03.05.2013 Views

Vrystaat Landbou Jongboer finalis - Senwes Tuisblad

Vrystaat Landbou Jongboer finalis - Senwes Tuisblad

Vrystaat Landbou Jongboer finalis - Senwes Tuisblad

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

22

••• promoSiE-arTiKEl: NUTri FEEDS

Moet diere fosfaataanvulling

in die winter kry?

> TEKS: JOHNNy ESTERHuizEN

Navorsing en Ontwikkeling, Nutri Feeds

Dra die bekende sê-ding: “Vul

fosfaat in die somer en proteïene in die winter aan"

nog water? het my diere net hierdie twee produkte

nodig om optimaal te presteer?

Die tweede vraag is waarskynlik die maklikste.

Diere het baie meer as net fosfaat en proteïene

nodig. Dit is egter dié twee nutriënte wat die

grootste invloed op optimale produksie het en

gewoonlik die grootste tekort in natuurlike weiding

toon op verskillende tye van die jaar. Ons weet dat

lekke veel meer bied as net proteïen en/of fosfaat.

Dit is dikwels ook ’n bron van energie, ander

minerale en vitamiene.

Die eerste vraag of proteïene in die winter

en fosfaat in die somer aangevul moet word, is

moeiliker en lok deesdae heelwat debat uit. Die

twee grootste rolspelers in korrekte lekbestuur is

natuurlik die dier en die veld. navorsing het getoon

dat die dier se fosfaatbehoefte regdeur die jaar

hoër is as wat die weiding kan voorsien. Fosfaat

in die weiding wissel nie soveel soos proteïene

nie, dit is meer konstant. Die belangrikste is egter

dat diere se fosfaatbehoefte verskil na gelang van

hulle produksiestadia. Bestuurspraktyke speel ’n

belangrike rol deurdat dit kalf-, speen- en dek-

datums bepaal. So sal ’n droë koei se fosfaatbehoefte

waarskynlik laer wees as ’n koei in laktasie.

Proteïene in die veld daal gedurende die winter en

kan nie die dier se behoefte bevredig nie.

Ons kan dus sê dat proteïen in die winter aangevul

moet word, maar fosfaat moet gedurende die

somer en die winter aangevul word.

FuNKSiES EN TEKORTSiMPTOME VAN

FOSFAAT EN PROTEïENE

Proteïen word gebruik vir liggaamsonderhoud, laktasie,

spiergroei en fetusontwikkeling. mikrobes

benodig proteïen en energie om hulle funksie

doeltreffend te kan verrig.

Fosfaattekorte gee aanleiding tot laer inname

van weiding. Dit veroorsaak weer op sy beurt

’n swakker groeitempo, vrugbaarheid en melkproduksie.

eierselle wat tydens ovulasie afgeskei

word, word omsluit deur ’n fosfolipiede membraan.

hierdie membraan bestaan uit fosfaat en vette.

met ’n tekort in fosfaat, is hierdie mem braan

moeilik deurdringbaar vir die sperm om bevrugting

te bewerkstellig. navorsing gedoen deur Bischop

(1964), Read (1984) en groenewald (1986) het

bewys dat kalfpersentasie met tussen 13% en 55%

sal verbeter met korrekte fosfaataanvulling. So sal

’n 80% kalfpersentasie kan toeneem na 90,4% (’n

13% toename).

Die enigste vraag wat nou oorbly, is: “kan jy dit

bekostig om nie lekaanvulling te gee nie?”

Dit is belangrik om die fosfaat- en proteïenstatus

van kampe op die plaas te weet. nutri Feeds kan

die weiding ontleed en die nodige aanbevelings

maak om die tekorte reg te stel. Ons beskik oor

’n volledige reeks lekke om hierdie nutriënte en

ander mineraaltekorte aan te vul. twee hooflyne is

beskikbaar vir aanvulling, naamlik die nutritub en

die tradisionele meeltipe lekke. al nutri Feeds se

lekke bevat die nodige vitamiene en minerale om

diere optimaal te laat presteer, asook voldoende

fosfaat in die winterlekke. S

Kontak Nutri Feeds gerus by (056) 344-2200 om ’n afspraak

te maak vir persoonlike diens, optimale kwaliteit en die

nuutste tegnologie!

www.senwes.co.za • Junie 2010

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!