Hoofstuk 30 Mites en Mistieke.pdf - Ateisme.co.za

Hoofstuk 30 Mites en Mistieke.pdf - Ateisme.co.za Hoofstuk 30 Mites en Mistieke.pdf - Ateisme.co.za

ateisme.co.za
from ateisme.co.za More from this publisher
03.05.2013 Views

verdere duistere en negatiewe magte se oorsprong is hier. So het Gaia (aarde) in haar slaap geboorte geskenk aan Uranus (Hemel en Hemel God) en Pontus (See en God van die See). Uranus as eerste geborene is dus gelyk magtig aan Gaia. Stralend met liefde vir sy moeder Gaia (aarde) laat Uranus die hemel vrugbare reën op haar uitstort. Die gevolg is dat Gaia geboorte skenk aan die res van die wêreld. In Noorse mitologie is Freya, ‘n moeder Godin sonder ‘n moeder, slegs ‘n vader, Njord, die God van vrugbaarheid. Dit vergelyk met die skepping van Eva uit die ribbebeen van Adam, in die Bybel. Dit is ook belangrik om kennis te neem dat sowat 3000 jaar voor Hesiod, het die Asiatiese immigrante na Griekeland, die Pelasgiane, hulle eie moeder God saamgebring. Volgens hulle was die skepping slegs vanaf Eurynome, die Godin van alle dinge. Ons het reeds voorheen daarop gewys dat die oorsprong van vele mites in Mesopotamië (Kuwait en Irak vandag) was. Beheer oor Mesopotamië het oor sowat 2500 jaar tussen heelwat volke gewissel voordat die eerste Griekse mite geskryf was. Die Babiloniërs het hulle eie skeppings verhaal gehad, ene Enuma Elish wat beteken, wanneer bo. Daar was baie verwantskap tussen die Sumeriese en Babiloniese asook die Griekse skeppings mites. Dit alles dateer lank voor die Bybel skeppings mites. Nammu het bestaan, die oer see met water wat deur ‘n magtige wind versteur is. Nammu gee geboorte aan An en Ki, ‘n lugruim God en aarde Godin, soos Uranus en Gaia. Die vereniging van broer en suster produseer dan die groot Gode soos Enlil, die God van plante, diere, landbou gereedskap, kuns en samelewing. Hierna het die Gode die mensdom geskep en van onderhoud voorsien om hulle in ander maniere te dien. Die volgende twee mites, lank voor Christendom, hou ook verband met die vloed van die Bybel. Enlil, heerser oor alle Gode, het die groot vloed geskape, omdat daar te veel mense was wie te veel lawaai veroorsaak het. Ea was baie lief vir mense en waarsku Utanapishtim. Hy bou ‘n ark en red sodoende sy familie en diere, wild en mak. Enlil was baie kwaad dat daar mense oorleef het, maar Ea oorreed hom. Enlil spaar hulle en gee hulle selfs die ewige lewe. So ook is die Griekse Gode Deucallion en Pyrrha van die groot vloed gespaar deur ‘n waarskuwing van Prometheus. Gilgamesh wou ook ‘n God wees en die ewige lewe bekom. Met sy vertrek gee Utanapishtim hom ‘n tower plant wat hom ewige jeugdigheid sou gee. Gilgamesh vertoef by ‘n varswater poel om te verfris. Terwyl hy in die poel is, seil ‘n slang uit en steel die plant. Met die terugkeer na die poel, gooi die slang sy vel af en vertoon ‘n pragtige jeugdige voorkoms. Tot vandag nog gooi slange hulle ou velle af vir ‘n nuwe skoon vel. Gilgamesh aanvaar sy sterflikheid en besluit om die beste te maak met die tyd tot sy beskikking. Gilgamesh keer terug na Uruk waar hy as ‘n wyse koning, lank regeer het. Voor die aankoms van Pandora het mans ‘n pynlose, siektevrye en moeitelose lewe gelei. Daar was geen geswoeg en swaarkry nie. Pandora was nie lank op aarde voordat sy nuuskierig geword het omtrent die inhoud van die houer wat God haar gegee het. Toe sy die houer oopmaak het die inhoud daarvan die aarde oorvloei en algeheel versprei. Die houer was vol geskenke soos bronne van versoeking, begeertes, arbeid, ouderdom, kranksinnigheid, siekte en dood. Dus Pandora het slegs leed en swaarkry vir die mans gebring. Daar is besondere treffende gelykhede met die verhaal van Eva in die paradys. In beide verhale was die mans voor die vrouens geskape en die vrouens se optredes bring in beide gevalle vernedering en swaarkry vir almal. Dit is dan 4

algemeen opvallend dat vrouens die blaam dra, in meeste legendes. Gaia, die grootmoeder van die Gode het veral drie eienskappe gehad, liefde, aardelike vrugbaarheid en moederskap. In die Middel-ooste was die groot Godin in verskillende name bekend. Die Sumeriaanse naam was Inanna, Akkadiaanse as Ishtar, Assiriëse as Mylitta en Egipties as Astarte. Volgens die Sumeriese verhaal het Inanna ‘n besoek aan die onderwêreld gebring ten einde gesag daaroor te verkry. Sy moes by sewe hekke afdaal en by elke hek ‘n kledingstuk of juweliers artikel verwyder. Met haar aankoms by die onderwêreld was sy kaal toe sy haar suster Ereshkigal, die Heerser, konfronteer. Elke kledingstuk of juweliersware verwyder was ‘n verlies van mag. Sy was dus magteloos voor haar suster en is deur haar suster verdoem en haar liggaam is teen ‘n muur opgehang. Dit is weereens so ‘n bekende daling na die onderwêreld se vlakke, sewe hekke, sewe hemele soos in Islam. Dan kom weereens die redding uit die onderwêreld soos in Christendom. Die Romeinse Amulius wou seker maak daar is nie ‘n opvolger nie en stel Rhea Silvia (ook bekend as Ilia) aan as eerbare maagd. Sy mag dus nie kinders hê nie. Mars (ook bekend as Ares), die Romeinse oorlog en landbou God, verlei egter vir Rhea Silvia. Sy skenk geboorte aan Romulus en Remus. Amulius plaas haar onder arres toe hy die waarheid verneem. Rhea Silvia was nooit weer gesien nie. Romulus en Remus was nog suigelinge toe Amulius hulle in ‘n mandjie sit en in die Tiber rivier gooi. Die mandjie het uitgespoel en hulle pa, Mars het hulle van honger gered. Hy stuur toe twee heilige diere, die wolf en die houtkappertjie na hulle. Die wolf soog die tweejites en beskerm hulle in die woud. Nadat hulle gespeen is, het die houtkappertjie hulle versorg. Faustulus, Amulius se skaapwagter, vind hulle en versorg hulle. Faustulus en sy vrou het hulle groot gemaak soos hulle eie kinders. Die Lupercalia fees of Valentyns-dag, word vandag nog gevier, meestal onbewus van die oorsprong. Romulus was dan die een wat in ‘n lae wolk verdwyn het, vermoedelik verhewe tot ‘n God. Die Griekse Parthenon (Maagdelike) tempel was beroemd vir sy standbeelde en kunswerke. Pragtige vroulike figure, sierlik aangetrek. Hierna het die Christen verbeelding in die kuns oorgeneem maar weereens met die Neo-platoniste, wedergeboorte beding. Volgens hulle kan Venus (of Aphrodite) verbeeld word as Venus (liefde) self, of die Maagd Maria as ware heilige liefde. Weereens is die vroulike naaktheid gekoppel aan die mites, en aanvaarbaar. Ongeag die nabyheid van die Grieke aan die Middel-ooste, die soortgelykheid in tema, karakter en die storie daaragter, is dit duidelik dat die mites wel oorge-erf is. Ten spyte van die invloed bly dit nog steeds ‘n duidelike weerspieëling van die kulture van die tyd in ryke mitologie. Miskien moet ons as waar aanvaar dat die Babiloniese Genesis, die Enuma Elish, toegeskryf kan word aan ‘n Gode oorlog. Sodoende is die mensdom geskape om die Gode te dien en te voed. Daar is verskeie minder bekende mites wat nogtans belangrik is. Die Feniks (Phoenix) is ‘n mistieke Arabiese voël wat homself elke 500 jaar uitbrand. Die eerste weergawe van die verhaal verskyn in Grieke litteratuur sowat 430 BCE. Wanneer die Feniks se dood nader, bou dit ‘n nes van soet speserye en sing terwyl die son dit aan die brand steek. ‘n Wurm verskyn dan uit die as en groei tot ‘n nuwe Feniks. Die nuwe lewe kan dan ook ‘n restorasie of vernuwing na ‘n terugslag wees. Dit was dikwels deur Christelike skrywers as heropstanding vertolk. 5

verdere duistere en negatiewe magte se oorsprong is hier. So het Gaia (aarde) in haar

slaap geboorte geskenk aan Uranus (Hemel en Hemel God) en Pontus (See en God

van die See). Uranus as eerste geborene is dus gelyk magtig aan Gaia. Stralend met

liefde vir sy moeder Gaia (aarde) laat Uranus die hemel vrugbare reën op haar uitstort.

Die gevolg is dat Gaia geboorte skenk aan die res van die wêreld. In Noorse mitologie

is Freya, ‘n moeder Godin sonder ‘n moeder, slegs ‘n vader, Njord, die God van

vrugbaarheid. Dit vergelyk met die skepping van Eva uit die ribbebeen van Adam, in die

Bybel. Dit is ook belangrik om kennis te neem dat sowat 3000 jaar voor Hesiod, het die

Asiatiese immigrante na Griekeland, die Pelasgiane, hulle eie moeder God

saamgebring. Volgens hulle was die skepping slegs vanaf Eurynome, die Godin van

alle dinge.

Ons het reeds voorheen daarop gewys dat die oorsprong van vele mites in

Mesopotamië (Kuwait en Irak vandag) was. Beheer oor Mesopotamië het oor sowat

2500 jaar tussen heelwat volke gewissel voordat die eerste Griekse mite geskryf was.

Die Babiloniërs het hulle eie skeppings verhaal gehad, ene Enuma Elish wat beteken,

wanneer bo. Daar was baie verwantskap tussen die Sumeriese en Babiloniese asook

die Griekse skeppings mites. Dit alles dateer lank voor die Bybel skeppings mites.

Nammu het bestaan, die oer see met water wat deur ‘n magtige wind versteur is.

Nammu gee geboorte aan An en Ki, ‘n lugruim God en aarde Godin, soos Uranus en

Gaia. Die vereniging van broer en suster produseer dan die groot Gode soos Enlil, die

God van plante, diere, landbou gereedskap, kuns en samelewing. Hierna het die Gode

die mensdom geskep en van onderhoud voorsien om hulle in ander maniere te dien.

Die volgende twee mites, lank voor Christendom, hou ook verband met die vloed van

die Bybel. Enlil, heerser oor alle Gode, het die groot vloed geskape, omdat daar te veel

mense was wie te veel lawaai veroorsaak het. Ea was baie lief vir mense en waarsku

Utanapishtim.

Hy bou ‘n ark en red sodoende sy familie en diere, wild en mak. Enlil was baie kwaad

dat daar mense oorleef het, maar Ea oorreed hom. Enlil spaar hulle en gee hulle selfs

die ewige lewe. So ook is die Griekse Gode Deucallion en Pyrrha van die groot vloed

gespaar deur ‘n waarskuwing van Prometheus.

Gilgamesh wou ook ‘n God wees en die ewige lewe bekom. Met sy vertrek gee

Utanapishtim hom ‘n tower plant wat hom ewige jeugdigheid sou gee. Gilgamesh

vertoef by ‘n varswater poel om te verfris. Terwyl hy in die poel is, seil ‘n slang uit en

steel die plant. Met die terugkeer na die poel, gooi die slang sy vel af en vertoon ‘n

pragtige jeugdige voorkoms. Tot vandag nog gooi slange hulle ou velle af vir ‘n nuwe

skoon vel. Gilgamesh aanvaar sy sterflikheid en besluit om die beste te maak met die

tyd tot sy beskikking. Gilgamesh keer terug na Uruk waar hy as ‘n wyse koning, lank

regeer het.

Voor die aankoms van Pandora het mans ‘n pynlose, siektevrye en moeitelose lewe

gelei. Daar was geen geswoeg en swaarkry nie. Pandora was nie lank op aarde

voordat sy nuuskierig geword het omtrent die inhoud van die houer wat God haar gegee

het. Toe sy die houer oopmaak het die inhoud daarvan die aarde oorvloei en algeheel

versprei. Die houer was vol geskenke soos bronne van versoeking, begeertes, arbeid,

ouderdom, kranksinnigheid, siekte en dood. Dus Pandora het slegs leed en swaarkry

vir die mans gebring. Daar is besondere treffende gelykhede met die verhaal van Eva

in die paradys. In beide verhale was die mans voor die vrouens geskape en die

vrouens se optredes bring in beide gevalle vernedering en swaarkry vir almal. Dit is dan

4

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!