03.05.2013 Views

Vrystaat Landbou Jongboer finalis - Senwes Tuisblad

Vrystaat Landbou Jongboer finalis - Senwes Tuisblad

Vrystaat Landbou Jongboer finalis - Senwes Tuisblad

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Indien daar nie belê word in die opleiding van nuwe

landbounavorsers nie, is dit soos ’n produsent wat

weier om te belê in saad.

’n Moontlike wonderkuur

Biotegnologie bied tegnologiese oplossings vir baie

gesondheid- en hulpbrongebaseerde uitdagings wat

die wêreld in die oë staar. Dit kan die beskikbaarheid

van voedsel en die volhou baarheid van die

omge wing verhoog, dit hou gesondheidsvoordele vir

mens en dier in, water kwaliteit kan verbeter word en

hernubare energiebronne kan gevind word.

Daar word verwag dat die ekonomiese bydrae

van biotegnologie potensieel die grootste impak

gaan hê op industriële aanwendings (39%), gevolg

deur dié van die landbou- (36%) en gesondheidsektor

(25%).

Die gesondheid- en landbousektor beskik oor

groot potensiaal om saam te span om met innoverende

oplossings vorendag te kom. Die moontlikheid

bestaan dat plante as’t ware gebruik kan word om

mense in te ent teen sekere siektes deur plante te

eet wat op ’n genetiese vlak gemanipuleer is om die

inenting te bevat.

Die prentjie teen 2015

Die gebruik van biotegnologie in die landbou is ’n

groeiende suksesverhaal. teen 2015 sal om-en-by

die helfte van globale produksie van die prominente

voedsel-, veevoer- en industriële voervoor raadge

was se afkomstig wees van plant variëteite wat

ontwikkel is deur een of meer tipes biotegnologie te

gebruik.

hierdie biotegnologieë sluit nie net genetiese

manipulering (gm) in nie, maar ook intragenetika,

geen skommeling, kloning en merkerseleksie

in teling. navorsing in verband met verbeterde

opbreng ste en verdraagsaamheid teen droogte,

versou ting en hoë temperature het drasties toegeneem

sedert die vroeë 1990’s.

’n gedetailleerde analise van hierdie

veldproefdata dui aan dat navorsing sal lei tot

verbeterde variëteite wat die mark tussen 2010

en 2015 sal bereik – veral vir prominente voedsel-

en voergewasse soos mielies en sojabone.

Biotegnologieë sal ook breedvoerig gebruik word om

die gehalte en gesondheid van vee te verbeter.

Die produksie van biobrandstowwe kan ook

gedeel telik wegbeweeg van styselgebaseerde bioetanol

na brandstowwe met ’n hoër energiedigtheid,

vervaardig vanuit suikerriet, of na bio-etanol wat vervaardig

sal word vanuit byvoorbeeld grasse en hout.

Junie 2010 • www.senwes.co.za

••• ToEKomSBliK •••

wat 2030 kan inhou

Die aanwending van biotegnologie om voedsel-,

veevoer- en veselgewasse te verbeter, sal toeneem

in die aanloop tot 2030 en gedryf word deur

’n toenemende vraag na voedsel en verhoogde

agronomiese druk, wat deur klimaatsverandering

veroorsaak word. Die verwagting van ’n langtermyn

verhoging in koste van fossielbrandstowwe weens ’n

tekort aan laekoste petroleumbronne, ’n toename in

die vraag na energie en beperkinge op die produksie

van groenhuisgasse, kan moontlik ’n groeiende

mark vir biomassa skep.

Van die grootste uitdagings vir die toekoms

van landbou is sosiale en institusionele faktore,

insluitend teenstand teen biotegnologie, ’n tekort

aan ondersteunende regulering en hinder nisse

vir toegang tot biotegnologie in ontwikkelende

lande. Dit is onwaarskynlik dat biotegnologie sy

potensiaal sal bereik sonder gepaste plaas like

en internasionale beleide wat sy ontwik keling en

aanwending ondersteun. Verskeie aanwen dings van

biotegnologie het tot dusver beperkte kommersiële

lewensvatbaarheid (soos biobrandstowwe) weens ’n

gebrek aan ondersteunende beleide. S

• Wydverspreide gebruik van merkerseleksie

in die teling van plante, vee, vis en skulpvis.

• geneties gemanipuleerde variëteite van

primêre gewasse en bome met verbeterde

voedsaamheid en opbrengste.

• Verbeterde variëteite van primêre voedsel-

en voergewasse met hoër opbrengste en

verdraagsaamheid teen stresfaktore en

weerstand teen plae.

• Verbeterde wyses van ontleding van

genetiese kenmerke en siektes by vee,

vis en skulpvis.

• kloning van hoëwaarde diere.

• Primêre stapelvoedsel met verhoogde

vitamieninhoud en voedingswaarde deur

genetiese manipulasie.

>> biotegnologieë in die

landbousektor wat teen

2030 op die mark kan wees

JanDirk Engelbrecht is ’n Inligtingspesialis by Senwes Land-

boudienste. Vir meer inligting oor die artikel, skakel

hom by (018) 464-7604 of stuur ’n e-pos aan jandirk.

engelbrecht@senwes.co.za.

53

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!