Natuurwetenskappe en Tegnologie Graad 5-B - The Thunderbolt Kids

Natuurwetenskappe en Tegnologie Graad 5-B - The Thunderbolt Kids Natuurwetenskappe en Tegnologie Graad 5-B - The Thunderbolt Kids

thunderboltkids.co.za
from thunderboltkids.co.za More from this publisher
03.05.2013 Views

BESOEK Interaktiewe webblad oor elektrisiteit. goo.gl/mrFiy 2.3 Veiligheid en elektrisiteit Ons gebruik elektrisiteit elke dag. Elektrisiteit kan gevaarlik wees, so dit is belangrik dat ons dit veilig gebruik. Elektrisiteit kan vir jou 'n elektriese skok gee. 'n Elektriese skok kan jou baie seermaak en jou selfs doodmaak. Hoë spanning is baie gevaarlik. Kyk uit vir waarskuwingstekens soos hierdie! Elektrisiteit kan vure en besering, selfs die dood, veroorsaak. Hier is 'n paar reëls oor hoe elektrisiteit veilig te gebruik. 1. Moenie enigiets in 'n kragsok sit behalwe 'n kragprop nie. 2. Moenie aan die koord trek om die apparaat se kragprop uit te trek nie, hou aan die prop vas en trek. 3. Droog jou hande af voordat jy 'n kragprop insit of uittrek. 4. As 'n kragprop gebreek is of die koord is gesny of beskadig, moet dit nie gebruik word nie. 5. Moenie te veel koorde aan een muursok sit nie. 6. Hou apparaat weg van water. Moenie 'n haardroër gebruik as daar water naby is nie. 7. As daar 'n elektriese storm (met weerlig) is, skakel af en diskonnekteer die elektriese apparaat soos die TV en die rekenaar. 8. Moenie enige kragdrade aanraak nie. 9. Sommige kragdrade word ondergronds begrawe. Indien jy spit en 'n draad kry, moenie daaraan raak nie. 10. Moenie 'n vlieër vlieg of 'n boom klim naby 'n kraglyn nie. AKTIWITEIT: Tien veiligheidswenke vir elektrisiteit. INSTRUKSIES 1. Kyk na die prente. 2. Elkeen van die prente wys die VERKEERDE gebruik van elektrisiteit of elektriese apparaat. 3. Gebruik die prent om 'n "veiligheidswenk" vir die situasie in die prent te skryf. 38 Energie en Verandering

4. Die eerste voorbeeld is vir jou gedoen. Prente Veiligheidswenk Moet nooit 'n apparaat gebruik wat 'n gebreekte kabel het of waarvan daar metaaldrade by die kabel se omhulsel uitsteek nie. Hoofstuk 2. Energie en elektrisiteit 39

4. Die eerste voorbeeld is vir jou gedoen.

Prente Veiligheidswenk

Moet nooit 'n apparaat

gebruik wat 'n gebreekte

kabel het of waarvan daar

metaaldrade by die kabel

se omhulsel uitsteek nie.

Hoofstuk 2. Energie en elektrisiteit

39

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!