03.05.2013 Views

Vrystaat Landbou Jongboer finalis - Senwes Tuisblad

Vrystaat Landbou Jongboer finalis - Senwes Tuisblad

Vrystaat Landbou Jongboer finalis - Senwes Tuisblad

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Diere het ’n beperkte vermoë om droëmateriaal

in te neem en al hul voedingsbehoeftes moet

vanuit hierdie inname bevredig word sodat die

diere se potensiële produksie kan realiseer. Verder

word die voedingswaarde van die voer opgemaak

uit die voedingstowwe wat dit bevat, asook die

beskikbaarheid van die voedingstowwe vir die dier.

groeiende organismes vertoon ’n sigmoïedale

(S-vormige) groeikurwe oor die groeifase van hul

lewens (soos in figuur 1). Indien voer (kwaliteit en

hoeveelheid) en water teen ’n konstante tempo oor

die leeftyd van die dier beperk is, sal daar steeds ’n

sigmoïedale groeikurwe wees. Die infleksiepunt van

die kurwe (volwasse massa) sal egter laer wees en

op ’n later ouderdom bereik word. Indien voedings-

en waterbeperkings sporadies voorkom, sal die

sigmoïedale groeikurwe ’n sig-sag patroon volg.

Figuur 1: Voorbeeld van ’n sigmoïedale groeikurwe

(Rittler, 2008).

Oor die algemeen word beeste in troppe aangehou

en nie as individue nie. Besluite word dus op

kuddevlak geneem en beïnvloed kudde-dinamika,

-samestelling en -produksie. In Suid-afrika word die

meeste beeste op natuurlike weiding aangehou.

Weidingsbestuur vorm dus ’n belangrike en integrale

deel van die produksiestelsel. Die produksieuitsette

van hierdie stelsels is hoogs afhanklik van

klimaatstoestande, veldtipe en belading.

Op plaasvlak bly die tipe veld relatief konstant,

terwyl klimaatstoestande van die heersende

weerstoestande kan verander. aan die ander kant

is veebelading egter die uitsluitlike resultaat van

bestuursbesluite wat die produsent geneem het.

Soos wat weidruk weens die verhoging van die

belading toeneem, verhoog die kompetisie tussen

diere vir beskikbare weidingsgewasse. as hierdie

kompetering ’n sekere drumpel oorskry, verlaag die

prestasie van individuele diere. Die produksie per

hektaar neem egter toe, totdat die kritiese belading

Junie 2010 • www.senwes.co.za

•••laNDBoU-TEGNiEK •••

Diere het ’n beperkte vermoë om droëmateriaal in te

neem.

oorskry word, waarna die produksie per hektaar ook

afneem.

Die produsent het beheer oor faktore soos

vee belading, aanvullende voeding vir die diere

en die rotering van diere tussen kampe. ’n Sinvolle

kombinasie van hierdie faktore sal tot optimale

diereproduksie lei. Verskeie aanvaarbare

kombinasies kan dié faktore vir die produsent

laat werk. Die bepaling van die beste kombinasie

sal afhang van die beskikbare hulpbronne,

arbeidsbeperkings en ekonomiese teikens.

DiE BESluiTNEMiNGSMODEl

Soos met enige besluitnemingsmodel is die hoofdoel

om kontrolering van die produksiestelsel aan

te moedig en ook om riglyne vir aksies, gebaseer op

die kontroleringsaksies, voor te stel. hierdie model

kan as basis dien vir die opstel van ’n pasgemaakte

model, wat aan die behoeftes van die individuele

boerderystelsel sal voldoen.

ten einde maksimale produksie te behaal,

moet die produsent ’n vooruitskatting maak van die

oppervlakte wat aan weiding afgestaan word, sowel

as die bestuur van weerfluktuasies en die hoeveelheid

aanvullende voeding wat benodig sal word.

Die produsent moet dus die hoeveelheid voer wat

geproduseer is kan bepaal.

Weiding moet gereeld gekontroleer word om

dié model te laat werk en die uitkoms daarvan

word deur die langtermynproduksie gedefinieer. Dit

is positief (+) as die produksie gelyk aan of meer

as die langtermyngemiddeld is en negatief (-) as

die produksie minder as die langtermyngemiddeld

is. Om die model op sy beste te laat werk, moet

produsente nie die weidingsproduksie oorskat of

vervolg op bladsy 12

11

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!