03.05.2013 Views

Baie van Janine Neethling se nuwe geluk is in 'Jesus ... - State Theatre

Baie van Janine Neethling se nuwe geluk is in 'Jesus ... - State Theatre

Baie van Janine Neethling se nuwe geluk is in 'Jesus ... - State Theatre

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

LENTENOTE

vir JANINE

Baie van Janine Neethling se nuwe geluk

is in ‘Jesus - die Musiekblyspel’ se musiek

verweef. Met die geur van fynbos en die see

wat deur haar vensters instroom, het haar

vingers en die klawers Jesus se storie vertel

Deur MARTIE SWANEPOEL. Foto’s deur JOHAN WILKE

n Janine Neethling se ateljee by haar nuwe huis

op Onrus staan ’n ou vleuelklavier langs haar

moderne produksietoerusting. Dit was haar

tannie Griekie se klavier. En dis waar haar

storie met note begin het.

“Dis die eerste klavier waaraan ek ooit geraak

het. Ek onthou nog die oomblik toe ek in my

ouma se huis in Kaapstad vir die heel eerste

keer met een vinger ’n noot op hom gedruk het.”

Vandag dans haar vingers oor die note van die

een produksie na die ander.

Sy het met ons ter perse gaan nog gerepeteer aan Jesus - die

Musiekblyspel wat van 27 April in die Staatsteater-operahuis te

sien sal wees. Johan Scholtz skryf die teks en doen die regie, Soné

Combrink is die vervaardiger en Janine is vir die musiekverwerkings

van die teks verantwoordelik.

Die musiekblyspel het ’n interessante rolverdeling: Heinz

Winckler speel Jesus, Robbie Wessels is Johannes die Doper,

Marisa Drummond is Maria Magdalena, Melissa Bam

vertolk die rol van Moeder Maria, Leon Ferreira dié van

Judas en Matt Stern is Petrus.

Janine, haar seun, Sam (11), en man, die dramaturg

Deon Opperman, het in Desember Onrus toe getrek.

Die eerste paar maande van die jaar het onder meer

dié produksie haar baie besig gehou. Dié selferkende

werkoholis het haar ateljee dus reeds deeglik ingewy.

“Tant Griekie se vleuelklavier staan langs my. Hy het al lang

paaie gereis: van my tannie se huis, na my ma toe, na my woonstel

38 rooi rose APRIL 2013

JANINE WORD

AS EEN VAN DIE

HARDWERKENDSTE

MUSIKANTE IN DIE

LAND BESKOU. SY

IS OP HAAR GELUK-

KIGSTE SKEPPEND

BY DIE KLAVIER.

PHOTOGRAPHS: GETTY IMAGES

PHOTOGRAPHS: GETTY IMAGES

rooi rose

MENSE

toe, na Johannesburg toe waar hy sommer ’n paar keer getrek het.

Uiteindelik is hy hier op Onrusrivier. Waar ek dink hy nou maar

kan wortelskiet!”

Wat die klavier vir haar nog meer sentimenteel maak, is dat sy

al honderde sangers op hom begelei het.

“Almal van Nianell, Dorothy Masuka, Abigail Khubeka, Vusi

Mahlasela, Steve Hofmeyr, Sibongile Khumalo, Joe Niemand,

Yvonne Chaka-Chaka, Bobby van Jaarsveld, Juanita du Plessis

tot my kind! As die klavier maar net kon praat ... ”

Sy hou daarvan om stil en alleen in die ateljee te werk wanneer

sy aan ’n produksie skryf. “Net ek met my oorfone op. Ek praat die

skrywer se woorde oor en oor tot die tempo en die styl vir my

duidelik word. Daarna volg die ideale toonaard vir die persoon of

persone wie dit gaan sing. Dan begin ek speel, en ’n spel is dit!”

Die repetisies vir Jesus - die Musiekblyspel met die akteurs en

sangers het in Maart begin. Johan het die teks geskaaf.

“Soos ek ‘speel’ op my klavier, so was sy spel tussen die Bybel

en sy rekenaar terwyl hy aan

die blyspel gestalte gegee het.

Daarna eers is al die musiek

gekomponeer, die verwerkings

gedoen, die stelle en kostuums

finaal ontwerp, die beligting en

klank beplan. Om ’n blyspel op

die planke te bring, is nie ’n

grappie nie. Dis ’n lang en

multidissiplinêre proses.”

Soné het Janine betrek

omdat dit die eerste blyspel is

wat sy vervaardig en sy wou ’n

ervare musiekspan hê. Sy en

Johan het Janine vertrou om

oorspronklike musiek te skryf

wat vir die storie sal werk.

Janine beskryf Johan as “’n

spesiale siel. Hy is warm,

intelligent en het groot

skeppingsvermoë. Sy idee-‘pot’

hou nie op oorloop nie. Hy

raak kinderlik opgewonde om

die storie van Jesus met almal

te deel. Die projek is vir hom ’n

logiese ontwikkeling om sy

twee wêrelde – as pastoor en

akteur – saam te smee.

“Ek hou van die eenvoud

waarmee die boodskap

oorgedra word. Die doel is om

die storie in mense se harte te

MODERNE

GENIE

Teaterkenners het

Janine en Deon se

oratorium, Die Skepping,

wat in Februarie in die

Staatsteater in Pretoria

te sien was, as ’n meesterstuk

beskryf.

Sommige resensente

het ná die vertoning

na Janine verwys as

’n “moderne musikale

genie”. Dit was die eerste

oratorium in Afrikaans.

Sy en Deon wou eers

’n requiem skryf, maar

het toe besluit Deon se

gedigte sal eerder in ’n

oratorium pas.

Haydn se oratorium

Die Schöpfung (Die

skepping), wat in 1798

voltooi is, se teks is

gegrond op die Bybelse

skeppingsverhaal

en John Milton se

Paradise Lost. Maar

Janine en Deon se

oratorium is ’n moderner

skeppingsverhaal wat

die verhaal met digitale

beelde, koormusiek,

individuele sangers en ’n

simfonie-orkes vertel.

APRIL 2013 rooi rose 39

ooi rose

MENSE

laat lê. Ons gebruik eietydse klanke soos

akoestiese kitaar saam met strykers en

dramatiese slagwerk. Daar gaan veral in die

koorwerk ’n sterk vroeg-Joodse klank wees om

die era ‘emosioneel’ te definieer. Die beste

verwysing waaraan ek kan dink, is rolprentmusiek vir

die verhoog om die storie te help vertel.”

Sy kan nie onthou hoeveel produksies sy al gedoen het nie.

“Elke projek het my iets geleer. Hoogtepunte was nog altyd

waar ek self gekomponeer het, of dit nou vir die kroning van die

Bafokeng-koning of die musiek vir die TV-reeks Hartland was.”

Sy is dankbaar vir die “onmeetbare” evaring wat sy in televisiemusiekprojekte

soos Huisgenoot Skouspel opgedoen het.

Maar sy sal die pad wat sy en sangeres Amanda Strydom gestap

het, vir niks verruil nie. “Haar oortreĀende musikaliteit en

vertolkingsvermoë het my as musikant en siel gerek. Ek is ’n baie

ryker mens danksy die dertien jaar wat ek saam met haar getoer

het. Die intimiteit van op so ’n gestroopte ‘klein’ vlak werk, asook

die enorme projekte soos Skouspel, is ewe uitdagend. Net op

verskillende maniere. Jou individuele energie word net meer

versprei op ’n groot projek.”

Sy het as jong, skaam musikant drie jaar saam met Danièle

Pascal deur die platteland getoer.

“Toe het ek Europa ingevaar om te kyk of ek daar wou bly, maar

toe ek daar land, het ek geglimlag, want ek het geweet ek gaan

40 rooi rose APRIL 2013

‘AS EK NIE

MUSIEK

MAAK NIE,

WORD EK ’N

BIETJIE KÊNS.

SO, EK SAL

AANHOU!’

‘Nou

stap ek weer ’n

lente in. Die keer

met meer volwassenheid

en

lewenservaring’

weer huis toe.”

Terug by die huis het sy haar loopbaan begin uitkerf.

Teen die tyd wat sy Dale Cutts ontmoet het, was sy reg om

te trou.

“En om ’n kind te hê. Sam is die grootste seëning in my

lewe. Ek het nog nooit nader aan God gevoel as toe hy

gebore is nie. Min het ek geweet watter leerskool dit sou wees!”

Dale is 31 jaar ouer as sy en sy reeks beroertes, Parkinson se

siekte, epilepsie en siektes het haar lewe omgewoel.

“Dit was herfs en winter tegelyk.”

Sy wil graag mense wat worstel met die vraag of dit reg is om ’n

ouer, sieklike mens in ’n tehuis te sit van haar ervaring vertel.

“Ek het aanvanklik botweg geweier om dit te doen. Ek het geglo

ek doen die regte ding, al het ek in die hospitaal beland omdat ek

so uitgebrand was.”

Op ’n dag het ’n vriendin vir haar gesê dat sy selfsugtig is: dat

Dale dit verdien om met meer mense te gesels as net met sy vrou.

“Ek was in elk geval so besig om te probeer geld maak, want hy

het nie ’n mediese fonds gehad nie. Toe gaan die liggie aan: uit

liefde sou ek dit vir hom doen. Die oorgang was nie maklik nie.”

Dale is na die Parksorgsentrum naby haar huis oorgeplaas.

“Hy is nou in ’n tehuis in die Kaap. Dit het ons lewe gered. Die

verligting was vir ons almal groot. Die meeste vir ons seun.”

Sy het weer liefde gevind: in ’n ou vriend, die dramaturg Deon

Opperman. “Op Vrydag 13 Augustus 2010 het Deon vir my

gesê hy het my steeds lief.”

Hy het haar destyds gevra om te trou toe sy en

Dale nog beplan het om te trou. Sy het toe ’n

geruime tyd aan sy huweliksaanbod gedink.

Dale weet van haar nuwe liefde en is bly sy

en Sam is nou versorg.

“Maar ek weet nou dat niemand anders my

al ooit liewer as Deon gehad het nie. Dit het

ná sy liefdesverklaring nie lank geneem om die

kettings om my hart te begin losmaak en te

besef dat ek hom ook liefhet nie. Nou stap ek

weer in ’n lente in. Dié keer met meer volwassenheid

en lewenservaring.

“Ons familie bestaan uit ’n hele paar diere ook! Vier honde,

’n kat en ’n African Grey-papegaai.“

Desember se trekkery Onrus toe was ’n hele drama.

“Twee karre in konvooi. Deon met die papegaai op sy skouer in

die een kar en ek en Sam saam in die ander een. Deon moes ons

gaste nou al tot vervelens toe vermaak met die storie van die

histeriese papegaai in die haelstorm buite Beaufort-Wes. Die voël

het gedink die reënveërs is ’n valk wat hom gaan aanval!”

Van die oomblik dat hulle in hul nuwe huis ingestap het, het

hulle gevoel asof hulle al jare daar woon. vervolg op bl. 183

VIER GELUKKIGE ROOI ROSE-LESERS

KAN ELK TWEE KAARTJIES NA JESUS – DIE MUSIEKBLYSPEL

VERNIET KRY. DIE KAARTJIES IS VIR DIE GLANSRYKE GALA-

OPENINGSAAND OP 30 APRIL BY DIE STAATSTEATER-OPERA-

HUIS IN PRETORIA. STUUR VOOR 20 APRIL ‘N E-POS NA

LYZANDRIMEDIAPASSIONPR@GMAIL.COM MET “ROOI ROSE-

KAARTJIES” IN DIE ONDERWERPREËL.

PRODUKSIE CORNÉL DUNN; AGTERGROND CORNÉL DUNN EN JOHAN WILKE; KLERE JANINE S’N

Lentenote vir Janine

van bladsy 40

“Dit het vir ons almal geweldige nuwe energie en vrede gebring.

Sam kan nou op sy lyfplank in die see speel, in die strate op sy

fiets en J-bord ry. En hy doen dit met oorgawe! Hy het ’n vryheid

wat hy nie in Gauteng gehad het nie.”

Daar is nuwe vreugde in haar lewe. Liefde, fynbos en die see.

Sy en Deon werk lekker saam.

“Ons het elkeen ook onaĀanklik e projekte waaroor ons met

mekaar gesels, maar elkeen op sy eie takel. Ons is mos albei op 15

Maart gebore en ek sweer party dae gaan ons deur presies

dieselfde gevoelens!”

Anders as sy, het hy ’n brandende positiewe lewensdrang wat

hom laat kanse waag en projekte aanpak al dink almal sy idees is

mal of nie lewensvatbaar nie.

“Sy lewe word nie deur vrees regeer nie. Dit is hoekom hy my

held is. Ek bewonder hom elke dag meer. Hy laat dinge gebeur.

Daardie ‘arrogante’ streep het hom al in baie moeilikheid laat

beland. Hy steek regtig sy kop uit en kruip nie weg wanneer hy

voel iets moet gesê word nie.”

Wat haar die meeste verstom, is dat hy ongelooflik vinnig

werklik vir Sam liefgeword het.

“Dat daar vir elkeen van ons lesse was om te leer en gewoontes

om te verander is natuurlik deel van die proses, maar die liefde

tussen Sam en Deon is eg. Ek glo om ’n ouer te wees, is die beste

en moeilikste ding wat al ooit met my gebeur het. Maar sonder

liefde kan dit nooit werk nie. Ja, en die grootste is die liefde, nè!”

Janine beken sy is nie ’n perfekte mens nie.

“Ek het gewoontes en houdings waaraan ek werk en

moet werk. Ek kan nie meer wegskram van dit wat my as

mens terughou nie. Die positiewe verandering van ons

trek het vir my ’n nuwe kalenderjaar gebring met meer

moontlikhede om te groei as waarvan ek selfs kon droom.”

Sy was nog nooit in haar lewe so gelukkig nie.

“Ek is kognitief besig om te groei. En om lief te hê. En om

liefgehê te word. Daar is vir my niks groter of beter as dit nie. Ek

was jare lank ’n werkverslaafde. Dale se beroerte het my gedwing

om my lewe te herprioritiseer. Ek het my huis verloor, maar ek

het my innerlike balans begin kry.”

Die leidrade op die pad deur die hartseer het haar laat besef hoe

sterk sy werklik is.

“Ek beskou dit nou as ’n voorreg om te lewe en nie meer as

vanselfsprekend nie. Ek besef nou uiteindelik dat die plantjies net

kan groei as jy werklik vir hulle sorg; of dit nou die plante in jou

siel, jou vriendskappe, of jou eie kind is.”

Sy sal dalk nie dadelik die rustigheid van Onrus kan ervaar nie.

Tot en met einde April het sy ses groot produksies gehad, soos Die

Skepping, wat sy saam met Deon geskryf het, en sy speel ook

vanjaar in ander produksies soos hul nuwe klassieke produksie

Trio met ’n Twist.

“As ek nie musiek maak nie, word ek ’n bietjie kêns. So, aanhou,

sal ek aanhou! My grootste wens vir myself is dat ek sal onthou

om uit liefde uit besluite te neem en nie vrees nie, en om dit

waaroor ek jare lank my kop in die sand weggesteek het, die lig en

lug te laat sien.” rr

APRIL 2013 rooi rose 183

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!