03.05.2013 Views

ProAgri uitgawe 136

ProAgri uitgawe 136

ProAgri uitgawe 136

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

ProAgri

tegnologie vir die boer

technology for the farmer

Mei / May 2011

Nr / No 136

ISSN 1042–1558

FAW:

Die taai trok Bestry

So bespaar

ons energie

John Deere:

Die droom wat werk

Winterlek | Werfnuus | Veilings | Wildsiektes

swamme só

Waarna

mik jagters?

AgriTrader

FLEX COMBINING

Contact:

Jurie Swart 021-907-8025 / 083-375-8840

Louis van der Merwe 021-907-8000 / 072-626-8409

FD70 FLEXDRAPER ® HEADER

Performance you won’t

believe unless you see it

Shaun Fourie 021-907-8021 / 082-803-1014 Experience productivity jumps as high as 40% or more

4 ProAgri 136 – Mei / May 2011

www.proagri.co.za

Redakteursbrief

ampo Oesdag bly ’n groot gebeurtenis op die land-

Nboukalender en dit was vir my ’n voorreg om met die

mense in die maatskappye oor wie ons berig, te gesels en

sommer ’n klomp van ons lesers te ontmoet.

Net soos die strategiese besluite wat Graan SA moes neem

oor sy toekomstige setel, sal die organiseerders van Nampo

egter ook oor ’n paar dinge moet besin.

Dit kos die maatskappye wat hulle toerusting soontoe

aanry derduisende rand elke jaar. Dit is belangrik dat hulle as

vennote van Nampo gesien word en dat daar na hulle

voorstelle geluister word.

Die vakansiedag wat die regering vir sy verkiesing uitgeroep

het, het ook tot ’n groot toestroming van mense gelei

wat sekerlik wys dat Nampo as ’n toonvenster vir landbou aan die algemene publiek

gebruik kan word. Indien Nampo in hierdie rigting wil groei, sal daar net ernstig plan

gemaak moet word met die toegangsroetes, die hekbeheer, die parkeerterreine en

die infrastruktuur op die terrein self! (Ek dink daar is ’n paar dames wat nou nog in

die ry staan!)

Ondertussen vertrou ons dat die fokus op landbou sal bly en dat Nampo in die

eerste instansie die plek sal bly waarheen kommersiële boere kan gaan om inligting

te kry en te kyk hoe lyk die produkte wat hulle wil koop.

In hierdie uitgawe kan u met ’n paar van dié produkte, veral van die voertuie,

kennis maak. Ons gee ook interessante wenke oor kragbesparing en winterlekke en

maak selfs ’n draai in die jagveld. Maak seker daai roer is reg!

Inhoudsopgawe / Contents

Meganisasie

6 Greenfields: Tegnologie beïndruk boere

Hulpbronbestuur

7 Boere kan reken op Shell

9 So spaar ons energie

10 Kyk na ons grond (3)

Gewasproduksie

15 Acanto gee swamme op gars gas

Voertuie

16 FAW belê in betroubaarheid en boere

17 Boere sê hallo vir Tata

Wild & Jag

19 Isuzu maak wildkyk lekker en veilig

20 Wild – ’n passie vir jag

21 Wild – meer as net biltong

Veeboerdery

22 Die lekkerte van lek is wins

23 Goeie kos lewer goeie vleis

Rubrieke

25 AgriKyk & Lees

25 Werfnuus

26 AgriLag

Handelsnuus

27 AgriGids

29 GeneGids

31 Veilings

33 Ontmoet ’n koei duisend

Nuus

34 Coena is onskuldig!

Copyright © 2011. All rights reserved. No material, text or photo graphs

may be reproduced, copied or in any other way transmitted without the

written consent of the publisher. Opinions expressed are not necessarily

those of the publisher or of the editor. We recognise all trademarks and

logos as the sole property of their respective owners. ProAgri shall not be

liable for any errors or for any actions in reliance thereon.

www.proagri.co.za

6

10

17

19

22

34

Voorblad

In hierdie uitgawe

Tel/fax: 012-362-2732

1218 Arcadia st, Hatfield, Pta

www.smartpublishing.co.za

Die ProAgri-span

Redakteur

Annemarie Joubert > 082-320-3642

annemarie@proagri.co.za

Webredakteur

Coenraad Rall > 083-973-3297

coenraad@proagri.co.za

Senior bemarker

Stefan van Wyk > 082-381-7563

stefan@agritrader.co.za

Agentskappe

Carmel Ann Singh > 079-515-8708

carmel@smartpublishing.co.za

Bemarkers

Anelda Strauss > 083-748-3413

anelda@smartpublishing.co.za

Mabel Schmahl > 082-563-4427

mabel@proagri.co.za

Uitleg & grafika

Esta van Niekerk

esta@proagri.co.za

Taalversorging

Mediadienste

SMARTPUBLISHING

MASS MEDIA SPECIALISTS

Rekeninge & intekening

Paula MacMavis > 012-362-6390

paula@proagri.co.za

Gedruktemediabestuurder

Suzanne Rall

suzanne@smartpublishing.co.za

Sakebestuurder

George Grobler

george@smartpublishing.co.za

John Deere is

aangewys as

adverteerder

van die jaar.

In Junie gaan

ons by ’n boer

kuier wat op

die advertensies

gereageer

het om uit te

vind wat sy

John Deeretoerusting

vir

hom beteken.

ProAgri 136 – Mei / May 2011

5

Greenfields Agricultural Holdings:

Nuttige tegnologie beïndruk boere

y kon duidelik by Nampo sien hoe elke

Jboer se gesig ophelder wanneer hy

Greenfields se uitstalling bekyk, bevoel

en bespreek.

Dit is ook geen wonder nie, want

Greenfields-produkte is almal toonbeelde

van nuttige, vernuftige tegnologieoplossings.

Boonop is Greenfields se werktuie

bekostigbaar, maklik om te gebruik,

duursaam en rotsvas gerugsteun deur

noukeurige naverkoopdiens en blitsige

onderdelebeskikbaarheid.

Foton-trekkers was een van die

gewilde aandagtrekkers. Sedert die

eerste Foton in 2006 voet aan wal gesit

het in Suid-Afrika, het hierdie betroubare,

maar bekostigbare kalant al hoe

meer respek by boere verwerf.

Foton strewe daarna dat jou trekker

lewenslank ’n nuttige belegging moet

wees. Die prys is waarlik waarde vir

Ooskaap, Weskaap,

Noordkaap:

Derek Nicolle

083-798-0056

KwaZulu/Natal, Ooskaap:

Charlie Harper

082-385-6415

Gauteng, Limpopo,

Mpumalanga, Vrystaat,

Noordwes:

Glen Clark 082-804-8045

Greenfields se Greenwrap is sterker,

taaier, digter en duursamer as gewone

baalplastiek.

Die Foton B90 is ’n gedugte klein rondebaler met drie digtheidsverstellings.

Met hom kan jy in boorde en selfs tussen mielierye baal.

geld; Foton is ontwerp en gebou om jou

net die beste diens te gee; die

naverkoopdiens mik daarna dat jou Foton

jou nooit in die steek sal laat nie; en

onderdele is wyd en vinnig beskikbaar –

en ’n derde goedkoper as wat enigiemand

anders bied.

Foton-trekkers is gewaarborg vir twee

jaar of 1 800 uur en daar is verskeie

opsies van verlengde waarborge en

diensplanne beskikbaar.

Greenfields strewe om die beste diens

te bied, om die laagste eienaarskoste te

bewerkstellig, om die boer van

betroubare en duursame masjiene te

voorsien, om die minimum staantyd toe

te laat en om ’n hoë herverkoopwaarde

te verseker.

Daarvoor het Foton-dienssentrums

hoogs opgeleide tegnici wat aan die

voorpunt van die tegnologie bly.

Foton se klein rondebalertjies het

groot aandag by Nampo geniet. Dit is

perfek vir saaiboere wat ook ’n klompie

vee aanhou en vir kleinhoeweboere,

sodat hulle teen ’n lae koste voortreflike

bale kan maak, ook op plekke waar jy

voorheen nie kon bykom nie, soos in

wingerde en boorde en tussen mielierye.

Die Foton B70 en B90 se klein ronde

bale hanteer maklik sonder die spesiale

toerusting wat vir groot ronde bale nodig

is, maar met al die voordele van ’n ronde

baal, soos dat dit waterbestand is en

buite geberg kan word.

Die B70 maak bale van 61 x 70 cm en

die B90 bale van 90 x 100 cm.

Spesiale aanbiedinge van ’n baler, ’n

trekker, ’n swaailemsnyer en ’n hark is

beskikbaar om jou eensklaps tot

hooiboer te verhef.

Die B70 is al vroeër bekend gestel,

maar boere kon die B90 vir die eerste

keer by Nampo sien. Sy aaneenlopenderollerontwerp

verseker beter

samepersing, vorm en digtheid van bale.

Meganisasie

Hy het drie digtheidverstellings en ook

drie keuses van hoeveel baaltou jy om

elke baal wil draai.

Die B90 het sy eie hidrouliese stelsel

wat van die kragaftakker af werk, sodat

jy nie pype aan die trekker se stelsel

hoef te koppel nie.

Hy pas aan die trekker se driepuntstelsel

sodat hy maklik in klein plekkies

kan draai, sodat die kragaftakkeras

veiliger is en sodat hy maklik op die pad

vervoer kan word.

Die B90 se opteller is 90 cm wyd en

hy baal en bind soos ’n droom. Die

stelsel word beskerm deur breekboute

en ’n glipkoppelaar en dit is maklik en

goedkoop om hom te onderhou.

Vir die groot voerboer het Greenfields

natuurlik die gewilde McHale-balers, wat

ook lewendige aandag by Nampo getrek

het.

McHale is ook die vervaardigers van

doeltreffende baaltoedraaiers, en

Greenfields het pas die sterk, skeurtrae

Greenwrap-toedraaimateriaal, spesiaal

vir toestande in die Suidelike Halfrond,

bekend gestel.

As jy nou die beste bale met die

beste trekkers, balers en toedraaiers

gemaak het, moet jy dit nog net op die

beste manier vir jou vee voer, en

daarvoor het Greenfields die gewilde

Siloking-voermengers.

Siloking span verskeie tegnologiese

briljanthede, soos horisontale awegare,

in om die mees homogene voer met die

regte struktuur te bied. As ’n boer ’n

Siloking-menger aanhou, weet hy

Greenfields sal sorg dat sy beeste nooit

staan en bulk vir hulle kos nie.

As jy so ongelukkig was om Greenfields

se uitstalling by Nampo mis te

loop, is alles darem nie verlore nie.

Besoek www.fotontractors.co.za of

www.greenagri.co.za vir meer inligting

6 ProAgri 136 – Mei / May 2011

www.proagri.co.za

Boere kan reken op Shell

Die Shell-gebou op die Nampoterrein is ’n bekende baken en dien ook as

uitsaaistasie.

et die eerste NAMPO-skou wat in

M1967 op die plaas Donkerhoek, buite

Bloemfontein plaasgevind het, was een

van die agt borge, die oliemaatskappy,

Shell. Hierdie eerste skou is net deur 200

boere bygewoon, maar sewe jaar later

toe die skou groot genoeg geword het om

na sy eie terrein te verskuif, was Shell

steeds daar. Die Shell-lokaal, vanwaar

daar ook oor die terrein uitgesaai word,

was die tweede gebou wat opgerig is en

deur Shell aan die Oesdagkomitee

geskenk is.

“Ons het ons vertroue in landbou

gestel en ons loop die pad saam met die

boere,” sê mnr Anton Niemann, hoofbestuurder:

Kommersiële Brandstof.

Shell is immers al 109 jaar in Suid-

Afrika en die landbougemeenskap koop

ongeveer 20% van die maatskappy se

brandstof. Ook wat Shell se uitmuntende

reeks smeermiddels betref, het die landbou

’n groot markaandeel.

“Eintlik praat ons net van die boere

self en nie eers van al die sekondêre

bedrywe wat verder af in die voorsieningsketting

ons produkte gebruik nie,”

sê Anton.

Die maatskappy se sakemodel is

onlangs verander sodat boere meer doeltreffend

bedien kan word. Die verspreiding

en verkope word deur agentskappe

hanteer sodat elke boer vinnig en doeltreffend

bedien kan word.

Geen boer kan bekostig dat sy stroper

of trekker op die land bly staan omdat

daar nie vinnig brandstof gekry kan word

nie en as ’n baler ’n bietjie ghries kort,

moet dit byderhand wees!

Shell se waardeproposisie gaan nie net

oor die beskikbaarheid van produkte nie,

maar ook oor die gehalte. Anton sê: “Ons

sal altyd aanhou met navorsing om te

sorg dat ons aan boere net die beste

produkte lewer wat tot skoner verbranding

en meer doeltreffende smering lei,

sodat boere geld kan spaar.”

Shell se Diesel Extra met sy bymiddels

wat sorg dat elke druppeltjie diesel doeltreffend

verbruik word, jou enjin skoon

gehou word en hervullling bespoedig

word deurdat dit nie skuim nie, het ’n

omwenteling in die mark teweeg gebring.

“Dit gaan nie net oor besparing nie,

maar ook oor die beskerming van die

omgewing,” sê Anton.

Hy sê Shell het baie respek vir die

omgewing en is ernstig oor veiligheid.

Wêreldwyd word Shell as ’n oliemaatskappy

beskou wat maatstawwe stel

vir verantwoordelike optrede. “Ons vlak

van maatskaplike verantwoordelikheid is

van die hoogste in die wêreld.”

Dit is ook waarom Shell die moratorium

wat die Suid-Afrikaanse regering op

eksplorasie-aansoeke in die Karoo gestel

het, verwelkom.

Die maatskappy sê in ’n verklaring ter

wille van energiesekuriteit behoort die

regering ’n wye verskeidenheid van

partye te betrek by die studies wat

onderneem word om te verseker dat die

land ’n gebalanseerde besluit kan neem

of skaliegasbronne verantwoordelik

ontgin kan word en of natuurlike gas ’n

groter rol in Suid-Afrika se toekomstige

energiemengsel moet speel.

“Daarom respekteer ons die besluit

om ’n moratorium op aansoeke te plaas

en verwelkom ons die studies wat

onderneem gaan word.

“Shell wil graag beklemtoon dat ons

oortuig is dat ons enige potensiële skalie-

Hulpbronbestuur

gasbronne in Suid-Afrika veilig en verantwoordelik

kan ontgin, soos ons dit elders

in die wêreld gedoen het.”

Anton voeg by: “Boere moet verstaan

dat ons hulle vrae en besware baie

ernstig opneem. Ons het 6 300 bydraes

met vrae en kommentaar van verskeie

belanghebbendes ontvang, wat aangespreek

is in ons Omgewingsbestuursplan

wat aan PASA voorgele is.”

Die maatskappy het van die begin af

die regte prosedure gevolg en sal voortgaan

om dit in openbare belang te doen.

Die feit is dat Suid-Afrika meer energie

en skoner energie nodig het en indien die

gasvoorraad in die Karoo in hierdie

behoefte kan voorsien, sal die regering

vroeër of later toestemming moet gee vir

die ontginning daarvan. In hierdie

stadium is niemand nog seker hoeveel

gas daar werklik is nie, want nie een van

die maatskappye wat belangstel om

toetsgate te boor, het al toestemming

gekry om voort te gaan nie.

Anton sê die nasionale debat wat

ontstaan het, gaan verseker dat genoeg

Anton Niemann, wat Shell se kommersiële-brandstofafdeling

bestuur, sê landbou

lê hom na aan die hart – hy het

immers op ’n plaas grootgeword.

druk op die regering en maatskappye

geplaas word om die regte besluite te

neem.

Ondertussen gaan Shell voort om sy

bande met boerdery te versterk en ook

iets terug te gee aan sy verspreiders en

klante. Shell is die enigste brandstof- en

oliemaatskappy wat ’n vennoot van

Agribonus is en daardie noodsaaklike

aankope van diesel en smeermiddels

beteken punte in die boer se sak. In

terme van Agribonus se stelsel beteken

dit bonustyd!

Vir meer inligting oor die punte wat

dieselaankope kan verdien, besoek

www.agribonus.co.za.

Boere wat al die feite oor die

ontginning van skaliegas in die Karoo

wil hê, kan die volgende webwerf

besoek: www.shell.co.za/karoo.

www.proagri.co.za ProAgri 136 – Mei / May 2011 7

Van rou tot gaar in 20 minute! Dit is

hoe lank dit Alida Verwoerd se sonstoof

neem om ’n potjie rys te kook.

a die afgelope paar jaar se wip-

Nplankry in die beurtkrag-pretpark, is

wenke vir kragbesparing of alternatiewe

kragopwekking deesdae volop. Daar is

dié waarvan ons almal weet (en nee,

om bloot 'n kragopwekker te installeer

is nie die oplossing nie. Dis hard op die

sak en harder op die ore...) en dan is

daar die meer tegniese, dalk duurder,

moontlik langertermynoplossings.

Waterverwarmers afskakel op sekere

tye van die dag, hulle isoleer met ’n

waterverwarmerkombers, uitprop van

selfoonlaaiers en ander elektriese

toebehore wat bystandkrag verbruik,

afskakel van ligte wat onnodig brand, ’n

tydskakelaar op die swembadpomp – dis

goed om hieraan herinner te word,

maar as ons werklik ’n verskil aan

kragverbruik wil begin maak, sal ons

dieper moet kyk, fyner moet beplan en

beter ingeligte keuses moet maak.

Ons kom uit ’n era waar elektrisiteit

volop en goedkoop was – ’n stand van

sake wat deesdae drasties verander het.

Of jy Eskom-krag of alternatiewe krag

gaan gebruik, spaar gaan jy moet spaar.

Alternatiewe krag is ’n duur opsie en

daarom is dit belangrik om die omskakeling

daarna reg te benader. ’n

Kopskuif is nodig. Die natuur bied

onbeperkte bronne soos sonlig en wind,

maar dit verg geld van jou kant af om

dié bronne in te span – en wie van ons

het onbeperkte toegang daartoe?

Dit is dus van uiterste belang om

energiedoeltreffende toestelle te

gebruik en besparing ’n lewenswyse te

maak. Maar moenie probeer spaar deur

minderwaardige produkte aan te koop

nie. Dit kan later ’n geval van “goedkoop

koop is duur koop” word.

Vir die wat op Eskom se krag moet

reken, is daar verskeie produkte wat

krag bespaar deur òf die inspanning van

’n alternatiewe kragbron (soos ’n

sonstoof/-oond) òf die meer doeltreffende

verbruik van elektrisiteit.

Induksiestowe is ’n goeie voorbeeld

van laasgenoemde. ’n Induksiestoof

gebruik die helfte soveel krag as ’n

gewone stoof en kook water twee keer

gouer as enige elektriese ketel. Pasop,

dit beteken ook dat jou kos twee keer

so gou gaan aanbrand!

Nog ’n baie bevredigende kragbespaarder

is die hooikis-kookmetode

soos ons voorouers lank gelede gebruik

het.

’n Hooikis word gemaak met enige

groot houer (’n koelhouer werk

besonder goed) en ’n slaapsak of

kombers. Bring jou kos tot kookpunt op

die stoof, draai die kastrol ordentlik toe

in die slaapsak, sit die spulletjie in die

koelhouer en maak toe. Teen vanaand

het jy ’n gaar maaltyd. ’n Kooksak is ’n

hooikis gemaak van materiaal,

opgestop met polistireenballetjies.

LUD-ligte (liguitstraaldiode) is

waarskynlik een van die mees kostedoeltreffende,

kragbesparende produkte

op die mark. Jy kan jaarliks honderde

rande se elektrisiteit bespaar.

Vir kleinhoewe- en plaasbewoners is

daar waterpompe

wat met sonkrag

werk.

Daar is steeds

twee hoofmaniere

waarop sonkrag

ingespan word. Die

een manier is om

die lig en warmte

regstreeks te

gebruik, soos in

sonkrag-oondjies of

sonwaterverwarmers.

Die ander is

om sonlig in elektrisiteit

om te

skakel.

Spesiale toestelle,

genaamd

sonselle of fotovoltaïese

selle,

vang sonstrale op

en verander hulle

regstreeks in

elektrisiteit. Sonselle

word reeds

grootskaals

aangewend om

energie te verskaf

aan satelliete wat

om die aarde

wentel. Danksy

sonselle het ons

dus onder meer

satelliet-TV en

Hulpbronbestuur

So spaar ons energie

deur Alida Verwoerd

betroubare weervoorspellings.

Fotovoltaïese selle (FV-selle) bring

tans ook krag na huise in dele van

Afrika en Suid-Amerika waar daar geen

kragnetwerk vir beligting, yskaste,

waterpompe en kommunikasietoestelle

is nie.

Fotovoltaïese opwekking is

waarskynlik die beste pad vir die

toekoms, maar ongelukkig het dit tans

nog veral twee nadele. Die een probleem

is dat die son nie altyd skyn soos

hy “moet” nie en die ander is dat die

toerusting tans nog baie duur is. Hoewel

die koste onder meer danksy verskerpte

bewusmaking reeds baie gedaal het, is

fotovoltaïese kragopwekking steeds

duur om aan te bring, maar mettertyd

kan dit baie goedkoper word.

Die groot Amerikaanse uitvinder,

Thomas Edison (1847-1931), het vroeg

reeds voorspel: “Nie slegs sal

atoomkrag beskikbaar gestel word nie,

maar eendag sal ons die styging en

daling van die getye inspan en die strale

van die son inkerker.”

Moenie die Kragdag op 2 Julie by

Diamantvallei naby Pretoria misloop

nie. Dit hou dalk net vir jou die

sleutel tot krag- en geldbesparing.

Praat met Alida Verwoerd by

012-736-2154 vir meer inligting.

www.proagri.co.za ProAgri 136 – Mei / May 2011

9

Kyk na ons grond (3)

Is geenbewerking ’n oplossing?

n die twee vorige artikels is die

Ibelangrikheid van grondtipe vir die

keuse van bewerking bespreek en ook

hoe grondbewerkingnavorsing uitgeloop

het op grondbewerkingaanbevelings vir

verskillende grondtipes. In hierdie laaste

artikel word daar naderby gekyk na

geenbewerking omdat dit voorgehou

word as ’n oplossing, veral vir die hoë

koste van graanproduksie.

Daar is al baie geskryf oor die

voordele wat verminderde en geenbewerking

vir die landbou inhou. Die

verbetering van grondstruktuur, beter

vogindringing en natuurlik ook dat dit

goedkoper is as konvensionele bewerking,

is maar enkele standpunte wat

gehuldig word.

Met die huidige stygende brandstofpryse,

gryp boere maklik daarna ter

wille van die aansienlike brandstofbesparing,

maar dit behoort nie die

enigste oorweging te wees nie. As jy

oorweeg om na geenbewerking oor te

slaan, moet jy beslis ook besin oor alle

ander faktore voordat die stap gedoen

word. Die volgende faktore speel ’n rol

by die besluit.

• Grondtipe.

• Beperkende lae.

• Die pH van die grond.

• Korrekte toerusting, soos

doeltreffende spuittoerusting en ’n

10 ProAgri 136 – Mei / May 2011

geenbewerkingsplanter.

• Wees bedag op vermeerdering van

onkruid, siektes en insekte.

• Hoeveelheid materiaal wat op lande

gelaat moet word.

Grondtipe

In die keuse van enige bewerking, maar

veral by die besluit om geenbewerking

toe te pas, is kennis van grond uiters

belangrik. Dit sal elke boer baat om sy

kennis oor grond op te knap, nie net om

keuses van bewerking te kan maak nie,

maar ook vir ander besluite soos die

toediening van onkruiddoder en indringingsvermoë

van water met besproeiing.

Dit word algemeen aanvaar dat geenbewerking

beter werk en groot sukses

behaal op swaarder grond. Dit beteken

nie dat die stelsel nie suksesvol op ligte

of sandgrond toegepas kan word nie,

maar die boer moet hier meer bedag

wees op verdigting wat na ’n jaar of drie

kan intree. Die maak van profielgate sal

die boer help om so ’n probleem betyds

reg te stel.

Beperkende lae

Dit is ontwrigtend om ’n jaar nadat die

stelsel in werking gestel is, te besef dat

daar ’n keerlaag of beperkende laag

voorkom. Voordat daar met die stelsel

begin word, behoort alle keerlae met ’n

diepbewerking opgehef te word.

Geenbewerkingstelsels werk beter op swaarder grond. Op sandgrond moet

verdigting opgehef word.

Hulpbronbestuur

deur JP le Roux

Wanneer beperkende lae opgehef

moet word, is dit veral belangrik om

presies vas te stel hoe diep hierdie lae

voorkom sodat ’n werktuig gekies kan

word wat die grond diep genoeg kan

indring en dat die tande so gespasieer is

dat keerlae volledig opgebreek word.

Grondsuurheid

Voordat daar met die stelsel begin word,

moet die grond skeikundig ontleed word

en indien nodig moet die pH-vlakke

reggestel word.

Grondsuurheid is ongetwyfeld een

van die belangrikste produksiebeperkende

faktore by graanproduksie.

Suurheid onderdruk nie net gewasgroei

en opbrengs nie, maar kan ook die

grond totaal onproduktief maak deur

giftige elemente wat in die grond

vrygestel word en wortelgroei beperk.

Hierdie probleem kos boere jaarliks

miljoene rande aan opbrengsverlies.

Hoe ernstig is die versuringsprobleem?

Dit word landwyd en wêreldwyd aanvaar

dat die grond-pH-waardes, die

maatstaf vir die meting van grondsuurheid,

só reggestel behoort te word dat

dit vir graangewasverbouing minstens

tussen 4,5 en 5,0 pH (KCI) of 5,5 en 6,0

pH (H 2 O) moet val.

By pH-waardes laer as 4,5 pH (KCI)

of 5,5 pH (H 2 O) kan ernstige probleme

op suurgrond begin voorkom; veral

omdat KCI-pH-dalings van 4,5 tot 4,2 of

H 2 O-pH-dalings van 5,5 tot 5,2 in 'n

enkel seisoen kan voorkom. Dit geld

veral by goed gedreineerde hoë-potensiaal

grond waar goeie oeste met hoë

stikstofbemesting behaal word.

Gedurende die 1980/81-seisoen het

51% van die 20 000 grondmonsters wat

by OTK se laboratorium ontleed is, ’n pH

(KCI) laer as 4,5 gehad. Hierdie grond

het dus onmiddellik ’n bekalkingsprogram

nodig gehad.

Die toestande het vanaf 1981 tot

1994 nie veel in die Oostelike Hoëveld

verander nie, want 48% van die monsters

wat toe ontleed is se pH (KCI) was

nog steeds laer as 4,5. Die jaarlikse

gegewens oor kalkverkope wys uit dat

die toestand sedert 1994 nie veel

verbeter het nie.

In die onlangse opname is vasgestel

dat ongeveer 75% van die grond in die

Oos-Vrystaat ’n pH (KCI) van 4,5 of laer

het. Na raming bestaan ongeveer

365 000 ha in die Oos-Vrystaat en

www.proagri.co.za

Om verdigtingslae doeltreffend op te hef, moet ’n skeurtandwerktuig gebruik word

waarvan die tande diep genoeg indring en reg gespasieer is.

134 000 in ander koringgebiede van

Suid-Afrika uit suur grond.

Swak voedingstofopname

Die nadele van grondsuurheid lê in ’n

groot mate in die vaslegging van voedingstowwe.

Die meeste voedingstowwe

soos stikstof, kalium, swael,

kalsium, magnesium en molibdeen word

minder toeganklik wanneer suurtoestande

toeneem.

Omdat kalk se beweging in grond

stadig of selfs gering is, behoort die pH

van grond wat na geenbewerking

oorgeskakel word, reggestel te word

voor daar met die stelsel begin word.

As grond se pH reggestel is, kan dit

besparings aan bemesting teweeg bring.

Wanneer kalk aangekoop word, maak

seker dat dit van ’n betroubare bron

afkomstig is met ’n hoë fynheid en

neutraliseringswaarde.

Gehalte van spuittoerusting

Die sukses van ’n geenbewerkingstelsel

hang baie af van die doeltreffende

beheer van onkruid en plae. Daarom is

die aanskaf van ’n goeie spuit en veral

die korrekte kalibrering daarvan onontbeerlik

vir sukses.

Geenbewerkingplanter

Net soos met die keuse van ’n spuit,

moet daar verkieslik vanuit die staanspoor

met die regte planter begin word.

Die planter moet swaar genoeg wees

om behoorlik deur die materiaal te sny,

die saad op die regte diepte in die grond

te plaas en vas te trap sodat goeie

saad-grond kontak bewerkstellig word.

Die planter moet ook in staat wees

om die kunsmis op die regte diepte en

naby genoeg aan die saad te plaas. So

word verseker dat daar ’n goeie stand

op die land is. Daar is heelwat geenbewerkingplanters

op die mark wat reeds

suksesvol in die stelsel gebruik word.

Wees bedag op probleme

Dit is bekend dat veral gras met verminderde

bewerking op landerye toeneem.

Gelukkig is daar vandag goeie onkruiddoders

beskikbaar wat hierdie indringing

kan beheer.

Die toestande wat deur ’n geenbewerkingstelsel

geskep word kan, in

sekere weersomstandighede, bydra tot

vemeerdering van kopvrot. Kultivars wat

meer bestand is teen kopvrot, moet dus

oorweeg word.

Hoeveel materiaal moet op lande

gelaat word?

Daar is diegene wat verkies dat

gestroopte lande by geenbewerkingstelsels

glad nie bewei moet word nie.

Daar is egter ook die gebiede in ons

land waar vee nie maklik oorwinter

sonder om op gestroopte lande te wei

nie. Die skrywer se aanbeveling op

grond van heelwat proewe, is dat indien

daar met oorleg bewei word, daar nog

genoeg materiaal oorbly om die stelsel

behoorlik te laat werk.

Voordele van materiaal op lande

Geenbewerking het aanvanklik ontstaan

om erosie teen te werk en om grondvog

te bewaar. Dit verhoog vogindringing en

verminder afloop en verdamping van

water, wat die grootste oorsaak van

vogverlies in die eerste helfte van ’n

seisoen is. Gevolglik is meer grondwater

in die grondprofiel beskikbaar vir

hoër oesopbrengste in laereënval

gebiede.

Faktore wat ’n rol speel by grondverliese

en afloop

Wanneer grondverlies en afloop van

water op bewerkte landerye ter sprake

kom, is die belangrikste faktor

bedekking in die vorm van stoppels op

die grond. Verminderde bewerkings-

praktyke kan sorg vir verbeterde

grondbedekking. Dit skakel dus van die

oorsake van erosie uit en is nie net ’n

behandeling van erosiesimptome nie.

Reënvalintensiteit en duurte,

grondtekstuur en -bewerking en veral

helling speel ook ’n rol, maar dit is heeltemal

ondergeskik aan dié van

stoppelbedekking.

Resultate

In verskeie proewe dwarsdeur die

Republiek is ongeveer 1 800 perseelresultate

ingewin en verwerk. Die

resultate dui daarop dat grondbedekking

’n baie belangrike rol speel by die

bekamping van grondverliese en afloop.

Ten slotte

Wanneer ’n geenbewerkingstelsel oorweeg

word, behoort al die voordele wat

so ’n stelsel inhou oorweeg te word en

nie net brandstofbesparing nie.

Daar is ander maniere om brandstof

op plase te bespaar soos deur behoorlike

instandhouding van toerusting en

die bestuur van dieselverbruik. Met ’n

deeglike ontleding van ’n boer se

huidige bewerkingstelsel kan daar ook

sekere aksies uitgeskakel word, terwyl

die samevoeging van ander ook ’n

besparing kan meebring.

Eers as al hierdie opsies oorweeg is,

kan die besluit geneem word om na ’n

geenbewerkingstelsel oor te skakel.

Boere word egter aangeraai om

voldoende kennis van die stelsel in te

win, te let op die aanwysers wat hierbo

genoem is en met persone te praat wat

ondervinding van die stelsel het of self

ook proewe gedoen het.

’n Geenbewerkingplanter moet hoog

genoeg wees om oor plantmateriaal te

beweeg en swaar genoeg om daardeur

te sny en saad en kunsmis op presies

die regte diepte te plaas.

www.proagri.co.za ProAgri 136 – Mei / May 2011 11

Acanto gee swamme op gars gas

Netvlek op gars kan groot skade aan oeste

veroorsaak, maar die siekte kan voorkom word

deur ’n bestuursprogram met DuPont se Acanto

te volg.

ee wat, ek kyk nie eers links of

“Nregs as dit kom by swamdoder vir

my gars nie – ek vra net vir Acanto van

DuPont.” Aan die woord is Gideon

Albertyn van Nooitgedacht Trust by

Bredasdorp.

Acanto ® 250 SC in kombinasie met

Capitan ® 250 EW, is netvlek se moses.

Dit word ook gebruik vir die voorkoming

van blaarvlek, bruinroes en poeieragtige

skimmel op gars.

Gideon plant so tussen 500 en 600

hektaar gars per jaar en dit maak 40%

van sy totale aanplantings uit. Die ander

gewasse wat hy plant is koring, hawer

en kanola. Hy sê gars is ’n hoërisikogewas

en daarom moet ’n mens se

bestuursprogram behoorlik in plek wees.

Die Acanto spuit hy voorkomend in

die eerste week van Julie en as opvolg

in die eerste week van Augustus.

Dit laat genoeg tyd

toe voor oestyd in die middel

van Oktober dat daar

geen residu op die plante

agterbly nie. Die gebruiksaanwysings

van Acanto bepaal dat

daar 60 dae tussen die laaste

toediening en oestyd moet verloop.

Gideon se gars word aan Suid-

Afrikaanse Brouerye verkoop,

wat ook streng vereistes stel met

betrekking tot residue.

Gideon sê vandat hy Acanto so

drie jaar gelede begin gebruik

het, kan hy die verskil op sy

plante en in sy sak agterkom.

“Die weer is ’n baie groot faktor

hier in ons omgewing en ons

sukkel maar met droogte.

Acanto gee die gars ’n wenkans,

want as ’n mens die plant

gesond hou, bly dit groen en hoe

langer dit groen bly voor die

natuurlike rypwordproses intree,

hoe beter die opbrengs en

gehalte.”

Hy praat van ’n verbetering

van minstens 120 kg/hektaar in

die oes, tot selfs ’n halfton meer.

Dit beteken dat die middel sommer

gou vir homself betaal.

’n Boer kan ook nie die gevaar

van swamme ligtelik opneem

nie. Gideon sê: “Swamme vat jou oes

weg; hy maak jou plante baie siek. Jy

haal dalk ’n oes af, maar dis nie gehalte

nie. Ek moes een jaar ’n hele land afstaan

vir veevoer en dit gaan nie weer

gebeur nie.”

Viking en DuPont se plaaslike agent,

Con Neethling, vertel dat hulle verlede

jaar ’n bietjie voorraadprobleme gehad

het: “Ons het vir Gideon ’n paar alternatiewe

aangebied, maar hy het net

gesê ons moet maar die vliegtuig stuur,

hy is bereid om ’n week te wag!”

Tyd speel ’n groot rol in Nooitgedacht

Trust se bestuursprogram, want as die

gars in sy blomstadium begin siek word

as gevolg van swamme, is dit eintlik te

laat om iets te doen. “Jy moes hom voor

daardie tyd gekeer het,” sê Gideon.

Spuitmiddels is ook nie ’n kitsoplos-

Gewasproduksie

Acanto ® 250 SC is in die swamdodergroepkode

11 en sy aktiewe bestanddeel

is picoxystrobin (strobulirien).

sing nie, maar deel van ’n totale

bestuursprogram wat afgestem is op

bewaring. Juis as gevolg van die

herhalende probleem van droogtes in

die Bredasdorp-omgewing is boere soos

Gideon baie gesteld op die beskerming

van grondvog en daarom word

bewaringsbewerking toegepas.

Stoppels en kaf word as ’n deklaag

op die lande agtergelaat en spesiale

toerusting vir minimumbewerking word

gebruik. Gideon sê dit is so dat gars oor

die algemeen meer droogtebestand as

byvoorbeeld koring is, veral in sy later

stadia, maar die beskerming van grondvog

gee vir die plante net ’n beter kans

en dit beteken immers ’n beter oes.

’n Deel van die bestuursprogram is

ook wisselboupraktyke met lande wat

vir ’n paar jaar tussen aanplantings vir

weiding en dan lusern gebruik word. Dit

help sommer ook om die indringergrasprobleem

te bestuur.

Interessant genoeg beveel DuPont

ook in sy gebruiksaanwysings aan dat

boere ’n geïntegreerde swamdoderprogram

gebruik wat chemiese,

verbouings- en biologiese beheermaatreëls

insluit. Dit alles help om weerstand

teen bepaalde middels te

voorkom.

“Vanjaar,” sê Gideon, “het ons ’n

droomaanplantingseisoen gehad, want

ons het net na die Paasnaweek omtrent

vyftig millimeter reën gehad. Dit was ’n

goeie begin en oral ontkiem die

wintergewasse, maar die langtermynvoorspellings

lyk nie baie belowend nie.”

Hy sê: “Die natuur is nie onder ons

beheer nie, dit is waarom ’n swambeheerprogram

so belangrik is. Ons moet

bestuur wat ons kan bestuur.”

Vir meer inligting oor die doeltreffende

gebruik van die swamdoder, kontak

DuPont se hoofkantoor by 011-218-

8600 of Jim Mcdermott by

082-565-8897.

www.proagri.co.za ProAgri 136 – Mei / May 2011

15

FAW belê in betroubaarheid en boere

Eugene van der Berg sê FAW wil met die nuwe 16.240 FL-trok boere help om hulle

vars produkte vinnig en veilig by die mark te kry.

oere weet wat hulle wil hê en wat

Bhulle nodig het, veral as dit kom by

die vervoer van hulle beleggings – en

beeste is ’n belegging. ’n Maatskappy

wat in hierdie mark betrokke wil raak,

moet dus maar kennis neem van wat

die boere te sê het.

Een maatskappy wat hierdie les ter

harte neem, is FAW Suid-Afrika. Eugene

van der Berg van FAW vertel dat hulle

met die ontwikkeling van die 8-tonner

(Model 16.240FL) ag geslaan het op die

behoeftes van boere wat gesteld is op

ruimte, ’n lang wielbasis en maksimum

gebruik van die vooras.

Dan is daar nog baie spesifieke

vereistes om die op- en aflaai van die

kosbare lewende vrag te vergemaklik en

natuurlik soek elke boer perdekrag.

Die 179 kW-enjin (240 pk) met sy

8-spoed ratkas verseker dat nuwe Fluks

Aan’t Werk-lorrie met gemak 12 tot 15

beeste bult op en bult af kan vervoer.

Met ’n laaibak wat 7,9 meter lank is

en ‘n wielbasis van 6,6 meter, beteken

dit dat die beeste nog in groot gerief

ook kan reis.

Eugene sê: “Dit is nie net die beeste

wat gerieflik moet wees nie. Ons wil hê

die bestuurder moet ook gemaklik reis

en daarom is elke kajuit met lugversorging

toegerus. ’n Gemaklike bestuurder

dra by tot ’n veilige rit.”

Die 8-tonner is nie net vir die vervoer

van beeste geskik nie. FAW maak ook

16

ProAgri 136 - Mei / May 2011

vragmotors wat perfek is om in ander

sektore van die landbou ’n buiging te

maak, soos met die vervoer van vars

produkte.

Eugene sê hy is dankbaar om agter

te kom dat boere al hoe meer vertroue

in die Sjinese produk begin toon, wat

homself darem nou al 18 jaar in die land

bewys het.

Hy self was baie beïndruk toe hy die

hoofaanleg in Sjina besoek het en die

vlak van tegnologie wat hulle inspan,

gesien het. Hy sê dit voel amper of jy in

’n hospitaal staan, so klinies en skoon is

dit! ‘n Hele paar van die bekende Duitse

motorvervaardigers maak ook van die

fabriek gebruik in hulle vervaardigingsproses.

Eugene sê: “Om ’n swak produk te

probeer verkoop, werk nie. Die mark

neem besluite op grond van spesifikasies

en ’n goeie rekord.” Volgens

Eugene het hy al van ’n paar snaakse

goed gehoor wat roekelose of slapende

bestuurders met FAW-trokke aangevang

het, maar hy weet nie van een onderstel

wat in die proses gebuig is nie.

Internasionaal vervaardig FAW

2,6-miljoen voertuie per jaar. In Suid-

Afrika is daar ’n monteeraanleg by Spartan,

maar die maatskappy gaan

eersdaags nog ’n aanleg in die

Oos-Kaap open. FAW Suid-Afrika sal dan

in staat wees om 5 000 voertuie per

jaar in die mark te stoot, sodat dit ook

Vervoer

aan die groeiende verwagtinge van

uitvoere na die res van Afrika sal

voldoen.

Eugene sê Angola het byvoorbeeld

onlangs 1 400 voertuie op een slag

bestel – en hulle stuurwiele moes almal

na die linkerkant omgebou word.

Al die onderdele van die vragmotors

kom van Sjina af, maar in Suid-Afrika

het die SABS ook bepaalde bykomende

vereistes vir die plaaslike omstandighede

gestel, soos die aanbring van

sluitweerremme.

FAW is trots op sy uitgebreide

handelaarsnetwerk en dienssentrums

wat landwyd langs al die hoofroetes

geplaas is. Eugene sê daai storie dat

buitelandse maatskappye nie plaaslike

ondersteuning bied of onderdele

aanhou nie, is sommer ’n ouvroustorie.

Onafhanklike toetsing het aangedui dat

die maatskappy met ’n 98% beskikbaarheid

van onderdele spog.

Daarby is daar ’n 24-uur nooddiensnommer,

sodat onderdele onmiddellik

beskikbaar gestel kan word.

FAW se mense besef dat betroubaarheid

vir die boer baie belangrik is,

veral wanneer diere vervoer word. Geen

boer wil met ’n vrag beeste langs die

pad bly staan nie, veral nie oornag nie.

En vir FAW hang hulle goeie naam van

die betroubaarheid van hulle trokke af,

sê Eugene.

Vir enige verkoopsnavrae, skakel

011-392-1530 en vir diens of

onderdele skakel 011-394-1111.

Die twee dames is wel nie van Sjinese

oorsprong nie, maar Yolanda Keynel en

Izette van Jaarsveld het seker gemaak

dat al die boere by Nampo na FAW se

beestrok kom kyk.

www.proagri.co.za

aie boere het hierdie jaar

Bby Nampo die geleentheid

gebruik om met die

enkelkajuit Tata Xenon XXL

te gaan bladskud. Sy

dubbelkajuit-boetie is reeds

’n ou bekende op vele plase.

Die 2,2 liter turbo diesel

bakkie is ’n pragtige, flukse

staatmaker wat meer as sy

deel tot jou boerdery bydra

– dit is ’n stoere bakkie wat

baie gee en min vra.

Die Xenon XXL se platbakontwerp

bied sinvolle,

ten volle benutbare

laairuimte vir enigiets wat

die boer wil vervoer. Jy kan

volgens die aard van jou

boerdery se vervoerbehoefte

kies of jy hom met ’n blote

platbak wil hê of met ’n

valkantplatbak, stewige

veetralies of ’n toegeboude

vragruimte.

En as jy hom volgelaai het,

kan jy op sy stewige

onderstel en veerstelsel reken om die

vrag soos ’n man te dra.

Die Xenon XXL het ook die langste

wielbasis in sy klas, naamlik 3 150 mm.

Sy sestienduimwiele stap maklik oor

swak paaie en stryk die sinkplaat uit die

pad.

Sy 2,2 liter drukbuisinspuitingenjin

met sy tussenverkoelde aanjaer lewer ’n

allemintige 103 kW teen 4 000 opm en

320 Nm wringkrag tussen 1 700 en

2 700 opm, sodat jy en jou vrag teen

geen skuinste sal stuit nie.

Die vyfspoedratkas met sy sinvolle

ratverspreiding verseker ’n kragtige

kruipspoed vir rywerk op die plaas,

maar ook ’n vyfde rat wat as snelrat

dien om ’n brandstofverbruik van

gemiddeld 12,4 km per liter te verseker,

volgens die tevrede Tata-eienaar, Frans

Vermaas, van Canvas and Tent.

Die Tata Xenon het ook baie goed

presteer in die taai en objektiewe

brandstofverbruiktoets van die Total

“Economy run” deur die dubbelkajuitafdeling

met ’n verbruik van

8,1 liter/100 km te wen.

Alles wat jy nodig het

Alhoewel die Xenon XXL ’n geen-nonsens

werkeselbakkie is, bied hy tog aan

die bestuurder en passasier die gerief

van gemaklike sitplekke, ’n smukspieëltjie

aan die een sonskerm en ’n

kaarthouer aan die ander een, ’n

kragstuur, ’n lugversorger met

stuifmeelfilter, koeldrankhouers, ’n gawe

klankstelsel, sigaretaanstekersok sodat

jy jou selfoon kan laai, jou GPS kan

gebruik of ’n kollig kan inprop as jy in

die nag iets iewers op die plaas moet

gaan doen en gerieflike kopstutte.

Die Xenon XXL bestuur lekker en

maklik en sy groot truspieëls en helder

ligte verseker dat jy dag en nag oral

baie goed kan sien.

Tata waardeer sy eienaars en

Boere sê hallo vir Tata

Die Tata Xenon XXL met sy keuse van platbak, valkantplatbak, veetralies of toegeboude

vragruimte is selfs groot en sterk genoeg om ’n opgeskote trekker aan te ry!

verseker graag hulle veiligheid met

sake soos vragvoelende sluitweerremme,

doeltreffende ruitveërs, frommelsones

voor, kantbotsstawe en ’n

sentralesluitstelsel. Die Xenon XXL het

’n A-gradering by die Suid-Afrikaanse

Versekeringsvereniging.

Asof dit alles nie genoeg is nie, kry

jy saam met jou Tata XXL ’n diensplan

vir 5 jaar of 90 000 km, ’n waarborg en

roeswaarborg vir 3 jaar of 100 000 km,

padbystandsdiens vir 3 jaar ongeag die

aantal kilometer en ’n wakker handelaarsnetwerk

wat regoor die land, ook

in Botswana en Namibië, gereed staan

om jou die beste

diens te bied. Daar

is 52 handelaars

met dienskamers

landwyd.

Tata se

betroubaarheid en

Vervoer

die beskikbaarheid van onderdele maak

van die Xenon ook ’n gewilde vlootvoertuig.

Vra maar vir Frank Hornsby van

Tempest Car Hire waarom die Xenonbakkies

so ’n groot deel van sy ligte

kommersiële voertuigvloot

uitmaak…

Die Tata Xenon XXL is meer as ’n

bakkie; dit is ’n betroubare sakevennoot

wat help om die boer se laste

te dra. As jy wil uitvind wie die

handelaar naaste aan jou is, praat met

Christo Engelbrecht by 082-709-2076

of christoe@tatasa.co.za,

of Francois Griessel by 082-753-6633.

Boere wat by Nampo gaan hallo sê het vir die Tata Xenon, kon ook kennis maak met

dié omgeboude dubbelkajuit wat net reg is om die boendoes aan te durf. Die

stewige kappie met sy bykomende noodwiel en brandstof-/waterkan smeek vir ’n

bietjie kampeertyd.

www.proagri.co.za ProAgri 136 - Mei / May 2011 17

18 ProAgri 136 – Mei / May2011

www.proagri.co.za

Wild & jag

Isuzu maak wildkyk lekker en veilig

ie hele wêreld praat daarvan: ’n

Dhoogtepunt in enige toeris se lewe is

’n wildkykrit in Suid-Afrika. Nou het

Isuzu Vragmotors Suid-Afrika hierdie

lekkerkry tot nuwe hoogtes gevoer met

sy goedgekeurde wildkykvoertuig op ’n

4x4 Isuzu NPS 300-vragmotoronderstel.

Wildkyk kan ’n waagstuk wees as jy

nie die regte voertuig daarvoor het nie.

Daar is mense wat vir bakkies en

trokkies en selfs vierwielmotorfietsies ’n

galery sitplekke opsit en dan die wildkykpaaie

daarmee aandurf. As so ’n

aangepaste voertuig sou omslaan of op

enige ander manier mense beseer, dan

is groot eise die eienaar se voorland,

want versekering dek nie die aanpassings

nie.

Nie so met Isuzu se wildkyker nie –

hy is spesiaal vir wildkyk vervaardig en

daarvoor goedgekeur met NaTisnommer

en al. Wildkyk met hom is nie

’n wanaanwending waarvoor versekering

nie voorsiening maak nie.

Boonop voldoen die voertuig aan elke

moontlike veiligheidstandaard vir die

taak waarvoor dit ontwerp is.

Elkeen van die 19 gerieflike sitplekke

is die beste sitplek met die beste uitsig,

genoeg beenuitskopruimte en met ’n

skootgordel sodat jy nie dalk onverwags

iewers agterbly nie. Die sitplekke is

twee-twee gerangskik om ’n ruim

paadjie van 405 mm tussen die rye te

laat. Daar is mos altyd iemand wat

darem ’n bietjie meer wil beweeg as om

net breed te glimlag.

Met sy vloer wat 975 mm hoog is, sit

jy lekker hoog om bo-oor die gras te

sien waar die leeus lê. Die seildak bied

verkwikkende koelte en is 1,9 m hoog

sodat niemand ooit vasgedruk word of

benoud voel nie.

Nie eers die voorspoedigste 19

toeriste en hulle verversings saam kan

ooit die wildkyker se 3 000 kg

loonvragvermoë beproef nie, sodat hy

altyd rats genoeg en veilig genoeg vir

die taak sal wees.

Summiere stopkrag word verseker

deur die vakuum-hidrouliese remstelsel,

wat ’n enjinuitlaatrem insluit.

’n Beperkteglipewenaar sorg dat albei

agterwiele vanself vastrap sodra een in

sand of modder begin glip, en die

vyfspoedratkas verseker dat jy altyd die

beste, mees ekonomiese enjinkrag vir

enige spoed het – ook kruipspoed wat

so nodig vir wildkyk is. Daartoe dra sy

gedugte wringkrag van 404 Nm teen

1 500 opm by.

Die NPS 300 se turbo-interverkoelde,

elektronies beheerde dieselenjin loop

sag sodat jy nie al die wild op loop jaag

voor jy hulle kan sien nie. Hy werk ewe

doeltreffend op enige hoogte bo

seespieël en sy uitlaatgasse voldoen aan

Euro 2-standaarde.

Die uiters hoë drukbuisinspuiting

verseker skoon ontbranding, brandstofekonomie

en minder uitlaatgasbesoedeling.

“Dis die eerste wildkykvoertuig wat

Isuzu aandurf,” sê Craig Uren, Isuzu

Vragmotors Suid-Afrika se hoofbedryfsbestuurder,

maar ons het saam met ons

vennote in die bak- en busboubedryf

baie moeite gedoen om te verseker dat

dit presies aan die wildboer, die toergids

en die toeris se behoeftes voldoen.”

Isuzu-vragmotors het die beste

waarborg in hulle klas – twee jaar met

onbeperkte afstand en ’n driejaarwaarborg

teen roes.

Daar is 37 Isuzu-vragmotorhandelaars

in Suid-Afrika. Vir meer inligting oor

watter een die naaste aan jou is,

sowel as oor Isuzu Vragmotors se

ander produkte vir die boer, praat met

Hanlie du Preez gedurende kantoorure

by 011-563-4125, 072-9425511,

na-ure of e-pos

hanlie.dupreez@gm.com.

Watter wilde dier sal nie sy beste voetjie voorsit as hy met so ’n netjiese, gerieflike, doeltreffende wildkykvoertuig benader

word nie? Isuzu se wildkykvoertuig bied gerieflike sitplek aan 19 mense en is ten volle goedgekeur as volwaardige

wildkykvoertuig.

www.proagri.co.za ProAgri 136 – Mei / May2011

19

’n Passie vir jag!

Prof Pieter van Niekerk, skrywer van die artikel, het hierdie eland in Namibië platgetrek

nadat hy hom met behulp van ’n Boesman-spoorsnyer te voet gevolg het.

ie lang wag vir die jagseisoen om

Daan te breek, is verby. Hoe het ons

nie die dae afgetel en ons voorbereidings

gedoen nie? Ek weet dat ’n mens

regdeur die jaar kan jag op plase met

voldoende omheining, maar winter bly

maar die eintlike jagtyd.

Voorbereiding sluit alles in vanaf

gewere nagaan, ammunisie laai, messe

slyp, skoene betyds koop om uit te trap

voor die jagseisoen tot fiks raak en les

bes selfs ophou rook! Al hierdie bedrywighede

het een gemene deler, naamlik

’n opgewondenheid en ’n tinteling en

uitsien na wat aan die kom is.

Jagters se beheptheid met jag slaan

nie-jagters dikwels totaal dronk. Ek het

begrip daarvoor dat nie almal hierdie

passie deel nie en dit daarom ook nie

altyd verstaan nie. Wat egter tragies is,

is dat hierdie passie dikwels totaal

verkeerd vertolk word. Dikwels word dit

gesien as ’n bloeddorstige beheptheid

met doodmaak. Die jagter word in

hierdie proses die meedoënlose agtervolger

van ’n weerlose slagoffer wat ten

alle koste doodgemaak moet word. Hoe

jagters nog so vermetel kan wees om

met trots te jag, is totaal onbegryplik.

Die feite is egter dat jag ’n totale en

komplekse ondervinding met baie

aspekte is, waarvan die jag van die dier

slegs een element is.

Waarom jag ons? Daar word baie

redes hiervoor aangevoer, maar ons jag

in die eerste plek omdat dit vir ons

lekker is. Ons geniet dit om in die

natuur te wees, ons geniet die samesyn

20 ProAgri 136 – Mei / May 2011

Prof Pieter van Niekerk is verbonde aan die

Nelson Mandela Metropolitaanse Universiteit in Port

Elizabeth as professor in die Departement van Landbou

en Wildbestuur. Hy is ook die nasionale voorsitter

van CHASA, ’n jagterskonfederasie waarby 22

jagters-liggame geaffilieer is. CHASA verteenwoordig,

saam met ander jagtersorganisasies, die

belange van jagters tot op die hoogste vlak. Vir

meer inligting oor die organisasie, besoek gerus

www.chasa.co.za

met vriende, ons geniet die opwinding

van die agtervolging van die dier, ons

geniet dit om wild te sien, ons geniet

die kampvuur en die stories wat daar

vertel word en ons geniet nog soveel

meer verskillende dinge wat met die jag

verband hou. Ons moet nooit toelaat

dat iemand ons hieroor laat skuldig voel

nie.

Jagters is bereid om vir hierdie

ontspanningsaktiwiteit te betaal. Dit

stimuleer juis bewaring, aangesien die

geld wat jagters bestee aan grondeienaars

die ekonomiese motivering

verskaf om hulle wild te bewaar.

Verder ondersteun die geld wat

jagters aan wapens, ammunisie, gidse,

jaglisensies en verblyf bestee, ’n

enorme bedryf waarvan kundiges die

jaarlikse omset op meer as R7-miljard

beraam.

Navorsing toon dat meer as 55% van

die inkomste van die wildbedryf uit jag

afkomstig is – dus sonder die jagbedryf

sal daar ook geen wildbedryf wees nie.

Adverteer u gaste- of jagplaas in ons spesialis-tydskrif Stay.Play.Eat

Skakel Renier van Vuuren by 082-555-6866

Wild & jag

Werksgeleenthede word aan duisende

verskaf en jagters kan met reg trots

wees op die bydrae wat hulle tot die

landsekonomie en tot bewaring

maak.

Daar is baie geldige en wetenskaplik

verantwoordbare argumente

wat aangevoer kan word oor die rol

wat jag speel om die toekoms van die

kommersiële wildbedryf te help

verseker. Daar is ook die groter

prentjie waarby onder andere wildboere

ingesluit is. Die toekoms van

jag en die toekoms van die wildbedryf

is onlosmaaklik aan mekaar verbind

en dit maak dus sin dat die groter

wildgemeenskap (wat sowel jagters

as wildboere insluit) nou met mekaar

moet saamwerk.

Die groot uitdaging vir almal is om

indiwiduele belange ondergeskik te

maak aan die groter prentjie, naamlik

om ’n sterk en gesonde wildbedryf te

vestig waarin die wildboer en die

jagter mekaar se behoeftes verstaan

en waar almal onderling na mekaar

se belange omsien.

Ongelukkig is daar diegene wat

verby die feite probeer kyk en poog

om met emosio-

nele argumente die

publiek teen jag op

te sweep. Aan ons

vriende wat jag nie

altyd so mooi verstaan

nie, wil ek

graag ’n paar

belangrike vrae

stel: Wie sou u

aanstel om Suid-

Afrika se wild op te

pas en te versorg?

Is daar iemand

beter gekwalifiseer daarvoor as die

jagter? Is daar iemand met ’n groter

liefde vir wild of wat meer genot uit

wild put as die jagter? Is daar iemand

wat meer te verloor het as wild nie

bewaar word nie as die jagter? Is daar

iemand wat meer bydra tot die

bewaring van wild as die jagter?

Aan my mede-jagters die volgende:

Sorg dat ons as jagters so optree dat

daar geen twyfel kan bestaan oor wat

die antwoorde op die vrae in die

vorige paragraaf is nie. Geniet u jag

en jag met trots.

Aan die grondeienaars wat

jaggeleenthede aan ons beskikbaar

stel, die volgende: Dankie vir die

geleenthede wat u aan jagters bied

om die natuur en die jagervaring te

geniet. Dankie vir die bydrae wat u

maak tot bewaring van wild en

daarom ook tot die eeue oue praktyk

van jag. Ons as jagters beskou u as

gewaardeerde

vennote.

www.proagri.co.za

Wild - meer as net biltong

deur Carina Kleynhans

ie dae is verby dat ons net biltong en

Ddroëwors van wildsvleis gemaak het.

Wildsvleis het baie gewild geraak en is ’n

gunsteling op die meeste top restourante

se spyskaarte.

Die veelsydigheid van wildsvleis is

hiervoor verantwoordelik en dan is dit

natuurlik ook ’n keurgereg vir buitelandse

besoekers. Die gesondheidsvoordele

dra verder by tot die gewildheid

van wildsvleis. Die lae cholesterolvlakke

en vetinhoud is veral gesog onder die

gesondheidsbewustes.

Om wildsvleis suksesvol voor te berei,

is ’n paar faktore belangrik. Die eerste is

die jagproses. Die skootplasing moet

verkieslik so wees dat so min as moontlik

vleis beskadig word. Makliker gesê as

gedaan!

Indien dit nie moontlik is nie, moet

daar minstens probeer word om die

sagter snitte (gedeeltes uit die agterste

deel van die dier) te beskerm. Daarna

moet die karkas so gou en so goed as

moontlik uitbloei.

Voordat die dier geskiet word, is die

spiere gewoonlik sag, behalwe wanneer

die dier in spanning verkeer. Nadat die

dier geskiet is begin rigor mortis intree,

wat die verstywing van die spiere

behels. In groot diere is die proses

stadiger en duur ook langer as in kleiner

spesies.

Indien die karkas vir een tot twee dae

in ’n koelkas (2 tot 4ºC) gehang word,

sal die vleis begin sagter word soos die

rigor mortis-proses eindig.

Indien die vleis langer gehang word, sal

dit begin ryp word. Die karkas kan vir ’n

verdere 3 tot 5 dae in die koelkas hang

om goed ryp te word. Die rypwordingsproses

kos natuurlik geld, as gevolg van

die verlies van vog – tot 20% – en ook

die verkoelingskoste. Dit is egter steeds

die moeite werd, omdat die sagtheid van

die vleis verhoog word en die sappigheid

en geur verbeter.

Met die gaarmaak van wildsvleis is

daar verskeie doelwitte. Sekere metodes

plaas die klem op die verwydering van

die “wilde smaak”, terwyl ander meer

gerig is op die verhoging van sagtheid en

sappigheid en ook om droogheid te

voorkom.

Wildsvleis is oorspronklik vir lang tye

gemarineer in mengsels van asyn en

wyn. Die rede hiervoor was om die vleis

sagter te maak en om die “wilde smaak”

uit te skakel. As vleis ryp genoeg gemaak

is, sal dit sag wees sonder om te veel

suur by te voeg.

Die nuutste neiging is om wildsvleis te

marineer in natuurlike joghurt of karringmelk

waarby ’n paar jenewerbessies,

lourierblare, peperkorrels, uieringe en

wortelskywe gevoeg is. Voordat die vleis

gaargemaak word, word dit eers

skoongevee.

’n Ander metode is om die vleis met

gesmelte botter te bedek, waarin

gekneusde jenewerbessies en peperkorrels

gemeng is. Avokado-olie of olyfolie

kan ook op dieselfde manier gebruik

word.

Andersins kan die vleis ook vir ’n paar

uur in ’n mengsel van olyfolie,

balsamiese asyn en knoffel geweek word

om die geur daarvan te verbeter.

Die gaarmaakmetodes wat vir

wildsvleis gebruik word, is soortgelyk aan

dié van bees- en skaapvleis. Die taaiste

snitte (waar die meeste beweging

plaasvind) word langer gaargemaak deur

die gebruik van

klamhitte.

Hierdie is snitte

soos die nek, blad en

skenkels. Die vleis

word eers in warm

olie geseël en

daarna word die verhitte

vloeistof

bygevoeg. Enige

vloeistof kan

gebruik word. Wyn,

bier, vleisaftreksel en

vrugtesap is

gewoonlik die

suksesvolste.

Appelsap werk veral

goed saam met vlakvark.

Sagter vleissnitte

word met droëhittemetodes,

soos rooster,

oondbraai en

braai, gaargemaak.

Fillet, kruisskyf,

T-been en boud kan

op een van hierdie

maniere gaargemaak

word. Die

belangrikste is om

nie die vleis oorgaar

te maak nie, omdat

dit dan droog sal

wees. Wildsvleis kan

maar pienk bedien

Wild & jag

word sodat daar nog genoeg vleissappe

teenwoordig is.

Om te verseker dat die vleis nie te

droog is nie, kan ekstra vet bygevoeg

word in die vorm van ’n bedruipmengsel.

Die vleis kan ook met stukkies vet wat in

kruie gerol is gestop word, of bedek word

met vet of spekvleis.

’n Sprinbokboudjie is baie lekker

wanneer dit in ’n vetterige lamsrib

toegerol word en dan oor baie stadige

kole gerooster word.

Bygeregte

Bygeregte verbeter die geur van die

wildsvleis. Soet- en suurkombinasies

werk goed, soos vrugte wat gekook word

in wynasyn wat gegeur is met suiker en

mosterd. Perskes gebak in muskadel is

ook ’n goeie keuse. Sous kan gebruik

word om die vleis ryker te maak.

Daar is ook geleenthede om

ekonomiese voordeel uit wildsvleis te

trek. Kosmarkte is deesdae baie gewild in

die stede. Spesiale wildsvleisgeregte kan

by hierdie kosmarkte bemark word. Met

al die nuwe idees en resepte geskik vir

wildsvleis kan dit verseker nie meer net

gebruik word vir biltong en

droëwors nie.

Vir wildsvleisdemonstrasies en

-praatjies skakel dr Carina Kleynhans

(Departement van Gasvryheidsbestuur)

Tshwane Universiteit van

Tegnologie by 012-382-6503 of

082-857-0789.

www.proagri.co.za ProAgri 136 – Mei / May 2011

21

Die lekkerte van lek is wins

aie is al oor lek gesê, gedoen en

Bgeskryf. Nou waarom skryf ons

alweer daaroor?

Lek word in ons land op baie plase nie

tot hulle volle potensiaal benut nie. Baie

mense dink jy piep ’n dier op met lek,

maar daar is ook dié wat dink jy kan veld

vervang deur lek te gee.

Daar is talle verskillende sienings oor

lek, maar ek dink die twee belangrikste

vrae is:

• Waarom gee ek lek, en

• Watter lek moet ek vir watter dier

gee?

Gee ek lek omdat my pa gesê het ’n

mens moet dit gee, of is dit dalk die

koöperasie-stoorman wat sê dat hierdie

lek die meeste verkoop, of is dit daardie

mooi meisie by die koöperasiekasregister

wat sê dit is die goedkoopste en oom Jan

koop dit ook? Nee almal sê hierdie lek

werk die goedkoopste want sy inname is

die laagste. Wag, die buurman het gesê

dit werk vir hom.

Ek wil hiermee vir u vra: Gaan sit en

dink aan die besluit wat een van die

grootste uitwerkings het op die winsgewendheid

van u bees-, bok- of skaapboerdery.

U is nie ’n bees-, skaap- of bokboer

wat vleis aan die publiek verkoop nie. U

is ’n veldgrasboer wat ’n dier moet

22

gebruik as fabriek om vleis te produseer

vir die verbruiker.

Soos ons almal weet, in ’n fabriek is

daar verskillende grondstowwe nodig om

die finale produk te lewer. Lek is deel

van grondstowwe wat u saam met gras

en die dier nodig het om ’n goeie

gehalte produk te lewer wat die

verbruiker wil koop.

Die veld gee nie alles wat nodig is

om die dier ten beste te laat presteer

nie en lek is daar om hierdie tekorte

aan te vul.

Die tipe en hoeveelheid lek wat ’n

dier moet kry, word deur u as die

fabrieksbestuurder bepaal. Die tyd

van die jaar, die tipe dier, die seisoen

wat agter die rug is en die veldsamestelling

is van die faktore wat ’n rol

speel in die besluit van watter tipe

lek ek gaan aankoop.

Dan moet u ook nou besluit wat

u van die verskillende diere verwag,

deur Minnei le Roux

Brennco het ’n volledige reeks lekke wat geformuleer

is vir verskillende toestande en veldtipes en ons sal u

bystaan met raad om van u veebedryf ’n winsgewende

besigheid te maak.

Minnei le Roux van Brennco kan gekontak word by

015-516-0133, 082-566-6900 of

mleroux@brenmill.co.za. Praat ook met Jacques

by 083-661-3974.

Veeboerdery

is dit koeie wat weer bul

moet vat, gaan u veldvoorbereiding(“backgrounding”)

doen met

speenkalwers, gaan u

hulle op die veld afrond?

Na gelang van die

antwoord moet u strategies

onderhoudslek of

produksielek gee, want

die koeie het goed of sleg

deur die winter gekom.

Die lek wat u gee en die hoeveelheid

is ’n bestuursfunksie; dit het ’n

regstreekse invloed op die winsgewendheid

van u bedryf.

Sigbare bewyse van die resultate van Brennco

se produkte sal te sien wees by Bristow

Bonsmaras se veiling op 10 Julie 2011. Kontak

Gavin by 015-516-2259, 083-264-3890 of

gbristow@xnets.co.za vir meer inligting.

ProAgri 136 – Mei / May 2011 www.proagri.co.za

Goeie kos lewer goeie vleis

ir ’n Romagnola-bulletjie wat na

Vverwagting die skaal op 10 maande

so na 500 kg toe behoort te trek, is net

die beste kos goed genoeg – kos wat

woema gee sodat dit in vleis omgesit

kan word.

Dail van Rensburg van Rensbou

Beestelers naby Delareyville glo dit is

noodsaaklik dat sy beeste aanvullend

tot hulle ruvoer, ’n gebalanseerde

lekaanvulling kry wat aan al hulle behoeftes

voldoen.

Hy het so ’n paar jaar gelede sy lekke

en aanvullings by KK Animal Nutrition

begin koop en is nog glad nie spyt nie.

Die fosfaat-spoormineraal aanvulling en

voergraad ureum voldoen aan al die

behoeftes van die verskillende boerderyafdelings

van Rensbou.

Op die plaas is daar drie verskillende

stoete, naamlik Rogmanola, Santa

Gertrudis en ’n Afrika-beestipe, Ankole.

Daar is ook ’n voerkraal vir speenkalwers.

Dail sê: “Een van die groot voordele

van KK Animal Nutrition se produkte is

dat ek dit, saam met hulle selfmeng

resepte, kan gebruik om my eie lekke

en voere na gelang van behoefte en

seisoen te meng.” Vir die stoetbeeste

word winter- en somerlekke gemeng en

vir die speenkalwers word produkte in ’n

konsentraat ingemeng. Die finale

mengsel word aangepas by die beskikbare

ruvoer sodat die beeste genoeg

voedingstowwe inkry.

Volgens Dail is die produkte wat hy

ontvang, altyd van dieselfde voorspelbare

gehalte.

Cecile Guest van KK Animal Nutrition

sê daar het ’n verkeerde persepsie

ontstaan dat fosfaat-aanvulling nie in

die winter werk nie. Sy sê dit hoef nie

altyd in dieselfde hoeveelhede gegee te

word nie, maar dit moet in gedagte

gehou word dat diere selfs in die winter

fosfaat benodig vir mikrobewerking

sowel as vir normale liggaamsfunksies

en om dreinering van P uit die skelet te

beperk. Die aanvulling van fosfaat saam

met proteïen en energie in ’n gebalanseerde,

rumenstimulerende lek, is dus

nog steeds noodsaaklik gedurende die

winter.

Sy sê Suid-Afrikaanse gronde en

weidings is oor die algemeen arm aan

beskikbare fosfor en daarom is fosfaatbyvoeding

noodsaaklik vir die bevordering

van groei en reproduksie.

As gevolg van seisoenale skommelings

moet aanvullings op die veld voorsiening

maak vir:

1. Die aanvulling van mineraaltekorte

deur die jaar.

2. Die aanvulling van proteïentekorte

sodat die beeste in staat is om

beskikbare droëseisoenweiding meer

doeltreffend te benut.

3. Die aanvulling van proteïen- en

energietekorte in kritieke stadia van

die vleisbees se produksiefase

wanneer daar te min van albei in die

veld beskikbaar is.

(Produkgids: KK Animal Nutrition)

Cecile sê KK Animal Nutrition se

voedingkundiges kan boere bystaan om

’n gebalanseerde voerprogram uit te

werk.

Dit is net goeie kos en goeie genetika wat van ’n bul so ’n bielie kan maak, sê die trotse

teler, Dail van Rensburg, hier by sy uitstalling by Nampo.

Veeboerdery

Dail beaam dit: “KKAN se gebiedsverteenwoordiger

is baie kundig en help my

om my mengsels te verfyn. Die feit dat

ek self meng, beteken dat ek geld kan

spaar.”

Hy meet die doeltreffendheid van die

aanvullings nie net in groeitempo en

voeromset nie, maar ook in vrugbaarheid.

Om vrugbaar te wees, moet ’n

koei gesond wees.

Die gemiddelde tussenkalfperiode van

sy Romagnola-kudde is byvoorbeeld 380

dae. Die kudde spog ook met ’n GDT van

2,369 kg en ’n voeromset van 5,02.

Sy voerprogram is deel van ’n totale

bestuursprogram wat met die ondersteuning

van goeie genetika ’n

wenresep bied.

Die fosfaataanvulling wat hy graag

gebruik, staan bekend as Kimtrafos

12 Grandé. Dit is ’n fosfaat-spoormineraal-konsentraat

met ’n kenmerkende

melassereuk- en smaak wat verseker

dat die beeste graag daaraan smul.

Benewens die fosfaat, bevat dit ook al

die belangrikste spoorminerale in die

regte verhouding tot fosfaat.

Die voergraad ureum wat Dail

gebruik is ’n ekonomiese plaasvervanger

vir natuurlike proteïene in die

beeste se rantsoene. Die fyn

korreltjies sorg dat die ureum nie

uitsak in die mengsels nie.

KK Animal Nutrition se netjiese

produkgids verduidelik ook baie mooi

hoe die ureum gebruik moet word en

watter voorsorgmaatreëls getref moet

word om ureumvergiftiging te

voorkom.

Dail sê baie boere het op Nampo

by sy 4-jaar oue Romagnola-bul kom

stilstaan om die bielie van 1 150 kg te

bewonder en hom die kuns af te vra.

“Ek sê vir hulle dit is eenvoudig: goeie

vleisgenetika, ’n goeie bestuursprogram

en goeie kos.”

Gee jou beeste hierdie winter die

beste kos en hulle sal jou die beste

prestasie gee.

Skakel Cecile Guest by 082-852-

8362 om uit te vind waar jou

naaste verteenwoordiger is.

www.proagri.co.za ProAgri 136 – Mei / May 2011

23

SENTER 360

Passievol oor spilpunte!

By SENTER 360 is spilpunte vir ons ‘n passie. Juis

daarom bou ons nie net ‘n sterk en taai struktuur nie,

maar ons bestee ook heelwat tyd en aandag aan die

klein besonderhede wat ’n groot verskil in jou

alledaagse lewe kan maak.

STRUKTURELE STABILITEIT

SENTER 360 benut vakwerkysters van pyp wat ligter as

die algemeen gebruikte hoekysters is. ‘n SENTER 360

het sodoende twee stelle vakwerkysters meer per

toring wat sorg dat die struktuur ontseend sterk is en

buitengewone weerstand teen stormwinde kan bied.

Langer basisbalke 4,5 m (5,8 m vir die hoë-profiel

masjiene), toringstue, stabiliseringstawe en

diagonale dra by tot dié uitsonderlike standvasgheid.

INNOVERENDE BEHEERPANEEL REEKS

Die beginsel van eenvoudige modulêre ontwerp word

ook op ons beheerpaneelreeks toegepas. Die basiese

beheerpaneel, met direkte millimeter toedieningsverstelling,

kan teen ‘n minimale koste deur verskillende

vlakke van outomasering en kommunikasie opgradeer

word.

“LAASTE SPUIT” OPLOSSING

Die laaste spuit is geneig om verstop te raak. Ons het egter met ‘n innoverende dog

eenvoudige oplossing vorendag gekom wat die laaste spuit deurlopend skoonhou.

SENTER 360 spilpunte word standaard toegerus met die drukgereguleerde Senninger

I-Wob sproeier wat op hangpype gemonteer is. Dit verseker uitstekende waterverspreiding

in selfs die uiterste klimaatstoestande.

SWAARDIENS RATKAS EN MOTORS

Die aandrywing van die SENTER 360 spilpunt bestaan uit ’n standaard swaardiens

wielratkas, met ’n gras opsionele vyf jaar waarborg wat deur die UMC “Power

Saver” motorratkas -kombinasie aangedryf word.

* Termes en voorwaardes geld

Tel: +27(18) 469-1331 • E-pos: info@senter360.co.za • www.senter360.co.za

24 ProAgri 136 – Mei / May 2011

www.proagri.co.za

Agrikyk

& Lees

A guide to animal

diseases in South

Africa: Game

deur Pamela en Peter Oberem

ISBN: 978-1-920217-16-7

Uitgewer: Briza

ie boek wat deur die baie bekende Oberem-veearts-

Degpaar geskryf is, is die eerste volledige gids oor wildsiektes

wat in Suid-Afrika spesifiek vir wildsplaaseienaars,

wildbewaarders en ander mense betrokke by die bestuur

en hantering van wild bedoel is. Dit is nie gemik op

veeartse nie.

Die boek bevat 190 foto’s, sketse, kaarte en uitbeeldings

van die lewensiklus van parasiete. A guide to animal

diseases in South Africa: Game hanteer die meeste

algemene siektes en parasiete wat soogdierspesies in die

natuur of op wildsplase aantas.

Daar is inleidende hoofstukke oor die meeste soogdierspesies

wat deur wildboere aangehou word, die belang van

’n gesonde ekosisteem en die bestuur van wildsplase, met

verwysing na die invloed wat dit op die gesondheid van die

wildlewe het, asook die bestuur van “probleemdiere” en die

grootmaak van diere wat wees gelaat is.

Die afdeling oor siektes word voorafgegaan deur ’n

bespreking van sekere algemene nie-aansteeklike

toestande soos voedingsprobleme en trauma.

Die oorsake, simptome, behandeling en beheermaatreëls

van spesifieke siektes word dan in afsonderlike hoofstukke

hanteer. Daar word ook heelwat aandag gegee aan

die uitwerking van parasiete op verskillende spesies en die

maatreëls wat getref kan word om te voorkom dat

weerstand teen beheermiddels by parasiete opbou.

Die boek het ook ’n afdeling oor die vergiftiging van

wild, hetsy deur inheemse en indringerplante of deur

chemikalieë.

Dit is ’n pragtige volkleurpublikasie van 144 bladsye met

’n sagte omslag en sal beslis ’n aanwins wees vir enige

wildboer of persoon wat met die bewaring van wild te doen

het.

A guide to animal diseases in South Africa: Game kan

teen R240 (posgeld uitgesluit) by Kejafa Knowledge Works

bestel word. Bestel by kejafa@mweb.co.za of by

011-025-4388. Een gelukkige besoeker aan ProAgri se

bakkiesblad (facebook-bladsy) kan die pragtige boek wen.

Volg net die aanwysings hieronder:

Wen!!

A guide to animal diseases

in South Africa: Game

Al wat jy hoef te doen:

Kry ProAgri op Facebook en

“Laaik” ons

Prystrekking vind op 15 Junie plaas en die wenner sal

per Bakkiesblad laat weet word.

Werfnuus www.proagri.co.za

Lekkerlees

ProAgri spog met ’n pragtige vars webwerf

propvol nuus en foto’s. Besoek gerus ons

werf of volg die skakels om spesifieke

artikels en berigte te lees:

Regter lewer uitspraak in die

“ander” Skiet die Boer-saak

Regter Leon Halgryn het uitspraak

gelewer dat “skiet die Boer” nie net

haatspraak is nie, maar aanhitsing tot

moord. Hy het ook die ANC se

toetrede tot die saak verbied:

http://bit.ly/aanhits

Graan SA trek stad toe

Die hoofbestuur van Graan SA het na

intense debatvoering eenparig besluit

om ʼn groot deel van die

personeelkorps van Bothaville na

Pretoria te verskuif:

http://bit.ly/nastad

Nuwe grondeise is vergesog

Die landboubedryf is die afgelope 17

jaar reeds ernstig geknou deur die

voortslepende grondeiseproses. Nou

skep gerugte dat nuwe eise toegelaat

gaan word opnuut onsekerheid, het

Agri SA gesê: http://bit.ly/k34U3j

Kynoch brei sy vermoë uit om

vloeibare kunsmis te lewer

Goeie nuus vir saaiboere op die

Hoëveld is dat Kynoch se vloeibare

kunsmis voortaan net oor die bult

gaan wees. Dit is te danke aan ’n

kooptransaksie waarby Sasol se

Endicott-aanleg aangekoop word:

http://bit.ly/Kynoch

Landbounavorsing moet verbeter

Landbounavorsing in Suid-Afrika het

regtig baie agteruit gegaan, sê prof

Herman van Schalkwyk, rektor van

die Potchefstroom-kampus van die

Noordwes Universiteit en ’n

vooraanstaande landbou-ekonoom:

http://bit.ly/navors

Liggingsdifferensiaal verlaag,

maar steeds omstrede

Die Johannesburgse Effektebeurs

(JSE) het aangekondig dat die

aanvanklike aanpassings aan die

mielie-differensiaal verlaag is nadat

sekere inligting van silo’s bygewerk is:

http://bit.ly/differensiaal

Varsprodukte: Red die wêreld met

volhoubaarheid

Produksieruimte, vars drinkwater en

energiebronne word wêreldwyd al hoe

skaarser, maar mense wat wil eet en

drink – en die afval waarmee hulle die

aarde belas - word al hoe meer:

http://bit.ly/varsproduk

Regering skep onsekerheid oor

grond

Teenstrydige berigte oor die uitbreiding

van die grondeiseproses het boere

opnuut in onsekerheid gedompel. Die

minister Gugile Nkwinti, het glo op ‘n

werksessie gesê hy gaan aanbeveel

dat die proses heropen word:

http://bit.ly/onseker

www.proagri.co.za ProAgri 136 – Mei / May 2011

25

26

Dit laat ’n mens

dink...

Lekkerlees

agrilag

Die boer woon ’n

sinodesitting by. “Julle

het toesprake en

besprekings oor hoe om mense so ver te

kry om julle dienste by te woon,” sê hy.

“Wel, ek nog nie van ’n enkele keer

gehoor dat boere by ’n boerevergadering

wonder hoe hulle die beeste by die krip

deur Dom Boer

gaan kry nie. Ons gee hulle maar net

elke keer die beste voer wat ons kan.”

Regtig gehoor!

Ek is so vies vir die poskantoor wat die posgeld knaend

opskuif. Hoekom druk hulle nie net kleiner seëls nie?

Ek bêre my geld onder my matras. Dit gee my iets om op

terug te val.

My buurman sê ry om sentimentele redes met daardie ou

flenterbakkie. Hy is baie geheg aan die geld wat ’n nuwe

een hom sou kos.

Die nare waarheid

Piet Streicher skryf hy het nou vir hom ’n hiëna gekoop.

Nou is daar darem iemand wat vir sy grappies lag.

Adam is besig om vir die diere name te gee.

“Hierdie een,” sê hy vir Eva, “is die renoster.”

“Hoekom renoster?” vra Eva.

“Want hy lyk soos ’n renoster, Dommie.”

Boervrou: “My hoenders wil nie lê nie.”

Landbouvoorligter: “Kap hulle pote af dan kan hulle nie

anders as om te lê nie.”

“Hoekom laat jy jou baba op so ’n hoë bed slaap?”

“Vir sy veiligheid – ons kan dadelik hoor as hy afval.”

Toornige vader: “Hoekom het jy my dogter gisteraand in

daardie donker hoekie vasgedruk en gesoen?”

Jong man: “Noudat ek haar in die daglig sien, wonder ek

self...”

Eksamenwysheid

Pythagoras is iets waarmee ’n mens vlieë spuit.

Vraag: “Gee die trappe van vergelyking van hoog, groot en

baie.”

Antwoord: “Hoog, hoër, hoogste; groot, groter, grootste;

en enner enste; baie, baieder, baieste.”

Heila Greyling van Bloemfontein slaan vir haarself ’n

musiekpiering van Thys, die Bosveldklong, los met die

volgende storie:

Die boer gaan koöperasie toe en vra iets wat sy bul sal

help om sy werk met meer toewyding te doen. Die

koöperasie-klerk krap op die medisynerak rond en gee

hom ’n pil.

Die boer vra of daar ook iets is wat sal help vir sy swembad

wat baie vuil is. Die klerk krap op ’n ander rak rond en

gee hom nog ’n pil.

Op pad huis toe raak die pille deurmekaar.

’n Paar uur later bel die boer die koöperasie benoud:

“Kom help! My bul is blou en die Creepy jaag die koeie in

die veld rond!”

ProAgri 136 – Mei / May 2011 www.proagri.co.za

AgriTrader

60 000 eksemplare na aktiewe kommersiële boere landswyd

Advertensiediens vir die boer

Advertising service for

the farmer

AgriTrader is ʼn uitstekende bemarkingsmeganisme om kopers en verkopers van lewendehawe, trekkers, voertuie, werktuie, en alle ander landbou

toerusng by mekaar uit te bring. Veeveilingsadvertensies in AgriTrader lok wye reaksie uit, probeer dit gerus.

Vir die bekosgbaarste advertensietariewe in Suid-Afrika, skakel:

Stefan van Wyk (Bloemfontein) 082-381-7563 | 051-446-0789 stefan@agritrader.co.za

Marlien vd Westhuizen (Pretoria) 012-362-2730 marlien@smartpublishing.co.za

www.proagri.co.za ProAgri 136 – Mei / May 2011

27

AgriGids

AgriGids

28

ProAgri 136 – Mei / May 2011

www.proagri.co.za

www.proagri.co.za

ProAgri 136 – Mei / May 2011

29

AgriGids

GeneGids

30 ProAgri 136 – Mei / May 2011

www.proagri.co.za

Brangus

Brangus Cattle Breeders

Society

PO Box 12465

Brandhof

9324

Tel: 051-444-1144

Fax: 051-444-5070

info@brangus.org.za

www.brangus.org.za

Dinsdag, 14 Junie 2011 - 11:00 te “Daniëlskraal”, Makwassie

30 Onder beskerming van die Charolais Beestelersgenootskap

Bulle

30

Verse 20 dragtig

Koeie

of

met kalwers

Kontak: Andre Smit: 083-227-2723

BESIGTIGING: 10:00

LIGTE MIDDAGETE: 13:00

VEILING: 13:30

ETE NA AFLOOP VAN VEILING

BESPREKING VIR VEILING / ETE IS VERPLIGTEND

BY MICHELLE DE KLERK:

021-883-9042 / ADMIN@EXACTAFRICA.COM

NAVRAE:

PRINSVLEI ANGUSSE: DIRK GILIOMEE

- 083-302-5575

RHEBOKSPLAAT: GIELIE GELDENHUYS

- 082-460-6327

NICELLE ANGUS: NICO OLIVIER

- 082-881-9119

KOÖRDINEERDER: ANDRÉ KALLIS

- 082-571-2630

AFSLAER : BRENDON LEER

www.proagri.co.za ProAgri 136 – Mei / May 2011

31

GeneGids

Veilings

Veilings

32 ProAgri 136 – Mei / May 2011

Thiele Estates

6 Julie 2011 - Vryheid Veiling

27 Julie 2011 - Ermelo Veiling

Navrae: Carl Thiele 082-944-0480

www.proagri.co.za

Ontmoet ’n koei duisend!

TW0066, die Hereford Elite-koei van die jaar, is nie net vrugbaar nie; haar melkproduksie vergelyk goed met dié van ’n suiwer

melkkoei. Hierdie oorvloed gee haar kalwers ’n groot voorsprong.

latdoorn se Kalil Zipper TW0066 is

Pnie sommer net ’n koei nie. Dié

pragtige Hereford-koei spog met ’n

stamboom en prestasielys langer as jou

voorarm! Sy is een van daardie klein

elite groepie koeie wat met ’n Farmer’s

Weekly LNR Elite Koei-toekenning kan

spog. Sy is pas aangewys as die beste

produserende koei in die Hereford-ras

vir 2011.

Haar eienaar, Wessel Wessels van die

Ventersburg-distrik in die Vrystaat,

vertel met trots dat TW0066 agt kalwers

in tien jaar gehad het. Sy het ’n

gemiddelde tussenkalfperiode van

369 dae.

En dis nie sommer sulke kalwers nie.

Die gemiddelde speenmassa van die

kalwers is 247 kg en sy spog met ’n

doeltreffendheidsindeks van 114. Dit sal

glad nie verbasend wees as haar

dogters ook op die elite-pad beland nie;

dit is voorwaar in hulle gene!

TW0066 se ouma aan vaderskants

het immers in 1999 ook die toekenning

verower. Sy het na 12 kalwers in 15 jaar

afgetree. Aan moederskant het TW0066

se ouma 11 kalwers in 12 jaar gehad en

haar eie ma het self gespog met 9

kalwers in 12 jaar.

Dit is die sewende Farmers’ Weekly-

toekenning wat die Platdoorn-kudde

ontvang en die derde een in ’n ry.

Die kudde self is gereeld op die finalistelysie

in die Vrystaat vir die LNR se

prestasietoetskudde. In 2005 het

Wessel ook ’n Bayer Platinum-toekenning

ontvang vir een van sy bulle.

“Dit is lekker om toekennings te

ontvang, want dit ondersteun jou op jou

pad vorentoe, maar toekennings is nie

die doel van my teelprogram nie,” sê

Wessel. “My teeldoelwitte is baie

eenvoudig – ek wil koeie hê wat elke

jaar kalf, want dit is op die ou end wat

die vleisbeesbedryf in die land nodig

het.”

Die diere moet ook aanpasbaar wees

sodat hulle oral kan presteer. Wessel

vertel dat van die dogters uit sy kudde

wat in ander stoeterye opgeneem is,

ook al verskeie prestasies behaal het.

Hy boer ekstensief in die Ventersburg-omgewing

op die Vrystaat se soet

rooigras en vul net sy beeste se voer

aan met proteïenlek in die winter en

fosfaatlek in die somer. Van sy diere het

al na heel ander omgewings geskuif en

sommer gou aangepas.

Die Platdoorn-kudde is in 1960 deur

sy ouers begin en Wessel het sedert

1991 die bestuur oorgeneem.

Hy is baie ernstig oor sy witgesigbeeste

en sê dit is belangrik dat daar

nie verkeerde inligting versprei word

soos dat Herefords geneig is om seer oë

of oogkanker te kry nie. ”Kyk hoe oud

word my koeie en hoe presteer hulle...

Daar is mos nie ’n manier dat hulle dit

kan regkry as iets soos oogkanker ’n

probleem is nie.”

Hy sê die soort van verkeerde

negatiewe persepsie doen die ras skade

aan en dit is belangrik dat dit reggestel

word. Herefords is te veel werd vir die

vleisbedryf in Suid-Afrika om onder

stories te ly.

Boere wat graag genetika uit hierdie

presterende kudde wil bekom, moet

maar solank ’n kringetjie om die

volgende datums op die kalender trek:

Op 27 Julie sal Wessel vier bulle

beskikbaar stel vir die Ermelobulveiling

en by die nasionale

Hereford-veiling in Bloemfontein op

12 Augustus sal daar 3 dragtige koeie

met kalwers aangebied word. Een van

die koeie is ’n dogter van TW0066.

Ondertussen gaan TW0066 ongestoord

voort met dit wat sy die beste doen – sy

is weer dragtig!

www.proagri.co.za ProAgri 136 – Mei / May 2011

33

Rasnuus

Nuus

Onskuldig!

“Wat my betref, eindig hierdie storie nie by my onskuldigbevinding nie. Die mense

wat die vals inligting verskaf het en daarvolgens teen my opgetree het, het my

naam en my onderneming geweldige skade berokken en hulle moet aan die man

gebring word.” – Coena Smith, wildvanger en -handelaar.

Opgekookte spul liegstories van

’nvoor tot agter. Dis hoe die bekende

wildvanger en eienaar van Waterberg

Game Dealers, mnr Coena Smith, die

aanklag van handel in renosterhoring

teen hom beskryf.

Duidelik stem die landdros met hom

saam, want hy is in die plaaslike

streekhof onskuldig bevind en vrygespreek.

Trouens in sy uitspraak wat

sowat anderhalf uur geduur het, het

waarnemende streeklanddros Tinus

Boonzaaier die staat se getuies as

ongeloofwaardig bestempel.

Volgens mnr Smith wemel die hele

saak van leuens. Dit spruit blykbaar uit

valse inligting wat iemand aan die

polisie gegee het dat mnr Smith renosterhoring

onwettig in sy besit het en/of

daarmee handel dryf. “Dié informant

skuil tot vandag toe agter naamloosheid

en die polisie weier om die bron van die

inligting bekend te maak,” sê mnr

Smith.

“Op grond van die lasbrief was daar

onregmatig op die helikopters se

logboeke beslag gelê wat die helikopters

vir vier maande op die grond gehou het

om my besigheid te probeer breek,” sê

mnr Smith.

Hy sê dit is ’n geweldige vernedering

vir ’n onskuldige persoon om soos ’n

misdadiger behandel te word en boonop

het sy onderneming miljoene rande

skade gely as gevolg van die

“onregmatige arrestasie” en

34 ProAgri 136 – Mei / May 2011

“opgekookte saak”.

“Renosterstropery is ’n saak wat die

emosies laat opvlam en enigeen wat van

enige misdaad in verband met renosters

verdink word, is ’n gebrandmerkte man.

Van my kliënte het my steeds getrou

ondersteun, maar ander kon nie anders

as om ander planne te maak nie,” vertel

mnr Smith. “Ek het begrip daarvoor,

want ’n verbintenis met iemand wat van

renostermisdaad verdink word, kon hulle

sake met ander partye benadeel het. Dis

net deur die genade van die Vader dat

die saak my nie geheel

uitgeroei het nie.”

Na sy onskuldigbevinding

is Waterberg Game

Dealers besig om stelselmatig

weer sy regmatige

plek in die bedryf in te

neem, “want ons is

steeds van die kundigste

en bekwaamste mense in

die bedryf en ons is

steeds daarop ingestem

om net die beste diens te

lewer”.

Wat mnr Smith betref,

is sy onskuldigbevinding

nie die einde van die

saak nie. “My naam en

my bedryf het geweldig

skade gely en die lafaard

wat die liegstorie begin

het moet nou gevind

word en tot verant-

woording geroep word. Lasterwetgewing

verhoed my in hierdie stadium om meer

daaroor te sê, maar ek kan dink wat ek

wil.”

Die polisie se optrede teen mnr

Smith is ook verdag en optrede teen

hulle word ook oorweeg.

Daar is ook media wat reggestaan

het om mnr Smith te veroordeel voordat

die hof uitspraak gelewer het. Met hulle

is daar ook ’n appeltjie te skil.

En terwyl Coena Smith nou soos ’n

onstuitbare swartrenoster op die

oorlogspad is, het hy sommer ook ’n

ietsie te sê oor die hele renosterhoringbedryf:

“Dit lyk nie of iemand gaan

regkry om die Oosterlinge te oortuig dat

renosterhoring geen medisinale waarde

het nie. Hulle gaan aanhou om dit te

probeer bekom totdat daar nie ’n enkele

renoster oor is nie.

“Daar is groot getalle renosterhorings

beskikbaar wat as gevolg van kortsigtige

wetgewing nie verkoop mag

word nie. As die verkoop van renosterhoring

gewettig word, gaan daardie

horing die mark oorstroom en sake vir

die stropers en onwettige handelaars

baie moeilik maak.

“As renosterhoring wettig verkoop

kan word, is daar ook ’n baie goeie rede

vir wildboere om met renosters te boer.

Dit sal die renoster se voortbestaan

verseker.

“Ongelukkig is daar te veel groot

kokkedore en geld by onwettige renosterhoring

betrokke en hulle geniet te

veel vryheid om op die swartmark wins

te maak.”

Maar terwyl handel in renosterhoring

onwettig is, het hy niks daarmee te

doen nie, soos nou immers ook in die

hof bewys is, verklaar mnr Smith:

“Waterberg Game Dealers speel ’n

belangrike rol in die wildbedryf en ons

lewer die beste professionele diens wat

ons kan in die vang, vervoer en

bemarking van wild.

Foto: Bennie van Zyl

Coena Smith is soos ’n onstuitbare swartrenoster op die

oorlogspad nadat “’n naamlose lafaard” hom valslik van

handel in renosterhoring beskuldig het.

www.proagri.co.za

Weska Dohne’s bied op 14 Julie 2011 om 12:00,

sy 5de produksieveiling aan te Karsrivier, Bredasdorp

JW8.575 is een van die stoetvaars

van die Weska stoet.

Ons bied 90 ramme aan

Ons visie is om te teel vir:

• Hoë vrugbaarheid

• Groeivermoë

• Nie-selektiewe vreetgewoontes

• Hoë drakrag aanpasbaarheid

• Wolproduksiepotensiaal (5-6%)

• 20-21 mikron

Teelbeleid:

Benewens Weska Dohne’s se top seleksieprogram, word die beste 10 ooie in

die stoet geïdentifiseer op grond van reproduksie, produksie en raseienskappe.

Hierdie ooie word met top saad bevrug om embrios te spoel.

Hierdeur word genetiese vordering bespoedig.

Navrae:

For sale BY PRIVATE TENDER

1116 ha Summer grain, Irrigation &

Beef breeding farms

SEVEN OAKS, UMVOTI (GREYTOWN) AREA

Boeta Wessels: 082-927-8320

028-425-1016

Kosie Wessels: 082-927-8328

Vaughn Collier: 082-452-7757

Des Kinghorn: 082-313-0247

Pieter du Plessis: 082-823-0673

2 contiguous farms held in 4 subdivisions

FARM 1

20 ha timber

150 ha kikuyu pasture

330 ha arable dryland

83 ha veld

8 ha dams

591 ha TOTAL

PO Box 1044

Hilton

3245

Tel: 033-394-3428 / Fax: 086-511-5923

Email: liane@laprop.co.za

FARM 2

5 ha timber

160 ha kikuyu pasture

70 ha arable dryland

80 ha arable (irrigable)

120 ha centre pivot irrigation

75 ha veld

15 ha dams

525 ha TOTAL

Excellent productive mixed use farms, very good

water, new pivots, river frontage. Farm 2 is suitable

for a 500 cow dairy. 215 ha registered irrigation

rights. SOLE MANDATE.

Liane Aadnesgaard: 082-894-8158

“Refer to TENDER tab on www.laprop.co.za for more info.”

www.proagri.co.za ProAgri 136 – Mei / May 2011

35

Veilings

Oljaco Game Dealers

• Pyl wild vir enting, behandeling

en navorsing

• Koop en verkoop wild

• Vervoer en hervestig wild

• Wildplaasontwikkeling

• Voer wild uit

• Vang wild

• Tel wild

Coena Smith

014-755-3626 of / 082-388-2740 of e-pos gamedealers@mweb.co.za

082-388-2741 / 082-388-2742 / 082-388-2743 / 082-388-2744

of faks: 086-510-6889

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!