Natuurwetenskappe en Tegnologie Graad 5-B - The Thunderbolt Kids

Natuurwetenskappe en Tegnologie Graad 5-B - The Thunderbolt Kids Natuurwetenskappe en Tegnologie Graad 5-B - The Thunderbolt Kids

thunderboltkids.co.za
from thunderboltkids.co.za More from this publisher
03.05.2013 Views

4 Fossiele NUWE WOORDE • fossiel • antieke • bewyse • opgeteken • behou HET JY GEWEET? 'n Paleontoloog is 'n wetenskaplike wat prehistoriese lewe bestudeer, meestal deur na fossiele te kyk. 152 SLEUTELVRAE • Wat is fossiele? • Waarom is die diere van lank terug anders as die diere wat ons vandag kry? • Hoe vorm fossiele in rotse? • Waarom is fossiele so belangrik? • Wat is die Wieg van die Mensdom in Suid-Afrika? Hoekom is dit 'n wêrelderfenisgebied? 4.1 Fossiele in rots Hierdie is ou foto's van fossielsoekers! Hierdie mense kap stukke skalie oop. Hulle soek fossiele in die rots. Die lae skalie word oopgebreek en hy sien die vorm van 'n blaar of dier in die rots. Die vorm word 'n fossiel genoem. Dwarsoor die wêreld vind mense fossiele van blare en bene in die lae afsettingsgesteentes. Hierdie blare en bene kom van plante en diere wat miljoene jare gelede geleef het. Hulle het nie soos die plante en diere gelyk wat ons vandag sien nie.

Fossiele is rotsvorme van dooie plante en diere: 'n Fossiel is nie die regte blaar of been nie; die rots het die vorm: van die blaar of been gehou. Die rots word 'n fossiel genoem. Hieronder kan jy 'n foto van 'n fossiel van die kop van 'n dinosourus sien. Die volgende prent wys jou hoe 'n wetenskaplike dink die dinosour gelyk het. Die fossielvorm van die kop van die Massopondylus, 'n dinosourus wat 200 miljoen jaar gelede in die ooste van die Vrystaat geleef het. 1 Paleontoloë dink dat Massospondylus so gelyk het. Die fossiel van die dinosourus se kop is nie die werklike bene nie, maar is in werklikheid nou 'n rots in die vorm van die dinosourus se bene. Oor miljoene jare het die bene in rots verander. 'n Fossiel is dus die oorblyfsels van 'n antieke plant of dier wat in die rots behoue gebly het. Die meeste organismes wat paleontoloë bestudeer, het reeds uitgesterf. Dit beteken dat hulle nie meer vandag lewe nie. Waarom is fossiele so belangrik? Die aarde se verlede is betowerend. Verbeel jou jy kon lewe toe al die dinosourusse op die aarde gebly het. Mense wil meer uitvind van die geskiedenis van lewe op aarde. In die onlangse geskiedenis het ons boeke geskryf waarin wat gebeur het, opgeteken is. Ons kan in 'n boek, wat iemand wat lank gelede gelewe het, geskryf het, oplees oor die tydperk waarin hy gelewe het. 'n Miljoen jaar gelede het daar nie mense op die aarde gebly nie, en niemand kon neerskryf wat gebeur het nie. Ons moes dus ander maniere kry om uit te vind hoe die lewe op aarde 'n miljoen jaar gelede was. Om dit te doen moet wetenskaplikes fossiele gebruik. Fossiele is eintlik ons mees Hoofstuk 4. Fossiele 2 BESOEK Vroë evolusie van 'n dinosourus. (video) goo.gl/tWnJe 153

4 Fossiele

NUWE WOORDE

• fossiel

• antieke

• bewyse

• opgeteken

• behou

HET JY GEWEET?

'n Paleontoloog is 'n

wetenskaplike wat

prehistoriese lewe

bestudeer, meestal

deur na fossiele te

kyk.

152

SLEUTELVRAE

• Wat is fossiele?

• Waarom is die diere van lank terug anders as die diere wat

ons vandag kry?

• Hoe vorm fossiele in rotse?

• Waarom is fossiele so belangrik?

• Wat is die Wieg van die Mensdom in Suid-Afrika?

Hoekom is dit 'n wêrelderfenisgebied?

4.1 Fossiele in rots

Hierdie is ou foto's van fossielsoekers! Hierdie mense kap stukke

skalie oop. Hulle soek fossiele in die rots. Die lae skalie word

oopgebreek en hy sien die vorm van 'n blaar of dier in die rots.

Die vorm word 'n fossiel genoem.

Dwarsoor die wêreld vind mense fossiele van blare en bene in die

lae afsettingsgesteentes. Hierdie blare en bene kom van plante en

diere wat miljoene jare gelede geleef het. Hulle het nie soos die

plante en diere gelyk wat ons vandag sien nie.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!