03.05.2013 Views

DORMER HANDLEIDING HANDLEIDING - SA Stamboek

DORMER HANDLEIDING HANDLEIDING - SA Stamboek

DORMER HANDLEIDING HANDLEIDING - SA Stamboek

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Dormer Skaaptelersgenootskap van SA

Posbus 506

Bloemfontein

9300

Tel: 051 410 0958

Faks: 051 448 4220

E-pos: dormer@studbook.co.za

Webblad: www.studbook.co.za/Society/dormer/

1

1. DIE ONTSTAAN EN ONTWIKKELING VAN DIE DORMERRAS

Die Dormer is 'n Suid- Afrikaans geteelde witwol vleisskaap wat na jare van intensiewe

navorsing by die Elsenburg Landboukollege ontwikkel is uit kruisings tussen Dorset Horn

ramme en Duitse Merino ooie.

Die doel met die ontwikkeling van die ras was om 'n vroegryp skaapras te teel wat vinnig

en bekostigbare vleis kan produseer; goed aangepas sou wees by toestande in die

winterreënstreek; wat kon meeding met lammers uit Australia en Nieu Seeland op die

Smithfield-mark in London . Die doel was voorts om geskikte ramme vir kruisteelt te

produseer, veral met die Merino en daarom is daar besluit op ‘n witwol vleisras, vry van

kemp en gekleurde vesels in die vag.

2. SLAGLAMPROEWE OP ELSENBURG

Sedert 1927 vir meer as 10 jaar, is ramme van rasse soos Dorset Horn, Border Leicester,

Ryeland, Romney Marsh, South Down, Suffolk Down, (Britse vleisrasse) asook Texel,

Corriedale, Duitse Merino en Swartkop Persie met Merino-ooie, die mees beskikbare ooi,

gepaar.

Later is Duitse Merino X Merino-ooie met Dorset Horn ramme gepaar en is bevind dat

die nageslag swaarder was as enige ander kruislammers. Bogenoemde resultate het

aanleiding gegee tot die paring van Duitse Merino-ooie met Dorset Horn-ramme.

Afgesien van die besondere eienskappe van Duitse Merino-ooie kon hulle ook soos die

Merino en Dorset Horn maklik in die herfs lam met ‘n bevredigende lampersentasie.

Proewe het getoon dat die Dorset Horn X Duitse Merinolammers die beste slaglammers

was.

3. KOöPERATIEWE PROEWE IN DIE WINTERREëNSTREEK

A.g.v. die goeie resultate in die Elsenburg slaglamproewe is besluit om soortgelyke

proewe op koöperatiewe basis en tussen boere oor die hele streek uit te brei om die

moontlikheid van ‘n winsgewende slaglamindustrie, wat op die buitelandse mark

aangewys is, te ontwikkel.

Gedurende 1936 en 1937 is ‘n paar honderd vleisrasramme uit Australië en Engeland

ingevoer en hoofsaaklik met Merino-ooie gekruis waaruit meer as 6000 lamkarkasse na

die Smithfieldmark uitgevoer is. Die grootskaalse proewe het bewys dat die Dorset

Hornram die beste vleisrasram vir slaglamproduksie was. Longaandoenings a.g.v. die

klein Meullerius longwurm was egter ‘n probleem. Die Dorset Horn en Duitse Merino

stoet wat onderskeidelik in 1923 en 1932 begin is en onder dieselfde toestande op

Elsenburg aangehou is, kon met mekaar vergelyk word wat die vatbaarheid en weerstand

vir longwurm betref. Daar is gevind dat die Duitse Merino meer bestand was teen

longwurm en dat in die geval van die Dorset Horn, moontlik oorerflik was.

4. BEPLANNING VIR DIE SKEPPING VAN ‘N NUWE RAS

Mnr LH Bartel wat hom so aktief beywer het vir ‘n slaglam nywerheid in die

winterreënstreek het met die gedagte gekom dat ‘n nuwe ras geskep moet word uit die

Dorset Horn en Duitse Merino om die Dorset Horn as slaglamproduseerder te vervang.

Daar is gepoog om die vleiseienskappe en groeivermoë van die Dorset Horn en die

2

weerstandvermoë teen longwurm van die Duitse Merino te kombineer en in die nuwe ras

saam te voeg. Die voortreflike eienskappe van vrugbaarheid, fukunditeit, goeie

melkproduksie en lang teelseisoen was tot ‘n hoë mate by albei rasse aanwesig. Op

18 Oktober 1940 is tien Dorset Horn-ramme uit Australië ingevoer, bekom deur fondse

wat deur die Raad van Beheer op die Vee- en Vleisnywerheid beskikbaar gestel is. Na

streng keuring vir bouvorm en tipe is slegs vier ramme uitgesoek vir paring met stoet-

asook graad Duitse Merino-ooie op Elsenburg.

In die daaropvolgende paarseisoen is slegs twee ramme wat die beste presteer het gebruik.

Geen verdere kruisings is na 1941 tussen die Dorset Horn en Duitse Merino vir die bou

van die nuwe ras gemaak nie. Die eerste geslag (F1) ram- en ooilammmers moes as

basiese materiaal dien vir die verdere opbou van die ras.

5. NAGESLAGTOETSING VAN RAMME

Aangesien ramme die grootste bydrae tot die opbou van ‘n kudde lewer en dit van hul

teelprestasie afhang watter vordering gemaak word, is besluit om die F1 ramlammers eers

te toets alvorens hulle in die nuwe kudde gebruik word.

In 1941 is agt van die beste F1 ramlammers, verteenwoordigend van die genoemde vier

Dorset Hornramme, uitgesoek. Hulle was sewe maande oud toe hulle elk twintig graad

Duitse Merino-ooie vir paring gekry het. Sodoende kon hul teelwaarde vir

slaglamproduksie bepaal word. Vanaf die begin is geselekteer vir ‘n vroegryp slaglam

met uitstaande bouvorm.

Op grond van hul teelprestasies t.o.v. groeisnelheid, karkaskwaliteit, gradering,

vetverspreiding, bouvorm en longwurmweerstand is die twee beste ramme van die

oorspronklike agt vir gebruik in die kudde aangewys. Om inteelt te vermy, is besluit om

F1 ramme, afstammelinge van ram no. 4 te paar met F1 geselekteerde ooie van ram

no. 37 en omgekeerd. Daar is deurentyd gepoog om noue inteelt te vermy.

6. UITNEMENDE TELINGSPRESTASIE

Ten spyte van die groot massa werk en rekordhouding is daar vir baie jare en generasies

volgehou om die jong ramme eers op graad ooie te toets alvorens hulle in die kudde

gebruik is. Die nuwe ras was minder vatbaar en meer bestand teen longwurm, danksy

ook die navorsing op die longe van lammers wat vir nageslagtoetsing geslag is. Die

resultate in die winterreënstreek, waar ramme van die nuwe ras oor etlike jare in

koöperatiewe proewe en deur boere vir slaglamproduksie aangewend was, was so

oortuigend dat die ras nie alleen baie goed in die winterreënstreek sou gedy nie, maar

ook in kruisings die gewensde tipe slaglam sou lewer.

Die argitek van die nuwe ras, Mnr LH Bartel, is in 1944 oorlede en dit is aan

Mnr JF du Toit opgedra om die projek voort te sit. Ongelukkig is ook hy in 1947 oorlede

en moes Mnr IL Ferreira die belangrike taak oorneem. Waar Mnr Bartel die argitek van

die nuwe ras was, was Mnr Ferreira die boumeester van die ras wat dit moes voltooi; ‘n

lewenstaak wat hy met liefde, toewyding, doelgerigtheid en nederigheid tot sy aftrede in

1981 aangepak het. Hy is in 2011 oorlede.

Na 25 jaar van noukeurige rekordhouding, streng seleksie, groot toewyding, produksie

aantekening en sonder die inbring van enige nuwe of vreemde bloed, is die raseienskappe

3

en tipe tot so ‘n mate vasgelê dat die Dormer, na sewe generasies in 1975, by die

SA Stamboek as volwaardige ras geregistreer is.

7. DORMER VANDAG

Die Dormerras, alhoewel geteel vir die toestande in die winterreënstreek, het homself as

baie aanpasbaar bewys en word met groot sukses in alle dele van Suid Afrika, vir

slaglamproduksie aangewend.

Ter bevordering van die ras word daar gereeld kursusse aangebied, deelgeneem aan

slaglamkompetisies, uitstallings en skoue. Die Nasionale Dormerveiling word jaarliks

gedurende September, in Bloemfontein aangebied.

Deelname aan produksie aantekening is verpligtend vir stoettelers en die Dormerras was

die eerste om dit as vereiste te stel dat slegs produksie aangetekende diere op die

Nasionale Dormerveiling te koop aangebied mag word.

8. DORMER – DIE IDEALE RAS VIR WINSGEWENDE SLAGLAMPRODUKSIE

8.1 BOUVORM

Die ideale Dormer is ‘n lewenskragtige, gladde lyf, witwol, horinglose skaap met goeie

bespiering, goeie lengte, breedte en diepte, goed gevulde agterkwarte, goed ontwikkelde

lende, sterk toplyn, karaktervolle kop met sterk bek en gepigmenteerde ooglede en sterk

goed geplaaste bene, sterk kootgewrigte en gesonde kloue. Die dier moet gemaklik kan

beweeg.

8.2 VRUGBAARHEID EN ONBEPERKTE TEELSIKLUS

Vrugbaarheid word as ‘n baie belangrike eienskap van die ras beskou en daar word vir

meerlinge geselekteer. Tweelinge word verkies, hoewel drielinge algemeen voorkom

selfs vierlinge, vyflinge en ‘n sesling is ook al aangeteken. ‘n Lampersentasie van 150%

en hoër word algemeen aangetref (lammers gebore teenoor ooie gepaar). Groot getalle

surplus lammers verseker die winsgewendheid van die bedryf. Dit vergroot ook die

seleksie potensiaal vir ‘n vinniger tempo van genetiese vordering.

Die onbeperkte teelsiklus maak meer as een lamseisoen per jaar moontlik en die

lamseisoen kan so gereël word om die maksimum weiding te benut.

8.3 MOEDEREIENSKAPPE, MELKPRODUKSIE, GROEISNELHEID

Die besonder goeie moedereienskappe verseker ‘n vinnige groeitoename en hoë

speengewig en speenpersentasie. Dormer lammers handhaaf ‘n gemiddelde daaglikse

toename van 400g tot op 100 dae ouderdom, maar toenames van hoër as 500g kom ook

algemeen voor. Die lam se massa op 42 dae is ‘n goeie weergawe van die ooi se

melkproduksie, terwyl die massa vanaf 42 -100 dae die inherente groeivermoë van die

lam aandui.

8.4 VROEGRYPHEID

Die vroegrypheid van die ras verseker ‘n slaglam wat vroeg markklaar is en op drie

maande ouderdom ‘n kwaliteit karkas van 16 – 22 kg lewer. Vroegrypheid is ook ‘n

groot bate wanneer kruisings met laatryprasse soos die Merino, vir slaglamproduksie

aangewend word.

4

Die voordele van vroegrypheid is dat die lammers op ‘n vroeë ouderdom bemark kan

word, ooie ‘n langer ruskans kry en meer wol kan lewer, meer ooie kan per hektaar

aangehou word en net volwasse diere hoef oorgedra te word gedurende swak

weidingstoestande.

Die lammers is vroeg geslagryp en jong ooie kan op 18 maande lam, wat ‘n verhoogde

omset beteken en die periode tussen geslagte (generasie interval) verkort.

8.5 SLAGLAMPRODUKSIE EN KRUISTELING

Die goeie bouvorm eienskappe, karkaskwaliteit, vroegrypheid, groeisnelheid,

vrugbaarheid, moedereienskappe, melkproduksie, onbeperkte teelsiklus en

aanpasbaarheid, verseker dat die Dormer die ideale ras vir slaglamproduksie is.

Die Dormer met sy sterk erfdwang wat die vleisbouvorm, selfs op laatryprasse oordra en

die redelik klein lam by geboorte, leen hom uitstekend tot kruisteling met ander rasse.

Die ras word deur deskundiges aanbeveel vir kruisteling met die Merino vir

slaglamproduksie omdat dit ‘n witwolras, vry van kemp en gekleurde vesels is.

Die kampioen – sowel as reserwe kampioen tydens die Nasionale Slaglamkompetisie te

Moorreesburg bevestig weereens waarom die Dormerram as kruisvaar so gewild is. Die

kampioenlam (Dormer X SA Vleismerino) met ‘n lewende massa van 40 kg op drie

maande ouderdom, ‘n karkasmassa van 22.8kg en ‘n uitslagpersentasie van 57% het ook

‘n ideale vleisbouvorm met goeie bespiering en egalige vetverspreiding getoon.

8.6 WOLPRODUKSIE

Met vleis as hoofdoel, word wol as ‘n bonus beskou en vergoed ruimskoots vir die skeer,

ent, doseer- en ander bedryfskostes (op 12 maande word 4-5kg wol per volwasse skaap

geskeer, met ‘n lente van 10 cm en ‘n veseldeursnit van 27 mikron en ‘n skoonopbrengs

van ± 60%.

Die wit wol vry van kemp en gekleurde vesels, maak kruisteling met ander witwolrasse

aanvaarbaar. ‘n Opvallende eienskap van Dormerooie is dat hul meestal nie hul penswol

tydens laktasie verloor nie.

8.7 AANPASBAARHEID EN VOERBENUTTING

Alhoewel die Dormer oorspronklik vir die intensiewe toestande van die Winterreënstreek

geteël is, word die ras vandag dwarsdeur die Republiek aangetref en gedy dit ook onder

ekstensiewe toestande.

Dormers is nie-selektiewe vreters, met rustige weigewoontes wat nie die veld onnodig

uittrap nie. Die ras se vermoë om lae gehalte ruvoer in kwaliteit vleis te omskep, maak

die ras goed aanpasbaar ook onder ekstensiewe toestande en daardeur ‘n doeltreffende

benutter van ruvoer. Hierdie doeltreffendheid van voerverbruik, veral onder intensiewe

toestande, maak die Dormer ‘n ideale ras vir ekonomiese slaglamproduksie.

8.8 LEWENSKRAGTIGHEID EN OORLEWING

Alhoewel Dormerlammers redelik klein is by geboorte (4kg) word lewenskragtige

lammers gebore wat vinnig in massa toeneem. Die oorlewing van lammers vanaf

geboorte tot speen, het ‘n belangrike invloed op die netto reproduksie prestasie van ‘n

5

teelkudde en gevolglik ook die winsfaktor. Oorlewing by lammers is egter laag oorerflik

en daarom speel goeie bestuur en versorging ‘n belangrike rol om die hoogste persentasie

lammers moontlik te speen.

8.9 MAKLIKE VERSORGING EN TEMPERAMENT

Die kalm rustige geaardheid van die Dormer vergemaklik hantering en bestuur en skakel

goed in by moderne boerdery tegnieke. Die gladde lywe, kaal bene en oop gesigte

beperk brommeraanvalle tot ‘n minimum. Dormers skeer maklik as gevolg van die

gladde lywe en met die masjien geskeer maak hul ‘n mooi vertoning met so 6-8 weke

wolgroei. Dit is ‘n vereiste dat wol vir skoue en veilings nie langer as 3 cm moet wees

nie. Dormer ooie lam maklik as gevolg van die klein lam by geboorte en die ooie is

uitstekende moeders.

8.10 ALGEMEEN

Ter bevordering van die ras word daar gereeld kursusse aangebied, deelgeneem aan

slaglamkompetisies, uitstallings en skoue. Die Nasionale Dormerveiling word jaarliks

gedurende September in Bloemfontein aangebied

6

9. DORMER – MINIMUM RASSTANDAARDE

1. Kop

Ideaal Afwykings (diskriminasie) Prulfoute (diskwalifikasie)

Karaktervol, horingloos,

sterk, matig lank, met breë

sterk bek en goed gevormde

tande en kake;

gepigmenteerde ooglede

met ‘n wakker oog en ore

van matige grootte met

sagte wit bedekking op

gesig en ore.

Fyn kop, fyn bek, wol op

kop (kuif) nie laer as

ooglyn nie; te min pigment

om oë, dowwe uitdrukking

in oë en sterk vaste swaar

horings by ramme (minder

as 3 cm).

Kemp op gesig is

toelaatbaar.

Bekfoute: te kort of te lang

onderkaak; skewe bek;

abnormale tande (voerbek

wat 3 mm oorskry); invouooglede,

oormatige pienk

om oë en ore sonder

pigment (rooigesig

voorkoms);

geen pigment by beide

ramme en ooie; oormatige

swaar horings by ramme

(Basis 3 cm, lengte 3 cm;

horingknoppies by ooie;

wol op kop (kuif) laer as

ooglyn.

Ideaal

2. Nek

Afwykings Prulfoute

Breed; goed aangesluit by Matige keelvel en nekplooi. Te kort of lang nek met

kop, skouer en bors met

swak nekaansluiting by

goeie lengte; geen

skouers (u-vormig);

dwarsplooie en vertikale of

dwarsplooie om nek tot oor

horisontale keelvel aan nek

nie.

3. Voorkwart

bors.

Ideaal Afwykings Prulfoute

Breed, diep en beter Matige afwyking van die Te smal en gebrek aan

ontwikkel by ramme as

ideaal.

diepte en breedte, swak

ooie.

4. Skof en skouers

ontwikkeling in voorkwart.

Ideaal Afwykings Prulfoute

Breed, vol, gelyk en goed Matige los skouer. Los skouers, skerp of

aangeheg met middestel en

geknyp agter skouers.

nek.

5. Middestel

5.1 Rug en Lende

(Duiwelsgreep)

Ideaal Afwykings Prulfoute

Reguit rug (toplyn), sterk en Gebrek aan diepte, breedte, Hol of krom rug, swak

breed, lende gelyk met rug lengte en bespiering. bespiering en afwesigheid

en kruis, met goeie

bespiering oor rug en lende.

van bespiering en breedte.

7

Ideaal

5.2 Ribbe en Flanke

Afwykings Prulfoute

Goeie ribsprong Effe swakker ribsprong. Plat ribbe, gebrek aan diepte

(kapasiteit), diep en vol in

en breedte en opgesny in

flanke. Ooie wigvormig.

6. Agterkwart

6.1 Kruis

flanke (silindries).

Ideaal Afwykings Prulfoute

Goeie lengte van kruis Te plat, te kort en Oormatige hang of dakkige

(tussen sit en heupbene) hangkruis. Matige kruis. Spitsvormige kruis en

goed gevleis en breed vetlokalisasie by ouer ooie. vetlokalisasie op en tussen

tussen heupbene, draai en

sitbene.

6.2 Boude en dye

sitbene.

Ideaal Afwykings Prulfoute

Buite- sowel as binnedye Minder goed gevul in dye Swak gevleis in binne- en

baie goed gevul, diep (swakker bespiering). buitedye, oormatige

gevleis (bespiering), breed Matige vet lokalisasie, veral vetlokalisasie veral in

aan agter- en sykante met

baie goeie bespiering.

in binnedye.

6.3 Bene en Kloue

binnedye.

Ideaal Afwykings Prulfoute

Bene sterk en vierkantig Kloue effe oop aan Agterbene dun, nou stand,

geplaas en van voorkant. Effe regop hake. koeihakig, sekelvormig of te

middelmatige lengte. Kloue Effe x-benig (voorbene). regop hake. Voorbene dun,

sterk en amberkleurig, kote Effe koeihakig (agterbene) nou of x-vormig. Kloue wyd

kort en sterk. of bakbene. Swart kloue oop aan voorkant of lank.

met wit strepe wat deur Swart kloue (agt swart

klou loop. Kootgewrigte kloue). Kootgewrigte wat

matig lank of slap.

7. Geslagorgane - Ooie

deurtrap.

Ideaal Afwykings Prulfoute

Goed gevormde uier met Min pigment op vroulike Afwesigheid van een of

spene van normale grote. geslagsorgane, uier en albei spene, dooie spene,

Pigment op vroulike

spene.

absesse aan uier. Uier

geslagsorgane, uier en

waarvan slegs een deel

spene.

funksioneel is. Oormatige

groot of te klein spene.

Swak gevormde uiers

(uitsak).

8

Ideaal

8. Geslagsorgane - Ramme

Afwykings Prulfoute

Beide testikels (teelballe) Skrotum effe te kort, effe te Sonder of slegs een testikel,

aanwesig, ewe groot en van lank of effe gesplete. of wat in groote verskil.

normale grootte met

Abnormale of te diep

ongesplete skrotum, bokant

gesplete skrotum wat 3 cm

haaklyn

oorskry. Vergrote bybal en

absesse in skrotum.

Testisomvang:

Testisomvang kleiner as

12-15 mnde - 30 cm

minimumgrootte vir

15- 18 mnde - 32 cm

ouderdom. Skrotum te

19 mnde en ouer -33 cm

9. Vetverspreiding

laaghangend onder

(pendilum).

Gebruik diskressie by dragtige ooi en ouer diere

Ideaal Afwykings Prulfoute

Vetbedekking met egalige

verspreiding.

Matige vetlokalisasie.

10. Wol

Oormatige vetlokalisasie.

Wollengte vir Nasionale Veiling en Nasionale- Provinsieal- en Streekskoue

Maksimum 3cm

Ideaal Afwykings Prulfoute

Witwol vry van kemp en Sterk harige vesel in broek Kemp of gekleurde vesel in

gekleurde vesel in die vag. Mate van kemp in gesig,

bene en rondom

geslagsorgane.

11. Pigment

vagwol.

Ideaal Afwykings Prulfoute

Ligte pienk vel. Bruin Te min pigment. Kleiner Geen pigment om oë by

gepigmenteerde ooglede en kolle van swart of bruin ramme en ooie. Swart of

geslagorgane, uier en spene. pigment op vel rondom bek bruin kolle op ore wat met

en neusgate (kleiner as swart of bruin hare bedek is

1cm). Kolle op ore wat met wat 2 cm oorskry. Swart of

swart of bruin hare bedek bruin kolle aan bene (Sandy

en kleiner as 2 cm is. legs). Kleiner kolle van

Donker velpigment om die swart of bruin pigment op

oë so breed as 1 cm reg vel rondom bek en neusgate

rondom is aanvaarbaar

solank dit aan die ooglede

raak.

wat 1cm oorskry.

LW.:-Wanneer ‘n skaap beoordeel of gekeur word, moet daar nie blindgestaar word

teen een eienskap alleen nie, maar in geheel gesien word.

9

10

10. AFKEURKODES / CULLING CODES

*0

*1

2

)3

)4

5

11. PUNTESTELSEL/POINT SYSTEM

1

1

6

$ 7

$ 0

12. REGISTRASIE, REKORDHOUDING, ALGEMEEN

12.1 REGISTRASIE

12.1.1 Aansoek om as Dormerteler te registreer word gedoen by die:

Dormer Skaaptelersgenootskap van SA

Bus 506, Bloemfontein 9300

Tel: 051 410 0958

Faks: 051-448 4220

12.1.2 Oordragte (verkope)

Die verkoper moet die Dormer-kantoor in kennis stel van diere wat verkoop

is, datum van verkoop, nommers van geregistreerde diere asook van diere wat

geskik is vir registrasie en die naam en adres van die koper verstrek.

Die aansoek om oordrag moet binne 30 dae na aflewering geskied en die

sertifikate van die betrokke diere moet die kennisgewing van oordrag

vergesel.

12.1.3 Kennisgewing van kansellasie

Indien ‘n dier wat geregistreer is of vir registrasie geskik is, gekastreer of

gesteriliseer word, of nie voor 3 jaar ouderdom lam nie, geslag of vir

slagdoeleindes verkoop word, dood is, ens. moet die kantoor binne 30 dae van

sodanige gebeure verwittig word. Die registrasiesertifikate van die betrokke

diere moet saam met die kennisgewing van kansellasie en tesame met die

datum van gebeure aan die Dormer-kantoor gestuur word.

Gedurende April stuur Stamboek heffingslyste d.i. lyste van alle diere wat in

8

9

11

‘n lid se besit aangeteken is, aan lede. Die lyste moet u moet kontroleer. U

moet die diere wat nie meer in u besit is nie, om watter rede ookal, skrap.

Die drukstuk moet aan Stamboek voor einde Junie teruggestuur word. Indien

u nalaat om die gekontroleerde lys terug te stuur, word u gedebiteer met al die

diere wat volgens Stamboek se rekords in u besit is. Om u behulpsaam te

wees stuur die Genootskap in Maart en Oktober inspeksie drukstukke uit om

op hierdie wyse u rekords op datum te hou. Hierdie lyste word ook vir

keuring van u diere gebruik. Die keurder moet ook die diere wat nie vir

keuring voorgebring word nie, waar van toepassing, skrap. Op hierdie manier

bly u rekords op datum.

12.2 REKORDHOUDING

Paringslyste

Met paartyd word ‘n

lys opgestel met die

nommer van elke

ooi asook die van

die ram waarmee sy

gepaar word.

Hierdie vereiste

maak dit moontlik

dat elke lam by

geboorte

geidentifiseer kan

word.

Lamboek (boek van u keuse)

Binne twee dae na geboorte moet

die volgende aangeteken word -

Identifikasienommer van lam,

numeries aangeteken en begin elke

jaar by 1

Geboortedatum

Geslag van die lam (ram of ooi)

Geboortestatus (enkel, tweeling of

drieling)

Massa van lam by geboorte

(opsioneel)

Nommer van moeder

Nommer van vader

Opmerkings bv. lam dood by

geboorte, voor geboorte of enige

ander afwyking by die lam. Ook

afwyking by die ooi, bv melk, ooi

siek, ens.

Geboortekennisgewingboek

‘n Geboortekennisgewingboek moet

vanaf die Dormergenootskap

aangevra word.

Alle lammers, lewend of dood,

moet binne 200 dae na geboorte

aangemeld word.

Geboortekennigewings van lammers

wat verwek is deur ramme wat nie in

besit van die eienaar is nie, moet van

‘n dekkingsertifikaat vergesel word.

Geboortekennisgewings van lammers

verwek deur kunsmatige inseminasie

moet geëndosseer word “deur KI

verwek” en deur ‘n voltooide

sertifikaat van inseminasie vergesel

word.

Die vereistes vir kunsmatige

inseminasie word volledig in die

grondwet omskryf.

12

12.2.1 MERKSISTEEM VAN DORMERS

a) Oorsnynommer (oorkode-knippe)

Die oorsnynommer word binne twee dae na geboorte van die lam aan die ore aangebring

in volgorde van geboorte. Elke jaar moet by nommer 1 begin word. Die oorsnymerk word

met ‘n spesiale tang gedoen waar ‘n stukkie van die oor uitgeknip word om ‘n syfer voor

te stel. Hierdie metode van identifikasie is permanent en kan nie, soos in die geval van ‘n

plaatjie, uitval nie (sien aangehegte voorbeeld).

b) Oorplaatjienommer

Wanneer ‘n oorplaatjie i.p.v. ‘n oorkodeknippe gebruik word, moet dit ook binne twee

dae na geboorte, verkieslik aan die linkeroor aangebring word. Enige van bostaande

identifikasie-metodes of albei mag vir jong lammers gebruik word. Tatoeëring is egter

die erkende identifikasie metode. Alle lammers moet voor 10 maande getatoeëer word.

c) Tatoeëernommer

BOKANT VAN PLAATJIE

Identifikasieletter van teler d.i.

die (KKL)kuddekenmerkletter

Jaartal verkort

Oorsny bv. AN5.156

REGTEROOR

AN5.156

4.106

Teler se KKL (kuddekenmerkletter)

en jaartal verkort bv AN5

(AN = kuddekenmerk; 5= 2005)

ONDERKANT VAN

PLAATJIE

(OPSIONEEL)

Ooifamilie nommer

Verkorte nommer van vader

LINKEROOR

Oorsnynommer bv 156

Tatoeëernommers moet binne tien maande na geboorte aangebring word en wel voordat

‘n lam verkoop word.

10.2.2 METODE VAN TATOEËRING

Voordat u begin tatoeëer, maak die ore skoon met watte wat in brandspiritus gedoop is en

steriliseer die spykernommers. Plaas die spykernommers wat getatoeëer moet word

korrek in die tang en toets op papier of spykers korrek ingesit is. Smeer Zebo

stoofpolitoer liggies met die vinger oor die spykerpunte. ‘n Aanrolvloeistof is ook

beskikbaar ipv politoer en word met ‘n tandeborsel aan die oor gesmeer. Plaas die tang

in die middel van die oor tussen die twee groot nerwe en druk deur die vel tot in die

13

kraakbeen, maar nie dwarsdeur die oor nie. Indien nodig, kan nog politoer liggies met

die tandeborsel oor die wond gesmeer word.

12.2.3 DIE IDENTIFIKASIELETTERS VAN ‘N TELER

Wanneer aansoek vir registrasie as teler gedoen word , word ‘n kode di. die KKL bv. AN

hom toegeken vir sy uitsluitlike gebruik vir die identifikasie van die diere deur hom

geteel. Hierdeur kan die teler van ‘n dier geidentifiseer word . Ingevolge die

Veediefstalwet is hierdie identifikasie ‘n vereiste. Die kode bv AN word in die regteroor

getatoeëer saam met die verkorte jaar identifikasiesyfer bv 5 (vir 2005) – AN5.

Bykomende Oorkode-knippe en Tatoeëering informasie.

13. PRODUKSIE AANTEKENING (IN KORT)

Produksie aantekening is verpligtend en die speenmassa van lammers moet op

ongeveer 100 dae ouderdom aangeteken word. Dit is die Fase A groeitoets. Deur

hierdie 100 dae speenindekse binne 'n stoet of kudde met mekaar te vergelyk,

word die swakker groeiers uitgeskakel en dien ook as seleksie hulpmiddel. Die

100 dae groei indeks is ook 'n aanduiding van die moeder se melk en

moedereinskappe.

14

Eerstens word lamgegewens in groepe verdeel (lammers as groepe gebore) en

gemerk groep een of twee, ens. om as een groep verwerk te word. Die teler se

lidnommer word aangeteken, die moeder, die vaar en die lam se

identifikasienommers, asook die lam se geboortedatum, geboorte massa (indien

beskikbaar), die speendatum, die massa van lam op daardie datum en enige

opmerkings. Hierdie skaap inligtingsvorms kan vanaf die Dormer kantoor

aangevra word.

Geen geboorte- en speendata sal na 200 dae ouderdom aanvaar word nie.

14. KEURING VAN JONG DIERE

‘n Teler kan sy diere laat keur wanneer hulle volgens hom in die beste kondisie is.

‘n Dier onder 10 maande en bo 2 jaar kwalifiseer nie vir registrasie nie. Die

maksimum wollengte vir inspeksie is 3 cm. Die Dormer-kantoor moet gekontak

word indien u inspeksie verlang sodat die inspekteur, naaste aan u plaas, u kan

besoek. Die inspekteur mag ‘n fooi vir die reiskoste van u verhaal. ‘n

Keuringslys word vanaf die Dormer kantoor aangevra sodat die inspekteur op

hoogte kan wees met die diere wat geskik is vir registrasie. Stel gegewens soos

groei-indekse, geboortestatus (enkel of meerling) aan die inspekteur beskikbaar

om meer doeltreffend te kan keur.

15. OPGRADERING

Opgradering by Dormers kan geskied deur Dormerramme met enige witwolras te

paar maar die vinnigste resultate word verkry deur vleistipe-ooie soos die SA

Vleismerino as basis-ooi te gebruik.

15.1Opgradering uit ‘n suiwer Dormerkudde

a) Hulpstamboek A

Enige Dormerooi wat afstam uit ‘n kudde waar die teler bevredigende bewys van

afstamming kan lewer en wat aan die minimum rasstandaarde en al die vereistes

vir registrasie voldoen sal geskik wees vir registrasie in die Hulpstamboek Aafdeling

van die Kuddeboek.

b) Hulpstamboek B

Die vroulike nageslag van ‘n Hulpstamboek A Dormerooi gepaar met ‘n

volgeregistreerde Dormerram wat voldoen aan die minimum rasstandaarde en al

die vereistes vir registrasie sal geskik wees vir registrasie in die Hulpstamboek B

afdeling van die Kuddeboek.

c) Volgeregistreerde Kuddeboek

Die vroulike nageslag van ‘n Hulpstamboek B ooi verwek deur ‘n vol

geregistreerde Dormerram wat voldoen aan die minimum rasstandaarde en al die

vereistes vir registrasie sal geskik wees registrasie in die Volgeregistreerde

Kuddeboek.

15

Dorset Horn x SA Vleismerino x Volgeregisteerde Dormerram

Basis ooi x Volgeregistreerde Dormerram

F1 x Volgeregistreerde Dormerram

F2 x volgeregisteerde Dormerram

F3

Kommersiële Dormerkudde

Hulpstamboek A x Volgeregistreerde Dormerram

Ooie

Hulpstamboek B x Volgeregistreerde Dormerram

Ooie

Volgeregistreerde x Volgeregistreerde Dormerram

Ramme en ooie geregistreerd

16. DIE DORMER GENOOTSKAP VAN SUID AFRIKA

Minimum rasstandaarde

Produksie en groei

Die Raad mag die Sekretaresse opdrag gee om die aantekening of registrasie van

‘n dier te kanselleer indien die dier nie voldoen aan die volgende minimum

standaarde nie.

16.1 Reproduksie

a) Ooie moes op 24 maande reeds gelam het of dragtig wees (geskandeer)

b) Sou ‘n ooi meer as twee keer oorgeslaan het op 24 maande (teen watter tyd sy

behoort vir die eerste keer al gelam het) sal sy geprul word.

16.2 Melkproduksie

‘n Ooi mag nie meer as twee lammers speen met indekse laer as 90 gedurende

haar produktiewe lewe nie. Sou dit gebeur, sal die betrokke ooi outomaties deur

die genootskap geprul word.

16

OOIE RAMME

Alle ooie moet geinspekteur word voor

die ouderdom van 18 maande en moes ‘n

minimum speenindeks van 90 behaal het.

Enige afwyking in dié opset kan aan die

Raad voorgelê word vir oorweging

gepaard met ‘n skriftelike motiveering.

In verband met die nasionale veiling moet

alle ooie ‘n speenindeks van 90 of hoër

behaal het.

Alle ramme moet voor die ouderdom van 15

maande geinspekteur word en moes ‘n

minimum speenindeks van 90 behaal het.

Inspekteurs mag in uitsonderlike gevalle hul

diskressie gebruik. ‘n Ram met ‘n speenindeks

onder 90, mag gekeur word indien dit

uitsonderlike bespiering en vleis eienskappe

vertoon. In verband met die Nasionale veiling

is ‘n indeks onder 90 nie aanvaarbaar nie.

17. SKOURING PROSEDURE

17.1Ringbeamptes

Junior beoordelaars beoordeel gewoonlik saam met Senior beoordelaars op

skoue, maar kan ook as ringbeampte optree op skoue. Dit is belangrik dat die

ringbeampte op hoogte moet wees met die rasstandaarde en ringprosedure. As

die ringbeampte nie weet wat om te doen , word ‘n swak indruk geskep vir

vertoners en toeskouers – en as geheel benadeel dit die algehele beeld van die ras.

Almal sal seker nie optree as beoordelaars op Nasionale of Streekskoue nie, maar

daar kan wel wees wat as ringbeampte sal optree. Om ‘n goeie beoordelaar te

wees is dit ook nodig om te weet wat die pligte van ‘n ringbeampte is.

17.1.1 Pligte van ringbeamptes

Die ringbeamptes moet toesien dat die ouderdomme van die skape ooreenstem

met die inskrywings van die spesifieke klasse. By die meeste plaaslike skoue

word op tande beoordeel, byvoorbeeld ongewissel, tweetand, viertand, sestand

en volbek. Dit is maklik om op tande te kontroleer. Onthou as ‘n skaap

wissel of ‘n ekstra tand bykry, word die dier outomaties in die volgende (ouer)

klas geplaas. Voor u so ‘n dier oorsit na ‘n ander klas moet u dit eers bevestig

met die beoordelaar.

By die Nasionale-, Provinsiale- en Streekskoue word die ouderdom van die

diere bepaal in jare en maande soos neergelê deur die Genootskap. Op

sommige plaaslike skoue word ook hierdie metode van ouderdomsbepaling

gebruik.

Vir Nasionale- en Provinsiale skoue stuur die vertoners die nommers van die

betrokke diere na die Dormer Genootskap, waar dit deur die sekretaris

nagegaan word en die inskrywings daarna na die Skougenootskap gestuur

word.

By Streekskoue word die inskrywings direk na die Skougenootskap gestuur en

word dit nie deur die Dormer Genootskap gekontroleer nie.

Die ouderdomme soos deur die vertoner op die inskrywingsvorm aangedui

word aanvaar. Nogtans is dit raadsaam om by ‘n Streeksskou u

17

geboortekennis-gewingboek saam te neem vir ingeval daar dalk ‘n probleem

mag opduik.

Dit is die taak van die ringbeamptes om te bevestig dat die nommers van die

diere wat vir ‘n klas inkom, ooreenstem met die in die inskrywingsboek. Die

vashouer dra die kaart met die nommer by hom, of dit hang om die skaap se

nek wat ooreenstem met die nommer in die boek. Dit is ‘n nommer wat aan

die eienaar toegeken word vir daardie spesifieke inskrywing en verskyn in die

boek naas die naam van die teler en langs die oor tatoeëernommer van die

dier. Daarom moet die ringbeamptes veral by Nasionale Skoue baie seker

maak dat behalwe die nommer van die kaart ook die oor tatoeëernommer van

die dier wat vir die klas ingebring word, ooreenstem met die oornommer in

die boek. (‘n Dier wat onttrek is, kan nie vervang word die dag van die

beoordeling nie, aangesien die kantoor dit moes kontroleer. So ‘n

plaasvervanger kan deurglip as daar nie na die oornommers ook gekyk word

nie.)

17.1.2 Klasse vir Nasionale-, Provinsiale- en Streekskoue:

1. Enkel inskrywing – ramme en ooie

• Onder 3 maande – Lam word op hoef as slaglam beoordeel

• 3 tot 6 maande

• 6 tot 9 maande

Lammers uit bogenoemde drie klasse kom in aanmerking vir die Kampioen en Reserwe

Kampioenlam.

• 9 tot 12 maande

• 12 tot 15 maande

• 15 tot 18 maande

Diere uit bogenoemde drie klasse kom in aanmerking vir die Junior en Reserwe Junior

Kampioen.

• 18 tot 24 maande

• 24 tot 36 maande

• oor 36 maande

Diere uit bogenoemde drie klasse kom in aanmerking vir die Senior en Reserwe Senior

Kampioen.

Groot Kampioen – Afkomstig uit die kampioene van bogenoemde klasse.

2. Groepsklasse – ramme en ooie

• Groep van 3, onder 12 maande

• Groep van 3, 12 tot 18 maande

18

• Groep van 3, oor 18 maande

3. Teelgroepe

• Teelgroep bestaande uit 2 vroulike diere en 1 ram afstammeling van

dieselfde vaar.

• Junior teelgroep bestaande uit 3 vroulike diere en 1 ram onder 18

maande.

• Senior teelgroep bestaande uit 3 vroulike diere en 1 ram oor 18

maande.

a) Nadat die skape almal in die ring is, plaas die ringbeampte die skape in ‘n ry met hul

agterkwarte na die beoordelaar met ‘n goeie spasie tussen die skape. Die ringbeampte

moet toesien dat die skape regstaan. Wanneer die klas gereed is, sê die ringbeampte vir

die beoordelaar dat hy kan aangaan. Daar word eers na die funksionele vereistes gekyk.

b) Dit is die ringbeampte se werk om die skaap te draai – na voor, kant, om te laat loop,

ens. – met ander woorde soos die beoordelaar dit wil hê. Onthou om indien moontlik, so

min moontlik te draai – die vashouers moet die hele dag skape vashou. Dis beter om,

indien die spasie dit toelaat, die skape so te laat staan wanneer na voor en na agter gekyk

word, sodat die beoordelaar om die skape kan loop en die diere nie onnodig gedraai word

nie, tensy die ring so is dat die skaap gedraai moet word sodat die vertoners en

belangstellendes ook kan sien.

c) Die ringbeampte moet ‘n goeie kennis dra van die ras sodat hy behulpsaam kan wees

indien die beoordelaar hom sou vra. Op klein skou is die beoordelaar gewoonlik alleen

en dis goed as hy sy gedagtes met iemand kan deel. Die ringbeampte moet net nie

probeer om die beoordelaar te oortuig nie.

Dit is etiket, veral by SA-, Provinsiale- en Streekskou dat die ringbeampte eenkant staan

as sy werk afgehandel is en nie probeer inmeng of saampraat met die beoordelaars nie.

d) As die beoordelaar sy finale plasing gegee het, neem die ringbeampte die naam of

nommer van die wenners. Terwyl hul in die ring bly, word die res van die skape

uitgestuur. Die ringbeampte kry die nodige pryskaarte by die kantoor en neem die name

van die wenners na die aankondiger.

e) Die ringbeampte neem die pryskaarte na die beoordelaar vir sy handtekening en gee

dit dan aan die vertoners of aan ‘n borg vir oorhandiging.

f) Die ringbeampte prul nie skape nie. Dit is die werk van die beoordelaar (kort bek, wol

te lank, ens).

g) Wanneer die beoordelaar ‘n skaap prul, is dit die ringbeampte se werk om toe te sien

dat die skaap nie in die ring kom in die groepklasse nie.

Die skaap is geprul en mag onder geen omstandighede weer in die ring kom nie. Die

19

ingbeampte kan die nommer van die dier wat geprul is neerskryf en die dier met

byvoorbeeld ‘n aerosol merkstof merk om dit te identifiseer sodat die dier wat geprul is

nie weer in die ring kom nie. Dit vergemaklik ook die beoordelaar se werk byvoorbeeld

by groot skoue waar daar baie diere vertoon word. Die ringbeampte sowel as beoordelaar

moet onthou dat die wollengte van Dormers nie langer as 3 cm moet wees nie. Dit is

weereens die beoordelaar se besluit of die wol te lank is – nie die ringbeampte nie.

17.2 BEOORDELAAR

Wanneer al die skape in die ring is en die werk van die ringbeampte afgehandel

is, sal hy die beoordelaar aansê om te begin.

Heel eerste word na funksionele vereistes gekyk, want as daar 'n prulfout op 'n

skaap is, is dit onnodig om verder na daardie spesifieke skaap te kyk. Hy word

dan geprul. Vra die ringbeampte om die dier te merk en uit die ring uit te sit (dit

is om te verseker dat die dier nie weer in die groepklasse vertoon word).

Met die skape wat met hul agterkwarte na die beoordelaar staan, begin kyk na die

tande, kortbek, langbek en kyk of dier byvoorbeeld in die 2 tand klas pas. Kyk

na die volgende - die kaak- is daar oormatige wol? Die oë -invou ooglede,

pigment? Die horings - is dit los of vas of is die hamelhoring afgeknip? Is daar

tekens van horingknippies by ooie?

Voel met die hande af met die rug om 'n idée te kry van die bouvorm van die

skaap, die breedte van die lende. Voel die stert wortel - dit gee jou 'n idée van

hoe breed die skaap is. Voel die breedte van heupknop in die boud (draaiers).

Voel ook die sprong van rib en die vetverspreiding van die dier. By ramme voel

ons die testikels en by ooie die uier.

By ramme kyk ons na:

1. Een of geen testikels

2. Een testikel groter as die ander

3. Enige harde letsel op die testikels

4. Vergrote bybal en/of gewasse op stringe.

5. Oormatig klein

6. Oormatig lank

7. Testes omvang: 12 tot 15 maande – 30 cm

15 tot 18 maande – 32 cm

oor 19 maande – 33 cm

By ooie kyk ons na:

1. Een speen of dooie spene

20

2. Klein speentjies in ouer ooie wat reeds moes gelam het (vertoners kan kul met

geboortekennisgewings – lammers aangeteken, maar ooie het nooit gelam).

3. Knoppe of absesse in uier.

17.2.1 AANBEVELING VIR PRAKTIESE BEOORDELINGS PROSEDURE:

As al die punte klaar is, laat die skaap loop om te sien hoe sy bene lyk - die

hakke, kloue, kootgewrigte en los skouers. Moet nooit 'n skaap plaas voordat

die dier geloop het nie.

Op die stadium het ons nog nie die skape geplaas nie. Nou beoordeel ons die

ander vereistes naamlik, - produktiewe, fisies en balans. Kyk hul van agter vir

goeie boude en bene. Kyk van die kant af vir lengte van die lyf, bolyn,

nekaansluiting en skouers - ook diepte van middestel en ribsprong. Kyk van

voor vir bors, bene, kop en houding. Kyk na elke skaap, maak nie saak hoe

swak dit is nie. Onthou dat die inskrywingskoste net soveel is as die van die

beter skape.

Onthou ook waarom u nie 'n skaap geplaas het of waarom u 'n tweede of derde

prys toegeken het - die eienaar van daardie dier kan u moontlik vra vir 'n

verduideliking; wees tog diplomaties al is die skaap ook geprul.

As u goed na elke inskrywing gekyk het, haal u die moontlike wenners uit. As

die spasie beperk is gaan die res uit of gaan net eenkant staan. Nou kan hul

weer van agter, voor en van die kant gekyk word. Sit twee langs mekaar en

vergelyk hulle eienskappe. Voel weer die breedte van die skaap tot u tevrede

is met u eerste tweede en derde keuse. Maak seker van u redes waarom die

een bo die ander geplaas word. Wanneer finale besluit geneem word plaas die

diere van links na regs of van regs na links.

Wanneer die beoordelaar tevrede is met sy plasing, sê hy vir die ringbeampte

dat hy klaar is. Hy teken die pryskaarte wat die gids bring en wag vir die

volgende klas. Die beoordeling van die kampioene is soms die maklikste,

want hier is dit nie nodig om weer na funksionele vereistes te kyk nie - daar is

reeds daarna in die enkelklasse gekyk.

Daar is egter 'n paar reëls om te onthou.

a) ‘n Skaap kan nie in die kampioenskappe af geplaas word omdat een of

ander funksionele vereiste nie reg is nie. As 'n dier eerste geplaas was in sy

klas is hy goed genoeg om Kampioen te wees.

b) Sodra die kampioen uitgewys is uit die eerste pryse, moet daar gevra word

vir die tweede prys in sy klas om saam met die ander eerste pryse in

aanmerking te kom vir die reserwe kampioen.

21

Die beoordelaar moet nie net op die ring beampte staatmaak om diere te

identifiseer nie, maar moet daarop ingestel wees om ook self die diere te

onthou. Die kampioene word net soos die ander klasse beoordeel op beste

agterkwart, bolyn, voorkwart, ens. Kyk na die dier met die minste foute. Die

groep klasse is hoe goed die groep bymekaar pas, gepaard gaande met goeie

ras eienskappe. Die eenvormigheid van die groep is die bepalende faktor. As

daar 'n groot aantal groepe in die ring is en die ring is te klein, is dit 'n goeie

plan om die skape die 50% links en die 50% regs te draai. Dan kan u om hul

beweeg sonder dat die hanteerders hulle omdraai.

Gewoonlik word die enkel inskrywings ook vir die groepklasse gebruik. As

daar egter 'n dier inkom wat nie alreeds in die enkel klasse beoordeel is nie,

moet daar weer na die funksionele vereistes gekyk word.

Probeer om al die pryswenners te onthou sodat u na die beoordeling van elke

klas, die redes vir u plasings kan gee.

22

Erkenning

Stellenbosch\Elsenburg

Landboukollege

vir die ontwikkelling van die Dormerras

gedurende die depressiejare

na deeglike en intensiewe navorsing

Mnr LH Bartel

argitek van die Dormerras

by wie die gedagte ontstaan het om ‘n nuwe ras te skep

Oorlede 1944

Mnr JF du Toit

Mnr Bartel se opvolger in 1944,

aan wie dit opgedra is om die projek voort te sit

Oorlede 1947

Mnr IL Ferreira

boumeester van die Dormerras

wat in 1947 die belangrike taak

moes oorneem en voltooi

Oorlede 2011

Persone en instansies

vir u liefde en toewyding aan

die Dormerras wat steeds voortgesit word.

23

1. PRODUKIE AANTEKNING EN TEELWAARDE-EVALUASIE

- Verkorte weergawe -

Japie vd Westhuisen & Leslie Bergh

DVI – Irene

Die doel van enige teler behoort te wees om die genetiese verbetering van sy ras

(kudde) so doeltreffend moontlik te bewerkstellig. Dit hang van twee faktore af nl -

* die mate van genetiese variasie binne die ras of kudde

* die akkuraatheid waarmee die teler diere met hoë genetiese meriete identifiseer

Die akkuraatheid van identifikasie kan verhoog word deur in die eerste plek diere

objektief te meet vir die eienskappe waarvoor daar geselekteer wil word. Elke dier

moet in alle gevalle binne ‘n teler se kudde met ‘n groep (tydgenote) gemeet en

vergelyk word. Hierdie metings word moontlik gemaak deur deelname aan een van

die afdelings van die Nasionale Veeverbeteringskema soos die Kleinvee Produksie

aantekening.

Met die objektiewe metings beskikbaar, kan dit met behulp van gemengde model

metodologie aangewend word om die werklike genetiese meriete met akkuraatheid te

voorspel. Die sogenaamde voorspelde teelwaardes (EBV) is die beste onsydige

beramings (BLUP) van die werklike teelwaardes van die betrokke diere.

Teelvordering geskied dus baie vinniger as wanneer hierdie hulpmiddels nie gebruik

word nie.

1.1 Fase A

Evaluasie van die ooi en lam.

Hierdie fase is verpligtend vir Dormer stoettelers.

geboortemassa

42 dae massa

100 dae massa

ooimassa

binne 36 uur

3 - 70 dae

71-130 dae

geboorte\speen\paring

opsioneel

opsioneel

verpligtend

opsioneel

24

1.2 Fase B

Naspeen groei van lammers

250 dae massa

200 dae massa

270 dae massa

365 dae massa

131-175 dae

176 - 240 dae

241 - 300 dae

301 - 400 dae

Ten minste een van bogenoemde metings is verpligtend om aan Fase B deel te neem.

1.3 Fase C

Die doeltreffendheid van voeromset asook groeitoename van lammers onder

gekontroleerde toestande by ‘n sentrale ramtoetssentrum.

1.4 Fase D

Groeitoets vir jong ramme (op die plaas). Jong ramme (net na speen) word in ‘n

amptelike groeitoets ingeskryf wat op die plaas gedoen word.

1.5 Fase E

Die kwalitatiewe en kwantitatiewe karkaskomponente van ‘n ram se nageslag word

bepaal.

Deelname aan die Nasionale Kleinvee Produksie aantekening skema behels die

insameling en aantekening van produksie gegewens. Hierdie data word verwerk en

behoort doelgerig deur telers gebruik te word in seleksieprogramme. Die skema

word in vyf fases verdeel waarvan drie nl. Fases A, B & D aktief bedryf word.

Die toets duur ‘minimum van 60 dae (intensief) of 90 dae.

Aanpassingsmassa

Skouerhoogte

Beginmassa

2-week massa

LIGGAAMSMATES AAN EINDE VAN TOETS

Skrotumomtrek

Eindmassa

Liggaamslengte

In Fases A & B word alle massametings deur die teler self geneem en op die amptelike

datablaaie aangeteken en aan die Dormer Genootskap gestuur. Fase D word deur

beamptes van die Instituut gekontroleer en die toetsprosedures ens. word deur beamptes

van ‘n streekkantoor in samewerking met die teler beplan.

25

2. AKKURATE BERAMING VAN TEELWAARDES

Die vergelyking van metings binne tydgenootgroepe (kontemporêre groepe) - die

welbekende indekse - as aanduiding van teelwaarde het die tekortkoming dat diere nie

geneties vergelyk kan word oor kuddes of oor jare nie. As diere binne

behandelingsgroepe vergelyk word kan ‘n mens die aanname maak dat verskille

tussen diere te wyte is aan genetiese verskille (die effek van die omgewing is

dieselfde vir diere wat dieselfde behandeling ontvang het). Verskille in die prestasies

van diere oor kudddes of jare kan egter te wyte wees aan verskille in

omgewingseffekte.

Die ontwikkelling van die sogenaamde gemengde model metodologie het juis daarna

gestreef om diere oor behandelingsgroepe met mekaar te vergelyk. Op hierdie manier

sal ‘n dier dus ‘n “universele teelwaarde” hê ongeag die kontemporêre groep

waarbinne dit gemeet is.

Teelwaardes op hierdie wyse beraam berus op die volgende belangrike beginsels:

1. Elke dier se meting moet binne ‘n kontemporêre groep gedoen word; dit impliseer

ook duidelike identifikasie en definisie van hierdie groepe as behandelingseffekte.

Voorbeelde van sulke effekte is ras, kudde, geslag, geboortestatus, jaar, seisoen,

ouderdom, voorkeurbehandeling, ens.

2. Verwantskappe tussen diere word in ag geneem. Diere wat aan mekaar verwant is

besit ‘n proporsie identiese gene. So bv. sal ‘n nageslaggroep van ‘n ram elk 50%

van sy gene besit en 25% van mekaar se gene. Indien hierdie groep diere nou

gemeet word in verskillende jare en\of kuddes is dit asof hy ook hierdie metings

(in verskillende toestande) ondergaan. Daar kan dus met ‘n groter mate van

akkuraatheid beraam word wat sy genetiese meriete is.

3. Die proporsie van die meting van ‘n eienskap wat deur genetiese verskille tussen

diere veroorsaak word (oorerflikheid) word in ag geneem.

3. WAT MAAK BLUP TEELWAARDES ANDERS?

1. Teelwaardes is onafhanklik van die kudde waarbinne metings plaasgevind het.

Diere kan dus direk op nasionale vlak met mekaar vergelyk word.

2. Teelwaardes is onanfhanklik van die jaar waarin dit gemeet is. Genetiese

tendense kon dus vasgestel word. ‘n Ras (of kudde) kan sodoende bepaal of daar

genetiese vordering of agteruitgang was.

3. Teelwaarde is dinamies. Dit word altyd uitgedruk relatief tot iets. So bv. kan ‘n

gemiddelde teelwaarde (nul) gestel word op die rasgemiddeld of as ‘n gemiddelde

waarde van diere gebore in ‘n betrokke jaar (basisjaar). Namate data toegevoeg

word (metings op jong diere) verander die populasie samestelling en kan ‘n

betrokke dier se teelwaarde verander relatief tot sy rasgenote.

26

4. Per definisie is ‘n teelwaarde die waarde van ‘n dier as ouer met betrekking tot ‘n

spesifieke eienskap. Teelwaardes word dus uitgedruk in die eenhede van meting

(bv kg) as ‘n aanduiding hoedanig ‘n teeldier se nageslag sal verskil (geneties)

van die res van die populasie (ras). ‘n Teelwaarde van 2kg vir 100 dae massa

beteken dus dat die dier geneties op 100 dae 2 kg beter is as die res. Sou so ‘n

dier (teoreties) kan optree as ouer vir die hele volgende generasie diere, sal hierdie

nageslag 1 kg (gemiddeld) swaarder weeg op 100 dae (LW die helfte van die gene

kom van elke ouer af - dus die helfte van 2 kg).

4. VERANTWOORDELIKHEID VAN TELERS

Die akkuraatheid van teelwaardes op hoë vlak en die maksimum benutting daarvan rus op

al die telers van ‘n ras.

1. Maksimum eerlike en akkurate metings.

2. Akkurate rekordhouding.

3. Benutting van teelwaardes.

PRODUKSIE AANTEKENING IS VERPLIGTEND BY DIE DORMERS!

5. BLUP (Best Linear Unbiased Prediction) Dr.CJB Nel (BVSc.)

Enige dier se voorkoms en produksie word bepaal deur sy eie genetika asook die

omgewing waarin die dier moet presteer. By seleksie van teeldiere probeer ons om

geneties voortreflike diere te selekteer en as ouers te gebruik om vir ons geneties

voortreflike nageslag te produseer. Ons wil dus vanaf die dier se eie voorkoms en

meetings voorspel hoe sy nageslag sal lyk en presteer. Die probleem met die seleksie van

sekere genetiese eienskappe bv. groei is dat die omgewing, veral voeding, ‘n groot

invloed op die uiteindelike produksie van die dier het. ‘n Dier wat nie voldoende voer kry

nie, kan nie sy produksie potensiaal bereik nie, so is dit ook maklik om ‘n dier met swak

genetiese potensiaal te voer sodat die dier beter vertoon as wat sy genetiese potensiaal

werklik is. Blup teelwaardes se doel is om omgewingsfaktore te verwyder sodat diere

slegs geneties met mekaar vergelyk word, maw probeer om meer akkuraat die prestasie

van sy nageslag te voorspel.

Indekse meet ‘n dier se produksie binne daardie spesifieke groepie diere wat dieselfde

behandeling ontvang het. So kan ‘n dier met ‘n ondergemiddelde indeks in een kudde

geneties beter wees as ‘n ander dier met ‘n bogemiddelde indeks in ‘n ander kudde.

Daarom kan indekse nie tussen kuddes vergelyk word nie. Teelwaardes aan die ander

kant, kan wel tussen kuddes vergelyk word, mits dit betroubaar is en die minimum

vereistes nagekom word.

Eenvoudig gestel word teelwaardes as volg bereken: Gestel ram A en ram B word op

dieselfde 30 ooie gebruik, (al die omgewingstoestande is presies dieselfde vir die

nageslag) en ram A se nageslag weeg 2kg swaarder as ram B se nageslag by speen, dan is

27

am A geneties daartoe instaat om lammers te teel wat 2kg swaarder sal wees as ram B se

lammers.

In die Standaard Dormer katalogus word die volgende teelwaardes aangetref:

1) Speen Direk: Dit is ‘n aanduiding van die dier se direkte groeivermoë tot op

speenouderdom.

2) Na Speen Direk: Dit is ‘n aanduiding van die dier se direkte groeivermoë na

speenouderdom.

3) Speen Maternaal: Dit is ‘n aanduiding van die dier se melkproduksie, maw by

ramme is dit ‘n aanduiding van hoeveel melk sy vroulike nageslag gaan hê.

4) Rew: Dit is ‘n relatiewe ekonomiese waarde wat speen, naspeen en reproduksie

teelwaardes kombineer. Hierdie waarde moet net as riglyn gebruik word om die

diere met die regte verhoudings tussen gemete eienskappe te identifiseër. As die

waarde laag is beteken dit moontlik dat speen direk hoog is maar speen maternaal

baie laag ens.

5) LamS: Die aantal lammers met speengewig aangeteken teenoor aantal keer

gelam. Hierdie teelwaarde word uit die dier se stamboom bereken en ten minste

drie generasies is belangrik. Gebruik dit in samewerking met die ram se moeder

se aantal lammers gespeen per lamming, die OPI indeks, interlamperiode en

ouderdom eerste lam.

Om teelwaardes maklik te vergelyk is simbole toegeken wat ook by die teelwaardes

verskyn nl, * Top 10% van ras, + Top 40% van ras, = Binne 10% van rasgemiddeld, -

Onderste 40% van ras, × Onderste 10% van ras.

Die akkuraatheid van die teelwaardes verskyn ook langs die teelwaardes.

Om teelwaardes te gebruik moet dit betroubaar wees. Vir die berekening van teelwaardes

word ‘n dier se eie produksie asook die van sy familie en ook sy nageslag in berekening

gebring, dus kan ‘n dier se teelwaardes verander as daar meer inligting bykom.

Betroubaarheid van teelwaardes hang van die volgende aspekte af:

1) Akurate stambome: Akkurate rekordhouding van parings en geboortes is van

uiterste belang. Stuur alle data in, ook die van dooie lammers.

2) Akurate gewigte: Om te meet is om te weet. ‘n Akkurate skaal en diere wat op

die regte tyd geweeg word, is onontbeerlik. Weereens stuur alle data in, onthou

by die Dormer is produksie aantekening verpligtend. Stuur ook na-speen gewigte

in.

3) Indeksgroepe: Slegs diere wat dieselfde behandeling ontvang het, kan in

dieselfde indeksgroep verwerk word. Hou indeksgroepe so groot as moontlik

omdat dit teelwaardes meer akuraat maak.

4) Koppelings: Om meer akkuraatheid in teelwaardes binne die ras te verkry, moet

daar gestreef word vir goeie koppelings. ‘n Goeie koppeling word verkry as een

of meer ramme in meer as een kudde gebruik kan word. As daar nuwe ramme

gebruik word, moet daar gepoog word om een of meer ou ramme van die vorige

seisoen ook te gebruik. Probeer dus om minstens twee ramme per seisoen te

gebruik en ten minste een van hulle ook in ander seisoene.

28

Deur die gebruik van akkurate teelwaardes kan ‘n kudde vinnige genetiese vordering

maak. Om die beste resultate te verkry moet dit reg aangewend word. Teelwaardes is

beskikbaar vir eienskappe wat meetbaar is. Ander nie meetbare eienskappe is net so

belangrik en vir die rede is balans tussen die gemete en nie meetbare eienskappe van

kardinale belang. Teelwaardes in samewerking met visuele observasie is ‘n goeie

kombinasie om diere te selekteer.

Onthou dat van die teelwaardes met mekaar gekorreleerd is, bv seleksie vir te hoë groei

kan melk negatief beïnvloed. Seleksie vir te hoë melk weer het ‘n “melk” tipe skaap tot

gevolg wat moeilik in ekstensiewe toestande kan gedy. Waak teen uiterstes en hou jou

teelwaardes in balans met die omgewing waarin jou diere moet presteer.

By teelwardes is die gesegde absoluut waar: “Rubish in = Rubish out”. Die

bruikbaarheid van ‘n kudde se teelwaardes is net so goed, soos die data wat ingestuur

word.

29

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!