03.05.2013 Views

ProAgri uitgawe 126

ProAgri uitgawe 126

ProAgri uitgawe 126

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Gewasproduksie Saad

Soja, sonneblom en droëbone:

Dis nie net PANNARsaad wat groei nie, maar ook PANNARboere

Kragtige groei is in elke PANNAR

pit gepak, gereed om welig uit

te bars sodra die plantseisoen

vanjaar begin. Hierdie voortreflike

saad is die gevolg van meer as 50

jaar se volgehoue, intensiewe

navorsing om immerdeur beter

genetika vir boere te ontwikkel.

PANNAR personeel se spore lê

kwistig gesaai op plase regoor

Suid-Afrika, want dit is noue

samewerking tussen boer en

navorser wat sorg vir die nommerpas

saad vir elke moontlike

produksietoestand.

Wen met PANNAR se soja

Sojabone is die ideale wisselbougewas

met mielies en koring.

PANNAR se Roundup Ready ® -kultivars

gee die sojaboonboer ’n voorsprong

met ’n veelsydige, volledige

pakket van verskillende groeiklasse

vir al die produksiegebiede.

Die pakket sluit spesialiskultivars

met ’n regop groeiwyse in, geskik

vir nou rye onder besproeiing.

Gebruik van PANNAR se sojasaad

verseker genetiese vooruitgang

wat die boer daartoe in staat stel

om tot in die verste toekoms

volhoubaar en winsgewend te

produseer.

Roundup Ready ® -kultivars

Vinnige groeiers vir koel gebiede

en later aanplanting in matige

gebiede:

PAN 1454R: Eerste oor die

wenstreep

• ’n Vinnige kultivar vir gebiede

met ’n kort groeiseisoen

• Gehard en ideaal geskik vir die

oostelike Hoëveld

• Eerste keuse vir wisselbou met

koring

• Hoë olie-inhoud

Medium groeiseisoenklas vir

gematigde gebiede en later

aanplanting in die warm

gebiede (besproeiing)

A5409RG: ’n Uiters stabiele staatmaker.

Dit was die eerste RR-soja-

boon in die RSA en word met goeie

rede steeds wyd aangeplant.

PAN 535R: Kompak en bekwaam

• Aanbeveel vir alle produksiegebiede,

alhoewel dit die beste

aangepas is vir die koel en

matige gebiede

• Die kort planttipe mag opbrengsbeperkend

wees by ’n laat

plantdatum in warm gebiede

PAN 1583R: ’n Nuwe kultivar,

wyd aangepas vir koel en matige

streke

• Kort planttipe, spesialis-sojaboon

aangepas vir hoë plantbevolking

en nou rye

• Baie goeie staanvermoë

PAN 1664R: Man, kan hierdie

sojaboon produseer!

• Aanskoulike produksievolume

• Aantreklike planttipe en wye

gebiedsaanpasbaarheid

• Veelsydige kultivar met goeie

agronomiese balans

PAN 1666R: Ongeëwenaard!

• Baie aantreklike planttipe

• Presteer goed in alle

produksiegebiede

• Uitstekende staanvermoë, goeie

peulhoogte en weerstand teen

oopspring

• Nie aanbeveel vir warm

besproeiingsgebiede nie

Laat groeiseisoen kultivar vir vroeë

aanplanting in matige gebiede en

hoofaanplanting in warm gebiede

(besproeiing)

PAN 737R: Rotsvaste stabiliteit

• Soortgelyk aan die PANNAR

kultivars met smal blare soos

vantevore

• Ideaal vir sowel droëlandverbouing

as besproeiing

• Gedy veral in warm produksiegebiede,

maar ook relatief goed

aangepas vir die koel produksiegebiede

en koeler seisoene

• Plant teen die standaard

plantbevolking

Roundup Ready ® is ’n

geregistreerde handelsmark en

word in lisensie van Monsanto

Technology LLC gebruik.

Wat konvensionele kultivars betref,

bied PANNAR in die medium groeiseisoenklas

vir matige gebiede en

later aanplanting in die warmer

gebiede (besproeiing).

PAN 1652: Agronomies hoogs

aanvaarbaar

• Aanbeveel vir al die produksiegebiede

en besonder goed

aangepas vir die koeler dele.

• Uitstekende agronomiese

eienskappe sluit goeie staanvermoë,

peulhoogte en weerstand

teen oopspring in

• Goeie droogtebestandheid

PANNAR se sonneblombasters

sit sonskyn in jou beursie

PANNAR bied die boer ’n

skitterende keuse sonneblomkultivars

in die medium en medium-laat

groeiseisoenklas.

PAN 7033 en PAN 7049 met

bruinroesweerstand vorm ’n

gedugte pakket. Die basters is

sinoniem met hoë opbrengspotensiaal,

uitstekende stabiliteit oor

seisoene en wye gebiedsaanpasbaarheid.

Die pakket word aangevul

met ’n Clearfield ® -baster vir

doeltreffende na-opkoms onkruidbeheer,

asook ’n baster met ’n hoë

oleïensuurinhoud.

Medium groeiseisoenklas

PAN 7351: Stabiliteit en wye

gebiedsaanpasbaarheid

• Hoë opbrengspotensiaal en

stabiliteit vir uitstekende

prestasie in kommersiële

aanplantings

• ’n Staatmaker in al die

sonneblomproduksiegebiede en

presteer besonder goed in die

vernaamste sonneblomproduksiegebiede

• ’n Goeie aanvulling vir PAN 7033

in ’n pakket

PAN 7726HO: Nuwe hoë-oleïensuurbaster

• Egalige baster met goeie

opbrengspotensiaal

• Silwergys pitkleur wat dit maklik

herkenbaar maak tydens lewering

• Oleïeninhoud van 80% en hoër,

10 ProAgri 126 Julie 2010

www.proagri.co.za

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!