03.05.2013 Views

Vrystaat Landbou Jongboer finalis - Senwes Tuisblad

Vrystaat Landbou Jongboer finalis - Senwes Tuisblad

Vrystaat Landbou Jongboer finalis - Senwes Tuisblad

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

58

••• aGri-WENKE

Surplusmielies druk pryse af

Produsente is besig om mielies

te stroop en die vooruitsigte van ’n goeie oes en

’n gevolglike surplusvoorraad plaas die mielieprys

onder druk. Indien daar nie ’n plan met die surplusmielies

gemaak word nie, is die kanse goed dat die

prys ook die komende seisoen maar aan die lae

kant sal wees. Indien pryse op die huidige vlak bly,

sal lande met opbrengspotensiaal van tot ongeveer

2,5 t/ha, soos hierdie seisoen, ook nie die komende

seisoen winsgewend geplant kan word nie.

een manier om die prys op ’n meer aanvaarbare

vlak te kry, sal wees om die nasionale voorraadvlakke

met die verbruiksbehoeftes van die land te

balanseer. totdat daar nie ander planne of gebruike

vir die surplusmielies is nie, kan die situasie op

’n eenvoudige manier beredder word deur minder

mielies vir die komende seisoen te plant.

Produsente sal onthou dat ’n soortgelyke situasie

voor die 2005/2006-seisoen afgespeel het. Produsente

het saamgestaan en minder mielies geplant,

wat die gewenste uitwerking op die mielie-aanbod

en die prys gehad het.

wEiDiNGS

Beeste word uit alle oorde na gestroopte mielielande

aangery. maak die krippe gereeld skoon: mie -

lie pitte wat in die water beland gis en besoedel die

water. maak seker dat daar voortdurend genoeg

skoon drinkwater

beskikbaar is.

Voorsien ’n goeie

lek – dit help om

die prestasie van

die diere op die reste te

verbeter.

GROENTEGEwASSE

Junie en Julie is dooie maande en daar word nie

veel groente geplant nie. nou is die geleentheid om

kraalmis en kompos in die grond in te werk, sodat

dit goed ontbind is teen planttyd.

>> sonneblom

Dries kruger

GRONDVOORBEREiDiNG

Raak ontslae van lastige kweekkolle in lande deur

die kolle gedurende die koue maande te ploeg en

dan met ’n tiller te krap. Die aksies maak die grond

droog en stel die wortels aan die koue bloot.

Die kleiner koringaanplantings hierdie seisoen

gaan tot gevolg hê dat, indien die nuwe somersei

soen-plantreëns vroeg voorkom, daar heelwat

vroeë sonneblom geplant gaan word.

Die negatiewe winsvooruitsigte van mielies

en koring die komende seisoen gaan die

aan plant van sonneblom stimuleer.

Wees dus maar versigtig om nie te veel

son ne blom te plant nie. alter na tie welik sal

dit wys wees om die verwagte oes betyds

teen prys daling te verskans.

KORiNG

Die heffing wat op ingevoerde koring aangekondig

is, is nie naastenby die bedrag wat die bedryf gevra

het nie. Wêreldvoorrade is op goeie vlakke, wat

die vooruitsigte op beduidende prysstyging hierdie

seisoen onder druk kan hou.

Weens die goeie somerreëns is die beskikbare

koringlande vol water, wat ’n goeie wegspring vir

die seisoen beteken. Indien daar in augustus en

September goeie reën val, kan ’n bogemiddelde

opbrengs, selfs teen dié lae prys, die vooruitsigte vir

’n winsgewende oes verbeter. S

Dries Kruger is ’n Senior Akkerboukundige by Senwes

Landboudienste. Vir meer inligting oor Agri-wenke, stuur ’n

e-pos aan dries.kruger@senwes.co.za of skakel Dries by (051)

430-2070 of 083 458 1299.

Vrywaring: Die aanbevelings en siening soos in die stuk vervat is dié

van die skrywer en word nie noodwendig deur Senwes ondersteun

nie, maar word ter goedertrou aangebied.

www.senwes.co.za • Junie 2010

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!