Vrystaat Landbou Jongboer finalis - Senwes Tuisblad

Vrystaat Landbou Jongboer finalis - Senwes Tuisblad Vrystaat Landbou Jongboer finalis - Senwes Tuisblad

03.05.2013 Views

64 64 64 ••• iN my viSiEr Die haelgeweer-uitdaging “Do you want to shoot pigeons this Saturday,” vra die Ingelsman oor die foon. “Jong ja, maar ek het nog nooit vlieënde voëls geskiet nie,” het ek geantwoord. “Don’t worry old chap, we’ll teach you a bit of culture,” groet die rooinek...en dis die aanloop van hoe ek myself een Saterdag, jare gelede, vir die eerste keer tussen ’n klomp engelse haelgeweerskuts bevind het. ek het ’n Spaanse dubbelloop geleen en is ’n dik span patrone in die hand gestop. ’n Ware “bekvelder” as dit by haelgeweeretiek kom, bots ek toe dadelik met tradisie, want ek gooi sommer die roer so safari-styl oor my skouer met die trompe na voor terwyl my regterhand die lope omklem. Die Ingelsmanne het niks gesê nie, but if looks could kill...Dus swaai ek toe die Spanjaard van my skouer af om hom te knak en ook so windmakerig in die waai van my arm te dra soos hulle. Ongelukkig het ek die geweer met te veel entoesiasme geknak en gevolglik neuk die ding vooroor grond toe. my regterbeen het instinktief uitgeskiet om te keer, net om ongenadiglik hard met die dubbellope kennis te maak – hulle het met ’n dowwe “klonk” van my maermerrie af gebons. ’n Duisend pynprikkels het teen my skeen opgeskiet, reguit stembande toe, maar gelukkig byt ek die, “eina bliks..!” stomp-af voordat dit oor my tong kon glip. terselfdertyd het ek die kolf beetgekry, net voordat die lope twee nulle in die sand kon druk. toe die Ingelsmanne, wat intussen weggedraai het om die duiwe se vluglyne te bespreek, terugdraai, staan ek heel nonchalant, hoewel effens onstabiel, met die roer swierig oor my arm gedrapeer. my plek in die mielieland is aangewys en ek het begin aanstryk soontoe. met die geweer so mooi oor my arm gebalanseer, voel my been sommer beter en ek het aan lords en engelse moors beginne dink. maar voor my gedagtes die engelse kanaal kon oorsteek, val my oë op my kaal knieë, ou vellies en kort sokkies. nee, as lid van die afrikaner-bourgeoisie sou ek nooit as engelse lord deurgaan nie: die flat cap, tweed baadjie, landgoed en jaghonde kort. > Koos Barnard Die enigste retriever byderhand was Dandrej, my agtjarige, speekbeen-haasbek klong. moet sê, aan entoesiasme gemeet was hy moontlik een van die beste pointers en potensiële retrievers in die land – sy haasbek het wyd gelag en hy het kort-kort opgewonde na stippeltjies in die verte gepoint met ’n skril: Daar’s een, Pappa, skiet!” By my staanplek aangekom, oefen ek windmakerig my deurswaai-tegniek op denkbeeldige duiwe voordat ek die Spanjaard laai. terwyl ek daarmee besig was, gil die pointertjie skielik agter my: “Daar, Pappa!” Boeglam geskrik slaan ek die geweer toe en pirouette lomp in ’n stofwolk, maar toe ek aangooi, was die lug reeds skoon. later kry ek vier skote weg, maar die blêrrie duiwe vlieg die hael skoon mis. Weer laai...“Pappa, daar!” ek ruk die geweer op en sien hoe ’n duif kamakazi-styl reg op ons afduik. Benoud bewus daarvan dat hy teen my voorkop gaan vasvlieg, pluk ek aan die sneller en sluit my oë...maar daar’s geen impak nie en dan sien ek hoe my pointertjie ’n retriever raak en die duif skaars vyf tree voor ons optel. nog duiwe swiep oor en ek skiet sonder om te dink. twee val en skielik voel ek breëbors. In my geestesoog sien ek hoe Dandrej aanmekaar gaan speekbeen agter dooie duiwe aan. aangevuur deur my sukses, point hy in ’n crescendo van klank wat later vir my soos ’n loeiende sirene klink, maar dit het niks gehelp nie. Selfs duiwe, wat met swaargelaaide kroppe soos zeppelins moeisaam windop beur, het moeiteloos deur die vlae haelkorrels na veiligheid genavigeer. later het Dandrej se geloei stil geraak en toe ek afkyk, sien ek hom gedweë sit en speel met die leë patroondoppe. “help jy dan nie meer nie,” vra ek toe. “nee, Pappa,” het hy moedeloos gesê, en my aangekyk soos ’n hond wat ’n skop gekry het, “jy maak my moeg want jy skiet net rondom die duiwe. nou wys ek niks, dan skiet jy minder so mis.” S >> Koos Barnard is ’n voltydse jagskrywer. www.senwes.co.za • Junie 2010

64 64

64 ••• iN my viSiEr

Die haelgeweer-uitdaging

“Do you want to shoot pigeons

this Saturday,” vra die Ingelsman oor die foon.

“Jong ja, maar ek het nog nooit vlieënde voëls

geskiet nie,” het ek geantwoord. “Don’t worry old

chap, we’ll teach you a bit of culture,” groet die

rooinek...en dis die aanloop van hoe ek myself een

Saterdag, jare gelede, vir die eerste keer tussen

’n klomp engelse haelgeweerskuts bevind het. ek

het ’n Spaanse dubbelloop geleen en is ’n dik span

patrone in die hand gestop. ’n Ware “bekvelder” as

dit by haelgeweeretiek kom, bots ek toe dadelik met

tradisie, want ek gooi sommer die roer so safari-styl

oor my skouer met die trompe na voor terwyl my

regterhand die lope omklem.

Die Ingelsmanne het niks gesê nie, but if looks

could kill...Dus swaai ek toe die Spanjaard van my

skouer af om hom te knak en ook so windmakerig in

die waai van my arm te dra soos hulle. Ongelukkig

het ek die geweer met te veel entoesiasme geknak

en gevolglik neuk die ding vooroor grond toe. my

regterbeen het instinktief uitgeskiet om te keer, net

om ongenadiglik hard met die dubbellope kennis

te maak – hulle het met ’n dowwe “klonk” van my

maermerrie af gebons. ’n Duisend pynprikkels het

teen my skeen opgeskiet, reguit stembande toe,

maar gelukkig byt ek die, “eina bliks..!” stomp-af

voordat dit oor my tong kon glip. terselfdertyd het

ek die kolf beetgekry, net voordat die lope twee

nulle in die sand kon druk.

toe die Ingelsmanne, wat intussen weggedraai

het om die duiwe se vluglyne te bespreek, terugdraai,

staan ek heel nonchalant, hoewel effens

onstabiel, met die roer swierig oor my arm gedrapeer.

my plek in die mielieland is aangewys en ek

het begin aanstryk soontoe.

met die geweer so mooi oor my arm gebalanseer,

voel my been sommer beter en ek het aan

lords en engelse moors beginne dink. maar voor

my gedagtes die engelse kanaal kon oorsteek, val

my oë op my kaal knieë, ou vellies en kort sokkies.

nee, as lid van die afrikaner-bourgeoisie sou

ek nooit as engelse lord deurgaan nie: die flat

cap, tweed baadjie, landgoed en jaghonde kort.

Koos Barnard

Die enigste retriever byderhand was Dandrej, my

agtjarige, speekbeen-haasbek klong. moet sê, aan

entoesiasme gemeet was hy moontlik een van die

beste pointers en potensiële retrievers in die land

– sy haasbek het wyd gelag en hy het kort-kort

opgewonde na stippeltjies in die verte gepoint met

’n skril: Daar’s een, Pappa, skiet!”

By my staanplek aangekom, oefen ek windmakerig

my deurswaai-tegniek op denkbeeldige

duiwe voordat ek die Spanjaard laai. terwyl ek

daarmee besig was, gil die pointertjie skielik agter

my: “Daar, Pappa!” Boeglam geskrik slaan ek die

geweer toe en pirouette lomp in ’n stofwolk, maar

toe ek aangooi, was die lug reeds skoon. later kry

ek vier skote weg, maar die blêrrie duiwe vlieg die

hael skoon mis.

Weer laai...“Pappa, daar!” ek ruk die geweer

op en sien hoe ’n duif kamakazi-styl reg op ons

afduik. Benoud bewus daarvan dat hy teen my

voorkop gaan vasvlieg, pluk ek aan die sneller en

sluit my oë...maar daar’s geen impak nie en dan

sien ek hoe my pointertjie ’n retriever raak en die

duif skaars vyf tree voor ons optel. nog duiwe

swiep oor en ek skiet sonder om te dink. twee val

en skielik voel ek breëbors. In my geestesoog sien

ek hoe Dandrej aanmekaar gaan speekbeen agter

dooie duiwe aan.

aangevuur deur my sukses, point hy in ’n

crescendo van klank wat later vir my soos ’n

loeiende sirene klink, maar dit het niks gehelp nie.

Selfs duiwe, wat met swaargelaaide kroppe soos

zeppelins moeisaam windop beur, het moeiteloos

deur die vlae haelkorrels na veiligheid genavigeer.

later het Dandrej se geloei stil geraak en toe

ek afkyk, sien ek hom gedweë sit en speel met

die leë patroondoppe. “help jy dan nie meer nie,”

vra ek toe. “nee, Pappa,” het hy moedeloos gesê,

en my aangekyk soos ’n hond wat ’n skop gekry

het, “jy maak my moeg want jy skiet net rondom

die duiwe. nou wys ek niks, dan skiet jy minder so

mis.” S

Koos Barnard is ’n voltydse jagskrywer.

www.senwes.co.za • Junie 2010

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!