03.05.2013 Views

ProAgri uitgawe 126

ProAgri uitgawe 126

ProAgri uitgawe 126

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Veeboerdery Vleismerino

JC Kotze Boerdery:

Dis SAVM-kampioene net waar jy kyk!

Prestasies en pryse is woorde wat dikwels saam met JC

Kotzé Boerdery van Moorreesburg se SA Vleismerino’s

genoem word.

Dis ook geen wonder nie, want dié boerdery is bekend vir die

sukses wat hy landwyd by skoue en veilings behaal. Kyk net:

Hannes Kotzé het met 28 skape aan die 2010 Nasionale

SAVM-skou op Bloemfontein deelgeneem en die volgende

prestasies behaal:

• Ooilam, 60 kg en ligter: 10 de plek uit 63

• Ooilam, 60 tot 70 kg: 10 de plek uit 63

• Ooilam, 70 tot 80 kg: 4 de, 5 de en 10 de plek uit 57

• Ooilam, 80 kg +: 9 de en 10 de plek uit 29

• Ramlam, 70 kg en ligter: 2 de en 4 de plek uit 45

• Ramlam, 100 kg +: 9 de uit 36 skape

• Ram, 125 kg en ligter: 1 ste uit 64

• Ram, 140 tot 160 kg: 1 ste en 5 de uit 31

• Senior kampioenskappe: Algeheel 5 de plek

Hannes het ook die derde meeste punte behaal van 37 telers

met 722 inskrywings.

2010 Suid-Kaap Kampioenskappe op Riversdal:

• Kampioenstel meerlinge

• Kampioenpaar

• Kampioen- en reserwekampioen-ooilam

• Kampioen- en reserwekampioen-ooi

• Kampioen- en reserwekampioen junior ram

• Reserwekampioen-ram

• Victor ludorum

Tramirloc se ProTagTor sny

veediefstal keelaf!

Diere hoort op die plaas en diewe

hoort in die tronk. So glo

Tramirloc se mense en daarom het

hulle die ProTagTor-veediefstalvoorkomingstelsel

ontwerp wat

help om diere en diewe op hulle

onderskeie plekke te hou – soos die

ses veediewe wat nou agter tralies

sit nadat hulle as gevolg van

ProTagTor op Tot Briers-Louw se

plaas by Wellington vasgetrap is.

Hierdie stelsel het veediefstal op

talle plase heeltmal stopgesit en

talle boere in staat gestel om weer

met vee te boer waar diefstal dit

voorheen onmoontlik gemaak het.

Die stelsel werk só:

Merkertjies met batterye wat drie

tot vyf jaar hou, word aan sommige

van die diere in die trop se nekke

gesit. Die merkers stuur seine na ’n

sonkragaangedrewe basisveldstasie,

wat op ’n paal op ’n

strategiese plek aangebring is. Die

basisveldstasie vertolk die

bewegingspatrone van die diere

met merkers. Sodra ’n dier met ’n

merker skarrel, doelgerig in ’n

koers begin beweeg soos een wat

aangejaag word of doodstil bly lê,

stuur die basisveldstasie vir die

boer ’n selfoonteksboodskap met

spesifieke inligting soos in watter

kamp of trop die diere is wat

versteur is. Die boodskap kan ook

na verskeie selfone gestuur word.

Dit stel die boer en sy personeel of

bure in staat om onmiddellik op te

tree.

Die stelsel werk en dit is bekostigbaar

en betroubaar – talle boere

getuig dat dit veediefstal by hulle

totaal gestuit het. (Lees in ProAgri

124 hoe boere van regoor die land

vertel hoe Tramirloc diefstal op

hulle plase hokgeslaan het.)

Die stelsel beskerm nie net jou vee

nie, maar ook homself deur ’n

24 Augustus 2010

Alexandershoek, Moorreesburg

XK 8427 - Beproefde stoetram - Lot 21

Vanjaar se hoogtepunt is die jaarlikse Swartlandlenteveiling

wat op sy plaas, Alexandershoek,

naby Moorreesburg, gehou word. Besoekers sal

die tradisionele gasvryheid, die gesellige

saamkuier en die lekker ete geniet, maar ook die

kans kry om kampioengenetika aan te skaf.

Vir meer inligting, praat met Hannes Kotzé by

082-926-1179 of 022-433-2503.

waarskuwing uit te stuur sodra

iemand aan hom probeer peuter. Jy

kan ook ’n merker in jou

voertuig, trekker of gereedskapkis

sit om beheer daaroor uit te oefen.

ProTagTor bly altyd wakker.

Daarvoor sorg Tramirloc met puik

naverkoopdiens. Boere, soos Kobus

Muller van Frankfort, bel spesiaal

om te vertel hoe tevrede hulle met

die diens is wat Tramirloc en sy

agente, soos Desmund Schmidt,

dag en nag bied.

So vas glo Tramirloc in sy produk dat

alle elektronika (batterye ingesluit)

vir ’n jaar gewaarborg word. As jy ’n

ProTagTor-stelsel gekoop het en

binne 30 dae besluit jy is nie tevrede

nie, geld ’n geldterug waarborg

(praat met jou agent vir meer

inligting). Elke stelsel kom ook met

’n naverkoop-dienswaarborg, wat

verseker dat jou ProTagTor immer op

sy pos is.

Vir meer inligting oor Tramirloc se

ProTagTor-diefstalvoorkomingstelsel,

skakel 079-526-7232 of besoek

www.protagtor.co.za. Tramirloc se

mense sny veediefstal keelaf!

18 ProAgri 126 Julie 2010

www.proagri.co.za

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!