03.05.2013 Views

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL(AFDELING A)

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL(AFDELING A)

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL(AFDELING A)

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

TALE

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL

GEMEENSKAPLIKE TAKE VIR ASSESSERING (GTA)

AFDELING A

GRAAD 9

2007

LEERDERBOEK

Tyd: 5 UUR

Punte: 120

Bladsye: 24

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL GRAAD 9 GTA 2007- AFDELING A LEERDERBOEK

GEMEENSKAPLIKE TAKE VIR ASSESSERING (GTA)

Tema: Trots Suid-Afrikaans

Fokus: Oos wes, tuis bes

Nota aan die leerder:

• Die GTA vir Afrikaans Eerste Addisionele Taal bestaan uit twee afdelings.

• Afdeling B sal gedurende die laaste kwartaal onder gekontroleerde

omstandighede (volgens ‘n nasionale eksamenrooster) voltooi word en 80

punte tel.

• Hierdie Leerderboek is Afdeling A van die GTA.

• Tydens Afdeling A van die GTA gaan jy ʼn aantal aktiwiteite doen waarin jy jou

vaardighede sal toon.

• Afdeling A van die GTA sal ongeveer vyf uur duur en 120 punte tel.

• Sommige aktiwiteite sal in groepe of pare gedoen word terwyl jy ander

aktiwiteite op jou eie in gekontroleerde omstandighede sal voltooi.

• Alle assessering sal met punte aangedui word.

Prente wat in hierdie GTA gebruik is, is van die internet verkry.

INHOUD bladsy

PUNTEKAART 3

TAAK 1 KONTEKSTUALISERING 4

TAAK 2 RESPONS OP TEKS 9

TAAK 3 FUNKSIONELE SKRYFWERK 14

TAAK 4 TAAL IN AKSIE 16

TAAK 5 KREATIEWE SKRYFWERK 19

BYLAAG MET KONTROLELYSTE, VRAELYSTE ENS. 21

BLADSY 2 VAN26BLADSYE

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL GRAAD 9 GTA 2007- AFDELING A LEERDERBOEK

PUNTEKAART

Naam van leerder:

Skool:

Take en aktiwiteit Bladsy Tyd in Punte Punte

minute

Behaal

1. KONTEKSTUALISERING 4 **75 10

1.1 Inleiding: Klasbespreking 4 10

1.2 Bespreking in groepe 4 30

1.3 Mondelinge aanbieding:

Rolspel

8 **35 10

2. RESPONS OP TEKS 9 100 40

2.1 Luisterbegrip 9 30 10

2.2 Begriplees 10 40 20

2.3 Gedig: Klasbespreking 13 15

2.4 Gedig: Vrae 14 15 10

3. FUNKSIONELE SKRYFWERK 14 45 20

3.1 Voorbereidingsaktiwiteit 14 15

3.2 Informele brief 15 30 20

4. TAAL IN AKSIE 16 40 30

4.1 Taaltoets 16 40 30

5. KREATIEWE SKRYFWERK 19 40 20

5.1 Kreatiewe skryfwerk: Opstel 19 40 20

BYLAAG: Aktiwiteit 1.3 21

BYLAAG: Aktiwiteit 2.1 22

BYLAAG: Aktiwiteit 2.4 23

5 uur 120

NB: ** Meer tyd kan aan die rolspel spandeer word – dit sal afhang van die

grootte van die klas.

BLADSY 3 VAN26BLADSYE

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL GRAAD 9 GTA 2007- AFDELING A LEERDERBOEK

AKTIWITEIT 1 KONTEKSTUALISERING

DOEL VAN DIE AKTIWITEIT

Gedurende hierdie aktiwiteit sal jy

Tyd: 75 minute Punte: 10

• gesels oor dinge wat tipies Suid-Afrikaans is;

• dink aan moontlike oplossings vir probleme wat in Suid-Afrika ervaar word;

• in ‘n groep terugvoering aan die klas gee oor dit wat julle in die groep

bespreek het.

• ‘n rolspel saam met van jou klasmaats doen.

Hulpmiddels: Leerderboek met prente

Aktiwiteit 1.1 Inleiding: Klasbespreking

INSTRUKSIES

Tyd: 10 minute

• Gedurende hierdie aktiwiteit sal julle gesels oor dinge wat eie aan Suid-Afrika

is.

• Gebruik die prente op bladsy 6 en 7 om die gesprek aan die gang te sit.

• Jou onderwyser(es) sal hierdie aktiwiteit lei.

• Maak jou eie woordelys en vul dit aan as jy nuwe woorde teëkom.

• Maak aantekeninge of ’n lys van dít wat julle as klas eie aan Suid-Afrika sien.

Aktiwiteit 1.2 Bespreking in groepe

INSTRUKSIES

Tyd: 30 minute

• In die volgende aktiwiteit gaan julle in groepe werk.

• Trek ‘n tabel soos die een op die volgende bladsy in jou antwoordskrif en vul

dit in gedurende julle groepbespreking.

• Gesels oor positiewe en negatiewe goed in Suid-Afrika. Dink hier aan wat jy

sien, hoor en ervaar.

• Dink aan en bespreek moontlike oplossings vir die negatiewe dinge in Suid-

Afrika.

BLADSY 4 VAN26BLADSYE

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL GRAAD 9 GTA 2007- AFDELING A LEERDERBOEK

Voorbeeld van tabel:

Positiewe dinge in Suid-Afrika Negatiewe dinge in Suid-Afrika

Sonskyn werkloosheid

Tafelberg armoede

• Vul jou woordelys voortdurend aan met nuwe woorde wat jy leer ken.

• Gedurende die volgende aktiwiteit gaan julle as groep terugvoering gee van

wat julle in die groep bespreek het. Jou onderwyser(es) sal aan julle

verduidelik hoe die terugvoering sal plaasvind.

ASSESSERING: Selfassessering

Gebruik die volgende kontrolelys om jou groepdeelname te assesseer.

Kriteria Ja Nee

1. Ek het na my maats geluister.

2. Ek het met selfvertroue deelgeneem aan die bespreking.

3. Ek het ander groeplede by die bespreking betrek.

4. Ek het respek getoon vir ander se standpunte.

5. Almal in die groep het saamgewerk.

6. Ek het standpunt ingeneem oor my eie idees en waardes.

7. Indien ek van my groeplede onderbreek het, het ek dit op ‘n

mooi manier gedoen.

8. Ek het op ‘n mooi manier gewys as ek met iemand saamstem

óf van iemand verskil.

BLADSY 5 VAN26BLADSYE

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL GRAAD 9 GTA 2007- AFDELING A LEERDERBOEK

PRENTE

BLADSY 6 VAN26BLADSYE

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL GRAAD 9 GTA 2007- AFDELING A

LEERDERBOEK

BLADSY 7 VAN26BLADSYE

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL GRAAD 9 GTA 2007- AFDELING A LEERDERBOEK

Aktiwiteit 1.3 Mondelinge aanbieding: Rolspel

INSTRUKSIES

Tyd: 35 minute Punte: 10

• Jou onderwyser(es) sal aan julle verduidelik hoe die terugvoering sal

plaasvind.

• Jou onderwyser(es) sal aan jou vier klasmaats toeken wat jy tydens die

terugvoering in die groepe moet assesseer. Jou onderwyser(es) sal aan julle

verduidelik hoe die assessering sal plaasvind.

• Die terugvoering sal in die vorm van ‘n rolspel wees.

• Rolspel:

Ons is gereeld in aanraking met iemand wie se taal en kultuur van ons s’n

verskil. Ons kom van verskillende agtergronde en verstaan mekaar nie altyd nie.

Dit is egter baie belangrik dat ons almal gelukkig in ons mooi land kan

saamwoon.

o Tydens hierdie rolspel moet julle ‘n situasie uitbeeld waar mense van

verskillende agtergronde met mekaar gesels oor die positiewe en

negatiewe dinge in ons land. Die een helfte van die lede van die

rolspel gesels oor positiewe aspekte en die ander helfte gesels oor

negatiewe aspekte.

o Elke karakter betrokke by die rolspel voel sterk oor sy/haar standpunt.

Dit is egter belangrik om tydens die rolspel ten minste een moontlike

oplossing vir ‘n probleem in Suid-Afrika te bespreek.

o Laat groeplede besluit watter onderskeie rolle hulle tydens die rolspel

gaan vertolk óf ken aan elke leerder ‘n rol toe.

o (Moontlike rolle wat aan groeplede toegeken kan word: ‘n bejaarde

persoon wat nie maklik veranderinge aanvaar nie, ‘n optimistiese jong

dame/heer, ‘n politikus, ‘n moeilikheidmaker, ‘n straatkind, ens.)

ASSESSERING

• Gedurende die terugvoering moet die volgende duidelik na vore kom:

o Positiewe en negatiewe eienskappe van Suid-Afrika

o Moontlike oplossings vir sommige probleme in Suid-Afrika.

Assesseer die klasmaats wat jou onderwyser(es) aan jou toegeken het

met behulp van die vraelys op bladsy 21 in die Bylaag.

BLADSY 8 VAN26BLADSYE

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL GRAAD 9 GTA 2007- AFDELING A LEERDERBOEK

AKTIWITEIT 2 RESPONS OP TEKS

DOEL VAN DIE AKTIWITEIT

Gedurende hierdie aktiwiteit sal jy

TYD: 100 minute Punte: 40

• aandagtig luister na hoof- en/of ondersteunende gedagtes en dit aanteken

deur vrae te beantwoord;

• jou luistervermoë demonstreer;

• skriftelik bewys dat jy verstaan wat jy lees;

• inligting bekom en verwerk;

• ‘n gedig bestudeer en vrae daaroor beantwoord.

ASSESSERING

Jou onderwyser(es) sal ‘n nasienmemorandum gebruik om die taak te

assesseer.

Aan die einde van die taak wil jou onderwyser(es) sien of jy die volgende

kan doen:

• skriftelik kan wys dat jy verstaan wat jy lees;

• korrekte taal, spelling en punktuasie gebruik sodat die betekenis van jou

antwoorde baie duidelik is;

• vrae oor ‘n gedig kan beantwoord.

Aktiwiteit 2.1 Luisterbegrip

INSTRUKSIES

Tyd: 30 minute Punte: 10

Assesseringsmetode: Self- & onderwyserassessering

Assesseringsinstrument: Nasienmemorandum

• Jy gaan die vrae op die antwoordblad (Bladsy 22 in die Bylaag aan die einde

van die leerderboek) skriftelik beantwoord.

• Jou onderwyser(es) gaan die teks voorlees.

• Nadat jou onderwyser(es) dit voorgelees het, moet jy die vrae noukeurig

bestudeer.

• Jou onderwyser(es) gaan die teks ‘n tweede keer voorlees.

BLADSY 9 VAN26BLADSYE

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL GRAAD 9 GTA 2007- AFDELING A LEERDERBOEK

• Beantwoord die vrae op die antwoordblad terwyl jou onderwyser(es) die teks

vir die tweede keer voorlees. Onthou: jou onderwyser(es) gaan nie

gedeeltes herhaal as jy nie aandagtig geluister het nie.

• Merk jou antwoorde na aanleiding van die antwoorde wat jou onderwyser(es)

aan jou voorlees.

• Handig jou antwoordblad in.

Aktiwiteit 2.2 Begriplees

Tyd: 40 minute Punte: 20

INSTRUKSIES

Assesseringsmetode: Onderwyser(es)

Assesseringsinstrument: Nasienmemorandum

• Lees die koerantartikel getitel “Duisendste Suid-Afrikaner wat terugkeer” (op

die volgende bladsy) sorgvuldig deur en beantwoord dan die vrae wat daarop

volg.

BLADSY 10 VAN26BLADSYE

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL GRAAD 9 GTA 2007- AFDELING A LEERDERBOEK

Duisendste Suid Afrikaner wat terugkeer.

1 KAAPSTAD. – Die aktrise

Natania van Heerden is die

duisendste Suid-Afrikaner wat deur

die Kom Huis Toe-veldtog gehelp is

om na Suid-Afrika terug te keer.

2 Van Heerden het 12 jaar lank saam

met haar man en twee kinders in

Amerika gewoon, volgens ’n

verklaring van die vakbond

Solidariteit, wat die veldtog begin

het.

3 Tydens die gesin se verblyf in die

VSA het sy as drama-onderwyser by

’n ateljee in San Diego gewerk. Sy

het pas haar eie drama-ateljee,

Actor’s Alley, in Pretoria geopen.

4 Studente van alle ouderdomme sal

die beginsels van rolprent- en TVtoneelspel

daar kan leer en sy sal ook

individuele klasse in redenaarskuns

vir volwassenes aanbied. Volgens

haar is dit wonderlik om terug in

Suid-Afrika te wees omdat jy hier by

jou familie kan wees en Afrikaans

kan praat.

5 Die Kom Huis Toe-veldtog is ’n

nie-winsgewende inisiatief wat in

2003 van stapel laat loop is met die

doelstellings om onder meer

kundiges te help om na Suid-Afrika

terug te keer, en om diegene wat

Suid-Afrika wil verlaat te oorreed

om eerder te bly.

6 Volgens me. Alana Bailey, hoof

van die veldtog, is meer as 2 100

individue, gesinne en instansies se

vrae oor die terugkeerproses tot op

hede deur die veldtog se adviesburo

beantwoord. Die meeste vrae handel

oor werkgeleenthede in Suid-Afrika

en die invoer van huishoudelike

goedere.

7 Sowat 45% van die vraagstellers

het aangedui dat hulle dadelik na

Suid-Afrika sou terugkeer indien

hulle geskikte werk hier sou kry.

Ander vrae wat gereeld ontvang

word, handel oor burgerskapkwessies,

immigrasiedokumentasie

vir buitelandse lewensmaats, die

invoer van troeteldiere, finansiële

sake, opvoedkundige instansies en

verblyf.

8 Die vyf lande waaruit die meeste

navrae ontvang word, is Brittanje,

Amerika, Kanada, Australië en

Nederland.

9 Die redes waarom mense die land

verlaat, is ’n gebrek aan werkgeleenthede

weens onder meer

regstellende aksie, misdaad en vrees

vir dalende standaarde van

byvoorbeeld mediese en ander

dienste.

10 Die redes waarom mense nié wil

terugkom nie, is presies dieselfde.

Diegene wat wel wil terugkeer, kom

weens verlange, taalprobleme in die

buiteland, positief veranderende

persepsies oor Suid-Afrika, die besef

dat die lewe oorsee nie net maanskyn

en rose is nie, ’n gebrek aan werk,

onvermoë om immigrasiedokumente

vir ander lande te kry, ’n

roepingsbesef teenoor Suid-Afrika

en die kans om hier te werk of ’n eie

onderneming te begin.

Verkort uit: Die Burger

BLADSY 11 VAN26BLADSYE

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL GRAAD 9 GTA 2007- AFDELING A LEERDERBOEK

VRAE:

1. Wie/wat help Suid-Afrikaners om na Suid-Afrika terug te keer? (1)

2. Wie/wat het die veldtog begin? (1)

3. 3.1 In watter land het Natania van Heerden vir twaalf jaar gebly? (1)

3.2 Het Natania haar eie besigheid in dié land gehad? Gee ‘n rede

vir jou antwoord. (1)

4. Natania van Heerden is ‘n aktrise. Wat doen ‘n aktrise? (1)

5. Hoekom is dit vir haar so lekker om terug in Suid-Afrika te wees? Gee

een rede. (1)

6. Gee een woord uit die teks wat vir ons sê dat ‘n organisasie nie geld

maak uit die werk wat hulle doen nie. (1)

7. Wat is die doel van die Kom Huis Toe-veldtog? Noem twee. (2)

8. Waarvoor staan die afkorting me.? (1)

9. Skryf in woorde: 2 100. (1)

10. Jy wil graag weet wat iemand wat wil terugkeer na Suid-Afrika, moet

doen. Vir wie gaan jy kontak? (1)

11. Waarom kom die 45% van die vraagstellers van wie ons in paragraaf 7

lees nie dadelik terug na Suid-Afrika nie? (1)

12. Noem twee redes waarom mense volgens die berig die land verlaat. (2)

13. Wat word met ‘maanskyn en rose’ bedoel? (1)

14. Die artikel/berig het in Die Burger, ‘n Kaapse koerant, verskyn.

Waaraan kan ons nog sien dat dit uit ‘n koerant kom? (1)

15. Gee een voorbeeld van ‘n misdaad. (1)

16. Gee ‘n woord wat die teenoorgestelde betekenis het as ‘dalende’. (1)

17. Waarom is daar ’n aksentteken op die woord nié in paragraaf 10? (1)

[20]

BLADSY 12 VAN26BLADSYE

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL GRAAD 9 GTA 2007- AFDELING A LEERDERBOEK

Aktiwiteit 2.3 Gedig: Klasbespreking

INSTRUKSIES

Tyd: 15 minute

• Hierdie aktiwiteit gaan deur jou onderwyser(es) gelei word.

• Julle gaan die gedig Afrika van Dineke Volschenk in die klas behandel.

• Luister baie goed na wat jou onderwyser(es) van die gedig vertel.

• Jy sal gedurende die volgende aktiwiteit vrae oor die gedig beantwoord wat jy

moet inhandig vir assessering.

Woordelys

Afrika – Dineke Volschenk

1. My land, my milde Afrika,

2. wanneer dit volmaan is

3. dan is jy mooier

4. as enige katedraal met torinkies

5. of enige skeefgeleefde stad

6. wat aamborstig proes

7. en geskiedenis sypel.

8. Afrika

9. wat wyd kan dans

10. groen kan lok

11. lenig en soepel skater

12. jy ruik na reën

13. na stof

14. jy ruik na lemoene

15. die lug is hier so helder

16. dat mens op ‘n nag

17. die baard van die maan

18. kan voel steek.

19. My land, my milde Afrika,

20. ek eien jou

21. vir my toe.

milde genadige, vrygewig; oorvloedig

katedraal groot kerk wat veral in Europa gesien word

skeefgeleefde stad baie ou stad

aamborstig met slym op die bors

proes ‘n snuiwende geblaas; nies

BLADSY 13 VAN26BLADSYE

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL GRAAD 9 GTA 2007- AFDELING A LEERDERBOEK

sypel stadig, onmerkbaar deur iets vloei

lok om iemand uit te nooi of nader te roep

lenig buigsaam, soepel

soepel slap, buigsaam, wat maklik aanpas

skater lekker lag

eien identifiseer; jou eie maak

Aktiwiteit 2.4 Gedig: Toets

INSTRUKSIES

Tyd: 15 minute Punte: 10

Assesseringsmetode: Onderwyser(es)

Assesseringsinstrument: Nasienmemorandum

• Beantwoord die vrae in die bylaag op bladsy 23 skriftelik.

AKTIWITEIT 3 FUNKSIONELE SKRYFWERK

DOEL VAN DIE AKTIWITEIT

Gedurende hierdie aktiwiteit sal jy

Tyd: 45 minute Punt: 20

• ‘n Informele brief skryf deur gebruik te maak van inligting wat jy in vorige

aktiwiteite bekom het.

• Die kennis wat jy bekom het, skriftelik demonstreer.

Aktiwiteit 3.1 Voorbereidingsaktiwiteit: Pare

INSTRUKSIES

Tyd: 15 minute

• Vir hierdie aktiwiteit gaan julle in pare werk.

• Kyk saam met jou maat na die opdrag in Aktiwiteit 3.2.

• Stel saam met jou maat ‘n spinnekopdiagram en woordelys saam wat julle

gedurende die volgende aktiwiteit gaan gebruik. (Vra jou onderwyser(es) as

jy nie kan onthou hoe om dit te doen nie.)

• Aktiwiteit 3.2 gaan jy op jou eie, sonder verdere hulp, voltooi.

BLADSY 14 VAN26BLADSYE

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL GRAAD 9 GTA 2007- AFDELING A LEERDERBOEK

Aktiwiteit 3.2 Skryfwerk: Informele brief

INSTRUKSIES

Tyd: 30 minute Punte: 20

Assesseringsmetode: Onderwyser(es)

Assesseringsinstrument: Rubriek/Matriks

Jy het ‘n brief van ‘n penmaat, Robyn, ontvang en besluit om dadelik terug te

skryf. Hier is die laaste bladsy van die brief wat hy/sy aan jou geskryf het.

Vandag verlang ek sommer baie na Suid-Afrika en sy mense. Ná vier jaar in

Londen voel al my herinneringe so ver.

Jy moet asseblief ‘n lang brief skryf waarin jy my sommer alles van die land

vertel. Hoe lyk dit nou daar? Wat doen julle?

Skryf asseblief baie gou terug.

Jou penmaat

Robyn

• Skryf ‘n brief aan Robyn waarin jy hom/haar vertel wat Suid-Afrika so

spesiaal maak.

• Die inhoud van jou brief moet tussen 150 en 180 woorde lank wees.

• Handig jou spinnekopdiagram en woordelys saam met jou brief in.

• Vul die volgende kontrolelys in voor jy jou brief inhandig.

Kriteria Ja Nee

Jou adres is bo, aan die regterkant geskryf.

Die datum is volledig uitgeskryf.

Die skryfwyse van die straatadres is korrek.

Daar is geen punktuasie by die adres gebruik nie.

Die aanhef is informeel.

Die inleidende paragraaf sê kortliks waarom Suid-Afrika spesiaal is.

Elke paragraaf brei uit op ‘n ander aspek van Suid-Afrika.

Al die sinne van ‘n paragraaf vertel iets meer van die hoofgedagte van die

paragraaf.

‘n Lyn is tussen elke paragraaf oopgelaat.

Die slotparagraaf gee ‘n samevatting.

Jy het jou brief afgesluit met Groete/ens. en jou naam geskryf.

BLADSY 15 VAN26BLADSYE

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL GRAAD 9 GTA 2007- AFDELING A LEERDERBOEK

ASSESSERING

Tydens hierdie aktiwiteit sal jy volgens die volgende kriteria geassesseer

word:

• Formaat en lengte

• Mate waartoe by die onderwerp gebly word

• Toon, styl, register, spelling, leesteken- en taalgebruik, asook paragrafering

Die volgende rubriek/matriks sal tydens assessering gebruik word:

Kriteria

(20) 4-3 3½ 2 1

Formaat en Hou volkome by die Hou goed by die Hou gedeeltelik Hou skaars by die

lengte

formaat en korrekte formaat en toepaslike by die formaat en formaat en

lengte.

lengte.

ontoepaslike heeltemal te kort of

lengte.

te lank.

6-5 4 3-2 1

Mate waartoe Fokus volkome op Fokus grootliks op Noem die Net effense

by die

die onderwerp. die onderwerp. onderwerp, maar verwysing na die

onderwerp Bereik doel

Bereik doel. bereik nie die doel onderwerp, maar

gebly word suksesvol.

suksesvol nie. bereik nie die doel

nie.

10-7 6½ 5-3 2-1

Toon, styl, Volkome toepaslike Oorwegend

Ontoepaslike Heelwat

register, toon en register. toepaslike register en register en toon. ontoepaslike

spelling, Geïntegreerde toon. Verskeie Onvolledige, register en toon.

leesteken- en variasie van sinsoorte. Meestal deurmekaar sinne. Swak

taalgebruik, sinsoorte. Baie goeie goeie woordkeuse, Heelwat

sinskonstruksies en

asook

woordkeuse, feitlik spelling en

woordkeuse-, woordkeuses. Baie

paragrafering geen spelfoute en leestekengebruik. spelling en spelling- en

korrekte

Paragrafering is leestekenfoute. leestekenfoute kom

leestekengebruik. gebruik.

Min/swak gebruik voor. Paragrafering

Paragrafering is

korrek.

van paragrafering. is afwesig.

Opmerkings: Punt:

AKTIWITEIT 4 TAAL IN AKSIE

DOEL VAN DIE AKTIWITEIT

Gedurende hierdie aktiwiteit sal jy

Tyd: 40 minute Punt: 30

Assesseringsmetode: Onderwyser(es)

Assesseringsinstrument: Nasienmemorandum

• wys dat jy taal funksioneel kan gebruik;

BLADSY 16 VAN26BLADSYE

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL GRAAD 9 GTA 2007- AFDELING A LEERDERBOEK

ASSESSERING

Jou onderwyser(es) sal ‘n nasienmemorandum gebruik om die taak te

assesseer.

Aan die einde van die taak wil jou onderwyser(es) sien of jy die volgende kan

doen:

• woordeskat, spelling en punktuasie in taalgebruik kan toepas;

Aktiwiteit 4.1

1. ‘n Maat het ‘n brosjure van SA saamgestel en vir jou gevra om daarna

te kyk. Jy het gesien dat dit vol foute is en al die foute tussen hakies

geskryf.

Maak nou al die foute reg deur die korrekte vorm van die woord tussen

hakies te gee óf die korrekte woord te kies óf ‘n woord in te vul.

SA is ‘n 1.1 (sonnig) land. Dit is een van die 1.2 (goed) lande om in

te woon. Die inwoners het verskillende 1.3 (droom). Al is jy so arm

soos ‘n 1.4 (_____) of 1.5 (baie + ryk), is daar iets 1.6 (van + wat) jy

sal hou.

In die wildtuin kan jy ‘n 1.7 (vroulike olifant) of baie 1.8 (rooibok) sien.

Op ‘n plaas is baie klein 1.9 (lam).

In ons strate ry baie 1.10 (taxi) en 1.11 (mense wat oor die straat

loop) moet versigtig wees. Jy kan beslis nie 1.12 (verveeld/vervelig)

in 1.13 (SA: skryf uit) wees nie!

2. Die volgende paragrafie het drie spelfoute en twee leestekens is

weggelaat. Skryf die paragraaf oor en verbeter die foute.

(13)

Dit is ‘n goeie idea om in die somer wildtuin toe te gaan. As jy ses

uur in die oggend vertrek kan jy baie diere sien. Daar is altyd mense

wat jou sal hulp om die regte padkos saam te neem. Toeriste sê

gewoonlik “Suid-Afrika is ‘n pragtige land.” (5)

3. Kyk na die volgende prentjie en beantwoord dan die vrae wat daarop

volg.

BLADSY 17 VAN26BLADSYE

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL GRAAD 9 GTA 2007- AFDELING A LEERDERBOEK

3.1 Verbind die volgende sinne met die woord tussen hakies.

Dit is hier op die

handdoek.

Marie, het jy die

sonbrandolie gebêre?

Suid-Afrikaners gaan graag see toe. Dit is lekker om op die strand te

speel. (omdat) (1)

3.2 Skryf die volgende sinne oor en begin met die woorde wat gegee is.

2.2.1 Die vakansiegangers het sambrele strand toe gebring.

Sambrele ... (1)

2.2.2 Al die kinders kan in die see baljaar.

Van volgende week af ... (1)

2.2.3 Die ma smeer sonbrandolie aan haar kind, dan hardloop hy see

toe.

Gister ... (3)

2.2.4 Toeriste besoek Suid-Afrika elke jaar.

Elke jaar ... (1)

BLADSY 18 VAN26BLADSYE

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL GRAAD 9 GTA 2007- AFDELING A LEERDERBOEK

3.3 Vervang die woorde tussen hakies met die korrekte voornaamwoord.

Johan en Marie sit onder 2.3.1 (Johan en Marie se) sambreel. Marie sê

die sambreel is nie net 2.3.2 (Marie s’n) nie. (2)

3.4 Johan vra: “Marie, het jy die sonbrandolie gebêre?”

Tony, wat langs Marie lê, kon nie hoor wat Johan vir Marie gevra het nie.

Skryf Johan se woorde nou oor in die indirekte rede asof jy vir Tony vertel

wat Johan gesê het. Begin so: Johan vra vir Marie ... (2)

3.5 Beantwoord die volgende vraag.

Het Marie al die sonbrandolie gebêre? Begin so: Nee, ... (1)

AKTIWITEIT 5 KREATIEWE SKRYFWERK

DOEL VAN DIE AKTIWITEIT

Tyd: 40 minute Punte: 20

Gedurende hierdie aktiwiteit gaan jy

• ‘n opstel skryf.

Aktiwiteit 1 Kreatiewe skryfwerk

Tyd: 40 minute Punte: 20

Assesseringsmetode: Onderwyser-assessering

Assesseringsinstrument: Rubriek

(12)

TOTAAL: 30

BLADSY 19 VAN26BLADSYE

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL GRAAD 9 GTA 2007- AFDELING A LEERDERBOEK

INSTRUKSIES

• Die Kom Huis Toe-veldtog het besluit om ‘n kompetisie te hou waaraan

Graad 9-leerlinge kan deelneem. Lees die volgende advertensie en voer dan

die opdrag uit:

KOMPETISIE!!!

AANDAG ALLE GRAAD 9-LEERLINGE

Ons jong skrywers moet probeer om ons

landgenote terug te roep na Suid-Afrika! Skryf

jóú opstel oor Suid-Afrika wat Suid-Afrikaners

in die buiteland sal laat besef wat hulle mis!

Vertel ons van Suid-Afrika!!

Hoe kan jy wen?

• Skryf ‘n opstel oor Suid-Afrika wat jy sal instuur

vir dié kompetisie.

• Gee jou opstel ‘n gepaste titel.

• Skryf die opstel oor Suid-Afrika wat jy sal instuur vir dié kompetisie.

• Gee jou opstel ‘n gepaste titel.

• Beplan jou opstel eers deeglik voor jy dit begin skryf.

• Jy kan gebruik maak van die collage oor Suid-Afrika (Bladsy 24 in die Bylaag)

om jou te help met jou beplanning.

• Jou opstel moet ‘n kort inleiding hê. Skryf dan ongeveer twee of drie

inhoudsparagrawe.

• Sluit jou opstel af met ’n slotparagraaf.

• Jou opstel moet tussen 250 en 350 woorde lank wees.

• Lees jou opstel na voltooiing noukeurig deur.

• Maak gebruik van die kontrolelys vir assessering en redigeer jou opstel waar

nodig.

BLADSY 20 VAN26BLADSYE

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL GRAAD 9 GTA 2007- AFDELING A LEERDERBOEK

Selfassessering van opstel

Kontrolelys

Lees mekaar se paragrawe noukeurig deur. Lees elke punt wat onder in die lys voorkom. Maak foute reg

wat jy kry. Merk elke punt op die lys af. Gee dan jou paragraaf vir jou maat om te lees. Jou maat volg

dieselfde prosedures. Voltooi self die blokkie vir kommentaar op jou eie kontrolelys.

Kriteria om te kontroleer Ja Nee

Elke sin in die paragraaf begin met ‘n hoofletter.

Elke sin het ‘n werkwoord.

Daar is altyd ‘n werkwoord in die tweede posisie.

Aan die einde van elke sin is ‘n punt.

Ek het gekontroleer vir woorde wat uitgelaat is.

Woorde waar ek nie seker is van die spelling nie het ek omkring.

Die inleidende sin van die paragraaf is die kerngedagte.

Al die sinne in die paragraaf hou verband met die kerngedagte.

Woorde wat dinge/iets/iemand beskryf kom voor.

ASSESSERING

Jou onderwyser(es) sal ‘n rubriek/matriks gebruik om die taak te

assesseer.

Aan die einde van die taak sal jou onderwyser(es) die volgende assesseer:

• organisasie en aanbieding van inligting;

• akkurate en verstaanbare taalstruktuur en –gebruik;

• organisasie en aanbieding van inligting;

• vermoë om idees betekenisvol te kommunikeer.

BLADSY 21 VAN26BLADSYE

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL GRAAD 9 GTA 2007- AFDELING A LEERDERBOEK

Rubriek/matriks vir die assessering van die opstel

Kriteria Volledig Redelik volledig Gedeeltelik

volledig

Onvolledig

4-3 3½ 2 1

Organisasie en Goeie organisering Redelike

Toon soms bewys Toon kwalik bewys

aanbieding van inhoud en organisering van van organisering van organisering

gepaste formaat. inhoud en gepaste van inhoud en van inhoud en

formaat.

gepaste formaat. gepaste formaat.

Akkurate en

verstaanbare

taalstrukture

en -gebruik

Vermoë om

idees

betekenisvol te

kommunikeer

6-5 4 3-2 1

Gepaste en

volgehoue

woordorde;

korrekte

woordeskat,

sinsbou, spelling

en leestekens.

Redelik bewys van

gepaste en

volgehoue

woordorde:

woordeskat,

sinsbou, spelling en

leestekens het

foute, maar dit

verwring nie

betekenis en

belemmer nie

kommunikasie nie.

Bewys van gepaste

en volgehoue

woordorde is

beperk;

woordkeuse-, sins-

spelling- en

leestekenfoute kom

gereeld voor;

betekenis is

dikwels onduidelik.

10-7 6½ 5-3 2-1

Gebruik

komplekse taal om

idees duidelik oor

te dra; skryfwerk is

weldeurdag en

kreatief.

Taal is voldoende

om idees duidelik

oor te dra; toon so

bewyse van

weldeurdagte en

kreatiewe skryf.

Taalgebruik is

onvoldoende om

idees duidelik oor

te dra; toon kwalik

bewyse van

weldeurdagte en

kreatiewe skryf.

Byna geen bewys

van gepaste en

volgehoue

woordorde nie; baie

deurlopende

woordkeuse-, sins-

spelling- en

leestekenfoute wat

betekenis verwring.

Taalgebruik is

onverstaanbaar;

opdrag is nie

voltooi nie: geen

bewyse van

weldeurdagte en

kreatiewe skryf nie.

BLADSY 22 VAN26BLADSYE

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL GRAAD 9 GTA 2007- AFDELING A LEERDERBOEK

BYLAAG

NAAM : ________________________________________________________

Aktiwiteit 1.3 Mondelinge aanbieding: Rolspel

INSTRUKSIES

• Assesseer die klasmaats wat jou onderwyser(es) aan jou toegeken het, deur

die onderstaande tabel te voltooi.

• Gee die vraelys aan die einde van die aktiwiteit in.

• Ken punte as volg toe:

Altyd = 2 punte Soms = 1 punt Nooit = 0 punte

Leerder 1

Leerder 2 Leerder 3 Leerder 4

Kriteria 2 1 0 2 1 0 2 1 0 2 1 0

Die leerder gebruik baie goeie taal.

Die leerder het sy/haar standpunt sterk

gestel en interessant aangebied.

Het die leerder sy/haar rol oortuigend

vertolk?

Het die leerder goed na sy/haar maats

geluister en het sy/haar spreekbeurte

logies op die maats s’n gevolg?

Dit is duidelik dat die leerder ander se

menings respekteer al verskil hy/sy

daarvan.

Totaal uit 10:

Assesseerder:

BLADSY 23 VAN26BLADSYE

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL GRAAD 9 GTA 2007- AFDELING A LEERDERBOEK

NAAM : ________________________________________________________

Aktiwiteit 2.1 Luisterbegrip

VRAE:

1. Hoeveel keer is Hans Böthun al beroof? (Kies die korrekte antwoord.) (1)

28 7 8

2. Hoeveel jaar woon Hans al in Suid-Afrika? (1)

28 7 8

3. Wat is Hans se grootste droom? (1)

4. Is Hans al getroud? (1)

Ja Nee

5. Hans het Afrikaans op sy eie aangeleer. Hoe het hy die taal aangeleer?

6. Wat het Hans besef nadat hy kontak gemaak het met die Suid-Afrikaanse

ambassade in Oslo? (1)

7. Van watter land af kom Hans? (1)

8. Watter werk wil Hans graag doen? (1)

9. Leef albei Hans se ouers nog? (1)

Ja Nee

10. Hans sukkel om burgerskap te kry. (1)

Die wetgewing bevoordeel

mense uit die buurstate.

Die wetgewing bevoordeel jou

gemiddelde Europese immigrant.

(1)

Totaal: 10 punte

BLADSY 24 VAN26BLADSYE

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL GRAAD 9 GTA 2007- AFDELING A LEERDERBOEK

Aktiwiteit 2.4 Gedig: Toets

INSTRUKSIES

• Beantwoord die vrae skriftelik.

VRAE:

Tyd: 15 minute Punte: 10

1. Wanneer is Afrika vir die spreker die mooiste?

2. Waarmee vergelyk die spreker Afrika in die eerste strofe?

3. Gee een woord uit strofe 1 wat na die natuur verwys.

4. 4.1 Gee ‘n voorbeeld van personifikasie uit strofe 2.

4.2 Verduidelik hoekom jy sê dit personifikasie is.

5. Van watter drie sintuie lees ons in strofe 2? Noem slegs die sintuie.

6. Hoe voel die spreker oor Afrika? Vertel in drie reëls.

BLADSY 25 VAN26BLADSYE

(1)

(1)

(1)

(1)

(1)

(3)

(2)

[10]

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL GRAAD 9 GTA 2007- AFDELING A LEERDERBOEK

BLADSY 26 VAN26BLADSYE

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!