Natuurwetenskappe en Tegnologie Graad 5-B - The Thunderbolt Kids

Natuurwetenskappe en Tegnologie Graad 5-B - The Thunderbolt Kids Natuurwetenskappe en Tegnologie Graad 5-B - The Thunderbolt Kids

thunderboltkids.co.za
from thunderboltkids.co.za More from this publisher
03.05.2013 Views

3 Afsettingsgesteentes BESOEK Verskillende rotstipes (video). goo.gl/yD3qd NUWE WOORDE • verweer • korrels • sediment • afsettings • erosie • neerslag 136 SLEUTELVRAE • Waarom het die aarde berge en valleie? • Het berge altyd gelyk soos hulle nou lyk? • Waarom kan jy soms verskillende kleure "lae" in 'n rots sien? Hoe het hierdie lae gevorm? Ons het in Hoofstuk 2 gesien dat die oppervlak van die aarde uit rotse en grond bestaan. Daar is verskillende soorte grond, maar het jy besef dat daar ook verskillende soorte rots is? Ons klassifiseer rotse op grond van hoe hulle gevorm is. Ons gaan net na afsettingsgesteentes kyk in hierdie hoofstuk en uitvind hoe dit gevorm en gebruik word. 3.1 Hoe vorm afsettingsgesteentes In Hoofstuk 2 het ons gesien hoe rotse in kleiner en kleiner stukkies opbreek totdat ons sandkorrels het. Ons gaan nou kyk wat met sand gebeur. Die rotse breek eers in kleiner stukkies op totdat die stukkies sandkorrels is. Daarna word sand en modder deur wind en vloeiende water weggevoer. Die wind en water mag dalk die sand en modder op een plek neerlê. Die sandkorrels kan uiteindelik weer aan mekaar vassit en nuwe rotse vorm. Hierdie nuwe rotse noem ons afsettingsgesteentes. Erosie en afsetting Wanneer wind- of waterdeeltjies van die rots wegbeweeg, noem ons dit erosie. Die wind en die water verweer die rots omdat hulle die sand wegvoer.

'n Groot vallei word deur gronderosie gevorm. 1 Gronderosie deur water. Wanneer die water en wind die sandkorrels neerlê, noem ons dit 'n neerslag. Die wind en die water vorm 'n afsetting met die sand. Sediment Die wind waai die sand in die hoek van die skool. Afsetting is besig om hier te gebeur. Wanneer die sandkorrels bo-op mekaar versamel vorm dit sediment. Oor tyd word nuwe lae modder en sand bo-op die vorige lae bygevoeg. Hierdie sediment word oor 'n lang tyd stewig en hard en vorm afsettingsgesteentes. Dit gebeur omdat die sandkorrels aanmekaar vassit en ander swaarder sediment afdruk op die sandkorrels. Sediment lê bo-op mekaar. Ons kan die lae sien in die afsettingsgesteentes, hulle is ook partykeer verskillende kleure. Soek die sediment in die prent hieronder. Hoofstuk 3. Afsettingsgesteentes 2 137

'n Groot vallei word deur

gronderosie gevorm.

1

Gronderosie deur water.

Wanneer die water en wind die sandkorrels neerlê, noem ons dit 'n

neerslag. Die wind en die water vorm 'n afsetting met die sand.

Sediment

Die wind waai die sand in die hoek van die skool. Afsetting

is besig om hier te gebeur.

Wanneer die sandkorrels bo-op mekaar versamel vorm dit

sediment. Oor tyd word nuwe lae modder en sand bo-op die

vorige lae bygevoeg. Hierdie sediment word oor 'n lang tyd

stewig en hard en vorm afsettingsgesteentes. Dit gebeur omdat

die sandkorrels aanmekaar vassit en ander swaarder sediment

afdruk op die sandkorrels. Sediment lê bo-op mekaar. Ons kan die

lae sien in die afsettingsgesteentes, hulle is ook partykeer

verskillende kleure. Soek die sediment in die prent hieronder.

Hoofstuk 3. Afsettingsgesteentes

2

137

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!