DORMER HANDLEIDING HANDLEIDING - SA Stamboek

DORMER HANDLEIDING HANDLEIDING - SA Stamboek DORMER HANDLEIDING HANDLEIDING - SA Stamboek

studbook.co.za
from studbook.co.za More from this publisher
03.05.2013 Views

geboortekennis-gewingboek saam te neem vir ingeval daar dalk ‘n probleem mag opduik. Dit is die taak van die ringbeamptes om te bevestig dat die nommers van die diere wat vir ‘n klas inkom, ooreenstem met die in die inskrywingsboek. Die vashouer dra die kaart met die nommer by hom, of dit hang om die skaap se nek wat ooreenstem met die nommer in die boek. Dit is ‘n nommer wat aan die eienaar toegeken word vir daardie spesifieke inskrywing en verskyn in die boek naas die naam van die teler en langs die oor tatoeëernommer van die dier. Daarom moet die ringbeamptes veral by Nasionale Skoue baie seker maak dat behalwe die nommer van die kaart ook die oor tatoeëernommer van die dier wat vir die klas ingebring word, ooreenstem met die oornommer in die boek. (‘n Dier wat onttrek is, kan nie vervang word die dag van die beoordeling nie, aangesien die kantoor dit moes kontroleer. So ‘n plaasvervanger kan deurglip as daar nie na die oornommers ook gekyk word nie.) 17.1.2 Klasse vir Nasionale-, Provinsiale- en Streekskoue: 1. Enkel inskrywing – ramme en ooie • Onder 3 maande – Lam word op hoef as slaglam beoordeel • 3 tot 6 maande • 6 tot 9 maande Lammers uit bogenoemde drie klasse kom in aanmerking vir die Kampioen en Reserwe Kampioenlam. • 9 tot 12 maande • 12 tot 15 maande • 15 tot 18 maande Diere uit bogenoemde drie klasse kom in aanmerking vir die Junior en Reserwe Junior Kampioen. • 18 tot 24 maande • 24 tot 36 maande • oor 36 maande Diere uit bogenoemde drie klasse kom in aanmerking vir die Senior en Reserwe Senior Kampioen. Groot Kampioen – Afkomstig uit die kampioene van bogenoemde klasse. 2. Groepsklasse – ramme en ooie • Groep van 3, onder 12 maande • Groep van 3, 12 tot 18 maande 18

• Groep van 3, oor 18 maande 3. Teelgroepe • Teelgroep bestaande uit 2 vroulike diere en 1 ram afstammeling van dieselfde vaar. • Junior teelgroep bestaande uit 3 vroulike diere en 1 ram onder 18 maande. • Senior teelgroep bestaande uit 3 vroulike diere en 1 ram oor 18 maande. a) Nadat die skape almal in die ring is, plaas die ringbeampte die skape in ‘n ry met hul agterkwarte na die beoordelaar met ‘n goeie spasie tussen die skape. Die ringbeampte moet toesien dat die skape regstaan. Wanneer die klas gereed is, sê die ringbeampte vir die beoordelaar dat hy kan aangaan. Daar word eers na die funksionele vereistes gekyk. b) Dit is die ringbeampte se werk om die skaap te draai – na voor, kant, om te laat loop, ens. – met ander woorde soos die beoordelaar dit wil hê. Onthou om indien moontlik, so min moontlik te draai – die vashouers moet die hele dag skape vashou. Dis beter om, indien die spasie dit toelaat, die skape so te laat staan wanneer na voor en na agter gekyk word, sodat die beoordelaar om die skape kan loop en die diere nie onnodig gedraai word nie, tensy die ring so is dat die skaap gedraai moet word sodat die vertoners en belangstellendes ook kan sien. c) Die ringbeampte moet ‘n goeie kennis dra van die ras sodat hy behulpsaam kan wees indien die beoordelaar hom sou vra. Op klein skou is die beoordelaar gewoonlik alleen en dis goed as hy sy gedagtes met iemand kan deel. Die ringbeampte moet net nie probeer om die beoordelaar te oortuig nie. Dit is etiket, veral by SA-, Provinsiale- en Streekskou dat die ringbeampte eenkant staan as sy werk afgehandel is en nie probeer inmeng of saampraat met die beoordelaars nie. d) As die beoordelaar sy finale plasing gegee het, neem die ringbeampte die naam of nommer van die wenners. Terwyl hul in die ring bly, word die res van die skape uitgestuur. Die ringbeampte kry die nodige pryskaarte by die kantoor en neem die name van die wenners na die aankondiger. e) Die ringbeampte neem die pryskaarte na die beoordelaar vir sy handtekening en gee dit dan aan die vertoners of aan ‘n borg vir oorhandiging. f) Die ringbeampte prul nie skape nie. Dit is die werk van die beoordelaar (kort bek, wol te lank, ens). g) Wanneer die beoordelaar ‘n skaap prul, is dit die ringbeampte se werk om toe te sien dat die skaap nie in die ring kom in die groepklasse nie. Die skaap is geprul en mag onder geen omstandighede weer in die ring kom nie. Die 19

geboortekennis-gewingboek saam te neem vir ingeval daar dalk ‘n probleem

mag opduik.

Dit is die taak van die ringbeamptes om te bevestig dat die nommers van die

diere wat vir ‘n klas inkom, ooreenstem met die in die inskrywingsboek. Die

vashouer dra die kaart met die nommer by hom, of dit hang om die skaap se

nek wat ooreenstem met die nommer in die boek. Dit is ‘n nommer wat aan

die eienaar toegeken word vir daardie spesifieke inskrywing en verskyn in die

boek naas die naam van die teler en langs die oor tatoeëernommer van die

dier. Daarom moet die ringbeamptes veral by Nasionale Skoue baie seker

maak dat behalwe die nommer van die kaart ook die oor tatoeëernommer van

die dier wat vir die klas ingebring word, ooreenstem met die oornommer in

die boek. (‘n Dier wat onttrek is, kan nie vervang word die dag van die

beoordeling nie, aangesien die kantoor dit moes kontroleer. So ‘n

plaasvervanger kan deurglip as daar nie na die oornommers ook gekyk word

nie.)

17.1.2 Klasse vir Nasionale-, Provinsiale- en Streekskoue:

1. Enkel inskrywing – ramme en ooie

• Onder 3 maande – Lam word op hoef as slaglam beoordeel

• 3 tot 6 maande

• 6 tot 9 maande

Lammers uit bogenoemde drie klasse kom in aanmerking vir die Kampioen en Reserwe

Kampioenlam.

• 9 tot 12 maande

• 12 tot 15 maande

• 15 tot 18 maande

Diere uit bogenoemde drie klasse kom in aanmerking vir die Junior en Reserwe Junior

Kampioen.

• 18 tot 24 maande

• 24 tot 36 maande

• oor 36 maande

Diere uit bogenoemde drie klasse kom in aanmerking vir die Senior en Reserwe Senior

Kampioen.

Groot Kampioen – Afkomstig uit die kampioene van bogenoemde klasse.

2. Groepsklasse – ramme en ooie

• Groep van 3, onder 12 maande

• Groep van 3, 12 tot 18 maande

18

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!