03.05.2013 Views

ProAgri uitgawe 126

ProAgri uitgawe 126

ProAgri uitgawe 126

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Meganisasie Vervoer

Tata is die tawwe trok

vir flink vervoerwerk!

Rateltaai vragmotor wat sy

’nvrag soos ’n man dra en baie

min vra, is die Tata 1518-agttonner,

waarvan Kobus Groenewald

van Xhariep Fencing & Transport

op Petrusburg in die Vrystaat

nou reeds twee in sy vloot het.

’n Boer se vragmotor kan dalk nog

af en toe ’n ruskansie kry wanneer

hy besig is om beeste te brand of

mielies te plant, maar Kobus se

vragmotors draf aldag heeldag met

volle vragte oor growwe

grondpaaie.

Kobus is ’n vervoerkontrakteur wat

hom op diens aan die landbou

toespits. Sy vragmotors dra hoofsaaklik

aartappels, ander groente

soos uie en pampoene, sowel as

koring, mielies en sonneblom.

Die groente ry hy hoofsaaklik van

die plase af na Bloemfontein,

Kimberley en Welkom se markte,

en die graan hoofsaaklik van die

plase af na graansuiers en veevoerfabrieke.

Dit beteken dat sy vragmotors

daagliks aan uitdagings van alle

soorte blootgestel is en sy twee

Tata-trokke hanteer dié vragte soos

ware kampioene.

Kobus se eerste Tata-staatmaker

was in Januarie twee-en-’n-halwe

jaar oud en het vandag 170 000

hardwerkende, moeitevry kilometer

afgedraf. Hy is besonders tevrede

met die goeie diens wat hy kry van

Tata en kan ook maklik onderdele

oor die toonbank koop.

Die tweede een het sedert

Februarie vanjaar 83 000 km afgelê

en nie die geringste probleme

besorg nie.

As oud-polisieman spesialiseer

Kobus Groenewald in elektriese

heinings vir plaasbeveiliging en

jakkalsbeheer, en as liefhebber van

voortreflike masjiene vervoer hy

boere se produkte doeltreffend met

sy Tata-trokke. Vir albei take kan jy

hom by 082-829-7561 skakel.

Met sy betroubare sessilinder-,

interverkoelde Cummins-turbodieselenjin

van 5,883 liter wat

132 kW teen 2 500 opm en ’n

gedugte 650 Nm wringkrag teen

1 500 opm uitskop, gebruik die

Tata 1518 die minimum diesel om

’n vyftonsleepwa saam te sleep. Sy

uitlaatgas voldoen aan Euro 2standaarde.

Hy is vas op die pad en voel altyd

veilig, vertel Kobus. Sy kragstuur,

gerieflike sitplek en byderhand

kontroles maak die bestuurder se

lewe maklik en sy dubbelleidinglugremstelsel,

dagmaker-ligte,

perfekte bestuurdersposisie en

onbelemmerde uitsig voldoen aan

die strengste vereistes.

Kobus se trokke is toegerus met

valkantbakke wat deur Talbert

vervaardig is en waarmee hy baie

tevrede is, maar Tata-trokke is

perfek vir enige soort bak – veral

ook met veetralies om diere veilig

en doetreffend te vervoer.

’n Tata-trok het nie onnodige

tierlantyntjies wat jou verwar en in

die steek kan laat nie, maar hy het

alles wat ’n trok nodig het om sy

werk perfek te doen, verklaar

Kobus.

Kobus spits hom toe op vervoer in

die agttonklas, maar Tata het ’n

vragmotor presies vir elke taak –

van 2 tot 35 ton en van ’n wipbak

tot ’n betonmenger met alles

daartussen.

Hy is ingenome met die flink diens

wat hy by Tata in Bloemfontein

(051-434-2500) ontvang, maar

daar is ’n ewe toegewyde Tatahandelaar

naby enige boer enige

plek in die land. Skakel

011-255-9600 of e-pos

tatatrucksandbuses@tata.co.za om

te hoor wie die handelaar naaste

aan jou is. Besoek ook

www.tata.co.za vir meer

inligting.

8 ProAgri 126 Julie 2010

www.proagri.co.za

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!