03.05.2013 Views

Vrystaat Landbou Jongboer finalis - Senwes Tuisblad

Vrystaat Landbou Jongboer finalis - Senwes Tuisblad

Vrystaat Landbou Jongboer finalis - Senwes Tuisblad

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

12

••• laNDBoU-TEGNiEK

Besluitnemingsmodel vir vleisboere

vervolg van bladsy 11

die uitslag ignoreer in die hoop dat toestande sal

verbeter nie.

kontrolering moet op voorafbepaalde tye van

die jaar gedoen word. Faktore wat die weiding se

produksie affekteer, bepaal die aangewese tye

waarop dit moet geskied. hierdie faktore sluit

die tyd van die eerste reën en die duur van die

reënseisoen in. Die eerste kontroleringsaksie moet

uitgevoer word wanneer dit redelikerwys aanvaar

kan word dat die reënseisoen reeds sou begin het.

Die volgende kontroleringsaksie moet gedoen word

sodra die helfte van die reënseisoen verstryk het en

die laaste een aan die einde van die reënseisoen. In

die voorbeeld in figuur 2 is hierdie tye geneem as

Figuur 2: ’n Besluitnemingsmodel vir ’n speenkalfproduk

sie stelsel (Du Plessis & Van der waal, 2004).

laat Desember, vroeg Februarie en laat april.

Indien die kontrolering akkuraat gedoen is en

die nodige regstellende stappe betyds gedoen is, is

dit nie nodig om verdere intensiewe kontrolering te

doen nie.

aksies moet vooraf bepaal word en duidelik

gedefinieer word in terme van watter aksie geneem

moet word, sowel as die tydskaal daaraan verbonde.

Waar in die model genoem word dat diere verkoop

moet word, word bedoel dat die diere van die plaas

verwyder moet word. hierdie verwydering kan ’n

verskuiwing na gehuurde weiding en die voorsiening

van ekstra voer insluit. Die produksiestelsel en die

doelwitte sal bepaal watter aksie(s) toepaslik sal

wees om by die klimaatstoestande aan te pas.

Die implementering van konserwatiewe veebeladings

en bestuurspraktyke, tesame met ’n proaktiewe

besluitnemingstrategie sal die voorkoms van

boom-and-bust scenario’s beperk. Boom scenario’s

kom voor wanneer dieregetalle toegelaat word om

gedurende goeie klimaatstoestande toe te neem en

bust scenario’s kom voor wanneer diere nie betyds

verminder word in tye wat die klimaat ongunstig is

nie. Dit gaan met groot verliese gepaard.

Pro-aktiewe besluitnemingsmodelle wat in die

bestuursprogram van ’n produksie-onderneming

ingesluit word, sal daartoe bydra dat produksieverliese

beperk word gedurende periodes met swak

klimaatstoestande. Dit sal lei tot groter stabiliteit in

die produksiestelsel en die natuurlike hulpbronne sal

nie oorbenut word nie. S

Elmarie Cronje is die Redakteur van Senwes Scenario. Vir

verdere inligting, skakel haar by (018) 468-2716 of stuur ’n

e-pos aan elmarie@infoworks.biz

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!