan word.

Een ding waaroor Afrikaners teen

hierdie tyd kan saamstem, is die ou

waarheid dat die wenner die geskiedenis

skryf – en wat ’n waardevolle stap sal

dit nie wees in die proses om weer ons

ewewig te herwin nie! Maar selfs groter

as die struikelblok wat ander se tydelike

monopolie op die woord “vryheid” in ons

pad lê, is die afgeswakte betekenis wat

ons self gewoond geraak het om daaraan

te verleen. Dit is naamlik algemeen om

aan vryheid as “die afwesigheid van

dwang” te dink, ’n beskrywing wat in

sy uiterste op losbandigheid kan uitloop

en daarom dikwels met die teenhanger

van “verantwoordelikheid” beperk

word. Hierdie kwalifikasie het sedert

my skooldae onbevredigend gevoel, nie

foutief nie, maar onbevredigend omdat

“vryheid” kwalik dan nog as hoogste

ideaal beskou kan word.

Die oplossing het ek baie jare later in die

werk van die Duits/Joods/Amerikaanse

skrywer Hanna Arendt raakgeloop.

Sy het die verskil tussen “freedom”

en “liberty” beklemtoon, in Afrikaans

die beste weergegee in vryheid van en

vryheid tot.

Vryheid van (oftewel die afwesigheid

van) dwang en die verantwoordelikhede

wat dit meebring, is uiteraard ’n

gewigtige saak, maar dit geld meestal

op individuele vlak.

Vryheid tot verteenwoordig daardie

vonk tussen mense wat ontdek dat hulle

saam dinge kan doen wat vir hulle apart

onmoontlik sou wees. Dit is die punt

waarop ‘n gemeenskap gevorm word,

waar die individu hom- en haarself

oorstyg en deel van iets groters word,

waar vryheid die doen van groot dinge

behels.

En op ’n ligter noot, dalk verklaar dit

die verband tussen vryheid en die

werkwoord “vry”: om iets saam te

doen wat vir ons apart onmoontlik sou

wees!

Carel Boshoff (iv)

President van die Orania Beweging

1

Aan-die-

Oewer

Orania Orania Rivier Rivier Spa

Vir navrae of bespreking

skakel Nettie by

053 207 0118

Volop skaduryke kampeer-

plekke en woonwastaanplekke

met kragpunte

Goed toegeruste ablusieblok

Breë rivier vir watersport

Braaiplekke en braaihout

Volledig toegeruste chalets

Visvangplekke

Veiligheid

Vlotvaarte

Spesiale aanbod

aan Orania

Beweging-lede:

10% afslag *

Kom ervaar welgeluksaligheid …

Skakelpersoon: Karin Coetsee Telefoon: 053 2070 118

*Aanbod geldig van 1 Junie 2008 tot 31 Mei 2010

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!