Vrystaat Landbou Jongboer finalis - Senwes Tuisblad

Vrystaat Landbou Jongboer finalis - Senwes Tuisblad Vrystaat Landbou Jongboer finalis - Senwes Tuisblad

03.05.2013 Views

48 ••• Ko lliG op jaco SWarT Beplan, bepeins en wees betrokke vervolg van bladsy 47 Om proewe te plant is natuurlik ’n manier om te sien wat in jou eie distrik kan werk, al dan nie en Jaco glo ook om hierdie rede in die waarde van proewe. Die jaarlikse groendag, ’n ou gunsteling in hierdie geweste, word deur hom gereël en is, volgens hom, die ideale geleentheid vir produsente om inligting te deel, iets wat meer sal moet gebeur soos wat produsente leer om saam te staan. MEGANiSASiEBESTuuR ’N luuKSE Vir Jaco is meganisasie ’n deel van sy boerdery wat by sy behoeftes moet aanpas en dus volg hy nie ’n spesifieke meganisasieplan nie. “as ek iets nodig het, sal ek dit gaan koop,” het hy gesê. In sy stoor staan daar ook ’n paar implemente wat hy sommer self aanmekaar geslaan het om in sy behoeftes te voorsien. Jaco het ’n voorliefde vir John Deere en vertel van ’n 1968-model trekker wat steeds in ’n werkende kondisie in sy stoor gevind kan word. “John Deere is die tegnologie ver voor en hoewel dit duur is om groen te koop, sukkel ’n mens nie om onderdele te kry nie,” het hy gesê. DiE FAMiliE EN ARBEiD Die Swart-familie bestuur werklik ’n familiebesig heid. Jaco se ma, ester, hanteer die kontrakte van die 16 algemene werkers wat help met beide die saai- en veeboerdery en volgens ’n inklokstelsel werk. > RESEP ViR SuKSES Om positief te wees, is een van die dinge wat Jaco as raad vir ander jongboere sal aanbied. “as jy opstaan en negatief is, kry jy nie gedoen wat jy moet nie,” het hy gesê. Verder beveel hy jongboere aan om hul organisasies te ondersteun, betrokke te wees en alle uitdagings in geloof aan te pak. “gaan vir ’n halfvol glas en moenie dat mense wat jou kritiseer, jou afsit nie,” het hy gesê. as iemand wat hou van beplan, glo hy ook dat jy ’n besluit goed moet deurdink, “maar moenie bang wees om ’n kans te vat nie”. hy het byvoorbeeld ’n kans gevat in sy boerdery toe hy besluit het om uit te brei. na deeglike beplanning en grafieke vol inligting, was hy steeds nie seker of dit sou werk nie, maar het besluit om die risiko te loop en vandag is hy nie ’n oomblik spyt nie. GESiNSTyD Jaco is getroud met maretha en het drie blondekopkinders, lizé-mari (6), esri (4) en JP (2). “ek sal nie my kinders dwing om te boer nie, maar my kinders het reeds ’n liefde vir boerdery ontwikkel. Om ’n seun te hê wat wil boer, is ’n voorreg,” het Jaco vertel. “Wat ek wel sal wil doen, is om my kinders finansiële bestuur te leer, dit is belangrik.” BETROKKE By lANDBOu “georganiseerde landbou bied aan produsente ’n Skape vorm deel van Gansvlei Boerdery se veefaktor. www.senwes.co.za • Junie 2010

spreekbuis om probleme aan te spreek. Ons kan nie een-een met die regering praat nie, maar deur middel van georganiseerde landbou het ons ’n weg na die regering,” verduidelik Jaco sy siening van georganiseerde landbou – en dit is ook duidelik dat hy hierdie woorde glo uit sy betrokkenheid by georganiseerde landbou. In die area waar Jaco boer, het jongboere oor die afgelope paar jaar veel meer betrokke geraak by hul boerevereniging en, volgens Jaco, beweeg hulle terug na die basics van boerdery – deur middel van die aanplant van proewe, die reël van inligtingsdae en die deel van inligting. “as die boereverenigings nie aktief is nie, gaan die hoofstroom tot niet gaan,” som Jaco sy gevoel oor georganiseerde landbou op. Dan raak hy ’n sensitiewe punt aan en vertel dat statistieke bewys dat produsente wat nie aan georganiseerde landbou behoort nie, hulself meer oopstel vir plaasaanvalle, omdat hulle so geïsoleerd is. Jaco is tans ondervoorsitter van Wonderheuwel Boerevereni ging. Verder dien hy op die agriforum vir die nwathe- en mochachagebiede. hy help ook met die patrollies, in samewerking met Vrystaat landbou se veiligheidsplan. “Vir my is Senwes die slagaar van ’n boerdery in die Vrystaat.” SENwES, KOMPETiSiES EN MEER as Senwes klant is Jaco dikwels by die Village, waar hy onderdele vir sy John Deere’s en ook algemene aankope doen. “Vir my is Senwes die slagaar van ’n boerdery in die Vrystaat,” het hy gesê. hy sal egter graag wil sien dat die maatskappy die inisiatief neem om meer by navorsing en ontwikkeling van graanprodukte betrok ke te raak. “ek lees dat Suid-afrikaanse produsente teen 2050 dubbel sal moet produseer as wat nou geproduseer word, maar hoe word die oorskot weggewerk tot dán?” as ’n finalis in die Vrystaat landbou Jongboer van die Jaar-kompetisie, was dié kompetisie vir hom ’n goeie ondervinding en “dit was lekker om genomineer te word”. Sy toekomsplanne sluit egter nie nog ’n kompetisie in nie. en sy drome vir landbou in Suid-afrika? “Dit sal vir my lekker wees om oor so 15 na 20 jaar dubbeld soveel graan te kan produseer, om te sien dat pro- Junie 2010 • www.senwes.co.za >> Ko lliG op jaco SWarT ••• Saaiboerdery maak die grootste persentasie van Gans vlei Boerdery uit. Jaco pas sy meganisasie-masjinerie self aan om in sy boerdery vir hom te werk. du sente hul maksimum opbrengste kan behaal en daar genoeg bemarkingsgeleenthede daarvoor is. laastens sal ek graag wil hê dat boerdery ’n bietjie gesonder kan word en jou winsgewendheid slegs bepaal sal word deur hoe hard jy werk.” groot drome, inderdaad. S Elmarie Cronje is die Redakteur van Senwes Scenario. Vir meer inligting, skakel haar by (018) 468-2716 of stuur ’n e-pos aan elmarie@infoworks.biz > 49

48

••• Ko lliG op jaco SWarT

Beplan, bepeins en wees betrokke

vervolg van bladsy 47

Om proewe te plant is natuurlik ’n manier om te

sien wat in jou eie distrik kan werk, al dan nie en

Jaco glo ook om hierdie rede in die waarde van

proewe. Die jaarlikse groendag, ’n ou gunsteling

in hierdie geweste, word deur hom gereël en is,

volgens hom, die ideale geleentheid vir produsente

om inligting te deel, iets wat meer sal moet gebeur

soos wat produsente leer om saam te staan.

MEGANiSASiEBESTuuR ’N luuKSE

Vir Jaco is meganisasie ’n deel van sy boerdery wat

by sy behoeftes moet aanpas en dus volg hy nie ’n

spesifieke meganisasieplan nie. “as ek iets nodig

het, sal ek dit gaan koop,” het hy gesê. In sy stoor

staan daar ook ’n paar implemente wat hy sommer

self aanmekaar geslaan het om in sy behoeftes te

voorsien.

Jaco het ’n voorliefde vir John Deere en vertel

van ’n 1968-model trekker wat steeds in ’n werkende

kondisie in sy stoor gevind kan word. “John Deere

is die tegnologie ver voor en hoewel dit duur is om

groen te koop, sukkel ’n mens nie om onderdele te

kry nie,” het hy gesê.

DiE FAMiliE EN ARBEiD

Die Swart-familie bestuur werklik ’n familiebesig heid.

Jaco se ma, ester, hanteer die kontrakte van die 16

algemene werkers wat help met beide die saai- en

veeboerdery en volgens ’n inklokstelsel werk.

RESEP ViR SuKSES

Om positief te wees, is een van die dinge wat Jaco

as raad vir ander jongboere sal aanbied. “as jy opstaan

en negatief is, kry jy nie gedoen wat jy moet

nie,” het hy gesê. Verder beveel hy jongboere aan

om hul organisasies te ondersteun, betrokke te

wees en alle uitdagings in geloof aan te pak. “gaan

vir ’n halfvol glas en moenie dat mense wat jou

kritiseer, jou afsit nie,” het hy gesê.

as iemand wat hou van beplan, glo hy ook dat jy

’n besluit goed moet deurdink, “maar moenie bang

wees om ’n kans te vat nie”. hy het byvoorbeeld

’n kans gevat in sy boerdery toe hy besluit het om

uit te brei. na deeglike beplanning en grafieke vol

inligting, was hy steeds nie seker of dit sou werk nie,

maar het besluit om die risiko te loop en vandag is

hy nie ’n oomblik spyt nie.

GESiNSTyD

Jaco is getroud met maretha en het drie blondekopkinders,

lizé-mari (6), esri (4) en JP (2). “ek sal nie

my kinders dwing om te boer nie, maar my kinders

het reeds ’n liefde vir boerdery ontwikkel. Om ’n

seun te hê wat wil boer, is ’n voorreg,” het Jaco

vertel. “Wat ek wel sal wil doen, is om my kinders

finansiële bestuur te leer, dit is belangrik.”

BETROKKE By lANDBOu

“georganiseerde landbou bied aan produsente ’n

Skape vorm deel van Gansvlei Boerdery se veefaktor.

www.senwes.co.za • Junie 2010

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!