DORMER HANDLEIDING HANDLEIDING - SA Stamboek

DORMER HANDLEIDING HANDLEIDING - SA Stamboek DORMER HANDLEIDING HANDLEIDING - SA Stamboek

studbook.co.za
from studbook.co.za More from this publisher
03.05.2013 Views

am A geneties daartoe instaat om lammers te teel wat 2kg swaarder sal wees as ram B se lammers. In die Standaard Dormer katalogus word die volgende teelwaardes aangetref: 1) Speen Direk: Dit is ‘n aanduiding van die dier se direkte groeivermoë tot op speenouderdom. 2) Na Speen Direk: Dit is ‘n aanduiding van die dier se direkte groeivermoë na speenouderdom. 3) Speen Maternaal: Dit is ‘n aanduiding van die dier se melkproduksie, maw by ramme is dit ‘n aanduiding van hoeveel melk sy vroulike nageslag gaan hê. 4) Rew: Dit is ‘n relatiewe ekonomiese waarde wat speen, naspeen en reproduksie teelwaardes kombineer. Hierdie waarde moet net as riglyn gebruik word om die diere met die regte verhoudings tussen gemete eienskappe te identifiseër. As die waarde laag is beteken dit moontlik dat speen direk hoog is maar speen maternaal baie laag ens. 5) LamS: Die aantal lammers met speengewig aangeteken teenoor aantal keer gelam. Hierdie teelwaarde word uit die dier se stamboom bereken en ten minste drie generasies is belangrik. Gebruik dit in samewerking met die ram se moeder se aantal lammers gespeen per lamming, die OPI indeks, interlamperiode en ouderdom eerste lam. Om teelwaardes maklik te vergelyk is simbole toegeken wat ook by die teelwaardes verskyn nl, * Top 10% van ras, + Top 40% van ras, = Binne 10% van rasgemiddeld, - Onderste 40% van ras, × Onderste 10% van ras. Die akkuraatheid van die teelwaardes verskyn ook langs die teelwaardes. Om teelwaardes te gebruik moet dit betroubaar wees. Vir die berekening van teelwaardes word ‘n dier se eie produksie asook die van sy familie en ook sy nageslag in berekening gebring, dus kan ‘n dier se teelwaardes verander as daar meer inligting bykom. Betroubaarheid van teelwaardes hang van die volgende aspekte af: 1) Akurate stambome: Akkurate rekordhouding van parings en geboortes is van uiterste belang. Stuur alle data in, ook die van dooie lammers. 2) Akurate gewigte: Om te meet is om te weet. ‘n Akkurate skaal en diere wat op die regte tyd geweeg word, is onontbeerlik. Weereens stuur alle data in, onthou by die Dormer is produksie aantekening verpligtend. Stuur ook na-speen gewigte in. 3) Indeksgroepe: Slegs diere wat dieselfde behandeling ontvang het, kan in dieselfde indeksgroep verwerk word. Hou indeksgroepe so groot as moontlik omdat dit teelwaardes meer akuraat maak. 4) Koppelings: Om meer akkuraatheid in teelwaardes binne die ras te verkry, moet daar gestreef word vir goeie koppelings. ‘n Goeie koppeling word verkry as een of meer ramme in meer as een kudde gebruik kan word. As daar nuwe ramme gebruik word, moet daar gepoog word om een of meer ou ramme van die vorige seisoen ook te gebruik. Probeer dus om minstens twee ramme per seisoen te gebruik en ten minste een van hulle ook in ander seisoene. 28

Deur die gebruik van akkurate teelwaardes kan ‘n kudde vinnige genetiese vordering maak. Om die beste resultate te verkry moet dit reg aangewend word. Teelwaardes is beskikbaar vir eienskappe wat meetbaar is. Ander nie meetbare eienskappe is net so belangrik en vir die rede is balans tussen die gemete en nie meetbare eienskappe van kardinale belang. Teelwaardes in samewerking met visuele observasie is ‘n goeie kombinasie om diere te selekteer. Onthou dat van die teelwaardes met mekaar gekorreleerd is, bv seleksie vir te hoë groei kan melk negatief beïnvloed. Seleksie vir te hoë melk weer het ‘n “melk” tipe skaap tot gevolg wat moeilik in ekstensiewe toestande kan gedy. Waak teen uiterstes en hou jou teelwaardes in balans met die omgewing waarin jou diere moet presteer. By teelwardes is die gesegde absoluut waar: “Rubish in = Rubish out”. Die bruikbaarheid van ‘n kudde se teelwaardes is net so goed, soos die data wat ingestuur word. 29

Deur die gebruik van akkurate teelwaardes kan ‘n kudde vinnige genetiese vordering

maak. Om die beste resultate te verkry moet dit reg aangewend word. Teelwaardes is

beskikbaar vir eienskappe wat meetbaar is. Ander nie meetbare eienskappe is net so

belangrik en vir die rede is balans tussen die gemete en nie meetbare eienskappe van

kardinale belang. Teelwaardes in samewerking met visuele observasie is ‘n goeie

kombinasie om diere te selekteer.

Onthou dat van die teelwaardes met mekaar gekorreleerd is, bv seleksie vir te hoë groei

kan melk negatief beïnvloed. Seleksie vir te hoë melk weer het ‘n “melk” tipe skaap tot

gevolg wat moeilik in ekstensiewe toestande kan gedy. Waak teen uiterstes en hou jou

teelwaardes in balans met die omgewing waarin jou diere moet presteer.

By teelwardes is die gesegde absoluut waar: “Rubish in = Rubish out”. Die

bruikbaarheid van ‘n kudde se teelwaardes is net so goed, soos die data wat ingestuur

word.

29

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!