03.05.2013 Views

Slingervel Julie 2012.indd - CJBF

Slingervel Julie 2012.indd - CJBF

Slingervel Julie 2012.indd - CJBF

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Slingervel, Jaargang 53

Nommer 935, Julie 2012

in hierdie uitgawe ...

2 Die redakteur skryf ...

3 Oom Nico se Possak

4 Waar kom die Bybel

vandaan? (7)

5 Spreuke vir die tiener

verklaar

6 Olifant Pienkoor

7 Wat is 'n parlement?

8 Kalbas en Snoet se

avonture (4)

9 Rondomtalieraai

10 Bybelleesrooster vir

Augustus

11 Ons Pretblad

12 Oordenkings vir

laerskoolkinders

14 Verjaardaghoekie

16 Medisyne uit die veld (2)

18 Bergraaisel

Kleutervers

19 Blokkiesraaisel 438

20 Oordenkings vir tieners

22 Boekeblad

24 Data word op Saturnus

se maan Titaan versamel

Die redakteur skryf ...

Watter soort musiek

sing ons in die erediens?

Musiek het sy eie kwaliteite en beginsels waarop dit beoordeel word.

Musiek verskil na gelang van die omstandighede waarbinne dit

funk sioneer. In ons tyd kry ons musiek wat op die operaverhoog

tuis hoort, ander is weer geskik vir klassieke orkesuitvoerings en ander dra

weer die inhoud van ’n popkonsert. Daar is minneliedjies, wiegeliedjies,

sportliedjies, humoristi ese liedjies, militêre liedjies, musiek vir kleuters en

musiek vir ti eners, musiek vir die klassieke liefh ebbers, musiek vir die aanhangers

van popmusiek.

Ter wille van bespreking staan ons sti l by kerkmusiek of die sogenaamde

“gospel”-musiek. Die groot gevaar is wanneer ’n melodie wat vir die een faset

van werklikheid geskik is, kriti ekloos op die terrein van ’n ander werklikheid

oorgedra word. ’n Mens sal tog nie vir ’n baba ’n wiegieliedjie sing op ’n

melodie wat geskik is vir ’n militêre parade nie. Jy sal ook nie ’n lofsang vir

die Here sing op ’n melodie wat bedoel is vir ’n sportbyeenkoms nie. Net so

min sal jy ’n psalmmelodie vir liedjies tydens ’n rugbydag gebruik.

Onlangs het daar egter drie “gospel”-liedjies ontstaan wat op platvloerse

wysies gesing word. Die drie melodieë is: a) Steve Hofmeyer se “Die Bloubul”;

b) Robbie Wessels se “Die Leeuloop”; en c) Bok van Blerk se “De la Rey”. Dié

drie melodieë is geneem en daar is godsdiensti ge woorde voor geskryf. Ons

kan sê dat hierdie drie liedere verchristelik is deur die nuwe inhoud wat

daar aan gegee is. Na die “verchristeliking” van die melodieë gaan dit nie

meer om die Blou Bulle, die Leeuloop en genl. De la Rey nie, maar dit gaan

om die mens se verhouding met God ingeklee in die ritme en klank van die

drie, doodgewone, vrolike en meesleurende melodieë.

Die musiek van dié drie genoemde liedere is daarop ingestel om aan

die inhoud van die liedere uiti ng te gee. Nou word die melodieë gegryp en

’n “Christelike” inhoud word daaraan gegee. ’n Melodie verloor nie sy kenmerke

van die bagasie wat dit aanvanklik gewild gemaak het by die massas

nie. Verder word die Naam van God in hierdie liedjies ydellik gebruik. Dit

is ontstellend om daaraan te dink dat God se Naam uitgeruil word in die

melodie vir die nuwe woorde met ’n bul, ’n jagse leeu en ’n boeregeneraal

met ’n roer en ’n groot kommando.

Onder geen omstandighede mag die mens heilige inhoud gee aan plat,

wêreldse liedjies nie. Op dié manier kan die gelowige hom nie voor God

stel nie.

Kerkmusiek is ’n besondere faset van musiek waardeur die mens God

kan loof, voor God sy sonde kan bely en in melodie en woorde aan sy dankbaarheid

teenoor God vir die verlossing in Jesus Christus uiti ng kan gee. Só

alleen sal die stem en lied van die gelowiges ’n ewigheidsklank hê. SV

2 slingervel julie 2012

Liewe Maats

Oom Nico se

possak

Hierdie maand is bykans die middel van die winter. Oral in ons land is dit

nie ewe koud nie. Ons land is baie groot en die verskillende dele van

die land verskil baie van mekaar. Een deel is veel warmer as ’n ander

deel en in een streek kan dit weer baie kouer word in die winter as in die ander

streke.

Die klimaat van ons land het ’n groot invloed op die leefwyse van mense.

Diegene wat genoeg warm klere en verwarmers of kaggels het om hulle heerlik

warm te maak, ervaar nie die winter soos daardie mense wat nie genoeg warm

klere of skuiling het nie. Dink maar net hoe koud jy kry as jy in die winter skool

toe moet gaan. Veral ons maats wat met fi etse skooltoe ry, kry bitter koud. Dit

pas ons as gelowiges om te dink aan die baie, baie kinders in ons land van

wie die lewensomstandighede so sleg is dat hulle nie warm klere, komberse of

verwarmers het nie of nie genoeg het nie. Dink maar aan al die kinders in die

plakkerskampe oral in ons land, ook die baie straatkinders wat nie ’n heenkome

het nie – ai, ’n mens wens darem dat jy in staat was om elkeen van hulle te kon

help, ook die kinders in baie arm huise.

Maats, al kan ons nie vir elkeen warm klere, snoesige komberse of

verwarmers gee nie, kan ons vir hulle bid. Dan moet ons die Here vra dat Hy

tog dié mense se lewensomstandighede sal verander. Ons moet ook bid dat die

Here die harte van al die mense wat genoeg geld en middele het, sal oopmaak

dat hulle moeite sal doen om mense wat in die koue winter baie swaar kry, te

help.

Ek wonder of daar iewers ’n Slingervelmaat is wat weet van aksies om die

arm mense te help, of wat self iets bydra. Laat weet ons asseblief indien jy

van so iets weet. Moontlik kan ons ’n Slingervel-projek loods om dié mense te

help. Intussen is dit elkeen wat ’n gelowige is se plig om by plaaslike aksies in

te skakel en ’n bydrae te maak vir die minderbevoorregtes. Praat ’n bietjie met

Mamma en Pappa hieroor. Miskien is daar ’n aksie in jou gemeente waarmee jy

kan saamwerk.

Hartlike groete en die allermooiste wense ook vir julle ouers en julle familie.

Julle moet onthou om

maandeliks vir Mamma

en Pappa die Slingervel

te wys en hulle aandag te

vestig op die arti kels wat

vir jou baie interessant is.

- Oom Nico

REDAKTEUR

Dr Nico vd Merwe

e-pos: slingervel@telkomsa.net

Tipografi e en uitleg

Joey Fourie

e-pos: kerkblad@gksa.co.za

MEDEWERKERS

Dr. Nico van der Merwe

Oordenkings vir tieners en laerskoolkinders

Marina Kotze

Junior Rubrieke en Penmaats

Riana Jonker

Verjaardaghoekie

Susan Lourens

Boekeblad

Tersia van der Merwe en Rina Myburgh

Blokkiesraaisels en Kopkrappers

Attie Venter

Wetenskap-Artikels

Rika du Plessis en Sophia van der Walt

Stories

Artikelskrywers dié uitgawe

Dr. Nico van der Merwe

Basjan

Tellie Skoop

Eienaars en uitgewers

Deputate vir Kerklike Tydskrifte

Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika

Posbus 20008, Noordbrug 2522

Drukkers

V & R Drukkery

Tel. 012 333 2462

Intekening

Administratiewe Buro

Afdeling Publikasies

Posbus 20008, Noordbrug 2522

Tel: 018 297 3986

Intekengeld

R177,00 per jaar

(posgeld en BTW ingesluit)

Advertensietarief

Op aanvraag beskikbaar

by Wymie du Plessis, tel. 018 297 3986

Die Redakteur

Posbus 6433, Flamwood 2572

Bydraes en briewe

Posbus 6433,

Flamwood 2572

Jaargang 53

Nommer 935, Julie 2012

ISSN 0037 685 X

slingervel julie 2012 3

Die ontstaan van die Bybel deur die eeue (7) Basjan

God se Woord in

In hierdie artikelreeks het ons die ontstaan van die Bybel

gevolg van die heel begin totdat dit voltooi is. Die Ou Testament

is tussen die jare 1400 – 400 voor Christus geskryf en

die Nuwe Testament tussen die jare 45 – 95 na Christus. Die

Ou Testament is in Hebreeus en ’n klein deeltjie in Aramees

geskryf en die Nuwe Testament in Grieks. Die Ou en die Nuwe

Testament is op die Sinodes van Karthago in 397 en 419

as die Woord van God aanvaar. Dit was God se wil dat sy

Woord in die tale van die verskillende volke gelees sal kan

word. Met die koms van die Heilige Gees op Pinksterdag is die

verlossingsboodskap in verskillende tale aan die mense gepreek

(Hand. 2:4-11). Geleidelik is die Bybel in ander tale vertaal

soos die eeue gekom en gegaan het.

Die eerste gedrukte Bybels

In 1456 is die heel eerste Bybel deur Johannes Gutenberg

gedruk. Dit is die bekende “Gutenberg-Bybel”, wat ’n Latynse

vertaling van die Woord van God was. Die boekdrukkuns het dit

makliker gemaak om die Bybel in die verskillende volke se tale

te vertaal, te druk en te versprei.

Die eerste pogings vir ’n Afrikaanse Bybel

Die Bybel waarmee Jan van Riebeeck en die mense

saam met hom in die Kaap aangekom het, was die Hollandse

State vertaling. Vanaf 1700 vind ons die klein begin van die

Afrikaanse taal. Geleidelik het uit Hollands ’n nuwe taal gegroei,

Afrikaans. In 1872 het Arnoldus Pannevis vir die eerste keer

melding gemaak dat daar ’n behoefte is aan ’n Afrikaanse Bybel

vertaling. Op 14 Augustus 1875 word die Genootskap van

Regte Afrikaners gestig en word die vertaling van die Bybel in

Afrikaans al meer en meer bepleit. Op 15 Augustus 1885 word

dit aan ds. SJ du Toit opgedra om met die vertaling van die Bybel

in Afrikaans te begin. In 1889 verskyn ’n kort vertaling van ds.

SJ du Toit, Di Bybel in Afrikaans – Dri Proewe. Agtereenvolgens

verskyn vertalings van hom: Genesis (1893), Matteus (1895),

Open baring (1898), Psalme (1907), Markus (1908).

Verset teen die Afrikaanse vertaling

Daar het van alle kante heftige beswaar en verset gekom

teen die vertaling van die Bybel in Afrikaans. ’n Groot aantal

ker ke was baie negatief teenoor die Afrikaanse Bybelvertaling

ingestel. Vanaf 1914 het Afrikaans ’n plek op die skole begin

Afrikaans

verower en sou dit vir die kerke baie moeilik wees om Afrikaans

as kanseltaal teen te staan. Die Vrystaatse Sinode van die

NG Kerk het in 1916 besluit om die vertaling van die Bybel in

Afrikaans positief te bevorder. Met ’n vergadering op 22 November

1916 is besluit om amptelik vertalers te benoem om te

werk aan die Afrikaanse vertaling van die Bybel.

Die eerste Afrikaanse Bybelvertaling sien die lig

Die vertalers wat benoem is, was: Prof. Dr. JD du Toit (Totius),

dr. TB Muller, dr. BB Keet, dr. GBA Gerdener, prof. F Postma en

ds. NJ van der Merwe. Hulle het met volle oorgawe met die vertaling

begin en in 1928 verskyn ’n voorlopige uitgawe van die

Evangelies en die Psalms. Die groot taak van die vertaling van

die Afrikaanse Bybel is in 1932 voltooi en op 1 Junie 1933 kom

die eerste besending Afrikaanse Bybels in Tafelbaai aan. Op

Sondag 27 Augustus 1933 is dit ’n feesdag vir al die Afrikaanse

Kerke in Suid-Afrika toe die Afrikaanse Bybel amptelik ontvang

is. ’n Hersiening van hierdie vertaling is in 1953 gepubliseer as

’n Hersiene Afrikaanse Bybelvertaling.

Die tweede Afrikaanse Bybelvertaling

In Julie 1968 is daar tydens ’n vertalerseminaar besluit dat

die tyd aangebreek het vir ’n grondige nuwe vertaling van die

Bybel, aangesien Afrikaans as spreektaal in die vorige 50 jaar

geweldig gegroei het. Taal is iets wat groei en ontwikkel en dit het

’n nuwe vertaling noodsaaklik gemaak. Die Sinodes van die drie

Afrikaanse Kerke het met hierdie besluit ingestem, en so is vanaf

1971 ’n begin gemaak om die Bybel opnuut in Afrikaans te vertaal.

Op 24 Augustus 1979 is die uitgawe van die “Nuwe Testament

en Psalms” in die nuwe vertaling dankbaar ontvang. Op 2 Desember

1983 verskyn die tweede Afrikaanse Bybelvertaling.

Ten slotte

Ons het vanaf Januarie vanjaar maand vir maand die ontstaan,

groei, betekenis, beskikbaarheid en vertaling van die Bybel

nage gaan. Dit oorweldig mens as jy daaraan dink wat God

aan ons geskenk het, die boodskap van verlossing en die ewige

lewe in Afrikaans. Die Bybel wat jy in jou hand hou, kan jy in

moderne Afrikaans lees. En waar het dit begin? In die jaar 1400

voor Christus toe Moses die eerste boeke van die Ou Testament

begin skryf het. Die profeet Jesaja skryf: “Gras verdor en blomme

verwelk, maar die woord van ons God bly vir ewig” (Jes. 40:8). SV

4 slingervel julie 2012

Spreuke vir die tiener verklaar

Dr. Nico van der Merwe

Jy doen jouself skade aan

“Maar wie my nie wil vind

nie, doen homself skade aan;

wie my haat, hou van die

dood.”

Die wysheid van God word

jou aangebied en dit is kos -

baar der as enigiets in die skepping

(8:1-11). Daar is baie seëninge

in die navolging van die

wys heid van God (8:12-21). God

se wysheid is ewig en speel ’n rol

in die skepping van alles (8:22-

31). As jy die wysheid van God

weier, wag daar vir jou ’n stadige

en pynlike dood (Spr. 1:24-33).

Daar bestaan geen genade en uitkoms

vir die mense wat God se

wys heid verwerp en ignoreer nie

(8:33; 9:12; 29:1). Die navol ging

van God se wysheid is die enigste

manier om gelukkig, vooruit

strewend en suksesvol te kan

lewe.

Die inhoud van die Woord van

God word vir jou op verskillende

maniere gebring. Die Here gee dit

vir jou as jy die eredienste bywoon

en ook gereeld katkisasie toe

gaan. Jy ontvang God se wysheid

ook as jy self jou Bybel lees en

daar oor nadink. In Suid-Afrika is

ons in die bevoorregte posisie dat

ons vryelik uit die Bybel kan lees

en leer en dat daar nie vervolging

van die Christene is soos in baie

ander lande nie. Die groot gevaar

(Spr. 8:36)

is dat jy die woorde en wysheid van God kan ignoreer. Dit beteken in

werklikheid dat jy God ignoreer en jou nie aan Hom steur nie. Jy kan

ook teen God se woorde en wysheid rebelleer en daarteen in opstand

kom en jou rug op God keer as jy jou nie aan die Bybel steur nie, maar

net volgens jou eie goeddunke lewe. God se wysheid is nie ’n neem

dit of laat staan dit-saak nie. Jy het as tiener nie ’n opsie om van God

te verskil of saam te stem nie (Pred. 12:13-14; Joh. 4:24). Dit is nie

’n opsie om gedeeltes van die Bybel te aanvaar as Woord van God en

ander gedeeltes te verwerp nie (Ps. 119:128; 1 Tim. 6:3-5). God sê dat

die mensdom bestaan uit twee groepe (Ps. 1). Daar is die groepie wat op

die smal weg wandel en leef wat op die hemel uitloop en dan die tweede

groep wat op die breë weg gaan wat op die hel uitloop (Matt. 7:13-14).

God regeer in en oor jou lewe. Jyself is niks nie. God is die Pottebakker

en jy is die klei wat deur Hom gevorm word (Jes. 45:9-10; Rom. 9:20-

21). God vra nie jou goedkeuring nie. God vra dat jy Hom in die geloof

sal volg en die pad sal loop wat Hy vir jou gee. Die geloofspad is ’n

lewenspad volgens God se Woord. Iemand wat God hierin ignoreer of

sy rug op God draai, is vir ewig verdoem. Luister na die roepstem van

Spreuke en lewe gelowig en gehoorsaam volgens al die reëlings van die

Here. SV

slingervel julie 2012 5

Tannie Rika du Plessis

Daar woon ’n hele

klomp diere op die

groot plaas van

die vrugteboer. Buite om

die vrugteboorde is daar

allerhande soorte bome en

struike en baie lekker groen

gras. Vir diere wat van bome

hou, is daar genoeg bome,

en diere wat van gras hou,

leef te lekker daar. Vir baie

jare woon hier allerhande

soorte diere in vrede saam,

maar van verlede maand af

is daar kort-kort probleme

tussen van die diere.

Daar is net een olifant

op die plaas. Die boer het

hom self daarheen gebring,

want dis ’n klein olifantjie wat

nooit heeltemal grootgeword

het nie. Hy kon nie aanpas

tussen die ander olifante

nie, en toe het die boer hom

gekoop om na sy plaas toe

te bring. Die olifantjie is grys,

maar die binnekante van

sy groot ore is pienk. Nou

noem almal hom sommer

Olifant

Pienkoor

Olifant Pienkoor. Pienkoor is

die enigste wat sommer gou

agtergekom het hoekom die

diere nie meer so in vrede

leef soos altyd nie. Hy het die

vreemde bobbejane gesien

wat van ’n ander plaas af

daar by die kranse teen die

berg kom intrek het. Hy sien

ook hoe hulle van die ander

diere se kos steel en dit dan

laat lyk of dit van hulle maats

is wat dit doen.

Pienkoor weet hy moet

’n plan maak, maar hy weet

ook hy alleen sal niks hieraan

kan doen nie. Daarom kry

hy toe ’n slim plan. Hy stap

na die jakkalse toe en vra

hulle moet al die diere roep

om bymekaar te kom op

die oop stuk gras. Hy gaan

staan toe in die middel van

die stuk gras en wag tot al

die diere op die plaas daar

is. Die vreemde bobbejane is

nie daar nie, want hulle kruip

bedags weg. Dit is daarom

dat die ander diere nie van

hulle weet nie. Pienkoor

slaap naby die berg, en

daarom weet hy van hulle.

Pienkoor vertel nou vir

al die diere van hierdie

vreemde bobbejane wat al

die moeilikhede veroorsaak.

Oral klink verbaasde uitroepe

op oor die nuus. Die diere

wat baklei het, vra mekaar

om verskoning omdat hulle

hul onnodig beskuldig het

van dinge wat hulle nie

gedoen het nie. Pienkoor

vertel vir hulle van die plan

waaraan hy gedink het om

die bobbejane van die plaas

af weg te jaag terug na hulle

eie blyplek toe. Die diere

stem almal saam dat dit ’n

goeie plan is, en almal sal

hom daarmee help.

Daardie nag kom die vier

groot bobbejane weer in die

donker nader gesluip om

van hulle kos te kom steel.

Net toe hulle begin om van

die kos in hulle kieste te

6 slingervel julie 2012

stop en hande vol te vat om weg te dra, hoor

hulle ’n geluid soos ’n ding wat hard snork.

Hulle staan stil en kyk om hulle in die donker

rond. Skielik kom daar ’n groot wit ding na

hulle toe nader en die snorkgeluide word al

hoe harder. Dan is daar nog vier kleiner, wit,

bewegende gedaantes rondom die grote, en

hulle maak fyner snorkgeluide, só skerp dat die

bobbejane se ore eintlik seerkry. Uit die dieper,

donker skaduwees rondom die wit gedaantes

kom allerhande klaaggeluide van verskillende

stemme wat hulle nie kan sien nie. Hulle skrik

baie groot en laat val die kos uit hulle hande.

Die groot wit ding is nou sommer baie naby

aan hulle en die bobbejane se oë rek groot

terwyl hulle soos gevriesde goed bly staan.

“Wie is jy? Wie is julle? Hoekom maak julle

ons bang?” vra die een bobbejaan.

“Julle hoort nie hier nie. Gee pad van die

plaas af en gaan terug na die plek toe vanwaar

julle gekom het,” snorkpraat die groot, wit ding.

Die kleiner gedaantes snork skril en hardloop

al om en om die bobbejane. Hulle gryp aan

die bobbejane se sterte en byt daaraan en

hardloop dan weer al snorkende in die rondte.

“Nee, ons wil ook nou hier woon. Dis

niks lekker op die ander plaas nie,” roep die

grootste bobbejaan.

“Julle kom maak net moeilikheid hier tussen

die diere. Ek sal dit nie toelaat nie. As julle nie

padgee nie, kom spook ek en al hierdie ander

maats van my elke nag by julle waar julle

slaap. Julle sal nooit kan rus nie,” snorkpraat

die groot, wit gedaante weer.

“Ek weet nie van jou nie, maar ek is bang

vir spoke en ek gaan nie hier bly nie,” roep die

een bobbejaan en hardloop weg.

“Ek bly ook nie. My ouma het my van spoke

vertel. Ek soek hulle nie naby my nie,” roep

nog een en toe die ander twee sien hulle is

alleen, hardloop hulle ook weg.

“Pienkoor, jou plan het gewerk. Hulle is

weg,” roep die jakkalse wat nou almal die wit

kussingslope van hulle lywe afgehaal het. Hulle

help om die wit laken van Pienkoor af te haal.

Pienkoor lag te lekker. “Nou moet julle net

die lakens en kussingslope terug na die plaas

se buitekamer toe vat waar julle dit gekry het,

hoor. Julle sal nie meer deur die bobbejane

gepla word nie.”

En so het dit gekom dat Pienkoor die leier

van al die diere op die plaas geword het.

Hulle het nog lank lekker gelag vir die bang

bobbejane wat sommer aan spoke glo. SV

Wat is 'n parlement?

Oom Carel

Maats wat in die Kaap bly of al daar gaan

toer en kuier het, het seker gaan kyk na

die plek waar die parlement vergader. Die

parlement is die hoogste wetgewende liggaam van

'n land.

In Nederlands en Frans word ook gepraat van

parlement en in Engels, parliament. In Middel-

Nederlands het parlement “luide gepraat”, “samespreking”,

“vergadering van geestelikes” en ook

“vergadering beklee met gesag” beteken.

(Bronne: Idiome-Woordeboek, 1988.

Groot Tesourus van Afrikaans, 1994.

Etimologiewoordeboek van Afrikaans, 2003.

Verklarende Handwoordeboek van die Afrikaanse taal,

2003)

slingervel julie 2012 7

Tannie Rika du Plessis

Kalbas en Snoet

se avonture (4)

Kalbas en Snoet is vandag baie hartseer. Hulle het netnou by ’n

vreemde trop bobbejane aangekom, en was baie bly. Hulle het

gedink nou kan hulle deel van die trop word en dan nie nodig hê

om elke dag so alleen te sukkel om kos en slaapplek te kry nie.

Die bobbejaanleier van die trop het hulle weggejaag. Hulle wil nie

nog bobbejane in hulle trop hê nie. Die ou leier het vir Snoet ’n harde

klap op sy boud gegee en Snoet loop nou effens mank.

“My boud is seer, Kalbas. Ek het netnou daaroor gevryf en toe is

daar bloed aan my hand. Hy moes my met sy naels stukkend gekrap

het toe hy my geklap het.”

“Kom lê hier dat ek kan sien,” sê Kalbas. Hy is jammer vir sy

boetie en gaan kyk van naderby na sy boud.

“Hier is ’n stukkende plek. Dit is geswel ook. As jy hier bly lê,

gaan soek ek gou vir jou van daai blare wat Mamma altyd op ons

stukkende plekke gesit het.”

“Jy moenie my alleen hier los en nie weer terugkom nie, Kalbas.”

“Natuurlik nie. Ek sal net vinniger kan loop en soek as ek alleen is,

want jy loop nou mank.”

“Oukei, dan.”

Kalbas draf weg en soek en soek, maar hy kry nie van die blare

nie. Hy wil net moedeloos raak en maar omdraai na Snoet toe, toe

hoor hy ’n gekreun agter ’n dik boomstam. Stadig, versigtig loop hy

nader en loer om die stam. Dit is ’n baie groot aap wat daar lê.

“Dag, Aap. Wat makeer jou?” vra Kalbas versigtig om nie te naby

aan die groot aap te staan nie.

“Ek het op ’n gladde rots gegly en ver afgeval tot teen skerp

rotspunte. Dit het my stukkend gesteek hier teen my nek. Dit is baie

seer.”

“Het jy iets daaraan gesmeer?”

“Nee, ek is te swak om die blare te soek wat daarvoor sal help.

Hier het al te veel bloed uitgeloop en my maat is weg. Hy soek seker

na my, maar kan my nie kry nie. Wat soek jy so alleen hier?”

Kalbas vertel vir die aap van Snoet wat ook beseer is en hoekom

hulle so alleen rondloop.”

“Ek weet waar jy van die blare kan kry. As jy belowe om vir my ook

daarvan te bring, dan vertel ek jou. Jy kan my maar tannie Aap noem,

maar my naam is Rienie.”

“Natuurlik sal ek daarvan vir tannie Aap bring.”

Die aap verduidelik vir Kalbas waar om die blare te kry. Kalbas is

verbaas, want dit is nie ver van die aap af nie. Hy draf daar weg en

kry sommer gou die plant met

die blare wat hy soek. Hy pluk

’n klomp af en draf terug na die

aap toe.

“Hier is vir Tannie ’n klomp

blare. Nou moet ek na Snoet toe

hardloop om vir hom ook te gee.

Sal tannie Aap self die blare kan

fynmaak en op die stukkende

plek smeer?”

“Ja, ek kan dit darem nog

doen. Hardloop en gaan help jou

boetie. Baie dankie dat jy vir my

van die blare gebring het.”

Kalbas hardloop so hard as

wat hy kan terug na Snoet toe.

Hy sien Snoet is baie siek en

half aan die slaap. Hy praat ook

deurmekaar en Kalbas weet sy

boetie is koorsig. Hy kap die

blare op ’n klip fyn totdat dit soos

salf lyk. Hy smeer daarvan oor

die stukkende plek. Hy kan sien

Snoet kry koud. Dit moet seker

ook van die koors wees, want hy

wat Kalbas is, kry glad nie koud

nie. Kalbas kyk ’n bietjie rond en

sien ’n stuk sak wat teen ’n bos

vasgewaai het. Hy gaan haal dit

en gooi dit oor Snoet. Daarna

gaan lê hy styf teen Snoet om

hom warm te maak. Hy raak aan

die slaap.

8 slingervel julie 2012

Hulle word die volgende

oggend eers wakker.

“Haai, ek voel baie beter,” sê

Snoet en sit regop.

“Die blare het gehelp, en ek is

so bly,” sê Kalbas en vertel dan

vir Snoet van die aap en hoe hy

die blare gekry het.

“Dink jy nie ons moet gaan

kyk of die aap al beter voel nie?”

wil Snoet weet.

“Ja, ek dink ons moet, want

as dit nie vir haar was nie, het

ek dalk glad nie van die blare in

die hande gekry nie,” antwoord

Kalbas.

Hulle stap stadig na die aap

se boom toe, want Snoet kan

nog nie vinnig loop nie. Sy boud

is maar nog baie seer. Hulle kry

die aap nog daar agter die dik

boomstam waar Kalbas vir haar

die blare gegee het. Die aap sit

darem nou regop. Sy is bly om

vir Kalbas en Snoet te sien.

“Ek is so bly julle het kom

kuier. Ek wil weer dankie sê vir

die blare. Ek voel baie beter

en ek sal seker môre weer kan

opstaan en loop. Ek is baie

honger, maar sien nie kans om

nou al vir my te gaan kos soek

nie.”

“Ons is ook baie honger,

want met al die dinge wat gister

gebeur het, het ons toe nooit vir

ons kos in die hande gekry nie,”

vertel Kalbas.

“As julle links loop tot naby

die berg, sal julle ’n paar

maroelabome kry. Die maroelas

is al ryp en lekker,” sê die aap.

“Dankie, tannie Aap. Ons sal

vir jou ook bring, hoor,” sê Snoet.

“Snoet, bly jy by tannie Aap.

Jy loop self nog glad nie lekker

nie. Ek sal vir ons gaan maroelas

haal,” stel Kalbas voor.

“Dankie, Kalbas. Jy is ’n

goeie bobbejaantjie. Hier is ’n

plastieksak wat ek opgetel het.

Jy kan die maroelas daarin sit en dan kan jy dit makliker dra,” sê die

aap.

Kalbas draf weg in die rigting wat die aap beduie het en hy kan

amper nie sy oë glo toe hy op die maroelabome met die lekker ryp

vrugte afkom nie. Hy pluk die sak vol, maar voel dan dat dit te swaar

is om te dra. Wel, dan moet hy die sak maar sleep, dink hy. Maar sê

nou die sak skeur as hy hom sleep, dan rol die vrugte uit en hy het

niks om dit in te dra nie. Watter ander plan kan hy tog nou maak?

“Hoekom steel jy ons maroelas?” vra ’n dik stem skielik agter hom

en Kalbas vlieg om. Voor hom staan ’n reuse aap en kyk kwaai na

hom toe. Kalbas begin sommer bewe, maar vertel sommer vir die aap

alles van hom en Snoet en van die ander aap.

“Jy sê die aap se naam is Rienie?”

“J-ja, oom Aap.” Kalbas bewe nog, want hierdie aap is baie groter

as die tannie-aap.

“Ek soek al so lank na Rienie. Sy is my vrou, maar sy het

weggeraak. Gee daai sak maroelas en dan klim jy op my rug. Jy kan

my beduie hoe ek moet loop om by Rienie uit te kom. Ai, ek is nou so

bly ek het jou hier gekry, anders het ek Rienie dalk nooit weer gesien

nie. Dankie dat jy vir haar van die medisyneblare geneem het.”

So het dit dan gebeur dat Snoet en die aap weer gesond geword

het en dat hulle goeie vriende van die twee ape geword het. SV

Rondomtalieraai

1. Jesus het dit in die dorpe gedoen (Matteus 11:20).

2. Dit wag vir die sondige nasie (Jesaja 1:4).

3. Die Here se heerskappy sal nooit_______ nie (Daniël 6:27).

4. Een van Daniël se vriende (Daniël 1:19)

5. So ’n getal vooraanstaande vroue het ook nog bygekom

(Handelinge 17:4).

6. ’n Verstandige slaaf sal ’n ________ word (Spreuke 17:2).

7. Hulle word deur Jesus gereinig (Matteus 11:5).

8. Sy was te oud om kinders te hê (Romeine 4:19).

slingervel julie 2012 9

Tersia en Rina

Bybelleesrooster vir Augustus Dr. Nico van der Merwe

In die lewe van Jakob en sy gesin

vind jy riglyne hoe jy God moet dien

Woensdag 1 Augustus – Lees: Genesis 50:15-21

God stuur die lewe volgens sy wil (vs 19-20).

Donderdag 2 Augustus – Lees: Genesis 29:16-30 en 30:22-24

(vs 20)

Liefde verduur die tyd wat langsaam verbygaan.

Vrydag 3 Augustus – Lees: Genesis 37:1-11 (vs 3 & 11)

Jou rykdom en jou drome is belangrik.

Saterdag 4 Augustus – Lees: Genesis 37:12-28 (vs 24)

God span sy veiligheidsnet om Josef.

Sondag 5 Augustus – Lees: Genesis 37:29-36 (vs 35)

Die hartseer gevolge van die sonde.

Maandag 6 Augustus – Lees: Matteus 21:33-42 (vs 38)

Josef en Jesus se lewensloop kom ooreen.

Dinsdag 7 Augustus – Lees: Genesis 39:1-6a (vs 2)

Die rede waarom dit met Josef baie goed gaan.

Woensdag 8 Augustus – Lees: Genesis 39:6-12 (vs 8)

Dit is nie maklik om vir die sonde nee te sê nie.

Donderdag 9 Augustus – Lees: Genesis 39:13-20 (vs 20)

Betaal dit ’n mens om goed te doen? Kyk wat gebeur met Josef.

Vrydag 10 Augustus – Lees: Genesis 39:20-23 (vs 22)

Sonder God is ’n goeie tyd moontlik in ’n aaklige plek.

Saterdag 11 Augustus – Lees: Genesis 40:1 – 41:1 (vs 23)

Mens vergeet maklik die goeie optrede van iemand anders.

Sondag 12 Augustus – Lees: Genesis 41:1-8 (vs 8)

God begin Josef se vrylating uit die tronk voorberei.

Maandag 13 Augustus – Lees: Genesis 41:9-32 (vs 16, 25, 32)

God is aan die werk vir Josef se vrylating uit die tronk.

Dinsdag 14 Augustus – Lees: Genesis 41:33-45 (vs 41)

Soos God optree in die lewe, is die allerbeste.

Woensdag 15 Augustus – Lees: Genesis 41:46-57 (vs 51)

God laat jou die swaarkry en ellende vergeet.

Donderdag 16 Augustus – Lees: Genesis 42:1-24 (vs 7, 9)

Jou sondes haal jou een of ander tyd in.

Vrydag 17 Augustus – Lees: Genesis 42:25-36 (vs 35)

Josef toets sy broers se liefde vir mekaar.

Saterdag 18 Augustus – Lees: Genesis 42:35 – 43:10 (vs 36)

Jakob is negatief en depressief vanweë die swaarkry.

Sondag 19 Augustus – Lees: Genesis 43:11-15 (vs 11-12)

Jakob se hoop hang aan dun draadjies.

Maandag 20 Augustus – Lees: Genesis 43:16-34 (vs 34)

Josef se liefde blyk uit die feesmaal.

Dinsdag 21 Augustus – Lees: Genesis 44:1-17 (vs 16)

Josef se broers is uitgevang oor hulle optrede met Josef.

Woensdag 22 Augustus – Lees: Genesis 44:18-34 (vs 30-31)

Juda dink aan die verskriklike hartseer van sy pa Jakob.

Donderdag 23 Augustus – Lees: Genesis 45:1-3 & 2 Korintiërs

5:10

Josef se broers word tot in hulle diepste geskok.

Vrydag 24 Augustus – Lees: Genesis 45:1-4 en 14-15 (vs 2)

Trane van verligting en blydskap.

Saterdag 25 Augustus – Lees: Genesis 45:4-13 (vs 7)

Josef gaan terug na die toekoms toe.

Sondag 26 Augustus – Lees: Genesis 45:16-24 (vs 20)

Daar sal vir Josef se pa en broers gesorg word.

Maandag 27 Augustus – Lees: Genesis 45:25-28 (vs 28)

Jakob belewe die hemel voor hy sterf.

Dinsdag 28 Augustus – Lees: Genesis 46:1-7, 26-27 (vs 2)

God praat met Jakob opweg na Egipteland.

Woensdag 29 Augustus – Lees: Genesis 46:28-30 (vs 29)

Alles is goed wat goed eindig.

Donderdag 30 Augustus – Lees: Genesis 46:31 – 47:12, 27 (vs

10)

Die farao ontmoet vir Jakob by sy aankoms.

Vrydag 31 Augustus – Lees: Genesis 47:28-31 & 49:29 – 50:14,

22-26 (vs 31)

Jakob en Josef word nie in Egipte begrawe nie.

10 slingervel julie 2012

Wie kan hierdie vrae reg antwoord?

Wat het die dom ou met die vlooi in sy oor gedoen?

Hy het die vlooi met 'n pistool geskiet.

Wat is donker, maar word deur lig gemaak?

'n Skaduwee.

Wat trek “jellybabies” aan as dit reën?

“Gum boots.”

Wat gebruik Eskimo’s vir geld?

Yslollies.

Wat is die lekkerste besoekplek in Frankryk?

Die “trifl e”-toring.

Wat het die een kraan vir die ander kraan gesê?

O, maar jy is 'n ou drup.

Wat is 'n beet?

'n Aartappel met hoë bloeddruk.

Wat kry jy nadat dit geneem is?

'n Foto.

Wat is maklik om in te beland en moeilik om uit te kom?

Moeilikheid.

Wat is bakteria?

Die agterste ingang van 'n kafeteria.

Wat is 'n haarkapper se gewildste hond?

'n Sjampoodel.

Wat is altyd agter die tyd?

Die agterkant van 'n horlosie.

Wat gaan terselfdertyd op en af?

Trappe.

Wat word al hoe natter hoe meer dit droogmaak?

'n Handdoek.

Wat gaan op en kom nooit weer af nie?

Jou ouderdom.

Kom ons beantwoord ook 'n klompie hoe-vrae:

Hoe stop jy 'n mol om in jou tuin te grawe?

Steek sy graaf weg.

Hoe groet jy 'n spook?

Baie versigtig.

Hoe maak vissermanne hulle nette?

Hulle kry 'n klop gaatjies en werk dit aanmekaar.

Hoe kan motoriste die dood van die pad af hou?

Ry op die sypaadjies.

Hoe kan jy keer dat die hond nie op die agterste sitplek

van die kar blaf nie?

Sit hom op die voorste sitplek.

Hoe het die heks dit reggekry om gewig te verloor?

Sy het na “Weight Witches” toe gegaan.

Hoe kan jy van 'n boemerang ontslae raak?

Gooi dit af in 'n eenrigtingstraat.

Hoe het die grafgrawer gesterf?

Hy het 'n graf gegrawe vir iemand wat ter see begrawe

wou word.

ons pretblad

Die giftige slangetjie

Die baba-slangetjie begin meteens tog te droewig huil. Sy

ma wil weet wat die probleem is. “Ma, is ons baie giftig?”

vra hy. “Ja, hoekom?” vra sy ma. Die slangetjie word nog

meer hartseer en snik soos hy huil: “… want ek het nou

net my tong raak gebyt!”

“Monkeynuts“ of “peanuts”?

Die seuntjie stap die kafee binne en vra: “Kan ek asseblief

'n pakkie monkeynuts kry, oom?”

Die winkelier sê: “Boetman, monkeynuts is Engels.”

Die seuntjie se maat sê: “Hy bedoel eintlik peanuts, oom.”

Tatta, Mamma

Elize: “Ek het nie gesê Paul is dom nie. Ek het net gesê hy

was 28 voor hy “Tatta, Mamma kon sê.”

Bye staan in rye

Waar staan die bye tou as hulle wag vir 'n bus om hulle

huistoe te neem?

Hulle staan by die buzz-stop!

Lang riem

Kobus: “Hoe lank is 'n riem?”

Stoffel: “Twee keer so lank as van die punt tot in die

middel.

Vet motte

Casper: “Hoekom word motte nooit vet nie?”

Douw: “Want hulle eet net gate.”

Verjaardag-verwarring

Mnr. Bester: “Daan, wat is jou geboortedatum?”

Daan: “21 November.”

Mnr. Bester: “Watter jaar?”

Daan: “Elke jaar.”

Blêrende skape

Sarie: “Koos, wat rol jy so

rond?”

Koos: “Ek kan nie slaap

nie.”

Sarie: “Tel skape.”

Koos: “Dit help nie. Die

geblêr hou my wakker!”

Die agterstevoor hoed

Die agterstevoor hoed

“Hei! Jy het jou hoed

agterstevoor op!”

“Dit het niks met jou te

doen nie – hoe weet jy watter kant toe wil ek loop?”

slingervel julie 2012 11

dr. nico van der merwe

73. God is die een wat volledig vir jou sorg

Lees in jou Bybel Matt eus 14:15-21

Jy kan dalk sê dit gaan goed met jou. Jy het elke dag genoeg

om te eet, klere om aan te trek, ’n veilige huis om in

te bly, motors waarmee jy na al jou aktiwiteite geneem kan

word. As vir jou gevra word hoekom dit met jou goed gaan,

sal jy antwoord: “Pappa en Mamma werk hard om geld te

verdien en húlle sorg vir alles wat ek nodig het.” Natuurlik is

jou antwoord reg, maar ook nie heeltemal reg nie. In werklikheid

is dit die Here wat jou ouers help om te werk, sodat

hulle genoeg geld kan verdien om jou te versorg. Die mense

van die Galilea See het gesien hoe Jesus vir hulle met net

vyf brode en twee vissies genoeg kos gee. In die woestyn

het God vir die Israeliete brood, vleis en water gegee (Eks.

16, 17).

God versorg die mens deur sy skepping. Dit is Hy wat

die moontlikhede gee en ook die werk seën. Dit is God wat

deur Pappa en Mamma vir jou sorg. Ons moet weet alles

kom van Hom af en ons moet dankie sê.

75. Jesus Christus oorwin die duiwel

Lees in jou Bybel Lukas 8:26-39

Die duiwel stel hom net een doel voor oë en dit is om alle

mense van God afvallig te maak. Hy gebruik baie me todes

om mense te verlei om nie te doen wat reg is nie en om

te doen wat verkeerd is. Die duiwel probeer ook om jóú van

God afvallig te maak. Kom ons dit reguit: Dit is deur die verleiding

van die duiwel dat kinders stout en ongehoorsaam is.

Die duiwel hou nie van soet en gehoorsame kinders nie – hy

wil kinders lelik maak, veral wat hulle verhouding met die

Here betref. As jy waarlik in Jesus Christus glo en vir Hom

vra, sal Hy die duiwel uit jou hart verjaag, net soos Hy dit met

die man by die Galilea See gedoen het.

Die duiwel is te sterk en slinks vir ons as mense om hom

te oorwin. Daarom moet jy nie op jou eie probeer om die duiwel

te weerstaan nie. Jy sal nie kan nie.

Maar as jy in God glo, gee Hy jou deur sy Heilige Gees

die nodige krag, want Hy is sterker as die duiwel en red jou

van die duiwel.

77. Die lewe wat jy het, kom van God af

Lees in jou Bybel Matt eus 9:18-26

Jaïrus (Mark. 5:22) se dogtertjie was baie siek en het toe

ook gesterf. Onmiddellik ná haar dood gaan Jaïrus na

Jesus toe om van Hom hulp te vra. Jaïrus het geglo dat

Jesus sy dogtertjie uit die dood kan laat opstaan. Jesus hoor

as gelowige mense van Hom hulp vra. Jesus help mense

wat by Hom om hulp aanklop. Daarom het Jesus na Jaïrus

se huis ge gaan waar die liggaam van sy dogtertjie gelê het.

Jesus het haar “hand gevat en sy is uit die dood opgewek”

(vs 25).

Jesus wys hier dat Hy mag het oor die liggaamlike dood.

Jesus het ook mag oor die geestelike dood. Jy en van jou

maats is wel nie liggaamlik dood nie, maar as julle jul nie

aan die Here steur nie, Hom nie wil dien nie, is julle geestelik

dood. Wie geestelik dood is, beland in die hel.

Jesus is gekruisig om vir elke gelowige die lewe te gee.

God kan jou van jou geestelike dood red. Hy doen dit deur

Jesus Christus, jou Here.

74. God is ’n toevlug in die nood

Lees in jou Bybel Markus 4:35-41

Jesus was saam met sy dissipels in die skuit op die Galilea

See toe ’n verskriklike storm losbars. Al het die storm gewoed

en die dissipels van angs geskree, het Jesus rustig op

’n bank gelê en slaap. Omdat Jesus tydens die storm rustig

geslaap het, het die dissipels gedink dat Hy niks omgee nie.

Hulle is baie bang dat hulle in die storm sal doodgaan. Jesus

hoef nie bang te wees nie, want Hy is almagtig. Omdat Hy

alles kan doen, maak Jesus die storm stil. Toe praat Hy met

die dissipels omdat hulle so bang was en nie op God vertrou

het nie.

Daar is baie gevare in die lewe om ons. As kind moet jy

ver sigtig wees om jouself nie in gevaar te stel nie, maar jy

moet nie net steun op menslike middels om jou te beskerm

nie. Jy moet aardse metodes van beskerming gebruik, terwyl

jy op God alleen vertrou om jou te beskerm. In elke gebed

kan jy die Here vra om jou lewe teen alle gevare veilig te

maak.

76. God dra sy kinders deur alle moeilike tye

Lees in jou Bybel Johannes 6:16-21

Jesus se dissipels het op die Galilea See in ’n storm beland.

Hulle was baie bang dat hulle skuit sou sink en dat

hulle almal sal verdrink. Al het die stormwind hoe erg gewaai,

het hulle darem vyf of ses kilometer geroei. Toe sien

hulle iemand op die water na hulle toe aangeloop kom. Dit

was Jesus – en tog het hulle bang geword toe Jesus al baie

naby hulle was. Om hulle gerus te stel, sê Jesus: “Dit is Ek;

moenie bang wees nie.” Hier word nie gesê dat Jesus die

storm stilgemaak het nie, net dat Hy by hulle in die skuit

geklim het en dat hulle daar na veilig by die land uitgekom

het.

In hierdie gedeelte leer ons dat die Here Jesus nie mense

wat in Hom glo, in die steek laat nie.

As dit moeilik gaan in jou lewe as kind, kan jy vertrou dat

die Here jou krag sal gee. Hy sal nie altyd die gevaar wegneem

nie, maar Hy sal jou in die gevaar sterk maak en jou

be skerm.

78. Dit is God wat jou gesond maak

Lees in jou Bybel Markus 5:25-34

As jy siek is, neem Pappa of Mamma jou na die dokter

toe en hy gee vir jou medisyne wat jy moet gebruik om

ge sond te word. Daarmee is niks verkeerd nie. Jy moet jou

medisyne gehoorsaam drink. Maar jy moet ook meer doen.

Saam met die medisyne wat jy drink, moet jy tot God bid

en vra dat Hy die medisyne as ’n middel sal gebruik om jou

gesond te maak.

Die siek vrou van wie jy gelees het, was al 12 jaar siek

en het van die een dokter na die ander gegaan en hulle het

vir haar medisyne gegee, maar dit het niks gehelp nie. Sy

het egter opreg geglo dat Jesus vir haar kon doen wat die

me disyne en dokters nie kon nie. Daarom het sy net aan

Hom geraak – dit was vir haar genoeg – en sy het gesond

ge word.

As dankbare kind van die Here moet jy elke dag bid en as

jy siek word, moet jy die Here in gebed vra om jou gesond te

maak. God luister na opregte en oorgegewe gebede.

12 slingervel li l julie j li 2012

79. God help dié wat in Hom glo

Lees in jou Bybel Lukas 5:17-26

Gelukkig het die verlamde man vriende gehad wat hom

na Jesus toe kon neem. Hulle het alles probeer om

hom so na as moontlik aan Jesus te bring. Vanweë die baie

mense kon hulle dit nie regkry nie. Toe maak hulle ’n plan

– hulle maak ’n opening deur die dakteëls en laat sak die

man toe af, tot voor Jesus. Toe Jesus hierdie mans se sterk

geloof sien, help Hy hulle. Hy sê eers vir die verlamde man:

“Mens, jou sondes is jou vergewe” (vs 20). Dit is vir die man

belangriker om van sy sonde verlos te word as om van sy

verlamming gered te word. Maar Jesus gee hom altwee. Hy

word van sy sondes verlos en toe ook van die verlamming.

Jesus maak sy spiere gesond en gee hom krag om op te

staan en self verder te loop.

Onthou, ’n mens kan nie sonder geloof by die Here hulp

kry nie. Jy moet die Here nie net in jou nood ken nie, jy moet

Hom elke dag dien. Dan sal Hy volgens sy wil jou help waar

dit nodig is.

81. Verlos van die sondedood

Lees in jou Bybel Matt eus 8:1-4

In die tyd van die Bybel was melaatsheid ’n gevreesde

siek te, amper soos vigs in ons tyd, waarvoor daar nog nie

’n geneesmiddel is nie. Dokters kon mense wat in daardie

tyd melaats was, nie gesond maak nie. Elkeen wat melaats

was, het geweet dat hy daaraan sou doodgaan. Christus gebruik

melaatsheid as ’n voorbeeld van wat die sonde in jou

hart doen. Net soos melaatsheid die liggaam geleidelik afgebreek

het totdat die dood kom, so breek sonde die geestelike

lewe van die mens af totdat die geestelike dood kom.

As jy in jou sonde bly voortleef, sterf jy die ewige dood. As

Jesus egter die melaatse man gesondmaak, dan wys Hy

dat Hy sterker is as die sonde en dat Hy gelowiges van die

ewi ge dood kan red.

As kind word jy in die Woord van die Here geleer, sodat

jy God kan leer ken en in Hom glo. Elkeen wat glo, word van

die sonde verlos en sterf nie as ’n kind van Satan nie, maar

as ’n kind van God.

83. God weet waaraan jy ’n gebrek het

Lees in jou Bybel Lukas 6:6-11

Om gebrek te hê, is om iets te kort. As jy gebrek ly, is daar

iets wat jy nie het nie. As jy ’n gebrek aan kos het, het

jy nie kos om te eet nie. Gebrek aan water is wanneer jy nie

water het om te drink nie. ’n Gebreklike been of arm beteken

dat jy nie ’n gesonde been of arm het om reg te loop en te

vat nie. Ons kan aan baie dinge tekortskiet. Die gelowige

moet weet dat God sy gebrek ken. God sien waaraan jy gebrek

het. Die man waarvan ons in Lukas 6 gelees het, het

’n gebreklike regterhand gehad. Hy was in die sinagoge en

Jesus het hom gesien en hom gesond gemaak. God wil nie

hê dat die mens gebrek ly nie.

God het alles goed en volmaak geskep, maar die sonde

het die skepping versteur en daarom kom daar gebrek in ’n

mens se lewe.

Waaraan jy ook al gebrek het, kan jy die Here in jou gebe

de vertel. God sal nie elke keer jou gebrek wegneem nie,

maar Hy sal jou krag gee om dit te verduur.

80. Lewensvreugde kom van God af

Lees in jou Bybel Johannes 2:1-11

Jesus het nie wonderwerke gedoen nie, maar wondertekens

(lees Joh. 2:11; 4:45; 6:14; 7:31). Die wonders wat Hy gedoen

het, beteken iets. Na daardie betekenis moet ons soek

in die wonderteken van die water wat in wyn verander het.

Dit klink snaaks dat Jesus se eerste wonderteken water wat

Hy in wyn verander het, is. Moes Jesus nie teen die gebruik

van drank wees nie? Jesus leer ons om dit te gebruik en nie

te misbruik nie. Tydens die bruilof help Christus die mense

om vrolik en bly te wees. Jesus se lekker wyn het hulle daarin

gehelp.

God wil dat die mens vrolik en bly moet wees. Des te

meer omdat Hy as die Verlosser van die sondes gekom het.

Alles wat God geskep het, mag die mens gebruik – nie

mis bruik nie. Jy mag die lewe wat God gee, geniet; jy moet

vrolik en bly wees. Dit is nie sonde nie. As kind van die Here

kan jy weet dat God jou al die plesier en vrolikheid in die

lewe gun.

82. Jou nood is aan God bekend

Lees in jou Bybel Markus 1:29-31

Ons weet nie wat die dissipel Petrus se vrou se naam was

nie. Markus vertel egter hoe Jesus eenkeer sy vrou se

ma gesond gemaak het. Petrus se skoonma het in die bed

gelê met ’n baie hoë koors. Jy was dalk ook al siek, waartydens

jou koors baie hoog was – onthou jy hoe sleg jy toe

ge voel het? Petrus se skoonma kon sekerlik nie help met

kosmaak en die huis skoonmaak terwyl daar baie mense

saam met Jesus in die huis was nie. Petrus, sy vrou en die

ander huismense was sekerlik baie bekommerd oor die vrou

se siekte. Toe Jesus daarvan hoor, het hy gegaan en haar

gesond gemaak. God weet van die nood in ’n gelowige se

lewe. Siekte, swaarkry, nood, krisisse kom vanweë die sonde

in die lewe van die mens.

As Jesus siek mense gesond maak, dan wys Hy dat Hy

die sonde oorwin het en vir die mens ook verlossing van die

sonde gee, nie net verlossing van die gevolge van die sonde

nie.

84. Geloof gooi nie handdoek in nie

Lees in jou Bybel Matt eus 15:21-28

Geloof gooi nie tou op nie. Geloof verloor nooit moed nie.

Geloof is om God te ken en Hom te vertrou. Jesus het

só ’n geloof in die hart van die Kanaänitiese vrou gevind.

Dié vrou, wat in ’n heidense land leef, het by Jesus gepleit

dat Hy haar dogter tog van ’n bose gees moet kom verlos.

Jesus ignoreer haar eers. Hy maak of Hy haar nie hoor nie.

Die dissipels vra vir Jesus om haar weg te jaag, want sy pla

Hom. Sy het gehoor dat Jesus vir Israel gekom het. Al woon

sy in ’n heidense land, weet sy dat Jesus haar sal kan help.

Israel het in die Bybelse tyd die heidense volke as honde

beskou. Dié vrou sê vir Jesus dat sy maar net ’n hondjie is

wat die krummeltjies onder die tafel optel en eet. Dit is al wat

sy vra. Toe Jesus sien hoe opreg en vas sy glo, maak Hy

haar dogter gesond.

Deur die geloof kan God in jou lewe ook baie dinge bewerk.

Jy moet egter vas glo dat God dit kan doen en jy moet

die Here vir alles dankie sê.

slingervel li l jjulie li 2012

13

verjaardag verjaardaghoekie hoekie

Die volgende Vellies verjaar gedurende JULIE 2012 2012. Baie geluk aan elkeen van julle. Mag

julle 'n mooi jaar beleef! Skryf aan my! My adres is: Tannie Riana Jonker, Posbus 614,

Paardekraal 1752; of e-pos jonkerp@mweb.co.za Groete, Tannie Riana

1

Anja Kruger (Vanderbijlpark-Trinitas), Azel Bergh

(Heilbron), Christi Kruger (Lyttelton), Divan Albrech

(Bethal), Hendrik Nel (Secunda), Keitumetse

Diale (Randburg), Roné Pretorius (Heilbron), Talitha

Johnsen (Vereeniging-Oos).

2

Anton Buys (Secunda), Crystil Pretorius (Suidkus),

Junior Rich (Randburg), Rianco Rheeder

(Potchefstroom-Oos), Ziané van Biljon (Bloemfontein-

Suid).

3

Corlia Cornelius (Nylstroom), Ger-Jan van der

Mer we (Nylstroom), Louis Olivier (Krugersdorp),

Mary-Ann Ehlers (Laeveld), Suzel Lessing (Middelburg-Kaap),

Tayla Hols (Kuruman), Xander Marx

(Boksburg-Suid).

4

Cornel Nagel (Nylstroom), Helé Engelbrecht

(Berg bron), Isak van Aswegen (Alberton-Wes),

Marelize Kruger (Secunda), Suné Mostert (Suidkus).

5

Cobus Roestorff (Stilbaai), Devin Hartslief (Boksburg-Suid),

Eben Kruger (Benoni), Godfrey Ngozo

(Randburg), Jo-Dee Marman (Elsiesrivier), Robbie

van Eeden (Messina), Ruan Brown (Randburg).

6

Anita Steyn (Kathu), Clariska Venter (Laeveld),

La ra Scheepers (Laeveld), Vernon Fortune

(Berg bron), Yolandi van der Linde (Zeerust).

7

Andre Redgard (Randburg), Corlia Engelbrecht

(Se cunda), Dané Nel (Gobabis), Erika Bos (Lyttelton),

Franco Oosthuizen (George), Jano Schutte

(Magol).

8

Dynert Smit (Magol), Eduard Bakker (Benoni),

Janko Aucamp (Boksburg-Suid), Lydia-Mia John-

sen (Vereeniging-Oos), Michela Marnitz (Middelburg-

Mpumalanga), Neo Diale (Randburg), Nico le Roux

(Lyttelton), Rochelle le Roux (Lyttelton), Wian Smit

(Benoni).

14 slingervel sli s li ling ng nger er erve ve vel julie ju j li lie 20 2012

12

9

Bernalize Helberg (Magol), Elsie van der Walt

(Al berton-Wes), Hans-Christiaan Hoogendyk

(Kru gersdorp), Karina Kanes (Wolmaransstad), Koba

Mojela (Randburg), Lara Barnhoorn (Middelburg-

Kaap), Rosandra Harman (Zeerust), Sebastiaan

Coet zee (Heilbron), Wesley Robberts (Secunda), MC

van Damme (Burgersdorp).

10

Gideon van Vollenstee (Heilbron), Kakanyo

Ra mo koka (Randburg), Lukas Jansen van

Vuu r en (Wolmaransstad).

11

Brandon Rutherford (Potch-Die Bult), CJ van

der Merwe (Wolmaransstad), Danel En gelbrecht

(Zeerust), Jacques Scholtz (Bergbron), Jason

Olivier (Potchefstroom-Oos), Nico Minnie (Middelburg-Mpumalanga).

12

Arno Hattingh (Buffeldoorns), Chané de Jager

(Messina), Christiaan Cloete (Brackenhof),

Elri du Plessis (Alberton-Wes), Hein Backer (Randburg),

Lisa Voogt (Randburg), Nathan David Kacev

(Randburg), Tina Buys (Buffeldoorns), Zander Blignaut

(Alberton-Wes).

13

Adriaan Labuschagne (Gobabis), Heidi Corne

lissen (Bergbron), Jaco Visagie (Potchefstroom-Oos),

Niek Blignaut (Messina).

14

Anje van Jaarsveld (Randburg), Armand

Mol ler (Agulhas), Chrisna Briel (Reitz), Clarize

Bezuidenhout (Secunda), Isla Decia Theron

(Randburg), Juan van Heerden (Welkom-Noord),

Linelle du Toit (Kleinmond), Louise Kruger (Kathu),

Lu ricka Ellis (Wolmaransstad), Maryse de Villiers

(Vereeniging-Oos), Sindie Schoeman (Bergbron),

Ste phan Beukes (Botswana), Stephan Jansen (Benoni).

15

16

Arno van der Westhuizen (Bergbron), Cecilie

Op perman (Gobabis).

Donnélee Henning (Buffeldoorns), Hanke de

Kock (Potch-Die Bult), Ronan Ehlers (Vanderbijlpark-Trinitas),

Simone Potgieter (Benoni), Tracey

Mojela (Randburg).

17

Carla Voogt (Randburg), Chelsy Botha

(Rand burg), Etienne Joubert (Bergbron),

Jan nie Bothma (Wolmaransstad), Kylie Barnhoorn

(Middelburg-Kaap), Liam John Wilson (Randburg),

Marco Geyer (Magol), Neo Mokaleng (Randburg),

Ri co Robinson (Bethal), Rivan Schoonwinkel (Secunda).

18

Anmari van der Walt (Krugersdorp), Chantélle

Leach (Potchefstroom-Oos), Christien Diede

ricks (Bloemfontein-Suid), Elzaan Coetzee

(Krugers dorp), Herman van der Elst (Vanderbijlpark-

Trinitas), Ivey Kruger (Vaalpark), Jodan Keulder

(Vanderbijlpark-Trinitas).

19

Annalie van der Schyff (Potchefstroom-Oos),

Anushka Wardeck (Secunda), Cilliers van

Wyk (Benoni), Devon Nell (Barberton), Gerrit Badenhorst

(Bloemfontein-Suid), Leandré van der Loo

(Randburg), Shimare Venter (Buffeldoorns), Suzanne

le Roux (Akasia).

20

Anebell Geel (Secunda), Anro Labuschagne

(Vaalpark), Chanelle van der Loo

(Randburg), Madré Erasmus (Kathu), Mimi van

Rooyen (Randburg), Reinhardt Vorster (Botswana),

Retief Marais (Welkom-Noord), Surei Powell

(Wolmaransstad), Ty du Plessis (Randburg), Zander

Oschmann (Randburg).

21

Duané du Plessis (Buffeldoorns), Franco Burger

(Gobabis), Julita Oelofse (Secunda), PC

van Zyl (Brackenhof), Steyn van Staden (Magol),

Wal do Christen (Krugersdorp).

22

Carla Geyer (Bloemfontein-Suid), Christiaan

van Staden (Laeveld), Esther de Klerk (Bergbron),

Jeanne-Marie van der Walt (Vereeniging-Oos),

Sagitta Mulder (Krugersdorp).

23

Dwayne Wiggett (Benoni), Lenard Kruger

(Boks burg-Suid), Maryke Muller (Kathu), Rozanne

Appelgryn (Middelburg-Mpumalanga).

24

De Wet le Roux (Potch-Die Bult), Hanro Steene

kamp (George), Hestertjie Botes (Wolmaransstad),

Johanay Steyn (Kathu), Johané Fourie

(Bethal), Karien Harmse (Potch-Die Bult), Michael du

Plessis (George), Nania van Staden (Magol), Ruben

Jansen (Benoni).

25

Kamogele Maseko (Randburg), Stephis de

Klerk (Vereeniging-Oos), Suzette Abbink

(Rand burg).

26

Carla Pieters (Vanderbijlpark-Trinitas), Leono

ra Roeleveld (Stilbaai), Nohan du Preez

(Vaalpark), Peter Ngozo (Randburg), Rochelle Aucamp

(Brackenhof), Simoné Bornman (Benoni).

27

Albert Uys (Randburg), Bianca van den Berg

(Secunda), Hano Sliep (Messina), Keisha

Plaa tjies (Vanderbijlpark-Trinitas), Megan Stahmer

(Randburg), Philip Snyman (Vanderbijlpark-Trinitas),

Simoné Schutte (Magol), Tarien Buys (Benoni), Theo

Buys (Benoni), Tian Naude (Secunda).

28

Alinay Nieman (Waterkloofrand), Ané le

Roux (Randburg), Chanel Bean (Middelburg-

Mpumalanga), Erica Kanes (Wolmaransstad), Lizé

van de Vyver (Bergbron), Marko Vorster (Potch-

Die Bult), Mia du Toit (Magol), Pieter Erasmus

(Krugersdorp), Shaen Jacobs (Bethal), Wilbert Viljoen

(Potch-Die Bult), Zandre Strydom (Randburg).

29

Adriaan Claasens (Krugersdorp), Aloise Coetzee

(Kuruman), Ben-Louw Marais (Kaapstad),

Chris van der Merwe (Randburg), Dumisane Sindane

(Randburg), Leani Loretz (Nylstroom), Lucien

Coetzee (Vanderbijlpark-Trinitas), Martinel Klopper

(Bot swana), Tiaan van der Merwe (Randburg), Zandré

Durand (Boksburg-Suid).

30

Herco Jansen van Vuuren (Wolmaransstad),

Lin da Suzaan van der Walt (Randburg), Nicole

Richter (George), Rachel de Jager (Laeveld),

Sa rel Haasbroek (Magol), Thilda Palesa Finger

(Rand burg), Wilco Buys (Reitz).

31

Charmaine du Plessis (Bergbron), Cheranté

Snyman (Magol), Juan Lombaard (Randburg),

Marchant Schoeman (Magol), Marné Myburgh

(Boks burg-Suid), Mieke le Roux (Randburg), Ayden

Roberts (Burgersdorp).

slingervel julie 2012 15

oom attie venter

Medisyne uit die

veld (2)

In die vorige geselsie het

ek gewys op die wyse

waarop plantdele (wortels,

stingels en blare, sade)

deur ons oupas en oumas

as medisyne gebruik is

omdat daar nog nie eintlik

apteke was nie en dokters

ook maar skaars was.

Plase was ver uit mekaar

en as mense seergekry

of siek geword het, was

hulle op die natuur se

geneesmiddels aangewese.

Party van die metodes wat

toegepas is, klink vir ons

vandag bra lagwekkend,

maar toendertyd was dit ’n

ernstige saak. Lees gerus

weer die vorige artikel oor

hierdie onderwerp.

Daar is ’n geweldige

verskeidenheid plante in ons

land – bome, struike, kruide.

Dis verbasend hoeveel van

hulle vir een of ander doel

gebruik word. Wat hulle

medisinale waarde betref,

lyk dit my, is daar maar min

wat nie gebruik word om

een of ander pyn te verlig,

bloeding te stop of ’n kwaal

te genees nie. Die blankes

kon nog, in uiterste gevalle,

’n dokter besoek, maar die

swartes in afgeleë gebiede, moes geheel-en-al op hulleself of

hulle toordokters/sangomas staatmaak.

Uit die boekie Uit die Veldapteek, geskryf deur Betsie Rood, het

ek ’n paar interessante voorbeelde opgediep. Ek bepaal my net

by bekende plante en vertrou dat julle dit ook interessant sal

vind.

KIESIEBLAAR

Dis ’n onkruid wat algemeen in ons tuine voorkom.

Brousels van die blare is vir seerkeel gebruik.

Vir sinkings en senupyne is ’n warm pap en oorpluisies die

oplossing.

Trekpleisters van die blare word vir ettergeswelle gebruik.

MAROELA (foto onder)

’n Groot bladwisselende boom; groei in rypvrye streke, veral in

die Bos- en Laeveld.

Poeier van die bas word met koue water gedrink vir diarree.

Dik bas word by warm water gevoeg vir velsiektes.

16 slingervel julie 2012

Basaftreksel gemeng

met brandewyn vir

malaria (voorkoming en

genesing).

Pars olie uit die neute vir

steek-in-die-oor.

KIEPERSOL

’n Bladhoudende boom. Groei

in warm dele. Kenmerkende

blarekroon.

Aftreksel van blare vir

senuweelyer, asook

middel teen koliek en

maagpyn.

Aftreksel van wortels

as braakmidde’ teen

galagtigheid en koors.

KREMETARTBOOM (foto bo

regs)

’n Indrukwekkende, groteske

reus. Kom in Lae- en Bosveld

voor.

Gedroogde pulp van die

vrug is ryk aan vit. C,

mineraalsoute, kalsium,

magnesium, yster.

Wortels is goeie bron

van water. Die pulp,

met water gemeng, is ’n

verfrissende koeldrank

wat ook vir koors, diarree

en bloedspuwing gedrink

is.

Blare word as

voorbehnoedmiddel

teen malaria gebruik

om oormatige sweet te

voorkom.

Sedert 1848 word die bas,

wat ’n bitter smaak het,

kommersieel aangewend

as koorsweermiddel onder

die naam “Cortex cael

Cedra”.

WITGATBOOM

Immergroen boom, kom veral

in warmer dele voor.

Knobbelrige bruin wortels is baie voedsaam.

Koue aftreksel van blare dien as middel teen oogontsteking.

Die groen vrug word vir vallende siekte gebruik.

Aftreksel van die wortels teen aambeie.

In die ou dae is die wortels gebrand en gemaal en vir koffi e

gebruik.

GEWONE WILDEVY

’n Pragtige boom wat volop voorkom.

Verpoeierde bas word saam met pap geëet om

neusbloeding te stop.

Die melksap word gebruik om oogkatarakte te behandel.

Aftreksel van die bas word aangewend teen hardlywigheid,

verkoue en keelinfeksie.

HUILBOERBOON

Die boom kan reusagtig groot word en dra groterige peule. Dit

produseer volop nektar, wat uit die blomme afdrup, vandaar die

naam huilboerboon.

’n Aftreksel van die bas word teen sooibrand en diarree

gebruik.

Die blare word gebrand en die rook ingeasem om

neusbloeding te stop.

Verpoeierde blare word op sere geplaas om genesing te

bespoedig.

SEKELBOS

’n Meerstammige struik wat goeie brandhout verskaf.

Binnebas word vir maagprobleme en tandpyn gebruik.

Gekoude wortels word op slangbytplekke en

skerpioensteekplekke geplaas. SV

slingervel julie 2012 17

RINA

Pas die naam van die Bybelvers waarin 'n berg se naam genoem word in Kolom B

met die berg se naam in Kolom A.

Kleutervers

Liefde met gevoel

Waarom huil klein Sussie so?

Netnou het sy niks makeer nie.

Dis weer Boetie, kan jy glo –

Maak hy haar nie altyd seer nie?

Waarlik, hy het haar gebyt:

kyk daar sit die merk, my lammie –

'n splinternuwe stoutigheid ...

‘Dis maar net van liefde, Mammie!‛

Liefde? Dis 'n mooie grap!

Wat moet Mammie met jou doen

as jy so jou sussie hap?

‘Slaan my, Mammie, maar eers soen!‛

Maar eers soen! – Ek bid jou aan!

Sê my nou: wie kan dan slaan?

(AG Visser: uit Kleuterverseboek 2000)

18 slingervel julie 2012

TERSIA

Pos julle antwoorde

aan:

Slingervel

Blokkiesraaisel

Posbus 6433,

Flamwood 2572

DWARS

1. Hierdie tipe persoon praat homself in 'n

rusie in (Spreuke 18:6).

3. Jesus het vir die verlamde man gesê hy

moet sy draagbaar _____ en huistoe

gaan (Markus 2:11).

5. Jy moet jou nie ophou met suiplappe en

________ nie (Spreuke 23:20).

7. Hulle name moet daaruit geskrap word

(Psalm 69:29).

8. Die maand waarin die tempel voltooi is

(Esra 6:15).

10. Hy het in trane uitgebars (2 Konings

8:11).

12. Jesus _____ aan die regterhand van

God (Matteus 26:64).

13. Sy was in 'n bitter swaar stryd gewikkel

met haar suster (Genesis 30:8).

AF

1. Die son kom op en _______ son gaan

onder (Prediker 1:5).

2. Die Here sal die leër van die koning van

Babel soontoe vat (Jeremia 34:22).

4. Die grens van dié plek loop oor die

waters van Meriba-Kades (Esegiël

48:28).

5. Die vrou het Jesus se ________

natgemaak met haar trane (Lukas

7:44).

6. Een van Midian se seuns (Genesis

25:4).

7. Die blaasbalk doen dit (Jeremia 6:29).

9. Dit het uit die aarde gekom volgens

Openbaring 13:11.

11. Hy _____ net sê wat Hy hoor

(Johannes 16:13).

slingervel julie 2012 19

dr. nico van der merwe

97. Volharding: die gawe om aan te hou

Lees: Matt eus 10:16-25 Teks: Matt eus 10:22b

In hierdie Skrifgedeelte vertel Christus van die vervolging wat oor

die gelowiges sal kom omdat hulle aan God getrou bly. Namate die

wederkoms van Christus naderkom, sal Satan die gelowiges al meer

en meer laat swaarkry. Ouers en kinders, broers en susters, vriende

sal teen mekaar draai en mekaar uitlewer om vervolg te word. Onder

sulke omstandighede is dit die maklikste om maar van jou geloof te

vergeet. Deur net te sê dat jy nie meer in die Here glo nie, sal genoeg

wees om dié bitter en swaar vervolging vry te spring.

God verwag egter dat die gelowiges in hulle geloof sal volhard.

Dit geld ook vir elke dag van jou lewe nóú! God verwag van jou, omdat

Hy jou verlos het, dat jy sal volhou om Hom te dien, dat jy sonder

op hou sal lewe soos Hy dit vir jou in die Bybel voorskryf.

99. Geloof in Jesus Christus

Lees: Johannes 3:14-21 Teks: Johannes 3:15

Voel jy partykeer asof godsdiens oorbeklemtoon word? Van alle

kante word daar vir jou as tiener gesê om daagliks die Bybel

te lees, getrou die katkisasieklasse by te woon, gereeld Sondae in

die eredienste te wees en om by alles nog Bybelstudie ook te doen.

Is dit darem nie te erg nie? Gaan mense dalk daarmee oorboord?

Vergeet vir ’n oomblik wat die mense sê en hoor wat die Here sê.

Jesus sê dat elkeen wat glo, van hulle sonde verlos is en die ewige

lewe het. Jy merk dus dat geloof noodsaaklik is om in Christus verlos

te word. Waar kom jou geloof vandaan? God die Heilige Gees werk

die geloof in jou hart deur die Woord van God.

Die Bybel is die middel waardeur die Heilige Gees geloof in

jou hart wek. Daarom is dit noodsaaklik om soveel keer as wat dit

moont lik is die Woord van God te hoor.

101. Selfopoff ering

Lees: Johannes 12:20-26 Teks: Johannes 12:25

Die woord op-offer beteken om iets vrywillig af te staan. As jy sê:

Ek het die TV-program opgeoffer ter wille van my studie, dan

be te ken dit dat jy vrywilig nie die TV-program gekyk het nie, maar

ge stu deer het. Opoffer is om iets vir iemand anders prys te gee. Jy

kan sê: Ek het sport ter wille van my ouers opgeoffer – dan beteken

dit dat jy sport laat vaar het, omdat jou ouers dit graag so wou hê.

In jou verhouding met die Here word daar ook opoffering van jou

gevra. Jesus sê (vs 25) as jy die dinge van die lewe vir Christus opoffer,

beteken dit dat Christus vir jou meer as die wêreldse dinge beteken. Jou

toewyding om Christus na te volg moet só sterk wees dat jy wêreldse

dinge moet prysgee om Christus te dien. God vra dus van jou om

baie aardse dinge op te offer in jou gehoorsame diens aan die Here.

103. Hoor en luister

Lees: Jakobus 1:19-27 Teks: Jakobus 1:22

Die mens kan hoor sonder om te luister. As jy iets hoor, neem

jy met jou ore ’n klomp geluide waar. Jy kan dus iemand hoor

praat, maar jy weet nie wat die persoon gesê het nie, want jy het

nie geluister nie. Wanneer jy luister, dan hoor jy iemand praat én jy

gee aandag aan wat gepraat is. As jy luister, dan registreer dit wat

gesê word in jou brein en jy kan die inhoud van die woorde nasê.

Wanneer jy Bybellees, is dit God wat met jou praat. Daarom sê ons

dat die Bybel God se Woord is. In Jakobus 1:1-27 waarsku die Here

jou dat jy nie net sy Woorde moet hoor nie, maar ook daarna moet

luister. Dan sal jy doen wat God vir jou sê.

As jou hoor van God se Woord nie oorgaan tot dade nie, dan

bete ken dit niks. Jy hoor die Woord van God soos dit van buite af na

jou toe kom, en binne-in jou moet dit jou tot aksie bring.

98. Die noodsaaklikheid om God te ken

Lees: Johannes 6:1-6 Teks: Johannes 6:3

Jy lees hopelik elke dag jou Bybel en bid. Vir katkisasie berei jy ook

jou werk uit die Bybel voor. Sondae in die eredienste word daar uit

die Woord van God vir jou gepreek. As jy lid is van ’n Bybelstudiegroep,

het jy intensief met God se Woord te doen. In die Woord praat God

met jou. Hy sê in die Bybel drie dinge: 1. Wie Hy is. 2. Wat Hy doen dit. 3.

Wat sy wil is vir jou om te doen. Deur jou omgang met die Bybel word

jou kennis van God al meer en meer. Kennis van God is onontbeerlik.

Hoe meer jy van God weet, hoe sekerder sal jou vertroue in God

wees. Dit is ook die wyse waarop die Heilige Gees geloof in jou hart

werk en deur die geloof word jy by Jesus Christus ingelyf en ontvang

jy die ewige lewe. Jy moet volhard in jou omgang met die Woord van

God, want dit is ’n saak van (ewige) lewe en (ewige) dood.

100. Hou die wêreld op ’n afstand

Lees: Lukas 18:18-30 Teks: Lukas 18:23

Die ryk jongman wat by Jesus gekom het, was ’n goeie, voorbeeldige

mens. Hy weet van die ewige lewe en begeer dit (vs 18).

Hy het ook die wet van God in sy lewe toegepas (vs 20-21). Hieruit

blyk dat die jongman ’n diep gelowige mens was wat moeite gedoen

het om volgens God se wet te lewe. Toe Jesus sê hy moet alles

wat hy het, verkoop en die geld vir die armes gee en dan vir Jesus

volg, kon hy dit nie doen nie. Hoekom nie? Al sy besittings, sy geld

en weelde was vir hom te belangrik. Hy het wêreldse goed meer

liefgehad as vir Jesus. Ryk in aardse goed en brandarm ten opsigte

van die geloof, gaan hy van Jesus af weg, sonder verlossing.

Die gelowige mag wêreldse dinge gebruik en besit, maar jy moet

dit op ’n afstand hou en nie so ’n belangrike plek in jou lewe gee dat

daar nie vir die Here plek oor is nie.

102. Geestelike diens

Lees: Johannes 4:31-38 Teks: Johannes 4:34

Vers 31-34 gaan oor Jesus se kos. Jesus was baie moeg (vs 6) en

dalk ook honger. Die dissipels wil hê Jesus moet iets eet (vs 31).

Maar Jesus wil nie die kos eet wat hulle vir Hom gee nie. Hy sê Hy het

ander kos. Wat is daardie kos? Jesus sê Hy word gevoed deur die wil

van sy Vader te doen, dit wil sê Hy doen die werk wat die Vader aan

Hom gegee het. Dit is ’n beeld van dit waarna Jesus werk lik streef. In

die Ou Testament (Deut. 8:3) leer God dat “’n mens nie net van brood

leef nie, maar van elke woord wat uit die mond van God kom”. Jesus

wil hê dat jy, net soos al die ander kinders van God, nie soos aardse

mense (oor gewone kos) dink nie, maar jy moet die geestelike wêreld

raaksien wat voor jou oopvou. Die werklike honger is die geestelike

honger om te doen wat God vra. Dit is jou geestelike diens aan God.

104. Die verlange na wat reg is

Lees: Matt eus 5:6-12 Teks: Matt eus 5:6

Honger en dors” is ’n beeld van die verlange na God (Ps. 42:2-3;

Jes. 55:1), omdat mense weet wat honger en dors is tydens hongersnood

of watersnood. Iemand “wat honger en dors na wat reg

is”, verlang om te doen wat reg is. So moet jy as gelowige tiener vol

wees met die hunkering na wat reg is (Rom. 12:2). Mense wil versadig

en bevredig word deur rykdom, geluk, plesier, genot!! Vir één

begeerte is daar volkome versadiging: die honger en dors na wat reg

is (Matt. 5:6a). Wie daarna verlang, “sal versadig word” (Matt. 5:6b).

Dit is die geluk wat jy as tiener vind as jy met God en jou naaste in

die regte verhouding lewe en doen wat in God se oë reg is.

So ’n lewe is moontlik indien jy deur die geloof by Christus inge

lyf is. Dán word jou lewensideale verwesenlik en jou behoeftes

be vredig (Joh. 6:35).

20 slingervel li l julie j li 2012

105. Barmharti gheid is noodsaaklik

Lees: Lukas 10:30-37 Teks: Matt eus 5:7

Die Bybelse woord vir “barmhartigheid” beteken om jou só met ’n

ander te identifi seer dat jy inderdaad voel wat hy voel, ly wat hy

ly, ervaar wat hy ervaar en dán te help. As daar in jou die verlange

is om te doen wat reg is (vs 6), pas jy dit toe deur jou naaste te help.

Barmhartigheid is meer as net ’n gevoel van jammerte vir iemand

anders. Dit is om jou volkome met ’n ander te vereenselwig en saam

met hom deur te maak wat hy deurmaak.

Om barmhartig te wees, vra twee dinge van jou: 1. Vergewensgesindheid

teenoor alle mense. 2. Om uit te reik en mense in nood en

met lewensbehoeftes te help. Jy moet ’n ander se las kan dra, saam

kan huil, saam kan ly, om dit só vir ’n medemens ligter te maak. Hoeveel

van jou medetieners het dit baie swaar vir wie jy kan help?

107. Kinders van God is vredemakers

Lees: Johannes 14:23-31 Teks: Matt eus 5:9

Christus sê: “Geseënd is die vredemakers.” Sy seën is bedoel

vir mense wat vrede maak. Satan stig elke oomblik haat, nyd,

wrok. Dáárom moet gelowiges vrede maak: 1. Met God en 2. met

medemense. As jy Gods genade in jou hart het, soek jy die vrede in

die bloed van die kruis. Jesus is ’n Vredevors. Wie by Hom inge lyf

is, moet vrede maak. Vrede is moontlik in die wêreld as daar versoening

kom met God. Gelowiges is vredemakers wat voortsit wat

die Vredevors (Jes. 9:5; 52:7) reeds kom doen het (Ef. 2:14, 17). Vredemakers

word kinders van God genoem. Wie vrede maak, aard na

hulle hemelse Vader en tree soos sy kinders op. Daarom het God sy

Seun gestuur (Luk. 2:14). Wie deur Christus waarlik God se kinders

is, kan nie anders as om vredemakers te wees nie. Jou Vader in die

hemel verwag dit van jou!

109. Jou geloof het onvermydelike gevolge

Lees: 1 Petrus 4:12-19 Teks: Matt eus 5:11

Jesus noem drie dinge wat met gelowiges in die wêreld gebeur:

1. 2. 3. Beledig. Vervolg. Vals beskuldig. Enigeen sal dadelik op

sy perdjie spring en tot die aanval oorgaan as dit gebeur. Dit is mos

ons manier van doen. As iemand iets negatiefs teenoor jou doen of

sê, dan slaan jy toe met dubbele geweld om vergelding te kry. Die

geheim van wat Jesus sê, lê in die woorde “ter wille van My”. Dit gaan

dus nie om jou as persoon nie, dit gaan om jou verhouding met God

en jou nakoming van God se wil. Daniël se godsdiens was al houvas

wat sy vyande op hom kon kry (Dan. 6:6). Jesus sê jy is “geseënd”

as jy op aarde hierdie dinge verduur omdat jy ’n praktiese gelowige

is wat nie terugdeins vir die gevolge daarvan nie. As gelowige tiener

moet jy jou troos en krag hierin by die Here soek.

111. Jou geloofsakti witeit

Lees: Hebreërs 6:1-12 Teks: Matt eus 5:13

S

1. out is ’n voorbeeld vir gelowiges se roeping. Sout werk onsigbaar.

Elke verloste moet sy geloof sonder uiterlike vertoon uitleef.

2. Sout werk ook in ’n bepaalde gebied waar dit gestrooi word.

Dit is jou roeping om in die geloof werksaam te wees waar God jou

plaas. 3. Sout werk net as dit uitgestrooi word. Daar waar God jou

gestel het, moet jy aktief deur die geloof werksaam wees. Gelowiges

is geroep om soos sout die bederf te keer en met egte en suiwer

godsdiens die lewe van die besmetting skoon te hou (Jak. 1:27). As

sout nie gebruik word nie, verslaan dit. Sulke sout gooi ’n mens weg.

Dit is wat met jou as Christen sal gebeur as jy nie jou roeping om

sout te wees in die daaglikse lewe nakom nie. God se oordeel kom

neer op ontroues (2 Pet. 2:20-21).

Bly getrou aan God se roeping. Hy verwag dit van jou!

106. Oë wat die onsienlike sien

Lees: Matt eus 5:3-12 Teks: Matt eus 5:8

Godsdiens is ’n saak van die hart. Wat in jou hart omgaan, be paal

jou lewe (Spr. 4:23). Rein van hart wys op die proses waardeur

die koring van die kaf geskei word. As iets rein is, is dit sonder

onsuiwerheid. Om “rein van hart”, te wees beteken om opreg in jou

verhouding met God en jou naaste te wees. Daar is geen skynheiligheid

of onopregtheid in jou hart nie. Reinheid van hart kom

slegs deur die geloof (Hand. 15:9). Geen mens kan God werklik sien

nie (Eks. 33:20). As Jesus beloof dié wat rein van hart is “sal God

sien”, bedoel Jesus dat hulle die vreugde sal smaak om volle gemeen

skap met God te kan hê. Hulle het dus deel aan die ewige saligheid

(Openb. 22:4; Heb. 12:14; 1 Kor. 13:12). Met ’n opregte hart

is jy in staat om reg en intiem met God te kan lewe. Jy sal dan altyd

bewus wees van God se teenwoordigheid by jou.

108. Godsaligheid bring verdrukking

Lees: Lukas 6:20-26 Teks: Matt eus 5:10

Die gelowige tiener is God se kind wat die roeping het om in

alles volgens God se wil te lewe. Onthou: hoe meer toegewyd jy

lewe, hoe minder sal die wêreld jou verdra. Aan die lewe in Godsaligheid

is vervolging en teenstand verbonde (Joh. 16:33). Die wêreld

haat Jesus en almal wat glo (Joh. 15:20). Jy sal verdrukking en vervolging

moet verduur vir jou geloof. Maar jy kan dit met blydskap

verduur, omdat dit vir God is. Die wêreld vervolg nie dié mense

wat in verhardende sonde leef nie. Jy word verdruk as jy doen wat

God sê. Christus seën die mense wat vervolg word. Die belofte van

Matteus 5:3 word vir hulle herhaal. Die koninkryk van die hemel is

dáár waar Gods wil as die enigste reël geld en gedoen word.

Gelowiges is reeds burgers van die hemel (Fil. 3:20). God gee

aan jou krag om oor die kwaad te heers (Rom. 12:21).

110. Blydskap en vreugde onder vervolging

Lees: Matt eus 10:24-29 Teks: Matt eus 5:12

Al word gelowiges deur mense ter wille van hulle geloof beledig,

vervolg en valslik sleggesê (vs 11), moet hulle daaroor bly wees

en hulle verheug (vs 12a). Die rede? “want julle loon is groot in die

hemel” (vs 12b). Die “loon” beteken nie dieselfde as wanneer jy

’n sekere stuk werk gedoen het en nou daarvoor betaal word nie,

want by God is alles genade. ’n Mens word nie betaal as jy deur die

geloof iets doen wat goed is nie. Die Here beloon, maar dit is altyd

genadeloon (Rom. 4:4-5). Die genadeloon word op aarde “ten dele”

gegee, maar in die ewigheid “ten volle”. Die vervolgers, spotters,

lasteraars van die gelowige sal in die fi nale oordeel vernietig word.

Dan sal die gelowiges wat trou gestaan het in hulle lewe, die

vreug de kan smaak in die hemel by God nie, omdat hulle dit verdien

nie, maar op grond van God se genade.

112. ’n Lig vir die wêreld

Lees: Filippense 2:12-18 Teks: Matt eus 5:14

Die wêreld is vanweë die sonde geestelik donker. Christus is die

Lig wat in die duisternis skyn (Joh. 1:5, 9; 9:5). Sy lig straal deur

gelowiges só dat elkeen ’n lig vir die wêreld is. As jy verlos is deur

Chris tus, dra jy die lig in jou hart (Joh. 8:12). ’n Gelowige straal nie

vanself lig uit nie. ’n Gelowige is nie ’n ligbron nie. Die gelowige is

soos die maan wat net die lig van die son weerkaats. Gelowiges

weer kaats net die lig van Christus (Mal. 4:2). As jou sonde en jou

wê reldgesindheid egter tussen jou en Christus inskuif, kan jy nie die

strale van die Lig van die wêreld, Jesus Christus, weerkaats nie.

Dan misluk jy as Christen.

Jesus roep die gelowige om sy lig in die donker wêreld uit te

straal. Die lig wat jy moet uitstraal, kom van Christus af (Joh. 8:12;

9:5). Soos ’n helder lig moet jy die verlossing in Christus weerkaats.

slingervel li l jjulie li 2012 21

tannie susan

Wat kan ek lees?

Dirks, Cor. 2011. Die otters in die Okanvangomoeras.

2e uitg. Pretoria: Protea Boekhuis.

120 p. Prys: R100,00. ISBN: 978-1-86919-419-2.

(Die Otters-reeks, 8.)

Wanneer die drie Otters saam met hulle pa’s in die

Moremi-wildreservaat in die Oostelike Okavangodelta

in Botswana gaan kampeer, wag daar vir hulle ’n

groot avontuur. Hulle maak gou maats met Berrie, die seun

van ’n ou studentevriend, wat albei ook die toer meemaak.

Hy is een van die lede van die Uile.

Die poppe begin sommer al vroeg-vroeg dans toe ’n

bende boewe wat wapens en ammunisie vir terroriste in

Angola smokkel, besluit om die vier fris knape te vang

en in Angola te gaan verkoop. Na ’n mislukte eerste poging

het hulle die toergeselskap agtervolg en weer later

toegeslaan en die seuns ontvoer. Sal die Otters daarin slaag

om te onsnap toe hulle die waterkanale van die Okavango

in ’n mokoro moes aandurf en sal hulle in die Boesmans

se woestyn sonder water kan oorleef en hulle agtervolgers

afskud?

Lees in hierdie spannende avontuurverhaal alles van

die Otters se groot en spannende avontuur. Die spanning

bou hoog op en ’n mens kan nie die boek neersit nie – jy

moet dit eenvoudig net eers klaar lees! Die Otters in die

Okanvango-moeras is ’n spannende lekkerlees avontuurverhaal

vir jonk en oud. ’n Mens is spyt dat hierdie die

laaste verhaal in die Otters-reeks is.

Taylor, Sean. 2012. Wie het Tannie Frieda

opgevreet? Illustrasies deur Hannah Shaw.

Pretoria: Protea Boekhuis. Prys: R100,00.ISBN:

978-1-86919-560-1.

Die klein chinchilla gaan graag by sy gunstelingtannie,

Tannie Frieda, kuier. Sy bly op die heel boonste vloer

van die woonstelblok. Om by haar blyplek uit te kom,

moet hulle verby die bere op die eerste vloer stap – hier

word hulle woes aangegluur. Die krokodil op die tweede

vloer is ook gans te vriendelik om gemaklik te voel en

dit is ’n kwylende trop wolwe wat op die derde vloer bly.

Aanvanklik was die vierde vloer leeg en veilig, totdat daar

nuwe intrekkers gekom het ...

Toe, op ’n dag, raak Tannie Frieda weg en die klein

chin chilla moet haar gaan soek. Hy moes homself baie

dap per hou en by al die inwoners navraag doen of hulle

haar nie dalk opgevreet het nie.

Hierdie prettige avontuurboek is uitstekend vir voorlees

en beginnerlesertjies. Die kleurillustrasies is vol humor en

fyn detail en vul die teks pragtig aan en ondersteun die

storielyn. Kleuters en jong kinders sal graag die storieboek

weer en weer wil deurblaai en die storie lees.

Jensen, Gry Kappel & Richardt, Sissan, illus.

2011. Kerneels die geel kat. Vertaal deur Nicol

Stassen. Pretoria: Protea Boekhuis.

Prys: R100,00. ISBN: 978-1-86919-445-1.

Kerneels is Martjie se troetelkat, maar hy is anders as

ander katte: sy boeties en sussies is óf wit óf rooi,

maar hy is goudgeel. Hy bly eerder in die huis, want die

buurt se katte blaas vir hom en terg hom oor sy geel kleur.

Hy beleef ’n identiteitskrisis en probeer alles in sy vermoë

om sy kleur te verander – nogal baie humoristies!

Op ’n dag hoor hy Martjie se ma sê: “In die donker is

alle katte grys.” Net daar besluit hy om die naglewe uit te

toets. Wat ’n interessante avontuur beleef hy nie toe nie!

Boonop ontmoet hy Carmen (’n blou kat!) en deur hulle

vriendskap leer hy dat hy eintlik uniek is en ’n pragtige

geel kat is – “soos die son”. Deur die aanvaarding van sy

eie identiteit en uniekheid, kan hy uiteindelik tevrede spin:

“Ek is Kerneels die geel kat.”

Hierdie interessante verhaaltjie met sy ondersteunende

en kostelike illustrasies sal kleuters en jong lesers se aandag

gevange hou. Die dieper lewenswaarheid wat subtiel

uit die storie na vore kom, kan deur die ouer aan sy

kind oorgedra word en sodoende kinders help met die

ontwikkeling en aanvaarding van ’n eie identiteit en die

besef van hulle uniekheid en eiewaarde.

Jensen, Gry Kappel & Richardt, Sissan, illus.

2011. Die voëltjie wat nie kan fl uit nie. Vertaal

deur Nicol Stassen. Pretoria: Protea Boekhuis.

Prys: R100,00. ISBN: 978-1-86919-444-4.

Die klein spreeutjie wat in sy ouers se nes in Bosrand

bly, het ’n gebrek. Elke voël in die bos kan sy eie

wy sie fl uit – ’n bonte verskeidenheid klanke – maar die

arme spreeutjie kan net blaasgeluide maak. Geen mooi

22 slingervel julie 2012

fl uitwysie kom by sy bekkie uit nie, hoe hard hy ook al

probeer. Sy ouers en almal het probeer help en raad gee,

maar tevergeefs. Omdat hy ’n gebrek het (’n “fl uitgebrek”),

word sommer ook aangeneem dat hy nie eers sal kan vlieg

nie. Hy moes dus die koue winter in sy nessie deurbring. Dit

het hom egter volop dinktyd gegee en hy het ’n wonderlike,

slim plan uitgedink.

Hoe die spreeutjie sy plan uitgevoer het om sy gebrek

te oorkom, word simpatiek en interessant vertel. En ...

aanhouer wen!

Hierdie interessante storie met sy pragtige kleurillustrasies

dra ook onder andere subtiel die boodskap oor dat ’n

mens, ten spyte van jou gebrek, kan uitstyg en slaag indien

jy vasberade is om nie passief jouself te sit en jammer kry

nie.

Jacobs, Jaco. 2012. Waarvoor is seerowers bang?

Illustrasies deur Chris Venter.

Pretoria: LAPA Uitgewers. Prys: R80,00.

ISBN: 978 0 7993 5486 7.

Sanmarie weet haar pa, Kaptein Kalamari, Tjokka en

Charlie is dapper en vreeslose seerowers. Hulle skrik

nie vir woeste storms op see nie, deins nie terug vir aaklike

seemonsters nie en oorkom berge probleme wanneer

hulle na ’n skat soek. Tog sê Sanmarie sy weet waarvoor

seerowers wel bang is – en sy bewys dit aan hulle op ’n

baie slim en kostelike manier.

Hierdie humoristiese storie met sy ewe komiese illustrasies

sal kleuters en jong kinders laat skaterlag. Die tipografi

e van die verhaal dra ook by tot die genot van die storie

en die taalgebruik is ryk en modern. Dit laat ’n mens se

tone sommer omkrul van lekkerte wanneer jy dit lees. SV

slingervel julie 2012 23

Foto: Wikipedia

Die ruimte-wetenskaplikes se

soektog het hulle nie alleen

by die verskillende planete

ge bring nie, maar hulle het ook

on dersoek begin doen op een van

die planete se mane. NASA het

op 15 Oktober 1997 die Cassini-

Huygens ruimtetuig van 5.6 ton en

so groot soos ’n skoolbus van die

aarde af gelanseer op ’n reis van

3.5 miljoen kilometer na die planeet

Saturnus toe. Die ruimtetuig het

sewe jaar later, in Julie 2004, by

Sa turnus aangekom na ’n reis van

4.8 biljoen kilometer. Die ruim tetuig

is so geprogrammeer dat die

Cassini-ondersoektuig in ’n wentelbaan

om Saturnus bly ter wyl

die Huygens-landingstuig op die

maan Titaan land en daar ver kenning

doen.

Die Huygens-landingstuig land

suk ses vol

Saturnus het 17 mane. Van

die bekendstes is: Titaan, Atlas,

Mimas, Enkelados, Hiperion, Dione,

Helene, Janus en Iapetos. Die

Cas sini-Huygens ruimtetuig was

tellie skoop

Data word op Saturnus se

maan Titaan versamel

bestem om ondersoeke te doen op

die maan Titaan. Daarom het die

ruim tetuig uit twee dele bestaan:

1. Die Cassini-ondersoektuig en

2. die Huygens-landingstuig. Die

Huygens-landingstuig van 318

kilo gram moes gespesialiseerde

on dersoeke op Titaan doen en

die gegewens na die aarde terug

sein. Die landingstuig is op 25

Desember 2004 van die ondersoektuig

ontkoppel en het toe baie

stadig ondertoe gesak totdat dit

op 14 Januarie 2005 op die maan

geland het waar die atmosfeer

-180 o C is (br-r-r!). Die tuig het dadelik

begin om foto’s te neem en

allerlei ondersoeke te doen en metings

te neem van die toestande

en situasie op Titaan.

Die resultaat van die ondersoeke

op Titaan

Volgens gegewens wat van die

Huygens-landingstuig ontvang is,

het Titaan ’n dik atmosfeer van

stik stof en metaan. Dik lae waas

omhul die maan soos ’n kombers.

Terwyl die Huygens-landingstuig

stadig na die maan afgedaal het,

is foto’s van Titaan se oppervlakte

geneem. Uit dié foto’s blyk dat

Titaan se oppervlak oranje is. Die

atmosfeer van Titaan is 10 keer

dikker as die aarde s’n. Diep slote

of kanale kan ook gesien word,

wat aandui dat ’n vloeibare stof

vir ’n onbekende tydperk daar

ge spoel het. Op foto’s wat in die

tyd skrif Astronomy van Mei 2006

ge publiseer is, kan ronde, gladde

klippe en rotse gesien word in die

kenmerkende oranjekleur. Daar is

ook twee ronde “fi gure” gesien wat

lyk soos vulkaniese kraters. Uit

die ondersoeke van die Huygenslandingstuig

is vasgestel dat daar

geen teken van lewe op Titaan is

nie. Wetenskaplikes het tot nou

maar eers ’n klein hoeveelheid

van die data wat van Titaan kom,

ont leed. Uit verdere ondersoeke

sal meer en meer van dié maan

bekend word.

God is die Skepper van alles

Oral waar die wetenskaplikes

ook al in die ruimte mag kom, is

hulle steeds nog in die skepping

van God. God is die Skepper van

die ganse heelal, al die biljoene

son ne (sterre) in die heelal wat as

miljoene galaksies (sterrestelsels)

die onmeetbare ruimtes van die

heel al vul. Jy kan gerus Job 38

lees waar die skeppingsmag van

God bekendgestel word. Deur sy

voorsienigheid, sy almagtige en

oralteenwoordige krag onderhou

en regeer God die ganse heelal.

Daarvan getuig die wetenskaplike

ondersoeke in die buitenste ruimtes

en ook in die ruimte van selle,

molekules, atome, neutrone en

elek trone. Daarom is die ganse

heel al met sy onmeetlike ruimte

en die ontelbare sonnestelsels en

sterre die bewys van God se skeppingskrag.

SV

(Bronne: Beeld, Saterdag 15 Januarie

2005; Beeld, Dinsdag 18 Januarie 2005;

Atlas of the Universe, 1994; Astronomy,

April 2005; Astronomy, Mei 2006)

24 slingervel julie 2012

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!