03.05.2013 Views

ProAgri uitgawe 126

ProAgri uitgawe 126

ProAgri uitgawe 126

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Gewasproduksie

Kalbasgewasse: Verhoog opbrengs en gehalte

met Greencult se netplastiek-grondkomberse

Gewone plastiekkomberse bied

gewoonlik beter resultate as

ooplandproduksie, maar

dikwels skeur dit en dan bring

al die moeite en koste geen

voordeel vir die gewasse of die

boer mee nie.

Elke hektaar van ons aarde se

oppervlakte moet elke jaar meer

mense voed, terwyl die

waterbronne nie meer word nie.

Daarvoor is immer beter,

volhoubare landboupraktyke nodig.

Een so ’n ontwikkeling wat boere

regoor die wêreld aangryp, is

Greencult se vernuftige netplastiekgrondkomberse

vir die produksie van

kalbasgewasse soos spanspek en

waatlemoen.

Die gebruik van grondkomberse is

sinvol, aangesien ooplandproduksie

plante en grond aan wind, weer,

verspoeling, verdamping en

onkruidmededinging blootstel om ’n

relatief lae opbrengs van ’n relatief

swak gehalte te lewer.

’n Grondkombers van gewone

plastiek verbeter die waterbenutting,

onkruidbeheer, opbrengs en gehalte,

maar dit bied ook probleme: Omdat

die oppervlakte van gewone plastiek

glad is, kry die hegranke geen

vasklouplek nie, sodat die wind plante

maklik kan beskadig.

Boonop is gewone plastiek nie juis

sterk nie, sodat dit maklik deur wind

en weer beskadig word en dan is jy

terug by ooplandproduksie.

14

’n Mens kan natuurlik windbreekgewasse

tussen die rye plant, maar

dié gewasse ding dan met jou

kalbasgewasse mee om water,

voedingstowwe en sonlig – en as

die wind in die rye af waai, help dit

net mooi niks om jou plante te

beskerm nie.

Dieselfde geld vir duur windbrekernette

wat dikwels self voor die wind

swig.

Maar Greencult se vernuftige netplastiek-grondkomberse

bied die

perfekte oplossing: Dit is ’n eenheid

Die netlaag op Greencult se

vernuftige netplastiek-grondkombers

bied genoeg vasgrypplek

vir jou plante se hegranke,

sodat hulle hulleself teen die

wind kan anker.

Terselfdertyd stel dit plante in

staat om deurgaans hulle blare

teen die regte hoek na die son te

hou om fotosintese, en dus groei,

te verbeter.

Gewone plastiek bied die

plant se hegranke geen

vasvatplek nie, sodat die wind

die stomme plant na willekeur

in die rondte draai totdat sy

stammetjie knak.

ProAgri 126 Julie 2010

van net en plastiek wat langer as ’n

gewone plastiekgrondkombers hou

en jou plante se hegranke vasgrypplek

bied sodat hulle hulleself teen

die wind kan anker.

Dit beteken dat wind aansienlik

minder skade aanrig en dat die

plant sy blare deurentyd teen die

regte hoek na die son gerig kan

hou vir beter fotosintese, wat tot

beter groei en hoër, gesonder

produksie lei.

Die voordele van Greencult se

netplastiek-grondkomberse is:

• Jy kan vroeër plant en

vroeër oes

• Plante groei vinniger

• Doeltreffende grondisolasie sorg

vir ’n hoër grondtemperatuur in

die winter en laer grondtemperatuur

in die somer

• Praktiese proewe bewys dat

Greencult se netplastiek-grondkomberse

opbrengs en gehalte

beduidend verhoog

• Grondvog word veel beter

bewaar, wat op doeltreffende

waterbenutting neerkom

• Onkruid word beter onderdruk

en makliker bestuur

• Kunsmisuitloging word

verminder

• Gronderosie word verminder

• Erdwurmbedrywigheid word

aangemoedig

• Grondverdigting word

verminder

• Wortelskade word verminder

• Opbrengs word verhoog

• Gehalte word verhoog en daar is

geen grondskuurmerke aan

vrugte nie

• Die bedrywighede van peste

word aan bande gelê

• Windskade word drasties

verminder

• Greencult se netplastiek-grondkomberse

is meer duursaam

www.proagri.co.za

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!